Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Pragtige Koningin Ester

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Johannes 14: /08/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014

OESFEES. Oktober 2016

TrumpetNet, 31 May 2007

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Deuteronomium 8: /01/2014

God se beloftes in voorbidding

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Die wind as bron van energie *

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Dan 9: Gabriël se verduideliking in vers 24 oor hoe die HERE vir ons die Jeremia-profesieë vervul en laat in pas in sy Dan 7-wêreldbeskouing.

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Musiek: Toets jou kennis *

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Buite Die Laer Uitgaan

Die wonder van water *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die liggaamlike opstanding van Jesus

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

Tekste: Openbaring 1: 1-3; 14:9-13; 16:12-16; 19:5-10; 20:1-6; 22:6, 7; 22:10-21.

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Die boek Job en lyding

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS of

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Plekwaardes van heelgetalle *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Courses for March 2012

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Luk 10:33 Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, Luk 10:34 en na hom gegaan,

Die Wese van Effektiewe Gebed

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Wat is vaskulêre demensie?

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

MODULE 2 LEWENSFASE 3

Transcription:

1 Inleiding tot Bybelstudie: Omdat daar vandag so geweldig baie verskillende godsdiens groepe is wil ek nie op die verkeerde sienings konsentreer nie, ek wil egter die waarheid van God se Woord na u bring en in die lig daarvan verdwyn elke duistere gedagte. Lig verdryf die duisternis, en daarom is dit uiters belangrik om na God se Gees te luister, wat die Bybel vir jou duidelik wil maak, en nie na enige mens wat dit wat daar staan weg te probeer redeneer nie, wat ek egter duidelik onder jou aandag wil bring is dat jy enigiets wat jy op enige plek in die Bybel lees met die res van die Bybel moet vergelyk. Verklaar die Skrif met Skrif. Onthou omdat die Bybel nie n teologiese handboek is nie, of in vraag en antwoord formaat nie, is dit uiters belangrik om n verhouding met die skrywer van die Bybel te hê. 1Jh 1:5-10 5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. 6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot n leuenaar en is sy woord nie in ons nie. Jh 1:1-14 1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 6 Daar was n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. 7 Hy het tot n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. 8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. 10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. 11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van n man nie, maar uit God gebore is.

2 14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon en ons het sy heerlikheid aanskou, n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom vol van genade en waarheid. 2Ti 3:16,17 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 2 Pt 1:19-21 19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op n lamp wat in n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; 20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif n saak van eie uitlegging is nie; 21 want geen profesie is ooit deur die wil van n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek. Belangrike feite om te weet. 1. Die Woord van God, die Bybel, is inderdaad God se verheerlikte Seun. 2. Hy alleen is die ware lig. Geen ander lig nie, alle ander is duisternis. 3. Omdat Hy lig is verdryf Hy alle duisternis. 4. Hoewel die Bybel deur mense geskryf is, is dit deur God ingegee. Net hierdie uiters belangrike waarskuwing: Indien jy nie alles in die Bybel letterlik glo nie, kan die volgende teks dalk die rede wees dat jy dit nie letterlik wil glo nie. Lk.11:35 35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie. Indien ons die woord interpreteer is die kanse goed dat dit wat ons dink lig is eindelik duisternis is. Onthou moet nooit vergeet nie: Jh 16:7-15 7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; 8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: 9 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; 10 en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; 11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is. 12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. 13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. 15 Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. DIE HEILIGE GEES, EN HY ALLEEN, VERDUIDELIK DIE BYBEL, EN SONDER HOM SAL JY NOOIT DIE WARE BETEKENIS VAN DIE BYBEL TE WETE KOM NIE.

3 Sonder die Heilige Gees bly die Bybel net 'n boek, maar met Hom raak dit die Lewende Woord, die verheerlikte Seun van God. Met dit in gedagte wonder u nie soms waarom ons hier op die aarde is, waar so baie geweld, moord, roof, verkragtings, allerhande bedrog, hi Jacking, siektes soos aids, en alles wat boos is geplaas is, en nie sommer direk in die hemel nie. Waarom moet ons die geweld meemaak, kon God ons nie sommer direk in die hemel geskape het nie? Ek is uiters versigtig om sommer enige antwoord te gee, en u moet nou bid dat God met u persoonlik sal praat om die inhoud van hierdie studie aan u te bevestig, net die Gees kan u oortuig en in die waarheid lei. Ons lewe hier op die aarde, van geboorte tot ons eendag sterf, het net een doel en dit is om n keuse te maak, en om dan vir God te wys dat ons by hierdie keuse sal bly kom wat wil. Die keuse wat ons moet maak is, hoewel dit nie altyd so belangrik blyk te wees nie, is die mees belangrikste besluit wat iemand ooit kan neem. Jy moet besluit waar jy jou ewigheid wil deurbring, is dit by God in die nuwe hemel en aarde, of weg van Hom, vir ewig in sy toorn in die hel. Dit is reg jy, en jy alleen, besluit hier op aarde waar jy wil wees, of in die hemel of in die hel. Net hierdie uiters belangrike waarskuwing, as jy niks besluit nie is jou keuse outomaties vir die hel as ewige tuiste. Luister nou mooi daar is net twee plekke, of die hemel of die hel. Kies jy nie of kies jy die hel is daar niks wat jy verder hoef te doen nie, jy kan maar doen wat jy wil jou plek is reg, jy kan egter voor jou sterfdag, indien jy die kans sou kry, en dit benut, besluit dat jy wel hemel toe wil gaan maar jy sal vir God moet bewys dat jy by Hom dan staan, kom wat wil. Vir die wat besluit het dat hul hemel toe wil gaan is daar egter so paar vereistes wat hul beslis moet nakom om die besluit te bekragtig: 1. Bely en laat staan alles wat God nie behaag nie. (sonde, en die vrugte daarvan) 2. Neem die saligheid plan aan wat God vir ons in sy Seun gemaak het. 3. Begin om vir God te leef deur te doen wat Hy ons in sy Woord beveel. (alles) 4. Weerstaan al die versoekings wat die duiwel ons pad langs bring, wat vir God wys dat ons by Hom sal bly kom wat wil. 5. Volhard elke dag deur alles te doen wat sy woord beveel. Ek wil gou so paar dinge regstel wat mense aan kind van God wees toevoeg. 1. n Kind van God moet swaar kry en arm wees. (Jh. 10:10b) 2. Hulle het te veel wette moets en moenies, wat maak dat daar geen plesier in hul lewens is nie. (Rm. 10:6) 3. Wanneer jy n kind van God is verloor jy al jou vriende. (net die mooiweersvriende) 4. As kind van God is jy die duiwel se voetbal (Lk.10:19) Eerstens net die teenoorgestelde is waar, n kind van God behoort nie swaar te kry nie, maar weens onkunde laat ons die duiwel toe, om te slag steel en te verwoes lees die teks klaar, waarom Jesus gekom het. Jh. 10:10 10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

4 Die Griekse woord gebruik vir oorvloed, beteken letterlik baie meer besittings, daarom vertaal die Amplified Bybel dit so: Jh 10:10 AMP 10 The thief comes only in order to steal and kill and destroy. I came that they may have and enjoy life, and have it in abundance (to the full, till it overflows). Onthou, hy kan net steel slag, steel en verwoes dit wat jy hom toelaat, want: Rm.10: 4 4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Lk. 10:19 19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Dit is nie al nie, die lekkerste van alles weet jy nie van, of het dit vergeet. Jh. 14:12-14 12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. 13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. 14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. Mk. 11:22-26 22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. 23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur hy sal verkry net wat hy sê. 24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. 25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. 26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie. Halleluja, prys God!! ek het nog skaars begin met dit wat die ontvang wat besluit hulle wil Jesus volg hemel toe, en ek wil uit my nate bars. Onthou dit is nie a pie in the sky the day that I die nie, nee word nou wakker, en neem dit in besit wat God vir ons beloof het, nou hier op aarde al, dit is net die begin van ons ewige erfenis. Dink jy God lieg, of maak maar net n grap, en kan nie doen wat Hy beloof het nie? Num. 23:19, 20 19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? 20 Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie. Jer. 1:12 12 Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

5 Jh 15:7 7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Jh 16:23, 24 23 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. 24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Onthou nou asseblief, moet nooit vergeet nie, al God se beloftes is vir hulle wat sy wil doen vandag hier op die aarde al. Die doel van hierdie studie is beslis nie om jou bang te maak met die hel nie, nee ek wil eerder by jou n begeerte kweek om vir ewig, by die verheerlikte Seun van God te wees, as enigiets anders. Het jy al die besluit geneem? nou is die regte tyd daarvoor. Wat gebeur die oomblik nadat ons die laaste asemteug uit geasem het? Is daar enigiets na die dood en hoe lyk die hiernamaals? Net soos God se volk, Israel, eers deur die Jordaan moes trek om die belofte land Kanaän te verkry so moet elke mens die doods Jordaan oorgaan na die ewige lewe, soos God dit oorspronklik bedoel het, maar wat die mens as gevolg van sonde verloor het. By die oorgaan keer die tydelike aardse verganklike liggaam terug tot stof, terwyl jou siel en gees na een van twee plekke gaan, eers by die wegraping sal hul weer met n onverganklike liggaam beklee word. So net nadat ons gesterf het, gaan ons gees en siel uit ons liggaam en gaan dan na een van twee plekke wat bepaal word deur keuses wat ons dan alreeds moes gemaak het, Indien jy geen keuse gemaak het of besluit loos was, beteken dit jy aanvaar outomaties die tweede keuse. 1. Aanvaar Jesus as Saligmaker, en leef daagliks vir Hom deurdat jy jou verstandelike beheer afsterf, en Hom toelaat om jou deur sy Gees te beheer. (RM. 8:14) Ek dien Hom omdat ek Hom lief het, kom wat wil, ek bly by Hom, in alle omstandighede. 2. Gaan maar deur die lewe soos jy wil en sal miskien later, indien dit ooit kom, anders besluit. Jy kan selfs gereeld kerk toe gaan, Bybel lees en bid. Baie mense het die eerste keuse gemaak maar nie tot einde volhard nie, dan verander eerste keuse outomaties in die tweede. Die eerste keuse verseker n ewige lewe saam met Jesus in die hemel terwyl die tweede of geen keuse, ook n ewige lewe het maar in God se toorn in die hel tot gevolg het. Wat ons egter nou duidelik moet verstaan is die feit dat on die keuse moes maak voor daar skeiding tussen liggaam en die siel gees is. Hierdie skeiding vind so vinnig plaas, gewoonlik vinniger as n oog knip, voor jy egter besef het, het jy die tydelike tydgebonde verruil vir die ewige lewe buit tyd. 2 Pet. 3:8

6 8 Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag. 1Kor.15:50-57 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. 51 Kyk, ek deel julle n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap (sterf) nie, maar ons sal almal verander word, 52 in n oomblik, in n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. 55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? 56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. 57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. Lk. 16:19-31 19 En daar was n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. 20 En daar was n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. 21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. 22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. 23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. 24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. 25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. 26 En by dit alles is daar tussen ons en julle n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. 27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur 28 want ek het vyf broers om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. 29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. 30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. 31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan. Uit die gedeelte sien ons hoe twee persone sterf verse 22 en 23

7 Die bedelaar sterf en word deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. {Paradys waar Adam en Eva uitgedryf is} Die ryk man het ook gesterf en is begrawe, en hy het sy oë in die doderyk oopgemaak. {bewaarplek vir die wat hel ( poel van vuur en swawel wat vir satan en sy demone voorberei is ) die verhoor afwagtende vir die Wit Troon oordeel} Daar het egter n ontvolking van die paradys plaasgevind na Jesus se oorwinning oor satan, en in die bewaarplek vir die verhoor afwagtende. Mt 27:51-53 51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; 52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. 53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. Onthou satan en die demone is alreeds veroordeel en het nie deel aan die Wit Troon oordeel nie. En nou vir die skok luister mooi, kry jou gedagtes mooi in orde vergeet van dit wat enige kerk ja, ek bedoel enige kerk selfs Christelike kerke geleer het onthou God stuur nie een mens hel toe nie, nee die Wit Troon oordeel is slegs die bevestiging van die keuse wat jy self hier op aarde gemaak het, of die gebrek daarvan. Elkeen gaan op hul eie keuse hel toe. En nou vir die tragiese en wrede waarheid, al het jy wat ook al gedoen, en nie by Jesus uitgekom nie, vir vergifnis, na ware berou in jou hart nie, asook die weergeboorte soos Jesus vir Nikodemus beskry het, luister nou baie mooi jou hele ewige lewe hiernamaals is op die spel, nie wat ek sê nie hoor Jesus se woorde nou. Luister nou mooi die Gees wil nou met jou praat. Jh 3:1-5 1 En daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Ek sien nie enige verwysing na n bepaalde kerk of sogenaamde verbond volk nie, nee slegs wedergeboorte dis al. Wat bedoel Jesus met die volgende? as iemand nie gebore word uit water en Gees nie Onthou dit is nie sommer maar net n stelling wat Jesus maak nie nee Hy neem n dubbele eet sweer (voorwaar, voorwaar).die geboorte uit water en uit gees is dus noodsaaklik vir die ewige lewe saam met Jesus. Die geboorte uit gees is wanneer die

8 Heilige Gees jou oortuig jy is verlore, wanneer jy met berou oor sonde jou bekeer. Die geboorte uit water is die doop na bekering en albei is uiters noodsaaklik. Mk. 16:16 16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Hd. 2:38 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Uit die tekste sien ons eers geloof en bekering en dan laat doop. Die geloof en die bekering moet ons reaksie wees op die werking van God se Gees (geboorte uit die Gees) en ons water doop deur middel van onderdompeling na bekering is die geboorte uit water. Onthou Jesus sê gebore word uit water en Gees so albei is noodsaaklik nie net een of die ander nie, nee albei is uiters noodsaaklik. 1Th 4:13-17 13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met n geroep, met die stem van n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Dit blyk na n weerspreking, hoe kan die wat in Jesus ontslaap het saam met Jesus kom en dan weer in die volgende teks uit die graf uit opstaan? Nee kom ons kyk gou daarna. Om dit te verstaan moet ons eers besef wat gebeur by die afsterwe van die mens? Daar is egter twee verskillende gebeurtenisse by die afsterwe van mense. 1. Die wat Jesus aangeneem het (wedergeboorte) en wat tot die einde volhard het. 2. Al die ander Wanneer die volhardende weergeborene sterf gaan sy gees uit hom, terwyl net sy aardse liggaam na die graf gaan. Sy gees gaan by afsterwe dan direk na die regterstoel van Christus, om loon te ontvang, en bly dan saam met Hom in n bewuste toestand, totdat dit weer later met die wegneem van die ander weergeborenes wat volhard het, wat onmiddellik verander word met die onverganklike, verenig word met sy eie verheerlikte liggaam uit die graf. Daarna terwyl die groot verdrukkings tydperk begin gaan hulle die gestorwenes en die lewende volharders, wat verander is na die bruilofsmaal van die Lam. Na die sewe jaar van die groot verdrukking vind die tweede fase van die wederkoms plaas waar Jesus terugkeer en die Antichris sal uitdelg daarna breek die duisend jaar van vrede aan waar satan en sy demone gebind sal word waarna

9 hul weer vir n klein tydperk losgelaat gaan word om die gelowiges te verly. Daarna kom die wit troon oordeel waarna satan en al sy volgelinge in die poel van vuur gewerp word. Die tweede groep wat nie wedergebore is of wat nie tot die einde toe volhard het nie, se gees gaan ook uit maar dit gaan na die doderyk om te wag vir die Wit troon oordeel. Die doderyk is nie die hel nie maar daar is ook al smarte. (Lk.16:24) Eers na die wit troon oordeel en duisend jaar van vrede word hul in die poel van vuur (hel) gewerp om daar vir ewig te brand. So klein waarskuwing aan die weergeborenes, na die duisend jaar van vrede voor die vergaan van die huidige hemel en aarde, gaan satan en sy demone vir n kort tydjie losgelaat word om die gelowiges te mislei om sodoende vir God te wys ons staan by ons keuse. Dan eers vergaan die oue en daal die nuwe hemel en aarde neer en die twee is so geïntegreer dat jy nie die verskil, tussen hulle, kan waarneem nie. Jy gaan nie die verskil kan waarneem nie dit is soos dit was voor Lucifer dit na die rebellie verwoes het. BEKERING OF TERUGKEER: 1Kor. 10:11, 12 11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. 12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. NB!! MOET NOOIT MET GOD SE GENADE SPEEL NIE!!!! Jy het dalk in die verlede met allerhande dinge (sonde) by God verby gekom maar wees gewaarsku moet nie met God se genade speel nie, daar kom n dag dat sy genade deur vir ewig sal toemaak, onthou ons is in beseringstyd, die eindfluitjie kan enige oomblik blaas. Joël 2:1-3; 11-32 1 BLAAS die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby 2 n dag van duisternis en donkerheid, n dag van wolke en wolke nag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom n talryke en magtige volk, wat van ouds sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die vêrste geslagte nie. 3 Voor hom uit verteer n vuur, en agter hom brand n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie. 11 En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra? 12 Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.

10 13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil; 14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy n seën sal agterlaat - n spysoffer en n drankoffer aan die HERE julle God. 15 Blaas die basuin op Sion, heilig n vasdag, roep n vergadering saam! 16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek. 17 Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God? 18 TOE het die HERE geywer vir sy land en sy volk verskoon. 19 En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot n voorwerp van smaad onder die nasies nie. 20 Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen. 21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge! 22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag! 23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen. 24 Dan sal die dors vloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop. 25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaal vreter en die afknyper verslind het - my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het. 26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie 27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. 28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. 29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. 30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rook pilare. 31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom. 32 En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygemaaktes die wat die HERE sal roep.

11 Die verskil tussen bekering en terug keer na God: Dit is duidelik te sien by die twee seuns in die verlore seun. Lk. 15:11-32 Lk. 15:12-13; 28-31 en 17-19 12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. 13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaar gemaak en weg gereis na n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. 28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. 29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. 30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. 31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Die verskil is dat die een doelbewus weggegaan het terwyl die ander een altyd by sy vader was tog was albei se verhouding met die vader nie reg nie. Wat moet ons doen? 17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. Terwyl u so geluister het God dalk met u gepraat of u het agtergekom dat u honger ly by die varke van die wêreld nou is die geleentheid om u saak met God te skik. Waarom dan die Joël 2 gedeelte? Wanneer Joël hier vir Israel profeteer en God se gedagtes aan sy liefling volk, Israel, bekend maak sê hy nie wanneer die belofte gaan plaasvind nie. Joël 2:28-32 Hd.2:16, 17 16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: 17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. Indien u nog nie besef dat ons in die laaste van die laaste dae is nie, dan weet ek nie of u ooit sal besef nie. Petrus voeg dus die tyd aan Joël se profesie en dit gaan nou letterlik so wees. Num. 23:19 19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? Bekering is dus wanneer ons vir die eerste keer Jesus Christus aanneem as ons of na n lang tyd waarin jy in totale beheer van die duiwel geleef het, deur openlik en moedswillig aangehou het om sonde te doen, en sodoende alle vrymoedigheid verloor het.

12 Nou dat u God se stem hoor verhard nie jou hart nie indien jy nie uit jou wese seker is van jou verhouding met Jesus nie nou is die tyd om jou saak so reg te kry dat jy met sekerheid uit jou wese kan sê ek ken Hom en Hy vir my. Onthou! Mt. 7:21-23 21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Ken jy Jesus waarlik, of weet jy net van Hom en Hy van jou? Negentig present en meer van alle weergeborenes sterf in die eerste paar dae, of baie is selfs doodgebore omdat hul nie ander wou vergeef het of selfs omdat hul nie berou gehad het nie. Dit het die gevolg dat daar in die kerk vandag so baie geestelik dooie kinders van God is. Die Profeet Jesaja sê dat hulle bloed aan ons hande sit. Dis reg ons gaan rekenskap voor God gee vir elke persoon wat ons bewustelik of onbewustelik mislei het, of van die wal af in die sloot gehelp het. Nou kan ons maklik sê nou gaan ek nooit weer met iemand die evangelie deel nie, Die bloed aan ons hande, in Jes. 1: 15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Is nie net omdat ons mense verkeerd gehelp het, of hulle geestelik laat sterf het nie, nee selfs as ons ongehoorsaam was aan God se opdrag in Mt 28: 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Hierdie opdrag is aan elke kind van God. Wat is belangrik vir n persoon om sy saak met God reg te kry (vir ware wedergeboorte) 1. Besef dat jy verlore is en dat jy hulp nodig het. 2. Ware berou vir verkeerde dade en sondes. 3. VERGIFNIS EN VRYSPRAAK VAN ELKEEN WAT TEENOOR JOU GESONDIG HET (bewustelik of vergete). Sien Mk. 11:25,26 4. Gewilligheid om te jou hele lewe te verander, soos Hy wil. 5. Gewillig om op God se terme, nie op mensgemaakte godsdienstige handelinge, te lewe, en te doen wat Hy as ons Vader ons in sy woord beveel. (Heiligmaking, vrugte dra en bekerings onder dompelings doop) 6. Gewillig om in Christus vry te wees van alle wette. Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Nou doen ons nie as gevolg van die wet nie maar eerder as gevolg van ons verhouding met Hom. Die Griekse woord vir wet (From a primary word νε μω nemo; law (through the idea of prescriptive usage), generally (regulation), specifically (of Moses [including the volume]; also of the Gospel), or figuratively (a principle): - law.)

13 Wanneer persoon aan bogenoemde ses punte voldoen kan daar oorgegaan word tot die sondaars gebed, herinner die kandidaat daaraan dat God nie net na die woorde van die gebed gaan luister nie, maar dat Hy ook na die gesindheid van hul hart gaan kyk, Hy soek waaragtige berou vir al hul oortredinge. Belangrike inhoud van die sondaars gebed (verkieslik eers nadat die persoon eers almal onvoorwaardelik vergeef het) 1. Gaan na die Vader in Jesus (Naam) 2. Herken dat jy verlore is en dat net deur Jesus se ingryping jy gered kan word. 3. Vra vergifnis vir alles wat jy in jou hele lewe verkeerd gedoen het, selfs alles wat jy al vergeet het van. Is dit nodig dat ek alles by die naam moet noem? Nêrens vind ek skrif dat ek alles by die naam moet bely nie, dit is die rede waarom ek ook vergifnis vra vir alles wat ek ook van vergeet het. (net die eerste keer want nou dat ek sy kind geword het sal die Gees van God my oortuig van sonde, en dan moet ek die daad bely, met berou dat ek dit gedoen het. Bely dit slegs een maal indien ek dit meer as eenmaal doen is dit ongeloof omdat ek dink God het dit nie die eerste maal gehoor nie. 4. Vra dat Jesus jou sal skoon was, wit soos die sneeu. 5. Neem Jesus aan as jou persoonlike Saligmaker 6. Nooi Heilige Gees om jou lewe te kom beheer. 7. Dank die Vader dat Hy op grond van sy Woord al jou sonde weg gewas het en jou nou as sy kind aanvaar het. Indien daar ware berou was en volkome vergifnis was is persoon nie meer n sondaar nie maar n weergebore kind van God. Onthou indien kandidaat nie al die ander mense en sy eie oortredinge vergewe het nie, sal God nie sy eie sondes nie vergeef nie. Mk. 11:26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie. Onthou hierdie is slegs die begin en indien jy nie toesien dat die baba kind van God gebalanseerde geestelike kos inkry nie sal die persoon weer geestelik sterf. (Bybel lees, bid, kerk toe gaan, sterf in hulself Gal 2:20, doop, indien nie voorheen (bekerings doop) nie, getuig, begin met heiligmaking proses, ens.