Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Datum Gelewer: 2003-11-14 Saakno: 1149/00 Datum Verhoor: 2003-11-07 In die saak tussen: CHRISTIAAN JACOBUS FANCOIS JOUBERT Applikant en DIRK JOHANNES HUMAN Eerste Respondent LANDDROS FC MULLER Tweede Respondent In die tussenpleit van: DIE BALJU VAN VEREENIGING Applikant en CHRISTIAAN JACOBUS FRANCOIS JOUBERT Eerste Aanspraakmaker ESMÉ MARAIS Tweede Aanspraakmaker ESFIADI BK Derde Aanspraakmaker
Bladsy 2 Coram: MAJIEDT R UITSPRAAK MAJIEDT R: 1. Die Applikant in hierdie tussenpleitgeding, die Balju van Vereeniging, het op 17 April 2003 beslaggelê op sekere roerende bates, welke beslaglegging gevolg het uit hoofde van n lasbrief vir eksekusie wat uitgeneem is deur die vonnisskuldeiser (DJ Human, die Eerste Respondent in die hoofgeding) teen die vonnisskuldenaar, ene Mnr. AS Marais. 2. Die Eerste Aanspraakmaker in hierdie aangeleentheid is eintlik verkeerdelik gesiteer hierin en het hy absoluut geen belang by hierdie aangeleentheid nie en het hy ook geen deelname gehad in die tussenpleit verrigtinge nie. Die
Bladsy 3 Tweede Aanspraakmaker is die vonnisskuldenaar se eggenote. Die Derde Aanspraakmaker is n Beslote Korporasie waarvan die Tweede Aanspraakmaker die alleenlid is. 3. Toe die Balju die voormelde beslaglegging gedoen het, het die Tweede Aanspraakmaker aan hom dokumente voorgelê ter bewys van haar aanspraak, maar het die Balju desnieteenstaande voortgegaan om sy lasbrief ter eksekusie uit te voer. Namens die Derde Aanspraakmaker is insgelyks dokumente onder eed aan die Balju voorgelê om die Derde Aanspraakmaker se aanspraak te bewys na die beslaglegging, maar het die Balju voortgegaan met die beslaglegging. 4. In die geval van die Tweede Aanspraakmaker is haar aanspraak gebaseer op n voorhuwelikse kontrak waarvolgens alle roerende bates in die gemeenskaplike
Bladsy 4 woning haar eiendom is. In die geval van die Derde Aanspraakmaker berus die aanspraak op n koopooreenkoms waarvolgens die Derde Aanspraakmaker al die kantoortoerusting by die vonnisskuldenaar aankoop, asook n huurkontrak waarvolgens die Derde Aanspraakmaker die vermelde kantoortoerusting terugverhuur aan die vonnisskuldenaar. In die geval van die Derde Aanspraakmaker kom dit my voor asof hierdie n gesimuleerde transaksie is, maar is dit hoegenaamd nie ter sake vir die beregting van die tussenpleit geding nie. 5. Die Balju het toe, kragtens die bepalings van Reël 58, n tussenpleitkennisgewing uitgereik wat behoorlik afgelewer is aan al die aanspraakmakers. Die Tweede en Derde Aanspraakmakers het, soos wat die Reël dit vereis, onder eed bewys gelewer van hulle aansprake.
Bladsy 5 6. Dit dien vermeld te word dat die vonnisskuldeiser (DJ Human) nooit gesiteer is as n aanspraakmaker in die tussenpleitkennisgewing wat deur die Balju uitgereik is nie. 7. Na uitreiking van die tussenpleitkennisgewing en bewys van hulle aansprake onder eed deur die Tweede en Derde Aanspraakmakers het daar niks gebeur nie totdat die Tweede en Derde Aanspraakmakers die aangeleentheid ter rolle geplaas het op 1 September 2003. Op 3 September 2003 het dit vir die eerste keer aan die lig gekom dat die vonnisskuldeiser (DJ Human) die betrokke aansprake erken en is die beslagleggings op die Tweede en Derde Aanspraakmakers se eiendom gevolglik opgehef. Wat nou beregting verg in hierdie tussenpleit verrigtinge is die kwessie van die aanspreeklikheid vir die koste van die Tweede en Derde Aanspraakmakers.
Bladsy 6 8. Namens die Tweede en Derde Aanspraakmakers het Mnr. Van Niekerk aangevoer dat die vonnisskuldeiser (DJ Human) aanspreeklik gehou moet word vir die koste. Mnr. Coetzee, aan die ander kant, wat namens die vonnisskuldeiser verskyn, het aangevoer dat sy kliënt as t ware apaties was in die hele verrigtinge en nie aanspreeklik gehou kan word vir die koste nie. 9. Hofreël 58(6)(e) bepaal as volg: (6) As n aanspraakmaker besonderhede van sy eis aflewer en voor die hof verskyn kan die hof:- (a) (d)... (e) na goeddunke n bevel gee oor koste en oor die uitgawes (as daar is) deur die applikant ingevolge paragraaf (b) van subreël (2) aangegaan. 10. Dis gevestigde reg in tussenpleitverrigtinge soos hierdie wat voor my dien, dat die Applikant se koste gedra moet
Bladsy 7 word deur een van die ander partye, aangesien die Applikant geen ander keuse het as om tussenpleitverrigtinge in te stel waar daar teenstrydige aansprake is nie. Verder word gewoonlik gelas dat die onsuksesvolle aanspraakmaker die koste van die Applikant en die suksesvolle aanspraakmakers betaal. Sien in dié verband: General Motors SA (Pty) Ltd v Besta Auto Component Manufacturing (Pty) Ltd and another1982(2) SA 653 (SECLD) te 658 G. Free StateConsolidatedGold Mines Operations (Bpk) v Sam Flanges Mining Supplies BK en andere1997(4) SA 644 (OPA) te 656 A. 11. Na my mening is die feit dat die Applikant in die tussenpleitverrigtinge (die Balju) nagelaat het om die vonnisskuldeiser as een van die aanspraakmakers te siteer ontersaaklik hierin. In die eerste plek is ek die
Bladsy 8 mening toegedaan dat die bepalings van Reël 58(1) wat betrekking het op teenstrydige aansprake ten aansien van eiendom waarop beslaggelê is in eksekusie, die gevolg het dat die Balju ipso facto in die skoene van n applikant en die vonnisskuldeiser ipso facto in die skoene van n aanspraakmaker staan. Dit maak gevolglik na my mening nie saak of so n vonnisskuldeiser as n aanspraakmaker gesiteer is in die tussenpleit verrigtinge al dan nie. Beslaglegging deur die Balju kan per slot van sake tog slegs volg uit hoofde van n lasbrief en in opdrag van die vonnisskuldeiser. Bowendien, en in elk geval, is daar in die tweede plek in hierdie aangeleentheid die feitelike situasie dat die tussenpleitkennisgewing uitgereik deur die Applikant (Balju) inderdaad by die vonnisskuldeiser se prokureurs van rekord afgelewer is dít is gemeensaak tussen die partye. Gevolglik is die vonnisskuldeiser eerstens ipso facto n aanspraakmaker hierin en het hy in
Bladsy 9 die tweede plek wel deeglik kennis gedra van die tussenpleitverrigtinge ingestel deur die Applikant/Balju. 12. Die blote feit dat die vonnisskuldeiser as Aanspraakmaker toe niks verder gedoen het om sy aanspraak te probeer bewys nie en glad nie deelgeneem het aan die verrigtinge nie, is vir hom van geen hulp wanneer dit kom by koste hierin nie. Daar kan na my mening in elk geval nie gesê word dat die vonnisskuldeiser heeltemal apaties hierin was nie. Die tussenpleitkennisgewing is gedateer 27 Junie 2003. Daar is ongelukkig geen aanduiding op die stukke voor my wanneer die vonnisskuldeiser se prokureurs dié betrokke kennisgewing sou ontvang het nie. Hoe dit ookal sy, die prokureurs wat namens die vonnisskuldeiser hierin ageer, het op 19 Augustus 2003 n skrywe gerig aan die Tweede en Derde Aanspraakmakers se prokureurs waarin hulle verwittig word dat hierdie
Bladsy 10 tussenpleitgeding nie op die hofrol is vir Vrydag 22 Augustus 2003 nie. Hierdie skrywe is klaarblyklik gerig omdat die Balju/Applikant se kennisgewing aangedui het dat die aangeleentheid op die rol geplaas sou word vir 22 Augustus 2003. Wat insiggewend en van groot belang is in hierdie voormelde skrywe is die volgende: a) dat die betrokke prokureurs van die vonnisskuldeiser deeglik bewus was van die tussenpleitverrigtinge; en b) dat hulle absoluut geen melding daarvan maak dat hulle nie aanspraak maak op die goedere waarop die Balju/Applikant beslaggelê het nie. 13. Namens die vonnisskuldeiser het Mnr. Coetzee aangevoer dat die vonnisskuldeiser inderdaad glad nie aanspraak gemaak het op die goedere waarop beslaggelê is nie en inderdaad aangedring het daarop dat die Balju/Applikant n nulla bona relaas uitreik toe die
Bladsy 11 vonnisskuldeiser bewus geword het daarvan dat die Tweede en Derde Aanspraakmakers n geldige aanspraak op die beslaggelegde goedere het. Daardie getuienis is egter nie voor my nie. Dit gaan my verstand te bowe hoedat die vonnisskuldeiser bloot kan terugsit, heeltemal apaties wees in die hele aangeleentheid, deur sy prokureurs n skrywe laat rig soos dié wat ek na verwys het in par. 12 hierbo en dan Hof toe kan kom en aanspreeklikheid vir die koste van Tweede en Derde Aanspraakmakers ontken. Dit sou baie min moeite geverg het om bloot n eedsverklaring af te lê waarin duidelik uitgewys word dat geen aanspraak gemaak word op die beslaggelegde goedere nie en dat die vonnisskuldeiser glad nie wil deel neem aan die tussenpleitverrigtinge nie. 14. Geregtigheid vereis dat die Tweede en Derde
Bladsy 12 Aanspraakmakers se koste gedra moet word deur een van die partye hierin. Die Balju se optrede is nie heeltemal verhewe bo kritiek nie, maar meen ek dat hy geregverdig was om, gegewe die teenstrydige aansprake op die roerende eiendom waarop hy beslaggelê het, n tussentydse kennisgewing uit te reik. Die Tweede en Derde Aanspraakmakers het reeds voor die uitreiking van n tussenpleitkennisgewing hulle aansprake voorgehou met stawende dokumentêre getuienis. Hulle het natuurlik ook daarna hulle aansprake onder eed bevestig in die tussenpleitverrigtinge. 15. In die omstandighede soos voormeld, is ek die mening toegedaan dat die vonnisskuldeiser aanspreeklik gehou moet word vir die Tweede en Derde Aanspraakmakers se koste. 16. Gevolglik word n bevel as volg uitgereik: Die
Bladsy 13 vonnisskuldeiser (Dirk Johannes Human) word gelas om die koste van die Tweede en Derde Aanspraakmakers ten aansien van die tussenpleitverrigtinge te betaal op die skaal soos tussen partyen party. SA MAJIEDT REGTER ADVOKAAT NAMENS VONNISSKULDEISER : W COETZEE ADVOKAAT NAMENS TWEEDE EN DERDE AANSPRAAKMAKERS : JG VAN NIEKERK PROKUREUR NAMENS VONNISSKULDEISER : ROUX WELGEMOED & DU PLOOY PROKUREUR NAMENS TWEEDE EN DERDE AANSPRAAKMAKERS : ENGELSMAN BENADE & VAN DER WALT
Bladsy 14 DATUM VAN VERHOOR : DATUM VAN UITSPRAAK :