JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

TrumpetNet, 31 May 2007

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Johannes 6:1-15; /07/2014

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Pragtige Koningin Ester

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

OESFEES. Oktober 2016

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

God se beloftes in voorbidding

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Johannes 14: /08/2014

Die boek Job en lyding

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Deuteronomium 8: /01/2014

Courses for March 2012

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die wind as bron van energie *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Die wonder van water *

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Buite Die Laer Uitgaan

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

Speel met battery elektrisiteit *

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21.

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS of

Drie jaar van Jesus se bediening

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

MODULE 2 LEWENSFASE 3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

2 DIE GESPROKE WOORD 7 Die president van^die internasionale president, Broer Shakarian, het ek bekend mee geword baie jare gelede. Baie van julle weet

Transcription:

JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se regverdigheid en barmhartigheid is groter as wat baie mense dink Gebed Kollekte Psalm 71 : 9, 12, 14 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 85 Sb 24 (1-1) : 1, 2 Sb 61(1-3)

2 Word n mens deur strafgerig en geregtigheid verlos? Word n mens dan nie deur liefde en barmhartigheid verlos nie? As n mens sulke vrae vra, dan wys dit iets van n misverstand oor God se regverdigheid en Sy liefde. Eintlik is dit twee misverstande waaroor dit gaan en wat jy nogal by baie mense kry: - die onderskatting van God se regverdigheid; - en die onderskatting van Sy barmhartigheid Sy liefde. Die lig wat die Heilige Gees ons in die Bybel hieroor gee en wat hier in die kerk se belydenis in eie woorde agterna gesê word, laat n mens besef dat God se regverdigheid en Sy barmhartigheid groter is as wat baie mense dink. Dis wat vanaand se preek wil sê: God se regverdigheid en barmhartigheid is groter as wat baie mense dink. Kom ons kyk na dié twee misverstande en na die lig wat vanuit die Skrif hierop val. 1. DIE EERSTE MISVERSTAND Die eerste misverstand onderskat God se regverdigheid. In baie mense se gedagtes beteken vergewing van sondes dat God sondes sommer maar net oorsien, dat Hy maak asof dit nie gebeur het nie, of asof Hy dit nie gesien het nie. Maar dis nie die waarheid nie. God kan nooit so wees nie! Dink n bietjie wat sonde is. Sonde is om ongehoorsaam te wees aan God om die hoogste gesag in die heelal te minag. Sonde is oortreding van die wette van God - wette wat met volmaakte wysheid gemaak is en wat honderd persent regverdig is;

3 - wette wat gegee is met die doel om mense die lewe te laat lewe soos wat God bedoel het dat dit gelewe moet word, in vrede en harmonie met God en met mekaar. Sonde is om hierdie volmaakte wette te oortree. Sonde is om doelbewus die duiwel se verwringing van die lewe te kies en die pad van liefdeloosheid en verdeeldheid en vyandskap. Sonde is om die Een wat jou alles wat mooi en goed in jou lewe is, gegee het, se wil te ignoreer, om die teenoorgestelde daarvan te doen. Sonde is om die mooiste en grootste en hoogste wat daar is die majesteit van God te skend. Hoe kan Een wat volmaak is, sulke dinge ooit sommer net oorsien? Hoe kan die hoogste Koning en Wetgewer sulke ongehoorsaamheid aan volmaakte wette en sulke opstand teen Hom sommer net los? As Hy dit sommer net los, gaan die hele wêreld onderstebo gekeer word, gaan daar totale chaos kom! Hoe kan die Regverdige maak asof Hy onregverdighede nie raaksien nie? Hoe kan die hart van die Een wat uit volmaakte liefde alles wat mooi en goed is vir mense wat Hý gemaak het, gegee het, dit nie voel as daar op Sy goedheid getrap word nie? Hoe kan die Besitter van die mooiste en die grootste en die hoogste majesteit maak sof dit niks is as nietige klein mensies dit met vyandige harte en vuil hande wil skend nie? Wat se God sou dit wees wat Sy oë toeknyp vir sulke dinge?! Die God van die Bybel is nie so nie. Dit verstaan jy baie duidelik as jy die geskrifte van die profete lees, onder andere die boek van die profeet Jesaja. Sommer hier in die eerste hoofstuk is dit al duidelik dat God Sy volk, wat in allerhande sondes verval het, nie gaan los dat hulle maar op hulle sondepad kan voortgaan nie.

4 Hy gaan hulle straf: - Hy gaan Hom wreek op hulle. 1 - Hy gaan die oortreders verbreek. 2 - Die wat Hom gelos het, gaan omkom. 3 - Die wat aan afgodsdiens deelneem, gaan nie net in die skande kom nie, 4 maar verdroog soos n tuin sonder water 5 en brand sonder dat iemand die vuur blus! 6 Die straf waarna hier verwys word, was uiteindelik die Babiloniese ballingskap van die Here se volk, toe Nebukadnesar met sy leër gekom het en die hele land ingeneem het en verwoes het, mense doodgemaak het, Jerusalem ingeneem het en die tempel van die Here en die koningspaleis en die hele stad afgebrand het. Hierdie profesie van die straf wat sou kom, het toe werklikheid geword. Die regverdige God stráf sonde! Maar weet u wat die verstommende van hierdie hele strafgeskiedenis was? Dat dieselfde straf wat die onbekeerdes en mense met verharde harte vernietig het, by die ware kinders van die Here heeltemal n ander uitwerking gehad het. Húlle is daardeur gelouter, skoongebrand. Hulle t verstaan dat hulle sondes hierdie straf verdien het, en het hulle daarvan bekeer en weer begin om die Here reg te dien en te gehoorsaam, soveel so dat dat toe die Here hulle uiteindelik na hulle land toe laat terugkeer het, daar weer tye gekom het wat Jerusalem regtig n stad van geregtigheid was n stad waarin die Here se wil en Woord die oorhand gehad het. Israel, Jerusalem, Sion, is nie verlos deurdat die Here gemaak het asof die sonde nie gedoen is nie, of asof Hy dit nie raakgesien het nie. 1 Vers 24 2 Vers 28 3 Vers 28 4 Vers 29 5 Vers 30 6 Vers 31

5 Sion is verlos deur strafgerig en dié wat tot die Here teruggekeer het deur Sy brandende geregtigheid! Die Here verlos deur te straf, deur volmaak regverdig te wees en te bly. Is dit nie uiteindelik die verhaal van Jesus Christus nie? God sien niemand se sondes oor nie, selfs nie eers dié van die mense wat vir ewig Sy kinders gaan wees nie. Hy sien al hulle sondes raak en verstaan met volmaakte insig en evaluering die boosheid daarin. En Hy straf dit volledig, tot die laaste greintjie straf toe. Maar Hy straf húlle (Sy uitverkore kinders) nie daarvoor nie. Hy straf Sy eie Seun wat n ware mens ook geword het, Jesus Christus, in hulle plek daarvoor. Hý voldoen vir hulle aan die eis van God se regverdigheid, die eis dat alle sonde volledig gestraf moet word. Daarom moes Hy so verskriklik diep en so intens ly: om die volledige straf te dra. En nou is al die uitverkorenes elke mens wat deur die Heilige Gees daartoe gebring is om te glo dat Hy dit vir jou gedoen het vry. Ons hoef nie meer gestraf te word nie, want ons straf is klaar vir ons gedra. Ons sonde staan nie meer in God se boeke teen ons nie. Dis weggevat, betaal, n afgehandelde saak. Ons is deur Christus so bely ons hier nou die allerbitterste lyding en sterwe en die ewige vervloeking kwytgeskeld en die onsterflikheid en die ewige lewe gegee. Verlossing deur straf, deur geregtigheid. God los sonde nie.

6 Hy sien dit nie oor nie. Hy maak nie asof dit nie bestaan nie. Hy s te regverdig daarvoor! Hy s so volmaak regverdig dat daar in Sý heelal nie een stukkie kwaad en boosheid is wat nie volledig, presies soos wat dit verdien, gestraf word nie. Al straf Hy dan vir Sy kinders se sondes n Plaasvervanger, Iemand in hulle plek maar Hy straf! God is regverdiger as wat mense dink. Hy verlos, maar deur strafgerig, deur met volmaakte geregtigheid elke sonde ten volle te straf. 7 Maar daar s ook n tweede misverstand oor God, wat verband hou met hierdie eerste een 2. DIE TWEEDE MISVERSTAND Die tweede misverstand onderskat God se barmhartigheid. Weet u hoe stel party mense dit nou vir hulle voor as hulle hoor dat die regverdige God sonde haat en dit volledig straf? Hulle dink dat God die Vader die Een is wat kwaad is oor die sonde en wat dit wil straf, en dat God die Seun, Jesus Christus, die Vader namens ons gaan paai. Maar dis verkeerd. Dis verkeerd omdat God die Seun én God die Heilige Gees net so vurig soos die Vader teen alle sonde en onreg en boosheid is en dit met net so veel brandende geregtigheid soos die Vader gestraf wil sien! 8 Maar dis veral verkeerd omdat dit God se barmhartigheid verklein. 7 Vgl ook Jes 4:4. Hierdie moet ons net nie laat dink dat God behae in straf het nie. Vgl Calvyn in sy kommentaar op Jes 1:24: For as nothing is more agreeable to his nature than to do good, so whenever he is angry with us and treats us harshly, it is certain that our wickedness has compelled him to do so, because we do not allow his goodness to take its free course. 8 Vgl bv Mat 23:13-38; Jes 4:4

7 Dit doen dit op twee maniere. In die eerste plek deur dit te laat lyk asof barmhartigheid en regverdigheid in Sy binneste moet baklei vir n plekkie, sodat hoe meer barmhartigheid daar is, hoe minder plek vir regverdigheid daar is, en hoe meer regverdigheid daar is, hoe minder plek vir barmhartigheid. Dis nie so nie. In God se binneste is volmaakte regverdigheid en volmaakte barmhartigheid altyd honderd persent daar en in volmaakte harmonie met mekaar. In die tweede plek verklein hierdie manier van dink (dat die Seun die Vader moet paai) God se barmhartigheid deurdat dit miskyk dat Jesus se vrywillige dood aan die kruis net so veel die liefde van die Vader is as wat dit die liefde van die Seun, ons Here Jesus Christus, is. U ken mos almal Johannes 3:16: Want so lief het God (= God die Vader) die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het En ken u 1 Joh 4:9? Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God (= God die Vader) sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 9 Ons kerke bely dit hier in NGB 20 só: Hy (= God die Vader) het immers sy Seun deur die mees volmaakte liefde vir ons in die dood gegee Wie s daar wat ooit sal kan peil wat dit die volmaakte Vader gekos het om Sy volmaakte Seun met die swaarste straf denkbaar te straf en dit om slegte mense te red, 10 en nie omdat Hy om een of ander rede móés nie, maar omdat Hy dit wóú doen, omdat Sy hart so ís: - barmhartig; - vol van die sagste en getrouste liefde wat daar ooit kan wees. God is nie net regverdiger as wat baie mense dink nie, maar ook oneindig barmhartiger as wat enige een van ons ooit sal verstaan! 9 Vgl ook Rom 5:8; 2 Kor 5:19-21; Tit 3:4; 1 Joh 4:19 10 Rom 5:8

8 TEN SLOTTE Dis vir ons moeilik om reg aan God te dink. Ons dink byvoorbeeld te klein van een van Sy wonderlike deugde of eienskappe, byvoorbeeld van Sy mag van wat Hy kan doen, of van die wysheid waarmee Hy alles bestuur, of van Sy getrouheid asof dit tog iewers moet ophou. Of ons dink so maklik eensydig aan Hom, byvoorbeeld - ons sien net Sy bereidheid om ons te vergewe raak, en dan word Hy vir ons so n goedige alles-duldende Figuur daarbo, wat tog nooit regtig mense in n ewige hel sal laat brand nie - of ons sien net Sy streng regverdigheid raak, en begin dan n angs vir Hom ontwikkel hierdie harde God wat enige mens enige oomblik kan tref met die allerverskriklikste strawwe denkbaar! Ons dink eensydig aan Hom. Ook die nuutmaak van ons gedagtes oor God, wat die Heilige Gees besig is om by ons te bewerk, is nog ver van klaar af. Maar laat vanaand se preek dan vir u n aansporing wees om tog reg oor God te dink, om nie misverstande oor Hom te hê nie - om byvoorbeeld nie te dink dat Hy Iemand is wat sonde maar sommer net oorsien nie! - of om nie te dink dat Vader omgepraat moet word om ons lief te hê nie! As u aan God dink, moet u aan Hom dink as Een wat tot die laaste greintjie toe volkome regverdig is en gaan bly. En as u aan Hom dink, moet u aan Hom dink as die Vader en die Seun en die Heilige Gees wat een volmaak-barmhartige God is. Daar s min wat mense se lofsange tot die Here en aanbidding van Hom só kan aanhelp soos wat reg dink oor Hom doen AMEN