Johannes 6:1-15; /07/2014

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Deuteronomium 8: /01/2014

Pragtige Koningin Ester

Johannes 14: /08/2014

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

TrumpetNet, 31 May 2007

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

OESFEES. Oktober 2016

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Die wind as bron van energie *

Maria salf Jesus se voete

Courses for March 2012

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

Die wonder van water *

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

God se beloftes in voorbidding

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

DIE EENHEID VAN EENDRAGTIGHEID

Plekwaardes van heelgetalle *

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

SONDAG 7 JAN 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

GAAN VERTEL MY DISSIPELS

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Wat is vaskulêre demensie?

Jesaja se verklaring vir die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit


Die boek Job en lyding

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

DIT IS DIE OPKOMS VAN DIE SON

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Buite Die Laer Uitgaan

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

PINKSTER 2008 FAMILIES IN DIE KRAGVELD VAN DIE GEES

DIE WEG VAN N WARE PROFEET VAN GOD

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

WELKOM OP HIERDIE SEWE-WEKE-REIS

KWARTAAL Nr. 39. Kix-UK speel lekker met die mini s! Links: AnnaMarie de Klerk van Kix Malawi.

2 DIE GESPROKE WOORD 7 Die president van^die internasionale president, Broer Shakarian, het ek bekend mee geword baie jare gelede. Baie van julle weet

Speel met battery elektrisiteit *

MODULE 2 LEWENSFASE 3

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

ff;? 'Ka M u A. G, K. Z. G. TIP IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) "* SAAKNOMMER: CC 482/8 5 DELMAS

Transcription:

Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As ek hou van Een wat sondes vergewe, dan skep ek vir my so n Here As ek van Een hou wat siekes genees of probleme kan oplos, skep ek vir my n Here wie se belangrikste taak is om siekes te genees en probleme op te los As ek hou van Een wat straf, sien ek die Here as Iemand elke klein dingetjie wat ek verkeerd doen, met brute geweld straf Ek hoop dat ons in die volgende 7 weke by Jesus self sal hoor wie Hy is, waarom Hy aarde toe gekom het, waar Hy nou is en wanneer Hy weer gaan kom. Ek hoop dat elkeen van ons werklik sal groei in ons verhouding met Hom en nie net By Hom sal hoor wie Hy is nie, maar wie Hy wil hê, ek moet wees. Skriflesing: Johannes 5:1-15; 22-36 Ek wonder wie van julle kan raai, watter 2 soorte boeke, is van die beste verkopers in enige boekwinkel? Ek is seker party gaan sê, misdaadromans soos dié van Deon Meyer of biografieë soos dié van John Smith of Riaan Crywagwen of Chris Jobs... Of wat van geskiedenisboeke oor die 2e Wêreldoorlog of van die Voortrekkers of Ontdekkingsreisigers...? Die 2 soorte boeke wat in enige boekwinkel van die beste verkopers is, is kookboeke en dieet boeke is. Kookboeke vertel natuurlik vir ons om lekker kos te maak en dieet boeke - hoe om dit nie te eet nie... Dit bly darem lekker om te eet, maar die gevolge daarvan is nie altyd so lekker nie. Die bekende skrywer en akteur, Orsen Wells wat toe hy n paar jaar gelede oorlede is, 180kg geweeg het, skryf op n plek... Die dokter het vir my gesê om op te hou met sulke lekker intieme aandetes vir 4 mense..., behalwe natuurlik as ek 3 ander mense saam met my laat eet... Maar hoekom eet ons... en hoekom eet ons soms te veel? Seker omdat dit so lekker is... of omdat ons honger is. Ons het natuurlik ook kos nodig het om te leef. Dis alles waar, maar ek het nog iets uitgevind waarom ons soms te veel eet nie. Ek weet nie wie van julle al gehoor het van MSG nie? MSG kom in vreeslik baie kossoorte en lekkernye voor. Ek het 4 vbe. saamgebring kaaskrulle, 2 minuut noodles, aromat en hoenderspeserye... As jy op die verpakking van goed lees om te sien wat dit bevat, gaan jy die afkorting MSG kry of te wel - Mono Sodium Glutamate in Afrikaans Mononatrium glutamaat. Die webblad Wikipedia beskryf MSG - as a food

additive that is commonly marketed as a flavour enhancer. Dit word m.a.w. by kos gevoeg om dit lekkerder te laat smaak - a flavour enhancer. En daar is niks daarmee verkeerd nie, behalwe dat daar baie studies is wat sê dat MSG baie sleg is vir n mens en dat amper verslawend van aard is. Dis hoekom jy begin chips eet en nie kan ophou nie of waarom jy dink jy gaan 1 stukkie hoender eet en dan eet jy feitlik die hele hoender op. Jy is seker nou net so bly soos ek want nou het ons n verskoning waarom ons soms te veel eet... Dis nie ek nie, dis die MSG... die verslawende MSG... Maar dit laat my wonder, wat het die mense in die Bybelse tyd as verskoning gebruik as hulle te veel geëet het of oorgewig was? Hulle het seker nie geweet van MSG nie? Dalk was die kos net lekker of dalk het hulle net nie geweet wanneer om te sê, ek het genoeg gehad nie. Dit maak ook nie saak of jy partymaal te veel eet en of jy elke keer net genoeg eet eet nie, ons almal moet eet. Ons word honger en het kos nodig om te oorleef. So het ons vanoggend van n klomp honger mense gelees. Hulle het eintlik nie eers geweet dat hulle honger is nie. Dis mense wat agter Jesus aangeloop het. Miskien was hulle so vasgevang deur dit wat hulle by Hom gehoor het en deur die wonderwerke wat Hy gedoen het dat hulle nie aan kos gedink het nie. Jesus sien dit raak en besef dat hierdie hierdie mense een of ander tyd sal moet eet. Maar nou praat ons nie van 5/10/20 mense nie. Ons praat van duisende. En daar was natuurlik ook nie soos vandag n Coffeeshop of Restaurant of Supermark om elke hoek en draai waar hulle vir hulleself kon gaan kos koop het nie. Daarom besluit Jesus om iets te doen. Hy vra vir Filippus, een van Sy dissipels, Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet? Hy het egter reeds besluit dat Hy n wonderwerk gaan doen, maar wil hoor wat Filippus sê en daarom vra Hy vir hom, Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet? Hulle bring uiteindelik vir Hom 5 brode en 2 vissies en nadat Hy daarvoor gedank het, begin hulle dit uitdeel totdat duisende mense hulle tot oorlopens toe vol geëet het. Wat n wonderwerk Jesus maak 5 brode en 2 vissies meer sodat n paar duisend mense daarvan kan eet. En was hierdie mense nie beïndruk nie. Ons lees dat hulle daar en dan vir Jesus wou Koning maak. Maar dan sê Jesus vir hulle, Julle soek My nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het M.a.w. Julle soek My nie omdat Ek God is nie wat sulke wonderwerke kan doen nie julle soek my omdat julle van die brood geëet en versadig geword het. Julle soek My omdat julle dink dat Ek vir

julle groot voordeel inhou. Daarom sê Hy ook vir hulle, Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Wat elke mens op aarde nodig het, sê Jesus, is die ware Brood wat uit die hemel kom. Hierdie ware Brood wat uit die hemel kom is Brood met n hoofletter dit is Hyself dit is Jesus self Jy moet Hom inneem Jy moet Hom as t ware Jesus eet Elkeen wat van die manna in die woestyn geëet het, Moses inkluis, het weer honger geword en moes weer eet. Elkeen wat van hierdie 5 brode en 2 vissies geëet het, het weer honger word en moes weer eet. Maar as jy van die Brood wat uit die hemel kom eet, sal jy nooit weer honger word nie en nooit weer dors word nie. Wat Jesus vir hulle probeer sê het is hoe n mens se lewe verander wanneer jy van die Brood van die lewe eet wanneer Hy die belangrikste in jou lewe word. Jy sien, wanneer jy glad nie in God glo nie of nie regtig met Hom n verhouding het nie, gaan die lewe net oor jou. Jy wil kos hê, jy wil klere hê, jy wil n blyplek hê Maar dan kom jy ook agter, dat jy nooit genoeg kry van dit wat jy wil hê nie. Jy wil kos hê, maar jy sal nooit genoeg kos bymekaar kan maak nie. Jy wil klere hê, maar jy sal nooit genoeg klere kan hê nie Jy wil geld hê, maar jy sal nooit genoeg geld kan hê nie. Jy wil meer en meer hê. Dis soos die ou liedjie van die Rolling Stones wat sê, I Can't Get No Satisfaction... ek kan nooit genoeg kry nie... Dit sal aanhou totdat jy werklik van die Brood wat uit die hemel kom, geëet het. Dit sal aanhou totdat jy n lewende verhouding met God het want dan begin daar vir jou n lewe anderkant die graf oopgaan. Eers dan begin jy verstaan dat hierdie lewe nie al is waaroor dit gaan nie. Eers dan begin jy verstaan wat Paulus in 1 Kor 15 bedoel as hy sê, As julle net vir hierdie lewe julle hoop op Christus vestig, is julle die bejammerenswaardigste van alle mense. Dit was eers nadat Paulus van die Brood wat uit die hemel kom geëet het, dat hy kon sê, alles wat vir my so belangrik was, beskou ek nou as waardeloos. Om my Christus Jesus my Here te ken, oortref alles in waarde. Ek hoor nou die dag van n die studiegroep in Pretoria wat bestaan uit n klompie predikante en proffesore (nie almal teoloë nie) en lidmate wat my lyk oor allerhande dinge studie nie... Een van die proffesore van Unisa sou glo die anderdag by die studiegroep gesê het, hy glo nie daar is iets soos n ewige lewe nie, want dit sal darem verskriklik vervelig wees om vir altyd te leef...

Ververlig... vervelig om vir altyd by die Here te wees? Ververlig... om vir Hom alles te vra wat ek nie nou verstaan nie? Ververlig... om my pa en ma en kind of man of vrou of vriend wat dood is in die hemel te sien? Ververlig... om saam met dié miljoene gelowiges waarvan Openbaring praat onophoudelik hierdie oneindige God te prys...? Hoe kan dit vervelig wees as ek die Here wat ek met my hele lewe gedien het, wat ek lief het met alles wat ek is, van aangesig tot aangesig gaan sien? Dit mag vervelig klink vir die wat nie in n verhouding met God is nie. Dit mag vervelig klink vir die mense wat nie van die Brood wat lewe gee, geëet het nie, maar vir my, allermins. Ek sien daarna uit met alles wat ek het. Daarom is die vraag vanoggend, hoe lyk ons dieet? En ek praat nie van dit wat ons elke dag eet nie. Ek is seker almal in die kerk weet reeds wat julle vanmiddag gaan eet en dalk vanaand en môre ook. By ons is dit so. Ons is nog skaars klaar geëet, dan vra ons, wat eet ons vanmiddag of wat eet ons môre. Daar is min mense wat n ete oorslaan selfs al eet jy net ietsie kleins. Maar doen ons dieselfde t.o.v. ons geestelike etes? Hoeveel keer vra ek nadat ek geestelike kos ingeneem het bv. net nadat ek Bybel gelees het - wat eet ons vanaand of wat eet ons môre oggend of hoeveel keer vra ons direk nadat ons uit die kerk gekom het, - nadat ons n groot bord geestelike kos geëet het, wanneer gaan ons weer? Ek weet dit kan nie, maar ek het al baie keer gewonder hoe sal ons lyk as iemand n foto van ons geestelike gesondheid/geestelike lewe sou kon neem... hoe sal dit lyk - lekker oorgewig... of skrikwekkend anorexies...? Na my mening is daar 2 redes waarom ons nie besef dat ons geestelike Brood meer nodig het as gewone brood nie. Die 1e rede het ek reeds na verwys toe ek gesê het - dit gebeur wanneer n mens nie regtig n verhouding met God het nie... Omdat ek nie regtig met Hom n verhouding het nie, gaan dit oor my en nie oor God nie. I Can't Get No Satisfaction... ek is nooit tevrede nie... ek kry nooit genoeg nie... Ek sien dit in myself - wanneer ek n bietjie van die Here af wegbeweeg wanneer ons verhouding nie so sterk is nie dan raak ek so onvergenoegd so ontevrede met alles. Ek is ontevrede met myself... ek is ontevrede met die mense om my... ek is ontevrede met die wêreld waarin ek leef en met met my omstandighede... Ek is nie tevrede nie, maar ontevrede. Die Kerkvader Augustinus het gesê, elke mens het in jou siel n Godgevormde vakuum julle weet wat n vakuum is (verduidelik). En dan probeer ons om daardie vakuum met n klomp goed vol te maak wat ons

dink sin en betekenis aan ons lewe kan gee, maar kry nisk wat werklik sin en betekenis aan ons lewe kan gee totdat ons besef dat daardie vakuum God se plek is. God moet jou lewe vul. Eers dan kan daar sin en betekenis in jou lewe kom. Dis soos iemand anders gesê het: geld kan n huis koop, maar nie n tuiste nie geld kan geleerdheid koop, maar nie wysheid nie, geld kan n bed koop maar nie n goeie nagrus nie, geld kan vir jou invloed koop, maar nie respek nie, geld kan medisyne koop, maar nie gesondheid nie, geld kan n man of vrou koop, maar nie liefde nie I Can't Get No Satisfaction... Ek is nie tevrede nie omdat ek nog nie my vakuum gevul het nie omdat ek nog nie van die Brood van die lewe geëet het nie. Die 2e rede waarom ons nie besef dat ons geestelike Brood meer nodig het as gewone brood nie is omdat ons nie ons verhouding met die Here sien as n liefdesverhouding nie. Hoor mooi die 1e rede waarom ek meen ons nie besef dat ons geestelike Brood meer nodig het as gewone brood nie is omdat ons nie regtig n verhouding met die Here het nie en nou sê ek, die 2e rede is omdat ons nie ons verhouding met die Here sien as n liefdesverhouding nie. Het julle al gesien as 2 jongmense verlief raak en as daardie verhouding begin groei? Hulle kan nie genoeg kry van mekaar nie... Hulle stuur SMSe skryf boodskappies op Facebook, dis drukkies en soentjies... hulle kuier dae en nagte aaneen. Miskien is daar nog n vorm van MSG waarvan ons nie weet nie MSG wat verliefdes na mekaar toe aantrek en maak dat hulle nooit genoeg kry nie. Ek dink dis wat ek en jy nodig het in ons verhouding met die Here een of ander vorm van MSG wat ons verslaaf maak aan Hom, wat maak dat ons net nie genoeg van Hom kan kry nie... Dink net wat sal gebeur as ons ons verhouding met Hom sien as n liefdesverhouding? As ek die Bybel oopmaak sal ek Sy SMSe lees SMSe wat met my praat Joh 3:16 wat sê hoe lief Hy vir my is, Eks 20 waar Hy vir my skryf dat Hy jaloers is as Hy sien daar is ander dinge in my lewe wat belangriker as Hy is... Ek kan Hom terug antwoord terug SMS in my gedagtes en sê, Here, ek het U so lief... Here, daar is niks op hierdie hele aarde wat vir my belangriker is as U nie... As ek na n blom kyk of ek sien iets moois in die skepping sal ek dink, kyk wat het my Geliefde vir my gegee kyk na hierdie pragtige geskenk. As mense my n stywe handdruk gee of my vashou in n tyd van seer, sal ek Sy stem daarin hoor ek sal hoor hoe Hy met my deur mense praat deur mense vir my omgee en ek sal weer Sy stem en Sy hande kan

word wat ander mense vashou en bemoedig. Ek sal Sy oë sien in mense wat vir My lief is en my oë sal iets daarvan begin terugstraal. Broers en susters, die afgelope tyd is ons weer gebombardeer met 67 minute vir Mandela. Ek het niks daarteen nie maar hoekom begin ons nie liewer met 67 minute vir Jesus nie... maar dan nie net 1x n jaar nie elke dag. Ek sê altyd vir voornemende huwelikspare dat hulle moet weet en dis wat geleerdes sê hulle moet weet, om n sinvolle verhouding met mekaar te hê moet hulle minstens 2 ure per dag - 2 ure per dag - in n een tot een verhouding met mekaar verkeer. Miskien is dit 1 van die redes waarom so baie mense skei - hulle spandeer dalk 2 ure per week of 2 ure per maand of 2 ure per jaar in n een tot een verhouding. En na n jaar of 2 sê hulle ons ken mekaar nie meer nie. Ons het vreemdelinge vir mekaar geword. Weet julle wat gebeur as jongemense wat trou, die 2 ure raad volg hulle verhouding groei hulle kom elke dag nader aan mekaar - hulle groei na mekaar toe - raak so ineen gevleg dat hulle naderhand nie net 2 ure per dag in n een tot een verhouding met mekraa is nie, maar 24 uur van elke dag. Die een weet waar die ander een is weet wat die ander een dink en weet wat die ander een voel. En dis wat ons nodig het in ons verhouding met die Here... 67 Minute per dag is verseker nie genoeg nie maar as ons dit begin doen, sal ons na n tydjie vind dat ons so naby aan die Here is dat ons so na Hom toe gegroei het dat ons naderhand 24 uur per dag in kontak met mekaar is... Moenie vandag Jesus se uitnodiging mis nie Hy nooi ons uit om weer te eet om elke dag te eet van die Brood wat lewe gee. Hy nooit ons uit om die vakuum in ons opnuut te vul Hy wil met jou en my in n liefdesverhouding wees. Amen