sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Pragtige Koningin Ester

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

TrumpetNet, 31 May 2007

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Musiek: Toets jou kennis *

Johannes 14: /08/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Maria salf Jesus se voete

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

KWARTAAL Nr. 39. Kix-UK speel lekker met die mini s! Links: AnnaMarie de Klerk van Kix Malawi.

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Die wind as bron van energie *

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Die wonder van water *

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Deuteronomium 8: /01/2014

OESFEES. Oktober 2016

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

God se beloftes in voorbidding

MODULE 2 LEWENSFASE 1

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Speel met battery elektrisiteit *

KWARTAAL Nr. 41. Bl. 5. Bl. 5. Bl. 10. Bl Bl. 14. Hierdie voorblad is n lusmakertjie vir die inhoud van die Kix.Kom...

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

18 Junie :02-11:54

MODULE 2 LEWENSFASE 3

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Buite Die Laer Uitgaan

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Wat is vaskulêre demensie?

Courses for March 2012

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Die boek Job en lyding

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Plekwaardes van heelgetalle *

Digitale Produkte. Katalogus

Landdros van genoemde distrik in die teenwoordigheid van F. V. Waldeck (hierna die tolk genoem) as tolk en niemand anders

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3


Transcription:

Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep bakke met water n Kurkprop, houtlepel, balletjies, klippe, tou of wol Nog voorwerpe wat òf maklik sink òf maklik dryf Plastiekbyltjie of n byltjie uit spons gesny om in die sensoriese bottel te sit Plakkaat: Wat is 'n profeet? Gleufprent Prente van verskeie wonderwerke met teksverwysings Kopieer die prent van 'n hamer vir elke kind Skêre, gom, kryte en potlode, foelie, karton Welkom Uitdaging 1: Hoe lank kan jy 'n kurkprop met 'n houtlepel onder die water hou? Gebruik verkieslik 'n diep glasbak sodat die kinders die hele tyd die kurkprop kan sien. Gee kans vir die wat graag wil probeer. Uitdaging 2: Verdeel die kinders in groepies. Sorg dat daar vir elke groep n bak met water en balletjies of klippe is. Gee aan die een helfte van die kinders die opdrag om 'n plan uit te dink om 'n klein balletjie te laat sink. Laat die ander helfte 'n plan beraam om 'n klip te laat dryf. (Niemand mag aan die eindproduk raak om dit te laat dryf of sink nie.) Voorsien tou/wol, foamalite -bordjies of ander materiaal waarmee die kinders kan eksperimenteer. Wyding Temalied: Kinders sit met toe oë en sing saam: Trust in the Lord (https://www.youtube.com/watch?v=xpzjtzzqbb0). Stilword-ritueel: Stuur die sensoriese bottel in die rondte om terwyl die kinders die volgende verse sê: Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. (Ps 23:1-3) Woord Verlede kwartaal het ons mos na n klomp Vreemde Vroue stories in die Bybel gekyk. Hierdie kwartaal is ons tema: Prettige Profete. Ons moet heel eerste uitvind wat n profeet is. (Wys die plakkaat met die prent en beskrywing van n profeet.) n Profeet is n persoon wat naby aan God geleef het en God gehoorsaam het. God het vir die profete spesiale boodskappe gegee wat hulle weer vir die volk, God se kinders, moes gaan oorvertel. Soms was die boodskap kwaai en was die doel om God se kinders te laat ophou verkeerde dinge doen. Ander kere was dit om hulle te troos en om hulle te vertel wat in die toekoms gaan gebeur. Dit het hulle hoop gegee. God het op verskillende maniere met die profete gepraat. Sommige van hulle het n stem gehoor wat met hulle gepraat het; ander het gedroom en ander het visioene gekry. n Visioen was soos om te droom terwyl jy wakker is. Ander mense sou dit nie kon sien nie; net die profeet. Elisa was 'n profeet. Sy lewe was baie interessant. As hy vandag moes leef, sou daar gereeld berigte oor hom in die nuus wees. 1

Het julle gehoor wat het Elisa nou al weer gedoen? sou mens gereeld op twitter lees. Sy naam beteken: God is my Redder. Verbeel jou jy moet iemand roep: God-is-my-Redder, waar is jy? Elisa het baie leerlinge gehad. Hulle is ook profete genoem. Eendag het hulle by Elisa kom kla omdat hulle saaltjie te klein geword het. Saam besluit hulle toe om 'n nuwe bymekaarkomplek te bou. Daarvoor het hulle hout nodig gehad. Wil u nie saam met ons gaan nie, het hulle gevra. Elisa het geantwoord: Ek sal gaan. Hulle het langs die Jordaanrivier gaan bome kap. (Laat die kinders sing, bv. Dit is die dag terwyl hulle beweeg asof hulle bome afkap. Daarna sit hulle weer en luister verder.) (Gebruik nou die gleufprent.) Skielik, terwyl een besig was om te kap, het sy byl in die water geval. (Trek die byl af.) Ag tog, nee!! Daar gaan my byl... dit was 'n geleende byl!! Meneer Elisa, help asseblief. Elisa het gekom. Waar het die byl ingeval, vra hy. Hulle wys hom. Neem nou 'n stukkie hout en gooi dit daar in die water. (Plak die houtjie op die water en trek die byl weer op.) Skielik het die byl boontoe gekom en gedryf. Haal dit uit! het Elisa gesê. Hoe crazy was dit? Dit het nie sin gemaak nie. 'n Byl wat dryf! Ek wonder wat jy sou doen as jy 'n byl sien dryf. Net God kon dit doen. Vir God is niks onmoontlik nie. Elisa moes baie pret in sy lewe gehad het, want hierdie was nie die eerste en enigste crazy ding wat met hom gebeur het nie. Daar is 'n klomp prettige verhale van Elisa. Verdeel groter kinders in groepe en gee aan elke groep 'n verhaal om in die Bybel op te soek. Gee vir hulle die prente van die verhale met teksverwysings. Elke groep kan dan kom vertel wat daar gebeur het. OF Indien die kinders nog nie goed kan lees nie, kan die leiers die prente wys en die kinders laat raai wat daar gebeur het. Gee dan kortliks 'n verduideliking. 1. Hy het 'n vuurwa gesien wat vir Elia kom haal en hemel toe geneem het. 2 Konings 2:11 2. 'n Weduwee wat tydens n hongersnood net 'n bietjie olie gehad het, kon al die houers wat sy in die hande kon kry, daarmee volmaak en dit verkoop. Die olie het nie opgeraak voordat die hongersnood verby was nie. 2 Konings 4:1-7 3. Eendag was 'n pot kos wat die profete gemaak het, giftig. Elisa het gesê hulle moet bietjie meel bygooi en siedaar die kos was nie meer giftig nie. 2 Konings 4:38 4. Eendag was daar 100 mense wat nie genoeg kos gehad het nie. Elisa het gesê hulle moet die bietjie wat daar is, uitdeel en toe word dit so baie dat almal genoeg kon eet en nog oorhou. 2 Konings 4:42 5. Die koning van Aram se bevelvoerder (Naäman) moet homself gaan was in die Jordaan om gesond te raak van sy melaatsheid. 2 Konings 5:14 6. Engele om ons. 2 Konings 6:15-17 Elisa wou met sy hele hart en al sy krag elke dag vir die Here werk. Die Here het groot dinge deur hom gedoen. Ek en jy doen nie sulke wonderwerke nie, maar die Here gebruik ons elke dag om 'n bietjie liefde in 'n liefdelose wêreld te bring. Dalk is dit net omdat jy geloof en hoop het as die mense om jou moedeloos is. Dalk is dit net omdat jy aan 'n plan kan dink om 'n probleem op te los. Dalk is dit net jou glimlag wat vandag 'n verskil maak... God wil hê ons moet lag en gelukkig wees. Die kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: 1. Ek wonder by watter een van Elisa se verhale sou jy graag wou wees. 2. Ek wonder wat het jy al gesien wat jou laat besef het God is groot. 3. Ek wonder wat gaan jy die res van die dag doen om God se liefde vir mense (gesinslede) te wys. 2

Werskaf Kleur die prent van die byl in (of plak die lem met foelie) en knip dit uit. Skryf Matteus 19:26 daarop. (Plak dit gerus op karton om dit stewiger te maak.) Elke kind maak 2 byle, een vir homself en een vir iemand wat bemoediging nodig het. Gee vir die kinders kans om met die gleufprent die byl te laat sink en dryf. Inkleurprente Sluit af met die seënbede: Die kinders sit of staan in n sirkel. Hulle hou hul hande uitgestrek na die kante toe met albei palms na bo. Elkeen se regterhand se palm is bo die ander kind se linkerhand se palm. Laat hulle oefen om n blessing aan te gee: Iemand begin om sy regterhand oor te beweeg na links en dan liggies in sy maat aan die linkerkant se hand te tik. Daardie maat doen dan dieselfde met sy regterhand na die maat aan sy linkerkant se hand toe. Stuur so die bede aan in die rondte. Sodra die kinders dit regkry, sê almal die seënbede saam terwyl hulle dit in die rondte stuur : Die Here is VOOR jou om jou pad gelyk te maak; Die Here is AGTER jou om jou teen slegte dinge te beskerm; Die Here is LANGS jou om jou in sy arms toe te vou; Die Here is ONDER jou om jou te dra as jy mag val; Die Here is BOKANT jou om jou te seën; En die Here is BINNE jou om jou te lei met sy Heilige Gees. 3

Wat is n Profeet? n Profeet... het naby aan God geleef... het God gehoorsaam... was n boodskapper van God... het God op verskillende maniere gehoor: soms net n stem; soms in n droom; soms in n visioen... het die mense geleer... het gepreek... het vir ons profesieë neergeskryf... het soms die toekoms voorspel God het met die profete gepraat. Die profete het dit vir die mense vertel. En dan het dit gebeur! 4

GLEUFPRENT Kopieer die prent van die water, die bylkop en die stok. Kleur alles in en sny die stok en bylkop uit. Sny die middelste gedeeltes van elke golf met n craft -messie op die lyne uit. Plak vislyn aan die agterkant van die bylkop vas en ryg dit deur die golwe. Volg verder die instruksies in die storie. 5

7

2 Konings 2:11 2 Konings 4:1-7 2 Konings 4:38 8

2 Konings 4:42 2 Konings 5:14 9 2 Konings 6:15-17