MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Size: px
Start display at page:

Download "MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3"

Transcription

1 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121 : 2, 3 Skriflesing: Matteus 18:1-9 (AV 1983/91) Teks: Matteus 18:2-4 (AV 1983/91) Preek: God spreek grootmense deur klein kindertjies aan Gebed Kollekte Skrifberyming 15 (16-1): 1, 2, 3 Seën Skrifberyming 13-3 (78) Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 1

2 Is dit nog vandag n probleem - dat Christene onder mekaar wedywer om die belangrikste te wees in die koninkryk van die hemel? - dat lidmate of ampsdraers in n gemeente ook sommetjies maak om te bepaal wie nou eintlik die grootste in hierdie kring is? Ons moenie te gou Nee sê nie. Natuurlik weet ons nie of individue in hulle harte dink dat hulle vir die Here belangriker is as ander broers en susters nie, maar wat van die redelik wyd-verspreide idee in kerke dat ouderlinge (byvoorbeeld) belangriker is as diakens? En is dit nie so dat party grootmense dink dat hulle belangriker is as die kinders nie? En is dit nie so dat ons iemand wat sekere werk in die kerk doen, of sekere posisies beklee, tog maar as n bietjie groter en belangriker as ander beskou en behandel nie? Wat ook al van hierdie ambisie om belangrik te wees in die kerk oorgebly het, word hier deur die Here Jesus by die wortel aangetas as Hy grootmense leer om hulle deur klein kindertjies te laat aanspreek. Dís wat ons hier hoor: God spreek grootmense deur klein kindertjies aan. Kom ons kyk eers na die dissipels se vraag, en dan na Jesus se antwoord, om dan aan die einde weer te kyk na wat dit alles vir óns ook sê. 2

3 1. DIE DISSIPELS SE VRAAG Die dissipels het vir Jesus gevra: Wie is die belangrikste/grootste 1 in die koninkryk van die hemel? Eintlik het die Here Jesus die vraag uit hulle getrek, want as n mens Markus en Lukas se weergawe van hierdie episode lees, 2 dan sien jy dat die dissipels vooraf met mekaar gestry het oor wie van hulle nou eintlik die belangrikste is, en eers nie wou antwoord toe die Here Jesus hulle vra waaroor hulle gepraat het nie. Maar Hy weet mos alles wat mense dink en praat, en daarom moes hulle maar uitkom met hulle vraag oor wie van hulle vir die Here as Koning die belangrikste is. Waar kom so n vraag vandaan? Dis baie moontlik dat hulle gedink het dat die Here Jesus een of ander tyd 3 wyd aanvaar gaan word as die Messias wat God vir Sy volk belowe het, en dat Hy dan as Koning van Israel gesalf gaan word, en dat hulle dan allerhande poste in hierdie aardse koninkryk van Jesus sou beklee miskien n minister, of die hoof van Sy weermag, of n belangrike ambassadeur, of dalk nog Sy eerste minister! 4 1 AV 1933/53 2 Mark 9:33-37; Luk 9: Miskien na Sy opstanding, wat hulle op hierdie stadium nog nie verstaan het nie Mark 9:30-32). 4 Sien bv hulle vraag na Sy opstanding in Hand 1:6 3

4 Dat hierdie onderwerp nie net hierdie een keer in n gesprek tussen die dissipels opgeduik het nie, blyk uit die feit dat twee van die dissipels, Johannes en Jakobus, by n ander geleentheid saam met hulle ma na Jesus toe gekom het, en sy vir Jesus gevra het of haar twee seuns in Sy koninkryk langs Hom kan sit een aan Sy regter- en een aan Sy linkerkant! 5 En selfs daardie aand voor Jesus gevange geneem is, daar aan tafel toe Hy en Sy dissipels saam die pasga geëet het en Hy die nagmaal ingestel het, was daar onenigheid onder die dissipels oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word. 6 Wat n verskriklike vraag: - n paar mensies wat van genade leef, wat in die teenwoordigheid van die Here Jesus stry oor wie van húlle die grootste is! - n paar maantjies wat in die teenwoordigheid van die son stry oor wie van hulle die helderste is! Wat antwoord Jesus hulle? 2. JESUS SE ANTWOORD Daar s twee dele in hierdie antwoord van die Here Jesus. Een deel is wat Hy doen en die ander deel is wat Hy sê. 5 Mat 20: Luk 22:24 4

5 Eerstens doen Hy iets: - Hy roep n kindjie daar na hulle toe; n klein kindjie (sê die term wat hier gebruik word); - en Hy laat die kindjie tussen hulle klomp grootmense staan, en watter lieflike gebaar (wat Markus vir ons beskryf 7 ) Hy sit Sy arms om hierdie kindjie. Dis wat Jesus dóén. Hy gaan Sy dissipels nou iets leer met n sigbare voorbeeld. Hy gaan aanskoulike onderwys gee. En net in dit wat Jesus doen, voordat Hy nog n woord sê, begin die les wat Sy dissipels moet leer, al klaar. Dit wat Hy doen, wys al klaar vir hulle dat hierdie vraag nie n geleerde antwoord nodig het nie. Hy hoef hulle nie eenkant toe te vat vir n lang en diepsinnige bespreking van hierdie kwessie nie. Hy hoef hulle nie (om dit so te sê) hoër te vat en hoër te laat kyk vir Sy antwoord nie; nee, hulle moet eintlik so n bietjie afkom aarde toe, so n bietjie laer kyk vir die antwoord op hulle vraag. 7 Mark 9:36 5

6 Hulle hoef nie professorale advies te kry oor hierdie saak nie; hulle kan sommer by n kindjie kom leer. Die eerste deel van Sy antwoord lê in wat Hy doen. Die tweede deel van Sy antwoord is wat Hy volgens verse 3-4 gesê het: Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. Daar moet by hulle (so leer Jesus hulle) n verandering kom, n bekering. Onthou nou dadelik dat hierdie soort verandering, bekering, net by n mens kan plaasvind wie se sondes deur die Here Jesus se offer aan die kruis vergewe is en dit gebeur wanneer jy opreg glo dat Hy vir jou ook aan die kruis gesterf het, dat Hy Homself so diep vir jóú ook verneder het; en dit kan net gebeur by n mens wat deur die Heilige Gees geestelik lewend gemaak is, sodat jy nou n mens is wat wíl wat God vir jou lewe wil... Jesus sê dat hierdie hoogheid-soekende dissipels van Hom innerlik moet verander. Hulle moet afsien van hulle kompetering vir belangrikheid. En hulle moet soos die kindertjies word. 6

7 Maar nou moet ons dit reg verstaan: - dit gaan nie daaroor dat volwasse gelowiges in alles soos kindertjies moet word nie, maar in een bepaalde faset. Klein kindertjies is partykeer stout, selfs moedswillig stout. Natuurlik mag ons nie daarin soos kindertjies wees nie. Klein kindertjies is ook in baie sake nog onkundig en naïef. Jesus gee ons nie met hierdie uitspraak die reg om onkundige en naïewe volwasse gelowiges te wees nie. Party volwasse gelowiges misbruik hierdie uitspraak van Jesus, hulle haal dit uit sy konteks uit, en maak dit n verskoning vir hulle geestelike luiheid: - hulle lees en bestudeer nie die Bybel nie; - hulle worstel nooit om ook die moeiliker dinge wat die Here in die Bybel vir ons bekend gemaak het, te verstaan nie; - en hulle verskoning is: ág, ek glo maar net soos n kindjie! Dit gaan hier nie oor kinders se onkunde en naïwiteit nie. Dit gaan hier oor die eienskap van n klein kindjie wat spesifiek in daardie situasie wat Jesus by daardie geleentheid geskep het, gesien kon word: - die skugterheid en die besef van eie kleinheid. 8 8 Op ander plekke word ook die onvoorwaardelike geloof/vertroue van kindertjies vir ons aanbeveel wanneer Jesus sê dat ons die koninkryk van die hemel soos hulle moet ontvang (bv Mark 10:15), met ander woorde sonder huiwering en vrae. 7

8 Hoe dink u gaan n klein kindjie reageer as jy hom/haar skielik tussen tien of meer volwassenes laat staan en hulle almal kyk vir hom/haar? Feitlik alle kindertjies gaan verleë voel en wil wegbeur, want in so n situasie beleef n kind sy/haar kleinheid en geringheid tussen hierdie volwassenes baie sterk. Dis belaglik, eintlik ondenkbaar, om te dink dat n kindjie in so n situasie sal wil praat oor wie van hy/sy of hierdie grootmense nou eintlik die belangrikste is! Tussen so n klomp grootmense weet klein kindertjies intuïtief dat hulle in hierdie kring die geringstes is. En dáárdie gevoel en dáárdie besef wat klein kindertjies in so n situasie beleef (sê Jesus) moet by die burgers van Sy koninkryk wees. In hiérdie opsig dat jy jou eie kleinheid besef en beleef moet Sy dissipels soos klein kindertjies word. En dis so belangrik dat, as jy nie hierin soos n kindjie word nie, enige gesprek oor n mens se posisie in die koninkryk van die hemel irrelevant word, want as jy jouself nie so laag ag soos wat n kindjie dit in daardie situasie doen nie, dan gaan jy nie eers in die koninkryk kom nie, laat staan nog enige posisie daarin beklee! 8

9 Maar wie soos hierdie kindjie word, is die grootste en belangrikste in die koninkryk van die hemel. Wat is dit om groot te wees in die koninkryk van die hemel? Dis iets anders as om groot te wees in aardse sin. In die koninkryk van die hemel is dit nie belangrik hoeveel mense jy kan beïnvloed, of oor hoeveel mense jy een of ander verantwoordelikheid het nie, of hoeveel voordele jy kry nie, of hoeveel erkenning vir jou gegee word nie, of hoeveel van die ander jy in een of ander opsig kon oortref nie. Maar groot en belangrik in die koninkryk beteken dinge soos die volgende: - dat jy leeg genoeg is van jouself om groot hoeveelhede van die geestelike rykdomme wat van die Here af kom, in jou te kan dra, byvoorbeeld van Sy liefde wat Hy in harte uitstort; - en dat jy so afgesien het van jou eie planne en ambisies, dat jy in die grootste mate beskikbaar is vir die werk wat die Here kies om jou in Sy kerk en koninkryk te laat doen; - dat jy jouself nou so laag in die koninkryk sien, dat jou verwondering en blydskap eendag baie groot gaan wees as die Here jou in die lewe hierna as koning gaan laat heers saam met Jesus Christus! 9 Wie s die grootste in die koninkryk van die hemel? 9 Dan 7:18, 27; 2 Tim 2:12; Openb 1:6; 2:26-27; 3:21; 5:10; 20:4, 6; 22:5 9

10 Die mense wat hulle kleinheid in die koninkryk van die hemel besef, soos wat klein kindertjies hulle kleinheid beleef as hulle skielik tussen n klomp grootmense staan. So spreek die Here Jesus deur klein kindertjies grootmense in Sy kerk se gewaande grootheid en belangrikheid aan. 10 TOEPASSING n Mens kan op verskillende maniere groot en belangrik probeer wees in die kerk, byvoorbeeld: - deur te dink dat sekere take benede jou is; - of deur dit wat jy doen só te doen dat soveel as moontlik mense daarvan kennis neem en jou dus kan prys as jy dit goed doen; - of deur ander gemeentelede as benede jou te beskou en op fyn maniere neerhalend en neerbuigend teenoor hulle te wees, byvoorbeeld die mense wat in die samelewing op n laer sportjie as jy staan; of die mense wat nie so baie geld soos jy kon bymekaarmaak nie; of die mense wat jonger as jy is, minder ervare; of dié wat al geestelike skandes begaan het; - of deur te voel dat jou opinie/wens meer gewig moet dra as dié van ander mense; - of deur te reken dat hoe dinge in die gemeente jóú raak, belangriker is as hoe dit ánder raak. 10 Vgl ook Mat 20:26-27; Luk 22:26; Rom 12:10; Flp 2:3; 1 Pet 5:5 10

11 Om van hierdie sondige strewe na grootheid en belangrikheid ontslae te raak, hoef ons nie n geleerde uiteensetting van die Teologiese Skool in Potchefstroom aan te vra nie. Ons kan sommer hier op die kerkterrein n klein kindjie roep om skielik tussen n klomp grootmense te kom staan en dan almal vir hom/haar te kyk, en dan uit daardie kleintjie se verleë skugterheid te leer wat ons harte moet voel as ons aan ons plek in die koninkryk van die Here dink. Dis die Here wat kindertjies in n gemeente op hierdie manier gebruik, veral om die grotes en belangrikes in die gemeente aan te spreek. Kom ons sien elke week hierdie lessies hier tussen ons raak. En kom ons word hier binne so klein soos kindertjies, sodat ons in die koninkryk van die hemel sal kan ingaan en by die Here groot kan wees. Dis tog die enigste groot-wees wat saak maak AMEN 11

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 107:9, 10 (p. 535) 9 Angs was daar by verfloudheid, / maar hul geroep het God verhoor in die benoudheid, / met wending van hul

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14 0 Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2 Markus 11:15-19 Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6 1 Samuel 20:24-34 Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10 Genesis 45:1-16 Week 4 genoeg? Bladsy 14 Lukas 10:38 42 Week 5 - Ruim

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3 Maart 2010 Nommer 88 Kom luister en dink saam! Het u onlangs na die nuwe webwerf (www.christelikebiblioteek.co.za) gekyk? Ek hoop u is saam met ons opgewonde oor die nuwe moontlikhede wat dit ons bied

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het

More information

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30) DIE HEILIGE GEES Doping in die Heilige Gees word ook beskryf as doping met die Heilige Gees, of vulling(vervulling) met die Heilige Gees, of om met die Heilige Gees vervul te wees. Hierdie pinksterseën

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m31862 1 Afronding * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie

More information

Handleiding vir Klein Groep Leiers

Handleiding vir Klein Groep Leiers 1 Handleiding vir Klein Groep Leiers Melkbosstrand Gemeente Inhoudsopgawe Inleiding...2 Les 1: Klein groepe is...4 Les 2: Om 'n klein groep te lei. Christelike leierskap...12 Les 3: Ons is hier, wat maak

More information

Die Wese van Effektiewe Gebed

Die Wese van Effektiewe Gebed Die Wese van Effektiewe Gebed Kay Arthur, David & BJ Lawson PRECEPT MINISTRIES SOUTH AFRICA Die Wese van Effektiewe Gebed Hierdie is n spesiale Precept Ministries uitgawe Gepubliseer deur Precept Ministries

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE

More information

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

ANTIPAS HEROUT Antipas, My getroue getuie (Op 2:13) ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13) No.43 ~ ~ ~ DIE LEWENDE GOD IS 'N HOORDER VAN GEBED Deel 2 : Oor gebedsverhoring al dan nie Nico van der Walt Ps 65:3 : O Hoorder van die gebed, tot

More information

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON 1 DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON ` Laat ons ons hoofde buig. Here, soos ons hierdie mooi Paasoggend hier bymekaar kom, kyk hoe die botseltjies hulle pad oopbeur, die bye wat

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS Moedergemeente SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS JAARTEMA: Is ek n Bybelmens? `N BUNDEL VAN MEES GELIEFDE TEKSTE 500 JARIGE FEESVIERING VAN DIE REFORMASIE 1517-2017 Voorwoord Baie welkom by hierdie 40-dae Bybellees-program!

More information

Die liggaamlike opstanding van Jesus

Die liggaamlike opstanding van Jesus Die liggaamlike opstanding van Jesus Inhoudsopgawe (Hou control in, plaas pyltjie op die onderwerp wat jou interesseer en links-kliek op die muis vir direkte toegang. Kom terug na Inhoudsopgawe deur Ctrl

More information

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

GAAN VERTEL MY DISSIPELS GAAN VERTEL MY DISSIPELS, Dit is n voorreg, inderdaad, om na die huis van God in hierdie vroeë môre te kom, en ons Here te aanbid, ons opgewekte Christus. O, was Ek het net n rukkie terug ingekom. Ons

More information

CC 123/ B NTTTTiT. between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel. armed, towards Boipatong through the main gate. -- No.

CC 123/ B NTTTTiT. between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel. armed, towards Boipatong through the main gate. -- No. K/C 168.1049 CC 123/93 2 892 B NTTTTiT between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel armed, towards Boipatong through the main gate. -- No. There was also evidence by these gentlemen

More information