MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121 : 2, 3 Skriflesing: Matteus 18:1-9 (AV 1983/91) Teks: Matteus 18:2-4 (AV 1983/91) Preek: God spreek grootmense deur klein kindertjies aan Gebed Kollekte Skrifberyming 15 (16-1): 1, 2, 3 Seën Skrifberyming 13-3 (78) Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 1
Is dit nog vandag n probleem - dat Christene onder mekaar wedywer om die belangrikste te wees in die koninkryk van die hemel? - dat lidmate of ampsdraers in n gemeente ook sommetjies maak om te bepaal wie nou eintlik die grootste in hierdie kring is? Ons moenie te gou Nee sê nie. Natuurlik weet ons nie of individue in hulle harte dink dat hulle vir die Here belangriker is as ander broers en susters nie, maar wat van die redelik wyd-verspreide idee in kerke dat ouderlinge (byvoorbeeld) belangriker is as diakens? En is dit nie so dat party grootmense dink dat hulle belangriker is as die kinders nie? En is dit nie so dat ons iemand wat sekere werk in die kerk doen, of sekere posisies beklee, tog maar as n bietjie groter en belangriker as ander beskou en behandel nie? Wat ook al van hierdie ambisie om belangrik te wees in die kerk oorgebly het, word hier deur die Here Jesus by die wortel aangetas as Hy grootmense leer om hulle deur klein kindertjies te laat aanspreek. Dís wat ons hier hoor: God spreek grootmense deur klein kindertjies aan. Kom ons kyk eers na die dissipels se vraag, en dan na Jesus se antwoord, om dan aan die einde weer te kyk na wat dit alles vir óns ook sê. 2
1. DIE DISSIPELS SE VRAAG Die dissipels het vir Jesus gevra: Wie is die belangrikste/grootste 1 in die koninkryk van die hemel? Eintlik het die Here Jesus die vraag uit hulle getrek, want as n mens Markus en Lukas se weergawe van hierdie episode lees, 2 dan sien jy dat die dissipels vooraf met mekaar gestry het oor wie van hulle nou eintlik die belangrikste is, en eers nie wou antwoord toe die Here Jesus hulle vra waaroor hulle gepraat het nie. Maar Hy weet mos alles wat mense dink en praat, en daarom moes hulle maar uitkom met hulle vraag oor wie van hulle vir die Here as Koning die belangrikste is. Waar kom so n vraag vandaan? Dis baie moontlik dat hulle gedink het dat die Here Jesus een of ander tyd 3 wyd aanvaar gaan word as die Messias wat God vir Sy volk belowe het, en dat Hy dan as Koning van Israel gesalf gaan word, en dat hulle dan allerhande poste in hierdie aardse koninkryk van Jesus sou beklee miskien n minister, of die hoof van Sy weermag, of n belangrike ambassadeur, of dalk nog Sy eerste minister! 4 1 AV 1933/53 2 Mark 9:33-37; Luk 9:46-48 3 Miskien na Sy opstanding, wat hulle op hierdie stadium nog nie verstaan het nie Mark 9:30-32). 4 Sien bv hulle vraag na Sy opstanding in Hand 1:6 3
Dat hierdie onderwerp nie net hierdie een keer in n gesprek tussen die dissipels opgeduik het nie, blyk uit die feit dat twee van die dissipels, Johannes en Jakobus, by n ander geleentheid saam met hulle ma na Jesus toe gekom het, en sy vir Jesus gevra het of haar twee seuns in Sy koninkryk langs Hom kan sit een aan Sy regter- en een aan Sy linkerkant! 5 En selfs daardie aand voor Jesus gevange geneem is, daar aan tafel toe Hy en Sy dissipels saam die pasga geëet het en Hy die nagmaal ingestel het, was daar onenigheid onder die dissipels oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word. 6 Wat n verskriklike vraag: - n paar mensies wat van genade leef, wat in die teenwoordigheid van die Here Jesus stry oor wie van húlle die grootste is! - n paar maantjies wat in die teenwoordigheid van die son stry oor wie van hulle die helderste is! Wat antwoord Jesus hulle? 2. JESUS SE ANTWOORD Daar s twee dele in hierdie antwoord van die Here Jesus. Een deel is wat Hy doen en die ander deel is wat Hy sê. 5 Mat 20:20-21 6 Luk 22:24 4
Eerstens doen Hy iets: - Hy roep n kindjie daar na hulle toe; n klein kindjie (sê die term wat hier gebruik word); - en Hy laat die kindjie tussen hulle klomp grootmense staan, en watter lieflike gebaar (wat Markus vir ons beskryf 7 ) Hy sit Sy arms om hierdie kindjie. Dis wat Jesus dóén. Hy gaan Sy dissipels nou iets leer met n sigbare voorbeeld. Hy gaan aanskoulike onderwys gee. En net in dit wat Jesus doen, voordat Hy nog n woord sê, begin die les wat Sy dissipels moet leer, al klaar. Dit wat Hy doen, wys al klaar vir hulle dat hierdie vraag nie n geleerde antwoord nodig het nie. Hy hoef hulle nie eenkant toe te vat vir n lang en diepsinnige bespreking van hierdie kwessie nie. Hy hoef hulle nie (om dit so te sê) hoër te vat en hoër te laat kyk vir Sy antwoord nie; nee, hulle moet eintlik so n bietjie afkom aarde toe, so n bietjie laer kyk vir die antwoord op hulle vraag. 7 Mark 9:36 5
Hulle hoef nie professorale advies te kry oor hierdie saak nie; hulle kan sommer by n kindjie kom leer. Die eerste deel van Sy antwoord lê in wat Hy doen. Die tweede deel van Sy antwoord is wat Hy volgens verse 3-4 gesê het: Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. Daar moet by hulle (so leer Jesus hulle) n verandering kom, n bekering. Onthou nou dadelik dat hierdie soort verandering, bekering, net by n mens kan plaasvind wie se sondes deur die Here Jesus se offer aan die kruis vergewe is en dit gebeur wanneer jy opreg glo dat Hy vir jou ook aan die kruis gesterf het, dat Hy Homself so diep vir jóú ook verneder het; en dit kan net gebeur by n mens wat deur die Heilige Gees geestelik lewend gemaak is, sodat jy nou n mens is wat wíl wat God vir jou lewe wil... Jesus sê dat hierdie hoogheid-soekende dissipels van Hom innerlik moet verander. Hulle moet afsien van hulle kompetering vir belangrikheid. En hulle moet soos die kindertjies word. 6
Maar nou moet ons dit reg verstaan: - dit gaan nie daaroor dat volwasse gelowiges in alles soos kindertjies moet word nie, maar in een bepaalde faset. Klein kindertjies is partykeer stout, selfs moedswillig stout. Natuurlik mag ons nie daarin soos kindertjies wees nie. Klein kindertjies is ook in baie sake nog onkundig en naïef. Jesus gee ons nie met hierdie uitspraak die reg om onkundige en naïewe volwasse gelowiges te wees nie. Party volwasse gelowiges misbruik hierdie uitspraak van Jesus, hulle haal dit uit sy konteks uit, en maak dit n verskoning vir hulle geestelike luiheid: - hulle lees en bestudeer nie die Bybel nie; - hulle worstel nooit om ook die moeiliker dinge wat die Here in die Bybel vir ons bekend gemaak het, te verstaan nie; - en hulle verskoning is: ág, ek glo maar net soos n kindjie! Dit gaan hier nie oor kinders se onkunde en naïwiteit nie. Dit gaan hier oor die eienskap van n klein kindjie wat spesifiek in daardie situasie wat Jesus by daardie geleentheid geskep het, gesien kon word: - die skugterheid en die besef van eie kleinheid. 8 8 Op ander plekke word ook die onvoorwaardelike geloof/vertroue van kindertjies vir ons aanbeveel wanneer Jesus sê dat ons die koninkryk van die hemel soos hulle moet ontvang (bv Mark 10:15), met ander woorde sonder huiwering en vrae. 7
Hoe dink u gaan n klein kindjie reageer as jy hom/haar skielik tussen tien of meer volwassenes laat staan en hulle almal kyk vir hom/haar? Feitlik alle kindertjies gaan verleë voel en wil wegbeur, want in so n situasie beleef n kind sy/haar kleinheid en geringheid tussen hierdie volwassenes baie sterk. Dis belaglik, eintlik ondenkbaar, om te dink dat n kindjie in so n situasie sal wil praat oor wie van hy/sy of hierdie grootmense nou eintlik die belangrikste is! Tussen so n klomp grootmense weet klein kindertjies intuïtief dat hulle in hierdie kring die geringstes is. En dáárdie gevoel en dáárdie besef wat klein kindertjies in so n situasie beleef (sê Jesus) moet by die burgers van Sy koninkryk wees. In hiérdie opsig dat jy jou eie kleinheid besef en beleef moet Sy dissipels soos klein kindertjies word. En dis so belangrik dat, as jy nie hierin soos n kindjie word nie, enige gesprek oor n mens se posisie in die koninkryk van die hemel irrelevant word, want as jy jouself nie so laag ag soos wat n kindjie dit in daardie situasie doen nie, dan gaan jy nie eers in die koninkryk kom nie, laat staan nog enige posisie daarin beklee! 8
Maar wie soos hierdie kindjie word, is die grootste en belangrikste in die koninkryk van die hemel. Wat is dit om groot te wees in die koninkryk van die hemel? Dis iets anders as om groot te wees in aardse sin. In die koninkryk van die hemel is dit nie belangrik hoeveel mense jy kan beïnvloed, of oor hoeveel mense jy een of ander verantwoordelikheid het nie, of hoeveel voordele jy kry nie, of hoeveel erkenning vir jou gegee word nie, of hoeveel van die ander jy in een of ander opsig kon oortref nie. Maar groot en belangrik in die koninkryk beteken dinge soos die volgende: - dat jy leeg genoeg is van jouself om groot hoeveelhede van die geestelike rykdomme wat van die Here af kom, in jou te kan dra, byvoorbeeld van Sy liefde wat Hy in harte uitstort; - en dat jy so afgesien het van jou eie planne en ambisies, dat jy in die grootste mate beskikbaar is vir die werk wat die Here kies om jou in Sy kerk en koninkryk te laat doen; - dat jy jouself nou so laag in die koninkryk sien, dat jou verwondering en blydskap eendag baie groot gaan wees as die Here jou in die lewe hierna as koning gaan laat heers saam met Jesus Christus! 9 Wie s die grootste in die koninkryk van die hemel? 9 Dan 7:18, 27; 2 Tim 2:12; Openb 1:6; 2:26-27; 3:21; 5:10; 20:4, 6; 22:5 9
Die mense wat hulle kleinheid in die koninkryk van die hemel besef, soos wat klein kindertjies hulle kleinheid beleef as hulle skielik tussen n klomp grootmense staan. So spreek die Here Jesus deur klein kindertjies grootmense in Sy kerk se gewaande grootheid en belangrikheid aan. 10 TOEPASSING n Mens kan op verskillende maniere groot en belangrik probeer wees in die kerk, byvoorbeeld: - deur te dink dat sekere take benede jou is; - of deur dit wat jy doen só te doen dat soveel as moontlik mense daarvan kennis neem en jou dus kan prys as jy dit goed doen; - of deur ander gemeentelede as benede jou te beskou en op fyn maniere neerhalend en neerbuigend teenoor hulle te wees, byvoorbeeld die mense wat in die samelewing op n laer sportjie as jy staan; of die mense wat nie so baie geld soos jy kon bymekaarmaak nie; of die mense wat jonger as jy is, minder ervare; of dié wat al geestelike skandes begaan het; - of deur te voel dat jou opinie/wens meer gewig moet dra as dié van ander mense; - of deur te reken dat hoe dinge in die gemeente jóú raak, belangriker is as hoe dit ánder raak. 10 Vgl ook Mat 20:26-27; Luk 22:26; Rom 12:10; Flp 2:3; 1 Pet 5:5 10
Om van hierdie sondige strewe na grootheid en belangrikheid ontslae te raak, hoef ons nie n geleerde uiteensetting van die Teologiese Skool in Potchefstroom aan te vra nie. Ons kan sommer hier op die kerkterrein n klein kindjie roep om skielik tussen n klomp grootmense te kom staan en dan almal vir hom/haar te kyk, en dan uit daardie kleintjie se verleë skugterheid te leer wat ons harte moet voel as ons aan ons plek in die koninkryk van die Here dink. Dis die Here wat kindertjies in n gemeente op hierdie manier gebruik, veral om die grotes en belangrikes in die gemeente aan te spreek. Kom ons sien elke week hierdie lessies hier tussen ons raak. En kom ons word hier binne so klein soos kindertjies, sodat ons in die koninkryk van die hemel sal kan ingaan en by die Here groot kan wees. Dis tog die enigste groot-wees wat saak maak AMEN 11