Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Johannes 6:1-15; /07/2014

Pragtige Koningin Ester

TrumpetNet, 31 May 2007

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Deuteronomium 8: /01/2014

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Die wind as bron van energie *

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Johannes 14: /08/2014

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Die wonder van water *

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Maria salf Jesus se voete

OESFEES. Oktober 2016

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Plekwaardes van heelgetalle *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MODULE 2 LEWENSFASE 1

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Musiek: Toets jou kennis *

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Courses for March 2012

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

KWARTAAL Nr. 39. Kix-UK speel lekker met die mini s! Links: AnnaMarie de Klerk van Kix Malawi.

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MODULE 2 LEWENSFASE 3

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Buite Die Laer Uitgaan

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Die boek Job en lyding

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

in Maartmaand, sou u daarvan onthou? -- dit sal ek onthou. En daar is ook getuienis hier dat indien n persoon nota's

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

KWARTAAL Nr. 41. Bl. 5. Bl. 5. Bl. 10. Bl Bl. 14. Hierdie voorblad is n lusmakertjie vir die inhoud van die Kix.Kom...

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

18 Junie :02-11:54

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM


, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Uitgawe 2 April 2011 Kontak ons by of

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Transcription:

Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die kerse Ronde plakkers ( stickers ) Wollerige kombers Welkom Wegkruipetjie Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories vertel.) Waar is jou gunsteling wegkruipplek? Kom ons kyk of ons nuwe wegkruipplekke kan ontdek. Baken n spesifieke area af waar die kinders kan wegkruip. Hou ook n fluitjie byderhand om die kinders wat nie gevind kon word nie, te roep. Ons het nou n speletjie gespeel, maar daar is mense wat wegkruip omdat hulle regtig bang is. Dis nie vir hulle n speletjie nie. n Voorstel vir n groot groep: Indien die groep te groot is, kan een van die kinders uit die lokaal gestuur word. n Voorwerp word dan êrens in die lokaal weggesteek. Die kind word teruggeroep en kry die opdrag om die voorwerp te soek. Die ander kinders gee n aanduiding van hoe naby hy/sy aan die voorwerp is deur warm te roep as hy naby die voorwerp kom en koud wanneer hy ver van die voorwerp af is. Wyding Temaliedere: Ons gee drie moontlike temaliedere. Gebruik wat vir jou kinderbediening sal werk. Kingdom rock: Stand together: https://www.youtube.com/watch?v=jfx8aocahg4 Mighty Kids Arise: Wow! God is wonderlik! https://www.youtube.com/watch?v=ksmrdreftmw Crossroad Kids: Come with me : http://crossroadskidsclub.net/motion-video-come-with-me/ (Onderaan staan You can download the video HERE. Klik daarop, dan neem dit jou na https://vimeo.com/49923933 waar jy dit gratis kan aflaai.) Stilword-ritueel uit Psalm 23 Laat die kinders kruisbeen sit en hulle oë toemaak. Herhaal 3 keer. Die Here is by ons. Sê nou hardop: Omdat die Here my Herder is, is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Woord Aanbieder: Hier is n ware verhaal van iemand wat weggekruip het omdat hy bang was. Ons lees sy storie in Rigters 6 8. Neem die foto-album saam om vir die kinders n paar foto s te wys. (Vandag is ons foto-albums mos eintlik digitaal, so jy kan ook n paar foto s met n projektor wys.) Aanbieder: Ek het vir julle n paar foto s uit my lewe gewys. Ek het nog n foto-album saamgebring. Gideon s n. (Gebruik prente van Gideon om die storie te vertel. Bied dit aan asof julle deur n album blaai.) Nog voorstelle: Die kinders kan inkleurprente van Gideon se verhaal die vorige week inkleur of dit huis toe neem en by die huis gaan inkleur. Hulle moet net onthou om dit vir jou terug te bring. Julle kan selfs die werskaf -deel voor die les doen en die prente inkleur vir die storie. Plaas dit dan in rame en maak n fotomuur. Die aanbieder stap dan soos n toergids met die kinders deur Gideon se storie. Die Israeliete was terug in die land Israel nadat hulle 40 jaar lank in die woestyn rondgeswerf het, maar hulle het nog nie n koning gehad nie. Hulle het dinge begin doen waarvan die Here nie hou nie. Toe het God die mense van Midian toegelaat om die Israeliete vir sewe jaar lank te laat swaarkry. Die Israeliete Voorbeeld van n fotomuur

moes in die berge in grotte gaan bly om weg te kruip vir die Midianiete. Elke keer as die Israeliete koring geplant het, het die Midianiete en nog ander volke gekom en die koring afgebrand. Hulle het ook al die Israeliete se skape, beeste en donkies gevat. Die Israeliete het baie arm geword. Toe het hulle weer tot God begin bid. (Verwys na die eerste les se sirkel met 6 momente.) n Engel van die Here het gekom en naby n jong man gaan sit wat besig was om koring uit te slaan. Hierdie jong man se naam was Gideon. Hy het in n gat in die grond, waar hulle gewoonlik druiwe stukkend getrap het, met die koring gewerk, want hy was bang dat die Midianiete hom sou sien. Hy het dus weggekruip omdat hy bang was. Toe kom staan die engel van die Here voor Gideon en sê: Die Here is by jou, dapper soldaat. Dink julle Gideon was n dapper soldaat? Nee, hy was eintlik bang en moedeloos. Hy antwoord: Ag Meneer, as die Here by ons is, hoekom gaan dit so sleg met ons? Hoekom doen Hy nie meer sulke wonderwerke soos toe Hy ons oupas uit Egipte laat trek het nie? Hy is nie meer lief vir ons nie en het ons nou aan die Midianiete oorgegee. Toe sê die Here vir hom: Gaan JY en red die Israeliete. Gaan met die bietjie krag wat jy het. Ek stuur JOU! Gideon het n klomp verskonings gehad en wou allerhande tekens hê om seker te maak dis die Here wat hom stuur. Ek wonder watter verskonings sou jy gehad het as die Here vir jou so n groot taak sou gee. (Gee kans vir die kinders om te reageer.) Vir Gideon het dit beteken hy sou moes gaan oorlog maak. Sy verskonings was dat: hy baie arm was; hy nie belangrik was nie, nie eers in sy huisgesin nie. Hy het gedink hy is nie goed genoeg om hierdie groot werk te doen nie. Maar God het hom gerusgestel. Hy hoef nie sterk, belangrik of ryk te wees nie. God is aan sy kant. (Ek wonder of jy besef dat God aan jou kant is. In Hebr 13: 5b en 6 belowe God jou: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. Daarom kan ons met vertroue sê: Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan n mens aan my doen? ) Gideon was nog steeds nie oortuig dat hy dit sou kon doen en dat dit werklik God was wat met hom praat nie. Hy het mooi vir die Here gevra om vir hom n wonderteken te gee. Gideon het n bokkie gaan slag en plat brode gemaak wat hy op n klip neergesit het. Die engel het met n stok daaraan geraak en daar het vlamme uit die rots gekom en die kos verbrand. Toe het die engel verdwyn. Gideon het net daar n altaar vir die Here gebou. Daardie nag het God vir Gideon sy eerste opdrag gegee. Hy het gesê: Breek die offerplek af wat jou pa vir die god Baäl gebou het. Kap die houtpaal daarlangsaan af. Die houtpaal is net daar om julle aan die afgod te herinner. Bou op die plek vir My n nuwe altaar. Maak vuur met die paal se hout en verbrand jou pa se tweede grootste bul vir My op die altaar. Gideon het met 10 slawe gegaan en dit gaan doen. Maar raai wat? Hy het dit in die nag gedoen. Ek wonder hoekom het hy dit in die nag gedoen. Hy was natuurlik bang vir sy pa se familie en die stad se mense. Die mense wou hom doodmaak, maar sy pa het hulle gekeer. Hulle afgod was eintlik niks anders as n stuk hout nie. Daarna het die Midianiete en ander volke weer gaan tent opslaan in die vlakte en die Israeliete was bang dat hulle gaan begin oorlog maak. Gideon se tweede opdrag van die Here was om die Midianiete te keer en hulle weg te jaag. Weer het Gideon getwyfel of dit werklik God was wat die opdrag vir hom gegee het. Hy het weer n wonderteken gevra. Hy het iets onmoontliks gevra. Hy het n skaapvelletjie buite gaan neersit en vir God gevra dat dit net op die velletjie moet laat dou en nie op die grond om die velletjie ook nie. As God dit vir hom kan doen, dan sal hy glo dat God hom stuur. Die volgende dag was dit presies soos Gideon gevra het. Die velletjie was nat, maar die grond om die velletjie was droog. Dis eintlik onmoontlik. Steeds het Gideon getwyfel en nog n wonderteken gevra. Hy het weer die velletjie buite gaan neersit en gevra dat dit die keer op die grond om die velletjie moes dou en nie op die velletjie nie. Weereens het God vir Gideon gewys dat niks vir Hom onmoontlik is nie. Die velletjie was droog, maar die grond om die velletjie was nat. Gideon het nou geglo dat die Here hom regtig uitgekies het om teen die Midianiete te gaan veg. Hy het soveel as moontlik soldate bymekaargemaak om saam met hom te gaan, maar God wou hê hulle moes op Hom vertrou en nie op hul eie krag nie. Eers het hy almal teruggestuur wat bang was en net 10 000 soldate het oorgebly. God het gesê dat dit nog te veel is en nadat God hom gehelp het om hulle uit te soek, het net 300 manne oorgebly om te veg. (Vertel vir die kinders hoe God die manne uitgekies het en op watter besondere manier hulle die Midianiete oorwin het.) Dit klink of dit onmoontlik is dat 300 manne teen duisende soldate kon veg, maar God was aan hulle kant. Hulle het die Midianiete verslaan. God het vir Gideon gewys dat hy nie bang hoef te wees met God aan sy kant nie. Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: 1. Ek wonder hoe dit voel om te weet dat God altyd sy beloftes nakom. 2. Ek wonder waarvoor stuur God jou. Ek wonder wat moet jy gaan doen. 3. Ek wonder of Gideon se verhaal jou minder bang maak.

Werskaf Bordspeletjie Gee vir elke kind n kers en plak die woorde van Hebr 13:5 en 6 aan die onderkant van die kers. Gee aan die kinders elkeen 10 ronde plakkertjies. Op elkeen van die plakkers skryf hulle een van die volgende woorde: Ek sal jou nooit - verlaat. Die Here is my - Helper. Laat hulle n plakker op elke vinger plak en dan n vuis maak. Druk dit teen die bors as simbool dat hulle aan God se beloftes vashou. Hierdie beloftes neem hulle huis toe. Sit n lekker wollerige kombers neer. Die kinders kan hulle daarin toevou om n gevoel van geborgenheid te ervaar. God is by hulle en hulle hoef nie bang te wees nie. Gebedsmoment Kinders gaan staan op hulle knieë soos n skilpadjie wie se kop ingetrek is. Die aanbieder bid die volgende: Here, daar is soveel goed in die wêreld waarvoor ek bang is en waarvoor ek wil wegkruip. Help my om te onthou dat ek U by my is wanneer ek bang is. In U arms is ek veilig. Amen. Sluit af met die seënbede. 1

3 2

4 5

6 7

Stroke vir versomkers