God se beloftes in voorbidding

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

TrumpetNet, 31 May 2007

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Pragtige Koningin Ester

Johannes 14: /08/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

OESFEES. Oktober 2016

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Deuteronomium 8: /01/2014

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Musiek: Toets jou kennis *

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die Wese van Effektiewe Gebed

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Die boek Job en lyding

Gebed. Die Asem van die Siel

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Die wind as bron van energie *

Die wonder van water *

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Wat is vaskulêre demensie?

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Buite Die Laer Uitgaan

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Plekwaardes van heelgetalle *

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed! Psalm 65:11

Die liggaamlike opstanding van Jesus

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

LAERSKOOL HELDERKRUIN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Transcription:

God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte. Elke belofte van God is in ooreenstemming met die wese van God. Vir God om aan sy beloftes ontrou te wees, sou beteken Hy moet in stryd met sy eie wese optree - en dit kan nooit gebeur nie. 2. "Want hoeveel beloftes daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons " (2 Kor.1:20). Lees hierdie vers noukeurig. Die Engelse vertaling van hierdie vers lui so: "For no matter how many promises God has made, they are yes' in Christ. And so through Him the 'Amen' is spoken by us to the glory of God" Alle beloftes is JA in Christus, maar dit moet AMEN word deur ons gebede en geloofshandelinge. Amen beteken: dit is waar en seker. Ons moet God op sy Woord neem, omdat sy Woord waar en seker is en daardie beloftes in geloof in die praktyk van gebed gebruik. Ons voeg die AMEN by met ons lewe, want 'n belofte is nutteloos as iemand dit nie vir homself toe-eien en vanuit die geestelike waarheid en werklikheid daarvan leef nie. 3. Ons moet na God toe kom met sy eie beloftes. Wanneer ons bid vir enige saak, bv. vir herlewing of die redding van n persoon, moet ons in die Bybel gaan kyk wat Gód se wil is en dan soek vir enige belofte in daardie verband. Staan op daardie beloftes, voeg 'n AMEN by die Jeremia 33:19-27 sê die Here dat sy beloftes (aan Dawid) so vas is soos die opkoms en ondergang van die son: "As jy die verbond wat Ek met die dag en die nag gestuit het, kan verbreek sodat dag en nag nie meer op die regte tyd kom nie, sal die verbond verbreek word wat Ek met my dienaar Dawid gesluit het..." Kyk ook wat daar in Numeri 23:19 staan: "God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie? 4. Daar is twee maniere waarop God se beloftes na ons as mense toe kom. Eerstens sien ons dit in die Naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Elke Naam van God gee uit drukking aan die wese van God en as sulks is elke Naam van God in der waarheid 'n belofte. Die ander manier waarop die beloftes na ons toe kom, is doodgewoon deur die Woord te lees en te let op die beloftes wat God in die Skrif vir ons oor verskillende sake gee. 5. Die beloftes is God se woord aan ons vir spesifieke situasies. Alle beloftes is dus nie vir alle situasies geldig nie. Wees sensitief vir die inspraak van die Heilige Gees in jou lewe sodat jy kan hoor wat Hy vir jou in die verskillende situasies wil sê. 6. Die eerste en vernaamste taak van die voorbidder is om na die wil van die Here in 'n bepaalde situasie te soek. Soek 'n woord van God vir of in daardie situasie, en as jy dit het, volg die Here en vertrou Hom - ongeag enige vorm van teenstand. 7. Wanneer jy in 'n moeilike situasie is, maak van die beloftes in die Woord gebruik. Toets die beloftes in die stryd: bv. Romeine 6, Johannes 15, Psalm 46:11, Openbaring 12:11, Romeine 8:32-39. Omdat die situasies verskil en die aanslag van die Bose telkens vanuit n ander hoek kom, is dit nodig om te weet dat verskillende beloftes nodig is vir die verskillende situasies. Een belofte is nie vir alle situasies geldig nie - anders sou die Here ons net één belofte gegee het. Maar nou is daar meer as 7000 beloftes in die Skrif. 8. Wanneer ek volgens die beloftes van God bid, sê ek eintlik: "Here, laat dit wees soos wat u sê." Wanneer ek net bid en n klomp versoeke voor die Here lê, maar ek herinner die Here nie aan sy beloftes nie, is dit asof ek sê: "Here, laat dit wees soos wat ek sê". 9. Daar is 'n belofte vir elke situasie. Maar meer as dit, ons God is groter en meer as Sy beloftes en groter as enige situasie wat ooit kan opduik. Leef vanuit die helder wete van hierdie feit. 1

10. Soos wat jy daagliks stiltetyd hou, onderstreep die beloftes, oordink hulle (mediteer daaroor), soek toepassingsterreine vir hulle in jou lewe en veral in jou gebedslewe. Leer om vanuit die beloftes te leef. 11. Soms kom ons in daardie uiters moeilike situasies waar ons God se handelinge nie verstaan nie en ook nie weet hoekom Hy bepaalde dinge doen en toelaat nie. In daardie situasies voel dit dikwels of ook God se beloftes nie meer sin maak nie. Beweeg dan geestelik na 'n ander sfeer - dink vanuit God se posisie na oor 'n probleem. Kyk 'n slag met God se oë, vanuit die hemel, van bo af, na die probleem en jy sal sien dat die saak totaal anders lyk. Ons as mense, sien die probleem, die gevaar, die krisis, God dink egter oor dieselfde saak vanuit sy almag, alwetendheid, en alomteenwoordigheid. Dikwels help dit om te weet dat, al weet ek nie hoe om die situasie te hanteer nie en al verstaan ek nie wat aan die gang is nie, God verstaan en weet wat aan die gang is. God weet waarheen Hy met my oppad is. 12. Wanneer jy die beloftes bid, bid hulle in die Naam van Jesus Christus. Die enigste waarborg dat God ons sal hoor as ons op die beloftes kom staan, is wanneer ons dit in die Naam van Jesus bid. Dit is alleen op grond van Jesus se kruisdood en die versoening deur die bloed, dat die beloftes geldig is. Om duideliker te illustreer wat hierdie gedagtes behels, sluit ons die volgende aangehaalde gedeelte uit die Armin Gesswein's School of Prayer lesings, in D.L. MOODY "Every word of God can be traced to some kneeling form. Tarry at the promise, God will meet you there. "Verandering van denke- Vroeg in my bediening het ek 'n ondervinding gehad wat my begrip van gebed geheel en al verander het. Wat 'n verandering. My roeping was om kerke te stig en ek het pas die biduurwaarheid in Handelinge ontdek. Ek het dus n biduur begin - die eerste wat ek ooit bygewoon het. Een aand het 'n ouerige Metodis die byeenkoms bygewoon. Toe hy begin bid, het ek iets nuuts ontdek. Ek het nog nooit so 'n gebed gehoor nie, het ek aan myself gesê. Dit was nie die innigheid nie, daarmee het ek self gebid Hemel en aarde was nie ver verwyderd nie - inteendeel, hulle was bymekaar. Die Heilige Gees was daar, in aksie. Die Heilige Gees het hom van die antwoord verseker selfs terwyl hy besig was om te bid. Wanneer ek gebid het, was God daar ver, iewers op 'n afstand besig om te luister. Die antwoord was ook gewoonlik vaag, iewers daar ver. Die ontdekking! Gretig om sy geheim te ontdek, het ek eendag by hom besoek afgelê. Sy naam was Ambrose Whaley en almal het hom 'Oom Am' genoem. Hy was 'n afgetrede grofsmit en ook Metodiste lekeprediker. Ek het spoedig tot die punt gekom: "Oom Am, ek wil graag saam met u bid" Hy het dadelik opgestaan, my na buite gelei, na 'n rooi skuur, teen 'n leer op na 'n hooisolder! Daar in die ou hooi het twee Bybels gelê, een was oop. "En dit? het ek gedink. As ek reg onthou het ek eerste gebid. Ek het my hart, my behoeftes, laste, wense, begeertes, ambisies voor God uitgestort. Toe bid hy. En daar was daardie verskil weer. Daar in die hooi, op ons knieë, van aangesig tot aangesig vra ek: "Oom Am, wat is dit? Wat is u gebedsgeheim? Deel dit asseblief met my!" Ek was 24, hy 73 (hy het 93 jaar oud geword) en met groot erns het hy vir my gesê: "Jong man, leer om die beloftes van God te pleit! Dit het die verskil gemaak! Daar en dan het daar n verandering in my gebed ingetree. Daardie wysheid het my hele begrip van gebed verander. Daar het 'n omwenteling plaasgevind in my gebedslewe! Toe hy dit sê, het ek dit onmiddellik ingesien. Wat gesien? Wel, wanneer ek gebid het was daar innigheid, ambisie, ens. (en die Here ignoreer dit ook nie). Maar ek het geloof gekort. Gebed is die sleutel tot die hemel, maar geloof sluit die deur oop. Daar moet geloof wees. Waar kom dit vandaan? Van te luister... na die Woord van God. Oom Am kon Skrif na Skrif pleit, hy kon Hom aan belofte na belofte herinner, hy het hulle gepleit soos 'n advokaat sy saak bepleit, terwyl die Heilige Gees hom die versekering gee dat sy gebed gehoor word. Hierdie man het die beloftes geken. Hy het blykbaar nie eens daardie twee Bybels in die hooi nodig gehad nie. Ek het gou agtergekom dat hy 'n kragtige voorbidder was. Hy het 'deurgebid'. Hy het deur die Bybel gebid. Hy het vir my die geheim van voorbidding geleer. Hoe kan ek 2

die Here ooit genoeg dank dat hy my na hierdie gebedsman gelei het! Wat het gebeur? Met hierdie ontdekking het God vir my 'n nuwe Bybel gegee. Ek het nog nie geweet hoe om die Bybel my gebedsboek te maak nie. Ek het 'n nuwe motief vir Bybelstudie gehad Ek het begin 'grawe'. Nou het ek die Skrif deursoek... die baie beloftes onderstreep... gememoriseer, memoriseer, memoriseer! Daar is duisende beloftes: 'n belofte vir elke behoefte, elke las, probleem en situasie. Jong man, leer om op die beloftes van God te pleit. Daardie woorde weerklink in my siel! n Praktiese wenk: Neem ' n blou pen/potlood en onderstreep alle beloftes soos wat jy deur jou Bybel lees. Deur dit te doen, staan die beloftes dan baie prominent uit en is hulle maklik om na te slaan. Skaf vir jou die boekie "Bybelbeloftes deur Dr. W de Strauss en Lenka Smith aan en leer om dit te gebruik in jou gebedslewe. Beloftes vir spesifieke situasies: God hou sy beloftes - "God is nie n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie waar maak nie? " (Num.23:19). Heb.10:23; Jes.46:11; Ps.89:34-35; Jes.30:18. God luister na ons gebede - "Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen" (1 Pet.3:12). Ps.34:18; 1 Joh.5:14; 2 Kron.16:9; Ps.4:4; Ps.102:18. God antwoord ons gebede - "Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor" (Jes.65:24). Jer.33:3; Mark.11:24; Joh.16:24; Joh.15:7; Jes.58:9; Ef.3:20; Matt.7:7-8. Beloftes oor verlossing - "God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word" (Joh.3:17). Rom.10:9-10; 10:13; Ef.2:8-9; 1 Tim.2:3-4; Heb.6:18. Beloftes oor nuwe lewe - Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom" (2Kor. 5:17). Joh.10:10, 1 Pet.2:24; Gal.2:20, Rom.6:4; 1 Joh.3:9; 2 Kor.3:18; Eseg.36:26. Beloftes oor vryheid - "En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak... as die Seun julle vry maak sal julle waarlik vry wees" (Joh.8:32,36). Rom.6:14, 22; 1 Rom.8:1-2; 2 Kor.3:17; Hand.13:38. Beloftes oor vergifnis - "Maar as ons ons sondes bely -Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid" (1 Joh.1:9). Ps.32:1-2; Jes.43:25; Ps.103:12; 1 Joh.2:12; Ef 1:7; Rom.8:33. Beloftes oor regverdigmaking - "Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees" (2 Kor.5:21). Rom.8:10; 1 Kor.1:30; Rom.3:21-22; Rom.4:4-5; Rom.5:17. Beloftes oor die Heilige Gees - "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie gawes te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra" (Luk.11: 13). Jes.44:3; Joh.14:16-17; Joh.16:7; Hand.1:8- Hand.2:38-39; Gal.4:6; Gal.3:14; 1 Joh.4-.13; Matt.3:11; Eseg.36:27; Ef.1:13. Beloftes oor geloof in God - "God het aan elkeen 'n maat van geloof toebedeel " (Rom.12:3). Ef.2:8; Heb.11:6; Jak.1:3; 1 Pet.1:7; Rom.1:17, 1 Joh.5:4; Mark.9:23; Ef.6:16; Joh.20:29; Matt.21:21-22;1 3

Joh.16:24. Beloftes oor die Woord - "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk" (2 Tim.3:16-17). 1 Pet.1:25; Jes.40:8; Matt.4:4; Deut.29:29; Jos.1:8; Jes.55:11; Heb.4:12. Beloftes oor verlossing van die Bose - "Die Here is getrou: Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar" (2 Tess. 3:3). 2 Tim.4:18; Kol.1:13; Kol.2:15, 1 Joh.5:18; Rom.8:38-39; Ps.91:9-13; Heb.2:14-15. Beloftes oor Sy teenwoordigheid - "En onthou: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld " (Matt.28:20). Jes.43:5, Jak.4:8, Joh.14:15-16, Matt.18:20; Ps.23:4; Heb.13.5. Beloftes oor geestelike groei - "Ek is veral daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end uit sal voer en dit sal voleinding op die dag wanneer Christus Jesus kom" (Fil.1:6). Joh.17:18-19; 2 Pet.1:3-4; 2 Kor.3:18; 1 Kor.1:8; Ef.3:17-19; Fil.1:9-10. Beloftes oor geestelike gawes - "As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek hy dit nooit weer terug nie" (Rom.11:29). Rom.12:5-8. Beloftes i.v.m. die waarheid - "Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig" (Joh.15:26). Joh.8:31-32; Joh.16:3; Ef 5:9. Beloftes oor God se liefde - "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin, dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Rom.5:8). Jer.31:3; Jes.54:10; 1 Joh.4:9-10; Joh.15:9; 1 Joh.3:1. Beloftes oor vreugde/blydskap - "Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. (Joh.15:11). Ps.16:11; Rom.14:17. Jes.55:12; Jes.35:10. Beloftes oor die vrede van God "Oor ons oortredinge is Hy deurboor, oor ons sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom " (Jes.53:5). Joh.14:27; Rom.5:1; Fil.4:7; Rom.5:22 Beloftes oor die hoop van die Christen - "Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees" (Rom.15:4). Kol.1:27; 1 Pet.1:3; Heb.6:18-19; Rom.5:2; Rom.15:13. Beloftes oor die ewige lewe - "God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê" (Joh.3:16). 1 Joh.2:25; Rom.6:23; Joh.10:27-28; Joh.5:24; 1 Joh.5:11-13. Beloftes oor die wederkoms van Jesus - "In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is (Joh.14:2-3). Joh.14:28; Hand.1:11; 1 Tess.4:16-17; Kol.3:4; Heb.9:28; Op.1:7. 4

Beloftes oor die hemel - "En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is. Toe het ek n harde stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly en hulle sal sy volke wees, en God sal self by hulle wees as hulle God" (Op. 21:2-3). 1 Pet.1:4-5; 2 Pet.1:10-1 l; 2 Pet.3:13; Luk.23:43. God sal vir ons krag gee - "Hy gee die vermoeides krag en versterk die wat nie meer kan nie" (Jes.40:29). Ps.29:1 1; Jes.26:4; Neh.8:10; Ef.6:10; Fil.4:13; Jes.58:11. Ons kan op God vertrou - "Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie" (Spr.3:25-26). Spr.14:26; Jes.30:15; 1 Joh.3:21-22; 1 Joh.5:14-15. God skenk wysheid - "Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap" (Pred.2:26). Spr.2:6-7; Spr.9:10; Job 12:13; Dan.2:20-22; 1 Kor.1:30; Jak.1:5. Die Here sal ons onderrig - "Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan, Hy laat aan hulpeloses reg geskied, en Hy leer hulle sy pad" (Ps.25:8-9). Ps.25:12-14; Ps.32:8; 2 Tim.3:16-17; Spr.15:33. Die Here wil aan ons leiding gee - "Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: Hier is die pad, loop hierlangs" (Jes.30:21). Ps.48:15; Ps.23:1, 3; Ps.139:9-10. Die Here sal ons pad voorspoedig maak - " Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak" (Spr.3:5-6, OV). Jos.1:8; 2 Kron.20:20; Spr.16:3; 2 Kor.3:5b; 1 Kron.22:12-13. Beloftes oor God se vertroosting - "Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word" (Matt.5:4). 2 Kor.1:3-4; 2 Tess.2:16-17; Jes.49:13; Joh.14:18. God gee aan ons die begeertes van ons hart - "Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle" (Ps.145:19). Ps.21:3; Spr.10:24; Ps.103:4-5; Mark.11:24. Beloftes oor die gesin van die gelowige - "Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is" (Spr.3:33). Spr.12:7; Deut.12:28; Jes.54:13; Ps.112:1-3; Spr.22:6; Ps.128:1,3; Deut.4:40; Ef.6:2-3. Beloftes oor gesondheid en genesing "Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom" (Jes.53:5c). Jer.30:17; Deut.7:12, 15; Ps.91:5-6, 10; 3 Joh.1:2; Jer.33:6; Eks.15:25-26; Ps.103:3; Mal.4:2; 1 Pet.2:24; Jak.5:13-14, 16; Matt.8:16-17. Beloftes oor veiligheid en beskerming - "Die Naam van die Here is 'n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling" (Spr.18:10). 1 Sam.2:9; Ps.125:1-2; Ps.91:3-4, 11-12; Ps.34:19-20; Ps.121:1-8; Spr.29:25. Beloftes oor fisiese behoeftes - "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus" (Fil.4:19). Matt.6:25-26, 31-33; Deut.28:1, 11, 12; Luk.12:30-3 l; Deut.29:9; Ps.111:5; Jes.1:19; Sag.10:1; Lev.26:3-5. Beloftes vir die wat bang is en twyfel - "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees 5

nie, Ek is jou God, Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou (Jes.41:10). Jes.41:13; Jes.43:1; 2 Tim.1:7; Luk.12:6-7, 1 Joh.4:18; Rom.4:21; Ps.112:7; Jes.58:9. Beloftes vir tye van depressie - "Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!" (Ps.43:5). Ps.73:26; Ps.37:23-24; Ps.34:6; Jes.49:15; Heb.13:5. Beloftes in tye van neerlaag, mislukking, hulpeloosheid - "Julle moenie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My" (Joh.14:1). Jes.61:1-3; Ps.147:3; Rom.8:28; Jes.41:13; 2 Kor.12:9; Rom.8:26; Heb.13:6; 1 Joh.4:4. Beloftes in tye van bekommernis - "As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges... Moet julle dus nie oor môre bekommer nie" (Matt.6:30, 34). Fil.4:6-7; Luk.12:25-26; 1 Pet.5:6-7; Ps.55:2-3; Ps.146:7-9; Gal.5:1; Matt.11:28-30. Beloftes in tye van versoeking en demoniese aanvalle - "Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan" (1 Kor.10:13). 2 Pet.2:7-9; Heb.4:14-16; 1 Tess.5:22-24; Jak.4:7; Gal.1:3-4; Rom.16:20; Joh.16:33; 1 Joh.4:4. Beloftes in lyding en swaarkry en aanvalle van mense - "Maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in nood. Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom" (Ps.37:39-40). Jak.1:12; Rom.5:3; 1 Pet.1:4-7; Jer.15:21; Ps.27:1-2; 1 Pet.3:9; Rom.8:31; Eks.14:13-14; Matt.5:10-12; Luk.21:12-15; Op.2:10. God gee aan ons krag vir Sy diens - "Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige " (Sag.4:6). Hand.1:8; Jes.40:31; Ef.6:13; Fil.2:13; Ef.3:16; Kol.1:11. Beloftes oor finansies en materiële voorsiening - "Kyk na die kraaie: hulle oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls" (Luk.12:24). Fil.4:19; Luk.11:9; Ps.84:12; Matt.6:32; Ps.37:3, 25; Luk.12:30-31; Luk.6:38. Hierdie is maar enkele beloftes uit die Skrif, daar is letterlik duisende meer. Ons moet leer om vanuit die beloftes van die Here te begin leef. Dit is belangrik dat ons moet let op die voorwaardes en opdragte wat saam met die beloftes gaan. Die beloftes van God is gekoppel aan God se bevele en voorwaardes. Ons kan nie die beloftes vir onsself toe-eien as ons nie die voorwaardes nakom nie. 6