JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Size: px
Start display at page:

Download "JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20"

Transcription

1 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se regverdigheid en barmhartigheid is groter as wat baie mense dink Gebed Kollekte Psalm 71 : 9, 12, 14 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 85 Sb 24 (1-1) : 1, 2 Sb 61(1-3)

2 2 Word n mens deur strafgerig en geregtigheid verlos? Word n mens dan nie deur liefde en barmhartigheid verlos nie? As n mens sulke vrae vra, dan wys dit iets van n misverstand oor God se regverdigheid en Sy liefde. Eintlik is dit twee misverstande waaroor dit gaan en wat jy nogal by baie mense kry: - die onderskatting van God se regverdigheid; - en die onderskatting van Sy barmhartigheid Sy liefde. Die lig wat die Heilige Gees ons in die Bybel hieroor gee en wat hier in die kerk se belydenis in eie woorde agterna gesê word, laat n mens besef dat God se regverdigheid en Sy barmhartigheid groter is as wat baie mense dink. Dis wat vanaand se preek wil sê: God se regverdigheid en barmhartigheid is groter as wat baie mense dink. Kom ons kyk na dié twee misverstande en na die lig wat vanuit die Skrif hierop val. 1. DIE EERSTE MISVERSTAND Die eerste misverstand onderskat God se regverdigheid. In baie mense se gedagtes beteken vergewing van sondes dat God sondes sommer maar net oorsien, dat Hy maak asof dit nie gebeur het nie, of asof Hy dit nie gesien het nie. Maar dis nie die waarheid nie. God kan nooit so wees nie! Dink n bietjie wat sonde is. Sonde is om ongehoorsaam te wees aan God om die hoogste gesag in die heelal te minag. Sonde is oortreding van die wette van God - wette wat met volmaakte wysheid gemaak is en wat honderd persent regverdig is;

3 3 - wette wat gegee is met die doel om mense die lewe te laat lewe soos wat God bedoel het dat dit gelewe moet word, in vrede en harmonie met God en met mekaar. Sonde is om hierdie volmaakte wette te oortree. Sonde is om doelbewus die duiwel se verwringing van die lewe te kies en die pad van liefdeloosheid en verdeeldheid en vyandskap. Sonde is om die Een wat jou alles wat mooi en goed in jou lewe is, gegee het, se wil te ignoreer, om die teenoorgestelde daarvan te doen. Sonde is om die mooiste en grootste en hoogste wat daar is die majesteit van God te skend. Hoe kan Een wat volmaak is, sulke dinge ooit sommer net oorsien? Hoe kan die hoogste Koning en Wetgewer sulke ongehoorsaamheid aan volmaakte wette en sulke opstand teen Hom sommer net los? As Hy dit sommer net los, gaan die hele wêreld onderstebo gekeer word, gaan daar totale chaos kom! Hoe kan die Regverdige maak asof Hy onregverdighede nie raaksien nie? Hoe kan die hart van die Een wat uit volmaakte liefde alles wat mooi en goed is vir mense wat Hý gemaak het, gegee het, dit nie voel as daar op Sy goedheid getrap word nie? Hoe kan die Besitter van die mooiste en die grootste en die hoogste majesteit maak sof dit niks is as nietige klein mensies dit met vyandige harte en vuil hande wil skend nie? Wat se God sou dit wees wat Sy oë toeknyp vir sulke dinge?! Die God van die Bybel is nie so nie. Dit verstaan jy baie duidelik as jy die geskrifte van die profete lees, onder andere die boek van die profeet Jesaja. Sommer hier in die eerste hoofstuk is dit al duidelik dat God Sy volk, wat in allerhande sondes verval het, nie gaan los dat hulle maar op hulle sondepad kan voortgaan nie.

4 4 Hy gaan hulle straf: - Hy gaan Hom wreek op hulle. 1 - Hy gaan die oortreders verbreek. 2 - Die wat Hom gelos het, gaan omkom. 3 - Die wat aan afgodsdiens deelneem, gaan nie net in die skande kom nie, 4 maar verdroog soos n tuin sonder water 5 en brand sonder dat iemand die vuur blus! 6 Die straf waarna hier verwys word, was uiteindelik die Babiloniese ballingskap van die Here se volk, toe Nebukadnesar met sy leër gekom het en die hele land ingeneem het en verwoes het, mense doodgemaak het, Jerusalem ingeneem het en die tempel van die Here en die koningspaleis en die hele stad afgebrand het. Hierdie profesie van die straf wat sou kom, het toe werklikheid geword. Die regverdige God stráf sonde! Maar weet u wat die verstommende van hierdie hele strafgeskiedenis was? Dat dieselfde straf wat die onbekeerdes en mense met verharde harte vernietig het, by die ware kinders van die Here heeltemal n ander uitwerking gehad het. Húlle is daardeur gelouter, skoongebrand. Hulle t verstaan dat hulle sondes hierdie straf verdien het, en het hulle daarvan bekeer en weer begin om die Here reg te dien en te gehoorsaam, soveel so dat dat toe die Here hulle uiteindelik na hulle land toe laat terugkeer het, daar weer tye gekom het wat Jerusalem regtig n stad van geregtigheid was n stad waarin die Here se wil en Woord die oorhand gehad het. Israel, Jerusalem, Sion, is nie verlos deurdat die Here gemaak het asof die sonde nie gedoen is nie, of asof Hy dit nie raakgesien het nie. 1 Vers 24 2 Vers 28 3 Vers 28 4 Vers 29 5 Vers 30 6 Vers 31

5 5 Sion is verlos deur strafgerig en dié wat tot die Here teruggekeer het deur Sy brandende geregtigheid! Die Here verlos deur te straf, deur volmaak regverdig te wees en te bly. Is dit nie uiteindelik die verhaal van Jesus Christus nie? God sien niemand se sondes oor nie, selfs nie eers dié van die mense wat vir ewig Sy kinders gaan wees nie. Hy sien al hulle sondes raak en verstaan met volmaakte insig en evaluering die boosheid daarin. En Hy straf dit volledig, tot die laaste greintjie straf toe. Maar Hy straf húlle (Sy uitverkore kinders) nie daarvoor nie. Hy straf Sy eie Seun wat n ware mens ook geword het, Jesus Christus, in hulle plek daarvoor. Hý voldoen vir hulle aan die eis van God se regverdigheid, die eis dat alle sonde volledig gestraf moet word. Daarom moes Hy so verskriklik diep en so intens ly: om die volledige straf te dra. En nou is al die uitverkorenes elke mens wat deur die Heilige Gees daartoe gebring is om te glo dat Hy dit vir jou gedoen het vry. Ons hoef nie meer gestraf te word nie, want ons straf is klaar vir ons gedra. Ons sonde staan nie meer in God se boeke teen ons nie. Dis weggevat, betaal, n afgehandelde saak. Ons is deur Christus so bely ons hier nou die allerbitterste lyding en sterwe en die ewige vervloeking kwytgeskeld en die onsterflikheid en die ewige lewe gegee. Verlossing deur straf, deur geregtigheid. God los sonde nie.

6 6 Hy sien dit nie oor nie. Hy maak nie asof dit nie bestaan nie. Hy s te regverdig daarvoor! Hy s so volmaak regverdig dat daar in Sý heelal nie een stukkie kwaad en boosheid is wat nie volledig, presies soos wat dit verdien, gestraf word nie. Al straf Hy dan vir Sy kinders se sondes n Plaasvervanger, Iemand in hulle plek maar Hy straf! God is regverdiger as wat mense dink. Hy verlos, maar deur strafgerig, deur met volmaakte geregtigheid elke sonde ten volle te straf. 7 Maar daar s ook n tweede misverstand oor God, wat verband hou met hierdie eerste een 2. DIE TWEEDE MISVERSTAND Die tweede misverstand onderskat God se barmhartigheid. Weet u hoe stel party mense dit nou vir hulle voor as hulle hoor dat die regverdige God sonde haat en dit volledig straf? Hulle dink dat God die Vader die Een is wat kwaad is oor die sonde en wat dit wil straf, en dat God die Seun, Jesus Christus, die Vader namens ons gaan paai. Maar dis verkeerd. Dis verkeerd omdat God die Seun én God die Heilige Gees net so vurig soos die Vader teen alle sonde en onreg en boosheid is en dit met net so veel brandende geregtigheid soos die Vader gestraf wil sien! 8 Maar dis veral verkeerd omdat dit God se barmhartigheid verklein. 7 Vgl ook Jes 4:4. Hierdie moet ons net nie laat dink dat God behae in straf het nie. Vgl Calvyn in sy kommentaar op Jes 1:24: For as nothing is more agreeable to his nature than to do good, so whenever he is angry with us and treats us harshly, it is certain that our wickedness has compelled him to do so, because we do not allow his goodness to take its free course. 8 Vgl bv Mat 23:13-38; Jes 4:4

7 7 Dit doen dit op twee maniere. In die eerste plek deur dit te laat lyk asof barmhartigheid en regverdigheid in Sy binneste moet baklei vir n plekkie, sodat hoe meer barmhartigheid daar is, hoe minder plek vir regverdigheid daar is, en hoe meer regverdigheid daar is, hoe minder plek vir barmhartigheid. Dis nie so nie. In God se binneste is volmaakte regverdigheid en volmaakte barmhartigheid altyd honderd persent daar en in volmaakte harmonie met mekaar. In die tweede plek verklein hierdie manier van dink (dat die Seun die Vader moet paai) God se barmhartigheid deurdat dit miskyk dat Jesus se vrywillige dood aan die kruis net so veel die liefde van die Vader is as wat dit die liefde van die Seun, ons Here Jesus Christus, is. U ken mos almal Johannes 3:16: Want so lief het God (= God die Vader) die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het En ken u 1 Joh 4:9? Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God (= God die Vader) sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 9 Ons kerke bely dit hier in NGB 20 só: Hy (= God die Vader) het immers sy Seun deur die mees volmaakte liefde vir ons in die dood gegee Wie s daar wat ooit sal kan peil wat dit die volmaakte Vader gekos het om Sy volmaakte Seun met die swaarste straf denkbaar te straf en dit om slegte mense te red, 10 en nie omdat Hy om een of ander rede móés nie, maar omdat Hy dit wóú doen, omdat Sy hart so ís: - barmhartig; - vol van die sagste en getrouste liefde wat daar ooit kan wees. God is nie net regverdiger as wat baie mense dink nie, maar ook oneindig barmhartiger as wat enige een van ons ooit sal verstaan! 9 Vgl ook Rom 5:8; 2 Kor 5:19-21; Tit 3:4; 1 Joh 4:19 10 Rom 5:8

8 8 TEN SLOTTE Dis vir ons moeilik om reg aan God te dink. Ons dink byvoorbeeld te klein van een van Sy wonderlike deugde of eienskappe, byvoorbeeld van Sy mag van wat Hy kan doen, of van die wysheid waarmee Hy alles bestuur, of van Sy getrouheid asof dit tog iewers moet ophou. Of ons dink so maklik eensydig aan Hom, byvoorbeeld - ons sien net Sy bereidheid om ons te vergewe raak, en dan word Hy vir ons so n goedige alles-duldende Figuur daarbo, wat tog nooit regtig mense in n ewige hel sal laat brand nie - of ons sien net Sy streng regverdigheid raak, en begin dan n angs vir Hom ontwikkel hierdie harde God wat enige mens enige oomblik kan tref met die allerverskriklikste strawwe denkbaar! Ons dink eensydig aan Hom. Ook die nuutmaak van ons gedagtes oor God, wat die Heilige Gees besig is om by ons te bewerk, is nog ver van klaar af. Maar laat vanaand se preek dan vir u n aansporing wees om tog reg oor God te dink, om nie misverstande oor Hom te hê nie - om byvoorbeeld nie te dink dat Hy Iemand is wat sonde maar sommer net oorsien nie! - of om nie te dink dat Vader omgepraat moet word om ons lief te hê nie! As u aan God dink, moet u aan Hom dink as Een wat tot die laaste greintjie toe volkome regverdig is en gaan bly. En as u aan Hom dink, moet u aan Hom dink as die Vader en die Seun en die Heilige Gees wat een volmaak-barmhartige God is. Daar s min wat mense se lofsange tot die Here en aanbidding van Hom só kan aanhelp soos wat reg dink oor Hom doen AMEN

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing. Dan 9:20-24 Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing. Maart 2015 Skrifgedeelte: Dan 9:20-24 Ps 43: 3, 4 - vooraf

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013 Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 107:9, 10 (p. 535) 9 Angs was daar by verfloudheid, / maar hul geroep het God verhoor in die benoudheid, / met wending van hul

More information

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS 200. NG; A.P; AGS; en al die susters kerke 1) Julle glo aan n Drie enige God [ M.a.w. een Wese ] 2) Dat Jesus Christus die Here is [ M.a.w. Oud en Nuwe Testament ] 3) Dat Jesus die Middelaar en die redder

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Omdat U ons Vader is Groot in almag bo die skepping

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Les 10 *November 26 Desember 2 Die Gramskap van Elíhu SABBATMIDDAG Lees vir hierdie week se studie: Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Geheueteks: Want soos die hemel

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 97 Die HERE is 'n universele heilige Koning. Die Een wat sy heiligheid handhaaf... in Opperheerskappy en in vernietigende oorwinnende strafgerig Desember 2014 Ps-vooraf Ps 54: 1, 4; Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens.

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis 1.1 Die sondeval in die Paradys ongehoorsaamheid en die strewe om soos God te wees Sonde is strafbaar Kyk na die inhoud van Eksodus 34:6-7: En toe die HERE

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond Shama Ministries 2017 Bladsy 1 Voorblad Hettie Erasmus Jesaja volgens Rafael INHOUD Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond... 6 Inleiding... 6 Hoofstuk Een... 10 My verstaan

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3 Maart 2010 Nommer 88 Kom luister en dink saam! Het u onlangs na die nuwe webwerf (www.christelikebiblioteek.co.za) gekyk? Ek hoop u is saam met ons opgewonde oor die nuwe moontlikhede wat dit ons bied

More information

Buite Die Laer Uitgaan

Buite Die Laer Uitgaan BUITE DIE LAER UITGAAN 1 Buite Die Laer Uitgaan ` Laat ons net n oomblik bly staan. Dierbare God, ons is dankbaar teenoor U vir hierdie nog n voorreg om in die huis van God te staan en die lewende God

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid. Die misleiding van die gees van godsdienstigheid. Teks: Johannes 9:4, 5 en 39. So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. Terwyl

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap 31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap SAAMGESTEL DEUR JERIGO MURE GEBEDSNETWERK B l a d s y 2 INDEKS 1. Bid die Woord... 5 1.1 Hoekom ons die Woord moet bid... 6 1.2 Hoe om die Woord te bid... 6 2.

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21.

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21. Die seënspreuke in die Boek Openbaringe. Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21. 1. Inleiding op die Seënspreuke: Daar is sewe saligsprekings in die boek Openbaring.

More information

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

Die Wysheid van God. Adrian Ebens Die Wysheid van God Adrian Ebens Die Wysheid van God Adrian Ebens Gedruk in Suid-Afrika deur Maranatha Media Maranathamedia.com Geskryf in artikelformaat in Maart 2010. Uitgegee in boekvorm in Februarie

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is Deel een Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is Hoofstuk een God en menslike lyding V oel jy soms asof God nie omgee wat met jou en die wêreld gebeur nie? Dit is moeilik om so n gedagte hardop uit

More information

DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS of

DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS of 1 DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS of ONDERWYSING IN DIE CHRISTELIKE LEER Inhoudsopgawe Oorsprong van die Heidelbergse Kategismus...6 Hierdie dokument...7 Kopiereg...8 Ons enigste troos in lewe en in sterwe

More information

Drie jaar van Jesus se bediening

Drie jaar van Jesus se bediening Drie jaar van Jesus se bediening JAKOB LORBER BOEK 8 VAN 10 1 Voorwoord Jakob Lorber (1800, 1864) is gebore en getoë in die gedeelte van Oostenryk wat ʼn mens Stiermarken noem. Na sy opleiding as onderwyser

More information

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON 1 DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON ` Laat ons ons hoofde buig. Here, soos ons hierdie mooi Paasoggend hier bymekaar kom, kyk hoe die botseltjies hulle pad oopbeur, die bye wat

More information

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30) DIE HEILIGE GEES Doping in die Heilige Gees word ook beskryf as doping met die Heilige Gees, of vulling(vervulling) met die Heilige Gees, of om met die Heilige Gees vervul te wees. Hierdie pinksterseën

More information

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

ANTIPAS HEROUT Antipas, My getroue getuie (Op 2:13) ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13) No.43 ~ ~ ~ DIE LEWENDE GOD IS 'N HOORDER VAN GEBED Deel 2 : Oor gebedsverhoring al dan nie Nico van der Walt Ps 65:3 : O Hoorder van die gebed, tot

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS Moedergemeente SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS JAARTEMA: Is ek n Bybelmens? `N BUNDEL VAN MEES GELIEFDE TEKSTE 500 JARIGE FEESVIERING VAN DIE REFORMASIE 1517-2017 Voorwoord Baie welkom by hierdie 40-dae Bybellees-program!

More information

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES Beste kollega, Met die skryf van die reeks vir Pinkster 2008 is daar binne die volgende spanningsveld beweeg: Terwyl die reeks moes fokus op gesinne,

More information

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Les 4 Goddelike Wysheid *17 23 Januarie SABBATMIDDAG Lees vir Hierdie Week se Studie: Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18. Geheueteks: Die Here het my berei as

More information

MODULE 2 LEWENSFASE 3

MODULE 2 LEWENSFASE 3 Die 2012 hersiene weergawe MODULE 2 LEWENSFASE 3 nuwe tekeninge nuwe aktiwiteite en ysbrekers nuwe les inhoud spanlede betrokke by hersiening van module 2 100% 94% 70% 7 5 maande lank geneem om module

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: 23. Die Bergrede Matthéüs 5 tot 7: 29 Jesus die Leermeester God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: Jesus

More information

2 DIE GESPROKE WOORD 7 Die president van^die internasionale president, Broer Shakarian, het ek bekend mee geword baie jare gelede. Baie van julle weet

2 DIE GESPROKE WOORD 7 Die president van^die internasionale president, Broer Shakarian, het ek bekend mee geword baie jare gelede. Baie van julle weet WIE IS JESUS? 1 WIE IS JESUS? Soos ek, wat ons gehad het, sover, n ware gastronomiese ` jubileum, met hierdie lekker ontbyt wat ons gehad het; gewoonlik is dit n stukkie koue rolletjie en bietjie konfyt

More information