Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Johannes 14: /08/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

OESFEES. Oktober 2016

TrumpetNet, 31 May 2007

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Pragtige Koningin Ester

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

God se beloftes in voorbidding

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Deuteronomium 8: /01/2014

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

Musiek: Toets jou kennis *

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Die liggaamlike opstanding van Jesus

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

*24 Februarie - 2 Maart

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Die boek Job en lyding

Luk 10:33 Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, Luk 10:34 en na hom gegaan,

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die wind as bron van energie *

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

Handleiding vir Leiers met Dagstukkies en Gespreksriglyne vir Omgeegroepe

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Gebed. Die Asem van die Siel

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Buite Die Laer Uitgaan

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

Courses for March 2012

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

Transcription:

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met heerlikheid: 2 u mantel is van sonneglans, / u troongewelf die bloue trans; die solderwerk van u paleis / is in die wolke, hooggehys. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Amen. Psalm 96:1, 2 (p. 480) 1 Sing vir die HEER ʼn nuwe lied! / Die aard se verste perke/ moet jubel oor sy werke, en Hom die lof en hulde bied; / moet uitroep en verwag / sy heil van dag tot dag. 2 Verkondig nou sy roem en eer / by al die nasies, onder / die volke: sterkte en wonder; want groot, lofwaardig is die HEER. / Vreeslik in heerskappy / bo al die gode is Hy. Gebed Psalm 40:3, 4 (p. 205) 3 Grootmagtig was u daad. Hoe meld my mond / u wonders so oneindig ryk? Wie is op aarde aan U gelyk? / Wie kan, o HEER, u grootheid ooit deurgrond? Geen gawe of offerande, / gebring deur mensehande, / was ooit u wil of eis. U het my oor deurboor, / dat ek u woord kan hoor / as hoogste dankbewys. 4 Net om u wil te doen soos in u Boek / die wonderskrif wat nooit vergaan dit klaar van my geteken staan, / dit wil ek, HEER, van ganser harte soek. Ek bied U hart en hande / in will ge offerande / al wat ek is en het; diep in my ingewand / waar liefde en ywer brand, / draag ek u heil ge wet. Skriflesing: 1 Timoteus 1:1-20; Dordtse Leerreëls, Hoofstuk 3 en 4, Artikel 15 Kernvers: 1 Timoteus 1:15-16 Dit is ʼn betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ʼn voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe. (1 Timoteus 1:15-16 AFR53) Dordtse Leerreëls Hoofstuk 3 en 4, Artikel 15 Hierdie genade is God aan niemand verskuldig nie. Wat sou God immers aan iemand skuld wat Hom vooraf niks kan gee nie om dan daarvoor vergoed te word? Inderdaad, wat sou God aan die mens verskuldig wees wat self niks anders as sonde en leuens het nie? Die mens wat hierdie genade ontvang is God alleen ewige dankbaarheid verskuldig en dank God ook daarvoor. Die mens wat hierdie genade nie ontvang nie heg geen waarde aan hierdie geestelike dinge nie en skep net in sy eie dinge behae of beroem hom sonder om na te dink tevergeefs op wat hy het terwyl hy niks het nie. Verder moet oor hulle wat hulle geloof in die openbaar bely en hulle lewe verbeter, volgens die voorbeeld van die apostels, baie gunstig geoordeel en gepraat word, want die binneste van die hart is aan ons onbekend. 1

Vir die ander wat nog nie geroep is nie moet ons tot God bid wat die dinge wat nie bestaan nie roep asof hulle bestaan. Ons mag ons volstrek nie teenoor hulle in trotsheid verhef asof ons onsself so van hulle onderskei het nie. ʼn Verduideliking by artikel 15 Hierdie genade verwys na die geloof waarvan ons in artikel 14 bely. Die geloof is ʼn gawe van God wat Hy in die mens ingee en instort. Maar Hy is aan niemand hierdie genade verskuldig nie. In die twee vrae word beklemtoon dat die mens niks het om aan die Here te gee nie. Die eerste vraag fokus op die mens voor die sondeval. Adam het al voor die sondeval toe hy nog heilsame kennis van sy Skepper gehad het en in sy wil en hart geregtigheid was, ja, toe sy gesindheid nog suiwer was en hy volkome heilig was niks gehad wat hy kon sê dit is sýne nie. Sy liggaam, sy lewe, ja, sy alles het Hy van God ontvang. Dus het hy niks van sy eie wat hy aan God kon gee om in die ruil daarvoor die gawe van geloof te kry nie. Die tweede vraag fokus op die mens na die sondeval. As die mens inderdaad net sonde en leuens het wat sy eie is, hoe kan hy dit gee en dink dat God dan aan hom die gawe van geloof verskuldig is? Met sy sonde en leuens verdien die mens niks minder nie as die ewige straf in die hel volgens God se regverdige oordeel. Die res van die artikel belig die gesindheid wat die mens behoort te hê. Eers word daar gesê watter gesindheid die mens moet hê wat wel die genade ontvang het om te kan glo. Die mens aan wie God die gawe van geloof geskenk het is aan God alleen ewige dankbaarheid verskuldig. Dit wil sê, sy hele lewe moet ʼn dankoffer aan die Here wees, want in plaas van die regverdige straf vir sy sonde wat hy eintlik verdien het, het die Here die genade van geloof aan hom gegee sodat hy deur die geloof in die Naam van Jesus Christus vergifnis van sy sondes en die ewige lewe mag kry. Hierdie mens besef dan watter groot genade die Here aan hom bewys het, daarom dank hy die Here ook daarvoor. In die tweede plek bely ons watter gesindheid die mens het wat hierdie genade nie ontvang het nie. So ʼn mens heg geen waarde aan die geestelike dinge nie. Vir hom is geloof en die vryspraak deur die geloof waardeloos. Hy is net tevrede as hy self iets vir sy eie verlossing kan doen. Hy beroem homself ook nog boonop op wat hy doen. Maar wat hy doen beteken by die Here niks nie, want sy werk is nie volmaak nie. Daarom is alles wat hy doen en waarop hy hom beroem tevergeefs. So ʼn mens het ʼn selftevrede gesindheid en in sy gemoed is hy oorgerus omdat hy dink hy het die ewige lewe op grond van sy waardigheid. In die derde plek bely ons wat die ware gelowige se gesindheid moet wees teenoor ander wat bely dat hulle gelowig is. Oor hulle wat hulle geloof in die openbaar bely en hulle lewe verbeter, moet daar baie gunstig geoordeel en gepraat word. Ons kan immers nie in die hart van mense sien nie. Maar wanneer ons hulle hoor hulle geloof bely en ons sien dat hulle hulle lewe verbeter moet ons aanvaar dat hulle gelowiges is soos wat hulle sê en lewe. Dit is immers die voorbeeld wat ons ook by die apostels kry. In die laaste plek bely ons hoe ons gesindheid moet wees teenoor die mense wat nog ongelowig is. Uit hulle woorde en lewe kom ons agter dat God hulle nog nie geroep en aan hulle die genade van die geloof gegee het nie. God alleen gee die gawe van geloof, daarom moet ons tot Hom bid om ook aan hierdie mens geloof te skenk as dit sy wil is. Teenoor so ʼn ongelowige mag ons onsself hoegenaamd nie verhef asof ons beter as hulle is nie. Die feit dat ons glo is mos nie aan onsself te danke nie. Dit is alleen aan die Here te danke wat ten spyte van ons sonde en leuens tog geloof aan ons geskenk het. 2

Tema: Verloste mense se gesindheid teenoor God en teenoor alle ander mense Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus, die meeste van ons, of miskien ons almal, het in huise grootgeword waar albei ouers Christene is. Wat ʼn voorreg het die Here nie aan ons geskenk nie! Hy het beskik dat daardie twee mense wat ons grootgemaak het, wel ons ouers is. En dit is nog ʼn groter voorreg dat hulle by ons doop nie maar net ja op die belofte gesê het om ons in die vrese van die Here se Naam groot te maak nie. Hulle het hulle regtig daarop toegelê om ons so groot te maak dat ons ons Drie-enige God kon leer ken en leer liefkry. Daarom was die Bybel nog nooit vir ons ʼn vreemde Boek nie. Eredienste was nie ʼn vreemde ervaring nie. En vir ons wat waarlik in Jesus Christus glo as ons enigste en volmaakte Verlosser, is geloof in Hom die normale ding om te doen. Ons bevraagteken nie die waarde daarvan nie. Om die waarheid te sê, ons is heeltemal gewoond daaraan om te glo. Maar saam met hierdie heerlike voorreg om van kleins af die Here te ken en in Hom te glo, is daar iets waarteen ons moet waak. ʼn Mens kan so gewoond daaraan raak om in die Here te glo dat ons nie meer in verwondering daaroor is nie. Geloof in Jesus Christus kan vir ons so alledaags word soos om jou tande te borsel. Dit is iets wat ʼn mens outomaties doen terwyl jou gedagtes maklik met iets anders besig is. Met hierdie artikel en ons Skrifgedeelte kom haal die Heilige Gees vanaand die skille van ons oë af, die eelte van ons harte af, sodat ons weer kan agterkom wat dit beteken as die Here genade aan ʼn mens bewys. Dit is nie maar sommer iets wat gebeur nie. Dit is radikaal en lewensveranderend. Eintlik behoort ware gelowiges nooit gewoond te raak aan die genade van die Here nie. Dit is nie iets wat Hy aan ons verskuldig is of waarop enigeen van ons ʼn reg het nie. Sodra ons ʼn reg het op iets of sodra ons iets geskuld word, kan dit nie meer genade wees nie. Genade is gratis. En die verruklikheid van genade is om weer te sien aan wie God dit gee. Broers, susters en kinders, Paulus begin ons kernverse met ʼn waarheid wat oral in die kerk al bekend was in daardie tyd. Hy sê dit is ʼn betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word. Wat hy nou gaan sê kan maar onvoorwaardelik geglo word. Jy kan dit ten volle aanneem. Daar is geen twyfel oor die waarheid van hierdie woorde nie. Hierdie woord het oneindige waarde. Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red. Moenie allerhande verhaaltjies wat oor Jesus vertel word glo nie, sê Paulus vir Timoteus. In die dae toe Paulus hierdie brief geskryf het, was daar mense wat van Jesus net ʼn baie slim leermeester gemaak het wat allerhande wyshede verkondig het. En volgens hierdie valse leraars kon net die uitgesoektes en ingewydes hierdie wyshede begryp. In ons dae is daar ook mense wat allerhande slimmighede maar onwaarhede aangaande Jesus verkondig. Hy is die Een wat wonderwerke doen. Jy moet net in Hom glo dan sal Hy alles wat in jou lewe verkeerd gegaan het in ʼn oogwink regmaak en reghou. Jesus Christus het nie in die wêreld gekom om die lewe vir ons nou hier op aarde hemel op aarde te maak nie. Hy het gekom om sondaars te red. As jy dink dat jy ʼn redelik goeie mens is wat die regte dinge doen, soos Bybel lees en bid, dan het Jesus nie gekom om jou te red nie. Hy het gekom om net sondaars te red. As jy van jou sondes dink dat dit maar net ʼn paar tekortkomings en foute is as gevolg van jou agtergrond, dan het Jesus jou ook nie gered nie. Hy het gekom om net sondaars te red. As jy dink dat jy te gelowig is om ʼn sondaar genoem te word, het Jesus ook nie gekom om jou te red nie. 3

Ons Vader in die hemel het sy enigste Seun gestuur om sondaars te red. Wie homself nie as ʼn sondaar sien nie en homself nie wil verneder tot op die vlak van ʼn sondaar nie, sal nie die grootsheid van God se genade in Jesus Christus kan begryp en beleef nie. So ʼn mens sal ook nie in verwondering kan staan oor God se genade nie. So ʼn mens openbaar die gesindheid waarvan ons soos volg bely: Die mens wat hierdie genade nie ontvang nie heg geen waarde aan hierdie geestelike dinge nie en skep net in sy eie dinge behae of beroem hom sonder om na te dink tevergeefs op wat hy het terwyl hy niks het nie. As ware gelowige het Paulus die genade van God in Jesus Christus terdeë geken. Nóg sy amp as apostel nóg sy geleerdheid in die wet het aan hom sekerheid gegee. Dit is die feit dat hy ʼn sondaar is dat hy besef het hoe verruklik die genade van God regtig is. Maar nou moet ons oplet hoe hy homself as sondaar beskou. Hy sê dat Christus Jesus gekom het om sandaars te red, van wie hy die vernaamste is. Hy sê dit nie as iemand wat maar onlangs tot bekering gekom het nie, maar as iemand wat al dertig jaar met God wandel. Kyk net na die kronologiese verloop van hierdie uitspraak van Paulus. Twintig jaar na sy bekering het Paulus aan die Korintiërs geskryf: Ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om ʼn apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het. (1 Korintiërs 15:9 AFR53) Omtrent sewe jaar later skryf hy aan die Efesiërs en noem homself die geringste van al die heiliges (Efes 3:8). En hier in ons teks, drie jaar na die brief aan die Efesiërs, sê hy dat hy die grootste sondaar is. Met die woorde grootste sondaar verwys hy inderdaad na die verskriklike dinge wat hy gedoen het voordat hy tot bekering gekom het. Hy het gelaster omdat hy as Fariseër gesê het dat Jesus Christus nie die Seun van God kan wees en ook nog die beloofde Messias nie. Hy het die kerk van Jesus met ywer vervolg en probeer om dit van die aardbodem te laat verdwyn. En agter die laster en vervolging was die geweld wat in sy hart gebroei het. Maar dit is veral omdat hy oor dertig jaar al so intiem met God en Jesus Christus geleef het dat hy nog duideliker gesien het hoe verskriklik daardie sondes van hom was. As hy homself die grootste sondaar noem, wil hy nie spog nie. ʼn Mens spog net wanneer jy jouself met ander mense vergelyk. Paulus is lankal nie meer ʼn Fariseër wat hom graag met ander mense vergelyk het nie. As hy sy sonde in die lig van God se heiligheid sien, kan hy nie dink dat daar nog groter sondes as syne kan wees nie. Sulke gruwelike dinge verdien net een ding en dit is die ewige dood. In plaas van hierdie regverdige straf het God aan Paulus oorvloedig baie genade geskenk. Hierdie genade sluit in die geloof en liefde in Jesus Christus. Dit sluit ook in dat God hom waardig gemaak het om ʼn apostel te wees. Uit die duisternis van die sonde en die dood het die Heilige Gees Paulus opgewek en in die lig van die Here se genade gebring. Geliefdes, uit hierdie woorde van Paulus leer ons ʼn groot les sodat ons kan waak teen daar die geneigdheid om gewoond te raak aan die Here se genade en die geloof. Het ek en jy al so naby aan die Here gekom dat ons ook in sy helder wit lig van heiligheid kan raaksien hoe swart en donker ons lewe van vroeër in die sonde was? Ons kan maar gereeld nadink oor daardie ellende waaruit die Here Jesus ons gered het sodat ons oor en oor kan besef hoe groot die Here se genade regtig is. Dan sal ons ook besef hoeveel dank ons aan Hom verskuldig is. Ons lewe op aarde sal gans te kort wees om Hom genoeg te dank vir sy genade. Ons sal die ewigheid nodig hê om dankie te kan sê. 4

Omdat Paulus met God gewandel het en in verwondering bly leef het oor die verruklikheid van God se genade saam met die opdrag wat hy as apostel gehad het, het hy agtergekom waarvoor die Here besig is om hom te gebruik. Die Here gebruik Paulus en sy bekering as ʼn teken van die grootsheid van sy barmhartigheid en genade. Dit is asof die Heilige Gees vir ons in vers 16 sê: Kyk net wat het Jesus Christus met Paulus die vervolger, lasteraar en geweldenaar gedoen. Hy het hom ʼn gewillige dienskneg van Hom gemaak. Dink net wat kan Jesus Christus met jou maak. As Hy vir Paulus uit die duisternis van die duiwel se ryk kon haal, dan kan hy dit ook met enige ander mens doen. Ware gelowiges, as julle besef hoe donker die duisternis is waaruit God julle gered het omdat julle dag na dag sien hoe helder die heiligheid van God is, sal julle besef dat die Here inderdaad in staat is om enige sondaar te red. Daarom kan en mag ons tot Hom bid dat Hy ook aan die ongelowiges rondom ons die geloof sal skenk as dit sy wil is. Niemand se sonde is so groot dat hulle nie ook deur Christus gered kan word nie. En ʼn gelowige wat besef hoe ruim en ryk God se genade vir hom is, sal met vreugde en opgewondenheid die evangelie van Jesus Christus ook aan die ongelowiges verkondig. ʼn Ware gelowige sal hoegenaamd nie neersien op die ongelowiges asof hy beter as hulle is nie. Omdat sy verhouding met Jesus Christus al intiemer word weet hy dat hy ook daar was waar hierdie ongelowiges nog is. Dat hy nou kan glo is alleen aan God se groot liefde vir sondaars te danke. Is ek en jy al die grootste sondaar in ons eie oë, broers en susters? As ons onsself nog nie so sien nie, sal ons lof en dank aan die Here vir sy genade ook maar so-so wees en nie ʼn jubelende lied wat die eer van God uitbasuin nie. Die Here wil hê ons moet onthou waar Hy ons uitgehaal het. Hy het vir Israel gesê: En jy moet daaraan dink dat jy ʼn slaaf in Egipteland was, en dat die HERE jou God jou verlos het. (Deuteronomium 15:15 AFR53) Dit is wanneer ons deur die Wet van die Here oor en oor daaraan herinner word dat ons vyande van God is dat ons meer en meer die genade van die Here besef. Dan kan ons regtig aan Hom die eer en dank toebring wat Hom ons barmhartige en regverdige God toekom. Amen! Slotgebed Psalm 107:1, 3 (p. 533) 1 Loof God, omdat Hy goed is, / en goed is sonder end! Meld dit, al wie behoed is, / verlos is uit ellend; wat God uit elke land / in vryheid weer herstel het, vry van die slaweband, / waarmee hul hom geknel het. 3 Hy het hul matte skrede / gelei op regte baan om tot bewoonde stede / met blydskap in te gaan. Laat hul Hom dank bewys / vir redding wat so soet is, Hom voor die mense prys, / omdat Hy groot en goed is. Die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde God die Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees sal met elkeen van julle wees en bly. Amen. Ds Coenraad Vrey Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 5