Nederige mense dink nie minder ván hulleself nie; hulle dink net minder áán hulleself. (Ken Blanchard)

Size: px
Start display at page:

Download "Nederige mense dink nie minder ván hulleself nie; hulle dink net minder áán hulleself. (Ken Blanchard)"

Transcription

1 LOFFIENUUS Nuusbrief 2/2014 Webblad: Geagte Ouer Nederige mense dink nie minder ván hulleself nie; hulle dink net minder áán hulleself. (Ken Blanchard) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is en die direkte e-pos is gelofte@gelofte.co.za. Ons ondervinding is dat ouers dikwels n ander perspektief op n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir Die kalender is op die webblad beskikbaar by asook op Communicator. 29/30 JANUARIE SWEMGALAS 30/31 JANUARIE WINTERSPORT AANDREEKS NEEM N AANVANG 4 FEBRUARIE INTERNE REDENAARS - PRIMÊR 4 MAART GRAAD 6 KAMP 7 MAART WINTERSPORT AANDREEKS FINAAL 8 MAART SKAAKTOERNOOI 15 MAART NETBALDANS MAART PRIMÊRE NETBALTOER 27 MAART KASKAR 28 MAART SUBSIDIEAANSOEKE SLUIT 28 MAART SKOOL SLUIT VIR APRILVAKANSIE OM 11:00 3. DANKIE! Hiermee wil ons graag alle ouers, personeel, Loffies en weldoeners wat op Saterdag, 18 Januarie, ingespring het en help skoonmaak en opknap het, van harte bedank. Alle betrokkenes sal saamstem dat dit n sprekende voorbeeld was van vele hande maak ligte werk. Ons was meer as aangenaam verras oor die aantal ouers en Loffies wat opgedaag het en heerlik saamgewerk en saamgekuier het. Daar was in baie klasse groot opgewondenheid oor die nuwe meubels en klasse. Ons wil later in die jaar weer so maak en enersyds onvoltooide werk afhandel en andersyds nuwe take aanpak by die skool. Met so n entoesiastiese span helpers kan dit nie anders as dat ons baie trots voel op die skool se voorkoms nie. Nogmaals dankie! 4. ALEXANDER FORBES Dit gebeur jaarliks dat leerders seerkry by die skool of tydens sportwedstryde en dat mediese hulp benodig word. Die skool se versekering dek nie hierdie uitgawes nie. Daar is egter baie goedkoop

2 mediese dekking beskikking deur Alexander Forbes. Skakel die ontvangskantoor by die skool vir meer inligting. 5. AANTAL TOETSE Na aanleiding van ouers se kommentaar oor die werkslading van leerders het ons besluit om te hou by die minimum aantal kontroletoetse soos voorgeskryf deur die KZNDO. U sal dus opmerk dat baie min kontroletoetse in sommige van die junior grade geskryf word. Neem egter asseblief kennis dat dit nie verhoed dat personeel die leerders klastoetse laat skryf nie. n Betrokke graad skryf slegs n kontroletoets op n bepaalde datum as daar n toets aangedui word teenoor dié datum. 6. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na en volg die stappe. Sien ook die aangehegte dokument. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON. 7. NUWE PERSONEEL Die beheerliggaam het na deeglike oorweging besluit om die graad 2 groep ook in drie klasse te verdeel om te verseker dat die personeel makliker individuele aandag aan die leerders kan skenk. Dit is in lyn met ons beleid dat ons klasse, sover as wat ons finansies dit toelaat, so klein as moontlik wil hou. Gesien in die lig van bogenoemde verwelkom ons graag vir me. Cindy Els as die nuwe graad 2 onderwyseres en spreek ons die vertroue uit dat sy n lang en gelukkige verbintenis sal hê met die skool. 8. VLR 2014 Baie geluk aan die volgende leerders wat tot die Verteenwoordigende Leerderraad verkies is: 8.1 Nathan Hefer Clarinda Jacobs 8.2 Wian Venter Janika Dames 9.1 Carlo da Cruz Donné Coetzee 9.2 Ivan Dawson Olga Hougaard 10.1 Lehan Hefer Thyze Groesbeek 10.2 Johan Odendaal Zanri de Lange 11.1 Johan Kriek Zelmari Janse van Rensburg 11.2 Rudolph Torlage Joanne Jacovides 12.1 Ivan Bekker Bernelee Kok 12.2 Felie Torlage Jeané Rieckert Zelmari Janse van Rensburg en Ivan Bekker is tot leerderverteenwoordigers op die beheerliggaam verkies. 9. SPORTBEPALINGS Die sportbepalings is beskikbaar op Communicator onder Bronne. Ons versoek dat u moeite sal doen om al ons spanne te ondersteun. Die Loffies speel net soveel lekkerder as ons in groot getalle daar is om hulle aan te moedig. 10. SPORT - SPANKEUSES Die spankeuses en aanwending van reserwes deur afrigters is oral ter wêreld n kontroversiële saak. Ons beleid by Gelofte staan op twee bene. Enersyds neem ons deel om te wen en andersyds wil ons graag vir elke deelnemer geleentheid gee om te speel. Ons kan egter nie verwag dat afrigters veranderinge moet aanbring aan n span wat deurlopend in n reuse stryd gewikkel is in n poging om die wedstryd te wen nie. Ongelukkig het ondervinding geleer dat n mens in hierdie verband nooit

3 almal gelukkig gehou sal kan kry nie. Gee die afrigter nie aan almal speelkans nie, is die ouers wie se kinders nie speelkans gekry het nie ongelukkig. Gee hy wel aan almal speelkans, is ander ouers en sommige spanlede ongelukkig omdat die span verloor het. Ons respekteer ten alle tye die afrigter se spankeuses. 11. ONDERSTEUNERS BY SPORT WAT SÊ DIT VAN ONS AS SKOOL? Ons vind soms dat ouers se gedrag langs die sportveld veel te wense oorlaat. Skeidsregters loop deur onder skeltaal en selfs ons eie spelers word verneder deur neerhalende opmerkings wat gemaak word wanneer hulle fouteer. Hierdie tipe gedrag strek die skool nie tot eer nie en ongelukkig ly ons almal daaronder omdat besoekers dan maklik aanneem dat ons almal so is. Met die aanvang van n nuwe jaar en sportseisoen doen ons dus n beroep op alle ondersteuners om, ten alle tye, so op te tree dat dit die skool se naam tot eer strek. 12. PITKOS: JOU GAWES IS VIR JÓÚ GEKIES Jy en die talente wat jy ontvang het, is nie toevallig in dieselfde mens nie. Jy is nie net nog n nommer in n lang ry nommers nie. Jy is baie spesiaal in God se oë. Jy het spesifieke gawes en talente. Jy moet skoene volstaan wat vir niemand anders pas nie. In jou is daar ongelooflike potensiaal wat net wag om ontwikkel te word. Een van die heerlikste dae van jou lewe sal die dag wees wanneer jy jou potensiaal bereik. (John C Maxwell) 13. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Meagan Coetzee, Wihann Dyer, Aminé Albertyn, Jeane Myburgh, Henri Roux, Keira Fourie, Werner Calitz, Zandré Calitz, Beandré Jordaan, Dylan Kitson, Wayne Russel, Walter van der Hoven, Rene Smit, Gaynor Gertenbach, Wean Naudé, Jade-Lee Herman, Rachel Sargent, Ruan van Dyk, Charné Meyer, Heinrich de Vos, Cecil Berry, Leandra van Zyl, Liné Herbst, Felie Torlage. 14. PRESTEERDERS Baie geluk aan die volgende Loffies wat KZN kleure verwerf het vir karate: Jan-Harm Botha, Dawid van der Walt, Michelle Meechan en Elke Human. Ons is trots op julle! 15 RIEME PAPIER Ons herinner u graag daaraan dat alle leerders twee rieme papier skool toe moet bring. Ons versoek dat u Mondi papier sal koop aangesien sommige papier nie effektief gebruik kan word met die skool se dupliseerfasiliteite nie. 16. SKOOLFONDS Ons herinner u graag daaraan dat die eerste R500 van 2014 se skoolgeld teen 31 Januarie betaal moet word. Ons herinner u ook weer daaraan dat leerders waarvan die volle skoolgeld vir 2014 teen 31 Maart 2014 betaal word, kwalifiseer vir 6,5% afslag op hul skoolgeld. Indien u meer as een kind in Gelofte het moet die ander kinders se skoolgeld op datum betaal wees indien u slegs een kind se skoolgeld ten volle betaal. Ons wys u laastens daarop dat alle leerders n minimum van R1 000 skoolgeld moet betaal al kwalifiseer hulle op welke wyse ookal vir afslag van een of ander vorm. 17. E-POS Ons het reeds n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om n e-pos te stuur na gelofte@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad

4 ( en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe. 18. HOCA RESTAURANTAAND Die volgende restaurantaand vind op Woensdag, 19 Februarie 2014, in die skoolsaal plaas. Koste beloop R70.00 per persoon vir n 5-gang maaltyd. Kaartjies is by die Gasvryheidstudie leerders beskikbaar. 19. SAAMRYGELEENTHEDE Ons is op soek na die volgende saamrygeleenthede: Geleentheid skool toe en terug vanaf Valley View Weg in New Germany. Kontak vir Siohban Booysen by indien u kan help. Geleentheid na skool na Westville. Kontak vir Angelique Hatting by of Elgin Hatting by indien u kan help. Geleentheid vanaf Escombe, Queensburgh, skool toe en terug vir 2 leerders (slegs in tye van nood). Kontak vir Juanita van Heerden by indien u kan help. Geleentheid na skool vir twee seuns na Forrest Hill, Pinetown. Kontak vir Charmaine Roos by indien u kan help. 20. WERKSGELEENTHEID Transnet beoog om jeugdiges in diens te neem. Matriek of n post-matriek kwalifikasie is n vereieste. Oud leerders wat belangstel kan hul CV s aan pathar@transnet.net e-pos. 21. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: Rekeningnommer: Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM NAAM VAN OUER: NAAM VAN LEERDER: GR. KOMMENTAAR: HANDTEKENING KONTAKNOMMER

5 TERUGSTUURSTROKIE: HARDE KOPIE VAN LOFFIENUUS NAAM VAN OUER: NAAM VAN LEERDER: GR. HANDTEKENING KONTAKNOMMER ADVERTENSIES For more information please contact Lizette: /

6

7

8

9

9 Loffienuus 24 Mei Webblad:

9 Loffienuus 24 Mei Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 9/2017 Webblad: www.gelofte.co.za Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien en al die goed wat jy in jouself sien, en maak daar 'n derde mens uit. Hy sal naastenby so lyk soos elk

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Hoërskool Roodepoort

Hoërskool Roodepoort Hoërskool Roodepoort NUUSBRIEF/ NEWS LETTER 10 22/9/2018 Junie is jeug maand! Roodies se tema vir Junie was gelykheid. Ons het daarop gefokus, om elke leerder te verseker dat hy/sy gelyke waarde in ons

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 8 Desember 2015 No: 28 van 2015 SEMINAAR VIR SKOOLHOOFDE 2016 Skoolhoofde word versoek

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including:

Baba Program 3-18 maande/ Baby Programme 3-18 months Sluit in / Including: Page1 English in italic font Die VVOS bied aan/ The AECYC presents: Kurrikulum vir Baba s, Peuters, Voor-Gr R & Graad R Curriculum for Babies, Toddlers, Pre-grade R & Grade R Ontwikkel deur Freda Wilkens

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

E-Klas handleiding Studente

E-Klas handleiding Studente E-Klas handleiding Studente Dickenson laan 1180 Waverley Pretoria 0083 Tel: 012 332 3227 Kopiereg voorbehou Inhoudsopgawe 1 Wat is e-klas?... 1 2 Teken aan op e-klas... 1 2.1 Wagwoordverandering... 2 3

More information

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK:

Tygienuus. 29 Maart 2017 PROGRAM VIR DIE WEEK: Tygienuus 29 Maart 2017 Webblad: www.laerskooltygerpoort.co.za E-pos: admin@laerskooltygerpoort.co.za Tel: 012 809 0029 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG - 30 MAART Mediasentrum:

More information

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Nuusbrief Junie / Julie 2017 Nuusbrief Junie / Julie 2017 Ons wil graag dankie sê aan Toy Adventures, die trotse borg van die Kamcare Nuusbrief. Ondersteun hulle gerus by Byls Bridge Promenade in Highveld Centurion en The Grove winkelsentrum.

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

Nuusbrief Augustus / September 2017

Nuusbrief Augustus / September 2017 Nuusbrief Augustus / September 2017 My school / My Village / My Planet Kamcare is nou geregistreer as n My School / My Village / My Planet begunstigde. Wat dit beteken is Woolworths betaal n gedeelte van

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

18 Mei Geagte Ouers

18 Mei Geagte Ouers Geagte Ouers 18 Mei 2017 Ongelooflik hoe die tyd vlieg nog net 4 weke en dan skryf ons reeds die Junie Eksamen. Dit is UITERS BELANGRIK dat geen leerder nou op die kritieke stadium van die kwartaal afwesig

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.

Soos n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel. Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 28/17 2017 10 10 Soos n moeder haar kind

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. ~ Oliver Wendell Holmes ~

Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het. ~ Oliver Wendell Holmes ~ Dit Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Omsendbrief 32/15 2015 11 09 Trap versigtig wanneer jy

More information

NUUSBRIEF 2/2017 SKOOLBEHEERLIGGAAM (SBL) AANGELEENTHEDE

NUUSBRIEF 2/2017 SKOOLBEHEERLIGGAAM (SBL) AANGELEENTHEDE (042) 295 1119 58 hoof@stulting.co.za NUUSBRIEF 2/2017 2017-02-06 SKOOLBEHEERLIGGAAM (SBL) AANGELEENTHEDE Tussenverkiesing Woensdag 8 Februarie 2017: n Ouerverteenwoordiger vakature op die beheerliggaam

More information

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926

Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926 JUKSKEI S@ S@ Geregistreer ingevolge Wet nr.46 van 1926 Registered in terms of Act no 46 of 1926 Ingelyfde Vereniging sonder winsoogmerk Incorporated Association not for gain Reg no : 2004/000166/08 Lid

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

GEDAGTE VIR DIE DAG. Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) GELEENTHEID DATUM GRAAD/PLEK

GEDAGTE VIR DIE DAG. Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) GELEENTHEID DATUM GRAAD/PLEK NUUSBRIEF 2 6/2017 17 AUGUST US 2017 Geagte Ouers GEDAGTE VIR DIE DAG Klim die berg sodat jy die wêreld kan sien en nie sodat die wêreld jou moet sien nie. (Anoniem) IN DIE NUUSBRIEF Belangrike datums

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief Nuusbrief Volume 1 / 2013 PO Box/Posbus 7864! Bloemfontein 9300! Tel: 051 410 0958! Fax/Faks: 086 573 1021 Voorwoord 2013 het met soveel momentum begin dat n mens wonder waar dit gaan eindig!! 2012 was

More information

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE OpenStax-CNX module: m26630 1 GESONDE KOS * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville).

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Vrystaat (Bothaville). Droom - Glo - Doen A L G E M E N E V R A E : Waar en Wanneer en Wat kos dit? Dit word aangebied by Megapark in Bredasdorp. (die terein is geleë op die rand van die dorp, volg net al die bordjies wat in

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 7/2014

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7 2019 Die volgende algemene skryfbehoeftes word deur die skool verskaf: Alle skrifte 1 x HB Potlood 1 x Liniaal 1 x Uitvëer 1 x Skêr 1 x Skerpmaker 1 x Eksamenblok 1 x Blou pen

More information

NAMPO Die datum van volgende jaar se NAMPO Oesdag is Dinsdag 15 tot Vrydag 18 Mei JOERNAAL 2012 / JOURNAL 2012

NAMPO Die datum van volgende jaar se NAMPO Oesdag is Dinsdag 15 tot Vrydag 18 Mei JOERNAAL 2012 / JOURNAL 2012 ' Junie June 2011 BELANGRIKE KONTAK BESONDERHEDE / IMPORTANT CONTACT DETAILS Telefoonnommer / Telephone number: 051 448 7302/3 Faksnommer / Fax Number: 051 448 7304 Webwerf / Website: www.ngunicattle.info

More information

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS 1 VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES 2018: NOORD-GAUTENG REËLS 1. Algemeen 1.1 Besonderhede van die Van Huyssteens Orators Fees sal altyd beskikbaar wees op die webwerf. Volg die skakel: www.vanhuyssteens.co.za

More information

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O Provincial Gazette Free State Province Provinsiale Koerant Provinsie Vrystaat Published by Authority Uitgegee op Gesag NO. 31 FRIDAY, 04 JUNE 2010 NO. 31 VRYDAG, 04 JUNIE 2010 PROVINCIAL NOTICE PROVINSIALE

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Omsendbrief 2/ Januarie Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: Pen van die Hoof. Geagte ouers

Omsendbrief 2/ Januarie Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: Pen van die Hoof. Geagte ouers Omsendbrief 2/2017 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur: 20 Januarie 2017 Pen van die Hoof Geagte ouers Baie welkom terug aan elkeen wat betrokke is by ons skool: ouers, leerders, opvoeders en werkers.

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m31862 1 Afronding * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie

More information

Word deel van hierdie unieke studente kultuur wat HEIMAT is en pak elke dag aan met 'n ONTEMBARE GEES!

Word deel van hierdie unieke studente kultuur wat HEIMAT is en pak elke dag aan met 'n ONTEMBARE GEES! Primarius. Geagte HEIMAT eerstejaars 2018 Hiermee is dit vir my 'n groot trots om elkeen van julle hartlik te verwelkom in HEIMAT Manskoshuis. Weet dat jy gekies het om deel te wees van die beste Dorpskoshuis

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties Appendix 12 General Correspondence with Interested and Affected Parties Suite E4 First Floor 68 High Street WORCESTER 6850 PO Box 250 WORCESTER 6849 Tel/Fax: (023) 347-0336 E-pos: Erf233Touws@BolandEnviro.co.za

More information

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit? OpenStax-CNX module: m23724 1 Advertensies * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012) INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/00001508/2012) PROPOSED ASH DISPOSAL AT KENDAL POWER STATION Notice is hereby

More information

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. 1 Maats by die skool Luistertyd: So groet ons Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. Hallo! My naam is Patricia.

More information

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) * OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Nuusbrief 22 Junie 2018

Nuusbrief 22 Junie 2018 Nuusbrief 22 Junie 2018 1. Alle ouers word vriendelik uitgenooi na ons algemene oueraand op Maandag, 23 Julie 2018, om 18:00 in die skoolsaal. Baie belangrike inligting sal bespreek word en daarom vra

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

Vinkie. Laerskool Fairland

Vinkie. Laerskool Fairland Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 38 27 November 2014 BELANGRIKE DATUMS 14 27 November Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders 27 November

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk education Department: Education GAUTENG PROVINCE Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS HT Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. GOO JOHANNESBURG

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Visuele Kuns: 'n Dieremasker * OpenStax-CNX module: m25097 1 Visuele Kuns: 'n Dieremasker * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2

More information

GEDAGTE VIR DIE DAG. Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL.

GEDAGTE VIR DIE DAG. Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL. NUUSBRIEF 2 9/2017 14 SEPTEM BER 2017 Geagte Ouers GEDAGTE VIR DIE DAG Beauty isn t about having a pretty face, it s about having a pretty MIND, a pretty HEART and a pretty SOUL. (Anoniem) IN DIE NUUSBRIEF

More information

University Of Pretoria

University Of Pretoria University Of Pretoria Faculty Of Engineering, Built Environment And Information Technology Student Number: Name: Surname: Email: Contact Number: Signature: Student Information Test Information Subject:

More information

TIEROOG. Volume: 4 Datum: 28 Februarie 2014 UIT DIE KANTOOR

TIEROOG. Volume: 4 Datum: 28 Februarie 2014 UIT DIE KANTOOR Volume: 4 Datum: 28 Februarie 2014 UIT DIE KANTOOR Ek kan nie glo ons is al aan die einde van Februarie nie. U sal met my saamstem dat die tyd ongelooflik vinnig verbygaan. Daar word so baie werk in só

More information

Julie 2018

Julie 2018 Charlie I Hoërskool CHARLIE HOFMEYR High 49, CERES 6835 023 312 1130 / 023 312 1194 023 312 1131 hoof@charlie.org.za Web: www.charlie.org.za Kantoorure: 07:15 15:00 17.03.2018 27 Julie 2018 UIT DIE KANTOOR

More information

DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a. Yes, mom. I DID make this myself.

DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a. Yes, mom. I DID make this myself. DERTIENDE UITGAWE November 2016 THIRTEENTH EDITION a Yes, mom. I DID make this myself. 1 2 My snail Garry Pail. (By Mila Strydom) My snail Garry Pail is very slimy. Hel likes to drive in the car. He also

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION

VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION VISUELE KUNSTE AFDELING FINE ARTS SECTION ALGEMENE REëLS EN BEPALINGS 1. Deelnemers wat nie die reëls en bepalings nakom nie word gediskwalifiseer. 2. Deelnemers mag nie meer as een keer aan n item deelneem

More information

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR Lei, leer en inspireer Lead, learn and inspire DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR WERKSWINKEL VIR SKOOLBESTURE NMU 24 AUGUSTUS 2017 L.H. SWANEPOEL MANUAL FOR SCHOOL MANAGEMENT (www.msmonline.co.za)

More information

Wiskunde Olimpiade. 31 Maart Top Presteerder Charné van der Merwe in Graad 9 was ook een van ons Top Presteerders in 2016.

Wiskunde Olimpiade. 31 Maart Top Presteerder Charné van der Merwe in Graad 9 was ook een van ons Top Presteerders in 2016. 31 Maart 2017 Wiskunde Olimpiade Leerders wat deurgedring het na die 2 de rondte van die SA Wiskunde Olimpiade Graad 8: Graad 9: Graad 10: Zander Jansen van Rensburg Juanique Cloete Tristan van der Walt

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

18 Junie :02-11:54

18 Junie :02-11:54 B O IP A T O IM G K A S S F T T F 18 Junie 1992 09:02-11:54 Lanierkassette 2 4A, 2 5A, 2 6A Volume 3 (Bladsye 164-265) VLOK OPNAMENS EN TRANSKRIPSIES BK REG. NO. CH89/21241/23 18JUNIE 1992 164 KASSET 2

More information

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn*

2 8/2016. Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn* 2 8/2016 Discipline is the bridge between goals and accomplishment. -Jim Rohn* Met die inskrywing van u kind by n privaatskool, sou dissipline een van die ononderhandelbares wees wat u sou ervaar. As n

More information