TOM NEWBY SCHOOL. SESSION: Mrs Pienaar

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Daniël en die Leeukuil

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Die wind as bron van energie *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Musiek: Toets jou kennis *

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

LAERSKOOL HELDERKRUIN

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Plekwaardes van heelgetalle *

Die wonder van water *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Speel met battery elektrisiteit *

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Johannes 6:1-15; /07/2014

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

n Dieredrama: Kameelperd

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Wat is elektrisiteit? *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Pragtige Koningin Ester

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

1 Eerste Termyn 2015

University Of Pretoria

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

OESFEES. Oktober 2016

Johannes 14: /08/2014

Hoërskool Roodepoort

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

E-Klas handleiding Studente

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Courses for March 2012

Wat is vaskulêre demensie?

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Die boek Job en lyding

LAERSKOOL HELDERKRUIN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Digitale Produkte. Katalogus

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE


-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Deuteronomium 8: /01/2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Wise Old Owl Educational Products. Afrikaans. Graad 4. Taal Werkkaarte & MEMORANDUMS

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

UNIVERSITY OF KWAZULU-NATAL - PIETERMARITZBURG EXAMINATIONS : NOVEMBER 2006 SCHOOL OF LANGUAGE, LITERATURE AND LINGUISTICS

Transcription:

TOM NEWBY SCHOOL SUBJECT: Afrikaans EXAMINER: Mrs Britz DATE: 10 June 2014 MARKS: 80 SESSION: 1 TIME: 2 Hours GRADE: 7 SESSION: Mrs Pienaar This Afrikaans Test has been compiled using notes and information contained in the Tom Newby School Afrikaans book. The marking memorandum has been compiled accordingly. While alternative responses will be given due acknowledgement, the official memorandum will be considered a priority document to ensure uniformity of marking. INSTRUCTIONS: 1. This paper consists of three sections: Afdeling A : Leesbegrip 3333 Afdeling B : Taalwerk 3333 Afdeling C : Poësie 2222 2. You have to do all three sections. 3. Answer on the lined paper provided. _ AFDELING A : LEESBEGRIP Lees die leesstuk sorgvuldig deur en beantwoord die vrae in volledige sinne. Onthou: geen Engels. Gebruik die woordblok om jou te help. vervoerreëlings transport arrangements verbod ban/prohibition daarenteen on the contrary plig duty onderrigtyd teaching time klagtes complaints genoegsame - enough 1

Nuusberig U is ingeskakel op kanaal 2, SAUK Nuus. Goeienaand, dit is sewe-uur en hier volg die nuus. Tydens die maandelikse vergadering van Laerskool Jakaranda is daar besluit om nie die verbod op selfone by die skool op te hef nie. Daar is onlangs klagtes deur ouers ingedien wat reken dat hul kinders die selfone na skool benodig om vervoerreëlings te tref. Die skoolhoof en onderwysers daarenteen voer aan dat selfone die leerders se aandag van hul skoolwerk aftrek. Sommige van die selfone word ook gesteel en so word dit die onderwyser se plig om die probleem op te los. Kosbare onderrigtyd gaan verlore. Daar is tog ook goeie nuus vir die ouers. Die Graad sewe-skooltoer gaan voort. Genoegsame geld is ingesamel en definitiewe reëlings kan nou getref word. Die skooltoer sal gedurende die Oktobervakansie plaasvind. Volgens ons woordvoerder by Laerskool Jakaranda, is die Graad sewes baie in hul noppies oor die toer. Hulle het nie eers gekla oor die selfone nie. 1. Wat was die onderwerp wat bespreek is by die maandelikse vergadering van Laerskool Jakaranda? (1) 2. Gee twee voordele en twee nadele van die gebruik van selfone in skole. Skryf jou antwoord in tabelvorm. (4) 1. 2. Voordele 1. 2. Nadele 3. Wat beteken? Die Graad sewes is baie in hul noppies : a) Hulle is ongelukkig b) Hulle gee nie om nie c) Hulle is bly (1) 4. Het jy n Selfoon? Dink jy kinders moet selfone skool toe bring? Gee n rede vir jou antwoord. (3) 5. Watter een pas nie? Skryf net die letter. 2

Die Graad sewes het nie eers gekla oor die selfone nie want: a) Die Graad sewe skooltoer gaan voort. b) Hulle sien uit na die toer. c) Hulle was in Amerika. (1) 6. Wanneer sal die skooltoer plaasvind? (1) 7. Vul in: Gebruik die leesstuk om die antwoorde te kry. Indien n selfoon gesteel word, word dit die (a) se plig om die probleem op te los. Hulle is oortuig dat kosbare (b) dan verlore gaan. Kinders met selfone gedurende skooltyd (c) (frustrates) onderwysers baie. By Laerskool Jakaranda is daar n (d) op selfone. Dit beteken: leerling (e) (5) (16) Die doel van n vergadering Woordblok vergadering meeting stem - vote inligting information regverdig fair/just behandel treat meerderheid majority partydigheid bias volledig complete voorstel suggestion kennis notify teenwoordig present toestemming permission vooraf before hand Die doel van n vergadering is om besluite te neem, inligting te verkry en kontrole uit te oefen. Dit is baie belangrik dat die vergadering ordelik verloop. Slegs een saak word op n keer bespreek. Alle persone word dieselfde behandel: niemand is belangriker as n ander persoon nie. Alle persone moet regverdig behandel word. Daar moet hoflik teenoor almal opgetree word. Geen partydigheid teenoor enige persoon moet geduld word nie. Daar moet na alle persone geluister word. 3

As daar gestem word, sal die wil van die meerderheid uitgevoer word. Elke vergadering moet n voorsitter hê. Alle lede moet die voorsitter aanspreek. Hulle mag nie met mekaar praat nie. Die voorsitter en die sekretaresse stel voor die vergadering n agenda vir die vergadering op. Hoe vollediger die agenda is, hoe beter. n Kennisgewing van die vergadering moet uitgestuur word. Die lede kry twee weke kennis van die vergadering. Saam met die kennisgewing kry die lede ook die notule van die vorige vergadering asook die agenda van die komende vergadering. Die lede kan hulself dan vir die vergadering voorberei. Die voorsitter moet toesien dat die vergadering behoorlik saamgestel is. Hy of sy moet vasstel of n kworum teenwoordig is. n Kworum is die minimum getal lede wat teenwoordig moet wees sodat geldige besluite oor die sake op die agenda geneem kan word. Een lid meer as die helfte van die lede van die vergadering vorm gewoonlik n kworum. Die agenda bepaal die volgorde waarin die vergadering verloop. Slegs met toestemming van die vergadering kan daar aan die volgorde verander word. Persone word vooraf gevra om die vergadering te open of af te sluit. n Vergadering word gewoonlik met n gebed geopen. Die afsluiting kan verskillende vorms aanneem. n Persoon kan die mense bedank vir hul deelname en teenwoordigheid. Die vergadering kan ook afgesluit word met n gebed of die sing van n spesiale lied soos die Volkslied of n skoollied. 4

Nadat n onderwerp op die vergadering bespreek is, moet n voorstel geformuleer word. As dit nie gedoen word nie dan praat n mens los en vas. Elke lid het die reg om n voorstel in te dien. n Voorstel moet positief ingedien word soos byvoorbeeld: Ek stel voor dat n Voorsitter is onpartydig en dien geen voorstelle in nie. Dit beteken dat hy of sy nie mag kant kies nie. Die voorsitter mag wel vra: Wil iemand voorstel dat. En nie, Ek dink ons moet nie. As iemand n voorstel wil kanselleer of terugtrek, kan dit slegs met die verlof van die vergadering gedoen word. 1. Wat is die doel van n vergadering? (3) 2. Sê of die vrae waar of onwaar is (indien die antwoord onwaar is, moet jy dit regmaak). a) n Voorstel op n vergadering moet negatief ingedien word. b) Tydens n vergadering word baie sake op n keer bespreek. c) n Vergadering kan met n gebed geopen en afgesluit word. (3) 3. Die lede van n vergadering mag nie met mekaar praat nie. Met wie mag hulle praat? (1) 4. Wat gebruik lede om hulleself vir die volgende vergadering voor te berei? Hoe lank tyd het hulle voor die vergadering? (2) 5. Skryf n woord, uit die leesstuk, wat dieselfde beteken as: a) Kies nie kant nie (1) b) Nie chaos nie. (1) 6. Vergaderings is vervelig. Is dit n feit of opinie? (1) 7. Wat is n kworum? (2) (14) TOTAAL 30 5

AFDELING B : TAALWERK Lees die storie van Jakkals en Kraai en beantwoord die vrae wat volg. Jy hoef nie in volledige sinne te antwoord nie. Slim Jakkals Jakkals loop verby en sien Kraai in die boom sit met n stuk kaas in sy bek. Mmm dink hy ek moet daardie stuk kaas in die hande kry. Jakkals groet vir Kraai, maar Kraai bly doodstil, want die stuk kaas is in sy snawel. Jakkals begin met Kraai gesels: Dit is darem n lekker dag vandag, of hoe Kraai? Maar Kraai bly tjoepstil. Kyk net hoe mooi is die blomme en die sonskyn is so lekker, hoe gaan dit met jou?. Kraai is grafstil. Jakkals dink en dink en dan het hy n plan! Kraai jy is seker die mooiste voël in die bos. Jou vere is so sag soos satyn en jy vlieg so vinning soos blits. Om nie eers van al jou vriende te praat nie! Ek is seker hulle is almal jaloers op jou. Kraai hou baie hiervan, hy draai sy kop links en regs, pof sy vere op hy het nog nooit so goed oor homself gevoel nie. Soveel komplimente! Voor hy homself kan keer maak hy sy snawel oop en sê: Ag dankie! Die stuk kaas val uit Kraai se snawel en Jakkals vreet dit gulsip op! Jakkals lag, hy sê: Jy mag dalk mooi wees, maar jy is glad nie slim nie!. 6

Vraag 1 Verdeel die woorde in LETTERGREPE a) hulle b) Jakkals c) komplimente (3) Vraag 2 Gebruik die leesstuk. Gee n voorbeeld van n: a) stelsin b) vraagsin c) uitroepsin (3) _ Vraag 3 jaloers homself die kaas hardloop gulsig plantasie bome kraai spring Gebruik die woorde in die woordblok en skryf een voorbeeld onder elke opskrif. Teken die tabel oor op jou vraestel. Soortnaam Eienaam Versamelnaam Abstrakte selfstandige Naamwoord (4) _ Vraag 4 Sê of die volgende lettergrepe oop of geslote is: a) hom self b) dan kie c) ge sels (3) Vraag 5 Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies: a) Die Kraai het baie (sag) vere b) Kraai het (jaloers) vriende c) Kraai is n (vinning) voël (3) Vraag 6 Verander die volgende sinne in die verlede tyd: a) Jakkals groet vir Kraai, maar Kraai bly doodstil. b) Kraai is grafstil. c) Vandag is dit n baie lekker dag. (3) 7

Vraag 7 Verdeel die volgende woorde in klankgrepe: a) Jakkals b) Blomme (2) Vraag 8 Skryf twee voorbeelde, uit die leesstuk, neer van intensiewe vorme.(2) Vraag 9 Voltooi die paragraaf deur die regte voornaamwoord in te vul. Kraai sit in die boom. (a) het n stuk kaas in (b) snawel. Die kaas behoort aan (c). Hy hou baie van kaas. Ek dink kaas is goed vir mense nie vir voëls nie. (d) sal vir Kraai maagpyn gee. (4) Vraag 10 In die leesstuk is die vergelyking so sag soos satyn gebruik. Voltooi die volgende vergelykings: 1. Kraai pronk soos n wanneer Jakkals hom komplimenteer. 2. Die kaas sal Kraai se maag laat pyn en dan is hy so siek soos n (2) Vraag 11 Verander die volgende sinne in die toekomende tyd. a) Jakkals groet vir Kraai, maar Kraai bly doodstil. b) Kraai is grafstil. c) Vandag is dit n baie lekker dag. (3) TOTAAL : 30 8

AFDELING C : POËSIE Lees die gedig Wêreldreis en beantwoord die vrae. Jy hoef nie in volledige sinne te antwoord nie. Wêreldreis In Spanje het n bul my op die bas gestamp. Op pad na die Seychelles sink my boot 0, wat n ramp Op die Amasonerivier is ek gehap deur n piranha. n Olifantbul het op my toon getrap in Ghana. In Egipte het ek pens en pootjies in die Nyl beland. Die kos dar in Meksiko het my mond vreeslik laat brand. In Italië verstik ek aan n groen olyf se pit. n Sumo-stoeier in Japan het bo-op my kom sit. n Tier het in Indië my padkos opgevreet. In die Kongo het die toergids my in die woud vergeet. n Kangaroe het in Australië my maermerrie geskop. In Hawaii val n kokosneut uit die bloute op my kop. In Engeland was net museums en vervelige ou geboue. In Groenland het ek ampertjies gesterwe van die koue. My lang wêreldreis is gelukkig nou verby. Ek sien baie daarna uit om van nou af tuis te bly. - Deur Jaco Jacobs 9

1. Hoeveel reëls het die gedig? (1) 2. Hoeveel lande besoek die digter? Noem vier. (3) 3. Identifiseer watter rympatroon die digter gebruik het? Skryf die rympatroon uit. (2) 4. Is daar n word in die gedig wat met Australië rym? (1) 5. Wie is die digter? (1) 6. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? (1) 7. In reël 18 gebruik die digter die woord padkos. Waar eet jy padkos? (1) 8. Watter een is nie n rympatroon nie? (Skryf net die letter) a) Paarrym b) Omarmde rym c) Gebreekte rym d) Gebroke rym (1) 9. Watter een van die lande in die gedig sal jy graag wil besoek? Gee n rede vir jou antwoord. (2) 10. Gee n woord/of woorde, uit die gedig, met dieselfde betekenis (sinoniem) as: a) dood b) ewe skielik c) by die huis (3) 11. In reël 9 en 10 sê die digter: In Egipte het ek pens en pootjies in die Nyl beland Dit beteken: a) hy was heeltemal nat b) hy het maagpyn c) hy het sy tone in die water gesit (1) 12. Noem twee diere wat in die gedig voorkom. (2) 13. n Ander woord vir bas (reël 2) is: a) boude b) bene c) rug (1) TOTAAL : 20 10