Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

TrumpetNet, 31 May 2007

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Johannes 14: /08/2014

Pragtige Koningin Ester

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

OESFEES. Oktober 2016

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Die wind as bron van energie *

God se beloftes in voorbidding

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Johannes 6:1-15; /07/2014

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Deuteronomium 8: /01/2014

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Courses for March 2012

Musiek: Toets jou kennis *

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Jesus sê: Leef afhanklik-nederig voor God.

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Die Akathistoslied voorafgegaan deur die Klein Kompletediens

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Die boek Job en lyding

KEN DIE VYAND. Sondag 8 September

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed! Psalm 65:11

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Die wonder van water *

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

DIE GODDELIKE LITURGIE VAN DIE VOORAFGEWYDE GAWES

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

31 Woordgebede Vir die kerk en gemeenskap

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Gebed. Die Asem van die Siel

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

ANTIPAS HEROUT "Antipas, My getroue getuie" (Op 2:13)

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Die Wysheid van God. Adrian Ebens

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

Diens 30 Des :1,2 Redder van ons lewe. Aanvangswoord

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Sy Naam is Wonderbaarlik Deel 1 Roep Sy Naam Aan

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

Welkom. Reis saam met ons soos ons leer om God heelhartig met ons lewens lief te he!!! LiefGodGrootliks.wordpress.com 1

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

Digitale Produkte. Katalogus

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

18 Junie :02-11:54

SÓ PRAAT DIE WOORD MET ONS

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Transcription:

Oproep tot lof Ons is hier in God se naam Daarom is Hy by ons Dat Hy kan lewe in ons loflied Nooi ek jou nou tot aanbidding Kom ons bring lof aan Hom Omdat U ons Vader is Groot in almag bo die skepping En vir u eindelose liefde Uit ons harte Hemelvader Bring ons nou lof aan U Ons bely U is ons God Ons kniel nederig voor u voete Lê ons lewens op die altaar Net soos U vir ons kom leer het Bring ons so lof aan U Ons is hier in God se naam En ons glo U is hier by ons Kom dan en lewe in ons loflied Neem ons offer van aanbidding Ons bring al ons lof aan U Bring alleen net lof aan U

God van die skepping God van die skepping - Ons Koning en Heer God wat vir ewig oor alles regeer Alfa - Omega verhewe in krag U is ons Vader vol liefde en mag Woord van die Vader - Ons Redder en Hoop Groot en magtige Krygsman wat vooraan bly loop Immanuel met ons - Ons Kruisofferlam Jesus die Christus - Leeu uit Judastam Hulp van ons Vader - o Heilige Gees U wat ons leer om gehoorsaam te wees U gee ons leiding en hulp onverdiend U is ons Trooster - ons Voorspraak - ons Vriend Voor God drie- enig juig ons as U bruid U lei en leer ons - U stap voor ons uit Gebede soos wierook styg op na U troon Louter genade dat U in ons woon Vader en Seun en Heilige Gees Hy wat ons Koning vir ewig sal wees Liefde uit Liefde het na ons toe gekom En ons bring in liefde weer lof terug aan Hom Uit dankbaarheid bring ons weer lof net aan Hom

Jesus van Patmos Tussen sewe goue kandelare Staan die God- Seun Hemelvors Sy kleed was lank tot aan sy voete n Band van goud was oor sy bors Jesus Christus - Ons Immanuel Hy wat aan die kruis moes ly Bring verlossing vir jou en my Sy hare soos wol - Soos sneeu in sonskyn Sy oë het soos vuur gevlam Sy voete brons gloeiend in die smeltoond Soos water dreun die stem van die Lam Jesus Christus - Hemelkoning Hy wat op die wit perd ry Bring oorwinning vir jou en my In sy hand die sewe sterre Uit sy mond die twee- kant- lem Sy voorkoms soos die son se strale Vol liefde hoor ons weer sy stem Wees nie bang nie - Ek s eerste en laaste Ek was regtig dood maar kyk Ek lewe tot in ewigheid Ek hou die sleutels van die doderyk In sonde was jy dood maar kyk Jy sal lewe tot in ewigheid Saam - met - my - lewe - tot - in - ewigheid

Maak ons in U een Aan U Abba Vader - Alle lof en eer Bron van lewe - Bron van liefde Tot in ewigheid ons Heer Vader ons aanbid U en ons loof u Seun Kom o Gees en vul ons harte Maak ons in U een Jesus ons Verlosser Oorwin die dood en hel Lam geslag ons Kruishout- offer Ons Immanuel Heilige Gees ons Trooster U wat leer en lei Rig ons lewens, maak gehoorsaam Verhoog so Jesus hier in my Vader ons aanbid U en ons loof u Seun Kom o Gees en vul ons harte Maak ons in U een Maak ons in U een

Jesaja 6 Die hoogste troon Met glans omhul Waar God se kleed Die tempel vul Serafs besing Sy majesteit Heilig is Sy teenwoordigheid Die drumpels dreun En rook verskyn Ek het God gesien Ek is onrein Met skuld versoen Deur altaarvuur Staan ek voor U Dat U my kan stuur

Die liefde Al ken ek die taal van die engele Maar ek praat sonder liefde in my Klink ek net soos die klank van simbale Sal my gawes als nutteloos bly Die liefde is geduldig en vriendelik Dit bedek, hoop, verdra en dit glo Sonder kwaad en verheug oor die waarheid Die liefde bly ewig lank so Al het ek die gawe van lering Al sou ek geheime kon ken En al skuif my geloof ook die berge Sonder liefde sou ek niks daaruit wen In my kleintyd was alles so anders Ek het gedink en gepraat soos n kind Maar nou dat ek groot en n man is Het ek waarheid in liefde gevind Nou kyk ons deur n spieël in n raaisel En sien net n vae dowwe beeld Nou verstaan ons maar net n klein deeltjie Maar eendag sien ons als onverdeeld Nou bly geloof, hoop en liefde Drie dinge wat altyd sal bly Maar die grootste van als is die liefde Die liefde van my Vader vir my

Heilig is ons God Heilig - Heilig Die engele roep : Heilig Heilig is die Een op die troon Sterke God en Vors van vrede aan U ons dankgebede Heilig Heilig Heilig is ons God Waardig - Waardig U alleen is waardig Waardig is die Naam bo elke naam Waardig en bo als verhewe U is die bron van alle lewe Waardig Waardig Waardig is ons God Heilig - Heilig U kinders roep ook : Heilig Heilig is die Een hier in ons hart U goedheid Here - Abba Vader U liefde trek ons altyd nader Heilig Heilig Heilig is ons God En die vier lewende wesens naby die troon het elkeen ses vlerke gehad wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was Hulle het sonder ophou dag en nag gesê : Heilig Heilig Heilig is die Here God die Almagtige wat was en wat is en wat kom!

Pelgrimslied O ek kyk na my berge- pad En wonder waar ek hulp sal kry My hulp kom van die Here Die Skepper van die heelal Ja Hy sal sorg dat jy nie struikel nie Hy sluimer en Hy slaap nooit nie Hy s naby jou in doodsgevaar Beskermer van Israel Sou son of maan jou leed wou doen Jou lewe sal Hy trou bewaar Oral waar jy ookal heen mag gaan Vir nou en vir ewig Ek kyk op en sien my berge- pad En ek weet waar ek hulp sal kry My hulp kom van die Here Die Skepper van die heelal Die Skepper van die heelal

So is u liefde vir my Dieper as die oseane Wyer as die horison Hoër as pieke van berge Warmer nog as die son Kosbaarder as diamante Yweriger as n by Wyser as al die geleerdes So is u liefde vir my Helderder as die sterre Soet soos die lag van n kind Veel sterker nog as orkane Mooier as n skat wat mens vind Lankmoediger nog as jou ouers Betroubaarder as die gety Groter as groot wêreldstede So is u liefde vir my U lewe as prys aan die kruishout Gee U in liefde vir my

As jy met trane saai O hoor die nasies praat : Kyk wat het God gedoen Soos n droom het Hy Sion se lot versoen Hy t hulle vrygemaak van die slaweband En hulle teruggebring uit n vreemde land Al loop jy en huil terwyl jy die saaisak dra Sal jy lag en sing as jy die oes inbring En as jy met trane saai in n land van die koningkryk Kom jy juigend terug Dra jy jou saad se vrug Al juigend agterna As jy die gerwe dra Droë spruite wag in ons Suiderland Vir waterstrome uit God se hand O Here bring ons terug na u vrederyk Ons wil graag meer soos Jesus lyk En al loop ons en huil terwyl ons die saaisak dra Sal ons lag en sing - as ons die oes inbring En as ons met trane saai in n land van die koningkryk Kom ons juigend terug Dra ons ons saad se vrug Al juigend agterna - As ons die gerwe dra

So groot wonder Ek sit alleen hier buite in die laatnag- uur Ek hoor slegs die geluide van die knetterende vuur Vanuit die sterrehemel kyk U op ons neer In die grote heelal ken U mý o Heer Ek dink aan verre lande in U groot meesterplan Daar is dit nou al môre - U weet daar alles van Daar bly miljoene mense van wie ek so min weet Dis regtig so groot wonder dat U my nooit vergeet Ek kan dit nie verstaan nie Dit is te groot vir my Dat U na my omsien Dat U lief kan wees vir my Daar is miljoene mense van wie ek so min weet Dis regtig so groot wonder dat U my nooit vergeet Dis regtig so groot wonder dat U my nooit vergeet

Onder u vleuels Somtyds voel ek hartseer, alleen En koud as die nag oor my vou Maar U beskerm my - by U kan ek skuil In u hand sal U my veilig hou U is my Toevlug my Vesting my Rots My God op wie ek vertrou Here stuur engele om oor my te waak Bewaar my waar ek ookal gaan Soms as ek struikel en val langs die pad Dan glo ek ek het verloor Maar omdat ek U liefhet sal U my red As ek roep dan sal U my hoor U is my Toevlug - my Vesting my Rots My God is altyd by my U stuur u engele om oor my te waak Oor u hulp sal ek my verbly By U skuil ek U verhoor my gebed n Baie lang lewe gee U vir my Oor u hulp sal ek my verbly Oor u hulp sal ek my verbly

Laat my veilig in U bly Here Jesus Rots vir my Laat my veilig in U bly Deur U lyding en U dood en U bloed gestort vir my Staan ek hier aan U verbind Vrygekoop n Koningskind Al my lofsange gesing Al die offers wat ek bring Kan my skuld tog nooit verhaal U moes red U moes betaal Met leë hande kom ek nou om aan die kruishout vas te hou In my gees lê die hemel voor Ek hoor reeds die engelkoor En ek sien die hemeltroon en U glorieryke kroon God van liefde Rots vir my Laat my veilig in U bly En ek sien die hemeltroon en U glorieryke kroon God van liefde Rots vir my Laat my veilig in U bly Laat my veilig in U bly

Kom Here Jesus kom (Oorwinningslied) Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer Die Allerhoogste wat in liefde oor sy koninkryk regeer Hy't belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer Hy is Koning Hy regeer Loof Hom, prys Hom Halleluja Hy is Koning Hy regeer Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan Hy is ons Skuiling - Hy is ons Wapen Hy het die vyand reeds verslaan Hy is die Rots wat ewig staan Loof Hom, prys Hom Halleluja Hy is die Rots wat ewig staan Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo Blaas basuine slaan op dromme en kom dans voor God se oë Kom leef in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo Want sy Woord sal ewig staan Loof Hom, prys Hom Halleluja Sy Woord sal ewig staan Ek glo dat Jesus Christus weer sy bruid gaan kom haal Ek glo die Vader het al reeds die dag en uur bepaal Ek sien al klaar die feestelike hemel- bruilofsaal En die tafel met ons bruilofsmaal Die Gees en die bruid sê: Maranatha Kom Here Jesus kom