Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Size: px
Start display at page:

Download "Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21"

Transcription

1 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy is. Kersritueel: Wie het verjaar in die afgelope week? Of wie het hulle doop herinnering gevier? Lofsang: Lied: Michael W Smith : Open the eyes of my heart, Lord Lied: FLAM 66: Op vaste fondamente Lied: Loflaaities: Dis so lekker om die Here te dien Die liefde van Jesus is wonderbaar Dankoffer Dankgebed Lied: Jeugsangbundel(Groen boek) no. 9 : Ek roem U naam Skriflesing: Eksodus 16: 1 5; Preek: In Eksodus lees ons van God wat homself in die woestyn aan Israel bekend stel as Jahwe. Die Here. Maar gemeente hierdie is nie enige Here nie, maar ons God wat geïnteresseerd is in die nood van mense. God stuur Moses terug na Egipte om die nakomelinge van Jakob uit te lei uit slawerny. Dit is een van grootste gebeurtenisse in die lewe van die groepie slawe. Met hierdie ongelooflike uittog bewys God Hom as die God van die geskiedenis. Hierdie uittog speel n sentrale rol in die Ou Testament, Selfs die profeet Jesaja verwys na die terugkeer uit ballingskap as n nuwe uittog. Nou goed dan dis wonderlik, maar wat moet ek en jy met hierdie merkwaardige uittog verhaal maak? Ek wil vandag probeer om hierdie uittog verhaal bietjie meer eenvoudig uit te pak. Ek gaan 5 punte gebruik om dit te doen: 1

2 1. Alles behoort aan God en is n geskenk aan ons 2. God gee genoeg vir almal sodat ons kan deel met almal 3. Om op te gaar veroorsaak verrotting. Dit stink! 4. Om te werk is om God te help die manna te versprei en uit te deel, die belofte wat God aan almal gemaak het. 5. God gee aan os tye van rus sodat ons kan oefen waaroor die lewe werklik gaan. Ons moet eerstens besef dat God nog altyd n plan met die Israeliete gehad het. So ook met ons. Ons lees daarvan in Hosea. God wil die mensdom groot maak soos n ouer n kind, beskerm, lief hê en versorg. God wil die Israeliete leer om te leef as volwasse en deelnemende vennote saam met Hom. God wou hê dat die Israeliete se lewens n voorbeeld aan ander kan wees. Hulle lewens moes getuig van mense wat in vrede leef, met vreugde. Hulle moet juis n getuienis wees hiervan sodat ander en sodat ons wat moeg is vir verdrukking, gulsigheid en oorlog ook hierdie voorbeeld wil volg. Deur die Israeliete, en ander wat daarna gevolg het, probeer God die wêreld leer om saam met hom in vennootskap te tree. En wanneer elkeen van ons met die wete leef dat ons n vennoot van God is, n rentmeester, sal ons in vrede kan leef. En so begin die lewe in die woestyn, en hierdie was n moeilike lewe, maar God berei die Israeliete en so ook ons voor sodat ons uiteindelike in vennootskap saam met hom kan leef. Die woestyn word sowaar die Here se klaskamer. Die plek waar die mense sal leer om te leef soos wat God nog altyd bedoel het. So wanneer vind die eerste les in hierdie klaskamer plaas? Die oomblik toe die Israeliete begin kla en vertroue verloor. Hulle kla oor die leiers, hulle kla oor die feit dat hulle nie kos het om te eet nie en net daar is die eerste geleentheid om die Israeliete weer klaskamer toe te roep. 1. Alles behoort aan God en alles wat ons ontvang is n geskenk van God af. 2

3 Vriende wanneer die Israeliete begin kla en wonder of hul nie eerder beter af was as slawe in Egipte nie., dan antwoord God hul. Hy gee aan hulle die geskenk van Manna. Hy gee die opdrag dat hulle elke dag moet Manna optel, maar slegs vir daardie dag. As jy n groot gesin is tel jy meer op en as jy n klein gesin is tel jy minder op en so het almal elke dag genoeg kos vir die dag gehad. Niemand het ook te veel gehad nie. God het aan die Israeliete bewys dat Hy werklik n genadige en liefdevolle versorger is. Maar meer belangrik- God het die volk opnuut bewus gemaak dat Hy werklik in beheer is. God gee aan ons alles wat ons nodig het. En niks wat God ons gee, is iets wat ons ooit sal kan verdien nie. Alles wat ons ontvang is slegs uit genade. Dis hier waar ons ook onsself moet konfronteer. Hoeveel maal het jy nie by jouself gedink, maar ek verdien hierdie verhoging, ek verdien om in n mooi huis te woon met n nuwe kar, ek verdien om prefek te wees of hoofseun of meisie te word. Dis waar dat ons kan hard werk en onsself kan bewys, maar alles behoort tog aan ons Here. Selfs die krag en potensiaal om te presteer is net n genadige geskenk. Wat ons ontvang, ontvang ons van n genadige en liefdevolle God, wat ons wil versorg. Draai nou na mekaar en deel met die persoon langs jou, wat jy die afgelope week of maand van God ontvang het. Ek gee jul n minuut. 2. God gee genoeg aan almal sodat ons kan deel met almal Ons lees dat daar groot en klein families was, maar elke Israeliet het genoeg manna gekry om hul gesin te voed en niemand het te veel gehad nie. Ons kan vandag hieruit leer. God voorsien in ons daaglikse brood. Voedsel en ander basiese behoeftes is iets wat almal benodig. Hierdie behoeftes het ieder en elk, ongeag van status, of titel of prestasies- hierdie behoeftes is iets wat elke in gemeen het. Die realiteit is dat God genoeg aan ons skenk. Ons het oor genoeg hulpbronne, ons het oorgenoeg kos, maar ons misbruik dit, ons wat meer geld het of meer bevoorreg is kan dit dalk makliker bekom as n hawelose, maar dit maak hom of haar nie minder waardig nie. God voorsien vir al sy kinders op aarde, maar ons moet leer om dit wat ons ontvang, met ander te deel. 3

4 Draai na mekaar en vertel vir die persoon langs jou, van n geleentheid waar jy bekommerd was dat daar nie genoeg sou nie, maar dat daar wel genoeg was. God het voorsien. Ek gee weer so n minuut. 3. Om op te gaar veroorsaak verrotting! Dit stink! Ons lees dat party van die Israeliete te veel manna opgetel het. Hulle wou dit bere vir die volgende dag. Ongelukkig het hierdie orige manna gevrot en baie suur geruik. Jy sien die oomblik toe die Israeliete die gewoontes van hulle vorige eienaars, die Farao s van Egipte aan geneem het, en probeer meer bymekaar maak, as wat hul benodig het, leer hul dat TE VEEL beteken nie noodwendig blydskap nie, en dat gulsigheid tot verrotting lei. Hierdie is n baie belangrike les vir ons. Ons het van soveel dinge te veel. Hoeveel maal dink ons nie by onsself... as ek maar net nog in teestel kan kry wat by my nuwe plekmatjies pas, of ek kort nog net een lekker paar tekkies, want my ander paar is eintlik net vir stap. Hoeveel van ons het nie klere, of gereedskap of meubels wat ons eintlik nie in jare gebruik het nie. Hoeveel van ons het eintlik maar ook te veel van iets nie. Hoeveel van ons het nie iets in die huis wat al vrot nie! Draai nou weer na mekaar en deel met die persoon langs jou, wat jy in jou huis het wat eintlik al verrot. Waarvan het jy te veel? 4. Om te werk, is om God te help die manna versprei en uit te deel. Die geskenk wat God aan almal belowe het. Die Israeliete moes elke dag gaan werk en die manna optel sodat hulle daarvan kon eet. Hulle moes werk om hierdie geskenk van God te geniet, te ontvang, maar ook te deel. Hierdie les is baie belangrik! Die Here gee aan ons genadige geskenke, maar Hy vra ook van ons om deel te neem aan Sy skepping, Sy plan, die bou van sy koninkryk. Soos ons ontvang, so moet ons ook deel. Elkeen van ons is n deelnemende vennoot, rentmeester en mede-skepper saam met God. Daarom is dit vir my en jou belangrik om aan te hou werk. Ongeag jou beroep- of jy nou n huisvrou of man is, n prokureur, n onderwyser, n tuinier of n verpleegster, Jy werk 4

5 nie net vir jouself nie, maar ten gunste van die hele skepping. Ons uitdaging is om te besef dat ons werk elke dag deel is van n groter prentjie, dat ons werk deelname is aan God se skepping en dat dit ons weer in staat stel om te deel. God het ons as verhouding skepsels geskape. Ons is gemaak om in verhouding met mekaar en die Here te leef, maar ook in verhouding met mekaar te deel. Neem nou weer so minuut, draai na mekaar en noem aan die persoon langs jou, hoe jy by jou werk of met jou werk ander kan leer deel, leer rus en of leer skep. 5. God gee aan ons tye van rus sodat ons kan oefen waaroor die lewe werklik gaan. Die laaste les wat ons in die klaskamer van die woestyn leer is die les oor die Sabbat. Die les oor rus. God wou hê dat die Israeliete, en so ook ons vandag, die geskenk van rus en ontspanning ontvang. Die geskenk van tyd, sodat ons dit waaroor die lewe werklik gaan kan geniet. Sodat ons verhoudings, vennootskap en vriendskap,met God, mekaar en die skepping tot in die volste sin van die woord geniet!!! Selfs die Israeliete moes die 6de dag harder werk sodat hulle die sewende dag kon rus. Hulle moes die sesde dag manna optel vir twee dae. God sien rus as n belangrike deel van ons lewens, en tog is dit die minste belangrik in ons oë. Die mens vandag hoef nie elke dag te werk om die geskenke, die manna van God, te ontvang en uit te deel nie. Hierdie geskenk van ekstra tyd is iets wat ons moet koester. Dis hierdie geskenk van tyd wat dit vir die mens, diere en die skepping moontlik maak om ook te rus. Die Sabbat, n rus dag is juis wat dit vir ons moontlik maak om werklik die vriendskap met God, ons mede skepsels en die skepping te geniet. Dallas willard vra die volgende vraag: Do you think God gave you more work than you have time for today?. Tog sien ons selfs kerk toe gaan, as n werk, n taak wat ons tyd om te rus wegneem. Moet ons nie dan juis herbesin oor hoe ons ons tyd bestee nie. Is ons nie besig om so min tyd te maak vir rus, dat ons selfs ons kosbaarste oomblikke van verhouding-bou met God en ons medemens prys gee nie. God gee tog ook die geskenk van genoeg tyd... 5

6 Draai na mekaar en besluit op iets wat jy hierdie week gaan doen, sodat jy meer tyd sal maak om te rus en deel dit,met die ander persoon. God het dag na dag manna uitgedeel en gedroom van n universele manna gemeenskap. n Gemeenskap waar almal ontvang, dankbaar is en deel. God droom van n wêreld waar daar geen big shots of hawelose is nie, geen arm en ryk nie, geen verdrukker en verdrukte nie, maar waar die menslike lewe in harmonie met die hele skepping leef, waar elke gedeelte leef vir die beter van die hele wêreld. God droom van vrede, n geneesde wêreld. Kan ons onsself deel maak van hierdie droom. Kan ons weer leer ontvang, dank en deel. Dis die uitdaging vir elkeen van ons! Gebed. Slotlied: Liedboek 253: v 1+2 U het die brood gebreek Seën: Mag die Here jou God jou seën, en mag jy tot seën van ander leef, mag ons leer om te ontvang, te deel en te rus. Liedboek 334 Amen, amen, amen. Geskryf deur Ds. Jana Dickison 6

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. 1 Maats by die skool Luistertyd: So groet ons Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. Hallo! My naam is Patricia.

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013 Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3 Maart 2010 Nommer 88 Kom luister en dink saam! Het u onlangs na die nuwe webwerf (www.christelikebiblioteek.co.za) gekyk? Ek hoop u is saam met ons opgewonde oor die nuwe moontlikhede wat dit ons bied

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

Hoërskool Roodepoort

Hoërskool Roodepoort Hoërskool Roodepoort NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 10 22/9/2018 Junie is jeug maand! Roodies se tema vir Junie was gelykheid. Ons het daarop gefokus, om elke leerder te verseker dat hy/sy gelyke waarde in ons

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

*24 Februarie - 2 Maart

*24 Februarie - 2 Maart Les 9 *24 Februarie - 2 Maart Dankoffers SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Mattéüs 6:19 21; Efésiërs 2:8; I Petrus 4:10; Lukas 7:37 47; II Korintiërs 8:8 15; II Korintiërs 9:6, 7.

More information

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3 Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3 Skrifte stel `n baie spesiale groep mense voor, wie in volle en gewillige gehoorsaamheid, hul goddelike Leier in alle waarhede volg. Hulle staan bekend as: die Seuns

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

Dissipel. Sending. Binne. Januarie Maart Voorwoord 2 The Difference 3. King Fisher Hengelkompetisie. Kosbare Pêrels 5.

Dissipel. Sending. Binne. Januarie Maart Voorwoord 2 The Difference 3. King Fisher Hengelkompetisie. Kosbare Pêrels 5. Dissipel Januarie Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4 Kosbare Pêrels 5 Nuwe Projek 6 Lesotho Uitreik 7 MC Coetzee 8 9 Kruis Media 10 Stukkie Wysheid 11

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond Shama Ministries 2017 Bladsy 1 Voorblad Hettie Erasmus Jesaja volgens Rafael INHOUD Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond... 6 Inleiding... 6 Hoofstuk Een... 10 My verstaan

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS Moedergemeente SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS JAARTEMA: Is ek n Bybelmens? `N BUNDEL VAN MEES GELIEFDE TEKSTE 500 JARIGE FEESVIERING VAN DIE REFORMASIE 1517-2017 Voorwoord Baie welkom by hierdie 40-dae Bybellees-program!

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Les 4 Goddelike Wysheid *17 23 Januarie SABBATMIDDAG Lees vir Hierdie Week se Studie: Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Geheueteks: Die Here het my berei as

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 107:9, 10 (p. 535) 9 Angs was daar by verfloudheid, / maar hul geroep het God verhoor in die benoudheid, / met wending van hul

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

Gebed. Die Asem van die Siel

Gebed. Die Asem van die Siel Gebed Die Asem van die Siel Gebed is die blootlegging van die hart aan YAH soos aan `n vriend. Nie dat dit nodig is om aan YAH bekend te maak wat ons is nie, maar sodat ons bemagtig word om Hom te ontvang.

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information