HOOFSTUK 6 REFLEKSIE OOR DIE NAVORSINGSPROSES EN SELFREFLEKSIE

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Die wonder van water *

Johannes 6:1-15; /07/2014

Speel met battery elektrisiteit *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Wat is vaskulêre demensie?

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die wind as bron van energie *

Deuteronomium 8: /01/2014

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Pragtige Koningin Ester

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Plekwaardes van heelgetalle *

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Johannes 14: /08/2014

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Musiek: Toets jou kennis *

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

God se beloftes in voorbidding

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Wat is elektrisiteit? *

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Courses for March 2012

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Die boek Job en lyding

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Hoofstuk 5: Opsomming, gevolgtrekkings en aanbevelings

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Hoërskool Roodepoort

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

OESFEES. Oktober 2016

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

Die heiligheid van seks

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Transcription:

HOOFSTUK 6 REFLEKSIE OOR DIE NAVORSINGSPROSES EN SELFREFLEKSIE 6.1 INLEIDING In hierdie laaste hoofstuk reflekteer ek oor die verloop van die hele navorsingsprojek en doen ek deurgaans selfrefleksie. Volgens Reinharz (1992:196) lei selfrefleksie na an ethical position where researchers are honestly open to assess what they have learned about themselves. Ek wil dus nie net reflekteer oor die navorsingsmetode wat ek gevolg het nie maar ook reflekteer oor die waarde wat dit vir my persoonlik gehad het. Ingesluit in hierdie hoofstuk is daar ook refleksie oor die navorsingsdoelwitte en tot watter mate dit bereik is al dan nie. Enkele uitdagings word ook aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk gestel. 6.2 VERLOOP VAN DIE NAVORINGSPROJEK Soos reeds gesê in hoofstuk 1 het ek van jongs af vrae gehad oor hierdie metafoor in Efesiërs 5:21-33. As kind was ek ongemaklik daarmee aangesien ek van die mense rondom my verstaan het dat hierdie Skrifgedeelte die man bo die vrou plaas as haar meerdere. Vanweë die situasie in my ouers se huwelik en as gevolg van hulle patriargale interpretasie van die metafoor, het ek jare gelede al begin vrae vra oor die betekenis van hierdie metafoor. As jong predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk was dit vir my hartseer om te ontdek dat hierdie selfde patriargale beskouings ongelukkig deur baie mense in die kerk aangehang en selfs openlik verkondig word as voldonge etiese waarhede. Dit was (en is steeds) my ervaring dat God se wil deur kerkleiers en sinodes kategories uitgespel word op grond van die Bybel. Besluite was (en word steeds) gebaseer op dogmatiese en leerstellige waarhede terwyl die mense wat deur hierdie besluite geraak word selde deel het aan die besluitneming (Kotzé 2002:12). So is hulle stemme stilgemaak tewyl die geleerdes besluit het oor reg en verkeerd. Besluite oor hoofskap en onderdanigheid het noodwendig gelei tot die marginalisering van en misbruik teen veral vroue in die kerk (Walker 1998:17). Toe ek later in terapie die negatiewe 112

gevolge van hierdie stereotiepe patriargale beskouings/besluite in mense se lewens en huwelike begin waarneem, het ek finaal besluit om uit te vind of die Bybel wel hierdie beskouings propageer. Ek wou veral die Christus-kerk-metafoor in Efesiërs 5 van nader bekyk aangesien baie kerklidmate en kerkleiers (sien hoofstuk 4 ) hierdie gedeelte aanhaal om hul stereotiepe patriargale beskouings mee te regverdig. Ek wou waak daarteen om in dieselfde slaggat te trap deur byvoorbeeld van my eie konteks na die teks te gaan en die Christus-kerk-metafoor in Efesiërs 5 bloot te gebruik om my egalitêre interpretasie regverdig. Ek het myself wel in die eerste jare van my bediening gaandeweg geskaar by diegene wat hierdie teks interpreteer as kritiek teen die tradisionele patriargale huweliksbeskouing en ook egpare in terapie begelei om dit so te verstaan. Wat my egter al hoe meer begin pla het is die feit dat ek nog nooit n deeglike studie gemaak het van die hele aangeleentheid nie. Die dikwels gewonder of my interpretasie wel teologies en eksegeties verantwoord kan word. Ek het ook soms gewonder of die manier waarop ek egpare begelei om die metafoor anders te verstaan wel eties en terapeuties korrek is. In my eerste jare as terapeut was ek meer geneig om aan mense te sê wat hulle storie moet wees aan die hand van my interpretasie van Efesiërs 5. Ek was, as geleerde, eintlik maar net besig om my ongetoetste interpretasie aan hulle voor te hou as enigste waarheid. Ek het al hoe meer begin wonder of daar nie n meer aanvaarbare manier is waarop hierdie interpretasie wel as hulpmiddel in pastorale huweliksterapie benut kan word nie. Tydens my studies by die Instituut vir Terapeutiese Ontwikkeling het ek egter met die narratiewe benadering tot terapie te doen gekry. Ek het toe besef hoe belangrik dit is om mense se eie stories te respekteer en hoe belangrik dit is dat hulle self die kundiges moet bly wat hul eie etiese besluite moet neem in die lig van die Bybel soos hulle dit verstaan (Kotze 2002:19). Hulle moet self deelnemers wees aan die etiese proses waar keuses oor die huwelik gemaak word wat hulle raak. Ek kan hulle hoogstens begelei in die proses. 113

Voordat ek my navorsing amptelik begin het, was ek van mening dat my verklaring van die Christus-kerk-metafoor die enigste korrekte verklaring was. Soos wat die navorsing gevorder het, het ek besef dat my verklaring maar net nóg n interpretasie is. Ek kon egter met hierdie navorsingsprojek my egalitêre interpretasie eksegeties, teologies en eties verantwoord. Hoewel dit net nog n interpretasie is, is dit nou n verantwoorde interpretasie. Soos reeds aangedui in hoofstuk 4 is ek meer as tevore oortuig dat hierdie interpretasie in die praktyk beter etiese gevolge kan hê vir egpare as die stereotiepe patriargale huweliksbeskouing oor hoofskap en onderdanigheid. Die negatiewe gevolge van die patriargale interpretasie vir die kerk is volledig in hoofstuk 4 uiteengesit. Dit was verder vir my belangrik om n verantwoordelike wyse te vind waarop hierdie egalitêre interpretasie aangewend kan word as hulpmiddel in huweliksterapie. Ek sou dus op een of ander stadium moes bepaal wat die waarde van hierdie interpretasie vir huweliksterapie is. Ek moes ook een of ander tyd vasstel hoe dit aangewend kan word as hulpmiddel in huweliksterapie. Hierdie navorsingsprojek het my die geleentheid gegee om dit te doen. Ek glo dat ek saam met Jan en Petro kon bepaal dat hierdie interpretasie n waardevolle hulpmiddel kan wees in pastorale huweliksterapie. Ons kon ook saam n eties-verantwoordbare manier vind waarmee hierdie interpretasie as n hulpmiddel gebruik kan word in pastorale huweliksterapie. Ek het gereeld saam met Jan en Petro gereflekteer oor al die gesprekke wat met hulle gevoer is. Die teks van hoofstuk 5 is aan hulle gegee om na te gaan en te verander soos hulle wil. Ek wou hê dat hulle tevrede moes wees dat wat ek geskryf het wel n akkurate weergawe van die hele proses was en ook dat dit hulle goedkeuring wegdra. Ek wou ook op dié manier aan hulle eienaarskap gee vir die deel van die navorsing waarvoor hulle eintlik verantwoordelik was. The challenge is to find our ethics in ways that will be open for participation by all and to avoid prescriptive, formalised or closed systems of norms, anarchy or chaos. Narrative provides a possible alternative to this challenge (Kotze 2002:20). 114

Miskien sou dit beter gewees het om meer egpare te betrek by die navorsingsproses. Die omvang en doel van hierdie studie het dit egter onnodig gemaak. Die doel met hoofstuk 5 was slegs om te bepaal of my egalitêre interpretasie gebruik kan word as hulpmiddel in huweliksterapie om die egpaar tot nuwe insigte te lei ten opsigte van hul patriargale beskouings en om te bepaal hoe dit aangewend kan word as hulpmiddel in die terapeutiese proses. Daarvoor was die hulp van een egpaar voldoende. Die doel met hierdie deel van die navorsing was dus om te bepaal wat die effek gaan wees vir die egpaar as hulle hierdie egalitêre interpretasie gebruik om hul eie huweliksbeskouings te dekonstueer. Op die korttermyn het dit wel daartoe gelei dat hulle tot ander insigte gekom het oor hul beskouing van onderdanigheid en hoofskap in die huwelik. Dit het ook gelei tot besluite om aanpassings te maak in hul huweliksverhouding sodat elkeen as gelyke hul menswaardigheid en potensiaal op eties-verantwoorde wyse kan laat realiseer. Die vraag bly egter steeds of hierdie nuwe insigte en besluite op die langtermyn gaan realiseer en standhou. Dit is verder vir my belangrik om te bepaal watter terapeutiese insette nodig gaan wees om langtermyn effekte te kan verseker. Daarom het ek met hulle gekontrakteer om hulle ook verder te begelei sodat hierdie besluite in die praktyk van hul huwelik gestalte kan kry. Ons het ook ooreengekom om in die toekoms aandag te gee aan sake soos belydenis en versoening. Die terapeutiese proses sal dus nog so lank duur as wat hulle dit nodig vind. 6.3 BEREIKING VAN NAVORSINGSDOELWITTE Nadat die navorsingsprojek voltooi is glo ek dat dit tot n groot mate vir my moontlik was om die navorsingsdoelwitte (1.6) te bereik. My eerste doelwit was om die Christus-kerk-metafoor te dekonstrueer. Die doelwit was om eerstens op die teks van Efesiërs 5 te fokus. Ek wou vasstel wat die metafoor binne die konteks van die Efesiër-brief beteken en hoe dit verstaan moet word. Hoewel ek slegs n interpreteerder is wat vanuit my verwysingsraamwerk die teks probeer verstaan het, glo ek dat ek dit op n verantwoordelike wyse gedoen het. Deur deeglike eksegese te doen (sien hoofstuk 3) en ander gesaghebbende skrywers oor hierdie teks se geskrifte te raadpleeg, kon ek dit interpreteer op n 115

wyse wat teologies, eties en eksegeties verantwoordbaar is. Ek glo dat die betekenis van begrippe soos onderdanigheid en hoofskap binne die konteks van Efesiërs 5 op verantwoordelike wyse aangedui is. Tweedens was die mikpunt met hierdie doelwit om te bepaal of my voorlopige interpretasie van die metafoor (sien 1.1.3) wel op verantwoordelike wyse afgelei kan word uit Efesiërs 5. Ek glo dat dit wel die geval is. Ek het na my beskeie mening aangedui dat Efesiërs 5:21-33 juis kritiek lewer teen die stereotiepe patriargale huweliksbeskouing van daardie tyd. Verder kon ek ook aandui dat man en vrou in hierdie teks as gelykes beskou word. Ook het ek voldoende kon aandui dat dit nie in Efesiërs 5 gaan oor posisie, rangorde, status, mag of gesag nie, maar oor selfoorgawe, selfopoffering, liefde en diens. Die opdragte om lief te hê en onderdanig te wees geld beide man en vrou en is wederkerig. Die tweede doelwit was om aan te dui dat stereotiepe patiargale kultuurhistoriese opvattings oor hoofskap en onderdanigheid in die huwelik wel in die Nederduitse Gereformeerde Kerk voorkom en dat dit byna altyd geregverdig word deur na Efesiërs 5 te verwys. Die doel was ook om aan te toon wat die gevolge hiervan vir die gelowiges in die kerk is(sien hoofstuk 4). Dit was nie moeilik om in die geskrewe literatuur sulke stereotiepe patriargale interpretasies te vind nie. Dit kom redelik wyd verspreid voor in boeke, kursusse en ander geskrifte. Wat egter moeiliker was om te bepaal is tot watter mate predikante en terapeute hierdie stereotiepe patriargale interpretasies aan lidmate oordra in preke, kursusse en terapie. Omdat dit selde op skrif gestel word, is dit moeilik kontroleerbaar. n Mens kan egter aflei dat dit dikwels gebeur aangesien baie lidmate noem dat hulle hul patriargale beskouings juis gevorm het op grond van n preek, n kursus of n praatjie wat hulle gehoor het. Daar is ook aangedui dat n groep feministe soos byvoorbeeld Landman (1998), Tanzer (1995) hierdie metafoor uiters krities en selfs negatief beskou. Dit het ongelukkig tot gevolg dat hierdie teks selde deur feministe gebruik word om stereotiepe patriargale beskouings te dekonstrueer. Die teks is dus eintlik vir hulle verlore en daarom onbruikbaar. Dit was egter vir my moontlik om aan te dui dat 116

Efesiërs 5 wel skerp kritiek lewer teen patriargale stereotipes oor man- en vrouwees in die huwelik. Hierdie interpretasie maak dit juis een van die min tekste in die Bybel wat man en vrou volkome gelykstel en beide beveel om aanmekaar onderdanig te wees. Die derde doelwit was om te bepaal óf my interpretasie van Efesiërs 5:21-33 wel waarde kan hê vir huweliksterapie. Die doel was om te bepaal watter nut dit het as hulpmiddel in huweliksterapie. My vraag was óf hierdie interpretasie as hulpmiddel gebruik kan word deur egpare om hul stereotiepe patriargale beskouings mee te herinterpreteer. Uiteindelik is daar wel deur deelnemende aksienavorsing vasgestel dat hierdie interpretasie wel met groot vrug as hulpmiddel gebruik kan word. Dit was vir Jan en Petro moontlik om hul huweliksverhouding nuut te verstaan en om degraderende gebruike en beskouings te dekonstrueer. Hulle kon nuwe betekenis gee aan aspekte soos byvoorbeeld hoofskap en onderdanigheid. Hulle kon ook n nuwe verhouding konstrueer wat eties verantwoordbaar is en waarin albei as gelykes hul volle potensiaal kon bereik. Die vierde doelwit was om te bepaal hoe hierdie interpretasie gebruik kan word as hulpmiddel in pastorale huweliksterapie. Die manier waarop hierdie interpretasie as hulpmiddel aangewend kan word, moes bepaal word. Waar dit dus in die derde doelwit gegaan het oor óf dit gebruik kan word as hulpmiddel, was die klem nou op hóé dit gebruik kan word as hulpmiddel in pastorale huweliksterapie. Ek glo dat ons saam wel n manier gevind het waarop die egpaar self hul beskouings kon meet aan hierdie interpretasie van Efesiërs 5:21-33. Dit kon só gedoen word dat hulle, uit vrye wil en sonder dwang, hul eie keuses en interpretasie kon maak. Hulle kon self besluit of hulle aanpassings wou maak en indien wel watter. Dit was opvallend hoedat deelnemende aksienavorsing aan albei gelyke sê gegee het in die hele terapeutiese proses (Berge & Ve 2000:129-131) en hoedat Petro op hierdie wyse uiteindelik weer n sê kon hê in haar huwelik. Sy is deur die proses bemagtig en kon self besluite neem oor hoe sy behandel wil word. Sy kon dit ook met Jan deel sonder om bang te wees vir die gevolge. Die proses of pad wat gevolg is skep ruimte vir kritiek en selfkritiek maar dit geskied op nie- 117

konflikterende wyse. Alhoewel die proses nie-konlikterend was, was dit tog sterk konfronterend aangesien elkeen met die teks van die Bybel gekonfronteer was. Jan was ook gekonfronteer met sy eie beskouings oor sy hoofskap en kon sy eie eng patriargale beskouings krities evalueer sonder om té bedreig te voel. Soos wat Jan se beskouings oor sy rol in die huwelik verander het, het sy optrede in die huwelik ook verander (De Vos 1996:371). Dit was vir my belangrik dat Jan op hierdie nie-konflikterende manier sy eie beskouings kon evalueer en dat hy self gekies het om aanpassings te maak wat kon lei na n meer eties verantwoorde huweliksverhouding. Ook Petro was op hierdie wyse gekonfronteer oor haar onkritiese aanvaarding van die onderdanigheidsrol in hul huwelik. Dit is belangrik dat hierdie konfrontasie nie tussen hulle en my was nie maar tussen hulle en die teks. Ek was nie die konfronteerder nie maar slegs die fasiliteerder. Ook was daar op hierdie wyse nie konfrontasie tussen Jan en Petro nie. Jan se patriargale beskouings oor sy hoofskap het hom voorheen in n magsposisie geplaas waarin hy Petro se meerdere was. Hy het homself beskou as die baas wat die reg gehad het om sy wil op haar af te dwing, selfs al moes hy geweld gebruik het. Petro was as gevolg daarvan nie net aangerand nie maar gedegradeer tot n huishulp vir haar man. Toe Jan opdrag A en B tuis moes voltooi, het hy werklik ernstig begin nadink oor sy beskouings en sy optrede as man. Jan kon op hierdie wyse sy beskouings en sy optrede evalueer in die lig van die Bybel. Dit het ook daartoe gelei dat hy, miskien vir die eerste maal in sy lewe, eerlik na homself kon kyk in die lig van die Bybel. Die proses wat gevolg is het ook aan Petro die geleentheid gegee om te sê hoe sy oor alles voel en hoe sy hul verhouding eerder sou wou hê. Sy kon met groot eerlikheid haar opinie gee deur slegs die opdragte uit te voer. Jan was nie daardeur bedreig nie en hy kon, ook dalk vir die eerste keer in sy lewe, na haar luister. Sy kon haar siening oor hul huwelik met selfvertroue oordra sonder om bang te wees vir die gevolge. Jan kon op hierdie manier deur Petro se oë na homself begin kyk. Hoewel Jan lank geneem het om opdrag A en B te voltooi, was dit tog verbasend dat hy relatief maklik sy hoofskap op dieselfde manier geïnterpreteer het as wat na vore hekom het in hoofstuk 3. Ek het gewonder waarom iemand met sulke sterk 118

patriargale beskouings oor die huwelik só maklik tot n totaal ander gevolgtrekking kan kom. Ook het ek gewonder of Jan 30 jaar gelede die metafoor so maklik anders sou kon interpreteer. Ek glo dat die veranderde beskouings in die sosiale en kulturele konteks waarin ons tans leef, wel n rol hierin speel. Daar het ongetwyfeld n verskuiwing plaasgevind in ons samelewing. Vroueregte en gelykheid word deesdae wyd gepropageer en selfs deur wetgewing afgedwing. Ook in die Nederduitse Gereformeerde Kerk het die posisie van die vrou aansienlik verbeter. Ek wonder of die kampvegters vir vroueregte tog nie dalk meer bereik het oor die afgelope 30 jaar as wat ons bereid is om te erken nie. Wat volgens Jan ook n rol gespeel het was die feit dat sy vrou na die laaste aanranding in die hospitaal beland het. Dit het die hele kwessie openbaar gemaak. Almal het geweet dat hy sy vrou mishandel en hy was volgens hom ontmasker. Hy was nou gedwing om ernstig te besin oor sy optrede. Dit is belangrik dat Jan in hierdie verband pastoraal begelei moet word en daarom sal daar in opvolgsessies aandag gegee word aan aspekte soos belydenis, vergifnis en versoening. 6.4 DIE UITDAGING VIR DIE KERK Hoewel ek in hierdie studie hoofsaaklik gefokus het op die Nederduitse Gereformeerde Kerk, kan n mens aanvaar dat lidmate van ander kerke tot n mindere of meerdere mate met dieselfde beskouings in verband met hoofskap en onderdanigheid worstel. Daar is na voltooiing van hierdie studie sekere opmerkings wat ek wil maak oor die probleme of leemtes binne die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat ek in my navorsing teëgekom het. Ek glo dat dit die kerk voor belangrike uitdagings stel waaraan aandag gegee sal moet word. Miskien kan iemand in n volgende studieprojek hieraan aandag gee. Die Nederduitse Gereformeerde kerk sal opnuut baie ernstig moet kyk na sy interpretasie van veral die Christus-kerk-metafoor. Die steeds veranderende sosiale konteks waarbinne die kerk funksioneer vereis dat die kerk ernstig sal moet besin 119

oor die rol van man en vrou in die huwelik. Die kerk moet homself afvra of die meerderheid kerkrade, ringe, sinodes en kerklike kommissies nie maar steeds deur mans oorheers word nie. My persoonlike waarneming is dat dit wel die geval is. Waarom is vrouens, wat meer as die helfte van kerklidmate uitmaak, nie beter verteenwoordig in hierdie vergaderings nie? Mans kan nie en mag nie die alleenbesluitnemers wees nie. Mans kan ook nie alleen besluite neem oor sake wat veral vrouens raak nie. Gaan die kerkleiers eers wag totdat die regering hulle deur middel van wetgewing verplig om meer verteenwoordigende vergaderings te hou waarin vroue ewe veel sê het? Is die kerk nie veronderstel om die regering voor te loop wanneer dit by menseregte, gelykheid en ander etiese kwessies kom nie? Na my mening sal die kerk eers werklik oor hierdie sake kan besin wanneer almal, veral vroue, ewe veel sê en inspraak het in besluite oor etiese en morele aangeleenthede wat hulle raak. Dit is nie eties korrek om meer as die helfte van die kerklidmate te ignoreer wanneer daar oor sulke belangrike sake besin word nie. Indien die kerk dit doen is hy aandadig aan die marginalisering en onderdrukking van ten minste die helfte van sy lidmate. Tweedens is daar n groot gebrek aan gender-sensitiwiteit in die kerk. Nêrens in die kerk se toerustingsmateriaal, kategesemateriaal ingesluit, word daar aandag gegee aan gender nie. Selfs in my teologiese opleiding is daar nooit aan bewusmaking van gender aandag gegee nie. Die kerk het n program (vir alle ouderdomme) nodig aan die hand waarvan mans en vroue begelei kan word om hulself en mekaar te sien soos God hulle sien, as gelykes wat mekaar in liefde dien en aan mekaar onderdanig moet wees. Dit is immers die hart van die Evangelie dat ons Christus se voorbeeld van selfopoffering, diens en liefde moet navolg. Waarom gee die kerk nie hieraan aandag nie? Volg die kerk die beskouings van die Bybel of die beskouings van die patriargale wêreld waarin dit funksioneer? Hierdie opvoedingstaak kan nie sonder meer aan die predikante oorgelaat word nie. Elke predikant het n eie beskouing oor gender-aangeleenthede. Dit is juis predikante wat dikwels verantwoordelik is vir baie van die stereotiepe patriargale beskouings oor die huwelik onder lidmate. Daar bestaan n groot behoefte aan n 120

omvattende gender-opvoedingsprogam. Die kategese, prediking, pastoraat, huweliksverryking, huweliksvoorbereiding en teologiese opleiding moet hiervoor ingespan word. n Derde probleem is dat die meer eties goeie interpretasie van man- en vrouwees in die huwelik meestal net in vakliteratuur soos teologiese tydskrifte voorkom. Byna geen lidmaat lees dit nie. Ek wonder hoeveel predikante lees dit. In die populêre geskrifte soos dagboeke en Bybelstudiegidse word die stereotiepe patriargale beskouings te dikwels gepropageer (sien hoofstuk 4). Meer studente wat navorsing oor hierdie aangeleenthede doen, behoort hul resultate in populêre vorm te publiseer. Ek is self van voornemens om dit te doen. Die kerk kan ook nie die opvoedingstaak in hierdie verband oorlaat aan ouers alleen nie. Die kerk het immers die opdrag om in al sy pastorale handelinge genesing, verlossing en bevryding te bring. Die kerk moet die bevryding wat Jesus deur sy dood en opstanding moontlik gemaak het, verkondig en laat realiseer. Wanneer die kerk deur stilswye of deur pastorale en ander handelinge veroorsaak dat mense gemarginaliseer, misbruik en degradeer word of toelaat dat ander tot meerderes verhef word wat oor hul medemens heers, hulle uitbuit, ignoreer, minag en selfs mishandel, is die kerk ontrou aan die Bybelse roeping en opdrag om ander lief te hê soos onsself en soos Christus ons liefhet. 6.5 N OOP-EINDE STORIE Terwyl ek besig was met hierdie navorsing het baie mense aan my gevra wat die tema van my verhandeling is. Wanneer ek kortweg aan hulle vertel dat dit gaan oor Efesiërs 5 en oor die man se hoofskap en die vrou se onderdanigheid, was hulle reaksie gewoonlik min of meer soos volg: Wat sê jy? Wat is jou bevinding? Is die man die hoof? Moet die vrou aan die man onderdanig wees? Soos in hoofstuk 1 gesê, wou ek nie noodwendig met hierdie navorsing iets bevind nie. Ek wou deelneem aan die diskoerse wat oor soveel jare strek. Ek wou my bydrae lewer tot die gesprek. Maar miskien het ek tog iets gevind. Ek het 121

gevind dat kerklidmate steeds soek na absolute finale waarhede. Hulle wil eenvoudige antwoorde hê oor wat reg en verkeerd is. Ek het gevind dat hulle die antwoorde by hul predikante soek. Ek het egter gevind dat die lewe nie so eenvoudig is nie. Aan die begin het ek in hoofstuk 1 sekere vrae gestel waarmee ek al lank worstel. Ek dink ek het nou meer vrae as toe ek met hierdie studie begin het. Tog het ek oor sekere sake groter duidelikheid. Ek het myself in die hele proses beter leer ken. In lyn met Cochrane et al (1991:16) kon ek my eie idees en opvattings op soveel maniere toets. Ek kon krities na myself kyk deur ander se oë. Ek kon my eie sienings en handelinge aanpas aan die hand van my nuwe kennis en ervaring en dié proses gaan steeds voort. Hierdie studie is n klein poging, binne n bepaalde sosiale konteks, om n verskil te maak, al was dit dan net aan myself. Ek kon myself en my eie beskouings oor man- en vrouwees in die huwelik krities evalueer. Ek kon verantwoordelikheid aanvaar vir my eie beskouings en my eie interpretasies. My hoop is dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk ook gedurig dieselfde sal doen. Ons is immers n reformerende kerk wat onsself, ons dogmas, ons leerstellings en ons handelinge gedurig meet aan die Woord van God. Gereformeerd beteken juis dat ons krities na onsself en ons handelinge moet kyk en dat ons gedurig aanpassings moet maak om sodoende getrou te bly aan die opdrag om lief te hê soos Jesus Christus ons liefgehad het en sy lewe vir ons gegee het. Ek wil volstaan met die volgende stellings. Eers as die Seun ons vrygemaak het sal ons waarlik vry wees. Die liefde gee vrywillig duisend maal meer as wat n mens kan kry deur jou regte op te eis. Niks kan n mens beter bevry as die liefde nie. 122