*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

Size: px
Start display at page:

Download "*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18."

Transcription

1 Les 4 Goddelike Wysheid *17 23 Januarie SABBATMIDDAG Lees vir Hierdie Week se Studie: Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Geheueteks: Die Here het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af (Spreuke 8:22). Op hierdie stadium verskyn die kwessie van wysheid weer in Spreuke (lees Spr. 1:20, 21), en dis duidelik uit hierdie week se teksgedeeltes dat wysheid waarheid is die Waarheid, soos dit in God bestaan, is die bron en grondslag van alle waarheid. Die klem op die absolute karakter van waarheid kontrasteer met van die huidige denkrigtings, veral in Westerse lande, waar die waarheid as iets relatief geag word, voorwaardelik, kultureel, en waar een persoon se waarheid verskillend is van iemand anders se waarheid. Hierdie konsep is egter onbybels. My waarheid behoort dieselfde as jou waarheid te wees, doodeenvoudig om waarheid universeel is. Dis nie die eiendom van enige spesifieke persoon nie, maar behoort aan die hele mensdom, al herken die mensdom dit nie. Let interessantheidshalwe op na die alombekende vraag van Pilatus aan Jesus, Wat is waarheid? (Joh. 18:38), wat gevolg het op Jesus se stelling: Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem (Joh. 18:37). Die waarheid, absolute waarheid, bestaan, en dit spreek selfs tot ons; wat vir ons van belang is, is of ons daarna sal luister, en gehoorsaam sal wees aan wat dit vir ons sê. *Bestudeer hierdie week se les om voor te berei vir Sabbat 24 Januarie. 30

2 SONDAG Wysheid Roep Uit 18 Januarie Lees Spreuke 8:1 21. Wat is die waarde van wysheid volgens hierdie verse? Wysheid is so belangrik dat dit elkeen behoort te bereik. God het alle menslike lewe geskape, en Christus het vir elkeen van ons gesterf. Daarom is wysheid, die kennis van God en die verlossing wat Hy bied, ook vir elke mens. Kyk na die woorde wat wysheid as n vokale teenwoordigheid beskryf: roep, verhef haar stem, roep hardop, my stem, spreek, my lippe gaan oop, my verhemelte spreek, my lippe, en woorde van my mond. Hoe mens ook al hierdie metafore begryp, dit is duidelik dat wysheid gekommunikeer word: dit moet gehoor word deur almal wat wil luister. Trouens, ons het reeds verlede week geleer dat wysheid oor lewe en dood gaan. Wysheid praat sowat agt keer oor die geloofwaardigheid van haar woorde. Hier word die wysheid beskryf, interessantheidshalwe, as iets wat parallel uitgebeeld word aan die Here in Deuteronomium 32:4. Hierdie parallelle beskrywing behoort egter nie as n verrassing te kom nie, want God, die Skepper van alle dinge (lees Joh. 1:1-3), is die grondslag van alle waarheid. Lees Spreuke 8:10, 11. Wat sê hierdie verse oor wysheid? Talle mense het, en leef nog steeds, in onkunde, in dwaasheid en in die duister. Baie leef sonder enige hoop, of met vals hoop. Wat hierdie toestand egter meer betreurenswaardig maak, is dat wysheid en waarheid so wonderbaarlik is, want dis vol hoop en belofte vir n beter lewe nou, en sekerheid vir n ewige lewe op die nuwe hemel en nuwe aarde: alles te danke aan die opoffering van Jesus. Al die skatte in die wêreld beteken niks (lees Pred. 2:11 13) in teenstelling met kennis van God. Lees Matteus 16:26 en vra jouself af hoe goed jou eie lewe die kosbare waarhede van hierdie woorde reflekteer. 31

3 MAANDAG 19 Januarie Wysheid en Skepping Lees Spreuke 8: Hoe word wysheid in verband met die skepping gebring? In hierdie teksverse word wysheid op n misterieuse wyse met die Here as Skepper in verband gebring. Hierdie stuk poësie gebruik heelwat woorde wat ooreenstem met die skeppingsverhaal in Genesis 1 en 2, en dit weerspieël selfs dieselfde literêre struktuur, wat rondom die drie basiese elemente van hemel, water en aarde gerangskik is. Die bedoeling van hierdie ooreenkomste is om die primêre kenmerk van wysheid te benadruk: as God Self wysheid gebruik om te skep, as wysheid die oudste stuk gereedskap is, ouer as die heelal self, en die grondslag van alle bestaan is, behoort ons soveel te meer ook wysheid in te span in alles wat ons in die lewe doen. Daar is sterk klem op die goddelike oorsprong van wysheid. Die heel eerste woord in die stuk poësie is die Here, Yahweh, waarvan gesê word dat wysheid berei is (ander Afrikaanse Bybelvertalings gebruik die volgende woorde: geskep, gemaak ), lank voor die begin van tyd. Die Hebreeuse woord qanah, word in die New King James Version-Bybel as possessed vertaal. Dit het hier die konnotasie dat wysheid eerder verkry is as wat dit geskep is (lees Deut. 32:6, Gen. 4:1). Die volgende woord, reshit (begin), is n tegniese een wat verband hou met die skeppingsverhaal soos dit in die heel eerste vers van Genesis gevind word: In die begin het God die hemel en aarde geskape. Die woord begin word in Spreuke 8:22 ietwat verskillend gebruik as in Genesis 1. In Genesis 1:1 staan die woord in verband met die skepping self, terwyl dit in Spreuke 8:22 direk in verband met God staan. Dit wys op Sy aard (derek), n verwysing na Sy karakter. Dus is wysheid deel van die eie aard en karakter van God Self. Wysheid word dus in n tyd geplaas, lank reeds voor die skepping van die heelal. Die bestaan van wysheid, op daardie tydstip toe God alleen teenwoordig was, volg die spoor vanaf die antieke wysheid wat nog van alle ewigheid af bestaan het. Wysheid het dus nie sy oorsprong in ons nie, maar is eerder aan ons geopenbaar of bekend gemaak: dit is iets wat ons leer, iets wat aan ons geleer word, nie iets wat ons uit onsself kan genereer nie. Waarlik, om in ons eie lig te wandel, is soos om in duisternis te leef. Ons het geleer dat Jesus die ware Lig is, wat lig gee aan elke mens (Joh. 1:9). Elke mens het dit ook nodig. 32

4 DINSDAG 20 Januarie Verbly jou in die Skepping In Genesis 1 sien ons dat elke afgehandelde stuk skeppingswerk met dieselfde refrein afsluit: En God het gesien dit was goed (lees Gen. 1:4, 10, 12, 18, 21, 25, 31). Die laaste stap (vers 31) gaan egter verder: Dit was baie goed. Die Hebreeuse woord vir goed sluit iets van vreugde en genot in, en dit impliseer ook n verhouding. Aan die einde van die hele skeppingsweek kom God tot rus om Sy volle skepping te geniet (Gen. 2:1 3). Hierdie rustyd, die Sabbat, word geseën. Op dieselfde wyse sluit ons gedig af met die wysheid om die skepping te geniet. Lees Spreuke 8:30, 31. Waarom word daar vreugde in wysheid gevind? Die vreugde van wysheid is n weerkaatsing van die vreugde wat God in Sy skepping gehad het. Hierdie vreugde word nie slegs daagliks (elke dag) met elke stap van die skepping ervaar nie, maar dit span ook die kroon op die skeppingswerk toe die skepping (van lewe op aarde) voltooi is. In Spreuke 8 vind ons die rede waarom daar vreugde in wysheid is: die mense was vir my n vreugde (vers 31). Aan die einde van die skeppingsweek, op die Sabbat, het God n verhouding met die mens begin. Die onmiddellike toepassing van hierdie goddelike verposing en vreugde, na die voltooiing van die werkweek, hou gevolge in vir die menslike ervaring van die Sabbat: Geskoei op die patroon van die Skepper, kan die mens terugkyk op sy afgehandelde werk, en vreugde, plesier en bevrediging daarin vind. Op hierdie wyse verbly die mens homself nie slegs in die skepping van God nie, maar ook in die verantwoordelike heerskappy oor die skepping; nie in die uitbuiting daarvan nie. Gerhard F. Hasel, in Kenneth A. Strand, The Sabbath in Scripture and History (Review and Herald Publishing Association, 1982), p. 23. Lees Kolossense 1:15 17, 2:3, Openbaring 3:14, en Johannes 1:1 14. Wat vertel hierdie teksverse ons van die rol wat Jesus in die skepping self gespeel het? Waarom is die rol wat Hy in die skepping gespeel het so belangrik om Sy rol as ons Verlosser te begryp? 33

5 WOENSDAG 21 Januarie Die Aantrekkingskrag van Wysheid Die laaste paar verse van hierdie spreuk keer terug na die persoonlike na die praktiese toepassing van wat dit beteken om wysheid te hê. Die intellektuele kennis dat wysheid reeds voorafbestaan het, dat wysheid reeds met die skepping teenwoordig was, is beslis diepgaande. Maar in die Bybel moet die waarheid altyd op een of ander punt afkom na die menslike vlak, en die wyse waarop ons reageer op dit wat aan ons gegee is in Jesus. Lees Spreuke 8: Watter boodskap, n saak om lewe en dood, word hier gegee? Die Hebreeuse woord wat as gelukkig vertaal word, beteken vol vreugde. In hierdie gedeelte word gelukkig aan twee stellings gekoppel. Die eerste een beskryf n handeling: Gelukkig is hulle wat my weë bewaar (vers 32). Soortgelyke taal word in Psalm 119:1 en 2 in verband met die wet gebruik: Welgeluksalig is die opregtes... wat in die wet van die Here wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar. Die tweede een beskryf n sekere benadering: Gelukkig is die mens wat na my luister (vers 34). In albei gevalle vereis dit n voortdurende poging. Dit is nie voldoende om slegs die regte pad te ontdek nie: ons moet dit onderhou. Dit is nie voldoende om slegs God se woord te hoor nie; ons moet daagliks waaksaam wees en dit, wat ons weet, navolg. Jesus stel dit so: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar (Lukas 11:28). Is hierdie geluk begeerlik, wat gevind word op die pad van ongehoorsaamheid en oortreding van die fisiese en morele wet? Christus se lewe wys die ware bron van geluk uit en hoe dit bekom kan word... As hulle inderdaad geluk wil smaak, behoort hulle met vreugde te smag om aan die werk gevind te word, besig om die arbeid te verrig wat hulle opgelê is, met pligsgetrouheid, hulle lewens en harte toegewyd volgens die volmaakte voorbeeld. Ellen G. White, My Life Today, p Geluk kan iets ontwykend wees; hoe meer ons daarna streef, hoe moeiliker blyk dit vir ons om dit te bekom. Waarom behoort getrouheid aan God, in teenstelling met die najaag van vreugde en geluk, ons eerste prioriteit te wees? Trouens, wat bring groter geluk (en waarom): om daarna te soek, of om eerste die koninkryk van God te soek? 34

6 DONDERDAG 22 Januarie Die Een of die Ander Met die strewe na wysheid, moedig die geïnspireerde skrywer van Spreuke 9 sy lesers aan om n keuse te maak tussen twee lewenswyses: wysheid of dwaasheid. Die eerste ses en laaste ses teksverse (Spr. 9:1 6, 13 18) is gelyklopend en kontrasteer die teenoorgestelde sienswyses baie goed. Vergelyk Spreuke 9:1 6 en Spreuke 9: Wat is die verskil tussen wysheid en dwaasheid? 1. Wysheid is doeltreffend en betrokke by die Skepping: sewe werkwoorde word gebruik om haar handelinge hier te beskryf: (verse 1 3). Die sewe pilare wat sy gekap het (vers 1), dui op die sewe skeppingsdae. In teenstelling hiermee sit dwaasheid en niks doen; sy gee voor om iemand te wees, terwyl sy in werklikheid pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig is (vers 13). 2. Alhoewel wysheid en dwaasheid tot dieselfde gehoor spreek (let op na die identiese verse 4 en 16), is dit wat hulle aanbied, twee heeltemal verskillende dinge. Wysheid nooi haar gaste uit om die brood en drank wat sy voorberei het, te kom geniet (vers 5). Dwaasheid bied niks aan om te eet of te drink nie; sy spog bloot met gesteelde voorraad (vers 17). 3. Wysheid maak n oproep om ons dwaasheid te laat staan, en sodoende, te leef. Dwaasheid is baie meer verdraagsaam; sy vra nie dat ons enigiets moet laat staan nie, maar die gevolg daarvan is die dood. Diegene wat wysheid navolg, sal vooruitstrewend wees; hulle sal die weg betree van verstand (vers 6). Die wat dwaasheid navolg, is staties, en weet nie (vers 18). Lees Spreuke 9:7 9. Hoe reageer die wyse en die dwase mens op die opdrag van wysheid? Wat maak die wyse mens wyser as die goddelose mens? Die sleutel tot wysheid is nederigheid. Die wyse mens is die een wat wil leer en met n oop gemoed en gedagte reageer op onderrig. Wysheid kom slegs na die een wat, soos n kind, wil leer en n behoefte daaraan het om te groei. Daarom leer Jesus op die mees eksplisiete manier: as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! (Matt. 18:3). 35

7 VRYDAG 23 Januarie Verdere Studie: Die Opperheerser van die heelal het Sy liefdewerk nie alleen gedoen nie. Hy het n deelgenoot gehad n medewerker wat Sy planne kon waardeer en kon deel in die vreugde om aan geskape wesens geluk te bring. In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Johannes 1:1, 2. Christus, die Woord, die eniggeborene van God, was een met die ewige Vader een van aard, een van karakter, een van doel Hy was die enigste wese wat kon meedoen aan die raadsbesluite en planne van God... En die Seun van God sê van Homself: Die Here het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af, van die voortyd van die aarde af... Toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het toe was ek n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd. Spreuke 8: Ellen G. White, Patriarge en Profete, p. 34. Vrae om te bespreek: Waarom is geloof in die Genesisverhaal oor die Skepping die grondslag van Bybelse wysheid? Waarom is die idee van evolusie in elke opsig in teenstelling met die Bybel? Bespreek die idee dat ware wysheid nie iets is wat ons in onsself kan genereer nie, maar wat aan ons geopenbaar moet word. Is daar voorbeelde van belangrike waarhede wat ons nooit sal weet nie, behalwe as dit deur goddelike inspirasie bekend gemaak word? Byvoorbeeld: hoe kon ons weet van Christus se dood aan die kruis en wat dit aan ons bied, tensy dit nie geopenbaar is nie? Wat van die sewendedag-sabbat, of die wederkoms? Op watter wyse, soos geopenbaar in Genesis 1, is God se werk n getuienis dat goed en kwaad nie gemeng kan word nie? Watter gevolge het jou antwoord op die idee dat die evolusie-wêreldsiening vermeng kan word met die skeppingsverhaal van Genesis? Hoe help die vreugde, wat ons uit God se skepping put, ons om n beter en dieper ondervinding van die Sabbat te hê? 36

8 Notas

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

*24 Februarie - 2 Maart

*24 Februarie - 2 Maart Les 9 *24 Februarie - 2 Maart Dankoffers SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Mattéüs 6:19 21; Efésiërs 2:8; I Petrus 4:10; Lukas 7:37 47; II Korintiërs 8:8 15; II Korintiërs 9:6, 7.

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Wat is kwaliteit-onderrig? Begronding van kwaliteit-onderrig As instelling op Bybelse grondslag kan ons nie

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

Die Wese van Effektiewe Gebed

Die Wese van Effektiewe Gebed Die Wese van Effektiewe Gebed Kay Arthur, David & BJ Lawson PRECEPT MINISTRIES SOUTH AFRICA Die Wese van Effektiewe Gebed Hierdie is n spesiale Precept Ministries uitgawe Gepubliseer deur Precept Ministries

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Omdat U ons Vader is Groot in almag bo die skepping

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

*17-23 Februarie. Die trefkrag van tiendebetaling

*17-23 Februarie. Die trefkrag van tiendebetaling Les 8 *17-23 Februarie Die trefkrag van tiendebetaling SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se studie: Markus 16:15; I Petrus 3:8, 9; I Korintiërs 9:14; Romeine 3:19 24. Geheueteks: Weet julle

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Les 10 *November 26 Desember 2 Die Gramskap van Elíhu SABBATMIDDAG Lees vir hierdie week se studie: Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Geheueteks: Want soos die hemel

More information

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die Hemele.

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die Hemele. Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg 1688-1772 Arcana Coelestia Geheime van die Hemele. 1. Deur die Goddelike genade van die Meester is die innerlikes, wat van my gees is, vir my

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) * OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

More information

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van

More information

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan Toe die Aarde voortgebring is uit die hand van die liefdevolle Skepper, was dit volmaak geskape. Elke gras halm en elke blaar en elke skepsel van die grootste

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 97 Die HERE is 'n universele heilige Koning. Die Een wat sy heiligheid handhaaf... in Opperheerskappy en in vernietigende oorwinnende strafgerig Desember 2014 Ps-vooraf Ps 54: 1, 4; Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens.

More information

Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016

Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016 1 Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Gratis Fliekaand, Vrydag, 28 Julie 2016, in die Jeugsaal, bring sop en komberse en kom geniet die aand saam met ons! Ons gaan die fliek

More information

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning 4 Operasies Op Data 4.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doelwitte: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die 3 kategorieë van operasies wat op data uitgevoer word. Voer unêre

More information

Bespreking van Hoofstuk 1-3

Bespreking van Hoofstuk 1-3 Fool s Talk dr. Os Guinness Bespreking van Hoofstuk 1-3 Prof. Alwyn Swanepoel Inleiding Vergun my om met twee voor die hand liggende vrae in hierdie kring te begin: Wie is dr. Os Guinness? En: Val ons

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS 200. NG; A.P; AGS; en al die susters kerke 1) Julle glo aan n Drie enige God [ M.a.w. een Wese ] 2) Dat Jesus Christus die Here is [ M.a.w. Oud en Nuwe Testament ] 3) Dat Jesus die Middelaar en die redder

More information

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013 Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die

More information

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het

More information

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m30249 1 Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE

More information

Die heiligheid van seks

Die heiligheid van seks 978-1-77000-120-6_New.indd 1 2011/06/28 08:34:43 AM E e n Die heiligheid van seks Die huweliksdaad is daardie mooi en intieme verhouding wat op n ongeëwenaarde en unieke wyse deur n man en sy vrou in die

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information