Gebed. Die Asem van die Siel

Size: px
Start display at page:

Download "Gebed. Die Asem van die Siel"

Transcription

1 Gebed Die Asem van die Siel Gebed is die blootlegging van die hart aan YAH soos aan `n vriend. Nie dat dit nodig is om aan YAH bekend te maak wat ons is nie, maar sodat ons bemagtig word om Hom te ontvang. Gebed bring YAH nie af na ons nie, maar bring ons op na Hom. (Ellen G White, Skrede na Christus, bl. 94, YAH se Name voorsien) `n Onlangse deskundige studie, in 2012 deur Fox Nuus gepubliseer, beweer dat die hoof oorsaak vir egskeidings die leemte van kommunikasie tussen egpare is. Huweliksberaders verstaan dat sonder kommunikasie, is daar geen empatie, En sonder empatie is daar geen simpatie, en eindelik, geen liefde nie. Dieselfde geld vir ons verhouding met die Hemelse Vader. `n Hegte, intieme verhouding met Hom vereis ook kommunikasie. Soos `n inspirerende skrywer dit stel: Gebed is die asem van die siel. Dit is die geheim van geestelike sterkte. Geen ander genade

2 middel kan vervang en die welstand van die van die siel bewaar word nie. Gebed bring die hart in onmiddelike teenwoordigheid met die Fontein-oorsprong van die lewe, en versterk die senuwees en spiere van die geestelike ondervinding. 1 Yahuwah* is al-wetend en al-wys. Hy het nie nodig dat Sy aards-kinders tot Hom moet bid nie. Die Een wie beloof het, En voordat hulle roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. (Jesaja 65:24) het nie nodig om enigiets vertel te word nie! Hy is alwetend. Hy weet alles! Daar is niks wat jy Yahuwah kan vertel wat Hy nie alreeds weet nie. Dit is die doel van gebed. Die belang van gebed is nie te vinde in die oordrag van inligting uit jou hart na die ore van Yahuwah nie. Gebed is belangrik omdat dit is wat ons nodig het. Yahuwah het ons alreeds lief. Maar ons gevoel van nabyheid aan Yahuwah, ons vertroue in Sy beloftes, ons geloof in Sy liefde, is alles ineengeskakel vir die behoud van ons deel van `n hegte verhouding met Hom. `n Normale, emosioneel gesonde ouer het sy/haar kind lief. Die baba, wat te kort skiet aan meer volwasse begrip, voel nie outomaties vir die ouer dieselfde diepte van emosie wat die ouer vir die kind voel nie. Hierdie emosie ontwikkel mettertyd in die hart van die kind. Soos die kind se behoefte aan voedsel, `n skoon doek, slaap en gemak verskaf word in antwoord op sy gehuil, word vertroue gevorm dat Mammie en Pappie altyd daar sal wees om in sy behoefte te voorsien. Soos hy groei, verdiep die vertroue in sy ouers in dankbaarheid namate die liefderyke aandag van die ouers erken word. Dankbaarheid wakker dan liefde aan. As `n liefdevolle, goddelike ouer, verstaan Yahuwah die proses in die groeiende ouer kind verhouding. In hul reis na die Beloofde Land, was die Kinders van Israel dikwels in moeilike, selfs gevaarlike situasies gebring. Oneindige Wysheid, ewige Liefde, het hierdie verskeie omstandighede toegelaat sodat die harte van die mense na Hom moet terugkeer. Dit was Yahuwah se plan dat, soos hulle in benoudhede gebring word waarvan hulle geen uitkoms het nie, hulle na Hom sou roep om hulp dan sal Hy verlossing voorsien. Dit het Hy herhaaldelik gedoen, vanaf die verdeling van die waters van die see, tot om troebel water te suiwer, deur 40 jaar van manna en water in `n droë en woestyn land te voorsien. Nes die volk herhaaldelik verlossing ondervind het in antwoord op gebed, het hul geloof, hul dankbaarheid en liefde gegroei. Dieselfde is vandag waar. Yahuwah is intiem bekend met die besonderhede van jou lewe. Hy ken jou geheime stryd en Hy het die einste middele noodsaaklik berei om jou te voorsien met sterkte, waagmoed, wysheid wat jy ookal nodig het. Maar dit is nodig dat jy dit in woorde van gebed sit.

3 Was daar nie wonderwerke deur Christus en Sy apostels gedoen nie. Dieselfde geliefde Verlosser lewe vandag nog, en Hy is net so gewillig om na die gebede van geloof te luister soos toe Hy sigbaar tussen die mensdom gewandel het. Die natuurlike werk met die bonatuurlike saam. Dit is die deel van Yahuwah se plan om aan ons, in antwoord op gebed van geloof te gee, dit wat Hy nie sou skenk as ons nie gevra het nie. 2 Daarom, deur ons sorge voor die goddelike troon te lê, het ons voortdurende versekering van Sy groot liefde soos ons getuies is van beantwoorde gebed. Deur natuur en openbaring, deur Sy voorsienigheid en deur die invloed van Sy Heilige Gees, spreek Yahuwah met ons. Maar die is nie genoeg nie; ons het ook nodig om ons harte aan Hom uit te stort. Vir ons om geestelike lewe en energie te hê, moet ons eintlik [interaktiewe kommunikasie] met ons Hemelse Vader hê. Ons verlange mag na Hom uitgestrek wees; ons mag oor Sy werke Sy genade, Sy seëninge mediteer, maar dit is nie in die volle sin van die woord, kommunikasie met Hom nie. Om met Yahuwah te kommunikeer, moet ons iets hê om aan Hom te sê aangaande ons eintlike lewe. Gebed is die blootlegging van die hart aan Yahuwah soos aan `n vriend. Nie dat dit nodig is om aan Yahuwah bekend te maak wat ons is nie, maar om ons te bemagtig om Hom te ontvang. Gebed bring nie Yahuwah af na ons nie, maar bring ons op na Hom. 3 Die Hemel wag verlangend om ryke seeninge op die kinders van die mens uit te stort. Maar wanneer ons die troon van genade vir geestelike genade nader is dit belangrik dat ons dit in geloof vra. En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel is soos`n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van Yahuwah sal ontvang nie so `n dubbelhartige man onbestendig in al sy weë. ( Jakobus 1:5-7.) Gebed is so `n belangrike element tot `n lewensbelangrike, gesonde geestelike lewe dat dit eintlik een van die onderwerpe was wat gestudeer was in die profete skole. `n Goeie metode vir effektiewe gebed is om die afkorting van EBDS te volg. ERKEN Die eerste belangrike element van enige gebed is om Yahuwah se majesteit, mag, goddelikheid, en Sy liefde vir ons te erken. Soos ons, ons dankbaarheid in woorde omsit en erkenning gee aan Sy sterkte en genade, word ons gelei om Hom net meer te VEREER, en sodoende die Bybel se ingewing te volg: Gee sterke aan Elohim! (Psalm 68:35) Die handeling van erkenning en verering vermeerder ons vertroue in Sy onbeperkte sowel as Sy oneindige liefde.

4 BELEI Beleidenis sit jou, die smekeling, in besonderse verhouding met die Al-magtige. Daar is geen plek vir hoogmoed wanneer die Almagtige genader word nie. Al ons werke, ons talente waarin menslike hoogmoed behae in skep, word as niks gesien, wanneer, ons in ootmoed voor die ewige troon kniel, en ons sondes belei. Daar is sekere voorwaardes waarop ons kan verwag dat Yahuwah ons sal aanhoor en ons gebede sal beantwoord. Een van die eerstes hiervan is dat ons ons behoefte voel vir hulp van Hom af.... Die hart moet oop wees vir die invloed van die Gees, anders kan Yahuwah se seëninge nie ontvang word nie. Ons groot behoefte is in homself `n argument en pleit met welsprekendheid om ons onthalwe. Maar Yahuwah moet na gesoek word om hierdie dinge vir ons te doen. Hy sê, Bid en vir jou sal gegee word. En Hy wat selfs Sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? (Matthéüs 7:7 ; Romeine 8;32.)

5 As ons sonde in ons hart koester, as ons sou kleef aan enige wetende sonde, sal Yahuwah ons nie verhoor nie; maar die gebed van die bekeerde, ootmoedige siel word altyd aanvaar. Wanneer alle bekende verkeerde dade reggestel is, kan ons glo dat Yahuwah ons pleidooie sal beantwoord. Ons eie verdienste sal ons nooit in die guns van Yahuwah bring nie; dit is die waardigheid van Yahushua wat ons sal red, Sy bloed wat ons sal reinig; nogtans het ons `n werk om te doen om in te val by die voorwaardes vir aanvaarding. 4 DANKSEGGING Met die weelde van Hemelse rykdom uitgestort om sondaars te red, hul weg te vergemaklik deur die vallei van trane, moet almal hart en stem verenig in lofliedere en dankseggings aan Yahuwah. Die erkenning van seeninge ontvang inspireer ons met dankbaarheid, liefde en grotergeloof in ons liefdevolle Hemelse Vader om in ons behoeftes te voorsien soos Hy beloof het. Sal ons gebede bestaan uit versoeke en ontvangs? Sal ons altyd dink aan om te ontvang en nooit aan die voordele wat ons ontvang nie? Sal ons ontvangers van Sy genade wees en nooit aan Yahuwah sê hoe dankbaar ons is nie, Hom nooit loof vir wat Hy vir ons gedoen het nie? Ons bid glad nie te veel nie, maar ons is te suinig in dankseggings. As die goedertierenheid van Yahuwah meer danksegging en lofliedere laat uitkom, sal ons vér meer krag in gebed ervaar. Ons meer en meer gevul wees in die liefde van Yahuwah en sal meer bestee om Hom te loof. U wat kla dat Yahuwah nie u gebede verhoor nie, verander jou huidige toestand en meng meer lofprysinge met u versoeke. Wanneer u Sy goedertierenheid en genade in ag neem sal u vind dat Hy ag gee op u behoeftes. Bid, bid ernstig en sonder ophou, maar moenie vergeet om te prys nie. Dit is die hoedanigheid van elke kind van Yahuwah om Sy karakter te verdedig. Jy kan Yahuwah groot maak; jy kan die mag van Sy opheffende genade wys. 5 SMEEKBEDES Dit is net na die erkenning van die seëninge van jou Skepper, beleidenis van jou onwaardigheid en om dank aan Hom te betuig vir Sy ongebonde goedertierenheid en genade, dat dit passend is om versoeke te rig. Die vorige erkenning, beleidenis, en dankbetuigings dien tot die inspirasie vir groter geloof wat noodsaaklik is vir wanneer vir nog groter gawes gevra word.

6 Die boek van die Hebreërs verduidelik: En sonder geloof is dit onmoontlik om Yahuwah te behaag; want hy wat tot Yahuwah gaan, moet glo dat Hy is en `n beloner is van die wat Hom soek. (Hebreërs 11:6) Of, soos Yahushua gesê het: Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. ( Markus 11:24) Bring jou behoeftes, jou vreugdes, jou verdriet, jou sorge, en jou vrese na Yahuwah. Jy kan Hom nie belas nie; jy kan Hom nie uitput nie. Hy wat die hare van jou hoof tel is nie onverskillig teenoor die behoeftes van Sy kinders nie. Dat Yahuwah vol medelye en ontferming is. (Jakobus 5:11) Sy liefdevolle hart word aangeroer deur ons verdriet en selfs deur ons uitinge daarvan. Neem alles wat jou verwar na Hom. Niks is te swaar wat Hy nie kan hanteer nie, want Hy hou vas die wêrelde, Hy heers oor al die sake van die heelal. Niks wat in belang van ons ewige vrede is, is te nietig vir Hom om nie op te merk nie. Daar is geen hoofstuk in ons ondervinding te duister vir Hom om te verstaan nie; daar is geen verwarring te moeilik om ontsyfer te word nie. Geen ramp kan die geringste van Sy kinders tref, geen angs die siel verstoor, geen vreugde opvrolik, geen opregte gebed gaan oor die lippe, waarvan ons hemelse Vader nie weet nie, of waarin Hy nie onmiddelike belang neem nie. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hul wonde. (Psalm 147:3) Die verhouding tussen Yahuwah en elke persoon is so besonders en volmaak asof daar nie nog `n ander persoon op aarde is om Sy sorgsaamheid te deel nie, nie `n ander siel vir wie Hy Sy geliefde Seun gegee het nie. 6 Paulus se lesse aan die Thessalonicente is van net soveel belang as toe dit destyds gegee was. Hy het gesê: Wees altyd deur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van Yahuwah in Yahushua die Gesalfde oor julle. (1Thessalonicense 5:16-18) Dit is die positiewe bevel van Yahuwah. Sou dit gevolg word, sal dit die geloof vermeerder en lei tot ewige effektiewer gebede waarin Yahuwah `n behae in het om te antwoord. Yahushua het Sy dissipels aangemoedig om te bid, want hulle gebede was in die Hemel verhoor: En Ek sê vir julle : Bid en vir julle sal gegee word ; soek en julle sal vind ; klop en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang ; en hy wat soek, vind ; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. En vir watter vader onder julle sal sy seun

7 brood vra, en hy sal hom `n klip gee ; of ook `n vis, en hy sal hom in plaas van `n vis `n slang gee ; of ook as hy `n eier vra, hom `n skerpioen gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? (Lukas 11:9-13) Ons moet nie net bid in Christus se naam nie, maar deur die ingewing van die Heilige Gees. Dit verduidelik wat bedoel word wanneer gesê word dat die Gees maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. (Romeine 8 : 26) In sulke gebede skep Yahuwah `n behae in om te antwoord. Wanneer met erns en intensiteit `n gebed in die naam van Christus geadem word, is daar in daardie einste intensiteit `n belofte van Yahuwah dat Hy op die punt staan om ons gebed te beantwoord. ver bo alles wat ons bid of dink (Efesiërs 3:20) 7 Gebed is lewensbelangrik vir `n persoonlike verhouding met die Verlosser. Die hartseerste woorde om ooit te val op die mens se oor, tydens die Wederkoms sal wees: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af. (Matthéüs 7:23) Nou is dit die tyd om die Verlosser te leer ken. Die genadige uitnodiging word steeds uitgereik, wagtend op jou aanvaarding: Nader tot Yahuwah, en Hy sal tot julle nader. (Jakobus 4:8) Ontwikkel nou `n lewensbelangrike, vertrouens verhouding met die Vader en die Seun. Die verhoudings wat hier op aarde begin is, sal in die Hemel voortgesit word, daar om hul diepste, waaragtigste emosie te vind. Begin vandag, om met YAH te wandel nes Henog gewandel het.

8 * Alle aanhalings gebruik die Vader en die Seun se regte Name. 1 E.G. White, In Heavenly Places, bl E.G. White, The Great Controversy, bl E. G. White, Steps To Christ, bl Ibidem, bl E. G. White, Testimonies for the Church, Vol. 5, bl E. G. White Steps To Christ, bl E. G. White, Christ Object Lessons, bl. 147.

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3 Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3 Skrifte stel `n baie spesiale groep mense voor, wie in volle en gewillige gehoorsaamheid, hul goddelike Leier in alle waarhede volg. Hulle staan bekend as: die Seuns

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan Toe die Aarde voortgebring is uit die hand van die liefdevolle Skepper, was dit volmaak geskape. Elke gras halm en elke blaar en elke skepsel van die grootste

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

*24 Februarie - 2 Maart

*24 Februarie - 2 Maart Les 9 *24 Februarie - 2 Maart Dankoffers SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Mattéüs 6:19 21; Efésiërs 2:8; I Petrus 4:10; Lukas 7:37 47; II Korintiërs 8:8 15; II Korintiërs 9:6, 7.

More information

Die Wese van Effektiewe Gebed

Die Wese van Effektiewe Gebed Die Wese van Effektiewe Gebed Kay Arthur, David & BJ Lawson PRECEPT MINISTRIES SOUTH AFRICA Die Wese van Effektiewe Gebed Hierdie is n spesiale Precept Ministries uitgawe Gepubliseer deur Precept Ministries

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

ANTIPAS HEROUT Antipas, My getroue getuie (Op 2:13) ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13) No.43 ~ ~ ~ DIE LEWENDE GOD IS 'N HOORDER VAN GEBED Deel 2 : Oor gebedsverhoring al dan nie Nico van der Walt Ps 65:3 : O Hoorder van die gebed, tot

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree N BEDIENING VAN KAMPUS KRUISTOG VIR KRISTUS Gebedshandleiding n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree Inhoudsopgawe Inleiding Inleiding 1 Doelwitte

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Omdat U ons Vader is Groot in almag bo die skepping

More information

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: 23. Die Bergrede Matthéüs 5 tot 7: 29 Jesus die Leermeester God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: Jesus

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is Deel een Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is Hoofstuk een God en menslike lyding V oel jy soms asof God nie omgee wat met jou en die wêreld gebeur nie? Dit is moeilik om so n gedagte hardop uit

More information

Handleiding vir Klein Groep Leiers

Handleiding vir Klein Groep Leiers 1 Handleiding vir Klein Groep Leiers Melkbosstrand Gemeente Inhoudsopgawe Inleiding...2 Les 1: Klein groepe is...4 Les 2: Om 'n klein groep te lei. Christelike leierskap...12 Les 3: Ons is hier, wat maak

More information

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS Moedergemeente SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS JAARTEMA: Is ek n Bybelmens? `N BUNDEL VAN MEES GELIEFDE TEKSTE 500 JARIGE FEESVIERING VAN DIE REFORMASIE 1517-2017 Voorwoord Baie welkom by hierdie 40-dae Bybellees-program!

More information

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis 1.1 Die sondeval in die Paradys ongehoorsaamheid en die strewe om soos God te wees Sonde is strafbaar Kyk na die inhoud van Eksodus 34:6-7: En toe die HERE

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 107:9, 10 (p. 535) 9 Angs was daar by verfloudheid, / maar hul geroep het God verhoor in die benoudheid, / met wending van hul

More information

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

Die Wysheid van God. Adrian Ebens Die Wysheid van God Adrian Ebens Die Wysheid van God Adrian Ebens Gedruk in Suid-Afrika deur Maranatha Media Maranathamedia.com Geskryf in artikelformaat in Maart 2010. Uitgegee in boekvorm in Februarie

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Les 4 Goddelike Wysheid *17 23 Januarie SABBATMIDDAG Lees vir Hierdie Week se Studie: Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Geheueteks: Die Here het my berei as

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die Hemele.

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die Hemele. Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg 1688-1772 Arcana Coelestia Geheime van die Hemele. 1. Deur die Goddelike genade van die Meester is die innerlikes, wat van my gees is, vir my

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30) DIE HEILIGE GEES Doping in die Heilige Gees word ook beskryf as doping met die Heilige Gees, of vulling(vervulling) met die Heilige Gees, of om met die Heilige Gees vervul te wees. Hierdie pinksterseën

More information

Luk 10:33 Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, Luk 10:34 en na hom gegaan,

Luk 10:33 Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, Luk 10:34 en na hom gegaan, Luk 10:33 Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, Luk 10:34 en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap 31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap SAAMGESTEL DEUR JERIGO MURE GEBEDSNETWERK B l a d s y 2 INDEKS 1. Bid die Woord... 5 1.1 Hoekom ons die Woord moet bid... 6 1.2 Hoe om die Woord te bid... 6 2.

More information

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3 Maart 2010 Nommer 88 Kom luister en dink saam! Het u onlangs na die nuwe webwerf (www.christelikebiblioteek.co.za) gekyk? Ek hoop u is saam met ons opgewonde oor die nuwe moontlikhede wat dit ons bied

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Hoe lank moet n mens oor n saak bid?- Stephan Joubert

Hoe lank moet n mens oor n saak bid?- Stephan Joubert NG Gemeente Meyerspark September 2013 - Jaargang 10 Uitgawe 8 Hoe lank moet n mens oor n saak bid?- Stephan Joubert Die antwoord op hierdie vraag sal van situasie tot situasie verskil afhangende van dit

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013 Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die

More information

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond Shama Ministries 2017 Bladsy 1 Voorblad Hettie Erasmus Jesaja volgens Rafael INHOUD Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond... 6 Inleiding... 6 Hoofstuk Een... 10 My verstaan

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

Drie jaar van Jesus se bediening

Drie jaar van Jesus se bediening Drie jaar van Jesus se bediening JAKOB LORBER BOEK 8 VAN 10 1 Voorwoord Jakob Lorber (1800, 1864) is gebore en getoë in die gedeelte van Oostenryk wat ʼn mens Stiermarken noem. Na sy opleiding as onderwyser

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information