Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

TrumpetNet, 31 May 2007

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Johannes 6:1-15; /07/2014

Pragtige Koningin Ester

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Johannes 14: /08/2014

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OESFEES. Oktober 2016

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Deuteronomium 8: /01/2014

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die wonder van water *

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

God se beloftes in voorbidding

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Die wind as bron van energie *

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Die boek Job en lyding

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Musiek: Toets jou kennis *

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Courses for March 2012


Buite Die Laer Uitgaan

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

MODULE 2 LEWENSFASE 1

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

Speel met battery elektrisiteit *

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Wat is elektrisiteit? *

Constantia Oggenddiens Sondag 22 Maart 2009 Waar is die Lam?

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Transcription:

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Josua 1:1-9 Hierdie boek handel oor die oorloë wat Israel moes veg om die land in besit te neem wat God vir Israel belowe het. Josua is ʼn boek wat handel oor oorloë, groot oorwinnings. Dit is ʼn boek wat vir ons as moderne Christene baie beteken en ons leer hoe om geestelike oorwinnings in ons lewe te kry. Toe God die Israeliete uit Egipte gelei het, het Hy hulle na die beloofde land gelei. Dit het hul ongeveer twee jaar geneem om die reis te voltooi. Gedurende die tyd het die Here Sy wet aan hulle gegee en hulle geleer hoe om Hom te dien en te aanbid. Toe hulle by die Jordaan aankom, moes hulle net die land binnegaan en in besit neem wat God reeds aan hulle gegee het. In plaas daarvan om in geloof vorentoe te gaan en hul erflating in besit te neem, wou hulle omdraai en teruggaan na Egipte, terug na dieselfde mense wat hulle in slawerny aangehou het. God het hulle ernstig gestraf vir hul ongeloof. Hy het hulle veertig jaar in die woestyn tussen Kanaän en Egipte laat ronddwaal. Die Israeliete bevind hul nou in die woestyn. Die woestyn is simbolies van ʼn lewe in ongehoorsaamheid aan God. Dit was ʼn lewe waar hulle nou 40 jaar lank gewoond aan geraak het. God gee hulle nou weer opdrag om Kanaän in besit te gaan neem. Die meeste Christene weet hulle is geroep om ʼn lewe van oorwinning te leef; ongelukkig het baie nog nie daardie oorwinning beleef nie. Die boek Josua lê die beginsels neer vir ʼn lewe van oorwinning in Kanaän wat God vir ons elkeen voorberei het. 1. Neem jou beloofde lewe (land) in besit In verse 1-4 vind ons God se oproep om die beloofde land in besit te neem: In hierdie verse word Josua daaraan herinner dat God reeds die land Kanaän aan die kinders van Israel gegee het. Die land was reeds so ver terug as Gen.12:7 aan hulle gegee. Daarna is hierdie belofte herbevestig aan elke opeenvolgende geslag. Die land was inderdaad hulle land! Daar was geen rede waarom hulle in die woestyn moes bly ronddwaal nie! Hulle het ʼn land gehad. Al wat hulle moes doen was om dit in besit te neem. Ek kyk vandag om my rond en sien hoeveel van ons as verslane Christene leef; wat met sondes worstel, wat vir alle praktiese redes ronddwaal in die woestyn 1

van sonde verslawing. Dit hoef nie so te wees nie. God het ʼn plek van oorwinning en Hy het belowe dat ons in daardie plek van seën in vrede kan lewe. Kanaän is simbolies van ʼn paar dinge: a) Dit verteenwoordig verlossing: Die mense van Israel was gevange en in slawerny, maar God het verlang dat sy mense vry van die boeie van sonde sal wees en in elke area van hul lewe oorwinning sal beleef. b) Dit verteenwoordig vernuwing: Die Israeliete het vir veertig jaar lank elke dag manna in die woestyn geëet. Elke ete: oggend, middag en aand! 365 dae van die jaar! Kanaän verteenwoordig vernuwing en verfrissing: ʼn Land van oorvloed en volop voedsel. God se plan was ʼn oorwinningslewe in elke area van jou lewe. Die boek Hebreërs noem dit ʼn land van rus. Jesus sê: Kom na My en ek sal vir julle rus gee. (Mt.11:28). Die Israeliete het uit Egipte gekom, maar hulle het geen rus gehad nie. Hulle het in die woestyn rondgedwaal, maar hulle het geen rus gehad nie. Is jy moeg om in sirkels te gaan sonder enige doel met jou lewe? Wil jy die vreugde van Jesus belewe? Die beskerming en versorging van Jesus ervaar? Is jy moeg vir verwarring en seerkry? c) Dit verteenwoordig die werklikheid: God se doel met ons lewe kom eers in Kanaän tot volle werklikheid. Sommige van ons lewe so lank in die woestyn dat ons begin dink om in die woestyn te leef is normaal. ʼn Oorwinningslewe is so raar, dat wanneer iemand opgewonde raak oor Jesus en uitverkoop leef aan God, dan beskou ons daardie persoon as ʼn frats. As abnormaal! God se plan vir ons was nie om in die woestyn rond te dwaal nie, maar om in Kanaän as oorwinnaars te lewe! God het ons nie verlos om as verslane mense in die woestyn rond te dwaal nie; Hy het ons verlos sodat ons as oorwinnaars kan leef, sodat ons ʼn vol en oorvloedige lewe mag leef (Joh.10:10) en Sy almag mag beleef. 2. God gee die belofte van oorwinning Let op (vers 3-5): Dis n belofte om as oorwinnaar te leef. Elke plek waar ons trap sal God aan ons gee: Die boodskap sê: Elke plek waardeur julle trek sal Ek aan julle gee. Die King James (America)vertaling sê: Every place that the sole of your foot shall tread upon, that have I given unto you, as I said unto Moses. Al wat Josua moes doen, was om in geloof vorentoe te beweeg en in besit te neem wat God reeds aan Hom gegee het. Die inname van Jerigo, was ʼn teken van God se almag. As Josua en die kinders van Israel elke veldslag in totale oorgawe en 2

gehoorsaamheid aan God gevoer het soos die eerste veldslag by Jerigo, sou God elke stad op dieselfde magtige wyse aan hulle besorg het! Wat daarna by Ai gebeur het, toe hulle ongehoorsaamheid en sonde in hul lewe toegelaat het, is tekenend van waarom ons so sukkel om as oorwinnaars te leef. God het aan jou die potensiaal van oorwinning gegee. Hy het reeds die oorwinning behaal. Hy wag net dat jy dit sal opeis. Kol.2:14-15 sê: Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het hy dit vergoed weggeneem. Hy het die bose magte ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenis in die triomftog van Christus mee te voer. Al wat Josua moes doen, was om in besit te neem wat God reeds oorwin het en aan Josua behoort. Aan die kruis op Golgota het Jesus gesê: Dit is volbring (Joh.19:30). Hy het pas die oorwinning behaal, vir almal wat sal glo. Die duiwel wil hê dat ons verslaan in die woestyn moet leef en nie in die oorwinning en seën van Kanaän sal deel nie. 3. God gee self die oorwinningskrag Ons hoef nie vir oorwinning te bid nie, omdat ons vanuit die oorwinning van Christus bid. Ons sal ons lewe van oorwinning in besit neem wanneer ons, ons voete in geloof neersit op die beloftes van God. God het vir Josua beveel om op grond te loop wat Hy reeds oorwin het. Daar was geen beperking in die oorwinning wat God vir sy kinders beplan het nie. God het dit duidelik gestel: Solank jy lewe sal niemand bestand wees teen jou nie. (1:5) Agter elke opdrag van God en agter elke ding wat God ons vra om te doen, is die alomteenwoordige krag van God wat ons wil help. Dit word duidelik uit die belofte van God dat Hy oral saam met Josua sal gaan. God self sal elke oomblik by Josua wees om hom te beskerm. Die werklikheid van hierdie belofte word sigbaar toe Josua gereedmaak om die stad Jerigo in te neem en God self hom kom ontmoet en beheer van die leër by Josua oorneem (Jos.5:14). Terloops, die grondgebied wat God aan Israel beloof het, was ongeveer 300 000 vierkante myl. Israel het slegs 30 000 vierkante myl daarvan in besit geneem. Hulle was natuurlik nie beperk tot 300 000 vierkante myl nie. In vers 3 het God 3

aan hulle soveel grondgebied belowe as wat hulle gewillig was om op te eis. Die area wat hul oorwin het, was beperk tot die grote van hulle geloof. Dieselfde geld vandag nog vir ons! Voorbeeld: Jare gelede het ʼn ou verwaarloosde honger man in ʼn musiekwinkel in London ingestap. Hy het die eienaar van die musiekwinkel gevra of hy hom ʼn paar pond vir sy viool sou aanbied sodat hy iets te ete kan koop. Die eienaar het die man vyf pond vir die viool aangebied. ʼn ruk nadat die man weg was, het die eienaar ʼn kers aangesteek en die viool van naderby ondersoek. Op die viool was die woord uitgekerf: Antonio Stradivari, 1704. Hy het onmiddellik besef dat hy in besit was van ʼn viool wat vir meer as 100 jaar vermis was. Die viool is jare later vir miljoene pond verkoop. Hierdie kosbare viool was vir ʼn rukkie in die hande van ʼn arm en behoeftige man, maar hy het nie die waarde daarvan besef nie. Hierdie man het nie opgeëis wat hy alreeds besit het nie... God se kinders loop dikwels die kerk binne met ʼn Bybel in die hand, sonder dat hulle die onskatbare waarde van die beloftes wat God daarin aan hulle maak, opeis. Hulle leef in die grootste ellende, maar gebruik nie God se almag wat tot hul beskikking is nie. God het nie bedoel dat ons van verlossing na stagnering moet beweeg nie, maar van verlossing na oorwinning! 4. God beloof Sy voortgaande teenwoordigheid. Vir Josua, sê God: Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie. (Jos.1:5) God se Woord is nie oudmodies nie. Dit het nie ʼn verval datum nie. Sy beloftes is ook vandag geldend vir ons. Wat Hy vir Josua belowe het, belowe Hy ook vandag vir ons. Sy beginsels het nooit verander nie. Dit is steeds vandag dieselfde. Hy is steeds in ons midde teenwoordig en wil in elke area van ons lewe aan ons oorwinning gee. Die Bybel sê daar is beginsels om na te streef. Soos God by Moses was, was Hy by Josua, en so is Hy ook nou by jou en my. Met sy hemelvaart het Jesus hierdie belofte herhaal toe Hy gesê het: Onthou, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Mt.28:20). Hierdie belofte geld vandag ook vir 4

ons. God is by ons omdat Hy ons wil help om ons Kanaän in besit te neem. ʼn Lewe van oorwinning deur die krag van God. Hoe sal ons oorwinning en sukses behaal? God noem net drie beginsels wat Josua moet navolg om sukses te behaal (Jos.1:6-9) #1: Beginsel 1: Wees sterk, wees vasberade Let op hoeveelkeer gee God vir Josua die opdrag in ons skrifgedeelte (verse 6,7,9). Om sterk en vasberade te wees, sluit begrippe in soos: moed, deursettingsvermoë, geloof, dapperheid, vreesloos, selfvertroue. In die alledaagse taal sê ons jy moet guts hê. Jy moet iemand met ʼn ruggraat wees! Vasberadenheid en dapperheid word gewoonlik vereis wanneer jy met jou rug teen die muur staan. Wanneer daar geen ander uitkom kans is nie. Wanneer die kanse om sukses te behaal skraal is. Wanneer die aanval op jou reeds begin het en brandende pyle reeds op jou afgeskiet is, wanneer jy jou in pyn en krisis bevind. Voorbeelde van dapperheid en vasberadenheid vind ons by manne soos Dawid wat voor die reus Goliat te staan kom. Moses wat vreesloos voor die magtige Farao staan, Daniël wat nie skrik vir die leeukuil en die honger leeus nie. Elia wat man alleen die Baälprofete op berg Karmel uitdaag. Die vraag is: Waarom het God vir Josua ʼn paar keer aangemoedig om dapper en vasberade te wees? Waarom was dit nodig om Josua soveel keer te herinner om dapper te staan? Onthou veertig jaar gelede onder Moses se leierskap, het Moses 12 verkenners in die land Kanaän ingestuur. Hulle het teruggekom met verskillende verslae. Hierdie terugvoer het die volk met vrees gevul. Die verkenners het gesê die mense wat in daardie land woon is so groot soos reuse en die Israeliete in vergelyking met hulle is so klein soos nietige Sprinkane! Toe die mense dit hoor het hulle so bang geword dat hulle nie die beloofde land in besit wou neem nie! Hulle was te bang om die grens oor te steek! Daar was sewe bevolkingsgroepe in Kanaän en nou veertig jaar later, was hulle steeds in Kanaän. Gemeet aan menslike standaarde, het Josua ʼn geweldige groot uitdaging gehad om die Israeliete te oorreed om hierdie geveg nou aan te pak. Dit is waarom God hom soveel keer bemoedig om vasberade en sterk te wees. 5

Wat is die reuse waarvoor jy te staan gekom het? Voel jy ook soms of alles teen jou is. Sien jy ook soms nie kans vir die opdraande stryd nie? Wees eerlik, daar gaan nog vele dinge in jou lewe opduik wat jy liewer wil vermy. Waarvoor jy nie kans sien nie! Dikwels is daar praktiese omstandighede soos siektes, gestremdhede, gebroke verhoudinge, finansiële teenspoed, werkloosheid, die afsterf van iemand na aan jou, ens. Dan is daar innerlike konflikte wat ons geloof toets: soos bv. aanvalle op ons persoonlike integriteit, om getrou te bly daar waar niemand sien nie, om alleen te staan by die waarhede waarin jy glo, die pyn van misverstande te verduur, ens. Daar is baie omstandighede waarbinne ons God se bemoedigende woorde: wees sterk en wees vasberade nodig het! God se formule begin met die woorde Wees sterk, wees vasberade, maar daar is ʼn byvoeging: Die Here sê: Ek die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan. Sukses word nie net behaal met dapperheid en vasbyt nie. Hier is iets bykomends. Jy is dapper en vasberade omdat jy weet jy staan nie alleen nie. Jy wéét, God wandel elke dag saam met jou. Hy sal jou laat slaag waarmee jy moet. Voorbeeld: Die verhaal word vertel van ʼn seun met die naam van Heinrich Schliemann, gebore op 6 Januarie 1822. Hy was die seun van ʼn pastoor. Die seuntjie was ʼn dromer en sy ouers het nooit gedink dat hy eendag beroemd sou word nie. Op 7 jarige ouderdom het Schliemann prentjies in ʼn boek gesien van die stad Troy wat aan die brand was. Hy was so beïndruk met die prentjies dat hy vir sy ouers gesê het dat hy eendag nog die verlore stad sal vind. Toe hy volwasse was, het hy in sy vrye tyd begin soek na die verlore stad. Baie mense het sy pogings as lagwekkend beskou. In 1873 het hy die stad Troy ontdek en het hy baie beroemd en welvarend geword. Waarom? Omdat hy vasberade was. Omdat hy geglo het. Omdat hy sy oog gerig het om die onsigbare te sien. Omdat hy gevisualiseer het hoe hy die verlore stad sal opspoor en ontdek. Ook ons moet ons oog rig op die onsigbare en glo in die beloftes wat God vir ons gegee het. Wat moes Josua doen om die beloofde beloftes te ontvang? Net een ding: Hy moes glo en God vertrou! God sou aan Israel die oorwinning gee. Josua was maar net die instrument deur wie God dit sou doen. Om deel hiervan te wees, moes Josua maar net geglo het. 6

Vandag kan ons steeds glo en op elke belofte van God reken wat Hy vir Josua gegee het: 1. God gee steeds oorwinning oor al ons vyande. 1 Joh. 5:4-5.(want enigeen wat ʼn kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin) 2. Hy is steeds alomteenwoordig, Heb. 13:5 ( Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie ), en almagtig Matt. 28:18. ( aan My is alle mag gegee op die hemel en op die aarde ) 3. Hy is steeds getrou Matt. 28:20 ( Onthou, Ek is al die dae by julle tot aan die voleinding van die wêreld ). 4. Hy gee steeds volkome oorwinning 1 Cor. 15:57 ( Ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. ); Opb. 21:3-4 (Die nuwe hemel en die nuwe aarde is wanneer God self by ons kom bly: daar sal geen leed, smart of pyn meer wees nie). 5. Hy kom steeds Sy beloftes na Rom. 4:21 (God het mag om te doen wat Hy beloof het) Wat moet ons doen om hierdie dinge waar te maak in ons lewe? Net een ding: Vertrou op God! #2: Beginsel 2: Wees gehoorsaam aan God se opdragte Let op hoe die Here hierdie opdrag aan Josua bewoord: Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie. Dan sal jy voorspoedig wees waar jy ook al gaan Jos.1:7 Dit sal darem gerieflik wees as ons self kan besluit watter voorskrifte van God ons wil gehoorsaam en watter darem te streng en in ons oë onbillik is. Dit sou lekker wees om te kies waarvan ons hou en waarvan nie, wat ons wil gehoorsaam en wat nie. Vers 7-8 maak dit duidelik dat Josua self die voorbeeld moet stel in die uitvoering van God se wet. Hy moet aan die volk illustreer hoe die wet gehoorsaam moet word. Onthou, gehoorsaamheid aan die Woord van God was die eerste aanleidende stap (fase 1) om die oorlog in die beloofde land te wen. Wie sou kon dink dat om die Woord van God te gehoorsaam jou in staat sal stel om ʼn fisiese oorlog te wen? (Die veldslag van Jerigo en Ai het prakties geïllustreer hoe ernstig God hierdie beginsel beskou en in die praktyk toepas). Vandag vra 7

baie mense waarom moet ek so sukkel met alles? Let dan op wat God vir Josua gesê het. Onthou dan dat dieselfde opdrag steeds op jou lewe en op jou Kanaän van toepassing is. As jy in hierdie lewe swaarkry en misluk, gaan dan terug na hierdie beginsel en kyk of jy in jou huisgesin en by jou werk en waar jy ook al beweeg, God se opdrag nakom. Josua moes presies alles doen wat die Woord van God sê: Hy mag nie daarvan links of regs afgewyk het nie. Nie eers ʼn bietjie nie. #3: Beginsel 3: word deurdrenk met God se Woord. Vers 8 sê oordink dit dag en nag Josua moes dag en nag oor God se Woord nadink. Hy moes daaroor mediteer. Hy moes dit dag en nag oordink, hy moes die Woord van God liefhê. Dit moes sy hart en gedagtes vul! Dit was ʼn opdrag sodat sy lewe sou sentreer rondom God se belange en God se Woord. Voel jy ook so oor God se Woord soos die digter in Ps. 119 sê: Ps.119:162 Oor U Woord is ek so bly soos iemand wat ʼn groot skat in die hand gekry het. Ps.119:131: Met my hele wese smag ek na u woord, verlang ek daarna. Ps.119:103 Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond. Ps.119:55 Selfs in die nag dink ek aan U Here, en is ek gehoorsaam aan U Woord. God se belofte aan Josua was, as hy die Woord van God gehoorsaam, sal God hom seën. God sou hom in alles seën en suksesvol maak. Ek lees ʼn soortgelyke belofte in Ps.119:1 Dit gaan goed met die wat onberispelik lewe, die wat wandel volgens die Woord van die Here. Glo jy dit? God het aan elkeen van sy kinders die belofte van oorwinning gegee. Elkeen wat ʼn geesvervulde lewe leef en in Sy krag wandel kan in Sy oorwinning deel. Dit is God se plan vir ons lewe. Die boek Josua is geskryf om vir ons te wys oorwinning is moontlik vir die wat deurdrenk leef met God se Woord en Sy Woord volkome gehoorsaam! Dit is onnodig om in die woestyn rond te dwaal. Neem vandag ʼn wilsbesluit. Steek jou Jordaan vandag nog in gehoorsaamheid aan God oor. Neem die Kanaän in besit wat God reeds vir jou gereserveer het! AMEN 8