God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

TrumpetNet, 31 May 2007

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Johannes 6:1-15; /07/2014

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

OESFEES. Oktober 2016

Pragtige Koningin Ester

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Johannes 14: /08/2014

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die wonder van water *

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

God se beloftes in voorbidding

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die wind as bron van energie *

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Deuteronomium 8: /01/2014

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Die boek Job en lyding

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Gebed. Die Asem van die Siel

Handleiding vir Klein Groep Leiers

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Drie jaar van Jesus se bediening

Luk 10:33 Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, Luk 10:34 en na hom gegaan,

LAERSKOOL HELDERKRUIN

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Die Wese van Effektiewe Gebed

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

JESUS, EK GEE GRAAG AAN U!

*24 Februarie - 2 Maart

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Die liggaamlike opstanding van Jesus

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

Drie jaar van Jesus se bediening

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Transcription:

23. Die Bergrede Matthéüs 5 tot 7: 29 Jesus die Leermeester God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: Jesus keis dissipels uit wat hy onderrig, sodat hulle as Sy getuies kan optree. Geen mens kan deur wetsonderhouding die ewige lewe beërwe nie. Jesus leer ons hoe om tot ons Hemelse Vader te bid. Die twaalf dissipels Die werk van die Here begin `n vaste vorm aanneem. Rondom Hom groei `n kring van gelowiges wat hulle meer en meer losmaak van die sinagoge van die Jode. Die dissipels wat Hy geroep het, het met verloop van tyd gegroei tot twaalf. Die getal twaalf is in die Bybel `n heilige getal, en hierdie twaalf moes die geestelike grondleggers van die gemeente van die Here word. Nadat die Here die nag alleen in gebed deurgebring het, roep hy die twaalf in die môre na Hom toe op `n berg. Hy gee aan hulle mag om onrein geeste uit te dryf en om siekes gesond te maak. Hulle word nou apostels genoem en dit beteken gesant, of persone wat in sy Naam uitgestuur is. Die apostels bly voortaan by Jesus en word deur Hom opgelei om die evangelie te verkondig en die werke van die koninkryk te doen. Hulle sou die fondament van die kerk word, waarvan Jesus Christus die hoeksteen is 52. Hulle name is: Simon Petrus; Filippus en Bartholomeüs of Natanael; Thomas en Matthéüs; Jacobus, die seun van Alfeüs en Judas, die seun van Jakobus wat ook Lebbeüs of Thaddeüs genoem is; Simon Kananites en Judas Iskariot, die een wat Hom verraai het. Hierdie manne moes hulle huis en familie verlaat en al hulle kragte en hulle lewe aan die Here wei. 52 Efs 2:19 en 20 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 137

Die naam Bergrede Die Bergrede word so genoem omdat Jesus dit van die hang van `n berg af gelewer het. Die berg het dus as preekstoel diens gedoen. Voor Jesus met sy prediking begin, het die skare hul siekes na Jesus gebring om genees te word. Hy het egter nie alleen vir die liggaam gesorg deur die wonderdadige genesing van siekes dié dag nie, maar Hy sorg ook vir hulle siele. Daarom het Hy hulle begin toespreek oor ewige dinge. Nadat die Here sy twaalf apostels geroep het, gaan Hy saam met hulle die berg af. Dit is asof daar lig en krag uit die Here straal. Onder op die vlakte wag `n groot skare op die Here. Dit is onmiddellik duidelik dat dit nie net plaaslike mense is nie. Daar is baie wat van afgeleë dele van die land kom, ook van Judéa en Jerusalem. Maar daar is ook vreemdelinge uit aangrensende gebiede, en heidene uit Iduméa in die suide, Dekápolis in die ooste, Tirus en Sidon in die noorde. Die saligsprekinge Toe Hy die skare sien, klim Hy weer `n entjie teen die berg op, Hy gaan sit en sy dissipels kom na Hom toe. Toe begin Hy hulle leer. Aandagtig luister die skare na hierdie bergpredikasie van die Here. Hy preek met hulle in die vorm van spreuke soos ons in die Ou Testament, in die boeke Spreuke en Prediker kry. In `n reeks van agt saligsprekinge verklaar die Here hoe die kinders van die koninkryk is. Die kwaliteite wat by die godsdienstige Jode so hoog aangeskryf staan, naamlik om kinders van Abraham en geregverdig volgens die wet te wees, is nie belangrik nie. Die Here soek n innerlike ingesteldheid van gehoorsaamheid en op grond waarvan `n mens salig genoem word. Die woord salig of welgeluksalig, soos Jesus dit hier gebruik, het `n diepe betekenis. Dit het te doen met blydskap en gelukkigheid, maar eintlik nog veel meer omdat dit te doen het met die verhouding waarin die mens tot God te staan kom. Die poort tot die koninkryk van die hemele Die Jode meen dat hulle as volk die koninkryk van God of die koninkryk van die hemele is. Hulle verwag veral dat hierdie koninkryk in sy volle heerlikheid 138

gesien sal word wanneer die Messias kom. Maar hulle gedagtes is aards; hulle verwag `n aardse koninkryk met `n aardse koning wat hulle van hulle aardse vyande sal verlos. Deur die saligsprekinge wys die Here Jesus die luisterende skare daarop dat die koninkryk anders is as wat hulle verwag. Tot die koninkryk behoort alle mense wat God as hulle Koning soek en erken. Daar is slegs een poort waardeur `n mens die koninkryk kan ingaan en dit is die wedergeboorte. Dit is die nou poort en `n mens moet hard stry om deur die poort in te gaan, `n Mens moet eers in jouself sterwe en deur die Heilige Gees tot `n nuwe lewe opgewek word, om hier te kan ingaan en tog is dit maar die Here wat ons in sy liefde deur die poort inbring, Uit onsself sal ons nooit kon ingaan nie, want ons is onheilig en sondig, maar die Here verander ons deur sy groot liefde en genade tot sy kinders. Eers eenmaal met Jesus se wederkoms, sal hierdie koninkryk in sy volmaakte heerlikheid gesien word 53. Dan sal die Here Jesus openlik as ons Koning verskyn en almal sal Hom sien soos Hy is. Die loon in die hemel By hierdie agt saligsprekinge voeg die Here `n negende wat regstreeks en persoonlik gerig is tot sy volgelinge. Jesus berei hulle daarop voor dat hulle as sy volgelinge, allerhande beledigings en vervolging en kwaadpratery sal moet verduur. Net soos die profete wat voor hulle geleef het, vervolg is 54, sal hulle ook vervolg word. Maar juis hierdie teenkanting bewys dat hulle nie meer van die wêreld is nie, maar van die koninkryk van God. Daarom kan hulle onder die smarte wat hulle aangedoen word, bly en verheug wees, omdat hulle verseker is van hul loon in die hemel. Die ewige oordeel van God Teenoor die saligsprekinge stel Jesus vier uitsprake wat begin met Wee julle. Net soos die Salig is julle het ook die Wee julle betekenis met die oog op die ewigheid. Dit kondig nie maar net `n ongelukkige of ramspoedige lewe hier op aarde aan nie, maar die ewige oordeel van God. Die Wee 53 Opn 5:13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! 54 2Kr 36:16 Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. 139

julle tref die rykes, die versadigdes, die vrolikes en dié van wie almal goed praat. Teenoor die armes van gees is daar diegene wat meen dat hulle geestelik ryk is, soos die Fariseërs. Teenoor diegene wat honger en dors na die geregtigheid, is daar diegene wat meen dat hulle deur eie goeie werke en wetsonderhouding versadig is met geregtigheid. Teenoor dié wat oor hulle innerlike tekortkominge treur, is daar diegene wat met `n vrolike lag deur die lewe gaan omdat hulle meen dat hulle volmaak is. Teenoor dié wat beledig en belaster word, is daar ander van wie almal goed praat en wat deur mense geprys word. Hulle almal staan onder die Wee julle van die hemelse Regter. Die kinders van die koninkryk Aan die slot van die saligsprekinge wys Jesus daarop dat die kinders van die koninkryk wat reeds hier op aarde die hemelse geluksaligheid belewe, geroep is om in diens te staan van die uitbreiding van die koninkryk. Daarvoor gebruik Hy drie kort gelykenisse. Die Here sê, die mense wat stil en onsigbaar hulle goeie invloed in die wêreld uitoefen, is die sout van die aarde. Hulle is die lig van die wêreld wat in die donkerheid van die wêreld hulle hemelse lig laat skyn deur die goeie werke wat hulle doen. Hulle is soos `n stad wat bo-op `n berg lê. Hoe ver sien `n mens nie die wit huise van `n stad bo-op `n berg nie! So sien die wêreld ook die wit lewe van die gelowiges duidelik en hulle Vader wat in die hemele is, word verheerlik. Die gesag van die wet en die profete Vir die eenvoudiges onder die volk is die saligsprekinge waarlik `n blye evangelie. Vir die skrifgeleerdes en die Fariseërs, wat die wet so nougeset onderhou, is die saligsprekinge `n raaisel. Geen enkele keer verwys Jesus na die wet nie, terwyl daar tog in die Psalms 55 staan dat die wat volgens die wet lewe, geluksalig is. Wil Hy dan die wet opsyskuif en tog `n geluksaligheid bring? Op hierdie vrae in die gemoed van sommige van sy hoorders gee Jesus `n tweeledige antwoord, en Hy doen dit ten volle bewus daarvan dat Hy gekom 55 Ps 119: 1 Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel. 140

het met die gesag van die Messias. Hy het nie gekom om te ontbind nie maar Hy het gekom om te vervul. Die bindende gesag van die wet Jesus handhaaf die bindende gesag van die wet van God. Daarom verwag Hy van sy volgelinge goeie werke, dit wil sê werke wat gedoen is in gehoorsaamheid aan die wet. Die Fariseërs doen dit ook en tog is daar `n radikale verskil. Hulle skryf die goeie werke voor as `n voorvereiste om salig te word. Jesus verlang die goeie werke van diegene wat Hy reeds salig noem sodat die Vader in die hemel verheerlik kan word 56. Die Jode ken `n uiterlike betekenis aan die wet toe. Jesus dui die diepere betekenis daarvan aan en wys daarop dat dit nie gaan om `n slaafse gehoorsaamheid aan gebod op gebod nie. Die wet moet in die hart geskryf staan en die gehoorsaamheid daaraan geskied met die vryheid van `n kind, sodat die gees en bedoeling van die wet tot uitvoering kom. In die volgende gedeelte van die bergrede gebruik die Here vyf voorbeelde waardeur Hy verduidelik wat Hy bedoel met die vervulling van die wet. Kinders van God Ons is kinders van God en nie sy slawe nie. Die Fariseërs probeer om die wet van die Here te vervul om so hulle saligheid te verdien. In die koninkryk van die hemele is dit egter anders. Ons het ons Vader lief wat ons verlos het van die duiwel en die sonde, en daarom doen ons met blydskap sy wil. Ons voer dus nie bloot net die letter van die wet uit nie, maar streef daarna om die bedoeling van die wet na te kom. Die kinders van die Here is bang om `n eed af te lê en hulle ja en nee is genoeg. Hulle het die waarheid lief. Hulle neem ook nie wraak nie, maar draai ook die linkerwang as iemand hulle op die regterwang slaan 57. Hulle is bang vir verkeerde en sondige begeertes in hulle harte en beskou nie net daadwerklike owerspel as sonde nie, maar hulle roei ook die verkeerde begeertes in hul hart uit. Hulle bid vir hulle vyande en seën hulle vervolgers. Met groot nadruk verklaar die Here dat die hemel en die aarde eerder sal 56 Jak 2:12 Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word. 57 1Ts 5:15 Sorg dat niemand n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. 141

verbygaan as dat een jota of een titteltjie van die wet ooit sal verbygaan totdat alles gebeur het. Die jota is die kleinste letter in die Hebreeuse alfabet, en die titteltjie is die klein hakie of strepie waardeur die een letter van die ander onderskei word. Hiermee verklaar die Here dat die hele wet, selfs die skynbaar onbelangrike gebooie, onderhou moet word totdat die doel van elke gebod bereik is. Dieselfde gedagte word ook deur Paulus in sy boek aan die gelowiges in Rome bevestig 58. Godsdienstige pligte in die koninkryk van die hemele Die Jode ken drie groot godsdienstige pligte, naamlik: aalmoese gee, gebede en vas. Om aalmoese of gawes aan die armes te gee is by die Jode `n belangrike plig en hulle doen dit gewoonlik so dat die mense dit kan sien. Daarteenoor staan ware vroomheid waar n persoon uit innerlike ontferming aan sy medemens in nood hulp verleen. By wyse van spreke hoef die linkerhand nie eens te weet wat die regterhand doen nie, omdat die ware liefde geen erkenning soek nie. So `n daad van hulpverlening, gebore uit die medelye vir die medemens, word egter wel deur God opgemerk en Hy sal dit ryklik beloon. Here, leer ons bid Die Fariseërs het ook sekere gebedsure wat hul onderhou. Hulle doen lang gebede op straat of by die mark sodat die mense dit kan sien en hulle daarvoor prys. Darenteen wys Jesus daarop dat die suiwere motief vir die gebed nie die vertoning van vroomheid is nie, maar die kinderlike gesprek met die hemelse Vader. Die gebed is die innige gemeenskapsbeoefening tussen `n gelowige mens en God. Daarom hoef dit nie voor die oë van toeskouers plaas te vind nie. Die gebed in sy suiwerste vorm vind in die afgeslotenheid van die binnekamer plaas, waar niemand die stilte sal versteur nie en waar `n mens, in sy kleinheid en onwaardigheid, hom voor die Here kan verootmoedig. Die Here Jesus laat sy dissipels nie in die duister omtrent die gebed nie. Hy veroordeel die lang omhaal van woorde en die vroomklinkende gebedstaal van die Fariseërs. Hulle is soos die heidene wat dink dat hul god hul hoor as 58 Rom 3:31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet. 142

hulle n klomp woorde gebruik 59. As voorbeeld van die ware gebed spreek Hy die Onse Vader uit. Die dissipels kan dit herhaal of hulle eie gebede op dieselfde grondstruktuur bou. Die vorm van die Onse Vader is heel eenvoudig. Eers is daar `n openingswoord waarin God die Vader aangespreek word. Dan volg drie bedes wat handel oor God en dit wat Hom behaag. Daarna drie bedes vir die mens en sy node en dan sluit die gebed met `n uitspraak van lof aan God. Binne hierdie eenvoudige skema en in die beknopte bewoording, word `n ryke inhoud vervat en alles uitgespreek wat vir die mens nodig is om in sy gebed te sê. Die gebruik om te vas Die derde godsdienstige handeling waarop Jesus wys, is die gebruik om te vas. Die Fariseërs heg groot waarde aan die vas as `n godsdienstige plig. Teen die gebruik om te vas spreek Jesus Hom nie uit nie, maar wel teen die manier waarop dit gedoen word. Moenie met lang gesigte rondloop as jy vas om deur die mense gesien te word nie, maar was jou gesig en kam jou hare en jou Vader wat sien wat in jou hart is, sal jou in die openbaar vergelde. Wêreldse besittings en die koninkryk van die hemele Nadat Jesus oor die godsdienstige pligte gepraat het, leer Hy hulle oor die praktiese sake in die lewe: die besit van aardse goedere. Hy wil sy hoorders laat verstaan dat die ware godsdiens die hele lewe moet deursuur. Ook die besit van rykdom en die aanwending daarvan, staan in diens van God. waarde nie. Dit hou `n groot gevaar in omdat die mens in die versoeking kan kom om sy geestelike heil van sy aardse goedere te verwag. Sy hart word daaraan gebind, in plaas daarvan om op God te vertrou. Die skat in die hemel Elkeen wat daarna streef om `n skat in die hemel bymekaar te maak sal hier op aarde geen gebrek hê nie 60. Dus, elkeen aan wie die Here rykdom 59 1Kon 18:26 En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. 60 Psa 37:25 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. 143

skenk, het ook n groot verantwoordelikheid om nie daarop te vertrou nie. Hulle moet al hul kragte inspan in belang van die koninkryk en ook hulle aardse rykdom daarvoor gebruik. Die lewe moet daarop gerig wees om met selfverloëning en onselfsugtigheid die koninkryk te dien. As iemand verstaan om op hierdie wyse `n skat in die hemel op te bou, sal sy hart aan die hemel gebind wees en die hemelse Vader sal ook alle ander dinge aan hom skenk. `n Mens kan nie God en Mammon tegelyk dien nie. Mammon beteken rykdom en `n mens kan van rykdom `n afgod maak. Jy moet ook nie bekommerd wees oor wat jy sal eet of aantrek nie, want die Here wat vir die voëls van die hemel en die lelies van die veld sorg, sal ook vir jou sorg 61. Indien n mens bekommerd is oor die dag van môre, maak hy soos die heidene wat die Vader nie ken nie. Die houding teenoor die medemens Voordat die Here hierdie belangrike predikasie van Hom afsluit, waarsku Hy nog dat `n mens ander nie moet oordeel nie. Hoe kan jy die splinter uit die oog van jou broer haal wanneer daar in jou eie oog `n balk is? Dieselfde geveinsdheid waaraan die Fariseërs skuldig is, kan ook die lewe van die kinders van die koninkryk besoedel. Daarom mag daar by hulle geen hoogmoedigheid wees nie, maar verootmoediging, selfondersoek en `n gewilligheid om elke balk of splinter wat in hul eie oog mag wees te laat verwyder deur die Gees van God. Eers wanneer hierdie gesindheid aanwesig is, kan die broer in liefde op foute in sy lewe gewys word. Die regte houding teenoor die medemens word saamgevat in die goue reël: Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete. Hy dring ernstig daarop aan dat ons hard moet stry om die nou poort in te gaan. Ons begeerte om aan die koninkryk van die hemele te behoort moet duidelik in ons lewe gesien word wanneer ons hard stry teen ons eie sonde en die goeie met ons hele hart soek. 61 Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 144

Valse Profete As ons gehoorsaam is aan Jesus se woorde, sal ons valse profete teëkom 62. Vir die kinders van die Here is hulle uiters gevaarlike wesens: roofsugtige wolwe in skaapsklere. Hulle sal voorgee dat hulle Jesus se ware bedoeling kan verklaar, maar sal deur hulle valsheid mense laat struikel 63. Daar is egter `n betroubare manier om hulle uit te ken want die boom word mos aan sy vrugte geken. Indien hierdie profete nie in eie lewe die vrugte voortbring wat by die bekering pas nie, is hulle vals en moet vermy word. Die boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Die enigste regte houding teenoor die woorde van die Here is dié van luister en doen. Daarmee beëindig Jesus sy bergrede. Die woorde het `n diepe indruk op sy hoorders gemaak. Die skare is verslae oor sy leer. Nie alleen die inhoud van die prediking het hulle aangegryp nie, maar deur sy outoritêre optrede laat Jesus sien dat Hy deur God gestuur is. Aanbevole leesstukke: Booyens, M.J. 2005. Laat my lammers wei. Pretoria:EFJS Drukkers 143 146 p. GROENEWALD, E.P. 1968. Handboek Bybelse geskiedenis: Die Nuwe Testament. Pretoria: DBU. 152-176 p. INGWERSEN, G. 2008. Die Bybel oorvertel vir oud en jonk. Pretoria: DBU. 536-540 p. 62 2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse hulle gekoop het, verloën en n vinnige verderf oor hulleself bring; 63 Mat 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. 145