Johannes 14: /08/2014

Size: px
Start display at page:

Download "Johannes 14: /08/2014"

Transcription

1 Johannes 14: /08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die fliek gaan oor n meisie wat vir haar ouers laat weet dat sy wanneer sy weer huis toe kom vir n naweek, sy haar nuwe boyfriend gaan saam bring. Wat sy nie vir haar ouers gesê het nie en wat hulle nie in hulle wildste drome voorsien het nie, was dat haar nuwe kêrel, swart was. Dit was n skreeu snaakse fliek. Maar ek wil nie vanoggend met julle oor die fliek praat nie. Dis net dat die titel van die fliek my aan iets anders laat dink het... en glo dit as jy wil dit het my aan die hemel laat dink. Jy t reg gehoor die titel van die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, het my aan die hemel laat dink. Iemand het 1x gesê dat daar in die hemel net 2 verassings wees en dit is - wie daar is en wie nie daar is nie Met dit en die titel van die fliek in gedagte, wil ek vanoggend vra, Guess who s not coming to dinner? Raai wie gaan eendag nie aan die hemelse tafel aansit nie? Die gedeelte wat ons gelees het begin waar Jesus vir Sy dissipels sê, Julle moet nie ontsteld wees nie. En dadelik wonder ons - waarom het Jesus so gesê? n Mens sê tog so iets n.a.v. iets waaroor julle gepraat het Ek en jy kan bv. oor die landsituasie of oor die wêreldekonomie praat of ek kan jou in die hospitaal besoek en ons praat oor wat die dokter gesê het en nadat ons oor n klomp goed gepraat het, sê ek, ag man, moet jou tog nie so ontstel nie Jesus en Sy dissipels moes dus oor goed gepraat het wat hulle ontstel het en waarop Jesus hulle probeer gerusstel met manne - Julle moet [tog] nie [so] ontsteld wees nie. So wat sou dit wees wat hulle so ontstel het? Die gedeelte voor die gedeelte wat ons gelees het - m.a.w. hfst. 13, gee n hele paar redes waarom die dissipels so ontsteld was... Jesus en Sy dissipels was saam om die paasmaaltyd saam eet. Die paasmaaltyd was n geleentheid waar hulle teruggedink het aan hoe God hulle uit Egipte uitgelei het... En terwyl hulle so kuier en eet, het Jesus n hele paar goed gesê en gedoen wat hulle geweldig ontstel het. Jy kan dit gerus gaan lees... Die ding wat hulle waarskynlik die meeste ontstel het was dat Hy weer vir hulle gesê het dat Hy na die aarde gekom het om te ly en te sterf Hulle wou dit natuurlik nie hoor nie. Hy was hulle beste Vriend. Hulle het hulle hoop op Hom geplaas en buitendien... n lewendige Jesus is baie meer werd as dooie Jesus.

2 Jesus probeer om hulle te bemoedig. Hy sê vir hulle en nou gebruik ek so bietjie my eie woorde nee wat kêrels julle moet julle nie so ontstel nie. Dis nie so erg as wat julle dink nie. Want al gaan Ek weg, gaan ons mekaar eendag weer sien. Hy sê Hy, In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Jesus verseker hulle dat Sy weggaan nie afskeid is nie maar eerder n tot ons weer sien... Hy gaan terug hemel toe en daar gaan Hy vir elkeen wag wat in Hom glo... Elke gelowige sal na sy of haar dood saam met Jesus in die Vaderhuis wees. Joh. 1:12 sê, Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, [dis nou in Jesus] het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Elkeen wat in Hom glo, word in n kind van God en al hierdie kinders van God sal na hulle dood saam met hulle Broer in die Vaderhuis wees... Dis die kern van Jesus se boodskap waarom hulle nie ontsteld moet wees nie. Hulle gaan mekaar weer gaan sien... Dis wat Jesus bedoel as Hy sê, Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Persoonlik dink ek en ek wil nie nou daarop uitbrei nie dat elke mens wat sterf of laat ek liewer sê elke gelowige wat sterf, direk na sy/haar dood by God in die hemel is. Elke gelowige gaan direk na jou dood vir altyd na God toe om saam met Jesus in die Vaderhuis te wees. Net so gaan ongelowiges, onmiddellik na hulle dood na n plek waar hulle vir altyd sonder God sal wees. En dan sal daar 1 finale dag wees wanneer alles op hierdie aarde tot n einde gaan kom. Op daardie dag sal God op die wolke kom om soos die Mt. 25 sê, die skape en bokke van mekaar te skei. Die dissipels hoef dus nie ontsteld te wees nie want hulle gaan mekaar weer sien en dan gaan hulle vir altyd bymekaar wees in die Vaderhuis... Hulle moet net die pad volg wat Hy vir hulle aandui... In vers sê, Glo in God en glo ook in My... Die pad is geloof en Hy het gedink hulle weet dit... Hy sê,...julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan. Julle ken die pad na die Vaderhuis met sy baie wonings... Maar dan is dit asof Tomas n emmer koue water op Jesus omkeer toe hy sê, Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?

3 Ek wonder of Jesus nie lus was om Sy hande in die lug te gooi en te sê, manne, het julle dan niks verstaan van dit waaroor ons die afgelope 3 jaar met mekaar gepraat het nie? Vir 3 jaar was hulle dag en nag saam. Jesus het vir hulle gesê wie Hy is, waar Hy vandaan kom, wat Hy kom doen het en dat Hy een of ander tyd gaan sterf en gaan opstaan uit die dood en dan gaan Hy terug na die Vader toe. En hier kom Tomas en sê, Here, ons ken nie die weg na die Vader nie... ons ken nie die pad hemel toe nie... Miskien was dit hulle Joodse agtergrond wat hulle laat twyfel het of Jesus alleen die weg kan wees... Die Jode het geglo, jy moet besny wees want dit wys jy is deel van God se volk... As jy nie besny is nie so het hulle geglo - kan jy nie in die hemel kom nie. Verder moet elkeen wat hierdie verbondsteken dra, probeer om die wet van God letter vir letter na te kom. Hoe meer jy dit regkry om die wet presies te onderhou, hoe groter is jou kans om in die hemel te kom... Dalk wou Tomas vir Jesus vra sê asb. vir ons wat is reg... Ons het geleer dat die besnydenis baie belangrik is en ons het geleer dat jy die wet letter vir letter moet na kom en nou kom U en sê, Glo in God en glo ook in My... dis die pad na die hemel... dis die pad na Vaderhuis met sy baie wonings. Wie is nou reg? Dis vandag nog vir baie gelowiges n probleem... Ons hoor goed soos, jy moet groot gedoop wees... as jy nie groot gedoop is nie, kan jy nie in die hemel kom nie. Dan is daar weer ander mense wat baie klem lê op spreek in tale as teken dat die Heilige Gees in jou woon en jy gered is... Ander plaas weer klem op goed soos tiendes. As jy nie n tiende gee van alles wat jy het nie, kan jy nie gered word nie. Maar wat sê Jesus? Jesus sê - Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie... Jesus sê - Ek is die Brood wat lewe gee... Jesus sê - Ek is die Lig vir die wêreld... Jesus sê - Ek is die Ingang vir die skape en soos ons verlede week gehoor het - Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook... Het enige iemand nodig om daaroor te twyfel... Die pad na die Vaderhuis met sy baie wonings is deur Jesus... Jy hoef nie te wonder wie gaan eendag in die hemel wees en wie nie... Jy hoef nie te vra, Guess who s not coming to dinner? Die pad na die Vaderhuis met sy baie wonings is Jesus... Dit pla Hom min of jy groot of klein gedoop is... Hy wil ook nie hê dat ek en jy soos die Fariseërs skynheilig moet maak of ons die wet letter vir letter na kom nie. Hy wil hê ons moet in Hom glo... Ons moet Hom liefhê... Hy is die pad.

4 Ek is die weg, sê Jesus... Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Dit gaan dus nie oor hoe goed ek is en/of ek groot gedoop is en/of ek elke maand my tiende van alles gee nie... dit gaan oor of ek die regte pad gevolg het tot aan die einde van my lewe... n Jong Britse atleet met die naam Derek Redmond het in die laat 80er jare die wêreld aan die gons gehad. Op 19 jarige ouderdom het hy die Britse 400m rekord gebreek. Hy sou aan die 1988 Olimpiese Spele in Seoul deelneem, maar toe beseer hy sy achilles tendon en moes hy onttrek. Hy het verskeie operasies ondergaan voor hy weer begin oeen het. Sy oë was toe op die 1992 spele in Barcelona gerig. Op die dag van die semifinaal in Barcelona, was daar mense in die stadion. Sy pa Derek, was ook daar. Hy het nooit n wedloop van hom gemis nie en het daardie dag redelik hoog op die paviljoen gesit... Van die wegspring af, het Derek letterlik vir sy teenstanders begin weghardloop. Dit was van die begin af duidelik dat hy daardie semifinaal ver sou wen wat hom sou laat kwalifiseer het vir die finaal en dalk goue medalje. Net oor die halfpad merk het Derek n harde pop geluid gehoor... dit was nie sy voet nie, maar sy hamstring wat gegaan het. Hy kon nie op die been trap nie en het n paar tree op een been gespring... totdat hy op die baan neergeval het. Mediese personeel het soontoe gehardloop terwyl hy gelê en krul het van die pyn. Ter selfde tyd het sy pa op gespring en desperaat tussen die mense begin deurskuur na onder toe. Hy was net n gewone toeskouer en mag nie op die baan gekom het nie, maar op daardie oomblik het hy aan niks anders gedink as om by sy seun uit te kom nie Al die atlete het by Derek verby gehardloop. Hy het besef dat sy droom van n Olimpiese medalje, verby was. Hy het gesnik soos hy huil en al waaraan hy kon dink was om die wedloop te voltooi. Daar is n uitdrukking tussen atlete wat sê, I don t want to take a DNF. DFN staan vir Did-Not- Finish. Hy het gedink dat hy net nooit in die toekoms langs sy naam t.o.v. die 1992 Olimpiese spele wil sien DFN - Did-Not-Finish. Toe die paramedici die stretcher nader bring het Derek geweier en gesê, ek klim nie op nie. Ek gaan die wedloop voltooi. Hy het homself opgelig en stadig op 1 been begin spring na die wenpaal. Die skare het besef dat hy gaan probeer om die wedloop te voltooi. Almal het opgestaan en hom aangemoedig. Hulle het harder en harder geskreeu... Op daardie stadium

5 het sy pa uiteindelik by die baan gekom... Hy het oor die reëlings gespring, een van die sekuriteitswagte gesystap en na sy seun toe gehardloop met 2 sekuriteitswagte wat hom jaag. Dis my seun daardie, het hy vir hulle geskreeu. Ek gaan hom help. Met nog so 120m oor na die wenpaal, het Jim by sy seun gekom... Hy het sy arm om sy heup gesit en gesê, hier is ek seun... Ek gaan jou help om klaar te maak. Derek het sy arm om sy pa se nek gesit en so het pa en Seun na die wenpaal gespring en gedraf terwyl mense skreeu en klap en juig... n Paar tree van die wenpaal af het Jim vir Derek gelos sodat hy die laaste paar tree alleen oor die wenstreep kan spring. [Weinburg, R. Derek and dad finish Olympic 400 together. ESPN.com, sports.espn.go.com.] Ek en jy is uitgenooi na die hemelse maaltyd... Ons is uitgenooi om na ons dood vir altyd in die Vaderhuis te woon... Maar dan moet ons die regte pad volg... en die pad is Jesus... Hy is die weg en die waarheid en die lewe. Natuurlik sal die duiwel probeer om ons van hierdie pad af weg te kry. Hy doen dit op die snaakste en vreemdste maniere... 1 Pet. 5 sê, hy loop rond soos n brullende leeu opsoek na iets om te verslind... Jesus het self met hom te doen gehad. Hy het probeer om terwyl Jesus op aarde was, Hom van die pad af te kry. Daarom het Jesus voor Sy hemelvaart belowe dat daar na Sy dood Iemand anders gaan kom om vir altyd by ons te wees en ons weet Hy het gekom... Twaalf dae na Jesus se hemelvaart het God die Heilige Gees gekom het om in ons te woon... om God in ons en by ons en met ons te wees. Dit het al baie keer met my gebeur en ek is seker ook met elkeen van julle - as die sonde besig is om jou uitmekaar te skeur soos n hamstring wat gaan en dit verhinder dat jy voluit kan leef, as die sonde besig is om jou van die pad af te dwing sodat jy nie meer op die regte pad wenpaal toe is nie... voel jy net op n stadium n arm om jou of hoor jy n stem wat sê kom ek sal jou help ek sal jou help om die wedloop te voltooi... Al spring jy op 1 been of al is jou lewe halfpad verwoes deur die sonde... sit Hy Sy arm om jou en sê, kom... Hy sal jou n tree of 2 voor die wenpaal los sodat jy alleen oor die wenstreep kan gaan waar Jesus vir jou wag om die oorwinnaarskroon om jou nek te hang en te sê die plek wat jou vir jou gereed gemaak het is klaar... Kom saam met My na die ewige Vaderhuis waar jy vir altyd saam ons gaan woon... waar jy saam ons aan die hemelse feesmaal gaan aansit... Broers en susters... as julle vandag dalk... guess who s not coming to dinner hoef julle oor my nie te wonder nie. Julle gaan my daar kry... omdat ek

6 die Weg ken... omdat ek die Weg liefhet... Daar sal nooit agter my naam staan - DFN He Did-Not-Finish. Ek ken die weg... Ek eet van die brood van die lewe... Hy is My GPS... my lig op my lewenspad... Hy is die Goeie Herder wat op die pad sorg dat ek genoeg kos en water kry. Hy is die Ingang waardeur ek elke dag in en uitgaan sodat ek die lewe in oorvloed kan geniet... Hy is die weg en die waarheid en die lewe. Waarheen is jy op pad? Wat is die roete wat jy volg om daar uit te kom? Is jy gefokus om die wedloop te voltooi en die oorwinnaarskroon te ontvang - of gee jy nie om dat daar na jou dood agter jou naam geskryf word... DFN - Did-Not-Finish. Dis nie nodig nie... Die Pad is oop... Daar is kos... daar is Lig... Daar is hulp... Amen.

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

GAAN VERTEL MY DISSIPELS GAAN VERTEL MY DISSIPELS, Dit is n voorreg, inderdaad, om na die huis van God in hierdie vroeë môre te kom, en ons Here te aanbid, ons opgewekte Christus. O, was Ek het net n rukkie terug ingekom. Ons

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Buite Die Laer Uitgaan

Buite Die Laer Uitgaan BUITE DIE LAER UITGAAN 1 Buite Die Laer Uitgaan ` Laat ons net n oomblik bly staan. Dierbare God, ons is dankbaar teenoor U vir hierdie nog n voorreg om in die huis van God te staan en die lewende God

More information

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON 1 DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON ` Laat ons ons hoofde buig. Here, soos ons hierdie mooi Paasoggend hier bymekaar kom, kyk hoe die botseltjies hulle pad oopbeur, die bye wat

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang 10:51 18 JUNIE 1992 233 KASSET 2 5A Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Honderd persent, dankie. --ooo-- Luitenant Schoeman, kom verby(?). --ooo-- ^ 0:51 Enigiemand wat my kan help, wat is die

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

Maria salf Jesus se voete

Maria salf Jesus se voete Maria salf Jesus se voete Kinders kry die belewenis dat Maria iets kosbaar vir Jesus gegee het en dat hulle ook iets kosbaars vir Jesus kan gee om dankie te sê vir wat Hy vir elkeen van hulle gedoen het.

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS

WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS Die evangelie van Jesus Christus was nooit bedoel om bloot geglo en vertel te word nie. As ons dit regtig glo, moet ons dit ook leef en doen. Die evangelie is bedoel vir

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 107:9, 10 (p. 535) 9 Angs was daar by verfloudheid, / maar hul geroep het God verhoor in die benoudheid, / met wending van hul

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond Shama Ministries 2017 Bladsy 1 Voorblad Hettie Erasmus Jesaja volgens Rafael INHOUD Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond... 6 Inleiding... 6 Hoofstuk Een... 10 My verstaan

More information

Die liggaamlike opstanding van Jesus

Die liggaamlike opstanding van Jesus Die liggaamlike opstanding van Jesus Inhoudsopgawe (Hou control in, plaas pyltjie op die onderwerp wat jou interesseer en links-kliek op die muis vir direkte toegang. Kom terug na Inhoudsopgawe deur Ctrl

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

18 Junie :02-11:54

18 Junie :02-11:54 B O IP A T O IM G K A S S F T T F 18 Junie 1992 09:02-11:54 Lanierkassette 2 4A, 2 5A, 2 6A Volume 3 (Bladsye 164-265) VLOK OPNAMENS EN TRANSKRIPSIES BK REG. NO. CH89/21241/23 18JUNIE 1992 164 KASSET 2

More information

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin- Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER .-- v *>?*; (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^82/85 DELMAS 1986-03-06 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSORE; MNR. W.F. KRUGEL

More information

KARAKTERS. CRUELLA DE VIL Deur mekaar, rook baie en skree as sy praat Two and n half men vrou verslaaf Dexter s Laboratory Kort en slim

KARAKTERS. CRUELLA DE VIL Deur mekaar, rook baie en skree as sy praat Two and n half men vrou verslaaf Dexter s Laboratory Kort en slim 7 1 KARAKTERS MAN STEM VROU STEM UGLY BETTY Baie slim en lelik SCOFIEL Aantreklik, bietjie dom KIND 1 Oor rond haar woorde KIND 2 Kaapse aksent AMANDA Soos in die Ugly Betty MARC Soos in Ugly Betty CRUELLA

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD n Paar wenke: Hierdie volledige patrone en instruksies word gratis van ons webwerf afgelaai. Dit is oorspronklike patrone deur Pauline Matthee (met inspirasie

More information

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3 Maart 2010 Nommer 88 Kom luister en dink saam! Het u onlangs na die nuwe webwerf (www.christelikebiblioteek.co.za) gekyk? Ek hoop u is saam met ons opgewonde oor die nuwe moontlikhede wat dit ons bied

More information

2 DIE GESPROKE WOORD 7 Die president van^die internasionale president, Broer Shakarian, het ek bekend mee geword baie jare gelede. Baie van julle weet

2 DIE GESPROKE WOORD 7 Die president van^die internasionale president, Broer Shakarian, het ek bekend mee geword baie jare gelede. Baie van julle weet WIE IS JESUS? 1 WIE IS JESUS? Soos ek, wat ons gehad het, sover, n ware gastronomiese ` jubileum, met hierdie lekker ontbyt wat ons gehad het; gewoonlik is dit n stukkie koue rolletjie en bietjie konfyt

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE

More information

KWARTAAL Nr. 39. Kix-UK speel lekker met die mini s! Links: AnnaMarie de Klerk van Kix Malawi.

KWARTAAL Nr. 39. Kix-UK speel lekker met die mini s! Links: AnnaMarie de Klerk van Kix Malawi. Nr. 39 KWARTAAL 2 2017 n Paar van Oudtshoorn-Noord se Kixmaats maak sports met die skêrtjies wat hulle gekry het nadat almal saam R600 ingesamel het. Kyk net hoe oulik is die potloodsakkies versier! Kix-UK

More information

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA 1988-04-22 DIE STAAT teen PATRICK MABUYA 3ALEKA EN 21 '&' ANDER VOOR: SY SDEL3 REGTER VAN DIJKHORST^

More information

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Dirkie Liturg Liturg Seëngroet Gebed Liturg Oproep tot lof Gister was vir my n slegte dag...kry julle

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

DIE WEG VAN N WARE PROFEET VAN GOD

DIE WEG VAN N WARE PROFEET VAN GOD DIE WEG VAN N WARE PROFEET VAN GOD 1 DIE WEG VAN N WARE PROFEET VAN GOD ` Wel, goeie môre, vriende. Dis n mooi oggend en dis n goeie tyd om hier te wees. Ek is bly om te lewe vanmôre en om weer hier te

More information

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Omdat U ons Vader is Groot in almag bo die skepping

More information

GRATIS Tel : /4114 voute S H M I L Y Deur Laura Jeanne Allen

GRATIS Tel : /4114 voute S H M I L Y Deur Laura Jeanne Allen GRATIS Uitgawe Nr 2 Tel : 013 262 3381/4114 M et groot opgewondenheid is ons weer hier met ons 2de Uitgawe van Die Trompet. Baie dankie aan almal wat n bydrae gemaak het. Ons het van verskillende persone

More information

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: 23. Die Bergrede Matthéüs 5 tot 7: 29 Jesus die Leermeester God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: Jesus

More information

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het

More information

WOF VERDAAG - HOF HERVAT OP 17 MEI 1993

WOF VERDAAG - HOF HERVAT OP 17 MEI 1993 K/C 15.3262 Cc 123/93 4 0 6 UITSTEL/AANSOEK H O F: Ja, die hof sal verdaag tot Maandagoggend nege-uur. WOF VERDAAG - HOF HERVAT OP 17 MEI 1993 m n r VAN PER MERWE: Mag dit u behaag, edele. Die staat wil

More information

ff;? 'Ka M u A. G, K. Z. G. TIP IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) "* SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS

ff;? 'Ka M u A. G, K. Z. G. TIP IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) * SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) "* SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS ff;? 1987-02-18 'Ka DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information