Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Johannes 6:1-15; /07/2014

TrumpetNet, 31 May 2007

Deuteronomium 8: /01/2014

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Johannes 14: /08/2014

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Pragtige Koningin Ester

OESFEES. Oktober 2016

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Musiek: Toets jou kennis *

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

God se beloftes in voorbidding

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Courses for March 2012

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Die boek Job en lyding

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Die wind as bron van energie *

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Die wonder van water *

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Gebed. Die Asem van die Siel

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Die Wese van Effektiewe Gebed

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Welkom. Reis saam met ons soos ons leer om God heelhartig met ons lewens lief te he!!! LiefGodGrootliks.wordpress.com 1

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Handleiding vir Klein Groep Leiers

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

Buite Die Laer Uitgaan

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Die liggaamlike opstanding van Jesus

Pinkster 2015 "Die aarde behoort aan die Here"

Plekwaardes van heelgetalle *

Transcription:

1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis: 12 Artikels interaktief Verootmoedigingsdiens: Wet: Eks 20: 1-6 en Psalm 16 Sing: Ps 97-1: 4,5 Gebed Woorddiens: Skriflesing: Psalm 23 Woordbediening Antwoorddiens: Gebed Liefdegawes Gebed vir BnB Sing: Ps 23-2 : 1 (Gerdener) Seen Amenlied Sb 13-2

2 Geliefde brs. en srs. en kinders Kersfees is verby en dit was wonderlik om weer op gelowige wyse die geboorte van ons Here te vier en die betekenis daarvan te ervaar. Nou lê die nuwe jaar voor ons en die meeste mense se gedagtes begin nou draai om wat 2015 vir elkeen van ons gaan inhou. Wat gaan met my gebeur? Wat gaan op persoonlike vlak gebeur in my verhoudingslewe? Wat lê vir ons as gesin voor? Wat hou my werk of my studies vir my in? Hoe lyk my finansiële sekuriteit? Is daar vir my goeie vooruitsigte of sal ek dalk die belt nog stywer moet vastrek? (Kinders: dit beteken: sal ons nog meer spaarsamig met ons geld moet werk?) Wat is die ekonomiese vooruitsigte? Vir baie is die vraag: gaan ek nog ʼn werk hê in 2015? Baie wonder ook: Wat wag vir ons in Suid-Afrika? Gaan dinge verbeter of gaan dit slegter word? Wat gaan in die wêreld gebeur? Gaan die wêreldekonomie verbeter sodat dit ook met ons beter kan gaan? Gaan die krisis tussen Rusland en die weste opgelos word? Gaan ISIS en Bohoko Garam met hulle verskriklike terreurdade aan bande gelê kan word en wat gaan word van die krisis in die Midde Ooste? Gaan Ebola gekeer word en wat van al die konflikte in Afrika? So bring die jaarwisseling baie vrae en dikwels ook baie onsekerheid by mense. Ja, sommige van ons kan selfs bang wees vir 2015. Bang oor alles wat so onseker is en ontsteld oor vrae waarop daar nie antwoorde is nie. En dan lees ons in Psalm 23 vers 1: Die Here is my Herder ek kom niks kort nie. Die ouer vertaling lui: Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie! Br en sr: wat beteken hierdie woorde vir my en jou? Hoe bring dit perspektief op die nuwe jaar wat vir ons wag? Die boodskap van God vanmore is dan: Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie! Brs. en srs., die herdermetafoor is seker en van die bekenste beelde in die Bybel. Dit is so omdat die Israeliete en hulle voorgeslagte nomadiese veeboere was. Hulle het met skape, bokke en kamele geboer. Ons lees dat Abel, seun van Adam en Eva, die eerste herder was. ʼn Herder, kinders, is iemand wat die skape of bokke opgepas en versorg het. (Wys prente) Van die grootste leiers in die Bybel was ook herders. Abraham was ʼn baie ryk veeboer. Hy het seker self as herder opgetree en later herders gehuur om sy kuddes te versorg. Ons weet ook van Jakob wat ʼn baie bedrewe herder was en wat allerlei kunsies geken het om sy kuddes vinniger te laat aanteel as die van sy skoonpa. Moses, die groot eerste leier van Israel is van die veld af agter die vee geroep om die volk uit Egipte na die

beloofde land te lei. En dan natuurlik ook Dawid aan wie psalm 23 as digter toegeskryf word, was van jongs af ʼn herder tot dat hy koning van Israel geword het. Die mense aan wie God sy Woord gerig het, was dus baie goed bekend met die werk en lewe van ʼn herder en daarom gebruik die Here dit ook as metafoor van Homself en van sy optrede teenoor sy kinders. Ons lees bv. in Jesaja 40: 11 dat die Here sy volk sal lei soos ʼn herder. Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei. Dieselfde gedagtes word ook in Jer. 23 en Eseg. 34 gegee oor God as die goeie herder wat sy kudde ten beste sal versorg! In Eseg. 34 dank die Here die leiers van die volk as herders af omdat hulle nie vir die volk gesorg het nie. Hy sê: Kyk, hier is Ek en Ek sal self na my skape vra en vir hulle sorg, Ek sal hulle uitlei en goeie weiveld bring. Ek sal self my skape oppas en hulle laat lê en rus, so sê die Here! Brs. en srs., die lewe van herders of skaapwagters in die Bybel word dikwels deur die moderne mens verromantiseer. Ons sien dit elke jaar met Kersfees en die uitbeelding van skaapwagters met hulle skape rondom die krip van Jesus met sy geboorte. Maar die werk van skaapwagters was allermins iets romanties. Dit was uiters harde en gevaarlike werk. ʼn Herder moes ʼn sterk en vreeslose man wees! Hy moes bereid wees om in uiterste warm dae in die woestynagtige weivelde van die Midde-Ooste en Palestina in die blote son sy kuddes op te pas. So ook wanneer hulle ver na kos moes gaan soek, het hulle uiters koue nagte in die veld moes deurbring om die skape op te pas. Hulle moes roofdiere soos wolwe, bergleeus of bere beveg om die skape te beskerm soos Dawid ons vertel, hy baie moes doen. So ook roofbendes wat die vee kom steel het. ʼn Herder wat suksesvol wou wees, het self sy eie kuddes opgepas. Hy kon nie bekostig dat iemand die vee alleen los en vlug van gevare soos ons lees dat baie van die gehuurde skaapwagters gedoen het nie. ʼn Herder pas sy eie skape soos goud op en sal alles vir hulle gee en sy lewe op die prys stel om hulle veilig te hou. 3 So ʼn herder, broers en susters, is die Here ons God vir ons. Die Here is ʼn sterk en vreeslose Herder! Daar is niemand soos Hy nie! Niemand wat meer liefde vir sy kudde het as wat die Here vir ons het nie. Niemand wat so vreesloos vir ons veg soos die Here ons God nie! Niemand wat in staat is om te sorg soos die Here vir ons sorg nie! Hy voorsien in al ons behoeftes! As Dawid sê Die Here is my Herder is dit ʼn belydenis van God se allesomvattende sorg vir sy kinders! Die grote God wat hemel en aarde gemaak het, die grote God wat op sy troon in die Hemel sit en oor alles en almal regeer Hy is ons Herder! Niemand anders kan sorg soos Hy nie! Luister hoe praat Dawid heel aan die einde van sy lewe, net voor sy dood, oor die Here se Herderlike sorg in 1 Kron. 29. Hier aan die einde van sy lewe praat Dawid uit eie ervaring as hy sê: Geloof sy U Here, God van ons voorvader Israel en van ewigheid tot ewigheid. Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit

behoort aan U, ja, alles in die hemel en op die aarde. Aan U Here, behoort die heerskappy, U is bo almal verhewe. Van u kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk en dit berus by U om enige iemand groot en sterk te maak. En nou loof ons U, ons God en prys ons u glansryke Naam! Alles kom van U af. Brs. en srs., dit is ons Herder! So sal Hy ons in 2015 lei en versorg soos geen ander een kan nie! Hy is in beheer van jou lewe en Hy lei jou op die pad wat Hy vir jou uitgekies het met groot liefde en allesomvattende sorg! Ons hoef nie oor 2015 te wonder of bang te wees nie! Die Here weet presies wat ons nodig het en Hy weet presies wat vir ons wag! Hy is ʼn sterk en vreeslose Herder en wat ook al op ons pad kom, Hy sal vir jou sorg en Hy sal jou beskerm! Dawid bely en sê: Die Here is my Herder. Kan ek en jy dit ook vanmore bely en sonder huiwering sê: Die Here is my herder! Ek behoort aan Hom en Hy sorg vir my? 4 Ja, geliefdes, ons kan dit sê: want God het juis in Christus gedoen waarvan Hy in die Ou Testament gepraat het as Herder! Dat Hy self vir sy kudde sal sorg en sal doen wat geen aardse herder kan doen nie! Dat Jesus mens geword het en tussen ons kom woon het en vir ons kom wys het hoe ʼn herder God vir ons is! Daarom kon Jesus in Johannes 10 sê: Ek is die goeie Herder! Ek lê my lewe vir my skape af! En dit het Jesus gedoen deur aan die kruis sy lewe vir ons af te lê sodat ons aan God kan behoort sy skape kan wees. Dat ek en jy ook vanmore kan bely: Die Here is my Herder! Dit is die blye evangelie: Ek behoort deur my geloof aan Christus aan Hom Hy sorg vir my soos Sondag 1 sê dat geen haar van my hoof sal val as dit nie die wil van my Herder is nie! Brs. en srs., wat ʼn heerlike troos om dan vanmore saam met Dawid te kan sê: Die Here is my Herder! Dat ons kan sing in Ps. 18:1Die Here is my rots, my skuilplek, my redder, My God, my skild en sterk verlosser! Br. en sr., eien hierdie God vir jou toe in die geloof soos Dawid! Gee jou soos Dawid oor aan sy sorg! Dan hoef jy nie bang te wees nie! Bid dat sy Gees wat ook soos ʼn Herder aan jou gegee is, in jou hierdie geloof sal werk en bevestig. Die Heilige Gees wat ons troos en lei dat Hy die Gees van God ook hierdie geloof en oorgewenheid in jou sal werk. Geliefdes, wat is die logiese en noodwendige gevolg van ʼn lewe in die sorg van ons Herder? Dit wat Dawid verder sê: Ek kom niks kort nie! Niks sal my ontbreek nie! Ek het alles wat ek nodig het! Ek wil niks meer hê nie! Kan ek en jy dit ook met vrymoedigheid vanmore sê? Dat ons tevrede is met wat ons het? Ons leef in ʼn wêreld wat vir ons vertel dat ons altyd nog iets benodig. Dat ons altyd nog iets nodig het. Dat dit wat ek het nie genoeg is nie dat ek meer nodig het! Ons mense kan amper nie meer ophou nodig hê nie. Ek wil altyd beter en meer!

Nee, as ek sê die Here is my Herder, dan moet ek ook leer om tevrede te wees met wat Hy vir my in sy liefde gee! Dan moet ek glo en aanvaar dat ek niks meer ontbreek nie! Onthou brs. en srs., die Here het ons nooit rykdom belowe nie! Dit sal ons verder in die psalm nog ontdek! Die het belowe dat ons alles sal ontvang wat ons nodig het om van te lewe! Nou moet ek en jy ophou bekommer, ophou kla en ontevrede wees, ophou begeer nog beter en nog meer! Nou moet ons leer om tevrede te wees. Nou moet ons leer om op die Here se sorg te vertrou en met verwagting te glo dat ons Goeie Herder ons met alles wat goed sal versorg! Nou mag ons nie meer vrees nie, nie meer "worry" nie, nie meer te dink: ek moet alleen sorg nie maar weet: Die Here is my herder Hy sal sorg. Ja, ʼn nuwe jaar lê voor en genadiglik hoef ons ons nie te bekommer oor wat die toekoms inhou nie. Kom ons sorg dat ons naby aan ons Herder bly, kom ons sorg dat ons ons hoop en verwagting op Hom stel en op niks of niemand anders nie! Ja, hoe heerlik om vanmore die ou bekende woorde nuut te kan bely: Die Here is my Herder ek sal niks, ja niks, kortkom nie! Amen 5