Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Johannes 6:1-15; /07/2014

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Pragtige Koningin Ester

TrumpetNet, 31 May 2007

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

OESFEES. Oktober 2016

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Johannes 14: /08/2014

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

God se beloftes in voorbidding

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die boek Job en lyding

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die wind as bron van energie *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

Die wonder van water *

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

Musiek: Toets jou kennis *

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

Deuteronomium 8: /01/2014

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

*24 Februarie - 2 Maart

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Die liggaamlike opstanding van Jesus

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Die Wese van Effektiewe Gebed

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Courses for March 2012

Gebed. Die Asem van die Siel

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21.

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

LAERSKOOL HELDERKRUIN

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Welkom. Reis saam met ons soos ons leer om God heelhartig met ons lewens lief te he!!! LiefGodGrootliks.wordpress.com 1

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

Buite Die Laer Uitgaan

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES

Diens 30 Des :1,2 Redder van ons lewe. Aanvangswoord

Wat is vaskulêre demensie?

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Transcription:

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013

Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 33: 1, 2 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 81: 11, 12, 13, 15 2

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 135: 7, 8, 11 3

Woorddiens. Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 93 Psalm as antwoord op die Woord na verklaring en toepassing Ps 33: 3, 4, 5 Ons Fokus op vers 1-5 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes wanneer in Ps 95 is ons by die tweede van die sogenaamde Koningspsalms. Plek in die Psalmboek 1 Verlede maand was ons by die eerste een Ps 93. En in Ps 95-99 kry ons die res. En die groot tema by hierdie Psalms is die wonderlike waarheid dat die HERE as Koning almagtig-soewerein oor die ganse heelal en geskiedenis regeer. Verduidelik 2 Ja sy wil geskied sy wette geld sy oordele word voltrek en sy verlossingsdade skitter in die heelal en deur die geskiedenis. *************** Terugblik 3 Ons kon dit verlede maand sien in die vyf verse van Ps 93. Waar ons in... 1 Vgl Psalm 93.docx 2 Vgl Psalm 93.docx 3 Vgl Psalm 93.docx 4

Ps 93:1-2 die HERE se Koningsheerskappy kon raaksien in sy skeppingsdaad en sy skeppingsorde. En in Ps 93:3-4 kon hoor van die HERE se Koningsheerskappy nou-en-hier al bruis die opstand van die sondige-wêreld soos magtige riviere en die branders van n stormsee. En dan het Ps 93:5 ons vertel dat die Tempel in die OT wat n simbool was van die HERE se teenwoordigheid vir die OT-kerk daarop gewys het dat die HERE se Koningsheerskappy nou-en-hier n werklikheid is. Opmerking 4 En vir ons die NT-kerk is hierdie waarheid net so wonderlik. Nee! eintlik wonderliker. Want ons het nou wel nie meer n Tempel nie. Maar ons het Meer. Ons het Jesus Christus. Hy wat Immanuel is God met ons is. En nie maar net n simbool van God se teenwoordigheid nie. Dis Hy wat uiteindelik die wonderlike finale oorwinning oor Satan en die bose-sondige-wêreld sal bring sodat die HERE se Koningsheerskappy oral helder sal skitter. Maar dit bring ons nou by Ps 95 ************** wat ons wys dat die kerk van die Ou en die Nuwe Testament vir die HERE ons ewige Koning in erediens moet eer. Ja Hy is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. 5 Ja al ons erediens kom Hom toe. Gedagtestruktuur En dan sien ons in Ps 95 drie elemente van hierdie erediens. Of drie dinge wat ons moet doen in die HERE se erediens. 4 Vgl Psalm 93.docx 5 bv Openb 5:12 5

Vers 1-5 wys dat daar vreugdevolle lofprysing moet wees. 6 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE... Vertel vers 1 bv. Vers 6-7 wys dat daar nederige aanbidding moet wees. 7 Kom, laat ons aanbid en neerbuk... Sê vers 6. En vers 7-11 wys op die lewensbelangrikheid dat ons in die HERE se erediens waarlik gelowig-gehoorsaam moet luister na die HERE se Woord. 8 ************** Nou vandag gaan ons eers net stilstaan by vers 1-5 en die lofprysing-element van die HERE se erediens. En dis ook ons tema vanoggend. Ons lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning En dan gaan ons stilstaan... in vers 1-2 by... * die oproep tot lofprysing * dat ons lofprysing Godgesentreerd moet wees. * dat ons lofprysing in die HERE se teenwoordigheid moet wees * En die moontlikheid daarvan omdat die HERE die Rots van ons heil is En daarna beweeg ons aan na vers 3-5 waar ons meer gaan leer oor * die wêreld waarin ons lofprysing moet opklink * en die rede vir ons lofprysing. 1. So kom ons begin by vers 1&2. En die vier dinge rondom ons lofprysing. A. Die eerste is die oproep tot lofprysing hierop. ( bזמרות wys ons 2),( aתודה en 2),( bרו ע 1),( aרנן 1) 6 daarop. ( bברך wys ons 6) ( aכרע en 6),( aשהחה 6) 7 8 Vgl Reformation study Bible bl 821 6

waarvan vers 1 vertel: Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! Verduidelik 9 Nou die woorde jubel en juig is woorde wat praat van baie groot blydskap. Dis woorde wat praat van harde 10 uitroepe van blydskap. So sien u hoe moet ons lofprysing wees. Dit moet oorborrel van vreugde en blydskap. En dan nie in fluister-stemme nie. Want jubel en juig hoor jy ver. Skrif met Skrif So sal dit aan die einde van die geskiedenis wees by die HERE se verwoesting van die hoer-stad, Babilon wat die kerk so onsettend verdruk. Johannes sê in Openb 19:6 dat daar dan iets gehoor (sal word) soos die stem van n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja!... En iets van daardie harde oorborrelende jubelende lofprysing moet nou alreeds in ons erediens weerklink. 9 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 1129; TWOT vol 2 bl 851; Noordzij se Ps komm bl 94 ( bרו is in die selfde semantiese domein waarin dit gaan om skree of hard ע 1) ( aרנן en 1) 10 uitroep (NIDOTTE vol 3 bl 1084). 7

Sê vers 1 van Ps 95. ************ Maar dan s dit nie maar sommer net n ordelose geskreeu nie. Nee glad nie. Want as ons van vers 1 na vers 2 gaan hoor ons: Laat ons (die HERE se) aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig! Verduidelik So hoor u hoe moet ons juig en 11 jubel. Ons moet dit doen met lofsange 12 of met lofpsalms. 13 So dis asof ons oorstelpende blye jubel-en-juig wat uit ons wil ontplof ordelik tot lof van die HERE saam vloei in n rivier van lofsange. Opmerking En blaai ons deur die Psalm boek kry ons n hele klomp van hierdie lofsange waarmee ons in ons lofprysing kan jubel. Bv Ps 33, Ps 66, Ps 81, Ps 100, Ps 105, P s 135, Ps 147 om maar n paar te noem. 14 11 Alhoewel dit in 2b net gaan om juig, val juig en jubel (vers 1a-b), in die selfde semantiese domein. Soos hier waar dit parallel voorkom het dit ook baie dieselfde betekenis (NIDOTTE vol 3 bl 1082-1083). Daarom neem ek 2) ( bבזמרות as die wyse vir jubel en juig. 12 2b - ב by בזמרות dui op die wyse of manier waarop ek tot Jahwe רו ע (BHNG bl 229; A Grammer of Biblical Hebrew bl 457). Die LXX vertaal met ἐν ψαλμοῖς. het hier die betekenis van gemeentelike lofsang of lofpsalms wat begelei kan word זמרות 13 deur musiek instrumente vgl bv Ps 33:2; 71:22; 144:9 (NIDOTTE vol 1 bl 1116; TWOT vol 1 bl 245). Voorbeelde van sulke lofpsalms is Eks 15(:2); Rig 5(:3); Ps 33(:2); 66(:2,4); 68(:4,5); 81(:2,3); 105(:2); 135(:2); 147(:1) (NIDOTTE vol 1 bl 1116). 14 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 1116 8

Saamvat So sien u die erediens aan die HERE, die ewige Koning? Dit moet lofprysing bevat. Ja blye jubelkore van lofprysing moet in lofsange uit ons uit borrel. **************** Selfondersoek 15 Is dit so van u en van my? Kan ons en wil ons saam met vers 1-2 regtig in opregtheid ons self aanspoor 16 en sê: Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE... Laat ons... met lofsange Hom toejuig! Is dit so? Of is daar by ons n dorheid in ons lofprysing? Weet u: Paulus het eenmaal in Efes 5:18 gesê: Moenie dronk word van wyn nie... maar word met die Gees vervul. En van die gevolg van Gees vervuldheid hoor ons as Pauls in Efes 5:19 verder praat en sê: 17 Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere... Ja lofprysing met lofsange waarvan Ps 95:1-2 praat wat met blydskap gewillig oor ons lippe rol is n merkteken Gees-vervuldheid. Kom ons bid daarom dat die Heilige Gees al meer in ons sal werk ons al meer sal vervul. 15 Vgl Boice se Ps komm vol 2 bl 775-776; Calvyn se Ps komm vol 4 bl 32. 16 Al die werkwoorde in vers 1-2 is imperatiewe en kohortatiewe. 17 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 766. 9

Want dan sal ons ook al meer die HERE vanuit sy Woord leer ken vir Wie Hy is en wat Hy doen ook in my en u lewe. En dan kan dit nie meer anders nie, dan borrel daar lofprysing in lofpsalms uit ons harte oor ons lippe. Ja dan sal ons lofprysing in die erediens geen dorre gewoonte meer wees nie. Maar n merkteken dat ons deur die Heilige Gees vervul is. ************** B. So dis die eerste ding wat ons moet raaksien in vers 1-2. Daar s n oproep tot jubelende lofprysing met lofsange. Maar daar s ook n tweede ding. En dis dat ons lofprysing altyd Godgesentreerd moet wees. Vers 1 vertel daarvan as it sê: Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE... Verduidelik Hoor u dit? jubel tot eer van die HERE. So ons lofprysing moet altyd net vir die HERE wees. 18 In ons lofprysing moet dit gaan net oor die HERE. Oor niks anders nie. Ons lofprysing moet met ander woorde Godgesentreerd wees. 19 ************* 18 1a ל by ליהוה dui die rigpunt van ons רנן aan (BHNG bl 232). Die LXX vertaal met τῷ κυρίῳ. Ek vertaal dus met tot Jahwe of vir Jahwe. Dit sluit dus alle ander dinge uit (vgl ook Noordtzij se Ps komm bl 94; Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 868). 19 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 872 10

Toepassing 20 En net hier is n belangrike toepassing. Want ons leef in n tyd waarin daar n drang is om die erediens en die lofprysing te vernuwe of modern te maak. Aan die anderkant is daar n baie sterk reaksie daarteen. Vir hierdie reaksie-mense moet alles altyd die selfde bly. ************* En nou moet ons mooi gaan dink. As ek een van die ouens is wat wil hê alles moet die selfde bly. Waarom wil ek dit so hê? Is dit net omdat ek nie hou van vernuwing nie? En ek nie meer tuis gaan voel met al die veranderinge nie? Of na die ander kant toe: As ek die kansel wil afbreek om plek te maak vir die band... Waarom? Is dit net omdat ek hou van verandering? En die kerk vir my te outyds is? ************* Ons moet mooi gaan dink geliefdes. Want as it in ons lofprysing oor ek gaan en wat ek wil hê dan sit nie meer die Godgesentreerde lofprysing van Ps 95:1-2 nie. Want dan s ek besig met afgodsdiens waar ek en my behoefte in die middelpunt van alles staan. Dan s ek besig met lofprysing tot eer van myself en my behoeftes al sing ek in my lofsange oor God. ************** 20 Vgl Boice se Ps komm vol 2 bl 776. 11

En so moet dit nie wees nie. Die lofprysing waarvan Ps 95 praat is vir die HERE alleen. Dis Godgesentreerd. Want vers 1 sê: Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE... Verduidelik 21 En as ons erediens en lofprysing Godgesentreerd is dan bly ons by die Skrifbeginsel van Sondag 35 v/a 96 waar ons vanuit die Skrif leer dat Ons God... op geen ander manier (mag) vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie. Want so... as ons die HERE vereer alleen met dit wat Hy beveel bly daar niks meer van ons oor nie. En dis hoe dit hoort. In ons lofprysing moet dit gaan oor niks van ons en ons behoeftes nie. Dit moet alles alleen gaan om die HERE en sy eer en wat Hy wil en beveel. Daarom sal ons altyd nederig wees. En ons lofprysing toets aan die HERE se Woord. En oor ons lofprysing altyd-deur tot bekering kom sodat dit altyd meer en meer sal voortborrel uit n hart wat al hoe liewer word vir die HERE en daarom al hoe meer die HERE wil loof en prys alleen soos Hy in sy Woord beveel. 21 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 870,872 12

En nie volgens my eie uitdinksels en behoeftes nie. 22 Oorgang *************** So sien u hoe lyk die erediens aan die HERE ons soos ons daaroor sing in Ps 95. Daar moet jubelende lofprysing wees met lofsange. En dit alles moet absoluut Godgesentreerd wees. C. En... in die HERE se teenwoordigheid gebeur. Dis die derde ding wat ons in vers 1-2 moet raaksien oor ons lofprysing. Dit moet in die HERE se teenwoordigheid gebeur. Vers 2 vertel daarvan: Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof... Verduidelik En die HERE se aangesig... praat van die HERE se teenwoordigheid. 23 En in die OT was die tabernakel en die Tempel n simbool van die HERE se teenwoordigheid. 24 Bewys 25 Daarom dat ons bv in Deut 16:16 hoor: Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies... En daardie plek was uiteindelik Jerusalem 22 Vgl ook Sondagh 33 v/a 89-91. 23 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 638-639 24 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 638-639; J Ridderbos se Ps komm bl 436; K&D se Ps komm bl 85 25 Vgl Voetnoot 22 13

en die Tempel wat op Sion-berg gebou is. Gevolgtrek So dis ook waar die kerk se gesamentlike lofprysing moes plaasvind. Dit moes plaasvind in die teenwoordigheid van die HERE. En in die OT het dit gebeur by die Tempel die simbool was van die HERE se teenwoordigheid. Ja daar het die kerk gesing: Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof... ************* En weet u: Hierdie waarheid geld ook vir ons. Ons Godgesentreerde jubelende lofprysing gebeur ook in die teenwoordigheid van die HERE. Bewys Want in 2Kor 6:16 sê Paulus vir die kerk van die NT: julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel... ************** Openbaringshistories En dadelik moet hierdie werklikheid ons in die hart gryp. Want eenmaal so vertel Jes 6:1-5 dit was in die sterfjaar van koning Usia het Jesaja die Here sien sit op n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het. Daar was ook serafs wat die heeltyd dit uitgeroep het met: 14

Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Dit was toe dat Jesaja onder die besef dat hy in die teenwoordigheid van die heilige HERE was gesê het: Wee my, ek is verlore! ************* Toepassing En so is ons elkeen van nature geliefdes! In die teenwoordigeheid van ons heilige HERE en Koning in die lig van sy skitterende heiligheid ook soos Hy vanoggend hier deur sy Gees hier teenwoordig is 26 staan elkeen van ons van nature skuldig. Heeltemal skuldig verlore verdoem tot in die hel sodat ons soos Jesaja in plaas van lofsang moet weeklag: Wee my, ek is verlore! Bevinding En geliefdes hierdie werklikheid moet ons tog aangryp. Ons moet daaraan dink dat ons erediens en lofprysing moet gebeur in die teenwoordigheid van die HERE. En wie is daar wat soos ons van nature is voor Hom kan verskyn sonder om nie vir ewig in die hel uit gedelg te word nie? ************** Oorgang En tog in Ps 95:2 kan die ware gelowige-kerk sê: Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof... 26 1Kor 3:16 15

Maar hoe? Hoe is dit moontlik? D. Wel geliefdes omdat die HERE se gelowige-kerk in vers 1 kan sing: laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! of die Rots van ons verlossing. 27 En daarom is dit moontlik vir gelowiges om besig te wees met jubelende God gesentreerde lofprysing in die HERE se teenwoordigheid. Opmerking En dis die vierde ding wat ons moet raaksien vanuit vers 1-2. Ja omdat die HERE die Rots van ons verlossing is. Die Een wat beloftes van verlossing gee. 28 En dit soos n massiewe onbeweeglike Rotsblok onveranderlik getrou hou en werklikheid maak. 29 Ja daarom kan die ware gelowige-kerk sê: Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof... Openbaringshistories 30 Ja... omdat die HERE sy belofte van verlossing 27 Vgl Noordtzij se Ps komm bl 94; Lane se Ps komm vol 2 bl 28; NIDOTTE vol 2 bl 560 28 1b die gen צור י שע = n genitief van bron/oorsaak (A Grammer of Biblical Hebrew bl 437 par 129 f). י שע vloei voort uit die.צור Anders gestel: die צור gee 1. שע bי die gen י שענו is n objek gen (A Grammer of Biblical Hebrew bl 437 par 129 e). י שע is dus aan.נו Vertaling van 27). aan die Rots wat verlossing gee aan ons (Lane se Ps komm vol 2 bl לצור י שענו 29 As Rots (צור) wat aan ons verlossing gee beteken dit dan ook dat ons verlossing vas en seker is en dat die HERE ons veilig sal bewaar (Noordtzij se Ps komm bl 94; Lane se Ps komm vol 2 bl 28; NIDOTTE vol 2 bl 560). 30 Vgl TWOT vol 1 bl 415-416 16

wat Hy alreeds in Gen 3:15 gemaak het Rotsagtig onveranderlik gehou het en in die volheid van die tyd in die koms van sy Seun n werklikheid gemaak het. Ja daarom kan die ware gelowige-kerk sê: Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof... Want in sy Seun is die HERE by uitstek die Rots van ons heil. In sy Seun wat toe Hy uit die maagd Maria mens geword het Jesus genoem is. Jesus want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. So hoor ons in Mat 1:21. En dan s Jesus die Rots van ons heil aan die kruis op Gologota toe Hy die hel se straf op ons sondeskuld gedra het. En toe uitgeroep het: My God, my God, waarom het U My verlaat? 31 Sodat ons met Ps 95:1 kan sê: Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof... En dan sit om Christus-wille die HERE se vriendelike aangesig in die HERE se wonderlike teenwoordigheid vol ewige-lewe. **************** So sien u die HERE ons ewige Koning se erediens hier in vers 1-2? Daar s n oproep tot jubelende lofprysing met lofsange wat uit ons harte oor ons lippe borrel. En hierdie lofprysing moet heeltemal Godgesentreerd wees. Dit moet in die HERE se teenwoordigheid wees. En dis moontlik want vir elke ware gelowige 31 Mat 27:46 17

is die HERE ook die Rots van ons heil. *************** 2. Dis wat ons nou vanuit vers 1-2 kon leer. Maar kom ons gaan nou na vers 3-5. A. Waar ons heel eerste meer moet leer oor die wêreld waarin ons jubelende Godgesentreerde lofprysing moet opklink. En ons leer meer daaroor as vers 3 sê: die HERE is n grote God, ja, n groot Koning bo al die gode. En nou sit wanneer ons hoor van al die gode dat ons meer leer oor die wêreld. Want die wêreld is na die sondeval n wêreld vol gode. Bewys 32 Ons kom dit agter as ons deur die Bybel begin lees. Want ons hoor van... Baal die God van die Kananiete. 33 En ons hoor in Jes 46:1 van Bel en Nebo die gode van Babilon. Die Asiriërs het die maan-god Sin aanbid. 34 In 2Kon 17:30 en Jer 39:3 en 13 hoor ons van Nergal, die Babiloniese god van die onder-wêreld. En in ons moderne tyd het die wêreld-mens ook afgode. Dis nou veral die mens self wat homself vergoddelik. Opmerking Omdat die mensdom vandag oorspoel word met die New-Age dwaling 32 Ps 96:5 wys vir my dat ek in כל אלהים te doen het met die (af)gode van die volke. Dit gaan dus hier oor al die gode van die ONO (Reformation study Bible bl 821). 33 Vgl Bybelse ensiklopedie bl 58-59 34 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 716 18

dat God in alles is en alles in God. En die mens self dus goddelik is. 35 Maar hoekom? Hoekom al hierdie gode in die wêreld? Hoekom hierdie drang van die mens om homself te vergoddelik? Verduidelik 36 Wel die antwoord gee Paulus vir ons in Rom 1 as hy in vers 18 sê dat die totaal verdorwe mensdom die HERE se waarheid onderdruk. En in vers 25 sê Paulus dat hulle die waarheid veruil vir die leuen. Ja die verdorwe wêreld-mens onderdruk die waarheid dat God almagtig bo die skepping staan en as Skepper vereer en aanbid moet word. 37 Hulle veruil hierdie waarheid vir die leuen en dan dien en vereer hulle die skepsel bo die Skepper. So sê Paulus in Rom 1:18-25. Gevolgtrek 38 So dis die gode van die wêreld. Dis die gode waarvan Ps 95:3 praat. Hierdie gode is dinge in die skepping. Dis dinge wat die HERE geskep het. 35 Vgl Jones, Gospil truth-pagan lies, bl 1-89 36 Vgl Jonker se Rom komm bl 38-39. 37 Rom 1:18-21 38 Vgl ook K&D se Ps komm bl 85-86 19

En dan kom die totaal verdorwe mens en hy maak daarvan n god. Hy begin daarop vertrou. Die mens vereer dit dien dit aanbid dit. In plaas daarvan dat die HERE alleen gedien word. **************** Toepassing En weet u: Die wêreld-mens in diens van sy gode maak die lewe deur die eeu vir ware-gelowiges moeilik. Daar woed n stryd tussen ons en die wêreld met hulle gode. n Stryd waarin die kerk baie maal vervolg en verdruk word. Voorbeelde Dink maar net aan Nebukadneser se woede in Dan 3 toe Daniël se vriende, Sadrag, Mesag en Abednego nie sy gode wou aanbid nie en nie voor die goue beeld wat hy gemaak het wou buig nie. Nebukadneser was so woedend dat hy vir Sadrag-hulle wou dood maak. ************** En kom ons in die NT vertel Paulus in 2Tes 2:3-4 van die mens van sonde. Hy s n mens So hy s n skepsel van God. Maar hierdie mens vergoddelik homself. En gee voor dat hy God is. Johannes noem hierdie mens in sy briewe die Antichris. 39 En in Openb 13 noem Johannes hom die dier. 40 En mense aanbid hom. Sê Openb 13:4 en 8. 39 Vgl Reformation study Bible bl 1746,1829 40 Vgl Reformation study Bible bl 1829 20

Hulle aanbid die dier wat deel is van die skepping. Ja die totaal verdorwe mensdom veruil deur die eeue die waarheid vir die leuen en aanbid die skepsel inplaas van die Skepper. ************ Wat erg is is dat Openb 13:7 vertel dat hierdie dier die kerk wat hom nie aanbid nie maar hulle lofprysing alleen tot die HERE rig soos in Ps 95:1-2 vervolg en doodmaak. ************** Maar nou troos Ps 95:3 wonderlik as it sê: die HERE is n grote God, ja, n groot Koning bo al die gode. Verduidelik En as die HERE Koning is bo al die gode beteken dit dat die HERE magtiger is as al die gode van die sondige wêreld-mensdom. En dat hulle uiteindelik onder sy mag en wil sal moet buig. 41 Skrif met Skrif Jer 10:11 sê: Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af... En hoekom? Wel omdat al hierdie gode uit die aarde is. Hulle almal skepsels. Soos Paulus ons leer in Rom 1. is hier na my mening n metaforiese lokatief wat dui op Jahwe se על כל אלהים by על 41 koninklike gesag/mag oor.כל אלהים Ja Hy bedien sy soewereine wil, mag en gesag aan die en hulle moet onder Hom buig (BHNG bl 238; K&D se Ps komm bl 86; Reformation כל אלהים study Bible bl 821). 21

Daarom staan al hierdie sogenaamde gode onder die mag van die HERE. Want Hy is die almagtige Skepper van alle dinge. Alles behoort aan Hom... dis in sy mag. 42 Bewys En presies dit sê Ps 95:4-5 as dit die HERE beskryf 43 as die Een In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne. Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het. ************** Troos 44 En wat n wonderlike troos... geliefdes! dat die HERE almagtig oor alles as Koning heers. Ook oor al die gode. Want dit sê onder andere vir ons dat al hierdie gode ons nooit sal kan skei van die liefde van ons HERE en Koning nie. 45 ***************** B. Daarom dat vers 3-5 ook die rede vir ons lofprysing is. Ja Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, (vers 4-5) vat uiteindelik die hele wêreld saam alles יב שת en מהחקרי ארץ, תועפות הרים, ים 42 staan onder die mag van Jahwe, alles behoort aan Hom, alles het Hy geskep (J Ridderbos se Ps komm bl 436; Reformation study Bible bl 821). 43 Vers 4-5 א שר lei n sin in wat Jahwe as absolute Koning met absolute Koningsheerskappy מלך גדול sin brei dus uit op die rede waarom Jahwe א שר verder beskryf. Hierdie כל אלהים oor kan ook redegewend wees (BHNG bl 243; A grammer of Biblical א שר, want על כל אלהים Hebrew bl 599). Die LXX vertaal dan ook א שר met ὅτι. 44 Vgl Kidner se Ps komm bl 344 45 Vgl ook Sondag 9-10 22

met lofsange Hom toejuig! Want die HERE is n grote God, ja, n groot Koning bo al die gode... Slot Sien u ons erediens aan die HERE, die ewige Koning geliefdes? Die eerste element daarvan is: soos ons vandag daaroor kon leer in Ps 95:1-5 Godgesentreerde lofprysing met lofsange wat jubelend uit ons harte oor ons lippe spoel. En hierdie lofprysing gebeur in die HERE se teenwoordigheid. Maar ook in hierdie wêreld vol gode. En ons kan in die HERE se teenwoordigheid besig wees met lofprysing. Want Hy s vir elke ware gelowige die HERE die Rots van ons heil. En ons kan in hierdie wêreld vol gode besig wees met lofprysing. Want die HERE is die groot Koning oor al die gode. En niks kan ons van sy liefde skei nie. En deur Hom is ons meer as oorwinnaars. Antwoorddiens Amen. Psalm as antwoord op die Woord Ps 33: 3, 4, 5 Gebed 23

Barmhartigheidsdiens Psalm tydens kollekte : Ps 93: 1, 2, 3, 4 Slotpsalm : Ps 66: 1, 2, 3 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 24