SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Pragtige Koningin Ester

Johannes 6:1-15; /07/2014

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Johannes 14: /08/2014

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Deuteronomium 8: /01/2014

OESFEES. Oktober 2016

TrumpetNet, 31 May 2007

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Wat is vaskulêre demensie?

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Musiek: Toets jou kennis *

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die wonder van water *

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

God se beloftes in voorbidding

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Die wind as bron van energie *

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Buite Die Laer Uitgaan

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Die boek Job en lyding

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maria salf Jesus se voete

Speel met battery elektrisiteit *

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

MODULE 2 LEWENSFASE 3

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

in Maartmaand, sou u daarvan onthou? -- dit sal ek onthou. En daar is ook getuienis hier dat indien n persoon nota's

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Courses for March 2012

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Handleiding vir Klein Groep Leiers

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES

WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

STEEK DIE GRENSE OOR

Die liggaamlike opstanding van Jesus

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

LAERSKOOL HELDERKRUIN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Transcription:

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Dirkie Liturg Liturg Seëngroet Gebed Liturg Oproep tot lof Gister was vir my n slegte dag...kry julle ook sulke dae...alles loop verkeerd...vir n oomblik wonder n mens waar is God? MAAR e-pos (Xmas.pps) As jy n yskas het, klere om aan te trek, dak oor jou kop en n slaapplek, is jy ryker as 75% van die wêreldbevolking... As jy iewers geld het, in jou beursie, in die bank of in n bord, is jy deel van die boonste 8% van die wêreldbevolking... As jy vanoggend opgestaan het met meer gesondheid as siekte, is jy meer geseënd as n miljoen mense wat nie hierdie week gaan oorleef nie... As jy nog nooit in n oorlog was, geliefdes verloor het in die oorlog, of nog nooit in n konsentrasiekamp was nie, is jy gelukkiger as 5 miljoen mense in die wêreld... As jy vanoggend deel kan wees van n kerk, is jy meer bevoorreg as 3 biljoen ander mense... As jy vanoggend jou Bybel kan lees is jy gelukkiger as 20biljoen mense wat nie kan lees nie... As jou ouers vanoggend nog lewe en getroud is, is jy n baie raar spesie... Hannes Lof SM14:1-4 Genade onbeskryflik groot Ges 47:1,3 Op berge en in dale SM35:1-2 O Heer my God SM14:1-4 GS47:1,3 SM35:1-2 Liturg Voorlesing Hannes Aanbidding JG38:1-2 Ons is almal hier tesaam JG51:1-4 Wees stil en weet JG38:1-2 JG51:1-4

Liturg Wet Zambia's former president, Kenneth Kaunda, has urged African leaders to preach the Bible's Ten Commandments... in fighting Aids Weet u: daar is net een hoop vir ons samelewing: Om terug te kom na die Woord van God en Sy gebooie: Nie mekaar se goed te vat nie Nie mekaar se goed te begeer nie. Om nie leuens te vertel nie Om nie egbreuk te pleeg nie Om ons ouers te eer Stel julle voor: n wêreld waar... Niemand iets van n ander steel nie Niemand doodmaak nie Niemand vals getuig nie Niemand in opstand kom teen sy ouers nie Dis God se wil/droom vir die wêreld. Die Here nooi ons vanoggend opnuut: Kom terug na my Woord. Gehoorsaam my gebooie. Dan sal julle gelukkig wees. Almal Skuldbelydenis Stilgebed Stil Liturg Genadeverkondiging Die roomysverkoper (p4) Almal Geloofsbelydenis Almal hardop saam Geloofs Ouderling Gebed Liturg Skriflesing Mark 16:9-20 (Temapreek) Skrif Liturg Preek Die groot Geneesheer. Tema Liturg Gebed Diaken Offergawe Afkondigings op bord Afkondig Hannes Lied JG9:1-2 Ek roem U Naam JG9:1-2 Liturg Seën Ander elemente: Stilgebed Kleingroepgebede Musiek Voorlesing Voordrag

PREEKSKETS INLEIDING Die hele wêreld is aan die praat oor Joshua van Lagos. Die geloofsgeneser. Party noem hom n profeet. Ander sê hy mislei die mense. Party is opgewonde. Ander is bang. Sommige sien dit as n laaste kans vir genesing. Ander glo hier is een of ander skelmstreek aan die gang. Party gebruik hulle spaargeldjies om hom te besoek in n poging om genees te word. Ander lag dit af en sê: hoe kan hy mense gesondmaak? Wat kan hy doen wat ander mense nie kan doen nie. NOg altyd stroommmense na persone wat wonderwerke doen: Mark 1:32 32 Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. 33 Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom Mat 4:24 24 En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. 25 Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg. Ja, mense reageer verskillend op dit wat nou in Nigerië gebeur: n Sekere dominee...sê: hoekom sal hy Nigerië toe gaan, God kan dieselfde dinge doen in sy huis in Tamboerskloof. Eerw. Annelize van der Ryst, predikant van die Verenigende Kongregasionalistiese Kerk van Suidelike Afrika en bekende aktrise: "Ek kan nie namens my kerk praat nie, maar persoonlik glo ek geloofsgenesing vind wel plaas. Wat nou in Nigeriëë gebeur, bejeën ek egter met groot wantroue. Geloofsgenesing het weer mode geword. Ek dink daar wag dalk 'n groot teleurstelling op Ruben (Kruger)... 'n Bekende algemene praktisyn van Parow, sê...hy het tot dusver niks wat betref geloofsgenesing gesien wat hom enigsins geïmponeer het in die sin dat dit tot permanente genesing gelei het nie. Volgens dié dokter, wat om professionele redes anoniem wil bly, het hy 'n paar pasiënte wat sterk in geloofsgenesing glo en meestal by charismatiese kerke betrokke is. "In sommige gevalle was daar 'n verbetering in hul gesondheid, maar ek kan nie sê of dit werlikwaar vanweë geloof was en of hul toestand in elk geval met verloop van tyd sou verbeter het nie. Ek het nog niks gesien wat my verstom laat staan het nie." En so verskil die menings oor dit wat tans gebeur. Tog hartseer vir my dat dit lyk asof al hoe meer mense nie meer glo dat God ook wonderwerke kan doen nie. Wat sê die Bybel? Kan God steeds wonderwerke doen? Kan hy gewone mense gebruik om dit te doen? Werk God op hierdie manier? Kan dit wees dat Joshua deur God gestuur is om mense te genees?

1. GOD GENEES MENSE Bybel stel God bekend as die groot geneesheer Eks 23: 25 Jy moet die Here jou God dien. Dan sal Hy jou met kos en water seën en siekte van jou af weghou. Deut 32:39 39 Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Eks 15: 26 Hy het gesê: Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou. Dawid: Psalm 103...dis Hy wat al my siektes genees... M.aw. Genesing gaan nie net iets wat die Here doen nie. Genesing gaan oor Wie God is. Hy is 'n God wat genees. Dis een van Sy eienskappe. Dis Wie Hy is. Hy genees siektes. Voorbeelde uit die Bybel Naaman: melaats Hiskia: wond Jaïrus se dogter Petrus se skoonma Hy is 'n God wat genees. Voorbeelde vandag Oom Blackie se kanker Tannie Massie se knie Tannie Makkie se rug Tannie Marthie, oom Kobus. oom Alden se hart. Noem maar op. Ons sou vandag nog steeds soos Dawid kon sê: Dis Hy wat al my siekte genees. Izak Greyling van Witbank skryf: Agt jaar gelede het ek ernstige prostaatprobleme ervaar. 'n Onmiddellike operasie was volgens dokters onvermydelik. Ek het daarteen besluit en op God vertrou vir my genesing. 'n Volmaakte genesing het gevolg. Getuienis van Ds. Pieter Engelbrecht (64) van die Afrikaanse Protestantse Kerk in Brandfort. Akute limfoblastiese leukemie is drie maande gelede by Engelbrecht, wat in Bloemfontein woon, gediagnoseer. 'n Maand later, náá baie gebed, kon medici die verbetering in sy toestand net as 'n wonderwerk beskryf. Volgens Engelbrecht het die Here daardie eerste dag al baie duidelik vir hom gesêê: "Mens sal lewe en nie sterwe nie om die werke van die Here te vertel." (Psalm 118:17). Hy vertel dat hy aanvanklik 'n telling van 85% blaste (kwaadaardige selle) in die beenmurg en 15% in die

bloed gehad het. 'n Maand later het dit geblyk dat die 85% na tussen 5% en 10% afgekom het en dat sy bloed skoon is. Die volbloedtelling is tans binne die normale reikwydte. Ja, God genees vandag nog. Want Hy is en bly die groot geneesheer. As God nie meer genees nie, kan ons die hospitale en die spreekkamers sluit. As God nie meer genees nie, kan ons die kerk sluit. Hy bly die groot geneesheer - Dit kan nooit verander nie. 2. GOD GENEES NIE ALLE MENSE God het nooit belowe dat alle siekes gesond sal word nie Iemand wat dit verkondig, is oneerlik. Iemand wat die verwagting skep dat alle mense genees sal word, is oneerlik. Iemand wat vir 'n sieke sê: Ek gaan bid en jy sal gesond word is oneerlik. Geloofsgenesing kan maklik druk plaas op God. Ek onthou nog vir pastoor Nicky vd Westhuizen met sy genesingsdienste. En hoedat hy die koerante laat bystaan het, want God SAL genees. En daardie dag het God nie genees nie. Die Bybel is vol voorbeelde van mense wat nie genees is in die Bybel. Dawid se babatjie Timotheus se maagprobleem Epafroditus se siekte. Net so is daar mense wat vandag nie genees word nie. Ten spyte van dokters se insette. Ten spyte van vriende en familie se gebede. Ten spyte van geloofsgeneeshere. Want God alleen bly die Geneesheer. En selfs al sou my siekte nie gesondword nie: Kan 'n mens deur die genade van die Here ook daarmee vrede maak: Jes 38: 17 Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe. Dawid: "Dat U my laat swaarkry is 'n teken van U trou" (Ps 119:75) Dawid, nadat die kind gesterf het: Staan op, eet, smeer aftershave aan, gaan na die heiligdom en gaan bid... Ja, 'n mens kan ook vrede maak wanneer daar nie genesing is nie. Dis deel van geloof. (En dis maar net 'n ander vorm van genesing) 3. GOD GENEES MENSE OP VERKILLENDE MANIERE (KLEM) Hoe het die meeste mense mense in die Bybel gesond geword?

Hulle het dokter toe gegaan. Ek dink dit was bietjie goedkoper as vandag maar hulle het dokter toe gegaan. Dokters ** Ge 50:2 2 Daarna het Josef die dokters in sy diens beveel om die lyk van sy pa te balsem. Hulle het toe vir Israel gebalsem. ** Jer 8:22 22 Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie? ** Mt 9:12 12 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: Dié wat gesond is, het nie n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. ** Lu 4:23 23 Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: Geneesheer, genees jouself ** Col 4:14 14 Lukas, die dokter wat ek baie lief het, en Demas stuur vir julle groete. Medisyne * Jer 8:22 22 Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie? * Jer 30:13 13 Niemand kan jou saak stel nie; daar is nie n raat vir jou sweer nie. * Jer 46:11 11 Gaan na Gilead toe, Egipte, gaan haal balsem; jou baie medisynes help nie, jy word nie gesond nie. * Eze 47:12 12 Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring. Gewone boererate 2Ki 20:7 Lu 10:34 1Ti 5:23 Jas 5:14 Salf Vyekoek op Hiskia se wond Samaritaan verbind wonde met olie en wyn behandel Bietjie wyn vir die maag Olie vir siekes Isa 1:6 Van kop tot tone is daar nie een plek heel nie: dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde! Hulle is nie skoongemaak of verbind of met salf behandel nie. Bahandeling van frakture: Eze 30:21 21 Mens, Ek het die farao, koning van Egipte, se arm gebreek, en die arm is nie verbind en gespalk sodat dit gesond kan word en weer sterk genoeg kan wees om n swaard vas te hou nie. Behandeling van wonde: Isa 1:6 6 Van kop tot tone is daar nie een plek heel nie: dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde! Hulle is nie skoongemaak of verbind of met salf behandel nie. Lu 10:34 34 Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. Ontsmetting: Le 14:41 41 Al die pleister in die huis moet dan afgekrap en ook buite die dorp op n onrein plek gegooi word. Le 15:5 5 Enigiemand wat aan die bed raak, moet sy klere was en hom bad.

Jesus self het by geleentheid medisyne gebruik: spoeg aan 'n blinde se oë Van Genesis af het God mense hoofsaaklik gesond gemaak deur dokters en salf en boererate en verbande Dis die grootste manier waarop God vandag steeds mense gesondmaak. Want Hy is die geneesheer. MAAR dan is daar in die Bybel hope voorbeelde van mense wat direk genees is. Geloofsgenesing Sonder enige medisyne. Sonder enige natuurlike verklaring. Dit wat mense tradisioneel "'n wonderwerk" noem. En ook wonderwerke het op verskillende maniere gebeur: Met of sonder aanraking Aanraking Mt 8:3 3 Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: Ek wil. Word gesond! Oplegging van hande Mr 6:5... sy hande op n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. Lu 13:13 13 Toe het Hy haar die hande opgelê, en sy het onmiddellik regop gestaan en God begin prys. Aanraking van Sy klere Mat 14:35 Mark 5:27-34 Geen fisiese kontak Koninklike amptenaar se seun (Joh 4) (Baie keer sê mense: Daar gebeur min wonderwerke in die NG kerk omdat ons nie meer vir mense die hande oplê nie... In die meeste gevalle het Jesus ook nie vir hulle die hande opgelê nie...in sommige gevalle was hy nie eers in dieselfde dorp as die siek persoon nie...) Met of sonder geloof * Mt 9:28,29 28 Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Ja, Here, antwoord hulle Hom. 29 Toe raak Hy aan hulle oë en sê: Wat julle glo, sal gebeur. * Mr 5:34 34 Daarna sê Hy vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Wees vir goed van jou kwaal genees! * Mark 10:52 52 Jesus sê daarop vir hom: Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered. Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan. * 10 melaatses (Luk 17) - net een kom terug.

Daar of nie daar nie * Mr 1:31 31 Hy het na haar toe gegaan, haar hand gevat en haar regop gehelp. Toe het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien. * Mt 8:13 13 Jesus sê toe vir die offisier: Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur. En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword. 4. GOD GEE GAWES VAN GENESING SOOS HY WIL. Slegs 'n paar mense in die Bybel het die mag gehad om mense te genees. Elisa het een persoon genees: Naaman (2 Kon 5) Jesus Dissipels: ** Mt 10:1Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak. ** Mr 16:18,20...hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word. Kon sekere dinge nie genees God gee die gawe van genesing vir wie Hy wil. Alle gelowiges het dit nie. Alle dominees het dit nie. Alle tentpredikers het dit nie. 1 Kor 12:9 9 aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. 10 Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan n ander die gawe om te profeteer... 1 Kor 12:30 30 Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê? Jak 5:14-15 14 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. 15 En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. M.a.w: God gee die gawe van genesing soos dit Hom pas. En niks keer Hom om dit vandag op 'n baie spesiale manier te gee aan iemand in Nigerië nie. En hoe wonderlik sal dit nie wees as dit regtig is nie? Hoe wonderlik sal dit nie wees as ons ons eie siekes soontoe kan stuur en hulle kom gesond terug nie. Dit sal die grootste dag in Suid wees. Dis nie vreemd dat die mense vandag daarheen stroom nie. Nog altyd stroommmense na persone wat wonderwerke doen: Want nog altyd was mense desperaat om genees te word. Dis maklik om te praat as mens gesond is. Mark 1:32 32 Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat

in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. 33 Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom Mat 4:24 24 En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. 25 Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg. Ek bid en ek hoop in my hart dat Joshua van Lagos nie een van die baie kulkunstenaars is wat maak of hy wonders doen nie. Ek bid dat dit eg is. En as dit van die Here af kom, dan bid ek dat siekes soontoe sal stroom en genees sal word. 4. GENEES OF genees? Daar is twee persone wat nie in die Here glo nie. Albei van hulle kry kanker. Albei gaan vir behandeling en later ook na 'n geloofsgeneser. Die een se kanker word genees, en hy gaan voort met sy lewe sonder God. Die een leer die Here ken, aar sterf uiteindelik van die kanker. Watter een is genees? Wat vir my opval in Ruben Kruger se verhaal: Hy het in Nigerië 'n ontmoeting met die Here gehad. En dis vir hom belangriker as die kanker wat hy het. En ek wil dit waag om te sê: As jy so 'n ontmoeting gehad het, is jy genees, selfs al sou jy sterf. My pa was vir lank baie siek. Maar daar het 'n geweldige verdieping in sy geloofslewe plaasgevind. En ek sê vandag vir julle: Hy het gesterf as iemand wat genees is. Iemand skryf: Christene vra nie na die sin van lyding nie maar na die sin van die lewe te midde van lyding. Ten slotte: Waaraan dink die Here as Hy Homself die Geneesheer noem? Ps 41:4 4 Die Here sal hom bystaan in sy siekte. As hy siek is, sal U hom genees. (genesing vir mense wiese liggame siek is) Ps 147:3 3 Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. (Genesing vir mense wat se liggame niks makeer nie, maar hulle harte is stukkend) Isa 53:5 5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (Genesing vir mense wat in sonde geval het) Isa 57:18 Ek het gesien wat met hom gebeur, en Ek sal hom genees. Dié van hom wat treur, sal Ek lei en terugbring; Ek sal vir hulle uitkoms gee. (Genesing vir 'n land wat seergekry het) Ho 6:1 Kom ons gaan terug na die Here, want Hy het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hy het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind. (Genesing vir mense wat deur God self gestraf is vir hulle sonde) M.a.w: Gensing vind nie net in Nigerië plaas nie. Genesing vind plaas ook hier in Suid.

Miskien 'n ander soort genesing. Ek weet van 'n vrou wat in 'n erediens genees is van depressie. Ek weet van 'n vrou wat genees is van bitterheid. Ek weet van 'n paar tieners wat hulle harte vir die Here gegee het. Ek weet van 'n vrou wat tans op God se operasietafel lê: Sy was vir 18 jaar lank verslaaf aan pille en op hierdie oomblik is God besig om haar daarvan te genees - met 'n wilskrag wat 'n mens vir niemand kan beskryf nie. Ek weet ook van mense in die gemeente wat getuig van fisiese wonders: Kanker wat nogsteeds skoon is. Ek weet van mense wat nuwe knieë gekry het en weer normaal kan loop. Ek weet van mense wat hartomleidings gekry het en hulle lewens kon voortsit. God genees. Die groot dokter sal vir altyd die groot dokter bly. Mag elkeen van u genesing ervaar! Tydens kollekte: 5 Riglyne: Watter rol speel die Here? Wie staan in die sentrum / wie kry die eer? Watter voorwaardes? Watter rol speel geld (en aansien) Eerlik/betroubaar (Profeet... sê...uitkom?)