tale GARY CHAPMAN van die 5 tale van die liefde van tieners Na wie CHAPMAN

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Daniël en die Leeukuil

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Die wonder van water *

Die wind as bron van energie *

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

TrumpetNet, 31 May 2007

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Speel met battery elektrisiteit *

Wat is vaskulêre demensie?

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Johannes 6:1-15; /07/2014

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Plekwaardes van heelgetalle *

Wat is elektrisiteit? *

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Musiek: Toets jou kennis *

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Pragtige Koningin Ester

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Digitale Produkte. Katalogus

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

OESFEES. Oktober 2016

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Johannes 14: /08/2014

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

UNIVERSITY OF KWAZULU-NATAL - PIETERMARITZBURG EXAMINATIONS : NOVEMBER 2006 SCHOOL OF LANGUAGE, LITERATURE AND LINGUISTICS

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Deuteronomium 8: /01/2014

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Die boek Job en lyding

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

n Empiriese navorsing rakende die bedieningsbehoeftes van die tieners in die NG Gemeente Waverley met spesifieke verwysing na die erediens.

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Hoërskool Roodepoort

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Wat is fronto-temporale temporale demensie

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

KULTE BEHEER JOU..."

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

HOOFSTUK 2 LEES-, MEDIA-, EN INLIGTINGSBEHOEFTES VAN KINDERS

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

E-Klas handleiding Studente

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Transcription:

MEER AS 400 000 EKSEMPLARE WÊRELDWYD VERKOOP luister jou tiener? Tieners word vandag gebombardeer met boodskappe van hulle portuurgroep, die internet, musiek, flieks en ander invloede. As n ouer wonder jy dalk of jou woorde enigiets beteken. Indien dit die geval is, skep moed: alle navorsing dui daarop dat ouers die grootste invloed het op n tiener. In hierdie boek wys huwelik- en gesinskenner dr. Gary Chapman ouers hoe hulle met tieners moet kommunikeer. Soos dr. Chapman sê: Aan die wortel van baie wangedrag deur tieners lê die tiener se leë liefdestenk. Ek sê nie dat ouers nie vir hulle tieners lief is nie; ek sê wel dat duisende tieners nie daardie liefde voel nie. Vir die meeste ouers is dit nie n kwessie van opregtheid nie, maar eerder n gebrek aan inligting oor hoe om liefde effektief op die emosionele vlak te kommunikeer. Deur te begin by die wêreld waarin tieners leef, wys dr. Chapman op die emosionele behoeftes van tieners en hoe n mens jou liefde op die beste manier kan uitdruk. Jy sal leer om jou tiener se liefdestaal te identifiseer, hoe om te voorsien in hulle behoefte aan onafhanklikheid en verantwoordelikheid, hoe om woede te hanteer en grense te stel, en hoe om leiding aan n tiener te gee in n enkelouergesin of n saamgestelde gesin. Vir meer inligting besoek: www.5lovelanguages.com. n Interaktiewe weergawe van die persoonlike profiel vir tieners is ook beskikbaar by www.5lovelanguages.com. Ouerskap ISBN 978-1-77000-217-3 9 781770 002173 978-1-77000-217-3.indd 1 tale van CHAPMAN GARY CHAPMAN is die outeur van die topverkoperreeks The Five Love Languages en die direkteur van Marriage and Family Life Consultants, Inc. Gary bied seminare oor die hele wêreld aan en sy radioprogramme word oor meer as 250 radiostasies in Amerika uitgesaai. 5 tale van die liefde van tieners Na wie van die tieners Die geheim om tieners effektief lief te hê GARY CHAPMAN VIR T I E N E R S : V R A E LYS O M J O U L I E F D E S TA A L T E O N T D E K I N G E S L U I T 12/24/10 9:22:43 AM

Inhoudsopgawe Erkennings... 9 Inleiding... 11 1. Verstaan vandag se tieners... 17 2. Die belangrikheid van ouerliefde... 29 3. Liefdestaal # 1: Opbouende woorde... 43 4. Liefdestaal # 2: Fisieke aanraking... 63 5. Liefdestaal # 3: Kwaliteit-tyd... 81 6. Liefdestaal # 4: Diensbaarheid... 105 7. Liefdestaal # 5: Geskenke... 121 8. Ontdek jou tiener se primêre liefdestaal... 139 9. Liefde en woede, deel 1: Verbreek destruktiewe patrone... 156 10. Liefde en woede, deel 2: Baan konstruktiewe weë... 168 11. Liefde en onafhanklikheid... 184

12. Liefde en verantwoordelikheid... 204 13. Liefhê as jou tiener struikel... 227 14. Liefdestale in die enkelouergesin... 242 15. Liefdestale in die saamgestelde gesin... 257 Ten slotte... 272 Bylaag 1: Hoe tieners hulle naam gekry het... 275 Bylaag 2: n Gesinsvergadering in aksie... 278 Bylaag 3: Leeslys... 281 Vyf tale van die liefde-toets vir tieners... 283 Eindnote... 292 Nog boeke deur Gary Chapman... 297

HOOFSTUK 1 Verstaan vandag se tieners H et jy geweet dat tieners 70 jaar gelede nie as n afsonderlike generasie bestaan het nie? Die woord tienderjarige is vir die eerste keer in die tyd van die Tweede Wêreldoorlog algemeen gebruik. (Lees bylaag 1 vir n fassinerende geskiedenis van die term en n beskrywing van die eerste tienderjariges.) Hoewel daar baie veranderings plaasgevind het sedert die eerste tienderjariges formeel op die maatskaplike toneel verskyn het, is daar baie ooreenkomste tussen die tieners van die 1940 s en dié van vandag. Van daardie vroegste dae van die ontwakende tienerkultuur tot sy moderne ekwivalent bly die onderliggende temas dieselfde: onafhanklikheid en eie identiteit. Deur die jare het tieners in die Westerse samelewing aktief na hulle eie identiteit gesoek en daarna gestreef om hulle onafhanklikheid van hulle ouers te vestig. Nie een van dié temas het in die pretienertydperk sterk na vore gekom nie. 17

5 TALE VAN DIE LIEFDE VAN TIENERS Voor die industriële era het tieners op hulle ouers se plase gewerk tot hulle getrou en hulle eie stukkie grond ontvang of geërf het. Identiteit was nie iets waarna die tiener gesoek het nie; hy was n boer van die tyd dat hy oud genoeg was om op die landerye te werk. Die adolessente seun of dogter was n kind tot hy of sy getrou het; dan het die kind n grootmens geword. Die soeke na onafhanklikheid en identiteit Tot die vroeë 1940 s was onafhanklikheid voordat die adolessent getrou het, ondenkbaar. En in daardie dae was ware onafhanklikheid net moontlik as die ouers goedgunstig genoeg was om finansiële hulp te verleen. Met die koms van industrialisasie het n mens se identiteit n kwessie van keuse geword. Jy kon n ambag leer en in n fabriek gaan werk en so n masjinis, n wewer, n skoenmaker, of wat ook al word. Onafhanklikheid het ook n groter werklikheid geword omdat die verkryging van werk beteken het dat jy na n naburige dorpie kon verhuis waar jy, met die geld wat jy verdien het, n eie blyplek weg van die ouerhuis kon inrig. Die kulturele veranderings het dus die agtergrond gevorm vir n ontwakende tienerkultuur. Tieners het sedert die 1940 s hierdie patroon in die ontwikkeling van onafhanklikheid en identiteit gevolg, maar in n snel veranderende wêreld. Een na die ander het elektrisiteit, te lefone, motors, radio s, vliegtuie, TV, rekenaars en die internet die moontlikhede uitgebrei om nuwe style vir die soeke na onafhanklikheid en identiteit te ontwikkel. Die hedendaagse tiener leef werklik in n globale samelewing. Interessant genoeg is sy fokus steeds op homself, sy identiteit en sy onafhanklikheid. Maar later meer hieroor. Die plekke waar die tiener aan sy onafhanklikheid en identiteit uitdrukking gee, het deur die jare verander, maar die middele het basies dieselfde gebly: musiek, dans, mode, grille en giere, taal en verhoudings. Die musiekgenre het byvoorbeeld deur die jare uitgebrei van die groot orkeste tot rhythm and blues, rock n 18

Verstaan vandag se tieners roll, folk, country, bluegrass, heavy metal, rap, noem maar op. Die tiener het dus n groter verskeidenheid om uit te kies. Maar jy kan seker wees dat die tiener se musieksmaak van sy ouers s n sal verskil; dis n kwessie van onafhanklikheid en identiteit. Dieselfde beginsel geld vir alle ander terreine van die tienerkultuur. Wat is dan die kenmerke van die hedendaagse tienerkultuur? In watter opsigte is jou tiener dieselfde as die tieners van ander generasies en in watter opsigte verskil hulle? Vyf ooreenkomste met tieners van vorige geslagte 1. Fisieke en gemoedsveranderings Die basiese uitdagings wat vandag se tiener die hoof moet bied, is baie dieselfde as dié wat vir jou as tiener in die gesig gestaar het. Eerstens is daar die uitdaging om die veranderings wat in die tiener se liggaam plaasvind, te aanvaar en daarby aan te pas. Arms en bene, hande en voete groei almal soms teen n oneweredige tempo, wat die verskynsel van tienerlompheid tot gevolg het en wat soms vir die tiener n bron van geweldige verleentheid kan wees. Geslagskenmerke ontwikkel, wat vir sowel opwinding as angs kan sorg. En watter ouer het nog nie die pyn gevoel as hulle sien hoe hulle tiener met daardie aartsvyand, aknee, sukkel nie? Hierdie fisiologiese veranderings gee aanleiding tot talle vrae in die tiener se gemoed. Ek is besig om n grootmens te word, maar hoe gaan ek lyk? Gaan ek te lank of te kort wees? Gaan my ore te ver uitstaan? Gaan my borste te klein wees? Wat van my neus? Is my voete te groot? Is ek te vet of te maer? Al hierdie vrae maal onafgebroke deur die ontwikkelende tiener se gemoed. Die wyse waarop n tiener hierdie vrae beantwoord, sal n positiewe of negatiewe uitwerking op sy of haar eie identiteit hê. Hierdie fisieke groei gaan ook met n intellektuele groeisprong gepaard. Die tiener ontwikkel n nuwe manier van dink. As n kind dink sy in terme van konkrete aksies en gebeure. As n tiener begin sy in terme van abstrakte konsepte dink, soos eer- 19

5 TALE VAN DIE LIEFDE VAN TIENERS likheid, lojaliteit en geregtigheid. Saam met abstrakte denke kom die wye wêreld van onbeperkte moontlikhede. Die tiener beskik nou oor die vermoë om te dink hoe dinge anders kan wees, hoe n wêreld sonder oorlog daar sou uitsien, hoe begrypende ouers hulle kinders sou behandel. Die wêreld van uitgebreide moontlikhede maak allerhande soorte deure vir die eie identiteit oop. Die tiener besef: Ek kan n breinchirurg of n vlieënier of n vullis verwyderaar wees. Die moontlikhede is onbeperk en die tiener kan homself in n verskeidenheid loopbaanrigtings voorstel. 2. Die tydperk van die rede Adolessensie is ook die tydperk van die rede. Die tiener is in staat om logies te dink en die logiese gevolge van verskillende standpunte in te sien. Hierdie logika word nie net op sy eie denke toegepas nie, maar ook op dié van sy ouers. Dit is een rede waarom mense dink tieners wil heeltyd net stry. In werklikheid is hy besig om sy intellektuele vaardighede te ontwikkel. As die ouers dit begryp, kan hulle betekenisvolle en interessante gesprekke met hulle tieners hê. As hulle dit nie verstaan nie, kan hulle n verhouding ontwikkel waarin hulle mekaar se teenstanders word, en moet die tiener sy intellektuele spiere elders gaan oefen. Met hierdie snelle groei in intellektuele ontwikkeling en die verwerwing van nuwe inligting glo die tiener dikwels dat hy slimmer as sy ouers is, en in sommige opsigte is hy dalk reg. Hierdie gevorderde vlak van denke lei die tiener tot n heel nuwe arena van uitdagings op die gebied van sosiale verhoudings. Om idees met sy portuur te bespreek en na hulle standpunte te luister, lei aan die een kant tot nuwe vlakke van intimiteit en skep aan die ander kant die geleentheid vir n opponerende verhouding. Die ontstaan van klieks (klein, geslote sosiale groepies) onder tieners het dus baie meer te make met hulle saamstem oor intellektuele idees as met klere en haarkleur. Tieners, soos volwassenes, is geneig om meer op hulle gemak te voel by mense wat met hulle saamstem en bestee dus meer sosiale tyd in hulle teenwoordigheid. 20

Verstaan vandag se tieners 3. Persoonlike moraliteit en waardes Die intellektuele vermoë om idees en handelinge op n logiese wyse te ontleed en die uitkoms van bepaalde opvattings te projekteer lei tot nog n algemene uitdaging vir die tiener, naamlik om die geloofstelsel waarmee hy grootgeword het, te ondersoek en vas te stel of daardie opvattings sy toewyding werd is. Was my ouers reg in hulle opvattings omtrent God, moraliteit en waardes? Dit is moeilike kwessies waarmee elke tiener moet worstel. As ouers hierdie worsteling nie verstaan nie, bestaan die gevaar dat hulle n negatiewe invloed word en so die tiener wegstoot van die opvattings en waardes wat die ouer vroeër vir hom geleer het. Wanneer n tiener sy ouers oor basiese opvattings uitvra, verwelkom verstandige ouers die vrae, probeer eerlike antwoorde gee en moedig die tiener aan om voort te gaan om hierdie idees te verken. Met ander woorde, hulle verwelkom die geleentheid tot dialoog met die tiener omtrent die opvattings wat hulle deur die jare voorgestaan het. Maar as die ouers die tiener veroordeel omdat hy vrae vra en hom dalk ook nog ontsaglik skuldig laat voel omdat hy selfs net dínk dat die ouers se opvattings moontlik nie reg is nie, word die tiener gedwing om met iemand anders oor sy vrae te gaan praat. 4. Seksualiteit en die huwelik Nog n belangrike uitdaging vir die tiener is om sy eie seksualiteit te verstaan en manlike of vroulike sosiale rolle aan te leer. Wat is gepas en wat is nie gepas nie in verhoudings met lede van die teenoorgestelde geslag? Wat is gepas en wat is nie gepas nie rakende my eie seksuele gedagtes en gevoelens? Hierdie vrae word dikwels deur ouers geïgnoreer, maar kan nie deur die tiener geïgnoreer word nie. Die tiener se ontluikende seksualiteit is deel van wie hy is, en sy verhouding tot lede van die teenoorgestelde geslag is n altydteenwoordige werklikheid. Die meeste tieners droom daarvan om eendag te trou en n gesin te hê. In n onlangse opname waar tieners gevra is om n aantal belangrike kwessies in hulle toe- 21

5 TALE VAN DIE LIEFDE VAN TIENERS koms in volgorde te rangskik, het 86% gesê dat om n stabiele gesin te hê die belangrikste item op die bloudruk van hulle lewe in die toekoms is. 1 Om die reis af te lê van vroeë adolessensie tot by daardie stabiele huwelik en gesin wat die tiener begeer, is n kwessie wat baie ure van nadenke deur die tiener verg. Ouers wat wil help, sal die normale vloei van gesinsgesprekke gebruik om kwessies aan te roer wat betrekking het op seksualiteit, uitgaan en trou. Hulle sal ook leesstof beskikbaar stel wat op die tiener se vlak geskryf is en praktiese en betroubare inligting voorsien. Vir tieners wat by n kerk betrokke is, gee besorgde volwassenes en jeugleraars dikwels voorligting in verband met seks, uitgaan en trou. Hierdie klasse verskaf n sosiale konteks waarin tieners kan leer en hierdie belangrike aspek van tienerontwikkeling op n openhartige en liefdevolle manier kan bespreek. 5. Vrae oor die toekoms Daar is n verdere gemeenskaplike uitdaging wat tieners van die verlede en die hede moes konfronteer. Dit is die worsteling met die vraag: Wat gaan ek met my lewe doen? Dit behels die keuse van n loopbaan, maar dit is baie meer as dit. Dit is ten diep ste n geestelike vraag: Wat is die moeite werd om my lewe in te belê? Waarin gaan ek die grootste geluk vind? En waar kan ek die grootste bydrae lewer? So filosofies as wat hierdie vrae dalk lyk, is dit baie werklik vir ons tieners. Meer onmiddellike vrae waarop tieners antwoorde moet vind, is: Moet ek ná skool verder gaan studeer, en indien wel, waar? Moet ek by die weermag aansluit, en indien wel, watter afdeling? Of moet ek gaan werk, en indien wel, watter soort werk? Natuurlik verstaan tieners dat al hierdie keuses êrens heen lei. Daar is iets anderkant die volgende tree, en op die een of ander manier gaan die volgende tree n invloed hê op waar die tiener uiteindelik gaan beland. Dis n ontsaglike uitdaging vir n jong gemoed. Ouers wat hulle tieners wil help, sal vir hulle iets omtrent hulle eie worsteling vertel, hulle eie vreugdes, hulle eie teleurstellings. 22

Verstaan vandag se tieners Jy as ouer kan nie en behoort nie maklike antwoorde aan te bied nie, maar jy kan die tiener se soeke aanmoedig en moontlik jou seun of dogter aan mense uit verskillende beroepe voorstel wat die reis met hulle kan deel. Jy kan jou adolessent aanmoedig om gebruik te maak van die dienste wat deur beroepsvoorligters by skole of universiteite aangebied word. Maar ten diepste moet jy jou tiener aanmoedig om die voorbeeld van Samuel te volg. Dié Hebreeuse profeet het as n tiener God se roepstem gehoor en gesê: Praat, Here, u dienaar luister (1 Sam. 3:10). Die mans en vroue wat die grootste impak op die geskiedenis van die mensdom gemaak het, was mans en vroue wat n besef van n Goddelike roeping gehad het en daardie roeping in hulle beroep uitgeleef het. Vyf fundamentele verskille Ten spyte van al hierdie ooreenkomste, laat ons nie vergeet dat daar n ontsaglike kloof is tussen die tiener van vandag en dié van die verlede nie. Daardie kloof is die moderne kulturele opset waarin tieners die uitdagings wat ek hierbo genoem het, moet trotseer. Wat is sommige van hierdie kulturele verskille? 1. Tegnologie Een van die belangrikste verskille is dat tieners vandag grootword in n wêreld van hoogs gevorderde tegnologie. Hulle ouers het grootgeword met die telefoon, radio en dikwels nie eens TV nie, maar vir die hedendaagse tiener het satelliet-tv en die internet n baie meer globale wêreld geskep as wat hulle ouers ervaar het. n Oorvloed radio- en TV-kanale verleen toegang tot elke denkbare tipe vermaak binne ons eie kultuur. Maar die tiener is nie tot hierdie kanale beperk nie. Byna elke rolprent wat ooit gemaak is, kan by die plaaslike videowinkel gehuur word en amper elke liedjie wat nog ooit gesing is, kan gekoop, afgelaai en gehoor word op die tiener se ipod of selfoon. Die tieners van vandag het met rekenaars en die internet grootgeword; hulle het as t ware saam-saam grootgeword. Die inter- 23

5 TALE VAN DIE LIEFDE VAN TIENERS net het ook n ontsaglike medium geword met sowel positiewe as negatiewe invloede op die hedendaagse tiener. Benewens die feit dat dit tieners toegang gee tot n voorskou van die jongste flieks, modes, musiek en sport, is dit ook vir hulle moontlik om met maats te kommunikeer en uit te vind wie met wie uitgemaak het. Trouens, met kuberkletskamers is die internet vinnig besig om die telefoon te vervang as tieners se manier om met maats te kommunikeer en gedagtes te wissel. Jy sal eerder sien dat jou tieners SMS e intik en lees en videospeletjies speel as wat jy hulle sal hoor praat oor hulle fone. Hierdie tegnologiese werklikhede bring jou tiener in aanraking met die wêreld en die wêreld in aanraking met jou tiener. Die moderne tiener word dus aan baie meer kulturele prikkels blootgestel as waarvan hulle ouers ooit kon droom. 2. Kennis van en blootstelling aan geweld n Tweede kulturele verskil is dat jou tiener grootword met baie meer kennis omtrent gewelddadige menslike gedrag. Dit is deels toe te skryf aan tegnologiese vooruitgang, dit wil sê meer geweld word deur die media berig, maar dit weerspieël eenvoudig ons kultuur se dors na en feitlike obsessie met geweld. Ons flieks, liedjies en romans storm dikwels voort na gewelddadige tonele. n Opname onder jongmense het bevind dat 36% tieners die vorige maand n fliek of TV-program gesien het wat baie geweld bevat het. Interessant genoeg het omtrent agt uit tien tieners, 78%, die Gallup-organisasie meegedeel dat hulle nie n probleem het daarmee om na gewelddadige flieks of TV-programme te kyk nie. Tog het 53% van dieselfde tieners saamgestem dat geweld op TV en in flieks die verkeerde boodskap aan jongmense oordra. Dieselfde opname het aangetoon dat 65% van die tieners wat daaraan deelgeneem het, glo dat flieks en TV n groot invloed het op die lewensbeskouing van jongmense vandag. 2 Blootstelling aan geweld is egter nie tot die media en rolprente beperk nie. Baie tieners het al geweld op n persoonlike vlak beleef. Hulle het al gesien hoe hulle pa hulle ma fisiek mishandel of 24

Verstaan vandag se tieners hulle was self die slagoffer van fisieke mishandeling deur n pa, stiefpa of ander volwassene. Die meeste tieners erken dat daar dikwels geweld in skole is. Sommige tieners pleeg self geweld, insluitend manslag. Terwyl die algemene koers van manslag in die VSA die afgelope 30 jaar min of meer konstant gebly het, het die koers van manslag deur jeugdiges voortdurend gestyg. Die tydperk van die middel 1980 s tot die middel 1990 s het die grootste toename getoon, toe manslag deur jeugdiges met 168% gestyg het. Die FBI het berig dat daar jaarliks omtrent 23 000 gevalle van manslag in die VSA plaasvind, en in 25% van hierdie gevalle is die daad gepleeg deur n persoon wat 21 jaar of jonger was. 3 Gelukkig wys statistiek dat geweld deur jeugdiges in die afgelope jare afgeneem het. In baie gemeenskappe is geweld deur jeugdiges steeds die grootste uitdaging. 3. Die verbrokkelde gesin n Derde kulturele faktor wat n invloed op die hedendaagse tiener het, is die verbrokkeling van die moderne Westerse gesin. Volgens n Gallup-opname van n paar jaar gelede bly vier uit elke tien Amerikaanse (39%) tieners by net een van hulle ouers. In agt uit tien gevalle is die pa die afwesige ouer. Dieselfde opname het getoon dat 20% Amerikaanse tieners by n stiefpa of n ander manlike volwassene bly wat saam met hulle ma woon. 4 Sosioloë het waargeneem dat ons gesinne meer as ooit tevore van mekaar verskil: ons het pa s wat werk terwyl die ma s die huishouding behartig; pa s en ma s wat albei weg van die huis af werk; enkelouers; tweede huwelike wat kinders uit onverwante agtergronde saamgooi; kinderlose egpare; ongetroude pare met en sonder kinders; en gay en lesbiese ouers. Ons leef in n tydperk van historiese verandering in die Amerikaanse gesinslewe. 5 n Ander navorser het opgemerk: Dit is nog nie seker wat die nadraai van hierdie opbreek van gesinne is nie, maar n sosiologiese siening suggereer n direkte skakel met baie van die maatskaplike spanning wat ons elke dag sien. Baie van die tiener se hou dings, stres, vervreemding en verkorte aandagspan hou 25

5 TALE VAN DIE LIEFDE VAN TIENERS direk verband met die druk om by n nuwe soort gesin aan te pas. 6 Benewens die verbrokkeling van die kerngesin word vandag se tieners ook tot n groot mate groot sonder n uitgebreide familie: oumas en oupas, ooms, tannies en ander familielede. Met groter beweeglikheid bly meer en meer kerngesinne verder en verder weg van die uitgebreide familie in vergelyking met vroeëre geslagte. Verder, waar bure voorheen as surrogaatouers opgetree en n oog oor mekaar se kinders gehou het, kan besige bure dit selde vandag nog doen. Voorheen was die plaaslike skool meer homogeen en het die gemeenskap n veilige omgewing vir jongmense gebied om met ander te sosialiseer. Dit is tans baie minder die geval. Al hierdie positiewe invloede van buite die huis is vinnig besig om te verdwyn. James Comer, direkteur van die Yale-sentrum vir kinderstudies, beskou hierdie disintegrasie as n faktor wat feitlik net so belangrik is as die disintegrasie van die kerngesin. Met verwysing na sy eie kindertyd het Comer gesê: Tussen die huis en die skool het minstens vyf goeie vriende van my ouers alles oorvertel wat ek gedoen het wat onaanvaarbaar was. 7 In die verlede kon tieners op familie, gesonde woonbuurte, kerke en groepe in die gemeenskap staatmaak. Vandag beskik tieners baie dikwels nie oor hierdie ondersteuningsnetwerke nie. 4. Kennis van en blootstelling aan seksualiteit Iets wat ook totaal anders is, is die openlik seksuele atmosfeer waarin ons tieners grootword. Die baby boomers van die 1960 s het teen hulle ouers se tradisionele opvattings oor seks gerebelleer, maar hulle het onthou wat die reëls omtrent seks was en het soms selfs skuldig gevoel as hulle dit oortree het. Maar vandag se tieners word groot in n wêreld sonder reëls oor seks. Flieks, die media en musiek stel almal seks gelyk aan liefde en beeld dit uit as iets wat deel vorm van n betekenisvolle uitgaanverhouding. Dus is groot getalle tieners seksueel aktief. Tieners wat nie seksueel aktief is nie, worstel met gedagtes soos: Mis ek iets belangriks? Is daar iets verkeerd met my? Intus- 26

Verstaan vandag se tieners sen het die tieners wat wel seksueel aktief is, ander negatiewe gevoelens; hulle voel dikwels gebruik, misbruik en leeg. Die hedendaagse tiener leef in n wêreld waar seks nie net iets is wat in n uitgaanverhouding verwag word nie, maar waar saamwoon voor die huwelik al hoe algemener word, en waar n homoseksuele verhouding as n alternatiewe leefstyl gepropageer word. Om die waarheid te sê, die woorde biseksueel en transvestiet is reeds algemene woorde in die moderne tiener se woordeskat. In n baie werklike sin het seks die godin in Amerika geword, en die altare en plekke van aanbidding is so uiteenlopend soos kan kom. Dit is die wêreld waarin die hedendaagse tiener moet leer om die waters van sy en haar eie ontluikende seksualiteit te bevaar. 5. Neutrale morele en godsdienstige waardes Ten slotte, die tiener van vandag word groot in n wêreld wat waarlik post-christelik is. Op die terrein van die godsdiens en sedes is daar niks vas en seker nie. In die vorige geslagte kon die meeste Westerlinge morele en immorele gedrag definieer. Hierdie morele beoordeling was primêr op die Christelike Skrif gebaseer. Dit is nie waar in die geval van die hedendaagse tiener nie. Vir die eerste keer word n hele geslag groot sonder vaste morele waardes. Waardes is dikwels neutraal; daar word vir tieners gesê dat wat goed voel, goed is. Reg en verkeerd is relatief. Die tienerjare was nog altyd die periode om godsdienstige opvattings te verken. Tieners vra vrae oor die godsdienstige geloof of ongeloof van hulle ouers. Soos op ander terreine van die lewe probeer hulle helderheid oor hulle eie identiteit kry. Die verskil in die hedendaagse wêreld is dat as gevolg van die globale aard van vandag se wêreld ons tieners aan talle godsdienstige opvattings blootgestel word, beide deur middel van die moderne tegnologie en deur maats wat by ander godsdiensgroepe betrokke is. Godsdiens is vir die hedendaagse tiener belangrik. n Onlangse opname het aangetoon dat omtrent die helfte van tieners (51%) godsdienstige geloof as n betekenisvolle invloed in hulle 27

5 TALE VAN DIE LIEFDE VAN TIENERS elkedagse lewe beskou. 8 n Meerderheid tieners (82%) behoort aan n georganiseerde godsdienstige groep. n Derde van die tieners (36%) sê dat hulle baie naby aan God voel en meer as die helfte is daaraan toegewy om vir God te lewe (55%). 9 Vier uit tien tieners (40%) het gesê dat hulle ten minste een keer per week dienste vir godsdienstige aanbidding bywoon. 10 Vandag se tieners is meer geïnteresseerd in die belewingsen verhoudingsaspek van godsdienstige groepe as in abstrakte godsdiens. As die groep hulle aanvaar, vir hulle omgee en hulle ondersteun, voel hulle aangetrokke tot die geestelike groep selfs al stem hulle nie saam met baie van die groep se godsdienstige opvattings nie. Ouers kan leiding gee Dit is die wêreld waarin jou tiener grootword. Die goeie nuus is dat moderne tieners na hulle ouers opsien vir leiding. In n onlangse opname het tieners aangedui dat ouers op die volgende terreine meer invloed het as maats: om verder te studeer na skool, om godsdienstige samekomste by te woon, om huiswerk te doen en om te drink of nie. Ouers het ook n invloed op tie ners se planne vir n werk of loopbaan. Maats het meer invloed op hulle besluite oor sake van onmiddellike belang, soos om klas by te woon of nie, met wie om uit te gaan, die manier waarop hulle hulle hare dra en watter soort klere hulle moet aantrek. 11 Die opname het bevind dat wanneer tieners gevra word om aan te dui of maats of die ouers die grootste invloed op hulle besluite het, die besluite wat die swaarste oorleun na ouerlike invloed, dié is wat skynbaar n baie groot uitwerking gaan hê op watter soort mens die tiener gaan wees. Ja, jou tiener sal in sekere sake deur maats beïnvloed word, maar die ouer het steeds die grootste invloed op n tiener se gedagtes en optrede. Die res van hierdie boek is bedoel om jou te help om effektief in jou tiener se behoefte aan liefde te voorsien en so die fondament te lê om hom of haar effektiewer op al die ander lewensterreine te beïnvloed. 28