Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

Size: px
Start display at page:

Download "Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens"

Transcription

1 Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Inhoud van die verslag vir goedkeuring deur die kerkraad. 1. Motivering vir ʼn Engelse erediens. 2. Beginsels rondom die Engelse erediens. 3. Praktiese uitvoering rondom die liturgie Gebruik van Psalms en Skrifberymings 3.2. Reëlings rondom die begeleiding 3.3. Toesig by die erediens 3.4. Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens 3.5. Tyd en aanvang van die erediens 4. Pad vorentoe (lang termyn oor 2-3jaar) 4.1. Volwasse Katkisasie 4.2. Engelse Wyk van GK Newcastle 1.Motivering vir ʼn Engelse erediens Die waarheid van die Woord is nodig vir die Engels sprekende bevolkingsgroepe. Dit is die plig van die kerk om die Woord van die Here te verkondig. Hierdie plig vorm ook deel van die roeping van die Gereformeerde kerk Newcastle. Matt 28: stel vir ons duidelik: Matt 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Matt 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Matt 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. Die Woord van die Here moet op suiwere grondslag in die erediens oorgedra word volgens die Skrifte, aangesien daar n behoefte by die Engelse gemeenskap in Newcastle na Skrifgefundeerde prediking is. 2 Timoteus 3:14-17 wys die belangrikheid om Skrifgefundeerd te wees: 2Tim 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 2Tim 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 2Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 2Tim 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 1

2 Die fokus is om n Calvinistiese Engelse erediens in plek te hê, d.w.s. Skrifgefundeerd, met al die goedgekeurde belydenisskrifte, formuliere en liturgie bepaal deur die Sinode van Dordrecht en soos aangepas en gebruik deur Gereformeerde Kerke. 2. Beginsels rondom die Engelse erediens Die Liturgie word toegepas om sodanig om n ontmoeting met die Here te beleef binne die erediens. Hier is n uiteensetting wat rondom die liturgie gebeur: 1 Ontmoetingsdiens (aanvanklik slegs gebed om seën van die Here). 2 Verootmoediging en skuldbelydenis 3 Woorddiens 4 Responsoria (Antwoorddiens) 5 Die Engelse dienste gaan gepaard met n verduideliking van die liturgie asook die belangrikheid daarvan. 6 Die KJV (King James Version) asook die NIV (New Internation Version) sal as Bybels gebruik word. Die rede hiervoor is eensgesindheid en om Skrifgetrouheid te bevorder. 7 Toesig van die Ouderling aan diens asook vrywilligers en diakens word hierby betrek. 8 Elektroniese begeleiding (opgeneemde orrelspel) sal met aanvang gebruik word, sodoende is daar geen kostes rondom honoraria vir n orrelis nie. 3. Praktiese uitvoering rondom die liturgie 3.1. Gebruik van Psalms en Skrifberymings, geneem van die Canadian Reformed Churches, asook die American Reformed Churches. Hierdie Psalms en Skrifberymings is naby aan wat ons in die Afrikaanse Gereformeerde Kerke gebruik. Meeste van die melodieë is Geneefs, wat ook aan ons bekend is. (Sien voorbeeld aangeheg Ps 116) Die begeleiding van die erediens sal met elektroniese opname plaasvind. n Elektroniese opname van orrelspel is reeds gekry Toesig in die erediens sal geskied deur die ouderling aan diens (volgens lys opgestel). Die kommissie stel ook voor dat daar n spesifieke taakspan sal wees wat elke Sondag daar kan wees. Dit sal verseker dat goeie opvolgwerk gedoen kan word. Vrywilligers vanuit die gemeente wat die Engelse dienste wil bywoon, is ook welkom. Die diakens se betrokkenheid is belangrik by die Engelse dienste, veral met hulpverlening. Barmhartigheidsfunksies en ander Diakonale pligte kan ook deel vorm van die Engelse dienste. Die klem op toesig word weer uitgelig, want dit is baie belanglik om suiwere 2

3 Woordverkondiging te verseker, asook om seker te maak dat alles stigtelik en ordelik verloop in die erediens. Daarom stel die kommissie voor dat daar n spesifieke groep aangewys word om die Engelse diens te behartig, wat register hou, en deeglik terugvoer gee aan die Kerkraad Register van besoekers by die erediens en aangewysde ouderlinge. Dit is van groot belang dat n register gehou moet word van besoekers by die erediens. Hierdie register kan ook net tot sy reg kom deur die wat aangewys is as taakspan, anders kan dit vir die besoekers by die erediens koud en klinies voel as ons register hou. Hierdie register is van groot belang. Daar is verskeie redes: Om gereelde besoekers by die erediens te identifiseer, om sodoende by daardie potensiële lidmate besoek te kan aflê, deur die aangewysde persone. (Opvolg van ernstige bywoners). Om hulp behoewendes te identifiseer, dat daar aandag gegee kan word aan probleem areas hetsy op geestelike of fisieke gebied. (Diakens se roeping is binne, sowel as buite die gemeente) Die aanvang van die Engelse diens is onderhewig aan goedkeuring van die kerkraad. Die datum van die erediens moet dus nog vasgestel word, daar word egter aanbeveel dat dit so spoedig moontlik geskied. Die tye van die diens, aan u voorgestel, vanaf 11H00 tot 12H00, Sondae oggende. Ds Marco le Roux sal hierdie Engelse Erediens lei. Sy preke wat in die Afrikaanse diens gepreek is, sal vertaal word. In tye van Nagmaalviering kan ander reëlings gemaak word rakende die tyd van die Engelse Erediens. Die voorstel van die Kerkraad is ook dat ons die gemeente in die saak van die Engelse erediens ken. Die gemeente moet ook ingelig wees en vir ons terugvoer gee. 3

4 4. Pad vorentoe (lang termyn oor 2-3jaar) 4.1. Ons noem die pad vorentoe, omdat daar getroue bywoners van die Engelse diens sal wees. Ons moet in ag neem dat die Here se werk geseën word Met die verloop van tyd (2-3 jaar, selfs langer) en met die leiding van die Heilige Gees, kan daar gekyk word na die stigting van n Engelse wyk binne die gemeente, met n ouderling en diaken uit eie geledere Om n Engelse wyk tot stand te laat kom, is dit belangrik dat die volgende gebeur: Volwasse Katkisasie sal gedoen word met die mense wat kerkloos was, asook met lidmate wat van nie Calvinistiese of Arminianese kerke afkomstig is. Lidmate van ander Engelse Gereformeerde Kerke waarmee die GKSA kerklike eenheid het, kan opgeneem word as lidmate van die Gereformeerde kerk Newcastle. Hulle sal eers ondervra word ten opsigte van hulle leer en lewe. Die kerke met wie die GKSA kerklike eenheid het, is die volgende Engelse Kerke: Orthodox Presbyterian Church, Free Church of Scotland, Christian Reformed Churches of New Zealand, Australia, Christian Reformed Church in North America. Die kommissie weet nie van Engelse kerke in Newcastle met wie die GKSA kerklike eenheid het nie. Bede: Mag ons Hemelse Vader deur die werk van die Heilige Gees, in opdrag van Jesus Christus ons lei. Mag die voorlegging geseën wees, en mag alles onderhewig staan aan die Soewereiniteit van God ons Vader. Mag ons na die guns van sy welbehae, gehoorsaam wees aan sy koninkryk! Sending- en Bedieningskommissie Gereformeerde Kerk Newcastle. 4

5 Hierdie voorstel en verslag kan ons soos volg opsom: 1. Dit is belangrik dat die Gereformeerde Kerk Newcastle die evangelie uitdra, ook aan Engelssprekendes direk in ons omgewing. 2. Hierdie Engelse diens vind plaas op sy eie, apart van die Afrikaanse diens. Die Afrikaanse erediens en gemeente gaan voort soos normaal 3. Die predikant se werk rondom die Engelse erediens is SLEGS die Woordverkondiging en besoeke by uiterste gevalle en hoë krisis onder Engelse. Die taakspan aangewys sal voortgaan met opvolgwerk. 4. Die liturgiese orde van die Engelse erediens is soos die Afrikaanse erediens. Hierdie beginsel is belangrik sodat daar behoorlike toesig en orde in die Engelse erediens is. 5. Toesig by die Engelse Erediens word deur ouderlinge gedoen wat aangewys is. n Taakspan vir die Engelse Erediens sal ook van die grond af kom. 6. Alle Afrikaanse lidmate is welkom om die Engelse diens by te woon. 7. Wanneer die Here ons vorentoe (lang termyn) seën met volwasse Engelse gelowiges, word daar na die moontlikheid gekyk van n Engelse wyk. 8. Wanneer ons by hierdie moontlikheid kom, is volwasse katkisasie van kardinale belang. 9. Ons vra dat u die volledige verslag onder oë kry. Gee asb terugvoer aan die hand van die volledige verslag. Die verslag is beskikbaar by die webtuiste As u nie toegang het tot die internet nie, vra u wyksouderling om n nota te maak sodat ons die verslag skriftelik kan gee. 10. U terugvoer as gemeente sal waardeer word. Die Kerkraad wil graag ook die gemeente ken in die situasie van hierdie belangrike saak. Die finale besluit lê by die Kerkraad. 5

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: 23. Die Bergrede Matthéüs 5 tot 7: 29 Jesus die Leermeester God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: Jesus

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Handleiding vir Klein Groep Leiers

Handleiding vir Klein Groep Leiers 1 Handleiding vir Klein Groep Leiers Melkbosstrand Gemeente Inhoudsopgawe Inleiding...2 Les 1: Klein groepe is...4 Les 2: Om 'n klein groep te lei. Christelike leierskap...12 Les 3: Ons is hier, wat maak

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis 1.1 Die sondeval in die Paradys ongehoorsaamheid en die strewe om soos God te wees Sonde is strafbaar Kyk na die inhoud van Eksodus 34:6-7: En toe die HERE

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 107:9, 10 (p. 535) 9 Angs was daar by verfloudheid, / maar hul geroep het God verhoor in die benoudheid, / met wending van hul

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

JESUS, EK GEE GRAAG AAN U!

JESUS, EK GEE GRAAG AAN U! Jacob Pretorius & Neels Kornelius Nov 2011 JESUS, EK GEE GRAAG AAN U! Jacob Pretorius & Neels Kornelius Nov 2011 ʼn Gesprek oor die betekenis van tiendes, offergawes en eerstelinge en die inpak daarvan

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012) INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/00001508/2012) PROPOSED ASH DISPOSAL AT KENDAL POWER STATION Notice is hereby

More information

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree N BEDIENING VAN KAMPUS KRUISTOG VIR KRISTUS Gebedshandleiding n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree Inhoudsopgawe Inleiding Inleiding 1 Doelwitte

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.

More information

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN Beheerliggaamvoorsitter Skoolhoof Hoërskool Swartland Godsdiensbeleid Inleiding Hierdie dokument is die godsdiensbeleid

More information

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid. Die misleiding van die gees van godsdienstigheid. Teks: Johannes 9:4, 5 en 39. So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. Terwyl

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

KLOOF-EGGO SPESIALE PINKSTERFEES-UITGAWE ; MEI 2018

KLOOF-EGGO SPESIALE PINKSTERFEES-UITGAWE ; MEI 2018 KLOOF-EGGO SPESIALE PINKSTERFEES-UITGAWE ; MEI 2018 Die Kloof-eggo het vir ongeveer 2 jaar nie die lig gesien nie, aangeien daar tot n groot mate op die wefwerf en ander elektronies media gefokus is om

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12. INHOUDSOPGAWE 1. Lesse oor dissipelskap: n Ware verhaal... 7 ~ Johan Smith 2. Dissipelskap is nie... 17 ~ Stephan Joubert 3. Jesus roep; ek antwoord... 27 ~ Stephan Joubert 4. Van dag een af n dissipel...

More information

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning. Maart 2013 Ps-vooraf 100: 1, 3, 4 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons hulp is van die

More information

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30) DIE HEILIGE GEES Doping in die Heilige Gees word ook beskryf as doping met die Heilige Gees, of vulling(vervulling) met die Heilige Gees, of om met die Heilige Gees vervul te wees. Hierdie pinksterseën

More information

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING Wat is kwaliteit-onderrig? Begronding van kwaliteit-onderrig As instelling op Bybelse grondslag kan ons nie

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS 200. NG; A.P; AGS; en al die susters kerke 1) Julle glo aan n Drie enige God [ M.a.w. een Wese ] 2) Dat Jesus Christus die Here is [ M.a.w. Oud en Nuwe Testament ] 3) Dat Jesus die Middelaar en die redder

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES 2010 2015/16 2010 REGLEMENT D REGULATIONS D 2010 SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES INHOUD / INDEX NR ARTIKELBESKRYWING / ARTICLE DESCRIPTION P 1 VOORWOORD PREAMBLE 3 2 ROLSTOEL GEBONDE

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief Nuusbrief Volume 1 / 2013 PO Box/Posbus 7864! Bloemfontein 9300! Tel: 051 410 0958! Fax/Faks: 086 573 1021 Voorwoord 2013 het met soveel momentum begin dat n mens wonder waar dit gaan eindig!! 2012 was

More information

E-Klas handleiding Studente

E-Klas handleiding Studente E-Klas handleiding Studente Dickenson laan 1180 Waverley Pretoria 0083 Tel: 012 332 3227 Kopiereg voorbehou Inhoudsopgawe 1 Wat is e-klas?... 1 2 Teken aan op e-klas... 1 2.1 Wagwoordverandering... 2 3

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) User perceptions related to identification through biometrics within electronic business By Ilse Giesing 2003 Submitted

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

Buite Die Laer Uitgaan

Buite Die Laer Uitgaan BUITE DIE LAER UITGAAN 1 Buite Die Laer Uitgaan ` Laat ons net n oomblik bly staan. Dierbare God, ons is dankbaar teenoor U vir hierdie nog n voorreg om in die huis van God te staan en die lewende God

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 2019 Die volgende algemene skryfbehoeftes word deur die skool verskaf: Alle skrifte 1 x HB Potlood 1 x Liniaal 1 x Uitvëer 1 x Skêr 1 x Skerpmaker 1 x Eksamenblok 1 x Blou pen

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O Provincial Gazette Free State Province Provinsiale Koerant Provinsie Vrystaat Published by Authority Uitgegee op Gesag NO. 31 FRIDAY, 04 JUNE 2010 NO. 31 VRYDAG, 04 JUNIE 2010 PROVINCIAL NOTICE PROVINSIALE

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was. Voorafsang Lied 188:1-3 Lied 205:1 en 3; 280: 1 en 3; 159:1 en 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus Aanvangswoord Voorganger: Net by God vind ek rus Gemeente: van Hom kom my redding. Voorganger: Net Hy

More information