Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Pragtige Koningin Ester

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 14: /08/2014

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Deuteronomium 8: /01/2014

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

TrumpetNet, 31 May 2007

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

OESFEES. Oktober 2016

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Courses for March 2012

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Musiek: Toets jou kennis *

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die wonder van water *

Die wind as bron van energie *

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Wat is vaskulêre demensie?

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

God se beloftes in voorbidding

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Die boek Job en lyding

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

Buite Die Laer Uitgaan

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

18 Junie :02-11:54

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Maria salf Jesus se voete

Drie jaar van Jesus se bediening

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

Transcription:

Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk, is dat hy suksesvol was. Hy het die hoogste trap in sy beroep bereik. Hy was die hoof van die leër of die weermag van die koning van Aram of die naam wat ons beter ken as Sirië. Hy was dus wat posisie en rang betref net onder die koning van die land. Hy was inderdaad n baie belangrike man. Hy was n dapper soldaat- hy het die purple heart en congressional medal of honour en al die moontlike medaljes op sy bors gehad. Hy was die leier wat sy troepe maklik gevolg het. Hy was die ou om oorlog mee toe te gaan. Iemand skryf Naaman het inderdaad hierdie designer life gehad. Naaman het ondanks sy sukses en roem een probleem gehad- hy was melaats. Nog nie melaats soos in die Nuwe Testament dat jy in n melaatse kolonie geplaas is en jy van gesonde mense afgesonder is nie. Hy kon vryelik rond beweeg en is by twee konings toegelaat. Die woord hier as melaats vertaal, word ook gebruik vir onooglike en lelike veltoestande. Hoe dit ook al gelyk het, hierdie siekte het Naaman skaam en selfbewus gemaak om in die openbaar te verskyn. Hy het gevoel hy moes hiervan ontslae raak om normaal met sy lewe te kan voortgaan. Onthou, melaatsheid het dieselfde gewig in daardie tyd gedra as die woord kanker vandag. As jy melaats hoor, het jy gehoor my lewe soos ek dit geken het, is verby. As jy werklik suksesvol is, gaan jy nie na die plaaslike stamhoof toe nie. Jy gaan sien sommer die koning van die land self. Jou invloed en mag is so sterk dat die koning van die land dan vir jou hierdie magdom klere en goud en silwer gee en hierdie koninklike brief wat jy na die koning van Israel kan neem. Want volgens die slawedogtertjie is die profeet wat kan gesond maak in Israel. Sien julle Naaman en die koning van Aram of Sirie se siening van God en godsdiens? Dis net ruilhandel - jy bring genoeg goed om jou genesing te gaan koop. En kyk mooi- hy gaan nie na die profeet van Israel toe nie. Hy gaan na die koning van Israel toe. Jy

gaan na iemand wat in jou stratosfeer leef- jy gaan na iemand op jou vlak toe. Hý kan maar die profeet opdrag gee om jou gesond te maak. Hoekom gaan Naaman eerste na die koning van Israel toe? Hy en die koning van Aram het geglo godsdiens in Israel werk soos by alle ander volke. As jy goed geleef het, het die gode jou geseën en jou voorspoed gegee. Daarom het hulle geglo die mense wat die hoogste en rykste en die suksesvolste in die samelewing was die naaste aan die gode was. Hulle het tog duidelik die meeste seen en voorspoed gehad. Daarom het hulle ook geglo die gode werk daarom ook meestal deur magtige en suksesvolle mense. Daarom gaan jy reguit na die koning van Israel toe. Want jy glo Hy is die naaste aan God. Maar die koning van Israel is magteloos, want nie sy rykdom en invloed of die rykdom en invloed van Naaman en sy koning kan lewe en dood bepaal nie. Net God kan, bely die koning self. As Naaman uiteindelik by die profeet Elisa se huis uitkom, dan kom hy met groot vertoon daar aan: met sy wa en perde en duidelik hierdie gevolg ook. Hy is kwaad as die profeet sy slaaf uitstuur om die Here se boodskap aan hom oor te dra. Hy wil die perde omruk en wegry. My posisie en aansien verdien beter. Na my toe moes die profeet self uitkom. Self met sy hande oor my liggaam beweeg en allerhande towerwoorde praat sodat ek gesond kan word. En was in die modderige ou Jordaanriviertjie? Is jy mal? Ons eie riviere, die Abana en die Parpar is mos darem regte riviere met veel meer krag en water daarin! Die Here is anders as die gode: Die Here wil duidelik nie net vir Naaman fisies genees nie. Hy wil hom hierdie heel mens maak. Maar om dit te word, moet hy van sy troontjie afklim. Hy moes van sy pretensies en eiewaan ontslae raak. Hy moes leer die God van Israel is anders as die gode waaraan hy gewoond was. Die God van Israel is nie onder jou duim of jou beheer dat jy Hom kan probeer omkoop nie. Die gode kan beheer en manipuleer word. Die ware God nie. Wat Hy ons ook al gee, is altyd hierdie geskenk van genade. Tim Keller skryf baie mooi oor Naaman se verkeerde aannames oor wie hierdie God van Israel werklik was: Naaman is after a tame God, but this is a wild God. Naaman is after a God who can be put into debt, but this is a God of grace, who puts everybody else in His debt. Naaman moes leer daar is sekere dinge wat net God alleen kan doen. Daar is hierdie plek waar jy maar net kan buig voor die troon van genade. Daar gaan situasies op jou pad kom waar jou geld en invloed, of jou kontakte

jou nie gaan uitkry nie. Waar jy afhanklik voor God moet staan. Dit was vir Naaman die moeilikste ding- ek is nie hier in beheer nie. Ek moet die beheer oorgee en op genade staat maak. Ons moet dalk nie vir Naaman lag nie. Daar is iets van hom in ons elkeen. Here, ek het nog elke oggend vir my kinders gebid en nou het my kind opgeskop op universiteit of nou is my kind dood of was my kind in hierdie motorongeluk. Here was my troue bede dan nie genoeg assuransie, nie genoeg versekering teen rampe en tragedie nie? Ek sal jou nooit weer kan vertrou nie: Sien mooi: Ek gee my troue gebede sodat Hy my en my mense altyd sal bewaar van onheil en tragedie. Of: Here, ek het jou nog altyd gedien- kyk na my dankoffers en jare op die kerkraad. Kyk hoe ek my kinders van jou geleer het en kerk toe gevat het. En Here nou verloor ons alles finansieel. Of my man of vrou het net eendag die pad gevat. En nou is ek kwaad en teleurgesteld in Jou! Ek ruil my diens aan die Here en mense vir Sy voorsiening sodat nie iets sleg soos bankrotskap of egskeiding op my pad sal kom nie. Om soos Naaman hierdie ruiltransaksies met God te probeer doen is so deel van ons elkeen se lewe. Ons skemas oor God en godsdiens: Ons het maar almal in ons koppe hierdie skemas van hoe God en godsdiens veronderstel is om te werk. Ek onthou dit so goed hoe kwaad ek vir God was toe my pa destyds sy plaas verloor het en alles wat my ouers gehad het op hierdie bankveiling verkoop is. Here, hoe kon jy, my pa is hierdie goeie en gelowige mens wat altyd ander gehelp het en elke oggend sy stiltetyd gehou het. Here, U is onregverdig. Ek het oor n lang tyd besef ek het hierdie skema van hoe God en godsdiens werk in my kop gehad. My skema was baie eenvoudig: Goeie dinge moet met goeie en gelowige mense gebeur en slegte dinge met slegte en ongelowige mense. As God buite hierdie skema van my opgetree het, het ek kwaad en ontsteld geword. As daar slegte dinge met goeie mense gebeur het of goeie dinge met slegte mense, was God vir my onregverdig en was ek diep teleurgesteld in Hom. Ek het besef ek het God met my skema oor Hom probeer beheer. Ek het later besef my skema van God en godsdiens het nie plek gemaak vir genade nie. Ek het geglo goeie mense het die goeie dinge wat met hulle gebeur het, verdien en slegte mense het die slegte dinge wat met hulle gebeur het ook verdien. So gou jy werk met die woordjie verdien, is jy nie meer met genade besig nie.

Naaman het ook hierdie skema van hoe God en godsdiens werk in sy kop gehad. God gee uit wat jy insit. As jy hard werk, gaan jy hoof van die weermag word. As jy genoeg goud en silwer en duur klere neersit, gaan jy genees word. In ons tyd: As jy net genoeg geloof het, sal jy genees word. Klink baie mooi en reg, maar die woordjie genade is nêrens hier in nie. Die ergste van hierdie skema wat ons in ons kop het van hoe God en godsdiens werk, is dat ons later glo God se genade en guns en spesiale aandag is bedoel vir mense soos ons. Vir Naaman was dit mense wat rykdom en sosiale mag en invloed en posisie gehad het. Ons dink dalk kerkmense wat reg lewe en bybel lees en bid verdien darem meer van God se genade en guns en spesiale aandag as ander mense. Ons skema van hoe God werk word deurbreek aan die kruis. Jesus sterf nie net vir goeie mense nie, Hy sterf ook vir slegte mense, hy sterf vir almal. Voor die kruis is daar inderdaad nie eintlik eers goeie en slegte mense nie, daar is net sondaars. Almal ewe skuldig, almal ewe begenadig. Die kruis maak ons gelyk voor God en herinner ons elkeen- jy word deur genade alleen gered. Slot: Naaman het ervaar hoe God sy skema oor God en godsdiens deurbreek en afgebreek het. Het jy dit gesien- hierdie belangrike man- al mense wat hom op die regte pad kon help en die regte inligting kon gee, was slawe. Die slawedogtertjie weet waar hy genesing kan kry, die slaaf van Elisa bring die oplossing vir sy siekte, sy eie slawe help hom om eenvoudig gehoorsaam te gaan wees en in die Jordaan te gaan bad. Hierdie man wat geglo het belangrike en voorspoedige mense is nader aan die gode as die res, word deur slawe, die mense met die minste mag en invloed in daardie tyd, die pad gewys. Die tweede ding wat ek en jy en Naaman moet hoor is dat God nie altyd op hierdie spectacular of buitengewone manier werk nie. As God van Naaman iets buitengewoon gevra het soos pluk hierdie blom op die hoogste berg of val man-alleen n weermag aan, sou Naaman kon dink hy het sy genesing verdien. Ek het hard gewerk daarvoor. God gee hom iets eenvoudig. Gaan Jordaanrivier toe. Klim van jou perd af, trek jou offisiersklere uit en was jou in die rivier. Iets eenvoudig, sodat jy kan weet jou genesing kom nie van jou af nie, maar van God.

Ons hoor weer in 2 Konings 5 God is die God oor alle volke en Sy genade is daar vir alle mense. Niemand is te nederig om deur Hom gebruik te word nie en SY genade en goedheid te kan ontvang nie. God se guns en goedheid en genade is nie net bedoel vir mense soos ek en jy nie. Dis ook bedoel vir hulle wat ons van ons wil wegwerp en vir hulle op wie ons wil neersien. My laaste gedagte is dat God in beheer is en nie ek en jy nie. Dis wat die koning van Israel bely: Dis God wat mense laat sterwe of aan hulle die lewe gee. Dis God wat genees of besluit om iemand nie te genees nie. Iemand skryf hierdie ding wat my ruk: Geloof is om radikaal af te sien van alles wat ons het en nie het nie, van alle mag waaraan ons nog vasklou. Dit laat my dink dat ons die lote is en Jesus die wynstok. Die lote kry hul vog, hul lewe, alles van die wynstok af. Sonder die wynstok kan hulle nie lewe nie en gaan hulle dood. En dan pas Jesus die beeld op ons lewens toe: Net so kan julle sonder My niks doen nie. Dis verskriklik tough om uit genade te leef. Want dan moet ek bely niks van wat ek is en het, het ek verdien nie. Dis vrek moeilik om my skemas oor God op te gee. Daar is mos een of ander vorm van sekuriteit daarin. Dit gee vir ons sekerheid al is dit vals sekerheid- so werk God en die lewe. Dis so diep menslik om hierdie skematjies in ons koppe te maak- so maak ons die lewe vir ons meer verteerbaar en verstaanbaar. Maar dit wil God en dikwels ander mense en selfs die lewe dan in my skematjie of boksie inforseer. Naaman vat hierdie vrag grond uit Israel saam om hom te herinner aan die nuwe lewe wat hy begin het en die nuwe regering van Israel se God onder wie sy lewe nou staan. Ons het meer as n vrag grond om ons te herinner dat ons hierdie nuwe lewe het en nou onder God se beheer staan. Ons het Sy Gees wat ons daaraan herinner en wat ons help om hierdie nuwe lewe as God se kinders te kan leef. Ek het al gewonder hoekom God soms moeilike en traumatiese en seer goed op ons pad stuur. Soos Naaman se melaatsheid. n Hele paar mense en families in die kerk vanoggend het die laaste jaar een of ander groot verlies of trauma ervaar. Wat ek in my eie lewe gesien het is dat net die seer en traumatiese goed wat op my pad gekom het, my skemas en vals beelde oor God en hoe geloof werk kom ontbloot en kom uitwys het en begin afbreek het. Ek en jy kan net nie groei sonder pyn nie. C. S. Lewis het dit verstaan. Hy skryf: God whispers to us in our pleasures, speaks to us in our conscience, but shouts in our pain. Op die oomblik

wat jy die trauma beleef voel God dalk ver of selfs wreed of op hierdie afstand van jou af. En dis scary om te weet Hy is in beheer en nie jy nie. Dat Hy lewe en dood bepaal en nie jy nie. Dat Hy voorspoed en teenspoed bepaal en nie jy nie. Maar later ontdek jy dat jy nie sonder anker ronddryf nie. Dat die noodlot nie in beheer is nie- wat sal gebeur sal maar gebeur nie. Dan ontdek jy dat niks in die lewe jou vashou soos God nie en dat niks jou heel maak soos genade nie. Amen