Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Die wonder van water *

Johannes 6:1-15; /07/2014

Die wind as bron van energie *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Speel met battery elektrisiteit *

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

TrumpetNet, 31 May 2007

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Plekwaardes van heelgetalle *

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Wat is vaskulêre demensie?

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Johannes 14: /08/2014

Deuteronomium 8: /01/2014

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Pragtige Koningin Ester

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Die boek Job en lyding

Courses for March 2012

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Musiek: Toets jou kennis *

OESFEES. Oktober 2016

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Wat is elektrisiteit? *

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

LAERSKOOL HELDERKRUIN

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Kom ons laat die tydskedule net vir die huidige oomblik. Kan u vir die hof sag of u op daardie stadium van die

Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)


Buite Die Laer Uitgaan

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Wat is Christelike Wetenskap?

God se beloftes in voorbidding

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

Semiotiese ontleding van Daniël 2

Transcription:

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie Baie Christene is oortuig dat hulle eenvoudig moet kies tussen skepping of evolusie. As hulle getrou wil wees aan die Bybel, aanvaar hulle dat God alles in ses dae uit niks gemaak het, en verwerp evolusie. Dit is egter n oorvereenvoudiging van die probleem. Ons sal eers duidelikheid moet kry oor wat ons met skepping bedoel, en wat met evolusie. Vorme van evolusie Evolusie gaan oor die wyse waarop die werklikheid tot stand gekom en ontwikkel het. Daar is eintlik drie groot terreine: die ontstaan van die werklikheid, die ontstaan van lewe, en die ontwikkeling van lewe van eenvoudiger na ingewikkelder vorme. Die teorie van Charles Darwin raak net die derde saak, die ontwikkeling van eenvoudige na ingewikkelde vorme van lewe. Oor hierdie saak is daar meer as een teorie. Darwin aanvaar dat lewe ontwikkel deur klein, willekeurige veranderings in n spesie wat die spesie in staat stel om beter aan te pas by die omgewing the survival of the fittest. Lamarck het gemeen die veranderings is sinvolle reaksies op die omgewing, soos n kameelperd waarvan die nek geleidelik langer geword het om die hoë boomblare by te kom. Hoyle aanvaar dat die ontwikkelings sprongsgewys plaasvind (die Saltasieteorie). Daar is skynbaar sterk getuienis dat n spesie baie lank onveranderd voortbestaan en dan skielik dramaties verander.

Reaksies van Christene Christene gaan op drie verskillende maniere met hierdie teorieë om. Daar is die kreasioniste (*Kreasionisme) wat in beginsel enige vorm van evolusie verwerp behalwe kleiner ontwikkelings binne n spesie. Hulle sal aanvaar dat perde geleidelik groter kon geword het, of die kameelperd se nek langer, maar nie dat een spesie uit n ander kon ontwikkel het nie. God het die verskillende soorte lewe geskep, en daar is geen oorgange van een spesie na n ander moontlik nie. Daar is ook progressiewe kreasioniste wat net die ingryping van God op bepaalde beslissende punte aanvaar soos die skepping van lewe en die skepping van die siel, en verder oop is vir teorieë oor hoe lewe ontwikkel het van eenvoudige na saamgestelde vorme. Maar daar is ook Christene wat aanvaar dat enige evolusieteorie geldig kan wees solank dit nie lui dat God nie by die proses betrokke was nie. Hulle meen dat natuurwetenskaplike teorieë nie n uitspraak kan maak oor God se betrokkenheid nie omdat hulle met waarnemings en gevolgtrekkings en met eksperimente werk, en die betrokkenheid van God by die skepping nie waargeneem of eksperimenteel as geldig of ongeldig uitgemaak kan word nie. Hoe het God geskep? Terwyl daar dus onder Christene ook verskillende sienings oor evolusie is, is dit goed om n oomblik te vra presies wat ons onder skepping verstaan. Daar is n oorvereenvoudigde siening, en dit is dat God in ses dae net deur bevele ( deur die woord ) alles uit niks geskep het. Dit is oorvereenvoudig omdat daar verskillende voorstellings in die Bybel oor die skeppingswerk van God is. Mense maak die fout om net aan Genesis 1 te dink, en ook dan nog selfs nie mooi te lees wat

regtig alles daarin staan nie. Kom ons kyk n oomblik in meer besonderhede na Genesis 1, en daarna ook na ander skeppingsverhale in die Bybel. Genesis 1 Skepping uit niks? Daar staan byvoorbeeld nie dat God alles uit niks geskep het nie. Dit staan ook nêrens in die Bybel nie. Die Hebreeuse woord vir skep (bara) beteken nie skepping uit niks nie (vgl Jes 43:7 waar dit van die Israeliete lui dat elkeen deur die Here geskep is tog nie uit niks nie), en die een teks wat gewoonlik gebruik word vir skepping uit niks sê nie dat God alles uit niks geskep het nie. Dit sê net dat Hy die sigbare dinge uit onsigbare dinge geskep het (Heb 11:3). Onsigbare dinge is nie niks nie. Skepping net deur n bevel? Verder staan daar nie in Genesis 1 dat God alles net deur die woord ( n bevel) geskep het nie. Hy beveel nie dat daar plante moet wees soos Hy beveel het dat daar lig moet wees nie. Hy beveel die aarde om plante voort te bring, en dan doen die aarde dit (1:11-12). Dis nie meer skepping net deur die woord nie. Hy sê nie net en dan is die ding daar soos in die geval van lig nie. Dis n bevel aan iets om iets anders voort te bring. Later beveel Hy weer die aarde om diere voort te bring, maar dan maak Hy hulle tog self (1:24-25). Dis n derde vorm van skepping deur n bevel. Een keer beveel Hy net en die lig is daar, die volgende keer beveel Hy die aarde om plante voort te bring en die aarde doen dit, en die derde keer beveel Hy die aarde om diere voort te bring, maar dan doen Hy dit self. Genesis 1 het n baie ingewikkelder en interessanter struktuur as wat ons so maklik raaksien.

Genesis 1 vertoon ook telkens n dubbelheid in die skeppingswerk van God. Ons lees dat Hy beveel dat daar ligte moet wees, maar ook dat Hy die ligte maak (1:14-16). Dieselfde gebeur by die skepping van die gewelf (1:6-7). Dit is natuurlik heeltemal anders as by die skepping van lig, waar Hy net beveel en nie daarna ook nog iets doen nie. Skepping deur skeiding Verder is daar ook n interessante beskermingsverhaal in Genesis 1 opgeneem. Ons kry telkens die woord skei (1:4, 6, 7, 14, 18, verder ook in v 9 geïmpliseer) en dis belangrik om op te let wat van wat geskei word. Die duisternis word afgeskei van die lig, die waters bo die gewelf word afgeskei van die waters onder die gewelf, die waters op aarde word in die vorm van die see afgeskei van die land (v 9), en die nag word afgeskei van die dag. Wat is hier aan die gang? Uit die res van die Bybel weet ons dat die donker of duisternis, die water daarbo, en die *see negatief beleef word en gevaarlik is. Die lig, die dag en die land is positief en veilig. Dit beteken dat ons alreeds in die skeppingsverhaal lees dat God sy skepping teen gevare beskerm. Dit beteken ook dat daar van die begin af bedreigings vir die skepping en in besonder vir die mens is. Immers, ons lees elders van die *chaosmagte wat alreeds by die skepping deur God verslaan is. Genesis 1 is n merkwaardig ryk hoofstuk! Ander skeppingsverhale Ons kan verder gaan en Genesis 1 en 2 met mekaar vergelyk. Die hele patroon en ook die volgorde in die skeppingswerk van God is heeltemal verskillend. In Genesis 1 word man en vrou saam geskep as die laaste skeppingswerk, maar in Genesis 2 maak God

die man aan die begin, en die vrou aan die einde. Die struktuur van ses agtereenvolgende dae kom glad nie in Genesis 2 voor nie. Hier is ook geen voorbeeld van skepping deur die woord ( n bevel) nie. Hier is eenvoudig n ander voorstelling van God se skeppingswerk as in Genesis 1. En as ons na die ander groot weergawes van God se skeppingswerk kyk, soos Psalm 104, kom ons tot dieselfde gevolgtrekking: daar is nie net een manier om die skeppingswerk van God voor te stel nie. Die verskillende skrywers het dit op verskillende maniere gedoen. Dit hoef niemand te ontstel nie. Nie een van hulle het n noukeurige voorstelling probeer gee van presies hoe alles gebeur het nie. Elkeen het n boodskap gebring wat betekenis gehad het in die bepaalde situasie waarin die volk op daardie stadium was. Dink maar net aan Job 38 waar die hele voorstelling die grootheid van God beklemtoon om vir Job te sê dat hy n bietjie nederiger moet wees. Son en maan In hierdie sin het Genesis 1 self besondere boodskappe. Dit erken glad nie die goddelikheid van twee belangrike Babiloniese gode son en maan nie, maar noem hulle sommer twee liggies waarsonder God aanvanklik maklik kon klaarkom selfs nadat die plante geskep is, wat tog duidelik sonlig nodig gehad het. God voorsien self die lig, en maak eers later die twee ligte en dra die funksie om lig te gee dan aan hulle oor. Dit is n vernederende manier om oor twee uiters belangrike Babiloniese gode te praat. Die skrywer wil eintlik daarmee sê dat hulle nie gode is nie, maar n deel van God se skepping wat Hy gebruik soos Hy wil. As hierdie hoofstuk tydens die ballingskap sy finale vorm gekry het, kan n mens aanvaar dit is bedoel as n bemoedigingsboodskap toe die volk in Babilon in ballingskap was: die gode van Babel is nie regtig gode nie.

Die ouderdom van die aarde/skepping Omdat daar verskillende voorstellings oor God se skeppingswerk is, is dit nie duidelik presies hoe alles geskep is nie. Daarmee saam moet ons onthou dat natuurwetenskaplikes met waarnemings en eksperimente werk. Dink maar aan die probleem wat sommige Christene aan hierdie wetenskaplikes opdring as hulle kategories beweer dat die Bybel leer dat die aarde net n paar duisend jaar oud kan wees (miskien so 6 000 of 7 000) terwyl natuurwetenskaplikes met biljoene jare werk en eenvoudige waarnemings dit bevestig. Dink maar net aan sterre wat derduisende ligjare van ons af is. Hoe is dit moontlik dat hulle lig al tot by ons skyn as hulle maar net 6 000 of 7 000 jaar gelede geskape is? Kreasioniste (die Christene wat oortuig is alles is omtrent 6 000 jaar gelede geskep) maak hulleself ongeloofwaardig met allerlei teorieë hieroor, byvoorbeeld dat God hierdie sterre n paar duisend jaar gelede so geskep het dat hulle lig toe al ver op pad was en ons al amper bereik het. n Veranderde wêreldbeeld Miskien moet Christene eerlik erken dat ons nie uit die Bybel presies weet wanneer en hoe alles ontstaan het nie. En miskien moet ons ook erken dat die skrywers van die Bybel n ander *wêreldbeeld as ons gehad het. En hier moet ons nie te gou halt roep nie. Hulle het vas geglo dat die blou lug daarbo n harde koepel is met vensters in waardeur die reën val. Die sterre is klein liggies wat in hierdie koepel vas is. Die aarde staan op pilare of fondamente wat diep ingeplant is in die water onder die aarde. In hierdie watermassa is die doderyk waarheen die dooies gaan. Ons weet vandag dat dit alles baie anders lyk en werk. Maar dit het geen verskil aan ons geloof gemaak nie. In die Middeleeue het die kerk wel gemeen hierdie beeld van die heelal is onveranderlik, en hulle het natuurwetenskaplikes vervolg wat deur waarnemings en

eksperimente ander insigte gekry het, byvoorbeeld dat die aarde rond is en dat die aarde om die son draai, en nie die son om die aarde nie. Later moes die kerk maar net sy kop in skaamte laat sak. Adam en Eva Vandag staan ons voor die uitdaging om nie dieselfde fout te herhaal en weer later in skaamte te erken ons was verkeerd nie. Deel van hierdie ou wêreldbeeld was Adam en Eva. As dit deel van die wêreldbeeld van die Bybelskrywers was dat die aarde plat is en op pilare in die oseaan staan, was dit ook deel van hulle wêreldbeeld dat die eerste twee mense omtrent 6 000 jaar gelede geskep is toe die heelal en die aarde geskep is, dat hulle name Adam en Eva was, en dat alle mense van hulle afstam. Ons kan nie hierdie wêreldbeeld opsny en sekere dele aanvaar en ander nie meer nie. Die bestaan van Adam en Eva as die eerste twee mense wat 6 000 jaar gelede geskape is, is onafskeidelik deel van hierdie Ou-Testamentiese wêreldbeeld. As n mens n hondjie se stert wil afkap, is dit nie beter om dit stukkie vir stukkie te doen nie, dis eintlik erger. Ons moet die moed bymekaarskraap om te erken dat die mensdom baie ouer as 6 000 jaar moet wees en dat almal nie noodwendig van een mensepaar afstam nie, al sou dit ook so kon wees. Dit plaas ons voor ernstige vrae, maar dit het die kerk in vroeër eeue ook voor ernstige vrae geplaas toe hulle moes erken dat die duidelike uitsprake in die Bybel van fondamente en pilare en n koepel en vensters nie letterlik waar kan wees nie, maar wel pragtige simboliese waarhede kan bevat. Die pilare of fondamente is die simbool van vastheid en sekerheid, en die vensters in die koepel die oortuiging dat die Here sy hand oor sy skepping hou en reën kan gee of terughou. Die aarde as die middelpunt met die son wat om die aarde draai,

het die simboliese betekenis dat dit vir God om die aarde en die mense gaan, dat ons vir Hom belangrik is. Dit sien ons nog duideliker in Jesus, sy groot gawe aan ons. Al moet ons aanvaar dat Adam en Eva nie regtig 6 000 jaar gelede as die eerste mense bestaan het nie, kan ons nog altyd hulle simboliese waarde behou dat alle mense onder die oordeel van God staan en net deur Christus gered kan word. Ons weet wel een ding: God, dit is Israel se God, is die Skepper van alles. Ons kan die teorieë oor hoe dit gebeur het aan die natuurwetenskaplikes oorlaat, solank hulle nie hul eie grense oorskry en ons probeer oortuig dat die dinge sommer vanself ontstaan en ontwikkel het nie. Alles kon nie vanself ontstaan het nie Daar is oorgenoeg rede om te aanvaar dat daar minstens n vorm van intelligensie by die ontstaan en ontwikkeling van alles betrokke moes gewees het (Intelligent design). Omstandighede moes so delikaat presies wees soos wat dit in werklikheid was om lewe te laat ontstaan dat die moontlikheid van toeval uitgesluit kan word. Dit geld ook van die omstandighede vir die voortbestaan van lewe op aarde. Verder kan die oog nie geleidelik ontwikkel tot dit op n goeie dag kan sien nie, en ook nie die vlerk nie. Darwin se eie teorie van die oorlewing van die bes aangepaste vorme van verandering beteken dat as die oog nie dadelik kon sien of die vlerk dadelik sou kon vlieg nie, dit n verandering was wat sou uitsterf. Maar nou beweeg ons op die vlak van die natuurwetenskappe. Dis onnodig vir gewone Christene. Laat die voorstanders van die verskillende teorieë mekaar maar krities begelei totdat daar meer duidelikheid kom oor hoe die dinge ontstaan en ontwikkel het. Intussen kan gelowiges vashou aan die boodskap van die Bybel dat God alles geskape het, al sê die Bybel nie regtig hoe nie. Natuurwetenskaplikes kan dit dalk eendag vir ons

duideliker sê as vandag. Skrywer: Prof Adrio König