Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie
|
|
- Claud Taylor
- 5 years ago
- Views:
Transcription
1 Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie Baie Christene is oortuig dat hulle eenvoudig moet kies tussen skepping of evolusie. As hulle getrou wil wees aan die Bybel, aanvaar hulle dat God alles in ses dae uit niks gemaak het, en verwerp evolusie. Dit is egter n oorvereenvoudiging van die probleem. Ons sal eers duidelikheid moet kry oor wat ons met skepping bedoel, en wat met evolusie. Vorme van evolusie Evolusie gaan oor die wyse waarop die werklikheid tot stand gekom en ontwikkel het. Daar is eintlik drie groot terreine: die ontstaan van die werklikheid, die ontstaan van lewe, en die ontwikkeling van lewe van eenvoudiger na ingewikkelder vorme. Die teorie van Charles Darwin raak net die derde saak, die ontwikkeling van eenvoudige na ingewikkelde vorme van lewe. Oor hierdie saak is daar meer as een teorie. Darwin aanvaar dat lewe ontwikkel deur klein, willekeurige veranderings in n spesie wat die spesie in staat stel om beter aan te pas by die omgewing the survival of the fittest. Lamarck het gemeen die veranderings is sinvolle reaksies op die omgewing, soos n kameelperd waarvan die nek geleidelik langer geword het om die hoë boomblare by te kom. Hoyle aanvaar dat die ontwikkelings sprongsgewys plaasvind (die Saltasieteorie). Daar is skynbaar sterk getuienis dat n spesie baie lank onveranderd voortbestaan en dan skielik dramaties verander.
2 Reaksies van Christene Christene gaan op drie verskillende maniere met hierdie teorieë om. Daar is die kreasioniste (*Kreasionisme) wat in beginsel enige vorm van evolusie verwerp behalwe kleiner ontwikkelings binne n spesie. Hulle sal aanvaar dat perde geleidelik groter kon geword het, of die kameelperd se nek langer, maar nie dat een spesie uit n ander kon ontwikkel het nie. God het die verskillende soorte lewe geskep, en daar is geen oorgange van een spesie na n ander moontlik nie. Daar is ook progressiewe kreasioniste wat net die ingryping van God op bepaalde beslissende punte aanvaar soos die skepping van lewe en die skepping van die siel, en verder oop is vir teorieë oor hoe lewe ontwikkel het van eenvoudige na saamgestelde vorme. Maar daar is ook Christene wat aanvaar dat enige evolusieteorie geldig kan wees solank dit nie lui dat God nie by die proses betrokke was nie. Hulle meen dat natuurwetenskaplike teorieë nie n uitspraak kan maak oor God se betrokkenheid nie omdat hulle met waarnemings en gevolgtrekkings en met eksperimente werk, en die betrokkenheid van God by die skepping nie waargeneem of eksperimenteel as geldig of ongeldig uitgemaak kan word nie. Hoe het God geskep? Terwyl daar dus onder Christene ook verskillende sienings oor evolusie is, is dit goed om n oomblik te vra presies wat ons onder skepping verstaan. Daar is n oorvereenvoudigde siening, en dit is dat God in ses dae net deur bevele ( deur die woord ) alles uit niks geskep het. Dit is oorvereenvoudig omdat daar verskillende voorstellings in die Bybel oor die skeppingswerk van God is. Mense maak die fout om net aan Genesis 1 te dink, en ook dan nog selfs nie mooi te lees wat
3 regtig alles daarin staan nie. Kom ons kyk n oomblik in meer besonderhede na Genesis 1, en daarna ook na ander skeppingsverhale in die Bybel. Genesis 1 Skepping uit niks? Daar staan byvoorbeeld nie dat God alles uit niks geskep het nie. Dit staan ook nêrens in die Bybel nie. Die Hebreeuse woord vir skep (bara) beteken nie skepping uit niks nie (vgl Jes 43:7 waar dit van die Israeliete lui dat elkeen deur die Here geskep is tog nie uit niks nie), en die een teks wat gewoonlik gebruik word vir skepping uit niks sê nie dat God alles uit niks geskep het nie. Dit sê net dat Hy die sigbare dinge uit onsigbare dinge geskep het (Heb 11:3). Onsigbare dinge is nie niks nie. Skepping net deur n bevel? Verder staan daar nie in Genesis 1 dat God alles net deur die woord ( n bevel) geskep het nie. Hy beveel nie dat daar plante moet wees soos Hy beveel het dat daar lig moet wees nie. Hy beveel die aarde om plante voort te bring, en dan doen die aarde dit (1:11-12). Dis nie meer skepping net deur die woord nie. Hy sê nie net en dan is die ding daar soos in die geval van lig nie. Dis n bevel aan iets om iets anders voort te bring. Later beveel Hy weer die aarde om diere voort te bring, maar dan maak Hy hulle tog self (1:24-25). Dis n derde vorm van skepping deur n bevel. Een keer beveel Hy net en die lig is daar, die volgende keer beveel Hy die aarde om plante voort te bring en die aarde doen dit, en die derde keer beveel Hy die aarde om diere voort te bring, maar dan doen Hy dit self. Genesis 1 het n baie ingewikkelder en interessanter struktuur as wat ons so maklik raaksien.
4 Genesis 1 vertoon ook telkens n dubbelheid in die skeppingswerk van God. Ons lees dat Hy beveel dat daar ligte moet wees, maar ook dat Hy die ligte maak (1:14-16). Dieselfde gebeur by die skepping van die gewelf (1:6-7). Dit is natuurlik heeltemal anders as by die skepping van lig, waar Hy net beveel en nie daarna ook nog iets doen nie. Skepping deur skeiding Verder is daar ook n interessante beskermingsverhaal in Genesis 1 opgeneem. Ons kry telkens die woord skei (1:4, 6, 7, 14, 18, verder ook in v 9 geïmpliseer) en dis belangrik om op te let wat van wat geskei word. Die duisternis word afgeskei van die lig, die waters bo die gewelf word afgeskei van die waters onder die gewelf, die waters op aarde word in die vorm van die see afgeskei van die land (v 9), en die nag word afgeskei van die dag. Wat is hier aan die gang? Uit die res van die Bybel weet ons dat die donker of duisternis, die water daarbo, en die *see negatief beleef word en gevaarlik is. Die lig, die dag en die land is positief en veilig. Dit beteken dat ons alreeds in die skeppingsverhaal lees dat God sy skepping teen gevare beskerm. Dit beteken ook dat daar van die begin af bedreigings vir die skepping en in besonder vir die mens is. Immers, ons lees elders van die *chaosmagte wat alreeds by die skepping deur God verslaan is. Genesis 1 is n merkwaardig ryk hoofstuk! Ander skeppingsverhale Ons kan verder gaan en Genesis 1 en 2 met mekaar vergelyk. Die hele patroon en ook die volgorde in die skeppingswerk van God is heeltemal verskillend. In Genesis 1 word man en vrou saam geskep as die laaste skeppingswerk, maar in Genesis 2 maak God
5 die man aan die begin, en die vrou aan die einde. Die struktuur van ses agtereenvolgende dae kom glad nie in Genesis 2 voor nie. Hier is ook geen voorbeeld van skepping deur die woord ( n bevel) nie. Hier is eenvoudig n ander voorstelling van God se skeppingswerk as in Genesis 1. En as ons na die ander groot weergawes van God se skeppingswerk kyk, soos Psalm 104, kom ons tot dieselfde gevolgtrekking: daar is nie net een manier om die skeppingswerk van God voor te stel nie. Die verskillende skrywers het dit op verskillende maniere gedoen. Dit hoef niemand te ontstel nie. Nie een van hulle het n noukeurige voorstelling probeer gee van presies hoe alles gebeur het nie. Elkeen het n boodskap gebring wat betekenis gehad het in die bepaalde situasie waarin die volk op daardie stadium was. Dink maar net aan Job 38 waar die hele voorstelling die grootheid van God beklemtoon om vir Job te sê dat hy n bietjie nederiger moet wees. Son en maan In hierdie sin het Genesis 1 self besondere boodskappe. Dit erken glad nie die goddelikheid van twee belangrike Babiloniese gode son en maan nie, maar noem hulle sommer twee liggies waarsonder God aanvanklik maklik kon klaarkom selfs nadat die plante geskep is, wat tog duidelik sonlig nodig gehad het. God voorsien self die lig, en maak eers later die twee ligte en dra die funksie om lig te gee dan aan hulle oor. Dit is n vernederende manier om oor twee uiters belangrike Babiloniese gode te praat. Die skrywer wil eintlik daarmee sê dat hulle nie gode is nie, maar n deel van God se skepping wat Hy gebruik soos Hy wil. As hierdie hoofstuk tydens die ballingskap sy finale vorm gekry het, kan n mens aanvaar dit is bedoel as n bemoedigingsboodskap toe die volk in Babilon in ballingskap was: die gode van Babel is nie regtig gode nie.
6 Die ouderdom van die aarde/skepping Omdat daar verskillende voorstellings oor God se skeppingswerk is, is dit nie duidelik presies hoe alles geskep is nie. Daarmee saam moet ons onthou dat natuurwetenskaplikes met waarnemings en eksperimente werk. Dink maar aan die probleem wat sommige Christene aan hierdie wetenskaplikes opdring as hulle kategories beweer dat die Bybel leer dat die aarde net n paar duisend jaar oud kan wees (miskien so of 7 000) terwyl natuurwetenskaplikes met biljoene jare werk en eenvoudige waarnemings dit bevestig. Dink maar net aan sterre wat derduisende ligjare van ons af is. Hoe is dit moontlik dat hulle lig al tot by ons skyn as hulle maar net of jaar gelede geskape is? Kreasioniste (die Christene wat oortuig is alles is omtrent jaar gelede geskep) maak hulleself ongeloofwaardig met allerlei teorieë hieroor, byvoorbeeld dat God hierdie sterre n paar duisend jaar gelede so geskep het dat hulle lig toe al ver op pad was en ons al amper bereik het. n Veranderde wêreldbeeld Miskien moet Christene eerlik erken dat ons nie uit die Bybel presies weet wanneer en hoe alles ontstaan het nie. En miskien moet ons ook erken dat die skrywers van die Bybel n ander *wêreldbeeld as ons gehad het. En hier moet ons nie te gou halt roep nie. Hulle het vas geglo dat die blou lug daarbo n harde koepel is met vensters in waardeur die reën val. Die sterre is klein liggies wat in hierdie koepel vas is. Die aarde staan op pilare of fondamente wat diep ingeplant is in die water onder die aarde. In hierdie watermassa is die doderyk waarheen die dooies gaan. Ons weet vandag dat dit alles baie anders lyk en werk. Maar dit het geen verskil aan ons geloof gemaak nie. In die Middeleeue het die kerk wel gemeen hierdie beeld van die heelal is onveranderlik, en hulle het natuurwetenskaplikes vervolg wat deur waarnemings en
7 eksperimente ander insigte gekry het, byvoorbeeld dat die aarde rond is en dat die aarde om die son draai, en nie die son om die aarde nie. Later moes die kerk maar net sy kop in skaamte laat sak. Adam en Eva Vandag staan ons voor die uitdaging om nie dieselfde fout te herhaal en weer later in skaamte te erken ons was verkeerd nie. Deel van hierdie ou wêreldbeeld was Adam en Eva. As dit deel van die wêreldbeeld van die Bybelskrywers was dat die aarde plat is en op pilare in die oseaan staan, was dit ook deel van hulle wêreldbeeld dat die eerste twee mense omtrent jaar gelede geskep is toe die heelal en die aarde geskep is, dat hulle name Adam en Eva was, en dat alle mense van hulle afstam. Ons kan nie hierdie wêreldbeeld opsny en sekere dele aanvaar en ander nie meer nie. Die bestaan van Adam en Eva as die eerste twee mense wat jaar gelede geskape is, is onafskeidelik deel van hierdie Ou-Testamentiese wêreldbeeld. As n mens n hondjie se stert wil afkap, is dit nie beter om dit stukkie vir stukkie te doen nie, dis eintlik erger. Ons moet die moed bymekaarskraap om te erken dat die mensdom baie ouer as jaar moet wees en dat almal nie noodwendig van een mensepaar afstam nie, al sou dit ook so kon wees. Dit plaas ons voor ernstige vrae, maar dit het die kerk in vroeër eeue ook voor ernstige vrae geplaas toe hulle moes erken dat die duidelike uitsprake in die Bybel van fondamente en pilare en n koepel en vensters nie letterlik waar kan wees nie, maar wel pragtige simboliese waarhede kan bevat. Die pilare of fondamente is die simbool van vastheid en sekerheid, en die vensters in die koepel die oortuiging dat die Here sy hand oor sy skepping hou en reën kan gee of terughou. Die aarde as die middelpunt met die son wat om die aarde draai,
8 het die simboliese betekenis dat dit vir God om die aarde en die mense gaan, dat ons vir Hom belangrik is. Dit sien ons nog duideliker in Jesus, sy groot gawe aan ons. Al moet ons aanvaar dat Adam en Eva nie regtig jaar gelede as die eerste mense bestaan het nie, kan ons nog altyd hulle simboliese waarde behou dat alle mense onder die oordeel van God staan en net deur Christus gered kan word. Ons weet wel een ding: God, dit is Israel se God, is die Skepper van alles. Ons kan die teorieë oor hoe dit gebeur het aan die natuurwetenskaplikes oorlaat, solank hulle nie hul eie grense oorskry en ons probeer oortuig dat die dinge sommer vanself ontstaan en ontwikkel het nie. Alles kon nie vanself ontstaan het nie Daar is oorgenoeg rede om te aanvaar dat daar minstens n vorm van intelligensie by die ontstaan en ontwikkeling van alles betrokke moes gewees het (Intelligent design). Omstandighede moes so delikaat presies wees soos wat dit in werklikheid was om lewe te laat ontstaan dat die moontlikheid van toeval uitgesluit kan word. Dit geld ook van die omstandighede vir die voortbestaan van lewe op aarde. Verder kan die oog nie geleidelik ontwikkel tot dit op n goeie dag kan sien nie, en ook nie die vlerk nie. Darwin se eie teorie van die oorlewing van die bes aangepaste vorme van verandering beteken dat as die oog nie dadelik kon sien of die vlerk dadelik sou kon vlieg nie, dit n verandering was wat sou uitsterf. Maar nou beweeg ons op die vlak van die natuurwetenskappe. Dis onnodig vir gewone Christene. Laat die voorstanders van die verskillende teorieë mekaar maar krities begelei totdat daar meer duidelikheid kom oor hoe die dinge ontstaan en ontwikkel het. Intussen kan gelowiges vashou aan die boodskap van die Bybel dat God alles geskape het, al sê die Bybel nie regtig hoe nie. Natuurwetenskaplikes kan dit dalk eendag vir ons
9 duideliker sê as vandag. Skrywer: Prof Adrio König
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *
OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This
More informationDaniël en die Leeukuil
Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More information1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?
JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle
More informationVERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI
VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê
More informationDie wonder van water *
OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad
More informationJohannes 6:1-15; /07/2014
Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As
More informationDie wind as bron van energie *
OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE
More informationDie atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER
OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE
More informationSpeel met battery elektrisiteit *
OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad
More informationOOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za
More informationTrumpetNet, 31 May 2007
Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through
More informationMaak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:
OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS
More informationSondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13
Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes
More informationDan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël
Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons
More informationWhispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.
Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb
More informationSterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe
1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid
More informationOm die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer
OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative
More informationOm veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *
OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING
More informationGRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE
GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?
More informationFAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions
FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.
More informationAFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3
Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,
More informationMATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3
MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121
More informationFamiliediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21
Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy
More informationDepartment of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG
More informationen dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed
Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n
More informationPlekwaardes van heelgetalle *
OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4
More informationBEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson
BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En
More informationWat is vaskulêre demensie?
PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand
More informationDie Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:
1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:
More informationJohannes 14: /08/2014
Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die
More informationDeuteronomium 8: /01/2014
Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig
More informationTrigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *
OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the
More informationPragtige Koningin Ester
Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationTOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION
TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/
More informationDepartment of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG
More informationINGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210
More informationIN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21
IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..
More informationJan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:
Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,
More informationDie boek Job en lyding
Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons
More informationCourses for March 2012
Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop
More information2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.
Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps
More informationUNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:
More informationKom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3
Maart 2010 Nommer 88 Kom luister en dink saam! Het u onlangs na die nuwe webwerf (www.christelikebiblioteek.co.za) gekyk? Ek hoop u is saam met ons opgewonde oor die nuwe moontlikhede wat dit ons bied
More informationMusiek: Toets jou kennis *
OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4
More informationOESFEES. Oktober 2016
1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,
More informationSteek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit
More informationVINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD
VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD n Paar wenke: Hierdie volledige patrone en instruksies word gratis van ons webwerf afgelaai. Dit is oorspronklike patrone deur Pauline Matthee (met inspirasie
More informationNaam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!
1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril
More informationDIE KONING IS OP PAD n Kersspel
1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger
More informationDepartment of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,
More information4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning
4 Operasies Op Data 4.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doelwitte: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die 3 kategorieë van operasies wat op data uitgevoer word. Voer unêre
More informationAtoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *
OpenStax-CNX module: m39158 1 Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding * Free High School Science Texts Project Based on Atomic combinations: Electronegativity and ionic bonding by Free
More information, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.
JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar
More information1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23
1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.
More information*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.
Les 4 Goddelike Wysheid *17 23 Januarie SABBATMIDDAG Lees vir Hierdie Week se Studie: Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Geheueteks: Die Here het my berei as
More informationJESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20
JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se
More informationWat is elektrisiteit? *
OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS
More informationslaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.
SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant
More informationDie Entrepreneur * Siyavula Uploaders
OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
More informationLAERSKOOL HELDERKRUIN
LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2
More informationPRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS
PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces
More informationMaar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit
Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het
More informationKom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die
K/C 122.1543 c c 123/93 onca ^ 68 M J BORNMAN wys watter band, die "copy" van daardie band is. Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik eenkant. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium
More informationDie Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016
1 Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Gratis Fliekaand, Vrydag, 28 Julie 2016, in die Jeugsaal, bring sop en komberse en kom geniet die aand saam met ons! Ons gaan die fliek
More informationHandleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel
Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies
More informationDaar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang
10:51 18 JUNIE 1992 233 KASSET 2 5A Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Honderd persent, dankie. --ooo-- Luitenant Schoeman, kom verby(?). --ooo-- ^ 0:51 Enigiemand wat my kan help, wat is die
More informationDIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET
DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie
More informationJeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.
Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons
More informationClasswork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag
Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die
More informationDie Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:
Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld
More informationTrigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)
OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work
More informationDIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING
More informationVandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories
Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die
More informationGod is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.
Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:
More information-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!
ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE
More informationSetting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis
PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit
More informationPsalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.
Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013 Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die
More informationMET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM
MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.
More informationte trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.
WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen
More informationPastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal
1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring
More informationUNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323
Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.
More informationWeek 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14
0 Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2 Markus 11:15-19 Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6 1 Samuel 20:24-34 Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10 Genesis 45:1-16 Week 4 genoeg? Bladsy 14 Lukas 10:38 42 Week 5 - Ruim
More informationOndersoek twee-dimensionele vorms *
OpenStax-CNX module: m30779 1 Ondersoek twee-dimensionele vorms * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad
More informationWIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK
LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die
More informationsodat jy as leier vertroud is daarmee.
Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep
More informationLEIERSKAP 1 LEIERSKAP
LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]
More informationIN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?
V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN
More informationDIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID
DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat
More informationIs Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1
Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou
More informationPreek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.
Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se
More informationDissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha
Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ
More informationSing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)
Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang
More information(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE
More informationBuite Die Laer Uitgaan
BUITE DIE LAER UITGAAN 1 Buite Die Laer Uitgaan ` Laat ons net n oomblik bly staan. Dierbare God, ons is dankbaar teenoor U vir hierdie nog n voorreg om in die huis van God te staan en die lewende God
More informationDIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON
DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON 1 DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON ` Laat ons ons hoofde buig. Here, soos ons hierdie mooi Paasoggend hier bymekaar kom, kyk hoe die botseltjies hulle pad oopbeur, die bye wat
More informationWat is Christelike Wetenskap?
Wat is Christelike Wetenskap? Uitgestuur aan kerkrade op versoek van die CO-deputate van Sinode 2006 n Kort antwoord op hierdie vraag is dat dit Bybelgefundeerde wetenskap is. Wat is dan Bybelgefundeerde
More informationGod se beloftes in voorbidding
God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.
More informationDESPERAATHEDE 1. Desperaathede
DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons
More informationsonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag
More informationSemiotiese ontleding van Daniël 2
Marius Nel Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus) Abstract A Semiotic analysis of Daniel 2 In an accompanying article the method of semiotics is described and applied in relation to Daniel 1. In
More information