Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

TrumpetNet, 31 May 2007

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Die wonder van water *

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

God se beloftes in voorbidding

Johannes 14: /08/2014

Die wind as bron van energie *

OESFEES. Oktober 2016

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

LAERSKOOL HELDERKRUIN

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Johannes 6:1-15; /07/2014

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Deuteronomium 8: /01/2014

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die boek Job en lyding

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Courses for March 2012

Pragtige Koningin Ester

Handleiding vir Klein Groep Leiers

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Musiek: Toets jou kennis *

JESUS, EK GEE GRAAG AAN U!

Speel met battery elektrisiteit *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

INTEGRATED ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE LICENSE APPLICATION. (DEA Ref No 14/12/16/3/3/3/63) (NEAS Ref: DEA/EIA/ /2012)

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Die misleiding van die gees van godsdienstigheid.

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

KLOOF-EGGO SPESIALE PINKSTERFEES-UITGAWE ; MEI 2018

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Psalm 95(a) Ons Lofprysing aan die HERE, ons ewige Koning.

DIE HEILIGE GEES wedergebore (Joh. 3:30)

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Nuusbrief. Voorwoord. Volume 1 / Vryburg Skou. Regstelling op Vorige Nuusbrief

E-Klas handleiding Studente

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Buite Die Laer Uitgaan

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

SKRYFBEHOEFTELYS GRAAD 7

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Wat is vaskulêre demensie?

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

Transcription:

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Inhoud van die verslag vir goedkeuring deur die kerkraad. 1. Motivering vir ʼn Engelse erediens. 2. Beginsels rondom die Engelse erediens. 3. Praktiese uitvoering rondom die liturgie. 3.1. Gebruik van Psalms en Skrifberymings 3.2. Reëlings rondom die begeleiding 3.3. Toesig by die erediens 3.4. Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens 3.5. Tyd en aanvang van die erediens 4. Pad vorentoe (lang termyn oor 2-3jaar) 4.1. Volwasse Katkisasie 4.2. Engelse Wyk van GK Newcastle 1.Motivering vir ʼn Engelse erediens Die waarheid van die Woord is nodig vir die Engels sprekende bevolkingsgroepe. Dit is die plig van die kerk om die Woord van die Here te verkondig. Hierdie plig vorm ook deel van die roeping van die Gereformeerde kerk Newcastle. Matt 28: 18-20 stel vir ons duidelik: Matt 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Matt 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Matt 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. Die Woord van die Here moet op suiwere grondslag in die erediens oorgedra word volgens die Skrifte, aangesien daar n behoefte by die Engelse gemeenskap in Newcastle na Skrifgefundeerde prediking is. 2 Timoteus 3:14-17 wys die belangrikheid om Skrifgefundeerd te wees: 2Tim 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 2Tim 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 2Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 2Tim 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 1

Die fokus is om n Calvinistiese Engelse erediens in plek te hê, d.w.s. Skrifgefundeerd, met al die goedgekeurde belydenisskrifte, formuliere en liturgie bepaal deur die Sinode van Dordrecht 1618-1619 en soos aangepas en gebruik deur Gereformeerde Kerke. 2. Beginsels rondom die Engelse erediens Die Liturgie word toegepas om sodanig om n ontmoeting met die Here te beleef binne die erediens. Hier is n uiteensetting wat rondom die liturgie gebeur: 1 Ontmoetingsdiens (aanvanklik slegs gebed om seën van die Here). 2 Verootmoediging en skuldbelydenis 3 Woorddiens 4 Responsoria (Antwoorddiens) 5 Die Engelse dienste gaan gepaard met n verduideliking van die liturgie asook die belangrikheid daarvan. 6 Die KJV (King James Version) asook die NIV (New Internation Version) sal as Bybels gebruik word. Die rede hiervoor is eensgesindheid en om Skrifgetrouheid te bevorder. 7 Toesig van die Ouderling aan diens asook vrywilligers en diakens word hierby betrek. 8 Elektroniese begeleiding (opgeneemde orrelspel) sal met aanvang gebruik word, sodoende is daar geen kostes rondom honoraria vir n orrelis nie. 3. Praktiese uitvoering rondom die liturgie 3.1. Gebruik van Psalms en Skrifberymings, geneem van die Canadian Reformed Churches, asook die American Reformed Churches. Hierdie Psalms en Skrifberymings is naby aan wat ons in die Afrikaanse Gereformeerde Kerke gebruik. Meeste van die melodieë is Geneefs, wat ook aan ons bekend is. (Sien voorbeeld aangeheg Ps 116). 3.2. Die begeleiding van die erediens sal met elektroniese opname plaasvind. n Elektroniese opname van orrelspel is reeds gekry. 3.3. Toesig in die erediens sal geskied deur die ouderling aan diens (volgens lys opgestel). Die kommissie stel ook voor dat daar n spesifieke taakspan sal wees wat elke Sondag daar kan wees. Dit sal verseker dat goeie opvolgwerk gedoen kan word. Vrywilligers vanuit die gemeente wat die Engelse dienste wil bywoon, is ook welkom. Die diakens se betrokkenheid is belangrik by die Engelse dienste, veral met hulpverlening. Barmhartigheidsfunksies en ander Diakonale pligte kan ook deel vorm van die Engelse dienste. Die klem op toesig word weer uitgelig, want dit is baie belanglik om suiwere 2

Woordverkondiging te verseker, asook om seker te maak dat alles stigtelik en ordelik verloop in die erediens. Daarom stel die kommissie voor dat daar n spesifieke groep aangewys word om die Engelse diens te behartig, wat register hou, en deeglik terugvoer gee aan die Kerkraad. 3.4. Register van besoekers by die erediens en aangewysde ouderlinge. Dit is van groot belang dat n register gehou moet word van besoekers by die erediens. Hierdie register kan ook net tot sy reg kom deur die wat aangewys is as taakspan, anders kan dit vir die besoekers by die erediens koud en klinies voel as ons register hou. Hierdie register is van groot belang. Daar is verskeie redes: Om gereelde besoekers by die erediens te identifiseer, om sodoende by daardie potensiële lidmate besoek te kan aflê, deur die aangewysde persone. (Opvolg van ernstige bywoners). Om hulp behoewendes te identifiseer, dat daar aandag gegee kan word aan probleem areas hetsy op geestelike of fisieke gebied. (Diakens se roeping is binne, sowel as buite die gemeente). 3.5. Die aanvang van die Engelse diens is onderhewig aan goedkeuring van die kerkraad. Die datum van die erediens moet dus nog vasgestel word, daar word egter aanbeveel dat dit so spoedig moontlik geskied. Die tye van die diens, aan u voorgestel, vanaf 11H00 tot 12H00, Sondae oggende. Ds Marco le Roux sal hierdie Engelse Erediens lei. Sy preke wat in die Afrikaanse diens gepreek is, sal vertaal word. In tye van Nagmaalviering kan ander reëlings gemaak word rakende die tyd van die Engelse Erediens. Die voorstel van die Kerkraad is ook dat ons die gemeente in die saak van die Engelse erediens ken. Die gemeente moet ook ingelig wees en vir ons terugvoer gee. 3

4. Pad vorentoe (lang termyn oor 2-3jaar) 4.1. Ons noem die pad vorentoe, omdat daar getroue bywoners van die Engelse diens sal wees. Ons moet in ag neem dat die Here se werk geseën word. 4.2. Met die verloop van tyd (2-3 jaar, selfs langer) en met die leiding van die Heilige Gees, kan daar gekyk word na die stigting van n Engelse wyk binne die gemeente, met n ouderling en diaken uit eie geledere. 4.3. Om n Engelse wyk tot stand te laat kom, is dit belangrik dat die volgende gebeur: Volwasse Katkisasie sal gedoen word met die mense wat kerkloos was, asook met lidmate wat van nie Calvinistiese of Arminianese kerke afkomstig is. Lidmate van ander Engelse Gereformeerde Kerke waarmee die GKSA kerklike eenheid het, kan opgeneem word as lidmate van die Gereformeerde kerk Newcastle. Hulle sal eers ondervra word ten opsigte van hulle leer en lewe. Die kerke met wie die GKSA kerklike eenheid het, is die volgende Engelse Kerke: Orthodox Presbyterian Church, Free Church of Scotland, Christian Reformed Churches of New Zealand, Australia, Christian Reformed Church in North America. Die kommissie weet nie van Engelse kerke in Newcastle met wie die GKSA kerklike eenheid het nie. Bede: Mag ons Hemelse Vader deur die werk van die Heilige Gees, in opdrag van Jesus Christus ons lei. Mag die voorlegging geseën wees, en mag alles onderhewig staan aan die Soewereiniteit van God ons Vader. Mag ons na die guns van sy welbehae, gehoorsaam wees aan sy koninkryk! Sending- en Bedieningskommissie Gereformeerde Kerk Newcastle. 4

Hierdie voorstel en verslag kan ons soos volg opsom: 1. Dit is belangrik dat die Gereformeerde Kerk Newcastle die evangelie uitdra, ook aan Engelssprekendes direk in ons omgewing. 2. Hierdie Engelse diens vind plaas op sy eie, apart van die Afrikaanse diens. Die Afrikaanse erediens en gemeente gaan voort soos normaal 3. Die predikant se werk rondom die Engelse erediens is SLEGS die Woordverkondiging en besoeke by uiterste gevalle en hoë krisis onder Engelse. Die taakspan aangewys sal voortgaan met opvolgwerk. 4. Die liturgiese orde van die Engelse erediens is soos die Afrikaanse erediens. Hierdie beginsel is belangrik sodat daar behoorlike toesig en orde in die Engelse erediens is. 5. Toesig by die Engelse Erediens word deur ouderlinge gedoen wat aangewys is. n Taakspan vir die Engelse Erediens sal ook van die grond af kom. 6. Alle Afrikaanse lidmate is welkom om die Engelse diens by te woon. 7. Wanneer die Here ons vorentoe (lang termyn) seën met volwasse Engelse gelowiges, word daar na die moontlikheid gekyk van n Engelse wyk. 8. Wanneer ons by hierdie moontlikheid kom, is volwasse katkisasie van kardinale belang. 9. Ons vra dat u die volledige verslag onder oë kry. Gee asb terugvoer aan die hand van die volledige verslag. Die verslag is beskikbaar by die webtuiste www.gknewcastle.co.za As u nie toegang het tot die internet nie, vra u wyksouderling om n nota te maak sodat ons die verslag skriftelik kan gee. 10. U terugvoer as gemeente sal waardeer word. Die Kerkraad wil graag ook die gemeente ken in die situasie van hierdie belangrike saak. Die finale besluit lê by die Kerkraad. 5