en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Size: px
Start display at page:

Download "en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed"

Transcription

1 Johannes 10: /08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n bekkige klein seuntjie gehad en sê toe vir hom, as iemand vir jou iets oor ons vra moet jy sê, ons is arm. Ons het nie veel nie. Ander mense het baie meer as ons. Die 1e dag by die nuwe skool vra die juffrou vir die kinders in die klas om iets oor hulleself te skryf. Dis toe dat die bulletjie skryf Ons is baie arm, ek is arm, my pa is arm, my ma is arm, ons bediendes is arm, die man wat ons vliegtuig vlieg is arm almal van ons is arm. Hy het dit natuurlik in sy onskuld gedoen. Tog is daar grootmense wat net so dink soos hy Dis mense wat vir jou sal sê, ek is arm, my pa is arm, my ma is arm, ons bediendes is arm, die man wat ons plaas bestuur is arm, die mense wat ons vakansie-huis oppas is arm die ou wat ons beleggings hanteer is arm ons is almal arm. Dit is so dat ons almal maar n stukkie gierigheid in ons het n stukkie van - ek wil meer en meer hê... ek kry nooit genoeg nie Miskien wil een van julle nou vir my sê, wat is fout daarmee? Ons het dan vanoggend gelees dat Jesus sê, Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed beteken definitief nie dat ek aan die einde van die maand my sente moet omdraai om kos te koop, die water en ligte en te betaal, brandstof in te gooi en my huur te betaal nie. Die Engelse vertalings praat van abundance wat kan beteken - te veel n groot hoeveelheid meer as wat nodig is. Daar kan mos nie fout daarmee wees om meer en meer te wil hê as Jesus sê, Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed? Die Here belowe dit dan. Miskien moet die mense wat arm is of wat nie in oorvloed leef nie, die Here op Sy beloftes wys. Dalk moet mense wat te min het vir die Here daarop wys dat Hy voorspoed beloof, dat Hy oorvloed beloof... Die vraag is natuuurlik, wat beteken die oorvloed wat die Here beloof het... Moet ons dit net sien i.t.v. rykdom en besittings? As jy hierdie vers alleen lees, kan jy dit so verstaan. En dis ongelukkig hoe sommige mense met die Bybel omgaan. Hulle vat n bepaalde vers in die Bybel... haal dit dan letterlik uit die Bybel en sit dit langs die Bybel neer. En dan sê hulle dit is wat hierdie vers beteken. Wat hulle vergeet is dat elke vers in die Bybel, staan in n spesifieke boek en in n spesifieke hoofstuk

2 en op n spesifieke plek in daardie hoofstuk. Jy kan nie n vers uit die Bybel haal en dan sê, dit is wat hierdie vers beteken nie. Dis soos om n fliek in die middel te begin kyk of om n storieboek in die middel te begin lees. Jy gaan nooit presies weet wat aangaan, voor jy nie die hele fliek gesien- of voor jy die hele storieboek gelees het nie. Ons moet dus hierdie vers wat voorspoed beloof, saam met die res van die gedeelte lees en dan vra, wat bedoel Jesus as Hy op hierdie plek en binne hierdie konteks sê, Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed Ons moet dit ook saamlees met Jesus se - Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry... En ons moet dit saamlees met - Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. Eers as n mens na die hele gedeelte gekyk het, kan jy dalk beter verstaan wat met elke vers en elke woord bedoel word. Jesus het toe Hy op aarde was, graag stories vertel om goed mee te verduidelik. Hy het ook dikwels voorbeelde uit die alledaagse geneem om daarmee iets diepers oor te dra. In die gedeelte wat ons vanoggend gelees het en ook die gedeelte van volgende Sondag, gebruik Hy die voorbeeld van n herder en sy skape om iets diepers vir ons te sê. Volgende Sondag gaan ons spesifiek kyk na die herder en Jesus wat sê, Ek is die goeie Herder. Vandag gaan ons meer na die skape kyk en veral na Jesus se uitspraak, Ek is die Ingang... Hy sê, Ek is die Ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. Anders as vandag, was die herder en sy skape baie na aan mekaar. Hy was daar om hulle te beskerm en te sorg dat hulle genoeg kos kry. Hy het elke skaap op die naam geken. Hy het hulle nooit aangejaag nie, maar voor hulle uitgeloop en hulle geroep dan het hulle hom gevolg. Laat middag het jy gewoonlik n klomp herders gesien wat met hulle skape aangestap kom na die kraal toe. So n kraal kon van verskillende materiale gemaak word. In die meeste gevalle het die kraal nie n hek gehad nie, maar n blote opening. Dit was net so gat in die muur of n opening tussen die takke of waarvan die kraal ook al gemaak is. Die herder het die skape laat ingaan en dan het hy in die ingang geslaap. Niks of niemand kon in of uit, sonder om by hom verby te gaan nie. Jesus gebruik hierdie voorbeeld om vir ons te sê dat niemand gered kan word as jy nie deur Hom gaan of oor Hom gaan nie... Hy is die pad na die hemel Hy is die Ingang... Hy is ook die Uitgang want elke skaap moet eet. By die 1e geleentheid waar ons oor hierdie Ek is uitsprake gepraat het, het ons gesê dat ons ook geestelike kos nodig. Ons kan nie n die hemel

3 kom as ons nie van die Brood van die lewe eet nie en daardie Brood is Jesus. Wanneer Hy die skape uit die kraal uitneem, is die doel daarvan om die regte geestelike kos te kry... Ons leef in n tyd waar daar baie vals inligting oor Jesus versprei word. Ek praat nie net van ander gelowe wat Jesus glad nie aanvaar nie. Daar is teoloë en ander wetenskaplikes wat op allerhande maniere probeer bewys dat dit wat ons oor Jesus glo, verkeerd is Hy is nie uit n maagd gebore nie Hy is nie gekruisig nie Hy het nie opgestaan uit die dood nie Hy kom nie eendag weer nie Hulle soek n ander Ingang... Hulle soek n ander pad na die hemel. Ongelukkig is daar nie n ander Ingang nie. Jesus sê, Ek is die Ingang Ek wat na die aarde gekom het in die vorm van n mens Ek wat vir 33 jaar op hierdie aarde geleef het, Ek wat onder die haat en venyn van mense moes deurloop... deur Wie se hande en voete hulle spykers gekap het Ek wat 3 dae later uit die dood opgestaan het Ek wat eendag gaan terugkom na aardie aarde... Ek is die ingang; Daarom sê Jesus - Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. Wie nie hierdie Ingang gebruik nie, is n dief en n rower. Die Fariseërs wou dit nie glo nie. Hulle het nie gedink dis genoeg om in Jesus te glo en so die ewige lewe te kry nie. Hulle het gedink, Jesus plus die besnydenis sal genoeg wees om gered te word of Jesus plus die onderhouding van die Tien Gebooie. Jesus se dood aan die kruis was nie genoeg nie. Die Brood van die lewe wat Jesus aanbied, is nie genoeg nie. Daar moet nog n Ingang wees waardeur hulle eers moet gaan voordat hulle by die Ingang uitkom wat Jesus aanbied. Of ons dit wil weet of nie dit gebeur vandag nog. Ons kom dit agter wanneer iemand sterf. Dis dan dat jy mense hoor sê, dis só seer, maar gelukkig ons weet waar hy nou is want hy was só n goeie mens Broers en susters, hoe goed iemand was, het niks met die prys van eiers te doen nie Hy kon die beste mens op aarde gewees het en steeds die hemel totaal mis. Die enigste vraag wat na jou dood aan jou gevra sal word is, deur watter Ingang - Ingang met n hoofletter - deur watter Ingang het jy gedurende jou lewe in en uit gegaan en het jy van die weiding geëet - van die Brood van die lewe wat die Herder voorsien het? Dis wat nodig is om in die hemel te kom. Maar hoef n mens dan glad nie goed en reg te leef nie? Natuurlik Die punt is, as jy by die regte Ingang in- en Uitgaan en as jy elke dag die regte Kos eet en die regte Lig gebruik, sal dit vir jou maklik wees om

4 goed en reg te leef. Ek het nog nooit in my lewe iemand gesien wat naby die Here leef wat n slegte mens is nie, juis omdat hy die Here liefhet met alles wat hy het en sy naaste soos homself. Wanneer jy in só n verhouding met die Here leef, begin jy anders na goed kyk... oorvloed is nie noodwendig meer goed wat jy met geld kan koop soos eiendom en karre en plase en vakansiehuise nie. Oorvloed is nie om elke dag by n oorlaaide tafel aan te sit om te eet nie. Wanneer jy in só n verhouding met die Here leef, wanneer Hy jou Ingang en Uitgang is, begin jy agterkom dat mense wat baie min het, partymaal ryker is as die rykste mense op aarde... dat n oorvloed liefde beter is as n oorvloed geld en dat n oorvloed vrede beter is as die duurste huis in die buurt... Jy begin agterkom dat oorvloed nie noodwendig baie of te veel beteken nie. As jy n huis het om in te bly, is jy beter af as miljoene mense op aarde... As daar kos in julle huis is, is julle beter af as 870 miljoen mense op aarde is wat tans ondervoed is. As jy gesond genoeg is om te werk en te leef... is jy beter daaraan toe as miljoene mense wat môre nie kan gaan werk omdat vakbonde besluit het om te staak of regerings besluit het om teen mekaar oorlog te maak. Toe Johannes hierdie stukkie geskryf het, was die lewe vir hom en ander gelowiges glad nie maklik nie. Hulle is vervolg en doodgemaak. Hyself is later na die eiland Patmos verban. Dit was n tyd van onsekerheid waar hulle elke dag vir hulle lewens gevrees het en vir hulle geloof gemartel is. As Jesus vir hulle n lewe in oorvloed beloof, sou hulle dit verseker nie verstaan het i.t.v. materiële rykdom of besittings nie, maar eerder i.t.v. sekerheid en hoop wat daar vir hulle in Jesus is... Hulle het immers gesien hoe Hy gekruisig is... Hulle het Hom gesien nadat Hy uit die dood opgestaan het... Van hulle het gesien hoe Hy opvaar hemel toe nadat Hy vir hulle gesê het Ek kom een of ander tyd weer terug... Hulle oorvloed het in Jesus gelê. En dis waartoe Jesus vir jou en my uitnooi n oorvloedige lewe in Jesus Christus. Paulus sê in 1 Kor 15 as ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. Jesus nooi ons uit om deel te hê aan Sy oorvloedige beloftes - Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed Ek wil afsluit met n storie wat Zig Ziglar vertel. Zig Ziglar is n motiveringspreker wat ook n boek geskryf het oor n oorvloedige lewe met die titel - Over the Top. In die boek vertel hy van n man met die naam, Charlie Wedemeyer van Los Gatos in California. Charlie Wedemeyer het

5 n hoërskool voetbalspan afgerig. Hy was die enigste afrigter wat dit nog ooit kon regkry dat sy span n baie groot liga gewen het. Zig Ziglar het eenkeer n oefening van Charlie en sy span gaan bywoon. Hulle het terwyl sy span besig was om te oefen, langs die veld gesit en gesels. Kort-kort het die hulpafrigter van die veld af na Charlie toe gekom en vir hom vrae gevra oor aanval en verdediging. Charlie het t.s.v. hom en Zig Ziglar se gesprek, nooit sy oë van die veld afgehaal nie. Hy kon dus elke keer as die hulpafrigter vir hom iets vra, presies vir hom sê wat hulle moet doen. Wat Zig Ziglar daardie dag vir die 1e keer gesien het was dat Charlie Wedemeyer kan net sy oë beweeg. Hy het Lou Gehrig s se siekte gehad wat hom fisies so aangetas het dat hy net sy oë kon beweeg het. As hy gepraat het, het daar geen klank uit sy mond gekom nie. Sy vrou kon sy lippe lees en dan het sy vir die mense gesê wat hy sê. En tog het hy, t.s.v. hierdie geweldige siekte n vol lewe gelei. Hy het rugby afgerig, gereeld praatjies in skole en kerke en by besighede en tronke gehou. Hy het oral waar hy gepraat het soos ek gesê het, met die hulp van sy vrou n sterk boodskap van geloof en hoop en n moet nooit moed opgee gebring nie. Zig Ziglar skryf... Charlie lives an abundant life, despite his circumstances. Hy het vrede in die Here gevind. Hy het sekerheid in die Here gevind... Sy oorvloed het in die Here gelê. Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry... Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Amen.

6

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3 Maart 2010 Nommer 88 Kom luister en dink saam! Het u onlangs na die nuwe webwerf (www.christelikebiblioteek.co.za) gekyk? Ek hoop u is saam met ons opgewonde oor die nuwe moontlikhede wat dit ons bied

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON 1 DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON ` Laat ons ons hoofde buig. Here, soos ons hierdie mooi Paasoggend hier bymekaar kom, kyk hoe die botseltjies hulle pad oopbeur, die bye wat

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA 1988-04-22 DIE STAAT teen PATRICK MABUYA 3ALEKA EN 21 '&' ANDER VOOR: SY SDEL3 REGTER VAN DIJKHORST^

More information

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Dirkie Liturg Liturg Seëngroet Gebed Liturg Oproep tot lof Gister was vir my n slegte dag...kry julle

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

CC 123/ B NTTTTiT. between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel. armed, towards Boipatong through the main gate. -- No.

CC 123/ B NTTTTiT. between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel. armed, towards Boipatong through the main gate. -- No. K/C 168.1049 CC 123/93 2 892 B NTTTTiT between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel armed, towards Boipatong through the main gate. -- No. There was also evidence by these gentlemen

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

Buite Die Laer Uitgaan

Buite Die Laer Uitgaan BUITE DIE LAER UITGAAN 1 Buite Die Laer Uitgaan ` Laat ons net n oomblik bly staan. Dierbare God, ons is dankbaar teenoor U vir hierdie nog n voorreg om in die huis van God te staan en die lewende God

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

GAAN VERTEL MY DISSIPELS GAAN VERTEL MY DISSIPELS, Dit is n voorreg, inderdaad, om na die huis van God in hierdie vroeë môre te kom, en ons Here te aanbid, ons opgewekte Christus. O, was Ek het net n rukkie terug ingekom. Ons

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture 78 9780636119918_SG_6_L_FR TXT.indb 78 2012/07/25 3:34 M Lesreeks 7 Praattyd: Praat oor die prent Kyk na die diere rondom die prent. Sê hulle name hardop. Soek dan

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Les 10 *November 26 Desember 2 Die Gramskap van Elíhu SABBATMIDDAG Lees vir hierdie week se studie: Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Geheueteks: Want soos die hemel

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is Deel een Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is Hoofstuk een God en menslike lyding V oel jy soms asof God nie omgee wat met jou en die wêreld gebeur nie? Dit is moeilik om so n gedagte hardop uit

More information

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van

More information

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30] MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans Examiner Mr. Ellis Leesbegrip en Taal Date 8 June 2017 Total marks 45 Marks Session 1 Duration 1 11 Hours 22 Grade 4 Moderator Mrs. Pienaar Special instructions/

More information

WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS

WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS Die evangelie van Jesus Christus was nooit bedoel om bloot geglo en vertel te word nie. As ons dit regtig glo, moet ons dit ook leef en doen. Die evangelie is bedoel vir

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER .-- v *>?*; (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^82/85 DELMAS 1986-03-06 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSORE; MNR. W.F. KRUGEL

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Maria salf Jesus se voete

Maria salf Jesus se voete Maria salf Jesus se voete Kinders kry die belewenis dat Maria iets kosbaar vir Jesus gegee het en dat hulle ook iets kosbaars vir Jesus kan gee om dankie te sê vir wat Hy vir elkeen van hulle gedoen het.

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond Shama Ministries 2017 Bladsy 1 Voorblad Hettie Erasmus Jesaja volgens Rafael INHOUD Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond... 6 Inleiding... 6 Hoofstuk Een... 10 My verstaan

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information