God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Maria salf Jesus se voete

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

TrumpetNet, 31 May 2007

Johannes 14: /08/2014

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Musiek: Toets jou kennis *

Pragtige Koningin Ester

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Die wind as bron van energie *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Deuteronomium 8: /01/2014

Die wonder van water *

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

KWARTAAL Nr. 39. Kix-UK speel lekker met die mini s! Links: AnnaMarie de Klerk van Kix Malawi.

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Johannes 6:1-15; /07/2014

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Courses for March 2012

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

KWARTAAL Nr. 41. Bl. 5. Bl. 5. Bl. 10. Bl Bl. 14. Hierdie voorblad is n lusmakertjie vir die inhoud van die Kix.Kom...

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

OESFEES. Oktober 2016

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

MODULE 2 LEWENSFASE 3

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Welkom. Reis saam met ons soos ons leer om God heelhartig met ons lewens lief te he!!! LiefGodGrootliks.wordpress.com 1

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

MODULE 2 LEWENSFASE 1

KARAKTERS. CRUELLA DE VIL Deur mekaar, rook baie en skree as sy praat Two and n half men vrou verslaaf Dexter s Laboratory Kort en slim

Digitale Produkte. Katalogus

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Is my child reading? Lees my kind? Drive your imagination. l Babies may become quiet as you start to. l As children begin to read aloud for themselves

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Speel met battery elektrisiteit *

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

n Dieredrama: Kameelperd

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

18 Junie :02-11:54

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Plekwaardes van heelgetalle *

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Buite Die Laer Uitgaan

Drive your imagination. Story power at your library. Die mag van stories by jou biblioteek. Story Power. 12 April Join us

Transcription:

Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels: Teikens van Goliat op A3-grootte karton gekopieer 2 Katapults en pompoms of pingpong-balletjies Maskers vir die volgende karakters: Dawid se pa Dawid Goliat Saul Kopieë van Verbind die kolletjies Kopieë van die Goliat-uitsny-storie Kopieë van Die herder en koning -storie Dawid en Goliat God is altyd by jou Welkom Maak vooraf 2 A3-grootte teikens van Goliat en plak dit teen die muur op. Maak 2 katapults en sorg vir 5 pompoms / pingpong balletjies per groep. Oefen vooraf om te sien wat n realistiese afstand vir die katapults is om vanaf die teikens te staan. Verdeel die groep in 2 spanne en kry 5 soldate uit elke span om Goliat met 1 van die katapult balle te skiet. Die persoon wat die naaste aan die bulls-eye skiet, se span wen. Wyding Temalied: My God is so big and so strong and so mighty Go Fish (https://www.youtube.com/watch?v=mlocukbcpu0) Kyk na die bewegings op https://www.youtube.com/watch?v=lbtmu-iziss F 84: My God is so groot Sing ook Dawid en Goliat van Jan de Wet Stilword-ritueel uit Psalm 23: Laat die kinders kruisbeen sit en hulle oë toemaak. Herhaal 3 keer. Die Here is by ons. Sê nou hardop: Omdat die Here my Herder is, is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Woord Raai, raai wat is ek: * Almal van ons het een maar niemand s n is dieselfde nie. (Gee kans vir een of twee raaiskote.) * Ek verander gedurig. (Gee weer kans vir een of twee raaiskote.) * Soms is ek lank en soms is ek kort. (Raai) * Dit maak nie saak wat jy doen nie, jy kan nie van my ontslae raak of my weggee nie, al is daar tye wat jy my nie sien nie. Antwoord: Jou skaduwee. Vandag gaan ons luister na die verhaal van Dawid wat geglo het dat God altyd by hom is (soos sy skaduwee) al kan hy nie vir God sien nie. Onthou julle in die vorige storie waarna ons verlede keer geluister het, is Dawid gesalf as koning. Wat beteken dit nou weer? Dit was n teken dat hy baie spesiaal was vir God en dat hy vir God moes dien. In Handelinge 13:22 staan: Ek het in Dawid, seun van Isai n man na

my hart gevind, Hy sal al my opdragte uitvoer. Dawid was baie spesiaal vir God. Nadat Dawid gesalf is as koning, het hy steeds aangegaan om skape in die veld op te pas, sy tyd om as die koning van die land te regeer het nog nie gekom nie, Saul was nog koning, maar God het reeds begin om groot goed te doen, met die jong man. God was elke dag by Dawid en Dawid het dit geweet. In hierdie tyd het die Filistyne bymekaargekom om oorlog te maak teen die Israeliete. Kry nou n paar kinders om vorentoe te kom om te help om die storie verder te vertel. Karakters wat benodig word: Dawid Goliat Saul Dawid se pa Gee vir die kinders maskers om aan te sit om elke karakter voor te stel. Die hele groep moet deelneem aan die storie terwyl jy dit vertel. Wanneer jy die volgende woorde in die storie gebruik, moet die kinders hardop reageer en so saam die verhaal vertel. WOORD WAT AANBIEDER SÊ Dawid Goliat Saul Stap Hardloop KINDERS REAGEER 5 wit klippies Groot, groot, baie groot O grote koning Klap hande 3x Klap hande 3x vinnig Die Filistyne het bymekaargekom om teen die Israeliete oorlog te maak. Koning Saul (O grote koning) het die Israeliete aan die een kant van die vlakte laat kamp opslaan. Die beste vegter van die Filistyne, Goliat (Groot, groot, baie groot), het na die Israeliete toe gestap (Klap hande 3x) om hulle uit te daag, maar almal was bang om teen hom te veg. Goliat (Groot, groot, baie groot) was amper 3 m lank en sy wapens was baie groot. Hy het gesê dat as die Israeliete wen, sal die Filistyne hul slawe wees, maar as die Filistyne wen, moet die Israeliete die Filistyne se slawe wees. Saul (O grote koning) en sy hele volk was baie bang. Dawid (5 wit klippies) se pa het hom gestuur om na sy broers te gaan om vir hulle kos te vat. Dawid was gehoorsaam en het na sy broers gestap (Klap hande 3x). Toe hy daar kom, was Goliat (Groot, groot, baie groot) weer besig om die Israeliete te spot. Dawid (5 wit klippies) kon nie glo dat hierdie ongelowige reus so spot met God se mense nie. Dawid (5 wit klippies) stap (Klap hande 3x) toe na Saul (O grote koning) en sê vir hom hy sal teen Goliat (Groot, groot, baie groot) veg. Saul (O grote koning) was geskok en het gesê: Nee! Jy kan nie teen hom veg nie, hy sal jou doodmaak! Dawid (5 wit klippies) het hom toe vertel van die beer en leeu wat hy al doodgemaak het met God se hulp terwyl hy skape opgepas het en hy sal Goliat (Groot, groot, baie groot) ook kan wen met God se hulp. Dawid (5 wit klippies) het eers probeer om Saul (O grote Koning) se wapenrusting aan te trek, maar dit was so swaar, hy kon nie eers daarin stap (Klap hande 3x) nie. Hy het besluit om eerder daarsonder te veg teen Goliat (Groot, groot, baie groot). Dawid hardloop (Klap 3x vinnig) toe na die stroompie toe en tel 5 wit klippies op. Hy hardloop (Klap 3x vinnig) met die 5 klippies in sy sak en sy slingervel na Goliat (Groot, groot, baie groot) toe. Goliat (Groot, groot, baie groot) het gelag toe hy Dawid (5 wit klippies) voor hom sien staan. Hy het gedink hy gaan hom maklik wen en doodmaak. Maar Dawid (5 wit klippies) sê vir Goliat (Groot, groot, baie groot): Jy kom met n swaard en n spies, maar ek kom na jou toe in die naam van die Here Hy sal my help om jou te wen! Goliat (Groot, groot, baie groot) hardloop (Klap 3x vinning) op Dawid (5 wit klippies) af en Dawid (5 wit klippies) sit een van die klippies in sy slingervel, swaai dit om en om en daar trek die klippie en tref Goliat (Groot, groot, baie groot) hard teen die voorkop. Goliat (Groot, groot, baie groot) val vooroor, morsdood! Dawid (5 wit klippies) stap (Klap hande 3x) na die reus toe, neem sy swaard en kap Goliat (Groot groot, nou morsdood) se kop af.

Dawid het gewen! Toe die Filistyne dit sien, het hul almal weggehardloop (Klap hande 3x vinnig). So het God die Israeliete laat wen deur Dawid te gebruik. Die Here was by Dawid! Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: 1. Ek wonder hoe laat die storie jou voel. 2. Ek wonder of daar goed in jou lewe is wat dalk so groot soos Goliat voel waarvoor jy bang is. 3. Ek wonder of daar enigiets te groot of te moeilik vir God is. Werskaf Kinders maak klein Goliat teikens en katapults. Verbind die kolletjies met mekaar. Papier-uitsnystorie om huis toe te neem en vir iemand daar te gaan vertel. Voltooi die doolhof. Kinders lees die storie Die herder en koning en kleur dit in. By Didier Martin se webtuiste www.mylittlehouse.org/the-old-testament.html kan die prent van Dawid en Goliat gratis afgelaai word in kleur of swart-en-wit. Laat die kinders die prente inkleur en die 3D-prent saamstel. Gebedstyd: Maak toe jou oë en dan sê ons vir God dankie vir dit wat in Jesaja 41:10 staan: Dankie God dat U my gekies het. Dankie dat ek nie hoef bang te wees nie. Dankie dat ek nie bekommerd hoef te wees nie. Dankie dat ek weet dat U belowe om altyd by my te wees. Dankie dat U my help en vashou. Dankie dat U my God is. Amen. Sluit af met die seënbede.

Isai (Dawid se pa)

Dawid

Goliat

Saul

Help Dawid om sy slingervel en klippies te kry: Verbind die kolletjies. Wat het Dawid gebruik om die reus Goliat te oorwin?

Dawid se pa Isai het hom gestuur om vir sy broers kos te vat waar hulle oorlog gemaak het teen die Filistyne. Op die oorlogsveld het Dawid gehoor hoe iemand skree: Stuur iemand om teen my te veg! Sny deel A uit en gooi dit weg. Knip van B tot by C. Vou agtertoe op stippellyn H en weer terug op stippellyn J. Vou agtertoe op stippellyn K. Die Israeliete was baie bang vir hierdie soldaat van die vyande wat so geskree het. Knip stadig al langs die lyn by C, D E, om die kop en by F verby tot by G terwyl die storie verder vertel word. Niemand wou teen hom veg nie. Toe sê Dawid: Ek sal teen hom gaan veg. Almal het vir hom gelag en gedink hy probeer snaaks wees, want hierdie soldaat wat hulle so gespot het, was n reus en sy naam was Goliat. Dawid het geweet dat God by hom is en daarom was hy nie bang nie. Hy het 5 klippies in die rivier gaan optel en na die reus Goliat geloop. Toe Goliat hom nog wil spot, het Dawid gesê: Jy wil teen my veg met jou swaard en jou spies. Maar ek weet dat die Here God my gaan help om jou te wen. Hy het een van die klippies in sy slingervel gesit en vir Goliat teen sy voorkop gegooi sodat hy dood neergeval het. Vou die hele papier oop. Buig die Goliat deel van die papier af sodat Goliat plat lê. Net soos Dawid moet ons Jesaja 1: 10 onthou: Moenie bang wees nie. Ek is by jou. Wys die teksvers wat op die prentjie gedruk is.

Jesaja 1: 10: Moenie bang wees nie. Ek is by jou.

Vrae om oor te gesels nie! Hy werk vir God. Hy het gekom om God se man aan te wys as koning. Hy het gedink dit was Eliab, maar God het gesê: Nee, Ek kyk na die persoon aan die binnekant, nie sy voorkoms