2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

Size: px
Start display at page:

Download "2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was."

Transcription

1 Voorafsang Lied 188:1-3 Lied 205:1 en 3; 280: 1 en 3; 159:1 en 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus Aanvangswoord Voorganger: Net by God vind ek rus Gemeente: van Hom kom my redding. Voorganger: Net Hy is my rots en my redding Gemeente: sodat ek vas en stewig staan (Ps 62:2, 3). Seëngroet: Van die Vader... Lofliedere: Lied 209 en 214:1-3 Wet: Eks 20 1Die Here het al die volgende voorskrifte gegee: 2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was. 3 Jy mag nie nog ander gode buiten My aanbid nie. 4 Jy mag nie vir jouself afgode maak wat soos voëls of diere of visse lyk nie. 5Jy mag nie voor hulle kniel om hulle te aanbid nie. Ek, die Here jou God, is jou enigste God. Ek laat die oortredings van dié wat My haat nie ongestraf verbygaan nie. Ek straf die derde en die vierde geslag daarna vir die sondes wat hulle ouers gedoen het.6my liefde bly egter duisend geslagte lank staan vir almal wat My liefhet en aan My gehoorsaam is. 7 Moenie die Naam van die Here jou God sonder rede gebruik nie. Die Here sal die een wat sy Naam sonder die nodige respek gebruik, nie net so sonder straf laat wegkom nie. 8 Onthou om die Sabbatdag vir God te vier. 9Ses dae lank kan jy met jou daaglikse werk aangaan. 10Die sewende dag is die Here jou God se rusdag. Niemand in jou huis mag op daardie dag aangaan met gewone werk nie. Dit sluit in: jy, jou seuns en dogters, jou manlike en vroulike slawe, die vee wat aan jou behoort en alle buitelanders wat by jou oorbly. 11Die Here het in ses dae die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom. Om daardie rede het die Here die sewende dag geseën en vir Homself eenkant gesit as sy heilige dag. 12 Behandel jou ouers met respek. Jy sal dan lank en gelukkig lewe in die land wat die Here vir jou gee om in te bly. 13 Moenie mense doodmaak nie. 14 Moenie egbreuk pleeg nie. 15 Moenie iets steel nie.

2 16 Moenie valse verklarings oor ander aflê nie. 17 Jy moenie afgunstig raak op n ander se eiendom nie. Jy moenie sy vrou, sy manlike of vroulike werkers, sy beeste of sy donkies of enigiets wat hy besit vir jouself begeer nie. Skuldbelydenis 247 (2x) Genade verkondiging Voorganger: Gemeente: Hiermee verkondig ek aan julle volkome vergifnis van sondes in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees. Amen. Aan God die dank! Ons sondes is vergewe. Toewyding 532:1-3 God praat met ons en ons luister Skriflesing: Markus 1:14-19 Preek 14 Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. 15Hy het gesê: Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie. Preekvoorstel Die Rolling Stones: Time is on my side, yes it is. Time is on my side, yes it is... Maar is tyd regtig aan ons kant? Die Griekse taal gebruik twee woorde vir tyd. Die een sê dat tyd in ons guns tel. Die ander sê dat tyd nie in ons guns tel nie. Die eerste woord is chronos, waarvan ons woord chronologies afgelei is. Die woord se agtergrond kan ook in die Griekse mitologie gevind word. Die god Chronos was n wrede en verskriklike god. Hy het sy pa met geweld onttroon. Toe sy sterwende ouers profeteer dat dieselfde lot hom sal tref en dat een van sy seuns hom sal onttroon, het Chronos iets verskrikliks gedoen. Toe sy vrou Rhea aan sy kinders geboorte gegee het, het hy hulle ingesluk. Dis hoekom ons sê dat die tyd alles insluk. Die tyd gaan verby. Jy mors my tyd! Dis alles uitdrukkings van chronologiese tyd. Chronologiese tyd is nie goed vir ons nie. Ons raak ouer. Iemand het opgemerk dat n argeoloog die beste persoon is om mee te trou. Hoe ouer jy word, hoe meer geïnteresseerd raak die persoon! Die tyd neem weg. n Man van 85 jaar oud het opgemerk: Bo my lewe is die opskrif: Nie meer nie. My vrou... nie meer nie... my vriende... nie meer nie... my vryheid... nie meer nie... my huis... nie meer nie... my goeie gesondheid... nie meer nie... my goeie gehoor... nie meer

3 nie... om gemaklik te kan loop... nie meer nie... my goeie geheue... nie meer nie... Alles!... nie meer nie! Nie meer nie! 2. Daar is egter n ander woord vir tyd, naamlik kairos. Dit is die woord wat Jesus vir tyd in Markus 1:15 gebruik. Die prediker kan op die betekenis van hierdie woord uitbrei. Die Griekse woord vir aanbreek (vervul) is passief. Dit is aangebring. Niks wat ons gedoen het, kon dit laat aanbreek nie. Die tydsvorm toon aan dat dit n stand van sake is. Dit het gebeur en sal altyd so wees. Dit het blywende betekenis. Dit tyd wat God bepaal het, het aangebreek en dit sal altyd so wees. Chronos, sê J P Versteeg, suig alles weg na die verlede. As kairos open die tyd die weg na die toekoms. Chronos besit ons. Kairos gee ons weer tyd. Chronos slaan alles uit ons hande. Kairos gee ons weer tyd en nuwe moontlikhede en geleenthede. Daar is kernoomblikke, krisisoomblikke, beslissende tye wanneer ons aan chronologiese tyd vashou, terwyl ons die kairos-oomblikke van God kan deel. 3. Wat beteken dit wanneer Jesus sê dat die kairos aangebreek het? Ons kan op twee aspekte wys: 1. Die eerste antwoord vind ons in Markus 1:15: Die koninkryk van God is naby! Hierdie woorde verduidelik die betekenis van die kairos-tyd. Dit is die tydperk van God se koninkryk, God se heerskappy, God se regering. Dit is die tyd waarin dit duidelik sal word dat God koning is. Markus sê die evangelie handel oor Jesus Christus, die Seun van God (1:1). Jesus is die boodskapper van God, die een wat die evangelie van die koninkryk van God bring (1:14). Sy bediening is die inleiding tot God se koninkryk en regering. In sy boodskap en bediening sien ons dat God regeer en koning is. Die gewillige dienaar van die Here onderwerp hom as plaasvervangend sondaar aan God in sy doop. Hy oorwin die Satan en bose magte. Jesus het alle mag. Deur sy gesag dryf hy bose geeste uit, neem hy besit van mense se lewe, verstom hy mense met sy lering, maak hy siekes gesond en vergewe hy sonde (1:17-20, 22, 24, 17, 30-34; 2:9-10). Ja, die chronologiese tyd sluk alles in, maar die vernietiging wat dit bring het nie die laaste sê nie. Die kairos van God open nuwe moontlikhede, nuwe hoop vir siekes en sondaars. Dit wat ons as n verlore saak sien, is nie buite sy gesag nie. Noordmans skryf: Die evangelie verkondig n aanbrekende dag, soos sonsopkoms. Die evangelie verander die doodskaduwees na die oggenduur. Die nuwe koninkryk het in Jesus aangebreek. Dis is reeds hier. Dit sal uiteindelik finaal aanbreek wanneer Hy weer kom. Dan sal daar geen pyn, dood en hartseer meer wees nie. God is onkeerbaar op pad na

4 hierdie vaste en seker bestemming! Dit is die troos van Jesus se koms na die wêreld. Hy het mag oor alle magte. 2. Die tweede antwoord word ook in Markus 1:15 aangetref: Die tyd het aangebreek... bekeer julle en glo die evangelie! Uitdaging ons moet ernstig besluit Bekeer julle en glo die evangelie Om te glo is om tot bekering te kom. Om tot bekering te kom is om te glo. Dit is twee kante van dieselfde munt. Wat beteken dit? Die onmiddellike konteks gee n antwoord op die eerste vlak. Dit beteken om Jesus te volg (1:17). Tot in hierdie stadium het Jesus geen wonderwerke gedoen nie. Johannes en Jakobus het geen vorige ervaring van Jesus gehad nie. Tog laat staan hulle hulle ou posisies en neem nuwes in. Dit is wat die evangelie met ons doen. Dit lei tot n onmiddellike en radikale reaksie. Sy woord verander ons lewe van n selfgesentreerde dag tot dag oorlewingstryd na n lewe wat betrokke raak by die oorlewing van ander mense. Om te glo en tot bekering te kom, is om Jesus te volg en deel van sy plan te word. Waar daar navorsing gedoen word om die lewe van mense te verbeter, n huis vir n arm mens gebou word, n persoon met VIGS ondersteun word, brood aan armes gegee word, by n moedelose ou mens besoek gebring word en aan n tiener wat selfmoordneigings tyd gewy word, glo ons die evangelie! Wanneer ons Hom volg deur ander te vergewe en teen die bose strukture wat mense hulle waardigheid ontneem opgestaan word, word tekens van sy teenwoordige en toekomstige koninkryk opgerig. Bekering en geloof is n voortdurende proses in die hede (soos dit ook in die Griekse werkwoordvorme in hierdie gedeelte duidelik is). Dit is die eerste stelling van Martin Luther se 95 stellinge! Elke dag is n geleentheid om ons weereens aan die koninkryk van God toe te wy, om Jesus van nuuts af te volg. Elke dag is n geleentheid om hoop aan mense te bring wat weens chronologiese tyd ly. 4. Tog hou ons aan om tyd te mors. Ons hou aan ou dinge vas en sien nie die pêrels in die ander om ons raak nie. Ons dink die geleentheid weer sal kom. C S Lewis vertel die verhaal van die ou duiwel wat aan die jong duiwels gevra het wat die eenvoudigste manier is om mense te verlei. Eers het die jong duiwel het gesê: Sê vir hulle daar is geen hemel nie. Verkeerd, het die ou duiwel gesê. Sê vir hulle daar is geen hel nie. Weer verkeerd, het die ou duiwel gesê. Die antwoord is: Sê vir hulle daar is geen haas nie. Die volgende woorde is op die agterkant van n ou staanhorlosie gevind:

5 When I was a child I laughed and wept, time crept. When as a youth I dreamed and talked, time walked. When I became a full-grown man, time ran. And later, as I older grew, time flew. Soon I shall find, while travelling on, time gone. Chronostyd is verby. Jesus staan voor ons met n nuwe begin. Die tyd het aangebreek... Jy kan of n slaaf van die tyd bly of n volgeling van Jesus word. Dankoffers Voorbidding Slotlied: 350:1-3 Seën

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE LOFPRYSING EN AANBIDDING DATUM: 29 MEI 2016 PLEK: MBOMBELA PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 7 LOFPRYSING EN AANBIDDING INHOUDSOPGAWE INLEIDING... 3 DOEL VAN LOFRYSING

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as: Dissipelskap 1. Dissipel wees: μανθανω Die woord dissipelskap het waarskynlik in die moderne Afrikaans nie meer die betekenis wat dit in die Klassieke Grieks gehad het nie. Die merkwaardige is dat die

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal 1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring

More information

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman Johannes 1:1-5 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat

More information

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis 1.1 Die sondeval in die Paradys ongehoorsaamheid en die strewe om soos God te wees Sonde is strafbaar Kyk na die inhoud van Eksodus 34:6-7: En toe die HERE

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie. WEES SEKER VAN GOD, En Dit lees as volg. En Elía, die Tisbiet, wie n inwoner uit Gilead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:4-10 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 115:1,2,6 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Buite Die Laer Uitgaan

Buite Die Laer Uitgaan BUITE DIE LAER UITGAAN 1 Buite Die Laer Uitgaan ` Laat ons net n oomblik bly staan. Dierbare God, ons is dankbaar teenoor U vir hierdie nog n voorreg om in die huis van God te staan en die lewende God

More information

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap. SHALOM, Baie dankie, Broer Isaacson. [Broer Isaacson begin praat oor man wat kanker het. Leë kol op band Red.] Isaacson. Goeiemôre, vriende, julle mag sit. Ja. Dis goed om terug te wees aan die agterkant

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand Sing vooraf staande: Psalm 104:1, 2 (p. 510) 1 Waak op, my siel, en loof die HEER! / My God, U is uitnemend seer verhewe in u majesteit, / U is bekleed met

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 JESAJA 1:27 NGB 20 Votum en seën Psalm 99 : 1, 3, 5 Gebed Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20 Teks: Jesaja 1:27 (AV 1933/53) Skrifberyming 7 (5-2) : 4 [mel Ps 134] Preek: God se

More information

God se beloftes in voorbidding

God se beloftes in voorbidding God se beloftes in voorbidding 1. God se wese is vervat in sy beloftes. Die beloftes van God is nie iets apart van God self nie. Wanneer die Here 'n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte.

More information

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Preek Jan Steyn 7 Oktober 2012. Teks: 2 Samuel 15-18. Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer. Inleiding: Ons het verlede Sondag aan die hand van 1 Samuel 21 en 22 gekyk na 'n tydperk in Dawid se

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing. Dan 9:20-24 Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing. Maart 2015 Skrifgedeelte: Dan 9:20-24 Ps 43: 3, 4 - vooraf

More information

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 1 Skriflesing: Hosea 6 en Hosea 11 Heidelbergse Kategismus- SONDAG 2 Teks: Hosea 6:6; Hosea 11:8 Sing- Ps. 146:1,6; Ps. 119:15; Ps. 119:20,44 Die eerste vraag na ons belydenis die vorige keer is die vraag

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID, Bly om die voorreg te hê om in te kom in U Teenwoordigheid en U te ontmoet. En, O God, mag ons gemeenskap hê vanaand om die geskrewe Woord. Mag die Heilige Gees alles wat

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM MET ADDISON BEVERE ONTMOET DIE HEILIGE GEES Oorspronklik in die VSA uitgegee as The Holy spirit: An Introduction deur Messenger International, Posbus 888, Palmer Lake, in 2013. Vertaal met toestemming.

More information

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede DESPERAATHEDE 1 Desperaathede ` Laat ons nou bly staan soos ons ons hoofde buig. Here Jesus, ons is net slegs gelowig. U het ons vertel om net te glo, en ons glo nou. En ons gee U dank en lof vir wat ons

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond Shama Ministries 2017 Bladsy 1 Voorblad Hettie Erasmus Jesaja volgens Rafael INHOUD Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond... 6 Inleiding... 6 Hoofstuk Een... 10 My verstaan

More information

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP LEIERSKAP 1 LEIERSKAP ` [ n Groep kinders sing Die Outydse Godsdiens_Red.] As dit goed genoeg vir julle almal is, is dit ook vir ons goed genoeg. 2 [ n Broer sê: Hulle gee nou hul geskenk vir jou. _Red.]

More information

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. 1 Maats by die skool Luistertyd: So groet ons Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. Hallo! My naam is Patricia.

More information

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS 200. NG; A.P; AGS; en al die susters kerke 1) Julle glo aan n Drie enige God [ M.a.w. een Wese ] 2) Dat Jesus Christus die Here is [ M.a.w. Oud en Nuwe Testament ] 3) Dat Jesus die Middelaar en die redder

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Elsabè Lof-en-aanbidding Jubel o nasies Die liefde van Jesus JG26:1-3 dieliefd Getuienis? (Elsabe speel saggies)

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON 1 DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON ` Laat ons ons hoofde buig. Here, soos ons hierdie mooi Paasoggend hier bymekaar kom, kyk hoe die botseltjies hulle pad oopbeur, die bye wat

More information

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. JEHOVAH-JIREH 2, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig. 2 Hemelse Vader, ons is dankbaar, vanaand, vir die geleentheid wat ons het, om weer te kom na die huis van aanbidding, waar

More information

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange. Psalm 84:1(vervolg) Ek

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21.

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21. Die seënspreuke in die Boek Openbaringe. Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21. 1. Inleiding op die Seënspreuke: Daar is sewe saligsprekings in die boek Openbaring.

More information

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: 23. Die Bergrede Matthéüs 5 tot 7: 29 Jesus die Leermeester God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: Jesus

More information

Maria salf Jesus se voete

Maria salf Jesus se voete Maria salf Jesus se voete Kinders kry die belewenis dat Maria iets kosbaar vir Jesus gegee het en dat hulle ook iets kosbaars vir Jesus kan gee om dankie te sê vir wat Hy vir elkeen van hulle gedoen het.

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 1. Altyd dieselfde... 13 2. God se werk ten spyte van my... 15 3. Kerk as n werkwoord... 17 4. Op reis met God... 19 5. Uitnemendheid... 21 6. Wagtyd... 23 7. Die twee weduwees...

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van

More information

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66) 1 0 HEER, verleen my tog gehoor; / my saak U weet dit is regverdig. En wil my smeking nou verwerdig / dat dit kan opklim in u oor. Alleen deur waarheidsdrang

More information

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend Sing vooraf staande: Psalm 107:9, 10 (p. 535) 9 Angs was daar by verfloudheid, / maar hul geroep het God verhoor in die benoudheid, / met wending van hul

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14

Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2. Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6. Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10. Week 4 genoeg? Bladsy 14 0 Week 1 Genoeg! Genoeg? Bladsy 2 Markus 11:15-19 Week 2 - Eerlik genoeg Bladsy 6 1 Samuel 20:24-34 Week 3 - Heel genoeg Bladsy 10 Genesis 45:1-16 Week 4 genoeg? Bladsy 14 Lukas 10:38 42 Week 5 - Ruim

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan Toe die Aarde voortgebring is uit die hand van die liefdevolle Skepper, was dit volmaak geskape. Elke gras halm en elke blaar en elke skepsel van die grootste

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30) DIE HEILIGE GEES Doping in die Heilige Gees word ook beskryf as doping met die Heilige Gees, of vulling(vervulling) met die Heilige Gees, of om met die Heilige Gees vervul te wees. Hierdie pinksterseën

More information

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Dirkie Liturg Liturg Seëngroet Gebed Liturg Oproep tot lof Gister was vir my n slegte dag...kry julle

More information

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 97 Die HERE is 'n universele heilige Koning. Die Een wat sy heiligheid handhaaf... in Opperheerskappy en in vernietigende oorwinnende strafgerig Desember 2014 Ps-vooraf Ps 54: 1, 4; Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens.

More information

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het

More information

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Omdat U ons Vader is Groot in almag bo die skepping

More information