KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

TrumpetNet, 31 May 2007

Pragtige Koningin Ester

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Johannes 6:1-15; /07/2014

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Johannes 14: /08/2014

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

OESFEES. Oktober 2016

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Deuteronomium 8: /01/2014

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

God se beloftes in voorbidding

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Courses for March 2012

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Die wind as bron van energie *

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Die wonder van water *

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS of

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Buite Die Laer Uitgaan

Die boek Job en lyding

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Musiek: Toets jou kennis *

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

18 Junie :02-11:54

Die liggaamlike opstanding van Jesus

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

LAERSKOOL HELDERKRUIN

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

Die Wese van Effektiewe Gebed

MODULE 2 LEWENSFASE 3

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Transcription:

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van opname hoegenaamd ookal sonder die voorafgaande skriftelike toestemming van die uitgewer nie. KURSUS: GOD SE VERLOSSINGSPLAN ONDERWERP: GOD SE VERLOSSINGSPLAN Sonde het altyd aaklige en verreikende gevolge. LESING NOMMER EEN: AFDELING B DIE GEVOLGE VAN SONDE 1. Sonde verbreek die verhouding tussen God en die mens. Die oomblik toe Adam en Eva gesondig het, is die pragtige verhouding van eenheid en liefde tussen God en Sy skepsels vernietig. Daar was by hulle nie meer die vrymoedigheid in hul verhouding met God soos voorheen nie. Meteens was hulle vol vrees vir God en probeer hulle vir Hom wegkruip. Dit is dan ook wat sonde doen. Dit verbreek my verhouding met God. In plaas dat ek in n liefdesverhouding met Hom staan as my verlosser, word ek bang vir Hom. Niks kan daardie verhouding herstel nie behalwe Jesus. 2. Sonde bring afstand tussen God en mens. Na die sondeval het God vir Adam en Eva weggedryf uit die Paradys die plek van Sy teenwoordigheid en Hy het n engel met n vlammende swaard by die ingang geplaas sodat die mens nie weer daar kan inkom nie (Gen.3:24). Nooit daarna kon die mens weer in God se teenwoordigheid kom nie, al het hy ook hoe hard probeer deur die bring van offers. Eers nadat Jesus Christus se bloed aan die Kruis vir ons gevloei het, het die mens weer toegang tot God verkry. In die Ou Testamentiese tempel kon slegs die hoëpriester een maal in die jaar in die allerheiligste ingaan, en dan alleenlik met die bloed wat as offer moes dien vir die sonde van die mens. Toe Jesus aan die kruis van Golgota sterf, is die voorhangsel (gordyn) wat toegang tot die allerheiligste verleen, van bo na onder oopgeskeur en nie deur n mens se hand nie, maar deur God self. (Mat.27:51). Met ander woorde deur die dood van Jesus het ons nou direkte toegang tot

God die Vader. My liewe vriende, ons hoef nou nie meer onseker of bang te wees om na God toe te gaan waar Hy in die Heiligste deel is nie. Ons kan dit doen omdat Jesus vir ons gesterf het. (Heb.10:19 uit Die Boodskap) 3. Sonde bou n muur tussen God en die mens. Jes.59:2 sê:.. julle ongeregtighede (sondes) het n skeidsmuur geword tussen julle en julle God; en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg sodat Hy nie hoor nie. Hierdie muur van sonde kan ons nie afbreek nie, maar ons is steeds besig om hierdie muur breër en hoër te bou deur die sondes wat ons nog elke dag doen. Net Jesus kan hierdie muur afbreek, want Hy het gekom om te sterf vir ons sondes en ons so met God te versoen. Efé.2:14 sê: Hy het die middelmuur van skeiding afgebreek. 4. Sonde veroorsaak n kloof tussen God en die mens. In die gelykenis van die ryk man en Lasarus (Luk.16:19-31) lees ons dat toe die bedelaar Lasarus sterf, hy deur die engele weggedra is na die skoot van Abraham. Die ryk man het ook gesterf en in die doderyk (die hel) beland. Toe hy sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, het hy van ver vir Abraham gesien met Lasarus by hom. En hy roep en sê : Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel, want ek ly smarte in hierdie vlam. (Let op, een druppel water sou genoeg wees om lafenis te bring in die hel.) Sy versoek is egter geweier en Abraham sê verder: Daar is tussen ons en julle n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan kom nie. (vs. 26). So is daar n kloof tussen die ongeredde mens en God. Hierdie kloof kan niemand oorbrug nie, al probeer ons ook hoe hard. Net God alleen kan dit oorbrug, en Hy het dit gedoen deur die Kruis van Golgota. Deur die kruis is daar weer n pad na die Vader. 5. Sonde het die hele mensdom besmet. Die sonde van Adam en Eva het oorgegaan op bulle kinders, en van hulle af weer op hul kinders. So het dit oorgegaan van geslag tot geslag sodat die ganse menslike geslag met sonde besmet is. Rom.5:12 stel dit só:.. soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het. en vers 19: Want deur die ongehoorsaamheid van een mens is baie tot sondaars gestel... Elkeen van Adam se nageslag is in sonde ontvang en gebore. Dawid skryf in Ps.51:5: Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore en in sonde het my moeder my ontvang. Die Boodskap stel dit só Ek weet dat ek groot foute in u oë gemaak het. Ek kan nie ophou om daaraan te dink nie. My gewete pla my aanmekaar., en Spr.20:9: Wie is sonder sonde? Wie kan sê dat hy altyd net aan die goeie dink? Wie doen altyd die regte dinge op die regte tyd? As gevolg van Adam se sonde word die mens as n sondaar gebore. Hy word van nature gebore met sy rug na God toe en is elke dag besig om verder van God af weg te beweeg. Daar moet dus n dag in die mens se lewe kom, waar hy hom moet bekeer of omdraai, om nou nie meer van God af weg te loop nie, maar terug na God toe. Die oproep van die Bybel is dan ook: Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom (Han.3:19). Die Lewende Bybel stel dit só: Nou moet julle julle sondes laat staan. Kom terug na God toe. Hy sal julle sondes wat

tussen julle en Hom staan, uit die pad vat. Hy sal nooit weer daaraan dink nie. 6. Sonde verhinder dat jy die Koninkryk van God beërwe. Hieroor is die Bybel baie duidelik. Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. (1Kor.6:9,10). Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat n afgodedienaar is, n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie (Efé.5:5) (Sien ook Gal.5:19-21). Daar is net een manier waarop die mens in die Koninkryk van God kan ingaan, en dit is deur wedergeboorte. In Joh.3:3 sê Jesus Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 7. Sonde bring straf en die dood. God sê in Sy Woord dat sonde gestraf moet word, en God kan Sy woord nie verbreek nie. Die loon (straf ) van die sonde is die dood. (Rom.6:23). God sal wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam nie. Hulle sal as straf ondergaan n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte. (2Thes.1:8,9). Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het. (Jud:14,15) Die Boodskap stel dit só: Hy (Henog) het gesê: Kyk mooi! Die Here is op pad met sy hemelse weermag. Hy kom om sy oordeel oor almal te voltrek. Vir sondaars sal dit 'n verskriklike dag wees. Elke goddelose daad wat mense in hulle slegtheid aangevang het en elke lelike woord wat hulle teen die Here kwytgeraak het, sal op daardie dag gestraf word. Die siel wat sondig, die moet sterwe... (Esé.18:20). Ons sien dus dat elkeen van hierdie tekste spreek van straf wat die sondaar sal ontvang as hy voortgaan op sy goddelose weg. Maar dit is nie nodig dat hy gestraf moet word nie Jesus het die straf klaar gedra. Jes.53:5 sê Die straf wat vir ons die vrede aanbring was op Hom. 8. Sonde keer dat jy die koninkryk van God binnegaan of beërwe. Die koninkryk van die hemele of die koninkryk van God is nie net tot die hemel beperk nie. Die koninkryk is nie soseer n plek nie, maar eerder n magsgebied daar waar die Woord van God sonder ophou geëer en eerbiedig word. Dit is baie belangrik dat elkeen hierdie waarhede insien en altyd onthou. Die koninkryk van God strek reg deur die doodsvallei tot in ons hedendaagse lewe duskant die graf. Dit is daardie gebied waar God as Koning geëer en gedien word en dit kan selfs onder een dak wees, waar van die huisgenote die Here uit en uit dien en die res Hom nie dien nie. Hier dink ons veral waar daar geredde, godvresende ouers is wat die Here dien, maar van hulle kinders die wêreld met al sy aanloklikhede dien, of andersom. Soos die Here Jesus dit in Sy bergrede gestel het: Nie elkeen wat vir My sê:

Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Mat.7:21-23). Let veral op die teenwoordige tyd wat die Here volgens Mat.7:23 gebruik het:.. julle wat die ongeregtigheid werk! Die Here het nie gesê,.. julle wat die ongeregtigheid gewerk het... nie. Met ander woorde, Hy het verwys na dié wat nog besig was om die ongeregtigheid te werk, dié wat nog in die lewe is en nie dié wat ná hul afsterwe by die hemelpoort om toegang staan en smeek nie. Toe die Here die Onse Vader gebed voorgehou het en ons geleer bid het:.. laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde... (Mat.6:9-13). Het Hy nie vir ons geleer om te bid dat die einde van die wêreld moet kom, sodat Hy weer kan kom nie, soos wat baie dit vertolk nie. Hierdie gebed was deur die Here bedoel vir ons behoeftes hier op aarde, terwyl ons nog lewe en nie vir die hiernamaals nie dít is in Sy hande. Sonde maak jou dus ongeskik om die Evangelie en beeld van God uit te dra aan n verloregaande wêreld, omdat verlore sondaars jou sien vir wat jy is en jou as net nog een van hulle sien iemand wat niks beter kan bied as dit wat hulle alreeds het nie. 9. Sonde hou jou uit die Hemel. In Open.21 lees ons baie van die hemel. Ons lees daar dat God self by hulle sal wees as hulle God. En Hy sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie wees nie (verse 3 en 4). Ons sien ook hoe wonderlik die hemel sal wees met strate van goud en poorte van pêrels en vol van die heerlikheid van God (verse 21-23). Maar dan lees ons duidelik dat geen sondaar daar sal inkom nie. Vers 27: En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net wat geskrywe is in die boek van die Lewe van die Lam. Open.22:15 bevestig dit as dit sê: Maar buite (dit is buite die hemel) is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. Jou sondes sal jou dus uithou uit die hemel maar Jesus kan en wil jou hemel toe neem want Hy sê: In die huis van my Vader is daar baie wonings, Ek gaan om vir julle plek te berei, en as Ek gegaan en vir julle plek berei het kom Ek weer, en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. (Joh.14:2,3). 10. Sonde laat jou in die hel beland. Sonde laat jou nie alleen die hemel mis nie, maar dit laat jou uiteindelik in die hel beland met al sy verskrikking en pyn. Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en die moordenaars en al die leuenaars - hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel : dit is die tweede dood. (Open.21:8). (As die Bybel praat van die tweede dood, dan is dit die hel met al sy afgryslikheid waarin die verlore mens sal beland. Die eerste dood is die gewone dood wat elke mens moet sterf.) Die hel is nie net n storie nie! Nie net n toestand van ongelukkigheid nie, maar dit is n vreeslike werklikheid. Volgens die Bybel praat Jesus daarvan en waarsku Hy daarteen:... om in die hel gewerp te word in die onuitblusbare vuur, waar hulle wurm nie sterf, en die vuur nie uitgeblus word nie. (Mark.9:43-46). Maar Jesus en net Hy alleen kan ons verlos van die hel! 1Thes.1:9,10 sê dat ons ons moet bekeer tot God, om die lewende God te dien en sy Seun te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.

11. Sonde maak alles lelik bring pyn, siekte en smart. In Joh.10:10 sê Jesus Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes, Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Saam met sonde het daar ook siekte in die wêreld gekom. As ons rondom ons kyk, sien ons die pyn en lyding wat veroorsaak word deur mense en sonde. Moord Hoe baie mense word vermoor, met messe doodgesteek terwyl hulle onder die invloed van drank is. Dronkenskap Hoe neem hierdie euwel nie toe nie, en rondom ons sien ons maar net die gevolge daarvan. Kinders ly honger, kry koud omdat die ouers hul inkomste uitdrink. Onder die invloed van drank word rusie gemaak, baklei, ens. Huweliksontrou Manne en vroue wat ontug pleeg en net eenvoudig hul gesinne los en met n ander man of vrou wegloop. Verkragting Hoevele jongedogters is daar nie wat deur hul eie vader of ander mans verkrag is nie. Geweld Hoe geweldig is die vlaag van geweld nie in ons midde nie. So kan ons aangaan om sondes uit te wys, want sonde is die oorsaak dat die mens so optree, en die Bybel sê dat vir hierdie sondes sal die mens gestraf word, want God kán sonde nie ongestraf laat bly nie. Kan jy nou sien waarom God sonde haat? Verstaan jy nou waarom dit so noodsaaklik is dat jy van jou sonde verlos moet word? Onthou net: God wil en kan die mens verlos van sonde en die gevolge daarvan niemand se sonde is te groot vir God dat Hy hom nie daarvan kan verlos nie. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here; al was julle sondes soos skarlaken dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. (Jes.1:18). God wil ons verlos en vrymaak, óns moet net bereid wees om na Hom te kom.

TOETS JOUSELF LESING NOMMER 1B A. Watter teksverse het jy die week gememoriseer?... B. Watter hoofstukke het jy uit die Bybel gelees?... C. Beantwoord die onderstaande vrae in jou eie woorde nadat jy die lesing sorgvuldig en deeglik deurgewerk het en die betrokke skrifverwysings in jou Bybel nageslaan en biddend gelees het. 1. Wat was die gevolge van Adam en Eva se sonde?... 2. Wat is die gevolge van sonde? (vlg Jes.59:2). 3. Wat is daar tussen God en die mens, die hemel en die hel? (vlg Luk.16;26). 4. Het n babatjie sonde; wat sê (Ps.51;7). 5. Hoe kan n mens se sonde uitgewis word; (Han.3:19) 6. Kan iemand wat volhard in sonde in die Koninkryk van God kom? (1Kor.6:9.10). 7. Wat is die enigste manier om in die Koninkryk van God te kom? (Joh. 3:3). 8. Wat is die straf vir sonde? (vlg. Rom.6:23 en Esé18:20).. 9. Wat sal God maak met die mens wat Hom nie ken nie? (vlg. 2Thes.1:8). 10. Hoekom is dit nie nodig dat die berouvolle sondaar gestraf moet word nie? (vlg. Jes 53:5)..

Lees Open. 21:27 en Open. 22:15 en beantwoord die volgende :- a. Wat of wie sal nie in die hemel kom nie?... b. Net wie of wat sal daar inkom?...