OPBERGINGSOOREENKOMS
|
|
- Angelina Flynn
- 5 years ago
- Views:
Transcription
1 OPBERGINGSOOREENKOMS SENTRAAL SUID KOOPERASIE BPK Graansilo-eienaar en GRAANGRAANSILO-GEBRUIKER (hierna genoem as die graangraansilo-gebruiker ) het vandag ʼn kontrak gesluit op die volgende terme en voorwaardes: 1. ALGEMEEN Hierdie kontrak tussen die graansilo-eienaar en die graangraansilo-gebruiker handel oor graan en oliesade (hierna genoem produkte) wat die graangraansilo-gebruiker in die graansilo s van die graansilo-eienaar wil opberg en die dienste wat die graansilo-eienaar teen betaling in die verband bereid is om aan die graangraansilo-gebruiker te lewer. Dit behels ook ʼn onderneming van die graansilo-eienaar aan die graangraansilo-gebruiker om ʼn produk van dieselfde kwaliteit en kwantiteit soos vermeld in die kontrak aan die graangraansilo-gebruiker te lewer, en aangeleenthede in verband daarmee. Hierdie kontrak is geldig totdat ʼn nuwe kontrak tussen die partye beding word. 2. PRODUK Alle produkte. 3. KWANTITEIT Netto massa soos per sertifikaat/ontvangsbewys * in graansilo gelewer. 3.1 ʼn 0.5% Hanteringsverlies sal van gelewerde graan afgetrek word tot op 3% sifsels. In die geval van canola sal dit 1% wees. SSK is bereid om koring met meer sifsels in te neem SKK is ook bereid om gars met meer sifsels in te neem alhoewel lewerings aan
2 2 SABM tot 5% sifsels beperk is. Sifsels sal van die gelewerde massa afgetrek word ooreenkomstig SSK en kopers se standaard in hierdie verband. 3.2 Die massa gereflekteer op SSK weegbrugdokumente sal as finaal aanvaar word. 4. KWALITEIT Die kwaliteit van hierdie Produk voldoen aan die graderingsregulasies van die Direktoraat Plant- en Gehaltebeheer van die nasionale Departement van Landbou. (Spesifikasies soos per Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990) en of ander * soos volg. 5. SILO Alle silo s binne Sentraal Suid Koöperasie Bpk. 6. Alle produkte sal volgens die voorskrifte van die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) berook word. 7. Die graansilo-eienaar moet alle produkte wat in sy silo opgeberg word verseker teen versekerbare risiko s. In geval van verlies of skade sal die graansilo-eienaar n produk van dieselfde kwaliteit en kwantiteit soos in die kontrak vermeld aan die graangraansilo-gebruiker lewer en sal die graansilo-eienaar nie aanspreeklik wees vir enige gevolglike skadevergoeding nie. Ingeval waar n produk vanaf ʼn alternatiewe silo gelewer word, moet die nodige finansiële regstelling vir vervoerkoste gedoen word, onderhewig aan vooraf onderhandeling tussen die partye betrokke. Indien die fisiese lewering van die produk deur die graansilo- eienaar nie moontlik is nie, sal die graansilo- eienaar die kontantwaarde daarvan aan die graangraansilo-gebruiker lewer. Die waarde van die produk wat in aanmerking geneem moet word by die bepaling van die skadevergoeding waarop die graangraansilo-gebruiker geregtig is in die geval van verlies of skade is die waarde van soortgelyke produkte soos wat tussen die graansilo-eienaar en die graangraansilo-gebruiker ooreengekom word op die dag wat die graansilo-eienaar die graangraansilo-gebruiker in kennis gestel het van die verlies of skade. Sou die graansilo-eienaar en die graangraansilo-gebruiker nie oor ʼn waarde kan ooreenkom nie, sal die waarde deur middel van arbitrasie vasgestel word en sal die waarde aldus vasgestel deur beide partye aanvaar word. 8.1 Die graansilo-eienaar het ʼn retensiereg op alle produkte wat in die graansilo opgeberg word vir die betaling van silodienskoste. 8.2 Die graansilo-eienaar het ʼn vorderingsreg op alle opbrengste wat uit die verkoop van graanprodukte voortspruit vir betaling van silodienskoste.
3 3 9. Die tariewe van toepassing op dienste gelewer by die silo, geld vir ʼn bemarkingseisoen soos hieronder uiteengesit. Die onderskeie produkte se bemarkingseisoen is soos volg: mielies en sorghum 1 Mei - 30 April, sonneblom en sojabone 1 Maart - 28 Februarie koring 1 Oktober - 30 September. gars 1 Oktober - 30 September hawer 1 Oktober - 30 September korog 1 Oktober - 30 September canola 1 Oktober- 30 September Die graansilo-eienaar kan op vooraf en billike kennisgewing aan graangraansilo-gebruikers, ʼn penalisasietarief by sekere silo s hef op graan wat aan die einde van n bemarkingseisoen in silo is. 10. Die graansilo-eienaar mag produkte van dieselfde soort vermeng, met dien verstande dat koring wat by onttrekking deur die graangraansilo-gebruiker nie aan die oorspronklike graad voldoen nie, deur middel van ʼn afrekening (op- of afgradering) reggestel word. Die regstellende betaling tussen graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker vind op die dag van onttrekking plaas en word bereken op die prysverskil met die B1-graad as algemene basis. 11. ʼn Toepaslike silodienstarief vir elke bemarkingsjaar, soos gepubliseer is betaalbaar. Die tariewe is by die graansilo-eienaar beskikbaar op aanvraag. Die graansilo-eienaar het die reg om rente, bereken teen FNB se primakoers plus 2% (daagliks bereken en maandeliks gekapitaliseer), vir die periode wat silodienskoste agterstallig is, op sodanige uitstaande silodienskoste te verhaal. Die graangraansilogebruiker kry 30 dae na uitreiking van maandstate rentevrye tyd vir betaling van uitstaande rekening. Indien uitstaande skuld nie vereffen is na afloop van die 30 dae na staat nie, sal die graansilo eienaar rente hef soos hierbo uiteengesit. Alle silo diens tariewe sluit Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) uit. Die produk hoef nie deur die graansilo-eienaar aan die graangraansilo-gebruiker gelewer te word, of ʼn silosertifikaat of Safex sertifikaat uitgereik word, alvorens alle silo dienskoste betaal is nie. Die graansilo- eienaar is geregtig om voldoende produk in silo te hou as sekuriteit vir uitstaande silokoste verskuldig deur die graangraansilo-gebruiker. 12. Alle produkte sal op basis ex-silo aan die graangraansilo-gebruiker gelewer word.
4 4 13. VERSENDING VAN DIE PRODUK 13.1 Die graangraansilo-gebruiker moet skriftelik kennis van voorneme om die produkte uit die graansilo te onttrek minstens 7 werksdae vooraf aan die Hoofkantoor van die graansilo-eienaar gee ten einde die nodige logistieke reëlings te tref. Uitlaaitye moet ten minste sewe dae voor onttrekking by die betrokke graansilo waar die produk opgeberg word geboek word. Alternatiewelik kan die graansilo-gebruiker ʼn mandaat teken by SSK waarop SSK op mondelinge of enige ander vorm van kommunikasie mag optree namens die graansilo-gebruiker Geen graan mag onttrek word sonder ʼn geldige versendingsinstruksie wat deur SSK uitgereik is nie Indien die graangraansilo-gebruiker graan wil versend, geld die volgende: Die graangraansilo-gebruiker mag die Produk met 7 dae vooraf skriftelike kennisgewing aan SSK onttrek vanaf graansilo s waar die Produk opgeberg word Indien die Produk wat deur die graangraansilo-gebruiker ontvang word, nie ooreenkom met die graad (met inagneming van paragraaf 10), massa of voginhoud soos aan hom versend nie of indien dit insekbesmet is, moet die graangraansilo-gebruiker SSK in kennis stel en nie die Produk aflaai nie. Telefoniese sowel as skriftelike kennisgewing moet SSK binne 24 (vier en twintig) uur na aankoms van die Produk by die graangraansilo-gebruiker se naaste stasie/s of perseel bereik, by gebreke waarvan die graangraansilogebruiker verplig sal wees om die Produk te aanvaar asof dit gelewer is soos versend. Waar naweke of publieke vakansiedae van toepassing is, moet kennisgewing binne 48 (agt en veertig) uur geskied SSK sal nie verantwoordelik gehou word vir enige staangeld wat gehef word nie Waar die graangraansilo-gebruiker van padvervoer gebruik maak, is die graangraansilo-gebruiker self verantwoordelik vir die reël en beheer van die vragmotors,
5 5 14. FORCE MAJEURE Die graansilo-eienaar sal nie verantwoordelik wees vir enige vertraging in die lewering van die Produk of enige gedeelte daarvan indien dit teweeggebring is deur enige Daad van God, aksie deur die Regering, staking, ontploffing, vloede, oproer, oorlog, ongeluk, embargo, Wetgewing, burgerlike opstand, onrus of enige ander oorsaak of gebeurlikheid nie. Die graangraansilo-gebruiker sal nie enige eis teen die graansilo-eienaar kan instel vir die vertraging of nie-lewering ingevolge hierdie klousule nie. 15. KENNISGEWING Enige kennisgewing wat na 16:00 op ʼn besigheidsdag ontvang word sal beskou word asof dit op die daaropvolgende besigheidsdag ontvang is. Enige kennisgewing ingevolge hierdie kontrak sal gegee word per brief (indien afgelewer per hand op die dag waarop dit geskryf is) of per faksimilee. 16. NIE-BESIGHEIDSDAE Saterdae, Sondae en die amptelike erkende en/of Wettige vakansiedae sal nie-besigheidsdae wees. Indien enige tydbeperking vir enige handeling of kennisgewing val op ʼn niebesigheidsdag, sal die tyd wat so beperk word verleng word tot die eerste besigheidsdag daarna. 17. ALGEMENE ADMINISTRASIE SSK kan namens die graansilo-gebruiker ʼn BTW faktuur uitreik vir die lewering van graan of oliesade op ʼn derde party se rekening by SSK, indien daar vooraf voldoen word aan die volgende voorwaardes: 17.1 Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker onderteken ʼn ooreenkoms waarin die graansilo-gebruiker toestemming verleen aan die graansilo-eienaar vir die uitreiking van fakture, kredietnotas en debietnotas namens die graansilo-gebruiker Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verklaar dat albei wel geregistreer is vir BTW volgens Wet 89 van Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verklaar dat albei wel bekend is met die inhoud van afdelings 20(2) en 21(4) van Wet 89 van 1990 wat wel
6 6 voorsiening maak vir die uitreik van fakture, kredietnotas en debietnotas deur n derde party Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verklaar dat albei wel bekend is met die vereistes daar gestel deur die Kommissaris van die Suid Afrikaanse Inkomste Diens vir die voldoening om fakture, kredietnotas en debietnotas uit te reik Die graansilo-eienaar onderneem om: Fakture, kredietnotas en debietnotas uit te reik wat voldoen aan die vereistes van afdelings 20(4),(5),21(1) of 21(3) van die BTW Wet,Wet 89 van Afskrifte op rekord hou van alle fakture, kredietnotas en debietnotas vir die graansilo-gebruiker Die graansilo-gebruiker onderneem om: Geen fakture, kredietnotas en debietnotas uit te reik vir belasbare items wat deel uitmaak van die ooreenkoms met die graansilo-eienaar nie en indien daar wel n faktuur, kredietnota of debietnota uitgereik word, dit nie sal dien as ʼn belastingdokument vir die doel van Wet 89 van 1991 nie Die graansilo-eienaar en die graansilo-gebruiker verder onderneem om beide partye in kennis te stel indien: Die graansilo-gebruiker sy besigheid sou staak Daar veranderinge is in die BTW nommers) van die graansilo-gebruiker Enige materiële veranderinge aan beide die graansilo s eienaar en of graansilo s gebruiker voorkom wat n invloed mag hê op die ooreenkoms 17.8 Slegs rekenaar gedrukte dokumente met ʼn amptelike SSK logo daarop is geldig 17.9 Slegs dokumentasie onderteken deur ʼn SSK amptenaar sal as geldig beskou word. 18. ARBITRASIE 18.1 Enige dispuut tussen die partye van watter aard ook al, voortspruitend uit die kontrak, sal besleg word deur middel van arbitrasie of bemiddeling op die wyse wat in hierdie klousule uiteengesit word. Die voorwaardes van die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965) sal van toepassing wees op die arbitrasieprosedures Die arbitrasie sal plaasvind op ʼn plek soos tussen die twee partye ooreengekom en sal so spoedig moontlik plaasvind en afgehandel word nadat skriftelike kennisgewing deur een party aan die ander gegee is dat ʼn dispuut ontstaan het, en
7 7 versoek is dat die dispuut by wyse van arbitrasie opgelos word. n Afskrif van die kennisgewing sal terselfdertyd gestuur word aan die Vereniging van Arbiters (Suidelike Afrika) waarin hulle versoek word om ʼn voorsitter aan te wys vir die arbitrasie tribunaal wat volgens klousule 17.3 vasgestel word Elke party sal binne 5 besigheidsdae nadat enige party versoek het dat die dispuut by wyse van arbitrasie opgelos word ʼn onafhanklike persoon wat bekend is met die graanbedryf aangewys om op te tree as arbiter. Indien n party in gebreke bly of weier om ʼn persoon in terme van klousule 17.2 aan te wys, sal n arbiter namens hom aangewys word Die party teen wie n toekenning deur die arbitrasie tribunaal gemaak word is geregtig om binne 10 besigheidsdae nadat hy daarvan kennis gekry het skriftelik appèl by die Vereniging van Arbiters (Suidelike Afrika) aan te teken in welke geval Reël 26 van die Reëls van Optrede vir Arbitrasie (1997) soos gepubliseer deur die Vereniging van Arbiters (Suidelike Afrika) van toepassing sal wees Die party in wie se guns ʼn toekenning gemaak word kan, indien hy dit nodig ag, versoek dat die toekenning ʼn bevel van die Hof gemaak word Die partye kom ooreen om te hou by die reëls, fooie en uitgawes van die Vereniging van arbiters (Suidelike Afrika) Indien die party teen wie ʼn finale toekenning gemaak is gebreke is om binne 21 dae nadat die toekenning gemaak is te voldoen aan die voorwaardes van die toekenning soos aan hom meegedeel is, kan die ander party dit rapporteer aan die verenigings wat hierdie kontrakvorm aanvaar het en kan hierdie verenigings die naam van sodanige party en die voorwaardes van die toekenning publiseer Die partye betrokke kan, indien hulle daartoe instem, ʼn bemiddelaar aanstel, wat vir albei partye aanvaarbaar sal wees, wat sal poog om toe te sien dat die twee partye sal ooreenstem tot die oplossing vir die dispuut. Enige ooreenkoms waartoe die twee partye ooreengekom het in die oplossing van die dispuut sal bindend wees op albei partye. Indien die twee partye op enige tyd gedurende die arbitrasieproses besluit om die dispuut by wyse van bemiddeling te besleg, sal die arbitrasieprosedures gestaak word en sal die voorskrifte van hierdie subklousule van toepassing wees. Indien die dispuut nie deur meditasie besleg word nie, sal die arbitrasieprosedure hervat word. 19. DOMISILIE Die graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker kom ooreen dat vir doeleindes van vervolging:
8 Hierdie kontrak beskou sal word asof dit in Suid Afrika gesluit is en daar afgehandel moet word, nieteenstaande enige korrespondensie met verwysing na die aanbod, die aanvaarding daarvan, die plek van betaling, of andersins; en 19.2 Arbiters wat aangewys word in Suid Afrika (behalwe vir doeleindes om enige toekenning wat in terme van die Arbitrasie klousule gemaak is af te dwing) die eksklusiewe jurisdiksie sal hê bo alle dispute wat mag voortspruit uit hierdie kontrak. Sodanige dispute sal besleg word volgens die Wette van Suid Afrika, wat ookal die domisilie, woonplek of plek van besigheid van die partye tot die kontrak is of mag wees. 20. DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI Graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker kies die volgende domicilium citandi et executandi: Graansilo-eienaar: Voortrek Straat 32 Posbus 12 SWELLENDAM 6740 Graangraansilo-gebruiker 21. VOLLE KONTRAK Graansilo-eienaar en graangraansilo-gebruiker kom ooreen dat hierdie dokument die volle kontrak tussen hulle verteenwoordig en dat geen wysiging of verandering daaraan van enige krag of effek sal wees tensy dit op skrif is en deur beide partye onderteken is nie... DATUM GRAANSILO-EIENAAR.. GRAANSILO-GEBRUIKER. GETUIE... GETUIE
9 9
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:
OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za
More informationBOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is
BOUKONTRAK Aanhangsel F Gedeelte Tipe plan AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is (hierinlater na verwys as die KONTRAKTEUR
More informationElektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *
OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This
More informationPROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O
Provincial Gazette Free State Province Provinsiale Koerant Provinsie Vrystaat Published by Authority Uitgegee op Gesag NO. 31 FRIDAY, 04 JUNE 2010 NO. 31 VRYDAG, 04 JUNIE 2010 PROVINCIAL NOTICE PROVINSIALE
More informationINGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210
More informationLAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK
LAERSKOOL SAAMTREK GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK 1. NAAM: Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van LAERSKOOL SAAMTREK (hierna genoem die beheerliggaam
More informationKOOPOOREENKOMS THERESIA PARK
KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK 1. PARTYE 1.1 Verkoper: SEYFFERT GROUP EIENDOMS BEPERK REGISTRASIE NOMMER: 2012/030594/07 Hierin verteenwoordig deur: ANDRE SEYFFERT IDENTITEITSNOMMER: 921010 5053 08 2, behoorlik
More informationAGRI VOEDSEL. AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy")
AGRI VOEDSEL AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy") OORGAWE-, OORDRAGS- EN AANVAARDINGSVORM Die omskrywings
More informationMaak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:
OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS
More informationPRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS
PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces
More informationGRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE
GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?
More informationDaniël en die Leeukuil
Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationGRONDSLAGFASE (GRAAD R TOT 3) REGISTRASIEVORM
GRONDSLAGFASE (GRAAD R TOT 3) REGISTRASIEVORM 2019 Geskrewe aansoek: Wat ons op hierdie vorm bied 1 2 3 4 5 6 Leerdermateriaal (Gedruk/Harde kopie) Fasiliteerdersgidse (Gedruk/Harde kopie e-boeke) Aanlyn
More information[1] Die applikant vra, in sy kennisgewing van mosie, vir die
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 551/2006 In die saak tussen: F.J. VON M SCHIMPER Applikant en MONASTERY DIAMOND MINING CORPORATION LTD Respondent
More informationAANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA
AANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA WAT INDIEN DIT AANVAAR WORD DEUR WESTERN BREEZE, N OOREENKOMS VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING VAN DIE OOG RETIREMENT ESTATE,
More information1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?
JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle
More informationSAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015
SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 8 Desember 2015 No: 28 van 2015 SEMINAAR VIR SKOOLHOOFDE 2016 Skoolhoofde word versoek
More informationBaba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:
Page1 English in italic font Die VVOS bied aan/ The AECYC presents: Kurrikulum vir Baba s, Peuters, Voor-Gr R & Graad R Curriculum for Babies, Toddlers, Pre-grade R & Grade R Ontwikkel deur Freda Wilkens
More informationHoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof
Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN Beheerliggaamvoorsitter Skoolhoof Hoërskool Swartland Godsdiensbeleid Inleiding Hierdie dokument is die godsdiensbeleid
More informationINTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)
INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/00001508/2012) PROPOSED ASH DISPOSAL AT KENDAL POWER STATION Notice is hereby
More informationARBITRASIE-REËLS VAN DIE AFRIKAANSE ARBITRASIE-GENOOTSKAP
1 ARBITRASIE-REËLS VAN DIE AFRIKAANSE ARBITRASIE-GENOOTSKAP 1. WOORDBEPALING In hierdie reëls, tensy uit die samehang anders blyk - dra die volgende woorde die volgende betekenisse - arbitrasie-ooreenkoms
More information/Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU
G.P.-S. 002-0472 f t * SAP 32 W X W /Af KENNISGEWING AAN GETUIE OM DIE POLISIE VAN SY/HAAR ADRES OP HOOGTE TE HOU (Voltooi in Duplikaat) Kragtens die bepalings van artikel 183 (1) van die Strafproseswet,
More informationBeslis, dat artikel 1 (1) van Wet 71 van 1969 van toepassing was en nie artikel 1 (1) van Wet 68 van 1957 nie.
VENTER v BIRCHHOLTZ 1972 (1) SA 276 (A) Citation 1972 (1) SA 276 (A) Court Appèlafdeling Judge Ogilvie Thompson HR, Botha AR, Potgieter AR, Jansen AR en Muller AR Heard August 16, 1971 Judgment October
More informationALGEMEEN GELDENDE KLOUSULE
ALGEMEEN Origens onderworpe aan die spesifieke bepalings, uitsonderings en voorwaardes van elke besondere Afdeling sal die volgende van toepassing wees op die uitgereikte polis: GELDENDE KLOUSULE 1. PRESTASIE
More informationIN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA
IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA RANDBURG In kamers: GILDENHUYS R SAAKOMMER: LCC63R/99 LANDDROSHOF-SAAKNOMMER:192/99 In die hersiening van die saak tussen: PHILIP RUDOLPH NEL Applikant en STEPHANUS
More informationVAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS
1 VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS 1. Algemeen 1.1 Besonderhede van die Van Huyssteens Orators Fees sal altyd beskikbaar wees op die webwerf. Volg die skakel: www.vanhuyssteens.co.za
More information4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning
4 Operasies Op Data 4.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doelwitte: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die 3 kategorieë van operasies wat op data uitgevoer word. Voer unêre
More informationGovernment Gazette Staatskoerant
Government Gazette Staatskoerant REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Regulation Gazette 10023 Regulasiekoerant Vol. 579 Pretoria, 27 September 2013 36866 N.B. The Government Printing Works
More informationHoërskool Swartland Grondwet
1 Hoërskool Swartland Grondwet Opgestel deur Beheerliggaam ------------------ ------------------- V.A Botha Voorsitter DJ Marais Skoolhoof Datum: ------------------------- 2 Aanhef Om voorsiening te maak
More informationDIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING
More informationSpeel met battery elektrisiteit *
OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad
More informationOUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)
OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA) UITGEREIK 21 NOVEMBER 2017 1. Outeniqua Hoërskool is n openbare skool ingevolge die Suid-Afrikaanse
More informationTrigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)
OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work
More informationDie wonder van water *
OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad
More informationEen gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Geslag. ID Nommer. Nasionaliteit.
Aansoekvorm 2019 Graad R - 9 Opsies Een gesertifiseerde kopie van elk van die volgende dokumente moet aangeheg wees indien van toepassing: Identiteitsdokument of paspoort of geboortesertifikaat Oorspronklike
More informationDissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha
Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ
More informationUMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK
1 REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA MAATSKAPPY WET, 2008 AKTE VAN OPRIGTING van n Privaat Aandeelblok Maatskappy Naam van Maatskappy: UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK Registrasienommer: 1968/011196/07 ("die
More informationSPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES
2010 2015/16 2010 REGLEMENT D REGULATIONS D 2010 SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING / ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE
More informationDepartment of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG
More informationHandleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel
Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies
More informationOm veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *
OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING
More informationUNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323
Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.
More informationVOORLOPIGE OOREENKOMS AANGEGAAN TUSSEN.... (Hierna die GEBRUIKER genoem) ORANET BK. (Hierna die DIENSVERSKAFFER genoem)
VOORLOPIGE OOREENKOMS AANGEGAAN TUSSEN............................................ (Hierna die GEBRUIKER genoem) EN ORANET BK (Hierna die DIENSVERSKAFFER genoem) SOOS GEREGISTREER TE WORD EN HIERIN VERTEENWOORDIG
More informationDepartment of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,
More informationWat is vaskulêre demensie?
PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand
More informationDepartment of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG
More informationWhispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.
Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb
More informationDIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIG-
DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE 1e Appelant DIE MULTILATERALE MOTORVOERTUIG- ONGELUKFONDS.2eAppelant M M HOGAN Respondent IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
More informationBELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE
BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE Beleidsverklaring Doel Tipe dokument Openbaarmaking, bestuur en mitigasie van konflik van belange Beleid Aanvangsdatum 29/04/2013 Datum van volgende hersiening 01/01/2016
More informationMOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET
MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET INDEKS Paragraaf Omskrywing 1. Naam en regspersoonlikheid 2. Woordomskrywing 3. Doelstelling 4. Lidmaatskap 5. Heffings 6. Eiendom 7. Huis- en gedragsreëls 8.
More informationGraphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110
UNIVERSITY OF PRETORIA UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Copright reserved Kopiereg voorbehou Department of Mechanical and Aeronautical Engineering Departement Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese Graphical
More informationIN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Datum Gelewer: 2003-11-14 Saakno: 1149/00 Datum Verhoor:
More informationSPELERS MET GESTREMDHEDE
2010 2017/18 REGLEMENT D REGULATION D JUKSKEI SA SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE
More informationTrumpetNet, 31 May 2007
Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through
More informationFAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions
FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.
More informationIN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5264/2006. In die saak tussen:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5264/2006 In die saak tussen: JACQUES STRYDOM (N.O.) OCKERT GERBRANDT OLIVIER (N.O.) 1ste Applikant 2de Applikant
More informationFAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING
FAKULTEIT INGENIEURSWESE FAULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:
More informationVERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI
VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê
More informationIN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)
Dit/... IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: LOUIS BAREND MARAIS MARIUS LEONIDAS BENADE N.N.O. ERICA JANE SUTTON MOLL Appellante en ALBERT RUSKIN N.O. Respondent Coram:
More informationMICHAL CORNELIUS FRANZ ODENDAAL N.O. LUXUS WEALTH MANAGEMENT (EDMS) BEPERK
VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen: Saak Nr.: 760/2009 MICHAL CORNELIUS FRANZ ODENDAAL N.O. Applikant en LUXUS WEALTH MANAGEMENT (EDMS) BEPERK Respondent CORAM:
More informationFAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING
FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:
More informationMAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY
MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty
More informationAFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3
Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,
More informationPlekwaardes van heelgetalle *
OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4
More informationAANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1
AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1 SLEGS VIR ADMIN GEBRUIK MOET ASSEBLIEF NIE HIERDIE DEEL VOLTOOI NIE Keuring van aansoek: Familiekode: Kennis aan ouer: Aaanvangsbedrag bt: Besonderhede
More informationEKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100
EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 100 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE
More informationVERBLYFREGTE. Wet Op Uitbreiding Van Sekerheid Van Verblyfreg (wet 62 / 1997) Extension Of Security Of Tenure Act = ESTA
VERBLYFREGTE Wet Op Uitbreiding Van Sekerheid Van Verblyfreg (wet 62 / 1997) Extension Of Security Of Tenure Act = ESTA Inhoud: o Verduidelik die verskil tussen die verskillende grond hervormingswette,
More informationKennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016
Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016 INHOUDSOPGAWE: SUIDWES BEHEREND (RF) EIENDOMS BEPERK Posbus 5 Leeudoringstad 2640 Tel: 018 581 1000
More informationUNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:
More informationBewys van goedgekeurde diskresionêre Finansiëlediensteverskaffer/Verteenwoordiger se mandaat (indien van toepassing)
BELEGGINGSREKENING Absa Investment Management Services is n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. Alle tersaaklike afdelings moet volledig voltooi word. Dui asseblief alle opsies wat gekies word met
More informationLAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME
LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME Alle beheerliggaamlede staan in ʼn vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ʼn vertrouensplig
More informationVRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die hersiening tussen:- Saak Nr. : A50/08 WILLEM STEPHANUS VAN ZYL Applikant en DIE LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD: OPENBARE WERKE, PAAIE EN
More informationGRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER
GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER Saam bou ons aan volhoubare welvaart vir die sakegemeenskap INHOUDSOPGAWE K L O U S U L E S B LS. 1. N A A M 1. 1.1 REGSTATUS 1. 2. D O E L S T E L L I N G 1. 3.
More informationDepartment of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG
More informationDIE ARBEIDSREGTELIKE POSISIE VAN DIE NAKOMINGSBEAMPTE IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
University of Pretoria etd Koen, G J (2002) DIE ARBEIDSREGTELIKE POSISIE VAN DIE NAKOMINGSBEAMPTE IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VERHANDELING TER VOLDOENING AAN DIE GRAAD LLM AAN DIE UNIVERSITEIT VAN
More informationVOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG
DIE HOËRSKOOL WAGPOS VOLTOOI MET N SWART PEN ASSEBLIEF INSKRYWINGSVORM AANSOEK VIR (JAAR): 20 AANSOEK VIR: SKOOL SKOOL EN KOSHUIS GRAAD AS LEERDER BY SKOOL AANSLUIT: ID FOTO HET U ENIGE LEERDERS TANS /
More informationUser perceptions related to identification through biometrics within electronic business
iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) User perceptions related to identification through biometrics within electronic business By Ilse Giesing 2003 Submitted
More informationClasswork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag
Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die
More informationWET OP OUTEURSREG 98 VAN WET Om outeursreg te reël en om vir bykomstige aangeleenthede voorsiening te maak.
WET OP OUTEURSREG 98 VAN 1978 [GOEDGEKEUR OP 20 JUNIE 1978] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 JANUARIE 1979] (Tensy anders vermeld) (Afrikaanse teks deur die Staatspresident geteken) soos gewysig by Wysigingswet
More informationDie wind as bron van energie *
OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE
More information# 2002 Universiteit van Suid-Afrika. Hersiene uitgawe Alle regte voorbehou
# 2002 Universiteit van Suid-Afrika Hersiene uitgawe 2007 Alle regte voorbehou Gedruk en gepubliseer deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria LPL401±8/2/2008±2010 98152092 3B2 A4 Side
More informationVOORSLAG ONTWIKKELINGSKORPORASIE (EDMS) BPK RUIL 'N PLAAS (EIENDOMS) BEPERK
87/83 N v H VOORSLAG ONTWIKKELINGSKORPORASIE (EDMS) BPK en RUIL 'N PLAAS (EIENDOMS) BEPERK SMALBERGER, WN AR :- 87/83 N V H IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen : VOORSLAG
More informationDigitale Produkte. Katalogus
... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige
More informationVRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R
In die aansoek van:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknr. : 3480/2012 GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. Applikant en TSUI VINCENT MATSEPE N.O. A.P. BECKLEY N.O. Eerste Respondent
More informationGRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM
GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM 1. WOORDOMSKRYWING In hierdie Grondwet tensy uit die samehang anders blyk, beteken beheerliggaam die beheerliggaam van die Laerskool Jan van Riebeeck soos in Artikel 16(1)
More informationAGRI NOORD-KAAP GRONDWET
AGRI NOORD-KAAP GRONDWET 1. NAAM EN REGSBEVOEGDHEID Die naam van die organisasie is Agri Noord-Kaap en dit is 'n regspersoon met mag om in eie naam:- 1.1 enige vaste of roerende eiendom te besit, dit te
More informationMAJOBE MERINO S 16 de PRODUKSIEVEILING SATERDAG, 13 FEBRUARIE 2016, 11:00 REITZ BIELIE-MIELIE FEES
BKBLouwid heet u welkom by MAJOBE MERINO S 16 de PRODUKSIEVEILING SATERDAG, 13 FEBRUARIE 2016, 11:00 tydens REITZ BIELIE-MIELIE FEES GENIET DIE DAG SAAM MET ONS! VOORWOORD Majobe Merino s bied u ramme
More informationSTATUTERE BESKERMING VAN DIE VOORDEELTREKKENDE AANDEELHOUER IN DIE SUID-AFRIKAANSE MAATSKAPPYEREG. deur FREDERIK ANTON DE BRUYN
STATUTERE BESKERMING VAN DIE VOORDEELTREKKENDE AANDEELHOUER IN DIE SUID-AFRIKAANSE MAATSKAPPYEREG deur FREDERIK ANTON DE BRUYN voorgete ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER LEGUM in
More informationVISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION
VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION ALGEMENE REëLS EN BEPALINGS 1. Deelnemers wat nie die reëls en bepalings nakom nie word gediskwalifiseer. 2. Deelnemers mag nie meer as een keer aan n item deelneem
More informationDie Entrepreneur * Siyavula Uploaders
OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
More informationBuitengewone Provinsiale Koerant. Provincial Gazette Extraordinary CONTENTS INHOUD. Donderdag, 28 Februarie Thursday, 28 February 2002
PROVINCE OF WESTERN CAPE Provincial Gazette Extraordinary 5834 Thursday, 28 February 2002 PROVINSIE WES-KAAP Buitengewone Provinsiale Koerant 5834 Donderdag, 28 Februarie 2002 Registered at the Post Offıce
More informationMusiek: Toets jou kennis *
OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4
More informationAIMS UITTREE-ANNUÏTEIT EN BEWARINGSFONDS
AIMS UITTREE-ANNUÏTEIT EN BEWARINGSFONDS Absa Investment Management Services is n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. Alle tersaaklike afdelings moet volledig voltooi word. Dui asseblief alle opsies
More informationInkomstestaat en balansstaat *
OpenStax-CNX module: m31781 1 Inkomstestaat en balansstaat * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
More informationBosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES
Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES LEDEVERGADERING GEHOU TE IMPALA KLUBHUIS PIETERSBURG MEETING HELD AT IMPALA CLUB HOUSE
More informationIN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. (Noord-KaapseAfdeling) ADRIAAN JACOB ADOLF JONKER EERSTE APPLIKANT ZACHRIA ELIZABETH JONKER TWEEDE APPLIKANT
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Datum Gelewer: 2003-02-14 Saakno: 1100/2002 Datum Verhoor:
More informationVEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)
VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer) 1. Die veiling word aangebied deur CMW, h/a as Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk, Burmanweg 123, Deal Party,
More informationWat is elektrisiteit? *
OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS
More informationVRYSTAAT KOÖPERASIE BEPERK WESSEL GEORGE PRINCE WESSELS GELEWER OP: 18 FEBRUARIE 2010
VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen:- VRYSTAAT KOÖPERASIE BEPERK Saaknommer: 728/05 Eiser en WESSEL GEORGE PRINCE WESSELS Verweerder CORAM: VAN ZYL, R UITSPRAAK
More informationPersoonlike Inligting FICA. Posadres: Tel huis: Tel werk: Selfoon: Faks nr: E pos adres: BTW nr: Persoonlike Inkomste Belasting nr:
GVM01 Goudveld Brokers is an authorized financial service provider. FSB license nr: 13641. Bloemfontein Branch 27 Schnehage Crescent, Fichardt Park, Bloemfontein, 9301 PO Box 32726, Fichardt Park, 9317
More information