GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Size: px
Start display at page:

Download "GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM"

Transcription

1 GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM 1. WOORDOMSKRYWING In hierdie Grondwet tensy uit die samehang anders blyk, beteken beheerliggaam die beheerliggaam van die Laerskool Jan van Riebeeck soos in Artikel 16(1) van die Wet bedoel; borgliggaam n liggaam of groep persone deur die beheerliggaam goedgekeur en wat bereid is om die skool finansieël te ondersteun; departementshoof die hoof van die Departement van Onderwys in die Provinsie Wes-Kaap; die Wet die Suid-Afrikaanse Skolewet 1996 (wet 84 van 1996) en die maatreëls daarkragtens uitgevaardig; hierdie Grondwet die Grondwet van die beheerliggaam van die Laerskool Jan van Riebeeck; lid van die Uitvoerende Raad die lid van die uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys in die Provinsie Wes-Kaap; maatreëls die maatreëls betreffende beheerliggame van gewone openbare skole uitgevaardig kragtens die bepalings van die Wet, soos van tyd tot tyd gewysig. onderwys onderriginstruksie of opleiding wat ingevolge die Wet aan leerders verskaf word. 2. NAAM VAN SKOOL Laerskool Jan van Riebeeck (hierna die skool genoem). 3. STRAATADRES VAN SKOOL Kloofstraat 52, Kaapstad, POSADRES VAN SKOOL Kloofstraat 52, Kaapstad, 8001 Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 1

2 5. STATUS VAN DIE SKOOL Die skool is n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede ingevolgde die Wet te verrig. 6. LEUSE EN MISSIE 6.1 Die skool se leuse is Wees Uself 6.2 Die skool se missie is: Ons streef na die grootste mate van geluk vir almal wat by die Laerskool Jan van Riebeeck betrokke is: leerders, onderwysers en ouers. Ons poog om vir kinders n veilige hawe te skep en in vennootskap met die ouers kwaliteitonderrig te bied en só die leerders te begelei om hul volle potensiaal te verwesenlik. Ons wil die kind in sy totaliteit opvoed tot n gebalanseerde en verantwoordelike mens in diens van sy land en medemens. 7. BEHEER EN PROFESSIONELE BESTUUR VAN DIE SKOOL 7.1 Behoudens die Wet, setel die beheer van die skool in sy beheerliggaam: met dien verstande dat die beheerliggaam of lid daarvan in sy of haar hoedanigheid as lid, nie met die professionele werksaamheid van n onderwyser by die vervulling van sy of haar pligte mag inmeng nie. 7.2 Die beheerliggaam staan in n vertrouensposisie teenoor die skool Behoudens die Wet en hierdie Grondwet moet die professionele bestuur van die skool deur die prinsipaal, onder die gesag van die departementshoof, onderneem word. 8 DOELSTELLING VAN DIE SKOOL 8.1 Om onderwys van gehalte wat insluit onderrig, opvoeding, opleiding en sport, ingevolge die Wet aan leerlinge te bied. 8.2 Om onderrig in n veilige en rustige omgewing aan te bied. 8.3 Om behoudens die bepalings van Artikel 5 van die Wet, leerders toe te laat en in hulle opvoedkundige behoeftes te voorsien, sonder om op enige wyse onregverdig te diskrimineer. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 2

3 8.4 Om behoudens die bepalings van Artikel 6 van die wet, geen vorm van rassediskriminasie toe te laat in die uitvoering van die skool se beleide nie. 8.5 Om behoudens die bepalings van Artikel 7 van die Wet, godsdiensbeoefening by die skool op n billike wyse te laat geskied en om bywoning daarvan deur leerder en personeellede op n vrywillige grondslag te laat plaasvind. 8.6 Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle ander bates van die skool slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalings van Artikel 37 van die Wet. 8.7 Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge sal kan nakom. 8.8 Om die gemeenskap te dien deur leerders so voor te berei dat hulle as goed opgevoede persone hulle plek in die gemeenskap sal kan inneem. 8.9 Om aan die personeel van die skool die geleentheid te bied om professioneel te groei, werksbevrediging te kry en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte te lewer Om n bydrae te lewer tot die bevordering van sport en kultuur in die algemeen maar in besonder om sport en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van die leerders in die skool Om uitvoering aan die missie van die skool te gee. 9. BEDIENINGSGEBIED Die skool bedien tradisioneel die hele gemeenskap van die munisipale gebied van Kaapstad en omliggende gebiede. 10. WERKSAAMHEDE EN TOEGEWESE WERKSAAMHEDE VAN BEHEERLIGGAAM 10.1 Behoudens die bepalings van Artikels 20 en 21 van die Wet, verrig die beheerliggaam die werksaamhede wat binne sy bevoegdheid val en wat nodig is vir die welsyn van die skool Die beheerliggaam handel ooreenkomstig die bepaling van Artikel 37 van die Wet, met die skoolfonds en bates van die skool. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 3

4 10.3 Die beheerliggaam wens ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet fondse aan ten einde die doelstellings hierbo genoem te verwesenlik Ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet moet die beheerliggaam dienste en fasiliteite daarstel in belang van die leerders en van onderwys Ooreenkomstig die bepalings van Artikel 43 van die Wet moet die beheerliggaam ouditeure aanstel om die skool se finansiële rekords en state te ouditeur Ooreenkomstig die bepalings van Artikel 8 van die Wet moet die beheerliggaam n gedragskode vir leerders aanvaar na oorleg met die leerders, ouers en onderwysers van die skool Ooreenkomstig die bepalings van Artikel 9 van die Wet moet die beheerliggaam optree teen leerders wat die gedragskode oortree Ooreenkomstig die bepalings van Artikels 39, 40 en 41 van die Wet, moet die beheerliggaam toesien dat skoolgeld gehef word en kan die beheerliggaam betaling daarvan afdwing Die beheerliggaam stel die leuse en missie van die skool op. Die leuse en missie vorm deel van hierdie Grondwet Om personeel aan te stel en te administreer ooreenkomstig die bepalings van die Wet en maatreëls en die beleid van die beheerliggaam Om in die naam van die skool uit skoolfonds beleggings te maak en op te vra, geld te leen en borg te teken Om, binne die voorskrifte van die Departement van Onderwys van die Provinsie Wes-Kaap roerende en onroerende eiendom te verkry en vervreem. 11. AANSPREEKLIKHEID VAN LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM n Lid van die beheerliggaam is nie aanspreeklik vir enige skuld, skade of verlies van die skool nie, tensy hy of sy sonder magtiging, opsetlik, kwaadwilliglik of nalatig opgetree het en daarom daarvoor verantwoordelik gehou kan word. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 4

5 12. SAMESTELLING VAN DIE BEHEERLIGGAAM Die beheerliggaam van die skool word saamgestel ooreenkomstig die bepalings van Maatreël 2 van die maatreëls. 13. AMPSTERMYN VAN LEDE VAN BEHEERLIGGAAM n Lid van die beheerliggaam wat nie n leerder is nie, beklee of sy of haar amp vir n termyn ooreenkomstig die bepalings van Maatreël 4 van die maatreëls. 14. KWORUM Minstens een meer as die helfte van die lede van die beheerliggaam, saamgestel ooreenkomstig die bepalings van Maatreël 2(1) van die maatreëls, vorm n kworum vir enige vergadering. 15. VERKIESING VAN AMPSDRAERS VAN BEHEERLIGGAAM Behoudens die bepalings van die maatreëls verkies die beheerliggaam uit sy geledere, op die eerste vergadering van die beheerliggaam, ampsdraers wat minstens n voorsitter, n tesourier en n sekretaris insluit. 16. TERMYN VAN AMPSDRAERS 16.1 Behoudens die bepalings van die maatreëls beklee die ampsdraers hulle ampte vir n termyn van twaalf (12) maande vanaf die datum van hulle verkiesing n Ampsdraer kan herverkies word na verstryking van sy of haar ampstermyn. 17. VERSKONING VIR AFWESIGHEID VAN LEDE VAN BEHEERLIGGAAM Die beheerliggaam aanvaar verlof vir afwesigheid van n lid of lede vir n periode soos deur die beheerliggaam bepaal. 18. TOEVALLIGE VAKATURES IN BEHEERLIGGAAM n Toevallige vakature in die beheerliggaam onstaan en word gevul ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 5

6 19. KOMITEES 19.1 Die beheerliggaam kan ooreenkomstig die bepalings van Artikel 30 van die Wet een of meer komitees aanstel om hom te adviseer en om onderworpe aan die opdrag van die beheerliggaam, die werksaamhede te verrig soos deur die beheerliggaam bepaal Die beheerliggaam kan enige besluit van n komitee in paragraaf 19.1 beoog, wysig of tersyde stel. 20. VERGADERINGS 20.1 Die beheerliggaam moet minstens een keer elke skoolkwartaal vergader Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar met leerders, ouers, onderwysers en ander personeel van die skool, onderskeidelik, vergader Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar oor sy aktiwiteite aan ouers, leerders, onderwysers en ander personeel van die skool verslag lewer en n finansiële jaarverslag aan ouers sirkuleer Vergaderings van die beheerliggaam geskied ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls n Buitengewone vergadering word deur die voorsitter belê wanneer hy of sy dit nodig ag of wanneer minstens vier lede (die beheerliggaam stel getal lede vas) n skriftelike versoek met opgawe van redes vir sodanige vergadering voorlê Elke lid van die beheerliggaam het een stem. By die staking van stemme het die voorsitter, benewens sy of haar beraadslagende stem, n beslissende stem n Lid van die beheerliggaam moet van n vergadering van die beheerliggaam onttrek vir die duur van die bespreking van en die besluitneming oor enige aangeleentheid waarby die lid n persoonlike belang het. 21. KENNISGEWING VAN VERGADERINGS Gewone asook buitengewone vergaderings vind plaas na skriftelike kennisgewing van minstens sewe (7) daarvan voor die datum van die vergadering. Die kennisgewing van die vergadering moet n opgawe van die sake wat tydens die vergadering bespreek gaan word, insluit. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 6

7 22. SAKELYS Die beheerliggaam behandel die sake waarvoor daar vooraf kennis gegee is, asook die sake wat die voorsitter of enige ander lid met die goedkeuring van die vergadering mag voorlê, tydens die vergadering. Enige persoon kan op uitnodiging van die beheerliggaam n vergadering van die beheerliggaam bywoon en aan die bespreking deelneem, maar het nie stemreg nie. Die beheerliggaam kan ook eis dat enige betrokke personeellid van die skool n vergadering bywoon vir doeleindes soos deur die beheerliggaam bepaal. 23. NOTULES VAN VERRIGTINGE VAN VERGADERINGS Die notules van die verrigtinge van vergaderings van die beheerliggaam moet ooreenkomstig die bepalings en maatreëls hanteer word. 24. BANKREKENING 24.1 Die beheerliggaam moet n bankrekening open en in stand hou Behoudens paragraaf 22.1 moet alle geld wat deur die skool ontvang word, met inbegrip van skoolgeld en vrywillige bydraes, in die skoolfonds gestort word Bankdeposito s en alle ander geldelike transaksies geskied in die naam van die skool. Die skool se tjeks, wissel en ander derglike dokumente word namens die skool deur twee persone uit die getal persone wat deur die beheerliggaam aangewys word, onderteken. 25. AFSLUITING VAN BOEKJAAR Die boekjaar begin op die eerste dag van Januarie en eindig op die laaste dag van Desember. Die rekords en state van die skool moet daarna geouditeer word ooreenkomstig die bepalings van Artikel 43 van die Wet. 26. INDIENING VAN FINANSIËLE STATE Die beheerliggaam moet binne ses (6) maande na die einde van elke boekjaar n afskrif van die jaarlikse geouditeerde finansiële state aan die departementshoof voorlê. Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 7

8 27. OUERKOMITEES Die beheerliggaam kan n ouerkomitee instel om hom te adviseer en sodanige funksies te verrig soos wat die beheerliggaam bepaal. 28. WYSIGING VAN DIE GRONDWET 28.1 n Besluit ter wysiging van hierdie Grondwet vereis n twee-derde meerderheid van die totale ledetal van die beheerliggaam nadat alle lede minstens twee (2) maande vooraf van die beoogde wysigings in kennis gestel is Indien te min lede by die vergadering wat hiervoor belê sou word, teenwoordig is, moet n tweede vergadering minstens twee (2) weke na die eerste vergadering uitsluitlik vir die doel byeen geroep word. Indien twee-derdes van die lede nie by die tweede vergadering teenwoordig is nie, kan die wysiging deur twee-derdes van die aanwesige lede aangebring word, waarna dit aan die betrokke provinsiale Onderwysdepartment vir goedkeurig voorgelê moet word. Hersien: Hersien: Goedgekeur deur die Beheerliggaam op 17 April 2012 en deur die Voorsitter onderteken. Goedgekeur deur die Beheerliggaam op 17 September 2018 en deur die Voorsitter onderteken. VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM Grondwet van die Beheerliggaam Bladsy 8

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK

LAERSKOOL SAAMTREK. GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK LAERSKOOL SAAMTREK GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRIMêRE SKOOL LAERSKOOL SAAMTREK 1. NAAM: Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van LAERSKOOL SAAMTREK (hierna genoem die beheerliggaam

More information

Hoërskool Swartland Grondwet

Hoërskool Swartland Grondwet 1 Hoërskool Swartland Grondwet Opgestel deur Beheerliggaam ------------------ ------------------- V.A Botha Voorsitter DJ Marais Skoolhoof Datum: ------------------------- 2 Aanhef Om voorsiening te maak

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME LAERSKOOL SAAMTREK GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME Alle beheerliggaamlede staan in ʼn vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ʼn vertrouensplig

More information

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN Beheerliggaamvoorsitter Skoolhoof Hoërskool Swartland Godsdiensbeleid Inleiding Hierdie dokument is die godsdiensbeleid

More information

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1-6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7-11) 3. Konseprookbeleid (bl. 12-13) 4. Grondwet van Beheerliggaam (bl. 14-17) 5. Taalbeleid

More information

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER

GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER GRONDWET VAN DIE DRAKENSTEIN SAKEKAMER Saam bou ons aan volhoubare welvaart vir die sakegemeenskap INHOUDSOPGAWE K L O U S U L E S B LS. 1. N A A M 1. 1.1 REGSTATUS 1. 2. D O E L S T E L L I N G 1. 3.

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O Provincial Gazette Free State Province Provinsiale Koerant Provinsie Vrystaat Published by Authority Uitgegee op Gesag NO. 31 FRIDAY, 04 JUNE 2010 NO. 31 VRYDAG, 04 JUNIE 2010 PROVINCIAL NOTICE PROVINSIALE

More information

AGRI NOORD-KAAP GRONDWET

AGRI NOORD-KAAP GRONDWET AGRI NOORD-KAAP GRONDWET 1. NAAM EN REGSBEVOEGDHEID Die naam van die organisasie is Agri Noord-Kaap en dit is 'n regspersoon met mag om in eie naam:- 1.1 enige vaste of roerende eiendom te besit, dit te

More information

Buitengewone Provinsiale Koerant. Provincial Gazette Extraordinary CONTENTS INHOUD. Donderdag, 28 Februarie Thursday, 28 February 2002

Buitengewone Provinsiale Koerant. Provincial Gazette Extraordinary CONTENTS INHOUD. Donderdag, 28 Februarie Thursday, 28 February 2002 PROVINCE OF WESTERN CAPE Provincial Gazette Extraordinary 5834 Thursday, 28 February 2002 PROVINSIE WES-KAAP Buitengewone Provinsiale Koerant 5834 Donderdag, 28 Februarie 2002 Registered at the Post Offıce

More information

13.6 RAPPORT 6: BESTUUR VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO AAN DIE LEDE VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO WYSIGING VAN REGLEMENT (Artt 155, 156)

13.6 RAPPORT 6: BESTUUR VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO AAN DIE LEDE VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO WYSIGING VAN REGLEMENT (Artt 155, 156) 13.6 RAPPORT 6: BESTUUR VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO AAN DIE LEDE VAN DIE ADMINISTRATIEWE BURO WYSIGING VAN REGLEMENT (Artt 155, 156) A. Die Sinode konstitueer as ledevergadering. A. Ds CA Jansen lewer

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 8 Desember 2015 No: 28 van 2015 SEMINAAR VIR SKOOLHOOFDE 2016 Skoolhoofde word versoek

More information

PAARL RANGERS. Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub Gestig (1914) Grondwet en Reglimente Geamendemeer op 28 Oktober 2015

PAARL RANGERS. Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub Gestig (1914) Grondwet en Reglimente Geamendemeer op 28 Oktober 2015 PAARL RANGERS RUGBY VOETBAL KLUB RUGBY FOOTBALL CLUB ( GESTIG / ESTABLISHED 1914) (Affiliaat van Westelike Provinsie Rugby Voetbal Unie / Affiliated to Western Province Rugby Football Union Paarl Rangers

More information

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016

Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING. Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016 Kennisgewing van die ALGEMENE JAARVERGADERING Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk 21 September 2016 INHOUDSOPGAWE: SUIDWES BEHEREND (RF) EIENDOMS BEPERK Posbus 5 Leeudoringstad 2640 Tel: 018 581 1000

More information

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR Lei, leer en inspireer Lead, learn and inspire DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR WERKSWINKEL VIR SKOOLBESTURE NMU 24 AUGUSTUS 2017 L.H. SWANEPOEL MANUAL FOR SCHOOL MANAGEMENT (www.msmonline.co.za)

More information

G/ Volgende hersien datum: Algemeen

G/ Volgende hersien datum: Algemeen BELEID GRONDWET REGLEMENT NOORD-GAUTENG STOEI Identifikasie: G/100-04 Titel: AFRIGTERSKOMITEE REGLEMENT: BYLAE IV Volgende hersien datum: Oktober 2018Oktober 2014 Klasifikasie: Toepassing: Hierdie dokument

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA)

OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA) OUTENIQUA HOëRSKOOL HANDLEIDING INGEVOLGE ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING (PAIA) UITGEREIK 21 NOVEMBER 2017 1. Outeniqua Hoërskool is n openbare skool ingevolge die Suid-Afrikaanse

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE

SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE SAOU (Gauteng) SKOOLVERTEENWOORDIGERS Februarie 2016 KORTLYSVERGADERINGS EN ONDERHOUDE I N L E I D I N G Permanente poste: - Vakaturelyste - Artikel 6B Absorbering Vakaturelyste : Uitnodiging aan erkende

More information

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012) INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/00001508/2012) PROPOSED ASH DISPOSAL AT KENDAL POWER STATION Notice is hereby

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

DIE REPUBLIEK VAN HELDERBERG: GRONDWET

DIE REPUBLIEK VAN HELDERBERG: GRONDWET DIE REPUBLIEK VAN HELDERBERG: GRONDWET AANHEF AANGESIEN dit noodsaaklik is dat Huislede van Helderberg as 'n georganiseerde liggaam moet optree; EN AANGESIEN hulle die welsyn van die Huis wil verseker

More information

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including: Page1 English in italic font Die VVOS bied aan/ The AECYC presents: Kurrikulum vir Baba s, Peuters, Voor-Gr R & Graad R Curriculum for Babies, Toddlers, Pre-grade R & Grade R Ontwikkel deur Freda Wilkens

More information

MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET

MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET MOOIBERGE EIENAARSVERENIGING PAARL GRONDWET INDEKS Paragraaf Omskrywing 1. Naam en regspersoonlikheid 2. Woordomskrywing 3. Doelstelling 4. Lidmaatskap 5. Heffings 6. Eiendom 7. Huis- en gedragsreëls 8.

More information

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Wat is kwaliteit-onderrig? Begronding van kwaliteit-onderrig As instelling op Bybelse grondslag kan ons nie

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

AURORA PRIVAAT STUDENTE ORGANISASIE GRONDWET

AURORA PRIVAAT STUDENTE ORGANISASIE GRONDWET AURORA PRIVAAT STUDENTE ORGANISASIE GRONDWET Die Grondwet is op 19 April 2013 ingestem. INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1: GRONDLIGGENDE BEGINSELS... 4 1. Etos... 4 2. Aanhef... 4 3. Wysigings en Interpretasie...

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK

UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK 1 REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA MAATSKAPPY WET, 2008 AKTE VAN OPRIGTING van n Privaat Aandeelblok Maatskappy Naam van Maatskappy: UMZUMBE CHALETS AANDELEBLOK (EDMS) BPK Registrasienommer: 1968/011196/07 ("die

More information

Laerskool Wonderboom LEERDERAANWESIGHEIDSBELEID

Laerskool Wonderboom LEERDERAANWESIGHEIDSBELEID Laerskool Wonderboom LEERDERAANWESIGHEIDSBELEID Beleid hersien: Maart 2017 Volgende hersiening: Maart 2018 INHOUDSOPGAWE TITEL VAN DIE BELEID...1 EFFEKTIEWE DATUM...1 HERSIENINGSGESKIEDENIS...1 1. AANHEF...1

More information

TOELATINGSBELEID LAERSKOOL RUSTENBURG RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL

TOELATINGSBELEID LAERSKOOL RUSTENBURG RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL TOELATINGSBELEID BELEID VAN LAERSKOOL RUSTENBURG RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL Aangesien Laerskool Rustenburg 'n openbare skool is met regspersoonlikheid ingevolge

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Universiteit Stellenbosch Opleidingsforum. Terme van verwysing PD0329. General (external and internal)

Universiteit Stellenbosch Opleidingsforum. Terme van verwysing PD0329. General (external and internal) Universiteit Stellenbosch Opleidingsforum Terme van verwysing Reference number of this document HEMIS classification Aim Type of document Accessibility Implementation date Revision date/frequency PD0329

More information

Kennisgewing aan Aandeelhouers. Sakelys van n Algemene Jaarvergadering gehou te word te Kimberley op 09 November Program

Kennisgewing aan Aandeelhouers. Sakelys van n Algemene Jaarvergadering gehou te word te Kimberley op 09 November Program Kennisgewing 2017 Kennisgewing aan Aandeelhouers Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers 09 November 2017 Geliewe kennis te neem dat die Negentiende Algemene Jaarvergadering van aandeelhouers van GWK

More information

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES LEDEVERGADERING GEHOU TE IMPALA KLUBHUIS PIETERSBURG MEETING HELD AT IMPALA CLUB HOUSE

More information

Government Gazette Staatskoerant

Government Gazette Staatskoerant Government Gazette Staatskoerant REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Regulation Gazette 10023 Regulasiekoerant Vol. 579 Pretoria, 27 September 2013 36866 N.B. The Government Printing Works

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

BELEIDSDOKUMENT FINANSIëLE BELEID

BELEIDSDOKUMENT FINANSIëLE BELEID BELEIDSDOKUMENT FINANSIëLE BELEID SGB / SBL Voorsitter / Chairman Datum/ Date SGB / SBL Tesourier / Treasurer Datum/ Date Skoolhoof / Principal Datum/ Date Bladsy 1 of 11 LAERSKOOL GOODWOOD PARK PRIMARY

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling)

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Datum Gelewer: 2003-11-14 Saakno: 1149/00 Datum Verhoor:

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VOORTREKKER APTEEK BK

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA VOORTREKKER APTEEK BK In die aansoek van:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Aansoek Nr. : 485/2010 VOORTREKKER APTEEK BK Applikant en FEDHEALTH MEDICAL SCHEME Eerste Respondent JOHAN HENNING (EDMS)

More information

HERSIENE REGLEMENT. van die GKSA PREDIKANTE PENSIOENFONDS

HERSIENE REGLEMENT. van die GKSA PREDIKANTE PENSIOENFONDS 1 HERSIENE REGLEMENT van die GKSA PREDIKANTE PENSIOENFONDS 2 SERTIFIKAAT Hiermee word gesertifiseer dat: (i) hierdie reglement die hersiene reglement van die GKSA Predikante Pensioenfonds is wat, met ingang

More information

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES LEDEVERGADERING GEHOU TE IMPALA KLUBHUIS PIETERSBURG MEETING HELD AT IMPALA CLUB HOUSE

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE NORTHERN CAPE PROVINCE PROFENSI YA KAPA-BOKONE NOORD-KAAP PROVINSIE IPHONDO LOMNTLA KOLONI EXTRAORDINARY BUITENGEWONE Provincial Gazette Kasete ya Profensi igazethi YePhondo Provinsiale Koerant Vol. 21

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS

GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS GREY KOLLEGE BELEID TEN OPSIGTE VAN DWELMMIDDELS Grey Kollege se missie bepaal dat daar gestreef word om elke Grey seun in ʼn gelukkige en geborge skoolomgewing op te voed. Grey Kollege se gedragskode bepaal

More information

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES 2010 2015/16 2010 REGLEMENT D REGULATIONS D 2010 SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING / ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WILLEM STEPHANUS VAN ZYL VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die hersiening tussen:- Saak Nr. : A50/08 WILLEM STEPHANUS VAN ZYL Applikant en DIE LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD: OPENBARE WERKE, PAAIE EN

More information

BELEID OOR DIE BESTUUR VAN WERKTYD, EN ALLE FAKTORE WAT DAAROP N IMPAK HET, VAN INRIGTINGSVERBONDE OPVOEDERS BY SKOLE [Grade R - 12]

BELEID OOR DIE BESTUUR VAN WERKTYD, EN ALLE FAKTORE WAT DAAROP N IMPAK HET, VAN INRIGTINGSVERBONDE OPVOEDERS BY SKOLE [Grade R - 12] BELEID OOR DIE BESTUUR VAN WERKTYD, EN ALLE FAKTORE WAT DAAROP N IMPAK HET, VAN INRIGTINGSVERBONDE OPVOEDERS BY SKOLE [Grade R - 12] Die verwerkliking van nasionale en provinsiale wette, beleid and RAVO-resolusies

More information

5.2 Konstruksie van vraelyste Struktuur van die vraelys

5.2 Konstruksie van vraelyste Struktuur van die vraelys Hoofstuk 5 Empiriese Ondersoek 5.1 Inleiding In hierdie hoofstuk word verslag gedoen van die empiriese ondersoek. Die doel van die ondersoek is om te bepaal of skoolbegrotings as finansiële instrumente

More information

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK

KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK KOOPOOREENKOMS THERESIA PARK 1. PARTYE 1.1 Verkoper: SEYFFERT GROUP EIENDOMS BEPERK REGISTRASIE NOMMER: 2012/030594/07 Hierin verteenwoordig deur: ANDRE SEYFFERT IDENTITEITSNOMMER: 921010 5053 08 2, behoorlik

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE OpenStax-CNX module: m26630 1 GESONDE KOS * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Februarie 2016 No: 4 van 2016

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Februarie 2016 No: 4 van 2016 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 4 Februarie 2016 No: 4 van 2016 KENNISBOU III: WISKUNDE EN WETENSKAP Die SAOU is tans

More information

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE

BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE BELEID OOR KONFLIK VAN BELANGE Beleidsverklaring Doel Tipe dokument Openbaarmaking, bestuur en mitigasie van konflik van belange Beleid Aanvangsdatum 29/04/2013 Datum van volgende hersiening 01/01/2016

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

AGRI VOEDSEL. AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy")

AGRI VOEDSEL. AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) (AVL of die Maatskappy) AGRI VOEDSEL AGRI VOEDSEL BEPERK (In die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer) (Registrasienommer 2007/015880/06) ("AVL" of "die Maatskappy") OORGAWE-, OORDRAGS- EN AANVAARDINGSVORM Die omskrywings

More information

AANSOEK TOT TOELATING VIR 2019 HUIDIGE SKOOLGELD VIR 2018 OPSIE 1: MAANDELIKS OPSIE 2: EENMALIG OPSIE 3: DEBIETORDER. Betaalbaar voor/op 1 Maart 2018

AANSOEK TOT TOELATING VIR 2019 HUIDIGE SKOOLGELD VIR 2018 OPSIE 1: MAANDELIKS OPSIE 2: EENMALIG OPSIE 3: DEBIETORDER. Betaalbaar voor/op 1 Maart 2018 Laerskool Wonderboom Afleweringsadres: Telefoon 012 543-0208/9 h/v Braam Pretorius- & Jan Booysenstraat Posbus 13603 Sinoville 0129 Annlin, Pretoria E-Pos admin@wonwen.co.za Webtuiste www.wonwen.co.za

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. AANGEHOOR OP: 29 NOVEMBER 2012 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R In die aansoek van:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknr. : 3480/2012 GORETE TEIXEIRA SUTIL N.O. Applikant en TSUI VINCENT MATSEPE N.O. A.P. BECKLEY N.O. Eerste Respondent

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

SPELERS MET GESTREMDHEDE

SPELERS MET GESTREMDHEDE 2010 2017/18 REGLEMENT D REGULATION D JUKSKEI SA SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE

More information

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN. Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is BOUKONTRAK Aanhangsel F Gedeelte Tipe plan AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN Die KONTRAKTEUR soos gedefinieer in die kontrak waarvan hierdie ooreenkoms Aanhangsel F is (hierinlater na verwys as die KONTRAKTEUR

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

SWELLENDAM MUNISIPALITEIT

SWELLENDAM MUNISIPALITEIT 1 SWELLENDAM MUNISIPALITEIT HANDLEIDING VIR TOEGANG TOT INLIGTING, 2015 1 P a g e 2 INHOUD 1. Inleiding Pg. 3 2. Munisipale strukture en hul funksies Pg. 4-5 3. Inligting en adjunk inligtingsbeamptes Pg.

More information

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5

nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5 1 Beleid Bladsy nommer 1 Gedragskode vir ouers 3 2 Gedragskode en dissiplinêre prosedures 10 3 Dissipline Beleid 18 4 Dissiplinêre prosedure en gedragskode 24 5 Skoolreëls - Algemene dissipline 30 6 Klerebeleid

More information

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION ALGEMENE REëLS EN BEPALINGS 1. Deelnemers wat nie die reëls en bepalings nakom nie word gediskwalifiseer. 2. Deelnemers mag nie meer as een keer aan n item deelneem

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

Beleid oor byeenkomste, demonstrasies en betooglinievorming by die Noordwes-Universiteit

Beleid oor byeenkomste, demonstrasies en betooglinievorming by die Noordwes-Universiteit Beleid oor byeenkomste, demonstrasies en betooglinievorming by die Noordwes-Universiteit Verwysingsnommer 1P/1.1.13 Aanspreeklike bestuurder uitvoerende Institusionele Registrateur Eienaar van beleid Verantwoordelike

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

(Bladsye 9 081-9 135 ) Digitised by the Open Scholarship Programme in support of public access to information, University of Pretoria, 2017. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 1/ S S. l (TRANSVAALSE

More information

SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING

SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING SOUTH AFRICAN BIATHLON ASSOCIATION SUID-AFRIKAANSE TWEEKAMP VERENIGING 20 VAN SCHALKWYK STREET, UNIVERSITAS, BLOEMFONTEIN, 9301 SOUTH AFRICA TEL/FAX: +27 51 525 2180; e-mail: dsat-bfn@iafrica.com 2015

More information

LAERSKOOL EVERSDAL VIGSBELEID

LAERSKOOL EVERSDAL VIGSBELEID LAERSKOOL EVERSDAL VIGSBELEID LAERSKOOL EVERSDAL: BELEIDSTUK 1. BESTUURSGROEP : WEERBAARHIED 2. ONDERWERP : MIV / VIGS 3. DOEL : Ter wille van inligting en die veiligheid van rolspelers by die skool. 4.

More information

LEDE - GEWESE EN HUIDIGE

LEDE - GEWESE EN HUIDIGE 6.1 DIE 1936-KOMITEE LEDE - GEWESE EN HUIDIGE Dit is 'n interessante feit dat so baie van die lede van die 1936-komitee van Ondersoek na die Vorm en Spelling van Aardrykskundige Eiename ook lede van die

More information

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Inhoud van die verslag vir goedkeuring deur die kerkraad. 1. Motivering vir ʼn Engelse erediens. 2. Beginsels rondom die Engelse

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1 AANSOEK OM TOELATING TOT DIE NASKOOLSENTRUM 2018 Vorm NS 1 SLEGS VIR ADMIN GEBRUIK MOET ASSEBLIEF NIE HIERDIE DEEL VOLTOOI NIE Keuring van aansoek: Familiekode: Kennis aan ouer: Aaanvangsbedrag bt: Besonderhede

More information

Die rol van skoolbeheerliggame in die aanbeveling van prinsipale aanstellings: uitdagings vir plattelandse skole.

Die rol van skoolbeheerliggame in die aanbeveling van prinsipale aanstellings: uitdagings vir plattelandse skole. Die rol van skoolbeheerliggame in die aanbeveling van prinsipale aanstellings: uitdagings vir plattelandse skole. Jannie van der Colff Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir

More information

Inkomstestaat en balansstaat *

Inkomstestaat en balansstaat * OpenStax-CNX module: m31781 1 Inkomstestaat en balansstaat * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

OPBERGINGSOOREENKOMS

OPBERGINGSOOREENKOMS OPBERGINGSOOREENKOMS SENTRAAL SUID KOOPERASIE BPK Graansilo-eienaar en GRAANGRAANSILO-GEBRUIKER (hierna genoem as die graangraansilo-gebruiker ) het vandag ʼn kontrak gesluit op die volgende terme en voorwaardes:

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA RANDBURG In kamers: GILDENHUYS R SAAKOMMER: LCC63R/99 LANDDROSHOF-SAAKNOMMER:192/99 In die hersiening van die saak tussen: PHILIP RUDOLPH NEL Applikant en STEPHANUS

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE TYGERBERG TAK VAN DIE FIA SOOS GEHOU 5 NOVEMBER 2010 BY LA MASSERIA RESTAURANT VAN 11:15 TOT 13:00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE TYGERBERG TAK VAN DIE FIA SOOS GEHOU 5 NOVEMBER 2010 BY LA MASSERIA RESTAURANT VAN 11:15 TOT 13:00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN DIE TYGERBERG TAK VAN DIE FIA SOOS GEHOU 5 NOVEMBER 2010 BY LA MASSERIA RESTAURANT VAN 11:15 TOT 13:00 NOTULE 1. VERWELKOMING Die voorsitter, Tim Timmerman,

More information

VOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG

VOLTOOI AFDELINGS : A P VOLLEDIG DIE HOËRSKOOL WAGPOS VOLTOOI MET N SWART PEN ASSEBLIEF INSKRYWINGSVORM AANSOEK VIR (JAAR): 20 AANSOEK VIR: SKOOL SKOOL EN KOSHUIS GRAAD AS LEERDER BY SKOOL AANSLUIT: ID FOTO HET U ENIGE LEERDERS TANS /

More information