DIE PADONGELUKFONDS. [1] Hierdie is 'n tipiese eis om skadevergoeding in terme van die. Padongelukfondswet, Wet 56 van 1996.

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Die wonder van water *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Wat het u afgeneem by foto 11? -- Foto's 11 en 12 toon die. Ek vra om verskoning vir daardie ene, met die lyk van 'n

CC 123/ B NTTTTiT. between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel. armed, towards Boipatong through the main gate. -- No.

Die wind as bron van energie *

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Wat is vaskulêre demensie?

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA

AANGEHOOR OP: 2 NOVEMBER [1] Die eiser, mnr Hans Kok (Kok) het twee eise teen die verweerder,

TrumpetNet, 31 May 2007

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Speel met battery elektrisiteit *

Kan u onthou waar in daardie vertrek_ het die hangkas ge- ^ staan? -- Ek kan nie onthou nie.


En waar het julle die woonbuurt verlaat? -- Ek wys by. Is dit die westelike, wys u by die westelike punt van

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Johannes 14: /08/2014

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Wat is elektrisiteit? *

Daar by die voorhuis.

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Pragtige Koningin Ester

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die

VOORSLAG ONTWIKKELINGSKORPORASIE (EDMS) BPK RUIL 'N PLAAS (EIENDOMS) BEPERK

ff;? 'Ka M u A. G, K. Z. G. TIP IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) "* SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

in Maartmaand, sou u daarvan onthou? -- dit sal ek onthou. En daar is ook getuienis hier dat indien n persoon nota's

WOF VERDAAG - HOF HERVAT OP 17 MEI 1993

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Plekwaardes van heelgetalle *

Landdros van genoemde distrik in die teenwoordigheid van F. V. Waldeck (hierna die tolk genoem) as tolk en niemand anders

CC 123/ S MOGATSANI alias MOKOENA. U edele, die staat roep Samuel Mokoena. Dit het betrekking op aanklag 90. Op die akte van beskuldiging

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Johannes 6:1-15; /07/2014

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Deuteronomium 8: /01/2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) (SIEN AKTE VAN BESKULDIGING) AL DIE BESKULDIGDES: ONSKX^DIG

OESFEES. Oktober 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Are those the type of tapes on which one could normally record on both sides? -- Yes. Thank you my lord, I have no further questions.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UITSPRAAK: 14 MEI CLEAVER R: [1] Die beskuldigde, Christopher John Hammers, staan tereg op n aanklag

Musiek: Toets jou kennis *

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

PROVINSIALE AFDELING) PATRICK ~~Bl~-A BALEKL\. EN 21 ANDER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) PRETORIA. PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 A.J.'iDER. DIE STAAT teen: VOOR:

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

U het seker gehoor daarvan? -- Nee, ek het daarvan gehoor u edele. Het u enigsins gepraat met die insittendes of die mense

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

MOTHIBI. ... / cannot

SPRINGSTOWWE BEGRAWE WAS:

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

146. Besl;:. iltr. 6.

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID- AFRIKA

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

AANGEHOOR OP: 1 FEBRUARIE 2008, 22 FEBRUARIE 2008, 25 APRIL 2008, 13 JUNIE [1] Die betrokke applikante is skuldig bevind aan verskeie

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Hein Viljoen Dik en dun, gesirkuleer en afgestroop - kringlope om n gedig van T.T. Cloete

Courses for March 2012

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

1,077. I appear for the family, your Worship, in this matter, my learned friends Mr. Maisel and Mr. Bizos

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

Transcription:

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA /ES (REPUBLIBK VAN SUID-AFRIKA) HAAL DEUR WAT NIE VAN TOEPASSING IS NIE (1) RAPPORTEERBAAR:.MH NEE. (2) VAN BELANG VIR ANDER REGTERS: ^il NEE. (3) HERSIEN. \S HANDTEKENING SAAK NO: 46839/2011 DATUM: IN DIE SAAK TUSSEN RONALD IVOR BOSCH EISER EN DIE PADONGELUKFONDS VERWEERDER UITSPRAAK PRINSLOO, R [1] Hierdie is 'n tipiese eis om skadevergoeding in terme van die Padongelukfondswet, Wet 56 van 1996. [2] Op 2 November 2009, om ongeveer 21:00, en op die N12 hoofweg tussen Klerksdorp en Wolmaransstad, het 'n botsing plaasgevind tussen 'n groen Golf

2 motor bestuur deur die eiser en 'n silwerkleurige Corsa bakkie bestuur deur mnr Jacobs. [3] Die eiser het persoonlike beserings in die botsing opgedoen en hy voer aan dat die alleen-oorsaak van die botsing die nalatigheid van die bestuurder van die versekerde voertuig, mnr Jacobs, was. Hy vorder skadevergoeding van die verweerder in terme van die tersaaklike wetgewing. [4] Voor my, het mnr Van den Berg vir die eiser verskyn en mnr Hattingh vir die verweerder. [5] By die aanvang van die verrigtinge, het die partye gesamentlik aansoek gedoen dat die oorweging van die quantum van die eis geskei word vir latere beregting in terme van die voorskrifte van reel 33(4). Ek het dienooreenkomstig gelas. Kort inleiding en opsomming van die geskilpunte [6] Die N12 is die hoof roete tussen Klerksdorp en Wolmaransstad. Voor die botsing het beide die eiser en mnr Jacobs ("Jacobs") vanaf Klerksdorp in die rigting van Wolmaransstad gery, te wete rofweg van oos na wes. [7] Ongeveer vyf kilometer buite Klerksdorp is daar? n groot kruising waar voertuie vanuit die N12 noord kan draai in Buitekantstraat in na die Alabama woongebied en suid kan draai in Jabulanistraat in die rigting van Jouberton. Die dwars verkeer

3 word deur stoptekens beheer terwyl die voertuie op die N12 die reg van weg het. In die omgewing van die kruising is die pad verbreed sodat daar twee bane verkeer kan beweeg in beide rigtings. f n Entjie ten weste van die kruising vernou die pad weer sodat dit een baan in beide rigtings dra. Ten ooste van die kruising soos f n motoris van Klerksdorp af aankom is daar 'n blinde hoogte en die kruising word sigbaar wanneer die motoris oor die kruin van die bult ry. Die eiser skat die kruising is so 100 meter van die kruin van die bult af en Jacobs skat dat dit ongeveer 200 meter is. Die eiser se weergawe is kortliks die volgende: hy het vroeer die aand by familie in Flamwood in Klerksdorp gaan eet waar hy ook een brandewyn gedrink het. Hy ry toe op die N12 na sy huis toe in Renosterspruit. Dit is ongeveer twintig kilometer buite (en ten weste) van Klerksdorp. Toe hy oor die bult kom sien hy dat daar een of twee voertuie by die kruising staan met flikkerligte wat aan is wat daarop dui dat hulle regs of noord wou draai na Alabama. Hy beweeg toe oor in die linker baan want hy wou nog reguit aanry vir f n klompie kilometer om by Renosterspruit aan te kom. Toe hy langs die stilstaande voertuig of voertuie kom, maar in die linker baan, doem daar skielik f n onbeligte voertuig in die donker voor horn op. Hy het skerp na links geswaai maar 'n botsing met die stilstaande voertuig was onvermydelik. Die Golf het 'n entjie af van die pad af aan die linker kant tot stilstand gekom. Hy het ernstige beserings opgedoen, oorwegend in die vorm van frakture van beide heupe. Dit was donker en daar was geen straatligte

4 by die kruising nie. Daar is wel 'n jaar of twee later straatligte aangebring. Die botsing met die stilstaande onbeligte voertuig, wat dan noodwendig die Corsa bakkie sou moes gewees het, was onvermydelik. [10] Jacobs se weergawe, daarteenoor, was dat hy inderdaad op pad was vanaf Klerksdorp na sy huis in Alabama. Hy ry die pad daagliks na sy werk by Carletonville by die Mpaneng myn en moet dan op pad terug regs draai by die kruising in Buitekantstraat om sy huis in Alabama te bereik. Hy was die enigste motoris wat daar wou regs draai op daardie stadium en het sy flikkerlig dienooreenkomstig geaktiveer. Daar was 'n kar wat van voor af gekom het. Hy was bewus van die ligte van die kar wat van agter gekom het. Net nadat die aankomende voertuig verby is en net voordat hy kon regs draai is sy voertuig van agter aangery deur die voertuig wat van agter gekom het, naamlik die Golf wat die eiser bestuur het. Hy kon niks doen om die botsing te vermy nie. Die botsing het in die regter baan plaasgevind en nie in die linker baan nie. Die kruising was helder verlig deur straatligte. [11] Soos blyk uit die voorgaande, is hierdie dus r n geval waar die onderskeie partye twee direk teenstrydige weergawes aanbied. In so 'n geval het die eiser die bewyslas om die hof te oortuig dat sy weergawe waar is en die van die verweerder vals. Dit word soos volg gestel in National Employers' General Insurance v Jagers 1984 4 SA 437 (OK) op 440D-G:

5 "It seems to me, with respect, that in any civil case, as in any criminal case, the onus can ordinarily only be discharged by adducing credible evidence to support the case of the party on whom the onus rests. In a civil case the onus is obviously not as heavy as it is in a criminal case, but nevertheless where the onus rests on the plaintiff as in the present case, and where there are two mutually destructive stories, he can only succeed if he satisfies the court on a preponderance of probabilities that his version is true and accurate and therefore acceptable, and that the other version advanced by the defendant is therefore false or mistaken and falls to be rejected. In deciding whether that evidence is true or not the court will weigh up and test the plaintiffs allegations against the general probabilities. The estimate of the credibility of the witness will therefore be inexplicably bound up with a consideration of the probabilities of the case and, if the balance of probabilities favours the plaintiff, then the court will accept his version as being probably true. If however the probabilities are evenly balanced in the sense that they do not favour the plaintiffs case anymore than they do the defendant's, the plaintiff can only succeed if the court nevertheless believes him and is satisfied that his evidence is true and that the defendant's version is false." [12] Ek wend my kortliks tot die getuienis. Die getuienis

6 [13] Ronald Ivor Bosch het destyds by W L Ochse Markprodukte in Klerksdorp gewerk. Hy het die aand by sy broer en familie gaan eet in Flamwood en was so teen ongeveer 20:30 of 21:00 op pad huis toe in Renosterspruit ongeveer twintig kilometer buite Klerksdorp. [14] Die groen Golf wat hy bestuur het, het behoort aan die paneelklopper wat besig was om sy eie voertuig te herstel. Bewysstuk "B28" is 'n reeks foto's wat die skade oorwegend aan die regter voorkant van die Golf aantoon. Dit is erge skade. Dit is ook te sien op "B39". [15] "B13" is 'n sketsplan. Die eiser weet nie wie dit opgestel het nie. Dalk het sy broer iets daarmee te doen gehad. Daar is geen handtekening of naam van 'n polisie-offisier op hierdie plan of die sleutel daartoe, "B14" te sien nie. Dit toon drie karre wat by die kruising wag om regs te draai en dan die groen Golf langs die voorste kar wat wil regs draai met die punt van botsing in die linkerbaan. Die sleutel toon dan aan dat die Golf na die botsing vir 14,2 meter skuins na links "gegly" het. [16] Die spoedbeperking by die kruising was 80kpu. Daar was geen straatbeligting nie. Dit is nie 'n geval dat daar ligte was wat buite werking was nie, maar daar was geen ligte nie. 'n Jaar of twee later is daar straatligte aangebring.

"B32" tot "B36" is 'n reeks foto's van die kruising. Dit is in sy teenwoordigheid geneem, ongeveer drie weke na die botsing, en nadat hy uit die hospitaal ontslaan is. Die kruin van die bult ten ooste van die kruising van waar die kruising sigbaar word vir f n motoris wat vanaf Klerksdorp kom, is na skatting ongeveer honderd meter van die kruising af. Hy het nooit die afstand gemeet nie. Toe hy oor die bult kom sien hy een of twee karre met flikkerligte aan by die kruising wat wag om regs te draai. Hy sit toe die Golf se ligte op domp. Hy het ongeveer 60 of 70kpu gery en toe hy die karre sien het hy oorbeweeg na die linker baan. Toe hy in die linkerbaan inbeweeg sien hy 'n stilstaande kar reg voor horn sonder ligte. Dit het na 'n donkerkleurige kar gelyk. Hy het probeer links swaai maar kon die botsing nie vermy nie. Hy het geen ander vermydingsaksie geneem nie. Hy stem saam met sy deskundige, prof Lemmer, se getuienis, waarna ek aanstons sal verwys, dat ligte wat gedomp is 'n voorwerp tot ongeveer vyf en veertig of vyftig meter kan belig. As gevolg van die botsing het die Golf toe na links beweeg af van die pad af en toe hy probeer uitklim het hy erge pyn ervaar. Die mediese personeel wat opgedaag het moes horn help. Daar was frakture aan albei heupe. Hy is per ambulans van die toneel verwyder.

8 [20] "B7" is ook 'n polisie sketsplan. Dit toon die naam en handtekening van die opsteller daarvan en wys dat die punt van botsing in die regter baan was. Dit toon die Golf (voertuig "A") aan die linkerkant af van die pad af en effens verby die Jouberton afdraaipad en die Corsa bakkie anderkant die kruising en regs van die pad af. "B6" is die sleutel tot die plan. Dit bevat ook die handtekening en ander besonderhede van die opsteller daarvan. "B2" tot "B5" is die polisieverslag. Ongelukkig is die polisieman nie as 'n getuie geroep nie en beide partye het op rekord geplaas dat hulle die polisieman nie in die hande kon kry nie. [21] Op "B32", foto's 1 tot 3, is f n oranje kegel geplaas in die linkerbaan soos voertuie van Klerksdorp na Wolmaransstad ry en onmiddellik ten weste van die kegel is daar 'n lang merk wat lyk soos 'n rem merk wat min of meer parallel met die kant van die pad loop. Die eiser se hierdie foto's is geneem in sy teenwoordigheid ongeveer drie tot vier weke na die botsing. [22] In kruisondervraging is dit aan die eiser gestel dat hy na die botsing besope voorgekom het en na sterk drank geruik het. Hy het bevestig dat hy net een brandewyn by sy broer tydens die ete gedrink het. [23] "B25" is 'n handgeskrewe verklaring wat sy broer, Leon Bosch, namens die eiser geskryf het in die teenwoordigheid van die eiser en dit bevat die weergawe soos die eiser dit aan sy broer oorgedra het. Die weergawe wat hierin verskyn verskil

redelik drasties van die een wat die eiser aan die hof voorgele het. 'n Gedeelte van die verklaring lees soos volg: "Omtrent vier kilometer buite die dorp het ek oor f n bult gery en twee voertuie voor my opgemerk. Die een in die regterbaan het aangedui dat hy regs gaan draai. Ek het toe oorbeweeg na die linkerbaan en skielik besef dat die betrokke voertuig stilstaan. Omdat ek nie betyds kon stop nie het ek horn van agter getref. Let wel dat die betrokke baan vir voertuie is wat reguit aan wil beweeg. Hy het geen reg gehad om daar te stop nie. Hy het later aan my bevestig dat hy ook wou regs beweeg." Die eiser was nie van plan om sy broer as 'n getuie te roep nie. Die broer was wel beskikbaar en woonagtig in Klerksdorp. Hierdie weergawe verskil drasties van die een wat in die hof aangehoor is. Hiervolgens het die eiser reeds toe hy oor die bult kom die twee karre langs mekaar by die kruising gesien. Daar word niks gese van 'n gebrek aan straatbeligting of dat die kar in die linker baan nie ligte aan gehad het nie. Die kern van die saak, volgens hierdie weergawe, was dat die linkerkantste kar stilgestaan het terwyl hy eintlik moes beweeg het. Ek voeg by dat prof Lemmer, die deskundige, se opdrag namens die eiser ook was om te bepaal of die Corsa bakkie stilstaande was ten tye van die botsing, wat hy wel gedoen het. Die professor is nie gevra om 'n mening uit te spreek oor waar die punt van botsing was nie.

10 "B15" en "B16" is ook 'n getikte verklaring wat die eiser op 6 Augustus 2010 onder eed geteken het. Ek haal drie tersaaklike paragrawe daaruit aan: "6. Soos ek die interseksie genader het was daar stilstaande voertuie in die regterkantste baan wat verkeer in f n westelike rigting dra, welke verkeer regs in 'n noordelike rigting by Alabama wou indraai. 7. Ek het my voertuig na die linkerkantste baan, dit wil se die mees suidelike baan gestuur, om links verby hierdie stilstaande motorvoertuie te beweeg. 8. Die volgende oomblik het ek reg voor my f n stilstaande motorvoertuig gesien. Hierdie motorvoertuig se ligte was nie aangeskakel nie. Ek het onmiddellik gerem maar was dit onmoontlik om f n botsing met hierdie motorvoertuig te vermy." Hier word gese dat die eiser gerem het terwyl in die hof hy gese het dat hy net links geswaai het. In hierdie verklaring se hy nie dat hy links geswaai het nie. Hy se ook nie dat die kruising geen straatbeligting gehad het nie. Behalwe vir die verskillende weergawes wat die eiser in die hof, in "B15" en "B16" en in "B25" aangebied het, was sy getuienis ook in die volgende opsig uiters onbevredigend en, myns insiens, ongeloofwaardig: hy het volgehou dat daar geen straatligte bestaan het by die kruising nie. Hy was eers verplig om hierdie getuienis te verander toe mnr Hattingh horn in kruisondervraging gewys het op

11 foto's wat te sien is op M B34" en "B35" waar die straatlampe aan beide kante van die pad by die kruising duidelik uitgebeeld word. Soos die eiser self gese het, is hierdie foto's net drie of vier weke na die botsing geneem. Hy moes toe toegee dat daar wel straatlampe was, maar het toe probeer aan die hand doen dat die ligte net nie gewerk het nie. Selfs toe dit in kruisondervraging (voordat hy na die foto's verwys is) aan horn gestel is dat daar op elke hoek van die kruising 'n straatlig was het hy gese dit is onwaar, die ligte is eers agterna opgerig. Dit is onaanvaarbaar en onbevredigend en duidelik valse getuienis. Jacobs se weergawe is aan horn gestel en hy het dit betwis. Hy het ook ontken dat hy die aand met Jacobs gepraat het terwyl hy in "B25", supra, wel gese het dat hy met horn gepraat het. Vir die redes wat ek genoem het, was die eiser se getuienis onbevredigend. Behalwe vir die aspekte wat ek uitgelig het, was hy in die algemeen vaag en ontwykend. In elk geval is sy weergawe inherent onwaarskynlik. Daar is geen logiese rede waarom Jacobs in die linker baan sou stop as hy wou regs draai soos hy vir baie jare alreeds gedoen het toe die botsing plaasgevind het nie. Soos hy al vir baie jare in hierdie ho we doen, het prof Gerald Lemmer indrukwekkende en objektiewe getuienis namens die eiser aangebied. Soos ek reeds gese het, was sy opdrag net om te bereken of die Corsa stilstaande was ten

12 tye van die botsing. Sy opdrag het niks te doen gehad met waar die punt van botsing was nie. Hy is van mening dat die swart rem merk wat by die oranje kegel te sien is niks met die botsing te doen gehad het nie. Hy is ook van mening dat die eiser nie net 60 tot 70kpu gery het nie maar dat hy waarskynlik nader aan lookpu gery het ten tye van die botsing. Die getuie het gewerk op die sketsplan en sleutel wat te vinde is op "B7" en "B6". Dit is die een wat die besonderhede van die polisie bevat. Daarvolgens het die twee karre ongeveer drie en vyftig tree uit mekaar tot stilstand gekom. Die silwerkleurige Corsa sou ook die lig van die aankomende kar goed weerspieel het. Al was die Corsa sonder ligte, sou die eiser dit kon waarneem, met ligte op domp, op 'n afstand van minstens vyf en veertig meter en sou hy waarskynlik betyds kon stop as hy net 60kpu gery het. [29] Die getuienis wat die verweerder sou aanbied dat die wrakstukke van die beskadigde motors in die regterbaan in die omgewing van die punt van botsing gevind is, is nie noodwendig betroubaar nie maar as die grootste konsentrasie van die wrakstukke daar te sien was sou dit die waarskynlikhede versterk dat die botsing daar plaasgevind het. [30] Isak Jacobs, die bestuurder van die Corsa, was die eerste getuie namens die verweerder. Hy werk by die Mpaneng myn by Carletonville en sekere dae van die week gaan hy ook na die Ashanti Gold myn waar hy opleiding in loodgieterwerk

13 gee tussen 15:00 en 19:00 nadat hy sy werksdag van 07:00 tot 15:00 voltooi het. Die dag van die botsing het hy ook opleiding gegee sodat hy die aand eers teruggery het na afhandeling van die klasse. Die Corsa was 'n 2007 model wat hy nuut gekoop het sodat dit slegs ongeveer twee jaar oud was ten tye van die botsing. Dit was in f n goeie toestand en terwyl hy in aantog was, was die hoofligte aangeskakel en het gewerk. Hy sou nie daardie pad in die nag sonder ligte kon aandurf nie. Hy sou nie kon sien waar hy ry nie. Hy ry hierdie pad al vir ongeveer dertig jaar werk toe en terug vanaf 1981. Hy het presies geweet waar hy moes heen gaan en waar hy moes afdraai na Alabama en sy huis toe. Die rede hiervoor spreek vanself. Ongeveer vyftig meter vanaf die kruising het hy die flikkerlig na regs geaktiveer. By die kruising het hy stilgehou. Hy moes wag vir 'n aankomende motor om verby te kom voordat hy na regs kon draai. Daar was geen ander karre wat voor of agter horn stilgehou het by die kruising nie. Daar was ook geen stilstaande onbeligte kar links van horn in die linkerbaan nie. Hy was bewus van die ligte van f n kar wat van agter aankom. Dit was nie moontlik in die nag en onder daardie omstandighede om te skat hoe ver die aankomende kar was nie, en hy het nie verwag dat dit horn van agter sou aanry nie. Nadat die aankomende kar verby is het hy net begin om die regs draai uit te voer toe die botsing plaasvind.

14 Die kruising was helder verlig. Die lamppale is duidelik te sien op "B34" en "B35". Hy ken die kruising al jare. Die beligting is baie goed en die ligte Het daardie aand geskyn. Na die botsing het die voertuie tot stilstand gekom soos dit uitgebeeld word op "B6" en M B7". Die punt van botsing was in die regterbaan net daar waar hy wou regs draai. Hy het ook na die botsing gaan kyk na die plek waar die botsing plaasgevind het en het stukkies glas, 'n nommerplaat en f n gedeelte van een van die karre se stamper daar sien le. Dit is soos dit uitgebeeld word op "B7". Voordat hy na die hospitaal afgevoer is, het sy vrou daar op die toneel opgedaag in die geselskap van 'n vriend, mnr James Green. Hierdie was 'n baie indrukwekkende getuie en ek het geen aarseling om sy getuienis te aanvaar nie. Onder kruisondervraging is hy geensins gediskrediteer nie. Daar is gewag gemaak van die feit dat hy, ten spyte van sy getuienis dat die eiser die botsing veroorsaak het, nooit teen laasgenoemde opgetree het deur bv 'n siviele eis in te stel nie. Hy het gese dat hy dit wel op f n stadium oorweeg het maar die idee toe laat vaar het. Hierdie besluit beinvloed myns insiens nie die kwaliteit van sy getuienis of die inherente waarskynlikhede van die korrektheid daarvan nie. Daar was hoegenaamd geen rede waarom hy horn in die linkerbaan

15 sou bevind as hy al vir baie jare presies dieselfde pad ry en in die regterbaan moet wees om te kan regs draai nie. Hy het ontken dat daar enigiets aan sy maneuver om regs te draai was wat die agtervolgende verkeer, in hierdie geval die eiser, kon verras of in gevaar kon stel. Hy het die heeltyd in die regterbaan beweeg en die flikkerlig reeds op 'n afstand van ongeveer vyftig meter geaktiveer. Hy het geleidelik spoed verminder. Dit was onteenseglik duidelik vir die agtervolgende verkeer dat hy sou regs draai en dat daar? n aankomende kar in aantog was. Die aankomende verkeer van agter het die voordeel van die linkerbaan gehad om aan te ry. Hierdie getuienis word eintlik gestaaf deur die eiser self waar hy in "B25" se dat hy toe hy oor die bult kom die twee karre langs mekaar by die kruising gesien het. Natuurlik was daar, op die oorweldigende waarskynlikhede, nie f n kar in die linkerbaan nie maar die feit is dat die eiser horn nooit bekla het daaroor dat hy bv verras is of in gevaar gestel is deur 'n skielike maneuver aan die kant van Jacobs om onverwags na regs te draai nie. Jan James Andrew Green is die aand deur Jacobs se vrou geskakel en van die botsing vertel. Hy het haar na die botsingstoneel vervoer. Hy ken vir Jacobs. Hulle is mede-ouderlinge by die Christelike Gemeente Internasionaal. By die toneel het hy Jacobs langs sy bakkie aan die regterkant van die pad sien staan. Hy is toe na die Golf waar hy die eiser langs die Golf sien staan het. Hy het gestaan en rook. Die deur van die Golf was toe. Die eiser het teen die Golf geleun. Hy het sterk na drank geruik en dit het gelyk of hy besope is.

16 Sy tong het gesleep. Die getuie kon nie werklik hoor wat die eiser se nie. Die getuie het ook die polisie gevra of hulle die eiser se bloed gaan toets waarop hy meegedeel is dat die eiser in f n ernstige toestand was en dat die bloed nie getrek kon word nie. Die getuie het die toneel van die botsing besoek. Dit was in die regterbaan net waar Jacobs wou regs draai. Wrakstukke het in daardie onmiddellike omgewing gele. Daar was 'n deel van die stamper, f n stuk rubber en glasstukke. Daar was ook 'n nat kol wat moontlik veroorsaak kon gewees het as die Golf se verkoeler gebars het met die botsing as sodanig. Die getuie het met absolute oortuiging gese dat die straatlampe by die kruising gebrand het en dat die beligting baie goed was. As die ligte nie aan was nie, sou hy kwalik die toneel kon bespied en bv kon sien waar die karre staan en hoe dit lyk by die punt van botsing. Hy doen patrolliewerk namens die gemeenskap in die omgewing. As dit sou gebeur dat die ligte nie werk nie sal hy dit rapporteer aan die owerhede. Hierdie betrokke aand het die ligte inderdaad gewerk en was dit "so duidelik soos daglig". Dit is so dat die ligte 'n ruk later nog verder verbeter is en dat daar ook verkeersligte aangebring is. Ek het hierdie getuie ook indrukwekkend en geloofwaardig gevind.

17 [43] Die laaste getuie namens die verdediging was Jacobs se eggenote, Susan Patricia Jacobs. Toe sy by die'toneel aankom het sy eers na haar man toe gestap waar hy by die bakkie gestaan het. Hy het aan haar verduidelik wat gebeur het. Die straatligte het gebrand en was baie effektief en skerp, "soos daglig". Nadat sy met haar man gepraat het is sy na die eiser by die Golf. Die polisie het toe ook daar aangekom. Die eiser het onsamehangend gepraat. Sy het nader gestap en vir horn gese hy ruik na drank en hy lyk besope. Sy het nie gaan kyk na die punt van botsing nie. Die ligte by die kruising was so helder dat sy die eiser duidelik anderkant die pad by sy kar kon sien staan voordat sy daarheen gestap het. [44] Hierdie getuie was ook indrukwekkend en is nie gediskrediteer in kruisondervraging nie. Gevolgtrekking [45] Die eiser het duidelik nie daarin geslaag om die bewyslas te kwyt en aan te toon dat sy weergawe waar is en die van die verweerder vals nie. Wat geloofwaardigheid betref, of die gebrek daaraan, het die eiser ook sleg afgesteek by die getuies van die verweerder. Daarbenewens is die inherente waarskynlikhede ook teen die eiser. Daar is geen rede hoegenaamd waarom Jacobs horn in die linker baan sou bevind nie. Die eiser het nie die toets, soos beskryf in Jagers, supra, geslaag nie.

18 In sy betoog, het mnr Van den Berg die gebreke in die eiser se saak, heel korrek, toegegee. Hy het my egter gevra om 'n geringe mate (20% of 30%) van bydraende nalatigheid aan die kant van Jacobs te vind. Sy betoog in hierdie verband was daarop geskoei dat die geykte gesag daarop dui dat f n motoris wat wil regs draai moet seker maak dat beide die aankomende en agtervolgende verkeer bewus is van sy beoogde maneuver en daarop reageer. Hierdie gesag het, myns insiens, gewoonlik te doen met die geval waar f n motoris regs draai terwyl f n agtervolgende voertuig besig is om horn verby te steek. Hierdie was nie so 'n geval nie. Ek het reeds verduidelik dat Jacobs baie bevredigende getuienis gegee het tot die effek dat hy betyds die flikker na regs geaktiveer het en geleidelik spoed verminder het totdat hy by die kruising gestop het. Daar was niks wat hy kon doen om die botsing te vermy nie. Die linkerbaan was tot die eiser se beskikking. Hy het geen rede gehad om te glo dat die eiser se voertuig sy voertuig van agter sou aanry nie. Daar is geen aanduiding dat die eiser verras is of in gevaar gestel is deur Jacobs se maneuver om regs te draai nie. Trouens, hy se self, op al die verskillende weergawes wat hy aangebied het, dat hy reeds toe hy oor die bult kom kon sien dat 'n kar of karre by die kruising wou regs draai. In hierdie geval sou dit Jacobs gewees het. Die oorwig van die getuienis, onder andere die getuienis van Jacobs self, is dat daar net die een kar was wat sou regs draai.

[47] Onder die omstandighede, het die eiser ook nie daarin geslaag om bydraende nalatigheid aan die kant van Jacobs, op sy eie weergawe, te bewys nie. Die eis kan dus nie slaag nie. Die bevel [48] Ek maak die volgende bevel: 1. Die eis word van die hand gewys. 2. Die eiser word gelas om die koste te betaal. 46839-2011 W R C PRINSLOO REGTER VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF GEHOOR OP: 13 EN 14 AUGUSTUS 2012 VIR DIE EISER: J P VAN DEN BERG IN OPDRAG VAN: ADAMS & ADAMS VIR DIE VERWEERDER: J H P HATTINGH IN OPDRAG VAN: TSEBANE MOLABA ING