Julie 2018

Size: px
Start display at page:

Download "Julie 2018"

Transcription

1 Charlie I Hoërskool CHARLIE HOFMEYR High 49, CERES / hoof@charlie.org.za Web: Kantoorure: 07:15 15: Julie 2018 UIT DIE KANTOOR Oueraand Daar was teleurstellend min mense wat die oueraand bygewoon het. Baie dankie aan diegene wat dit wel bygewoon het. Ek wil vir u verseker dat ons u teenwoordigheid waardeer. Ons is almal in een groot vennootskap in belang van u kind en daarom is dit vir ons n verdere aanmoediging om ons beste te doen ter wille van u kind se vordering en is ons dankbaar dat u nie apaties staan nie. Ek wil ook vir diegene wat Dinsdagaand nie daar was nie, uitnooi om sulke geleenthede by te woon ter wille van u kind. Dis veral ons matrieks wat daarop moet let dat hul September-eksamen reeds op Woensdag 29 Augustus begin. Hulle daggies raak vinnig baie min en tyd vir speletjies is verby. Terugvoer van sportdag teen Hugenote Ons spanne het goed gedoen teen baie sterk teenstand. Baie geluk aan die eerste netbalspan vir n puik vertoning. Die ander eerste spanne het almal net-net verloor en met eer uit die stryd getree. Ons het hierdie kwartaal nie een maklike wedstryd nie en Hermanus is ook baie gedugte teenstanders. Wedstryde teen Hermanus Ek is deeglik bewus van die toestand in Hermanus wat die opstande betref en praat gereeld met hulle sportorganiseerder en die polisie. Hulle het ons die versekering gegee dat alles onder beheer is en dat die opstande tans beperk is tot buite die Hermanus gebied. Die busmaatskappy wat ons gebruik, Paarl Rock, ry gereeld in die gebied en hulle is ook op hoogte van sake en kommunikeer gereeld met die polisie. Ons sal nie onverantwoordelike besluite neem en onsself en die Charlies in gevaar stel nie. Baie sterkte aan al die spanne. Dis beslis seker een van die sterkste skole teen wie ons die jaar gaan meeding.

2 Fraserburg Volgende Woensdag vertrek 22 Charlies na die jaarlikse Logan toneelfees op Fraserburg. Charlie Hofmeyr spog vanjaar met twee toneelstukke: Me. Karin Michau en haar groep voer Antie opi hoek op en mnre. Lowe en Geldenhuys se groep voer n Boudjie van my vroutjie op. Wat nogal merkwaardig is, is dat die toneelstuk wat die eerste groep opvoer, die breinkind van Nerine Koopman, hoofmeisie, is. Sy het aanvanklik die stuk geskryf en dit is toe verfyn deur die groep en me. Michau. Die twee stukke word eerskomende Maandagaand in ons skoolsaal opgevoer. Almal is baie welkom. TERUGVOERING Tennis PD Meyer het tydens die vakansie aan die TSA WP wintertoernooi deelgeneem in Rondebosch. Hy het die enkels en dubbels 0/14 gewen. Baie geluk! Hokkiefees U/18 CAPE TOWN INTERNATIONAL HOCKEY FESTIVAL JULY 2018 Charlie Hofmeyr-meisies het die voorreg gehad om na hierdie prestige toernooi genooi te word. Die besluit om nie ons matrikulante saam te neem nie, het vir vyf van ons 0/16- spelers die geleentheid gegee om hul staal te wys, en hulle het elkeen die geleentheid ten volle benut. Elke oggend om 05:30 het ons die 2 en half uur rit aangepak Kaap toe, reg en lus vir n vol dag se hokkie! Dag een het ons Parel Vallei goed gehou en uiteindelik weggestap met 1 elk gelykop. Windhoek Affies het ons verdediging getoets en na n naelbyt 50 minute en n paar verbroude kanse moes ons die aftog blaas en verloor met 1 doel. Bellville was ons eerste wedstryd vir dag twee. Ons het geweet dat dit n harde wedstryd gaan wees. Die span het alles ingesit en verbete gekeer, maar hulle was net eenvoudig die beter span op die veld. Ons tweede wedstryd Donderdag was Curro Durbanville. Nadat hulle vir Hoërskool Outeniqua 4-1 geklop het, het ons geweet dat ons geen gunste moet verwag nie. Charlies het alles gegee, en ons het vriend en vyand verbaas toe ons met 3-1 as oorwinnaars van die veld stap. Vrydag was maak of breek. Ons en Hoërskool Outeniqua het n wen gejaag! Die wenner van ons wedstryd sou tweede in ons groep eindig en die verloorder vyfde. Outeniqua het ons vinnig verras met n aanval en gou n telling op die bord gesit. Alhoewel ons alles probeer het, stap Outeniqua weg met n oorwinning en ons moet uitspeel vir 9-12 posisie. Sondagoggend vyfuur val ons in die pad, nog twee wedstryde wag vir ons; DF Malan Invetational is sommer eerste! Die lywe is seer, bene is moeg en voete het al blase, maar gaan lê, is nie n opsie nie. Gou is DF Malan 3-0 voor. Die span moet kies; gaan DF ons weer n hokkieles gee, of gaan ons terugveg? Charlies grawe diep en sit gou n telling op die bord, sekondes oor en ons kry n hoekie, nou of nooit! Ons trek almal in die sirkel, en forseer DF op die agtervoet. Ons kry n doel en verloor 3-2, maar stap as wenners van die veld. Durbanville was ons tweede wedstryd. Albei spanne veg verbete, ons kamp in hul helfte en verbeur twee kanse, hulle breek deur en kry teen die verloop van die spel n doel. Teen rustyd is hulle 2-0 voor, maar hierdie jong Charlie-spannetjie met n gemiddelde ouderdom van net oor 15 toon weereens dat hul vegters is. Ons teken vinnig n doel aan en vir die volgende 15 minute moet Durbanville keer so hard hul kan, maar nog n doel ontwyk ons en ons verloor 2-1.

3 Hierdie was n harde leerskool. Charlies het hul merk gemaak. Ons het ons man gestaan teen groot name en baie mense verras met ons veggees, goeie sportmangees en briljant hokkie. Ons hoop van harte dat ons volgende jaar weer sal deelneem as ons genooi word. Uitslae: Charlies 1 VS 1 Parel Vallei Charlies 1 VS 2 Windhoek Affies Charlies 1 VS 5 Bellville Charlies 3 VS 1 Curro Durbanville Charlies 0 VS 4 Outeniqua Charlies 2 VS 3 DF Malan Invitational Charlies 1 VS 2 Durbanville Charlies eindig 12de! Muurbal 1ste Meisies vs. Paarl Gim wen de Seuns vs. Fairbairn wen 12-3 Hugenote Meisieshokkie: Seunshokkie: 18A verloor A verloor B wen B wen A wen A wen B wen B verloor A verloor A wen 1-0 Rugby 19A verloor B verloor A verloor A verloor A wen B wen C verloor 5-22 Netbal 18A wen A wen B wen B wen C verloor C wen A verloor D wen B gelykop A verloor C gelykop B wen A wen C wen B verloor D wen C verloor D verloor 5-18

4 Netbal vs. Paarl Gim 14A verloor A verloor B wen B verloor C wen C verloor D wen D verloor E wen A verloor A verloor B verloor /15B wen C verloor /15C verloor A wen /15D verloor B verloor /15E verloor 7-12 Karate Gerhard Bester het in Junie aan die Wes-Kaap Goju Ryu karate-kampioenskappe in Kuilsrivier deelgeneem en n silwer medalje gewen. Hy gaan op 25 Augustus aan die SA karate-kampioenskappe deelneem in Kuilsrivier. Ons wens hom baie geluk en sterkte toe! ALGEMEEN OOV: Ouerhulp Baie dankie aan elke ouer wat Saterdag tydens ons sportdag in die kiosk gewerk het. Dit word opreg waardeer! Vul asseblief die meegaande afskeurstrokie in vir Montagu se sportdag. Fraserburg Toneelfees Hierdie jaar neem die skool twee eenbedrywe na die Logan Toneelfees op Fraserburg. Die een is n lighartige stuk met die naam N BOUDJIE VAN MY VROUTJIE en die ander een is n nuwe stuk wat geskryf is deur Nerine Koopman (gr. 12), ANTIE OPI HOEK. Hierdie twee stukke gaan beide op Maandagaand 30 Julie vir die skool opgevoer word. Dit begin om 19:00 en toegangsgeld is R10 per persoon. Europese Toer 2019 Daar was Dinsdagaand n inligtingsvergadering in verband met hierdie toer en dit lyk tog of daar redelike belangstelling is. Daar was egter ouers en leerders wat nie daar kon wees nie. Ons gee dus kortliks die volgende inligting deur: Die toer sal gedurende die Junie/Julie vakansie plaasvind: Dit sal veilig wees om te werk op n bedrag van R40 000, alles ingesluit. Almal wat belangstel, moet teen Maandag 30 Julie hul name vir mnr. Lowe of mnr. Geldenhuys gee sodat daar kan besluit word of ons met die toer voortgaan hoe meer kinders gaan, hoe goedkoper sal dit per persoon kos.

5 SPORTDAG VS HERMANUS Busse vertrek 28 JULIE :00 Rugby Hokkie Netbal Tyd A-veld B-veld ASTRO A-veld B-veld :00 16A 8:30 14A 19C 16B (s) 17B 14B 16B 14F 9:00 18A 9:15 15A 16D 14D 15D 9:20 14B (s) 19B (s) 9:40 15A 10:00 19A (s) 16A 19B 17C 14E 10:10 16B 19B 10:45 17A 14A 15C 14C 10:50 16A 14B 11:00 14A (s) 11:30 15B 16C 19C 12:00 19B 16A (s) 12:10 19A 13:00 14A 13:10 19A OOV-HULP tydens Montagu sportdag 4 Augustus 2018 xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx Naam van leerder:... Graad:... Sport en span:... (Bv. Hokkie 14A) Naam van ouer 1:... Selnr:... Kan in die kiosk help Kan ongelukkig NIE help nie Naam van ouer 2:... Selnr:... Kan in die kiosk help Kan ongelukkig NIE help nie Handtekening ouer 1:... Handtekening ouer 2:... Xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Hoërskool Roodepoort

Hoërskool Roodepoort Hoërskool Roodepoort NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 10 22/9/2018 Junie is jeug maand! Roodies se tema vir Junie was gelykheid. Ons het daarop gefokus, om elke leerder te verseker dat hy/sy gelyke waarde in ons

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

ADMATHS Die AdMaths leerders skryf Maandag, 21 Mei, hul halfjaarlikse eksamen hier by die skool. Tye is met

ADMATHS Die AdMaths leerders skryf Maandag, 21 Mei, hul halfjaarlikse eksamen hier by die skool. Tye is met HOËRSKOOL LUTZVILLE HIGH SCHOOL 6, LUTZVILLE, 8165 (027) 2171006 (027) 2172114 admin@hslutzville.co.za Aan alle Ouers EENHEID WEEKBRIEF 16 VAN 2018 No one can whistle a symphony. It takes a whole orchestra

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn* 2 8/2016 Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn* Met die inskrywing van u kind by n privaatskool, sou dissipline een van die ononderhandelbares wees wat u sou ervaar. As n

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Uit die kantoor 2 6/2016. Autumn is a second spring when every leaf is a flower. -Albert Camus*

Uit die kantoor 2 6/2016. Autumn is a second spring when every leaf is a flower. -Albert Camus* 2 6/2016 Uit die kantoor Autumn is a second spring when every leaf is a flower. -Albert Camus* Aan die begin van die tweede kwartaal en met die verandering van die seisoen nou duidelik sigbaar in die herfskleure,

More information

Nuusbrief 22 Junie 2018

Nuusbrief 22 Junie 2018 Nuusbrief 22 Junie 2018 1. Alle ouers word vriendelik uitgenooi na ons algemene oueraand op Maandag, 23 Julie 2018, om 18:00 in die skoolsaal. Baie belangrike inligting sal bespreek word en daarom vra

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 7/2014

More information

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: Tygienuus 29 Maart 2017 Webblad: www.laerskooltygerpoort.co.za E-pos: admin@laerskooltygerpoort.co.za Tel: 012 809 0029 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG - 30 MAART Mediasentrum:

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap Die WP Ope 2015 was n lang maar suksesvolle dag. Ons het 136 vooraf inskrywings gehad met 3 laat inskrywings en 6 geborgde inskrywings wat die

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 8 Desember 2015 No: 28 van 2015 SEMINAAR VIR SKOOLHOOFDE 2016 Skoolhoofde word versoek

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

HOëRSKOOL D.F. MALHERBE

HOëRSKOOL D.F. MALHERBE HOëRSKOOL D.F. MALHERBE Tel.: 041-5813145 E-pos: dfm@telkomsa.net Faks: 041-5813118 Datum: 1 April 2009 ******************************************************************************************************

More information

18 Mei Geagte Ouers

18 Mei Geagte Ouers Geagte Ouers 18 Mei 2017 Ongelooflik hoe die tyd vlieg nog net 4 weke en dan skryf ons reeds die Junie Eksamen. Dit is UITERS BELANGRIK dat geen leerder nou op die kritieke stadium van die kwartaal afwesig

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin- Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF Ouers Aan die einde van so n besige kwartaal kan ons as skoolgemeenskap opnuut met dankbaarheid terugkyk na n wonderlike kwartaal. Ek wil graag ons ouers bedank. Dankie vir julle

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Uit die hoof se kantoor

Uit die hoof se kantoor Jan Bloukaas het die Garsies kom vermaak met vlymskerp humor en musiek wat jou voete laat wriemel. Dit was om dankie en geluk te sê omdat ons aangewys is as die beste Afrikaanse laerskool in Pretoria.

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het

More information

GEDAGTE VIR DIE DAG. Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL.

GEDAGTE VIR DIE DAG. Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL. NUUSBRIEF 2 9/2017 14 SEPTEM BER 2017 Geagte Ouers GEDAGTE VIR DIE DAG Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL. (Anoniem) IN DIE NUUSBRIEF

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin-Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

18 Junie :02-11:54

18 Junie :02-11:54 B O IP A T O IM G K A S S F T T F 18 Junie 1992 09:02-11:54 Lanierkassette 2 4A, 2 5A, 2 6A Volume 3 (Bladsye 164-265) VLOK OPNAMENS EN TRANSKRIPSIES BK REG. NO. CH89/21241/23 18JUNIE 1992 164 KASSET 2

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

GEDAGTE VIR DIE DAG. Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) GELEENTHEID DATUM GRAAD/PLEK

GEDAGTE VIR DIE DAG. Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) GELEENTHEID DATUM GRAAD/PLEK NUUSBRIEF 2 6/2017 17 AUGUST US 2017 Geagte Ouers GEDAGTE VIR DIE DAG Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) IN DIE NUUSBRIEF Belangrike datums

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang 10:51 18 JUNIE 1992 233 KASSET 2 5A Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Honderd persent, dankie. --ooo-- Luitenant Schoeman, kom verby(?). --ooo-- ^ 0:51 Enigiemand wat my kan help, wat is die

More information

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including: Page1 English in italic font Die VVOS bied aan/ The AECYC presents: Kurrikulum vir Baba s, Peuters, Voor-Gr R & Graad R Curriculum for Babies, Toddlers, Pre-grade R & Grade R Ontwikkel deur Freda Wilkens

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 2019 Die volgende algemene skryfbehoeftes word deur die skool verskaf: Alle skrifte 1 x HB Potlood 1 x Liniaal 1 x Uitvëer 1 x Skêr 1 x Skerpmaker 1 x Eksamenblok 1 x Blou pen

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is slegs n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 10- jaareindvraestel verwag kan word.

More information

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Nuusbrief Junie / Julie 2017 Nuusbrief Junie / Julie 2017 Ons wil graag dankie sê aan Toy Adventures, die trotse borg van die Kamcare Nuusbrief. Ondersteun hulle gerus by Byls Bridge Promenade in Highveld Centurion en The Grove winkelsentrum.

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

Welkom klein GARSIES

Welkom klein GARSIES Welkom klein GARSIES Uit die hoof se kantoor WELKOM TERUG! BAIE STERKTE VIR 2017! GARSIES VLIEG ALTYD HOëR Leiers TEMA 2017 Die digter en skrywer CJ Langenhoven het gesê: Deur twee dinge is my lewe leefbaar

More information

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA 1988-04-22 DIE STAAT teen PATRICK MABUYA 3ALEKA EN 21 '&' ANDER VOOR: SY SDEL3 REGTER VAN DIJKHORST^

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES 2010 2015/16 2010 REGLEMENT D REGULATIONS D 2010 SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING / ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Landdros van genoemde distrik in die teenwoordigheid van F. V. Waldeck (hierna die tolk genoem) as tolk en niemand anders

Landdros van genoemde distrik in die teenwoordigheid van F. V. Waldeck (hierna die tolk genoem) as tolk en niemand anders .. ' ) c.;, KRIMINELE EN SIVIELE AANGELEENTHEDE. BYLAE B. VORM VAN VERKLARING. Op hierdie } 8ste dag van Februarie 1964 om 12.05 middag en te Pretoria in die Distrik Pretoria voor my M. H. Ste~sst...--

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Welkom by ons 1ste foto album uitgawe

Welkom by ons 1ste foto album uitgawe Uitgawe #17 www.eigevis.com Welkom by ons 1ste foto album uitgawe Ons hoop julle geniet dit Vanuit die vuurtoring: Wow! Die jaar is op sy rug en Desember is hier! In die jare tagtigs was daar n fliek,

More information

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning 4 Operasies Op Data 4.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doelwitte: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die 3 kategorieë van operasies wat op data uitgevoer word. Voer unêre

More information

Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My Mark. 9;37. Lentedag

Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My Mark. 9;37. Lentedag CVO Dankbaar Posbus 17662 BAINSVLEI 9338 Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My Mark. 9;37 Telefoon 051-451 1334 Faksnommer: 0865709785 E-pos: pendoring@cvodankbaar..co.za

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

Laerskool Jan van Riebeeck

Laerskool Jan van Riebeeck Laerskool Jan van Riebeeck NUUSBRIEF Kloofstraat 52 Kaapstad 8001 Tel: 021 423 4209 Faks: 021 424 2375 Epos: jhoosthuizen@gmail.com Webtuiste: www.jvrprim.co.za NR 17/2016 19 Mei 2016 VOORLOPIGE BELANGRIKE

More information

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.

More information

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville). Droom - Glo - Doen A L G E M E N E V R A E : Waar en Wanneer en Wat kos dit? Dit word aangebied by Megapark in Bredasdorp. (die terein is geleë op die rand van die dorp, volg net al die bordjies wat in

More information

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS 1 VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS 1. Algemeen 1.1 Besonderhede van die Van Huyssteens Orators Fees sal altyd beskikbaar wees op die webwerf. Volg die skakel: www.vanhuyssteens.co.za

More information

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. 1 Maats by die skool Luistertyd: So groet ons Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. Hallo! My naam is Patricia.

More information