en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 14: /08/2014

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Pragtige Koningin Ester

Deuteronomium 8: /01/2014

TrumpetNet, 31 May 2007

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die wind as bron van energie *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

OESFEES. Oktober 2016

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Wat is vaskulêre demensie?

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Die wonder van water *

God se beloftes in voorbidding

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

i II IN PIS HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC 48 2/85 PRETORIA

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Courses for March 2012

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!


DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Musiek: Toets jou kennis *

CC 123/ B NTTTTiT. between nine to 9.30 (21:30) that night, went out of the hostel. armed, towards Boipatong through the main gate. -- No.

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Buite Die Laer Uitgaan

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Maria salf Jesus se voete

Die boek Job en lyding

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Transcription:

Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n bekkige klein seuntjie gehad en sê toe vir hom, as iemand vir jou iets oor ons vra moet jy sê, ons is arm. Ons het nie veel nie. Ander mense het baie meer as ons. Die 1e dag by die nuwe skool vra die juffrou vir die kinders in die klas om iets oor hulleself te skryf. Dis toe dat die bulletjie skryf Ons is baie arm, ek is arm, my pa is arm, my ma is arm, ons bediendes is arm, die man wat ons vliegtuig vlieg is arm almal van ons is arm. Hy het dit natuurlik in sy onskuld gedoen. Tog is daar grootmense wat net so dink soos hy Dis mense wat vir jou sal sê, ek is arm, my pa is arm, my ma is arm, ons bediendes is arm, die man wat ons plaas bestuur is arm, die mense wat ons vakansie-huis oppas is arm die ou wat ons beleggings hanteer is arm ons is almal arm. Dit is so dat ons almal maar n stukkie gierigheid in ons het n stukkie van - ek wil meer en meer hê... ek kry nooit genoeg nie Miskien wil een van julle nou vir my sê, wat is fout daarmee? Ons het dan vanoggend gelees dat Jesus sê, Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed beteken definitief nie dat ek aan die einde van die maand my sente moet omdraai om kos te koop, die water en ligte en te betaal, brandstof in te gooi en my huur te betaal nie. Die Engelse vertalings praat van abundance wat kan beteken - te veel n groot hoeveelheid meer as wat nodig is. Daar kan mos nie fout daarmee wees om meer en meer te wil hê as Jesus sê, Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed? Die Here belowe dit dan. Miskien moet die mense wat arm is of wat nie in oorvloed leef nie, die Here op Sy beloftes wys. Dalk moet mense wat te min het vir die Here daarop wys dat Hy voorspoed beloof, dat Hy oorvloed beloof... Die vraag is natuuurlik, wat beteken die oorvloed wat die Here beloof het... Moet ons dit net sien i.t.v. rykdom en besittings? As jy hierdie vers alleen lees, kan jy dit so verstaan. En dis ongelukkig hoe sommige mense met die Bybel omgaan. Hulle vat n bepaalde vers in die Bybel... haal dit dan letterlik uit die Bybel en sit dit langs die Bybel neer. En dan sê hulle dit is wat hierdie vers beteken. Wat hulle vergeet is dat elke vers in die Bybel, staan in n spesifieke boek en in n spesifieke hoofstuk

en op n spesifieke plek in daardie hoofstuk. Jy kan nie n vers uit die Bybel haal en dan sê, dit is wat hierdie vers beteken nie. Dis soos om n fliek in die middel te begin kyk of om n storieboek in die middel te begin lees. Jy gaan nooit presies weet wat aangaan, voor jy nie die hele fliek gesien- of voor jy die hele storieboek gelees het nie. Ons moet dus hierdie vers wat voorspoed beloof, saam met die res van die gedeelte lees en dan vra, wat bedoel Jesus as Hy op hierdie plek en binne hierdie konteks sê, Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed Ons moet dit ook saamlees met Jesus se - Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry... En ons moet dit saamlees met - Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. Eers as n mens na die hele gedeelte gekyk het, kan jy dalk beter verstaan wat met elke vers en elke woord bedoel word. Jesus het toe Hy op aarde was, graag stories vertel om goed mee te verduidelik. Hy het ook dikwels voorbeelde uit die alledaagse geneem om daarmee iets diepers oor te dra. In die gedeelte wat ons vanoggend gelees het en ook die gedeelte van volgende Sondag, gebruik Hy die voorbeeld van n herder en sy skape om iets diepers vir ons te sê. Volgende Sondag gaan ons spesifiek kyk na die herder en Jesus wat sê, Ek is die goeie Herder. Vandag gaan ons meer na die skape kyk en veral na Jesus se uitspraak, Ek is die Ingang... Hy sê, Ek is die Ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. Anders as vandag, was die herder en sy skape baie na aan mekaar. Hy was daar om hulle te beskerm en te sorg dat hulle genoeg kos kry. Hy het elke skaap op die naam geken. Hy het hulle nooit aangejaag nie, maar voor hulle uitgeloop en hulle geroep dan het hulle hom gevolg. Laat middag het jy gewoonlik n klomp herders gesien wat met hulle skape aangestap kom na die kraal toe. So n kraal kon van verskillende materiale gemaak word. In die meeste gevalle het die kraal nie n hek gehad nie, maar n blote opening. Dit was net so gat in die muur of n opening tussen die takke of waarvan die kraal ook al gemaak is. Die herder het die skape laat ingaan en dan het hy in die ingang geslaap. Niks of niemand kon in of uit, sonder om by hom verby te gaan nie. Jesus gebruik hierdie voorbeeld om vir ons te sê dat niemand gered kan word as jy nie deur Hom gaan of oor Hom gaan nie... Hy is die pad na die hemel Hy is die Ingang... Hy is ook die Uitgang want elke skaap moet eet. By die 1e geleentheid waar ons oor hierdie Ek is uitsprake gepraat het, het ons gesê dat ons ook geestelike kos nodig. Ons kan nie n die hemel

kom as ons nie van die Brood van die lewe eet nie en daardie Brood is Jesus. Wanneer Hy die skape uit die kraal uitneem, is die doel daarvan om die regte geestelike kos te kry... Ons leef in n tyd waar daar baie vals inligting oor Jesus versprei word. Ek praat nie net van ander gelowe wat Jesus glad nie aanvaar nie. Daar is teoloë en ander wetenskaplikes wat op allerhande maniere probeer bewys dat dit wat ons oor Jesus glo, verkeerd is Hy is nie uit n maagd gebore nie Hy is nie gekruisig nie Hy het nie opgestaan uit die dood nie Hy kom nie eendag weer nie Hulle soek n ander Ingang... Hulle soek n ander pad na die hemel. Ongelukkig is daar nie n ander Ingang nie. Jesus sê, Ek is die Ingang Ek wat na die aarde gekom het in die vorm van n mens Ek wat vir 33 jaar op hierdie aarde geleef het, Ek wat onder die haat en venyn van mense moes deurloop... deur Wie se hande en voete hulle spykers gekap het Ek wat 3 dae later uit die dood opgestaan het Ek wat eendag gaan terugkom na aardie aarde... Ek is die ingang; Daarom sê Jesus - Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. Wie nie hierdie Ingang gebruik nie, is n dief en n rower. Die Fariseërs wou dit nie glo nie. Hulle het nie gedink dis genoeg om in Jesus te glo en so die ewige lewe te kry nie. Hulle het gedink, Jesus plus die besnydenis sal genoeg wees om gered te word of Jesus plus die onderhouding van die Tien Gebooie. Jesus se dood aan die kruis was nie genoeg nie. Die Brood van die lewe wat Jesus aanbied, is nie genoeg nie. Daar moet nog n Ingang wees waardeur hulle eers moet gaan voordat hulle by die Ingang uitkom wat Jesus aanbied. Of ons dit wil weet of nie dit gebeur vandag nog. Ons kom dit agter wanneer iemand sterf. Dis dan dat jy mense hoor sê, dis só seer, maar gelukkig ons weet waar hy nou is want hy was só n goeie mens Broers en susters, hoe goed iemand was, het niks met die prys van eiers te doen nie Hy kon die beste mens op aarde gewees het en steeds die hemel totaal mis. Die enigste vraag wat na jou dood aan jou gevra sal word is, deur watter Ingang - Ingang met n hoofletter - deur watter Ingang het jy gedurende jou lewe in en uit gegaan en het jy van die weiding geëet - van die Brood van die lewe wat die Herder voorsien het? Dis wat nodig is om in die hemel te kom. Maar hoef n mens dan glad nie goed en reg te leef nie? Natuurlik Die punt is, as jy by die regte Ingang in- en Uitgaan en as jy elke dag die regte Kos eet en die regte Lig gebruik, sal dit vir jou maklik wees om

goed en reg te leef. Ek het nog nooit in my lewe iemand gesien wat naby die Here leef wat n slegte mens is nie, juis omdat hy die Here liefhet met alles wat hy het en sy naaste soos homself. Wanneer jy in só n verhouding met die Here leef, begin jy anders na goed kyk... oorvloed is nie noodwendig meer goed wat jy met geld kan koop soos eiendom en karre en plase en vakansiehuise nie. Oorvloed is nie om elke dag by n oorlaaide tafel aan te sit om te eet nie. Wanneer jy in só n verhouding met die Here leef, wanneer Hy jou Ingang en Uitgang is, begin jy agterkom dat mense wat baie min het, partymaal ryker is as die rykste mense op aarde... dat n oorvloed liefde beter is as n oorvloed geld en dat n oorvloed vrede beter is as die duurste huis in die buurt... Jy begin agterkom dat oorvloed nie noodwendig baie of te veel beteken nie. As jy n huis het om in te bly, is jy beter af as miljoene mense op aarde... As daar kos in julle huis is, is julle beter af as 870 miljoen mense op aarde is wat tans ondervoed is. As jy gesond genoeg is om te werk en te leef... is jy beter daaraan toe as miljoene mense wat môre nie kan gaan werk omdat vakbonde besluit het om te staak of regerings besluit het om teen mekaar oorlog te maak. Toe Johannes hierdie stukkie geskryf het, was die lewe vir hom en ander gelowiges glad nie maklik nie. Hulle is vervolg en doodgemaak. Hyself is later na die eiland Patmos verban. Dit was n tyd van onsekerheid waar hulle elke dag vir hulle lewens gevrees het en vir hulle geloof gemartel is. As Jesus vir hulle n lewe in oorvloed beloof, sou hulle dit verseker nie verstaan het i.t.v. materiële rykdom of besittings nie, maar eerder i.t.v. sekerheid en hoop wat daar vir hulle in Jesus is... Hulle het immers gesien hoe Hy gekruisig is... Hulle het Hom gesien nadat Hy uit die dood opgestaan het... Van hulle het gesien hoe Hy opvaar hemel toe nadat Hy vir hulle gesê het Ek kom een of ander tyd weer terug... Hulle oorvloed het in Jesus gelê. En dis waartoe Jesus vir jou en my uitnooi n oorvloedige lewe in Jesus Christus. Paulus sê in 1 Kor 15 as ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. Jesus nooi ons uit om deel te hê aan Sy oorvloedige beloftes - Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed Ek wil afsluit met n storie wat Zig Ziglar vertel. Zig Ziglar is n motiveringspreker wat ook n boek geskryf het oor n oorvloedige lewe met die titel - Over the Top. In die boek vertel hy van n man met die naam, Charlie Wedemeyer van Los Gatos in California. Charlie Wedemeyer het

n hoërskool voetbalspan afgerig. Hy was die enigste afrigter wat dit nog ooit kon regkry dat sy span n baie groot liga gewen het. Zig Ziglar het eenkeer n oefening van Charlie en sy span gaan bywoon. Hulle het terwyl sy span besig was om te oefen, langs die veld gesit en gesels. Kort-kort het die hulpafrigter van die veld af na Charlie toe gekom en vir hom vrae gevra oor aanval en verdediging. Charlie het t.s.v. hom en Zig Ziglar se gesprek, nooit sy oë van die veld afgehaal nie. Hy kon dus elke keer as die hulpafrigter vir hom iets vra, presies vir hom sê wat hulle moet doen. Wat Zig Ziglar daardie dag vir die 1e keer gesien het was dat Charlie Wedemeyer kan net sy oë beweeg. Hy het Lou Gehrig s se siekte gehad wat hom fisies so aangetas het dat hy net sy oë kon beweeg het. As hy gepraat het, het daar geen klank uit sy mond gekom nie. Sy vrou kon sy lippe lees en dan het sy vir die mense gesê wat hy sê. En tog het hy, t.s.v. hierdie geweldige siekte n vol lewe gelei. Hy het rugby afgerig, gereeld praatjies in skole en kerke en by besighede en tronke gehou. Hy het oral waar hy gepraat het soos ek gesê het, met die hulp van sy vrou n sterk boodskap van geloof en hoop en n moet nooit moed opgee gebring nie. Zig Ziglar skryf... Charlie lives an abundant life, despite his circumstances. Hy het vrede in die Here gevind. Hy het sekerheid in die Here gevind... Sy oorvloed het in die Here gelê. Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry... Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Amen.