Welkom klein GARSIES

Size: px
Start display at page:

Download "Welkom klein GARSIES"

Transcription

1 Welkom klein GARSIES Uit die hoof se kantoor WELKOM TERUG! BAIE STERKTE VIR 2017! GARSIES VLIEG ALTYD HOëR

2 Leiers TEMA 2017 Die digter en skrywer CJ Langenhoven het gesê: Deur twee dinge is my lewe leefbaar gemaak, die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het. As tema vir 2017 het die Skoolleiers die woord Liefde gekies. Liefde word omskryf as die hoogste vorm van omgee. Liefde gaan dus oor omgee. Omgee vir almal wat by die skool betrokke is die onderwysers, werkers en maats; omgee vir ons gesinne en almal wie vir ons lief is; omgee vir ons akademie, sport, kultuur en Godsdiens. Tydens die leierskamp in Oktober 2016 het die leiers ook die volgende woorde gekies as deel van die waardes waarop daar in 2017 gekonsentreer sal word: Eerlikheid; Integriteit; Geloof; Respek; en Sukses. Die Skotse atleet en rugbyspeler, wie ook n sendeling was, Eric Liddell, het gesê: Ons is almal sendelinge. Waar ons ook al gaan, bring ons mense of nader aan Christus of ons vervreem hulle van hom. Mag elkeen van ons in 2017 iemand wees wat deur ons gedrag en optrede liefde sal uitstraal en mense nader aan Christus bring. Deon DIE GRAAD 7 s VLIEG HOOG Die datum, 23 Januarie 2017, sal voortaan in die 35-jarige geskiedenis van Laerskool Garsfontein, uitstaan as die begin van n nuwe era. Die Hoof, Mnr. Neels Snyman, sê dat een van die slegste dae in sy loopbaan was toe n Graad 7 van Garsies se Klas van 2016 vir hom gesê het dat sy Graad 7-jaar die slegste jaar ooit op skool was. Mnr. Snyman het daar en dan besluit dat dit kan nie en mag nie en daarom het hy besluit dat vanaf 2017 moet en sal elke Graad 7-Garsie sy of haar Graad 7-jaar as die beste jaar ooit op skool onthou. Deel van Mnr. Snyman se plan was dan ook om die mooiste Graad 7-das te laat ontwerp en toe het hy boonop ook gereël dat elke Graad 7 van Klas van 2017 op 23 Januarie 2017 n das ontvang in n das-seremonie tydens die saal-byeenkoms. Nadat elke Graad 7-leerder persoonlik n das by Mnr. Snyman ontvang het, het elke klas se voog-onderwyser ook vir elke leerder n Graad 7-Belofte oorhandig. Die juniors sal voortaan elke Maandag kan sien hoe spoggerig lyk die Graad 7 s met hulle dasse en skoolskoene en kouse. Die leiers is ook baie opgewonde dat hulle op Maandae saam met hulle klasmaats die mooi das kan dra. Dit gaan sommer n heerlike eenheid onder Klas van 2017 skep en soos die Graad 7 s beloof het, gaan dit voortaan regtig n voorreg wees om n Graad 7-Garsie te wees. Die Graad 7 s beloof dat hulle gaan hoog vlieg in 2017 en so seker maak dat Mnr. Neels en die Garsies van die toekoms altyd hoër sal vlieg.

3 Juffrou Wetenskap Juf. Ena Juffrou Ena is een van die onderwysers wat meeste leerders vir die eerste keer regtig eers in Graad 7 ontmoet. Dan besef ons dat ons eintlik min weet van haar. Vertel vir ons wie is juffrou Ena Wylie? Ek is een van die Gr 7-onnies by die Beste Laerskool in Pretoria. Ek is nie meer so baie jonk nie, maar sien nog kans vir baie dinge in die lewe!!! Ek hou baie van uitdagings en pak elke dag met nuwe geesdrif aan en soek telkemale nuwe geleenthede om myself te verryk en my kennis en vaardighede tot voordeel van my gemeenskap en my medemens aan te wend. Ek dink jy gaan gou agterkom dat my huis, my skool en my land hoog op my prioriteitslys is. Hulle sê altyd n mens word nie n onderwyser nie, maar dat die onderwys mens eerder roep. Voel Juffrou ook so oor die onderwys, want ons bronne sê dat Juffrou amper gekies het om iets anders te gaan doen het? Aanvanklik het ek die onderwysopleiding gedoen omdat my Pa gedink het dis die werk vir sy dogter. Met die eerste wegkomkans het ek n ander werk gekies, maar na ongeveer 12 jaar in die versekeringsbedryf het ek besef dat daar iets skort met my werk en na selfondersoek ontdek dat dit die onderwysomgewing is. Die werk het my dus gekies en ek moes maar volg. Dit is presies waarom ek nou nog is waar ek is in die ONDERWYS!!! Juffrou was tot redelik onlangs toe nog n kranige student gewees. Wat het Juffrou studeer en waarom studeer mens as jou kinders reeds uit die skool is het mens nie teen dan al genoeg geleer nie? Ek het aan UNISA die Nasionale Diploma vir Entrepreneurskap verwerf. As jou kinders uit die skool is en die leë nessindroom jou wil-wil beetpak, moet jy maar iets doen om te voel dat jy nie agterbly nie. Ek wou graag my ervaringsveld en aanwending in die onderwys verbreed en het gedink dat ek net eenvoudig te min weet van die ekonomie en die bydrae wat ek kan lewer om my land te help om op hierdie gebied ook sukses te behaal. Daar sal nooit in my lewe n tydstip kom wat ek ALLES weet en nie meer iets kan leer by iemand of van iets nie!!! Ons onthou dat Juffrou so jaar of drie gelede aan die stuur van netbal was toe ons eerstespan die SA kampioene was. Nou hoor ons Juffrou is vanjaar ywerig betrokke by redenaars. So is dit nou sport of kultuur of net n goeie balans in die lewe? As kind is ek deur my ouers geleer dat n gesonde liggaam n gesonde gees huisves. Ek het dus van kleins af ruim aan sport en kultuur deelgeneem en dan het die akademie ook nie agtergebly nie. As volwassene het ek dus baie verskillende hoede wat ek kan dra en is ek gelukkig om hulle af te wissel sodat my gees gesond en positief kan bly. Balans of nie, ons weet akademie bly vir Juffrou No 1. Gee nou so bietjie vir ons n wenk wat maak n wen NW-Ekspo? HARDE WERK!!! Jy kan nie in een dag of selfs in een week hierdie taak saamflans nie. Hoe meer tyd jy afstaan en hoe deegliker jy die taak uitvoer, hoe beter sal die punte wees. Geen geheim jy SAL NET baie tyd en aandag hieraan moet wy. GEEN LUISE NIE! Vertel ons bietjie van die Wylie gesin. Wie is wie en wat doen julle om in Juffrou se besige skoolprogram darem tyd vir mekaar te maak? En sê bietjie iets vir ons van ouma Ena??? My twee seuns is albei al getroud met pragtige vrouens. Ek het dus eintlik vier kinders en nie net twee nie!!! My oudste seun is Nasionale Bestuurder by ER24 en sy vroutjie (want sy is baie petite) is n spesialis in Trauma. Hulle woon in die Kaap en het net twee honde -kinders. My ander seun (dis nou die baba) is getroud en bly in Pretoria. Hy was gaaf genoeg om my Ouma te maak op 1 Desember verlede jaar. Sy pragtige dogtertjie, Joané het ons lewens kom verander. Ons is baie lief vir ons kinders. O ja, die ander man in my lewe, is die Baas van die Plaas!! My man, wat ek op Onderwyskollege ontmoet het, het die SANDF getrotseer vir n leeftyd, maar is nou voltyds die een wat die pot aan die kook hou by die huis terwyl ek by die skool is. Ons probeer om elke dag vir mekaar n tydjie in te ruim en ons deel graag dinge wat met ons gebeur. Ons plaas n groot premie op kommunikasie en belangstelling in mekaar se doen en late of dit suksesse of struikelblokke is ons deel daarin. Juffrou is al n tydjie in die onderwys en dinge het in die onlangse tye baie verander. As Juffrou vir eendag skoolhoof kan wees, wat sal Juffrou doen? Ek sal nie rêrig hierdie werk wil hê nie, selfs nie net vir een dag nie, maar as ek moet sê, sal ek net sê : Wees jouself en doen aan ander wat jy graag aan jouself gedoen wil hê, want elke wese in ons samelewing is deur God geskape en het goeie kwaliteite waarvoor ons nie blind moet wees nie. God skape elke wese uniek en jy moet die oë wat Hy vir jou gegee het, gebruik om die goeie in ander raak te sien en nie om fout te vind of te kritiseer nie. Sodoende kan jy mense (kinders of grootmense) aanspoor tot samewerking en sal sukses lei tot groter suksesse. Gepraat van n tydjie in die onderwys. Wat staan na al die jare vir Juffrou uit in Juffrou se loopbaan? Dis altyd lekker om GOUD te verwerf, maar daar was baie geleenthede wat die goue randjie om die donker wolke van mislukking baie meer beteken het as die medalje op die podium. n Paar gunstelinge- * Kosgereg VIS of enigiets uit die see * Tydverdryf Naaldwerk of eerder borduurwerk en moenie die popspeel met my kleindogter vergeet nie want dit verg baie tyd. * Kleur Groen (olyf) * Vakansieplek By die see!!!!!! * Persoon Einstein!!! Daar is al klomp Garsies onder Juffrou se hand deur en as ons so na die getalle kyk gaan daar nog n hordetjie of twee volg. Met watter boodskap wil Juffrou elke Garsie die toekoms instuur? Moenie vir enige uitdaging terugstaan nie!! As jy die geleentheid aangryp, sal die toekoms blink wees WICUS

4 MY KRIEKET SPAN Eerste is Zandré Nel Hy was my eerste pel. Stefan is tweede Hy kolf altyd eerste. Ruan slaan altyd die meeste En sy enkels was die seerste Otto is die slimste in die span Hy sê vir ons: "Ons kan!" Joshua het die bal gedraai En Uli laat die bal swaai En nou is dit ek wie julle ken En ek glo saam kan ons DIE WÊRELD BEKER WEN Liam Swart Sjoe, maar ons menere lyk netjies met hulle strikdasse!! Ons Tromp -poppies is in die nuus!

5 Stephan de Jongh en Ewald Vorster is druk besig om woode op te soek in die Afrikaanse Departement se spik-splinternuwe woordeboeke. Jy kan wen!! Revue-kompetisie Die senior revue is opsoek na 'n nuwe naam. 'n Naam wat vir jare kan bly staan. 'n Naam wat dit wat ons doen en ons spangees saamvat. Kom gooi jou idee vir 'n naam by juffrou Ioanita in 'n boks.

6 WELKOM AAN DIE GRAAD EENTJIES

7 Boodskap van die GARSIEMAN Sjoe, dit is lekker om die Garsieman te wees. Dit was nog lekkerder om al die nuwe maats te verwelkom. Somtyds skrik hulle vir my, maar ek weet hulle is eintlik lief vir my. Die lekkerste van Garsieman wees is definitief al die lekker drukkies wat ek kry. Ek voel ook nogal belangrik dat so baie mense foto s saam met my wil neem. Ek hou nie baie daarvan as maatjies hulle hande in my mond wil druk nie, want ek kry skaam. Ek kan nie onthou of ek elke oggend my tande geborsel het nie Maar, Garsfontein se Garsieman is die lekkerste werk op aarde. Eerste daggie in die grootskool Op Dinsdag, 10 Januarie 2017, het ons nuwe Graad 1 Leerders hulle eerste daggie by die grootskool deurgebring. Die rooi tapyt was uitgerol voor die saal en die al die Leiers het bont gestaan om ouers en leerders na die regte registerklasse te neem waar die ouers ook die nuwe Juffrou kon ontmoet. Die Garsman het voor die saal se deure gewag en baie kinders wou saam met hom afgeneem word. Een klein seuntjie het almal laat skater van die lag toe hy opgewonde vir sy pa geskree het: Daddy, daddy I want a picture with the alien! Die Garsman het deur die loop van die oggend by elke klas besoek afgelê vir n klasfoto. Hy het ook vir elke leerder n botteltjie wat soos n gloeilamp lyk en wat vol lekkers was, uitgedeel in lyn met die Leier tema van Liefde Garsies straal Liefde uit. Die ouers is nadat hulle in die klasse was in die Saal deur Mnr. Snyman verwelkom en na die saalfunksie is daar heerlike koffie en tee bedien. n Paar van die Leiers het in baie goeie kelners uitgedraai en selfs van die seuns het hulle skottelgoedwas-talent in die kombuis uitgestal. Duisende dankies aan almal wat gehelp het om op hierdie dag vir die nuwe ouers te wys dat Laerskool Garsfontein nie verniet die beste Afrikaanse Laerskool is nie. Deon

8 Die atletiekseisoen begin Die skooljaar het skaars begin of man en muis in Garsie-land het op Vrydag, 13 Januarie, op die atletiekbaan vergader om te wys hul laat in 2017 geen gras onder hul voete groei nie. Ten spyte van die hitte, was die gees op die pawiljoen aansteeklik, met al die graadgroepe wie mekaar lekker aangespoor het. Almal vanaf graad 2 tot graad 7 het deelgeneem en die spanne se kleure het pragtig gelyk op die baan. Die bane is omtrent aan die brand gehardloop, wat groot dinge belowe vir die atletiekseisoen van die jaar. Janique Ons swemmers oefen sommer lekker vroeg in die oggend om gereed te maak vir die seisoen wat voorlê S W E M Netbal en Rugby ons word fiks Die vakansie is verby en om die jaar goed af te skop het die netbal en rugby fiksheid alreeds begin in die 1ste week. Al die vakansie se lekkernye en niks doen word afgeskud om hulle reg te maak vir die besige sport-seisoen wat voorlê!! Daar is ʼn groot verwagting hierdie jaar dat die netbal en rugby spelers baie goed gaan presteer. Enige kinders wat nog wil inskakel by die rugby of netbal volg die tye op die Garsie-Kommunikeerder. Eerste proewe begin reeds Februarie en almal is welkom om deel te neem. Laerskool Garsfontein wens die afrigters en spelers baie sterkte toe vir die seisoen en wedstryde. Nina

9 TENNIS Seuns Jan-Hendrik Jordaan, Liam Swart (k) Jacques Janse van Rensburg en Koot van der Merwe. Meisies: Lize-Marie Rheeder, Jana Davel (k), Zelise Theron en Francé Swanepoel. SKAAKMAT! Skaak is 'n wonderlike sport wat lekker is om te speel en jou baie help met jou konsentrasie. 'n Ware oorlogspel wat al 1500 jaar gelede gespeel is. Dit word deur twee spelers gespeel wat probeer om mekaar ooruit te lê deur gebruik te maak van taktiek en strategie. Die Graad 4- tot 7-leerders word afgerig deur Mnr. Justin Wilken elke Woensdag vanaf 13:45-15:30 in die Mediasentrum. Die Graad 1- tot 3-leerders word deur Juffrou Rose elke Maandag vanaf 13:15-14:00 in die Mediasentrum afgerig. Mnr. Justin sê altyd dat skaak is nie 'n sport is nie maar 'n leefstyl. Die lewe is 'n skaakspel wat ons almal moet speel. Dit is net soveel makliker as mens die reëls leer en goeie afrigting kry. -Leané

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: Tygienuus 29 Maart 2017 Webblad: www.laerskooltygerpoort.co.za E-pos: admin@laerskooltygerpoort.co.za Tel: 012 809 0029 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG - 30 MAART Mediasentrum:

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

Hoërskool Roodepoort

Hoërskool Roodepoort Hoërskool Roodepoort NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 10 22/9/2018 Junie is jeug maand! Roodies se tema vir Junie was gelykheid. Ons het daarop gefokus, om elke leerder te verseker dat hy/sy gelyke waarde in ons

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. 1 Maats by die skool Luistertyd: So groet ons Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. Hallo! My naam is Patricia.

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin- Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Uit die hoof se kantoor

Uit die hoof se kantoor Jan Bloukaas het die Garsies kom vermaak met vlymskerp humor en musiek wat jou voete laat wriemel. Dit was om dankie en geluk te sê omdat ons aangewys is as die beste Afrikaanse laerskool in Pretoria.

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30] MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans Examiner Mr. Ellis Leesbegrip en Taal Date 8 June 2017 Total marks 45 Marks Session 1 Duration 1 11 Hours 22 Grade 4 Moderator Mrs. Pienaar Special instructions/

More information

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld 12 n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Luister na die titel, kyk na die prentjies. Waaroor, dink jy, gaan die verhaal? Jock van die Bosveld Daar was n oulike, klein bruin hondjie

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

Dissipel. Sending. Binne. Januarie Maart Voorwoord 2 The Difference 3. King Fisher Hengelkompetisie. Kosbare Pêrels 5.

Dissipel. Sending. Binne. Januarie Maart Voorwoord 2 The Difference 3. King Fisher Hengelkompetisie. Kosbare Pêrels 5. Dissipel Januarie Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4 Kosbare Pêrels 5 Nuwe Projek 6 Lesotho Uitreik 7 MC Coetzee 8 9 Kruis Media 10 Stukkie Wysheid 11

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 8 Desember 2015 No: 28 van 2015 SEMINAAR VIR SKOOLHOOFDE 2016 Skoolhoofde word versoek

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a. Yes, mom. I DID make this myself.

DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a. Yes, mom. I DID make this myself. DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a Yes, mom. I DID make this myself. 1 2 My snail Garry Pail. (By Mila Strydom) My snail Garry Pail is very slimy. Hel likes to drive in the car. He also

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin-Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap

Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap Safari and Outdoor WP OPE 2015 Waaihoek, Goudini, Weskaap Die WP Ope 2015 was n lang maar suksesvolle dag. Ons het 136 vooraf inskrywings gehad met 3 laat inskrywings en 6 geborgde inskrywings wat die

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

ADMATHS Die AdMaths leerders skryf Maandag, 21 Mei, hul halfjaarlikse eksamen hier by die skool. Tye is met

ADMATHS Die AdMaths leerders skryf Maandag, 21 Mei, hul halfjaarlikse eksamen hier by die skool. Tye is met HOËRSKOOL LUTZVILLE HIGH SCHOOL 6, LUTZVILLE, 8165 (027) 2171006 (027) 2172114 admin@hslutzville.co.za Aan alle Ouers EENHEID WEEKBRIEF 16 VAN 2018 No one can whistle a symphony. It takes a whole orchestra

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

1 Eerste Termyn 2015

1 Eerste Termyn 2015 1 Eerste Termyn 2015 2 Klanke (sounds) Vokale Klinkers (vowels) Konsonante Medeklinkers (consonants) Diftonge Tweeklanke (diphthongs) A M aai (braai) E Z ooi (mooi) O W eeu (leeu) I B oei (koei) U Woord

More information

GRATIS Tel : /4114 voute S H M I L Y Deur Laura Jeanne Allen

GRATIS Tel : /4114 voute S H M I L Y Deur Laura Jeanne Allen GRATIS Uitgawe Nr 2 Tel : 013 262 3381/4114 M et groot opgewondenheid is ons weer hier met ons 2de Uitgawe van Die Trompet. Baie dankie aan almal wat n bydrae gemaak het. Ons het van verskillende persone

More information

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang 10:51 18 JUNIE 1992 233 KASSET 2 5A Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Honderd persent, dankie. --ooo-- Luitenant Schoeman, kom verby(?). --ooo-- ^ 0:51 Enigiemand wat my kan help, wat is die

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl! ljl.t;;.tiuoggeiiegshof YA... \f SUID-AFRIKA f( s s ( TRA'"'JSVAALSE PROVIXSIALE AFDELI~G) SAAKNOMHER: CC 482/85 DEL.~l-'\S 1987-05-26 DIE ST_;\.AT teen: PATRICK MABLrA BALE~~ EN 21 -~~DER VOOR: SY EDELE

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

18 Mei Geagte Ouers

18 Mei Geagte Ouers Geagte Ouers 18 Mei 2017 Ongelooflik hoe die tyd vlieg nog net 4 weke en dan skryf ons reeds die Junie Eksamen. Dit is UITERS BELANGRIK dat geen leerder nou op die kritieke stadium van die kwartaal afwesig

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

18 Junie :02-11:54

18 Junie :02-11:54 B O IP A T O IM G K A S S F T T F 18 Junie 1992 09:02-11:54 Lanierkassette 2 4A, 2 5A, 2 6A Volume 3 (Bladsye 164-265) VLOK OPNAMENS EN TRANSKRIPSIES BK REG. NO. CH89/21241/23 18JUNIE 1992 164 KASSET 2

More information

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD n Paar wenke: Hierdie volledige patrone en instruksies word gratis van ons webwerf afgelaai. Dit is oorspronklike patrone deur Pauline Matthee (met inspirasie

More information

Uitgawe 2 April 2011 Kontak ons by of

Uitgawe 2 April 2011 Kontak ons by   of Uitgawe 2 April 2011 Kontak ons by http://inspirasie.weebly.com/ of info@carstensuitgewers.co.za Inhoud 3 Redakteursbrief 4 Vrede, Rus en Vreugde op Lelieblom Darling 6 Hoe om te Blog met Tanya O Connor

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree N BEDIENING VAN KAMPUS KRUISTOG VIR KRISTUS Gebedshandleiding n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree Inhoudsopgawe Inleiding Inleiding 1 Doelwitte

More information