DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Size: px
Start display at page:

Download "DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE"

Transcription

1 DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7

2 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING EN AANBIDDING... 3 WIE AANBID ONS?... 4 HOEKOM AANBID EN PRYS ONS GOD?... 5 WAT IS LOFPRYSING EN AANBIDDING?... 5 SAMEVATTING... 6 Page 2 of 7

3 LOFPRYSING EN AANBIDDING INLEIDING Ons het die afgelope week ervaar dat God die Heilige Gees, ons gemeente na nuwe hoogtes in terme van ons gemeentelike lofprysing en aanbidding wil neem. Lofprysing en aanbidding het drie komponente naamlik: 1. Eerstens, my lewe en wat ek dink en doen, behoort n offer van aanbidding aan God te wees. In die praktyk behels dit my strewe om aan God gehoorsaam te wees en Sy wil te doen. 2. Tweedens geskied lofprysing en aanbidding waar ek God deur my woorde en my sang, prys en aanbid. 3. Derdens kan ek God loof en prys deur myself kreatief uit te druk. Dit kan deur musiek, danse, swaai van vlae en ander verskillende kunsvorme geskied. Ons ervaar dat die Heilige Gees verlang dat ons meer op lofprysing en aanbidding dmv van woorde en sang asook kreatiewe uitdrukking soos musiek en danse, moet fokus. Om in hierdie proses aan God gehoorsaam te wees, is ons besig om oor n paar dinge te bid en te gesels. Dit mag dalk die wyse waarop ons tans lofprysing doen, verander. As begin van hierdie proses, gaan ons vandag inleidend oor lofprysing en aanbidding gesels. Daarna gaan ons God prys en aanbid. DOEL VAN LOFRYSING EN AANBIDDING Die doel van lofprysing en aanbidding is om aan Jesus se groot opdrag te voldoen. MARKUS 12:30 Jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand en met al jou krag. God wil hê dat ons Hom moet vertel dat ons Hom baie liefhet en dankbaar is vir wat Hy vir ons doen. God wil hê dat ons eer en respek aan Hom moet bewys. Hoekom? Hy is baie lief vir ons en dit is vir Hom lekker om ons lofprysing te hoor. Is dit nie ook vir jou lekker om van jou geliefdes te hoor dat hulle baie lief is vir jou nie? Ons kan God nie met ons lofprysing manipuleer deur sekere dinge te doen en dan te vereis dat sekere goed moet gebeur nie. Page 3 of 7

4 Die Bybel leer egter duidelik dat ons in God se teenwoordigheid kan kom as ons eer en lof aan Hom bewys. (Psalms 100:4 en 22:3) Ons kan dit ook stel dat as ons lofprysing doen, dan raak ons meer op God gefokus en raak ons dus bewus van Sy teenwoordigheid. Ons lees in die Bybel dat as ons Goddelike advies of n openbaring van God verlang, ons moet begin om Hom te loof en prys. In 2 Konings 3:11-12 word die verhaal vertel waar die koning van Israel in n oorlog was en Goddelike advies nodig gehad het. Die koning stuur toe n afvaardiging na Elisha. Wat doen Elisha? Hy sê, kom ons maak eers musiek. Hulle het dit gedoen en God het deur Elisha advies aan die koning gegee wat tot sy oorwinning gelei het. In vandag se tyd, is ons musiekspan die mense wat die musiek maak. Indien u Goddelike advies verlang, is dit n goeie idee om voor die lofprysing op Sondae begin, u behoefte aan Goddelike advies, met Hom te deel. Ons het vandag ook profete in die gemeente. Hulle kan dalk soos in die geval met Elisha, vir u n Goddelike boodskap gee of die Heilige Gees kan self met u praat. Was of is u op n plek in u lewe waar u diep in die moeilikheid is? U is totaal oorweldig en weet nie wat om te doen nie? Ons lees in 2 Kronieke 20:12 dat Israel op so n plek was. Die vyand het in n oormag opgetrek om Israel te vernietig. Wat het Israel gedoen? Hulle het begin om God te loof en te prys. Die Bybel leer dat hulle God met luide stemme begin prys en eer het. Die gevolg was dat God bo-natuurlik ingegryp en Israel gered het. Ons lees in Handelinge 16: die verhaal waar Paulus en Silas gearresteer, aangerand en in die tronk opgesluit was. Hulle het God begin loof en prys. God het bonatuurlik ingegryp en hulle bevry. Is u in n moeilike situasie? Het u n bo-natuurlike ingryping van God nodig? Die lofprysing tydens ons eredienste is n goeie plek om God te kom loof en prys. Dalk is God u genadig en ontvang u n profetiese woord of doen God n wonderwerk om jou te help. Dit het al talle kere gebeur en kan verseker weer gebeur. WIE AANBID ONS? Ek meen dat ons nie behoorlik lofprysing kan doen as ons nie n duidelike besef het wie God is nie. Indien ek vir Doret vertel dat ek lief is vir haar, weet ek baie goed wie sy is. Dieselfde geld as ons God loof en prys. Alvorens u met lofprysing begin, is dit n goeie ding as u op God fokus en onthou wie Hy is. 1. God is die heerser van die heelal. Page 4 of 7

5 2. Hy is die Lig van wêreld en alle boosheid moet vlug. (Johannes 8:12) 3. Hy is Jehovah Shalom. (Ons vrede en veiligheid) (Judges 6:24) 4. Hy is ons wonderbare Raadsman. (Jesaja 9:6) 5. Hy is Jehovah Rophe ons geneser. (Eksodus 15:26) 6. Hy is die brood van die lewe. (Johannes 6:35) HOEKOM AANBID EN PRYS ONS GOD? Alvorens u met lofprysing begin, is dit ook n goeie idee as u uself die vraag vra, Hoekom bring ek vandag lof en eer aan God? Ek doen dit omdat: 1. God verlossing en redding vir my bewerkstellig het deur Sy enigste Seun Jesus aarde toe te stuur om my van die juk van slawerny en die dood te red. 2. God my genees en bevry het. 3. God Sy Vaderhart aan my openbaar het. 4. Ek lewe en vrede in God het. 5. God my beskerm en versorg. 6. God my help. WAT IS LOFPRYSING EN AANBIDDING? Lofrysing en aanbidding is: Kommunikasie met God om jou respek, eerbied, bewondering, ontsag en agting vir God te toon. Dit is handelinge om jou waardering en dankbaarheid te betoon. Dit is om bly te wees oor God se liefde en guns. Worship is: the expression of reverence (respect, admiration, awe, devotion and veneration) and adoration (glorify, honour, devotion and exaltation. ) Die oorsprong van lofprysing en aanbidding moet uit jou gees kom en dit vind dan uitdrukking deur jou siel en liggaam. Dit is hoekom Jesus die volgende geleer het: JOHN 4:23 the true worshipers will worship the Father in spirit and truth; for the Father is seeking such to worship Him. God is Spirit, and those who worship Him must worship in spirit and truth. In die Bybel word verskillende woorde gebruik om verskillende fasette van lofprysing en aanbidding aan te dui. Kom ons let op sommige Bybeltekste om u n idee te gee wat die Bybel by lofprysing en aanbidding bedoel. Page 5 of 7

6 1. Psalm 42:5: Yadah Om met uitgestrekte hande in die lug, eerbied en respek aan God te betoon. Jy kan dit doen terwyl jy sing of saggies neurie en praat. (Selfs in tale.) 2. Psalm 50:23: Towdah Om jou dankbaarheid te betoon deur jou regterhand in die lug te steek, terwyl jy sing of bid. 3. Psalm 95:6: Barak Om te kniel met jou hande in die lug of om te kniel met voorlyf laag gebuig. Dit is n teken van diepe respek en eerbied. 4. Psalm 22:3: Tehillah Dit is spontane lofprysing wat uit jou hart uitborrel. Dit kan liedere of woorde wees wat spontaan uit jou kom. Dit kan met emosie gepaard gaan of dit kan ook in jou taal wees, as jy n taal ontvang het. 5. Psalm 150: Zamar Dit is georganiseerde sang met musiek instrumente of dit kan net luister na musiek wees terwyl u op God fokus. Psalm 47:1 Om hande te klap terwyl jy sing Samuel 6:14 Om deur middel van dans en liggaamlike beweging, eer en lof aan God te bring Chronicles 16:4: Halal Dit is demonstratiewe lofprysing. Dit beteken om God op so wyse te aanbid dat jy jouself so bietjie verloor. n Voorbeeld hiervan is toe koning Dawid die ark in ontvangs geneem het. Dawid se een vrou het gedink dat Dawid se optrede onwaardig was, en sy is daarvoor deur God gestraf. 8. Psalm 53:3-4: Shabach Dit beteken om God te prys deur op jou hardste te skree en om baie luidrugtig te wees. 9. Psalm 104: 33-34: Om net stil in aanbidding voor God te wees. SAMEVATTING Samevattend kan ons die volgende sê; 1. Lofprysing en aanbidding is n kritiese komponent van ons gemeente se eredienste. Page 6 of 7

7 2. Die musiekspan doen nie die lofprysing nie. Hulle fasiliteer n geleentheid waar u en ek, God dmv sang, musiek en dans, kan loof en prys. 3. Dit is u geleentheid waar u vir God kan vertel hoe lief u Hom het en hoe dankbaar u is oor wat Hy vir u doen. 4. Dit is u geleentheid waar u, u behoeftes vir advies en bonatuurlike ingryping aan God bekend kan maak. 5. Dit is die geleentheid waar u kan verwag dat die geestelike gawes soos in die sendbrief aan die gemeente in Korinthe op rekord geplaas, kan funksioneer. Ons gaan nou n geleentheid hê om God te loof en prys. Voor ons begin, kom ons raak net eers stil voor God. Fokus op God, aan wie gaan u nou u liefde en waardering openbaar? Hoekom gaan u dit doen? Soek u advies of hulp? Bespreek dit met God. AMEN Page 7 of 7

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013 Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Omdat U ons Vader is Groot in almag bo die skepping

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree N BEDIENING VAN KAMPUS KRUISTOG VIR KRISTUS Gebedshandleiding n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree Inhoudsopgawe Inleiding Inleiding 1 Doelwitte

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS Moedergemeente SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS JAARTEMA: Is ek n Bybelmens? `N BUNDEL VAN MEES GELIEFDE TEKSTE 500 JARIGE FEESVIERING VAN DIE REFORMASIE 1517-2017 Voorwoord Baie welkom by hierdie 40-dae Bybellees-program!

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

Praktiese Teologie 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 8 Liturgie.

Praktiese Teologie 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 8 Liturgie. Praktiese Teologie 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 8 Liturgie. 1 Inhoud Bladsy 1. INLEIDING. 3 1.1. Die Liturg. 3 1.2. Liturgie. 3 2. BEVOEGDHEDE VAN DIE LITURG. 5 2.1. Getrouheid. 5 2.2. Voorbeeldig.

More information

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was. Voorafsang Lied 188:1-3 Lied 205:1 en 3; 280: 1 en 3; 159:1 en 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus Aanvangswoord Voorganger: Net by God vind ek rus Gemeente: van Hom kom my redding. Voorganger: Net Hy

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON 1 DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON ` Laat ons ons hoofde buig. Here, soos ons hierdie mooi Paasoggend hier bymekaar kom, kyk hoe die botseltjies hulle pad oopbeur, die bye wat

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture 78 9780636119918_SG_6_L_FR TXT.indb 78 2012/07/25 3:34 M Lesreeks 7 Praattyd: Praat oor die prent Kyk na die diere rondom die prent. Sê hulle name hardop. Soek dan

More information

*24 Februarie - 2 Maart

*24 Februarie - 2 Maart Les 9 *24 Februarie - 2 Maart Dankoffers SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Mattéüs 6:19 21; Efésiërs 2:8; I Petrus 4:10; Lukas 7:37 47; II Korintiërs 8:8 15; II Korintiërs 9:6, 7.

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 97 Die HERE is 'n universele heilige Koning. Die Een wat sy heiligheid handhaaf... in Opperheerskappy en in vernietigende oorwinnende strafgerig Desember 2014 Ps-vooraf Ps 54: 1, 4; Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens.

More information

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap 31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap SAAMGESTEL DEUR JERIGO MURE GEBEDSNETWERK B l a d s y 2 INDEKS 1. Bid die Woord... 5 1.1 Hoekom ons die Woord moet bid... 6 1.2 Hoe om die Woord te bid... 6 2.

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14 0 Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2 Markus 11:15-19 Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6 1 Samuel 20:24-34 Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10 Genesis 45:1-16 Week 4 genoeg? Bladsy 14 Lukas 10:38 42 Week 5 - Ruim

More information

Handleiding vir Klein Groep Leiers

Handleiding vir Klein Groep Leiers 1 Handleiding vir Klein Groep Leiers Melkbosstrand Gemeente Inhoudsopgawe Inleiding...2 Les 1: Klein groepe is...4 Les 2: Om 'n klein groep te lei. Christelike leierskap...12 Les 3: Ons is hier, wat maak

More information

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk education Department: Education GAUTENG PROVINCE Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS HT Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. GOO JOHANNESBURG

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Nuusbrief Junie / Julie 2017 Nuusbrief Junie / Julie 2017 Ons wil graag dankie sê aan Toy Adventures, die trotse borg van die Kamcare Nuusbrief. Ondersteun hulle gerus by Byls Bridge Promenade in Highveld Centurion en The Grove winkelsentrum.

More information

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES Beste kollega, Met die skryf van die reeks vir Pinkster 2008 is daar binne die volgende spanningsveld beweeg: Terwyl die reeks moes fokus op gesinne,

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m30249 1 Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information