TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Size: px
Start display at page:

Download "TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION"

Transcription

1 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans Examiner Mrs. Brits Date 8 June 2015 Total 100 marks Session 1 Duration 2 Hours Grade 7 Moderator Mrs. Pienaar Special Instructions/ equipment 1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings: AFDELING A: Begripstoets /30 AFDELING B: Taalwerk /60 AFDELING C: Poësie /10 2. Jy moet al drie afdelings doen. 3. Beantwoord die vrae op die lyntjiespapier. 4. Volg die instruksies noukeurig. 5. Jy man highlighters of gekleurde penne op jou vreastel gebruik. 6. Moenie vergeet om jou naam, van en klas op jou vraestel te skryf nie. 7. Baie sterkte! This Exam has been compiled using notes and information contained in the Tom Newby School book. The marking memorandum has been compiled accordingly. While alternative responses will be given due acknowledgement, the official memorandum will be considered a priority document to ensure uniformity of marking. Up to 10% of the total mark allocation may be deducted for spelling and grammatical errors, except in the case of Language papers, where deductions are made according to a memorandum. Time allocation on this examination includes provision for concession.

2 2 Baie belangrik: Lees die onderstaande kortverhaal Ses. Die vrae vir Afdeling A en Afdeling B is op die kortverhaal gebasseer. Ses n Kortverhaal deur Riana Scheepers Die meisiekind hol agter die tennisbal aan waar dit half teen die skouer van die pad afgerol het. Net bokant haar druis die verkeer in die pad verby. Sy kan die karre ruik waar hulle in n lang ry voor die robot staan en sputter, sy kan hulle hoor grom. Die bestuurders rev die karre van haastigheid. As die robot na groen oorslaan, brul die karre en storm vorentoe. Die bal het byna tot in die pad gerol. Dit lê in die dik gras net aan die onderkant waar die teer begin. n Vier vir Tollie. Of tel dit nou vir ses? Sy tel die bal op en gooi dit vir Rodney wat hande-in-die-sye-kwaad daarvoor wag. Hy moet boul. Jy moet wakker slaap, meisiekind! Skree hy vir haar, ons stuur jou huis toe as hy hier staat en niks doen nie! Aag, voesêk jy! Skree sy terug, ek maak jou team vol! Hei, hei jy. Maak oop jou oge! Skree Rodney vir haar. Sy het nie die bal sien kom nie. Sy het staan en kyk na die seemeeue wat skuins bokant hulle koppe draai en skreeu en vlerkklap. Die bal het reeds verby haar teen die skuinsste tussen die grasse ingeskiet. Loop kry daai bol voordat dit onner die lorries kom! As jy wil saamspeel hier, sal jy jou oge moet begin oopmaak! Skree James. James is aan haar kant. Hy is op die covers.

3 3 Nou kry dan jou pote bymekaar en vang die bol as hy jou kant toe kom! Die kinders speel. Die driehoek stuk wilde veld tussen die N2 en die afdraai Guguletu toe is krieketveld. Die karre jaag aan drie kante verby, al om die krieketveld. Tref die bal die pad of oor, is dit n ses. Aan die ander kant van die afdraai Gugs toe staan die woonstelblokke waar hulle bly. Vra iemand jou waar jy bly en jy sê by daai lelike flêtse, dan weet almal waar dit is. As dit reën, staan die krieketveld n dam vol water en dan kom die seemeeue daarin bad. Hulle vlieg sowaar reguit van Rocklands en Kampsbaai af Mitchells Plain toe om hier in die water te kom sit, dink sy. Sy staan weer en wag. Kyk hulle uit. Tollie se team is besig om te wen. Die ander twee van Tollie se team is uit en hulle score is al 31. En Tollie het nou die bat en hy s n bliksem met n bat, hy weet dit ok, simpel ding. Dis Eldrid se bat. Hy het dit een middag langs die skool se krieketbaan opgetel nadat Jan van Riebeeck-Laerskool teen hulle gespeel en nog verloor het ook. Hy het die die bat gevat en nie vir meneer daarvan gaan sê nie, optelgoed is vatgoed, dis syne fêr en skwêr. Rodney, James en n meisiekind, Eldrid, Selwyn en Tollie. Rodney se team gaan lose, so seker soos niks, sy weet dit sommer. Tollie slaan weer die bal, maar James is daar. Tol kry net een lopie by. Rodney loop terug vir die boul tot by die stuk plastiek wat hulle met n baksteen vasgepak het. Hy vee, vee die bol teen sy broekspyp, spin dit in die lug in met n draai van sy pols en vang dit weer.

4 4 Jonty Rhodes, ek sê. Ek wil ok n slag boul! Skree sy vir Rodney net voordat hy wil wegspring. Ek moet net hier staan en hol vir julle! Sy moet hard skreeu sodat hy haar bo die lawaai van n groot lorrie kan hoor. Jy moet eers wys dat jy n bol kan vang! Vang jy maar net die bol en hou op moun! Skree Tollie agter die bat. Sy vervies haar. Ek loop nou! Ek willie meer speel nie, ek gaan hys toe. Sy trek haar rok, wat sy in haar pentie ingedruk het, vir die hardloop, weer uit. Sy loop. Hulle kan maar hulle ou krieket hou, hulle dink sy is stjupit net omdat sy n meisiekind is. Wat hulle nie weet nie is dat n meisiemens veel beter is met dinge, selfs om n bol te vang, antie Mary het self so gesê, party vroue is soos blits op n bol. En meisies is slimmer op skool en gouer groot en hulle weet van allerhande dinge nog voordat seuns daarvan weet omdat hulle hul oge kan oophou en dinge sien wat seuns nie eens van weet om na te kyk nie, wê! Sy loop en hoor hulle ewe skielik hard en opgewonde agter haar skrou. Sy draai om en kyk op, sien die bol met n helse boog na haar kant toe aankom. Sy hoor hulle stemme, sien vaagweg hoe hulle almal in verskillende rigtings hol. Tollie na die baksteen en plastiek toe, Rodney en James na haar se kant toe, maar hulle sal dit nooit maak nie, dis n ses all right, al het sy nog nooit een gesien nie. Tensy sy dit gevang kan kry. Catchers. Whap! Klaar met Tol en sy blêrrie bek. Sy begin hardloop. Onder die bal in. Daar waar die bal sal val, daarheen hol sy. Sy voel nie die grond en die grasse onder haar kaal voete nie, en sy kyk

5 5 nie vir die glasstukke en die ysters en die goete wat hier rondlê en wag om haar te sny nie. Haar oë bly op die groengeel bal wat soos n son en n klip en n engel na haar toe aankom. Sy gaan hom vang sy weet dit. Sy hol na die bol toe wat kom, sy steek haar maer arms uit, maak haar benerige vingers bak. Sy is onder die bal AFDELING A: Begripstoets Beantwoord die volgende vrae in volledige sinne. Geen Engels. 1. Hoeveel karakters is in die kortverhaal? Maak n lys met hulle name, dui aan watter een die hoofkarakter is. (5) 2. Kwoteer twee feite uit die leesstuk wat aandui dat die plek waar die kinders krieket speel nie veilig is nie. (2) 3. Waar het Eldrid die kolf gekry? Dink jy hy moes dit gehou het? Gee n rede vir jou antwoord. (3) 4. Waar of Onwaar: (indien die antwoord onwaar is, maak dit reg.) a) Sy het haar rok in haar kouse ingedruk. (1) b) Tollie se team verloor. (1) c) In n profesionele krieketspan is daar elf spelers. (1) 5. Die skrywer gebruik sleng woorde in die leesstuk. Gee die sleng woord, uit die leesstuk, vir die volgende: a) Fair and Square (1) b) Dom/simpel (1) c) Woonstelle (1) 6. Daar is baie spelfoute in die gedig. Skryf drie neer. (3) 7. Dink jy krieket moet deur seuns of meisies gespeel word? (1) 8. Wie is op die covers? (1) 9. Wat moet sy eers kan doen voordat die seuns haar sal laat boul? (1) 10. Volgens die hoofkarakter is meisies beter as seuns, watter redes gee sy hoekom sy so sê? (3) Stem jy met haar saam? (1)

6 6 11. Die kortverhaal eindig met dit beteken die kortverhaal is nie klaar nie. Wat dink jy het aan die einde gebeur? (1) 12. Met watter bekende krieketspeler vergelyk die hoofkarakter vir Rodney? (1) 13. Waar speel die kinders krieket, in watter provinsie in Suid-Afrika is dit? (2) TOTAAL: 30 AFDELING B: Taalwerk Gebruik die leesstuk ses om die volgende vrae te beantwoord. Skryf asseblief netjies en leesbaar. Spelling tel. Vraag 1 Herskryf die volgende sinne in die verlede tyd: 1. Hy kry sy pote bymekaar en vang die bol 2. Vandag is Tollie se team besig om te wen. 3. Die bestuurders rev die karre omdat hulle ongeduldig is. 4. Van hierdie jaar af speel die kinders krieket op die stuk oop veld. 5. Sy vervies haar. Vraag 2 Verdeel die volgende woorde in lettergrepe en daarna in klankgrepe. Skryf jou antwoord in tabelvorm. Onthou jou opskrifte. 1. Grasse 2. Verskillende 3. Allerhande 4. Tennisbal

7 7 5. Opgewonde Vraag 3 Skryf die korrekte trappe van vergelyking neer: Tollie is die 1.(goed) krieketspeler in die span. Die kinders speel op n veld waar die karre gedurig raas. Die motoriste ry te 2.(vinnig). Die kinders hou 3.(baie) daarvan om krieket te speel as om skool toe te gaan. Die seuns hou nie baie daarvan wanneer meisies saam met hulle krieket speel nie. Hulle sê meisies hardloop stadig en kan nie n bal vang nie. Tog dink seuns dat meisies baie 4.(mooi) is, al sal hulle dit nooit erken nie. Krieket is n baie goeie sport om te speel en om te kyk. Dit is baie opwindend wanneer jou span wen. Om n krieketspeler te wees moet jy 5.(fiks) as die gewone mens op straat wees. Hulle oefen lang ure en spandeer ook baie tyd in die gimnasium. Vraag 4 Gebruik die voegwoord tussen hakkies om die sinne te kombineer. 1. Meisies kan nie n bal vang nie. Seuns wil nie hê dat meisies saam met hulle moet krieket speel nie. (daarom) 2. Meisies speel netbal. Seuns speel krieket. (en) 3. Die seuns maak die meisies baie kwaad. Die meisies en seuns speel krieket. (nogtans) 4. Die anties raas met die seuns. Hulle het met die meisies baklei. (omdat) 5. Die meisies eet roomys. Die seuns speel krieket. (terwyl) Vraag 5

8 8 Soek die volgende woorde se Engelse vertaling in die leesstuk. 1. Kla 2. Telling 3. Woonstelle 4. Verloor 5. Span Vraag 6 Identifiseer telkens die sinsoort: 1. Vang jy maar net die bol en hou op moan! 2. Ek loop nou! 3. Kyk hulle uit. 4. Of tel dit nou vir ses? 5. Sy begin hardloop, onder die bal in. Vraag 7 vang Tollie hardloop Span krieketspelers Vervies broekspyp Gou-gou tennisbal Kyk na die woorde in die woordblok. Identifiseer die selfstandige naamwoorde in die blok. Skryf jou antwoord in n breinkaart onder die opskrifte: Eienaam Soortnaam

9 9 Versamelnaam Abstrakte selfstandige naamwoord Vraag 8 Verander die volgende sinne in die ontkennende vorm: 1. Dit is altyd lekker om krieket te speel. 2. Meisies is baie goed met netbal en seuns is baie goed met krieket. 3. Ons skool het n baie goeie krieketspan, hulle wen al hulle wedstryde. 4. Wanneer daar n krieketwedstryd plaasvind moet iemand die telling hou. 5. Krieket is n bekende sport, mense speel dit regoor die wêreld. Vraag 9 Gee teenoorgestelde vir die volgende woorde uit die leesstuk: 1. Bo-op 2. Toemaak 3. Verloor 4. Dun 5. Eindig Vraag 10 Dui aan of die volgende lettergrepe oop of geslote is: 1. See-meeu-e 2. Groen-geel 3. Be-ne-ri-ge 4. By-me-kaar

10 10 5. Krie-ket Vraag 11 Pas kolom A by kolom B. Skryf slegs die nommer met die korrekte letter. Byvoorbeeld: 1. C A B 1. Verlede tyd A) Hartseer 2. Klankgrepe B) Eina! 3. Uitroepsin C) Los my uit! 4. Toekomende tyd D) Gister was Sondag. 5. Abstrakte selfstandige Naamwoord E) Volgende jaar sal ek in graad 8 wees. 6. Ontkenning F) Dit is nie my liniaal nie. 7. Lettergrepe G) On-der-wy-ser 8. Voegwoord H) Ek moet ashton College toe gaan omdat ek die toelating eksamen moet skryf. 9. Eienaam I) Tom Newby School 10. Bevelsin J) O-ner-wy-ser Totaal: 10 2=5

11 11 AFDELING C: Poësie Susarah kla Ek dink nie dis fair en square Ja, Susarah, vra Ma, en wat is dit wat dié keer pla? Ek het g n soos álmal n au pair! Dis hoekom ek tuis bly, Susarah. Ek dink Ma moet nou n regte job kry en minder met my en die molle stry. Maar dis glad nie al wat pla Ek het ook g n chauffeur wat my rondry in n cute karretjie met n afslaankap. Ek het nog nie in Parys of Milaan rondgestap óf n outfit van Errol of Gert gekry. En hoekom is my naam Su-sa-rah en nie Jacqui, Ruby of Shelainne? My naam is lame, dit gee my n pyn, ek gaan dadelik n nuwe ID vra! Ma weet, PG13 is so passé en my baby fat maak my genuine stress, Ek móét net aansluit by Weigh-Less en n sel met kamera en internet kry! Wat van die maan? Of Tom Cruise op Robbeneiland? Jy kyk fliek, jy t Cell C en Bloubergstrand! Wanneer sal Susarah ophou bla-bla kla? Sjoe, Ma! Relax Ma! Ek t maar net gevra! ~Adri Troskie-Vivier

12 12 Vrae: Beantwoord die vrae oor die gedig Susarah kla. Jy hoef nie in volledige sinne te beantwoord nie. 1. Identifiseer die rympatroon in die gedig. Gee n rede vir jou antwoord. (2) 2. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? (1) 3. Noem een ding, uit die gedig, waaroor Susarah kla. (1) 4. Wie is die digter? (1) 5. Susarah is ongelukkig oor n klomp goed in haar lewe. Haar ma herinner haar aan die dinge wat sy wel het. Noem een. (1) 6. Uit hoeveel reëls bestaan die gedig? (1) 7. Identifiseer die karakters in die gedig. (2) 8. Gee jou opinie oor Susarah. (1) Totaal: 10

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans Examiner Mrs L Brits Date 10 June 2016 Total marks 80 Session 2 Duration 2 Hours Grade 7 Moderator Mrs W Pienaar Special instructions/ Equipment This exam

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

1 Eerste Termyn 2015

1 Eerste Termyn 2015 1 Eerste Termyn 2015 2 Klanke (sounds) Vokale Klinkers (vowels) Konsonante Medeklinkers (consonants) Diftonge Tweeklanke (diphthongs) A M aai (braai) E Z ooi (mooi) O W eeu (leeu) I B oei (koei) U Woord

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30] MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans Examiner Mr. Ellis Leesbegrip en Taal Date 8 June 2017 Total marks 45 Marks Session 1 Duration 1 11 Hours 22 Grade 4 Moderator Mrs. Pienaar Special instructions/

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. 1 Maats by die skool Luistertyd: So groet ons Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land. Hallo! My naam is Patricia.

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

TOM NEWBY SCHOOL. SESSION: Mrs Pienaar

TOM NEWBY SCHOOL. SESSION: Mrs Pienaar TOM NEWBY SCHOOL SUBJECT: Afrikaans EXAMINER: Mrs Britz DATE: 10 June 2014 MARKS: 80 SESSION: 1 TIME: 2 Hours GRADE: 7 SESSION: Mrs Pienaar This Afrikaans Test has been compiled using notes and information

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld 12 n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Luister na die titel, kyk na die prentjies. Waaroor, dink jy, gaan die verhaal? Jock van die Bosveld Daar was n oulike, klein bruin hondjie

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

n Dieredrama: Kameelperd

n Dieredrama: Kameelperd 3 n Dieredrama: Kameelperd en Renoster Luister- en praat: Twee gedigte Pre-luister: Noem n paar wilde diere wat jy al gesien het. Tydens luister: Luister na die twee gedigte oor wilde diere. Kameelperd

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin- Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) GRAAD : 12 DATUM : AUGUSTUS 2015 VRAESTEL : TAAL TYD : 1 UUR PUNTE : 40 EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100 EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 100 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture 78 9780636119918_SG_6_L_FR TXT.indb 78 2012/07/25 3:34 M Lesreeks 7 Praattyd: Praat oor die prent Kyk na die diere rondom die prent. Sê hulle name hardop. Soek dan

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang 10:51 18 JUNIE 1992 233 KASSET 2 5A Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Honderd persent, dankie. --ooo-- Luitenant Schoeman, kom verby(?). --ooo-- ^ 0:51 Enigiemand wat my kan help, wat is die

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING, EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie EN L. B. HOSKING, vroeer onderwyseres vir Kindertuin-Metodes aan die Opleidingskollege Wellington,

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN NOVEMBER EKSAMEN 2015 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFRIKAANS Kwartaal 3 - Hoofwerkwoorde, hulpwerkwoorde en deelwoorde - Selfstandige naamwoorde - eienaam / soortnaam (telbaar en ontelbaar,

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2012 Moderatore: Mev. A. Nell Mnr. M. Smith PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 12 bladsye.

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

KARAKTERS. CRUELLA DE VIL Deur mekaar, rook baie en skree as sy praat Two and n half men vrou verslaaf Dexter s Laboratory Kort en slim

KARAKTERS. CRUELLA DE VIL Deur mekaar, rook baie en skree as sy praat Two and n half men vrou verslaaf Dexter s Laboratory Kort en slim 7 1 KARAKTERS MAN STEM VROU STEM UGLY BETTY Baie slim en lelik SCOFIEL Aantreklik, bietjie dom KIND 1 Oor rond haar woorde KIND 2 Kaapse aksent AMANDA Soos in die Ugly Betty MARC Soos in Ugly Betty CRUELLA

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD n Paar wenke: Hierdie volledige patrone en instruksies word gratis van ons webwerf afgelaai. Dit is oorspronklike patrone deur Pauline Matthee (met inspirasie

More information

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit? OpenStax-CNX module: m23724 1 Advertensies * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk education Department: Education GAUTENG PROVINCE Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS HT Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. GOO JOHANNESBURG

More information

Wise Old Owl Educational Products. Afrikaans. Graad 4. Taal Werkkaarte & MEMORANDUMS

Wise Old Owl Educational Products. Afrikaans. Graad 4. Taal Werkkaarte & MEMORANDUMS Afrikaans Graad 4 Taal Werkkaarte & MEMORANDUMS 1 Afrikaans Begripstoetse 2 Naam: Werkkaart 1 Toaal: /20 boomhuis agter in Susan se huis, waar hul graag speel. Hulle is lief vir speel. Daar is blokkies,

More information

Digitale Produkte. Katalogus

Digitale Produkte. Katalogus ... leer speel-speel! Digitale Produkte Katalogus www.lomi.co.za info@lomi.co.za Afrikaanse Produkte Die Somme(r) Pret reeks is propvol opwindende aktiwiteite om basiese wiskundevaardighede op n prettige

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK LITURGIE SONDAG 18 Mei 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Trompette: Johan & Coenie Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Psalm 148 & 150 Hannes Lof Hy laat die

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m31862 1 Afronding * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie

More information

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????: Pastoor Hannes Struwig omgee gemeente Groblersdal 071 303 8429 1 Ons moet onthou dat in alle tale, woorde is wat meer as as een betekenis het, soos byvoorbeeld

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

18 Junie :02-11:54

18 Junie :02-11:54 B O IP A T O IM G K A S S F T T F 18 Junie 1992 09:02-11:54 Lanierkassette 2 4A, 2 5A, 2 6A Volume 3 (Bladsye 164-265) VLOK OPNAMENS EN TRANSKRIPSIES BK REG. NO. CH89/21241/23 18JUNIE 1992 164 KASSET 2

More information

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) * OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

More information

UNIVERSITY OF KWAZULU-NATAL - PIETERMARITZBURG EXAMINATIONS : NOVEMBER 2006 SCHOOL OF LANGUAGE, LITERATURE AND LINGUISTICS

UNIVERSITY OF KWAZULU-NATAL - PIETERMARITZBURG EXAMINATIONS : NOVEMBER 2006 SCHOOL OF LANGUAGE, LITERATURE AND LINGUISTICS UNIVERSITY OF KWAZULU-NATAL - PIETERMARITZBURG EXAMINATIONS : NOVEMBER 2006 SCHOOL OF LANGUAGE, LITERATURE AND LINGUISTICS COURSE: Inleidende Letter- en Taalkunde Code: AFRN140 P2 DURATION : 3 Hours TOTAL

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

University Of Pretoria

University Of Pretoria University Of Pretoria Faculty Of Engineering, Built Environment And Information Technology Student Number: Name: Surname: Email: Contact Number: Signature: Student Information Test Information Subject:

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2012 MPUMALANGA PUNTE: 120 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele

More information

Maria salf Jesus se voete

Maria salf Jesus se voete Maria salf Jesus se voete Kinders kry die belewenis dat Maria iets kosbaar vir Jesus gegee het en dat hulle ook iets kosbaars vir Jesus kan gee om dankie te sê vir wat Hy vir elkeen van hulle gedoen het.

More information

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1 Is Egipte in die hemel? ISBN: 978-0-6205576-6-5 Kopiereg 2018 deur Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries 023359 NPO Indien die boek vir jou

More information

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB201:1-3 Lofsing die Heer (G) Oorwin:1-3 Ek sien in

More information

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3 MATTEUS 18:3-5 Votum Seën Psalm 138 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 10-2 (59) Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 121

More information

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit dat hy na n landdros is en dat hy daar n bekentenis gemaak het? --- Edelagbare, ek het

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2015 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 ENGLISH DEMARCATION: 8 JUNE 2015 Comprehension Test Language Proper nouns: (Susan, Roodepoort) and Common nouns: (desk, pencil, girl...)

More information

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson BEWYS SY WOORD, Laat ons bly staan en ons hoofde buig. Here Jesus, ons is dankbaar teenoor U vanmôre vir die voorreg om in U Teenwoordigheid in U huis te kan kom, waar U mense in U Naam vergader het. En

More information

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module m26960 1 Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? V IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993? SAAKNOMMER: CC 482/83 DELMAS 1987-03-11 Cr DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOR 5Y EDELE REGTER VAN

More information

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Mei 2017 2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing. Ps 122: 1, 2 vooraf Ps 146: 1, 2, 3 lofpsalm Ps 138: 1, 3 na wet Ps 65: 2, 4 as antwoord op die Woord Ps

More information

Drive your imagination. Story power at your library. Die mag van stories by jou biblioteek. Story Power. 12 April Join us

Drive your imagination. Story power at your library. Die mag van stories by jou biblioteek. Story Power. 12 April Join us Edition 91 Afrikaans, English Story power at your library Are you a librarian who wants to share the power of stories and reading with children? Are you looking for ways to get children to visit the library

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 PUNTE: 80 TYD: 2 uur *IAFRFA1* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/NOVEMBER

More information

Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling

Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Dag 1 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling voorbeeld: n verjaarsdagpartytjie of n ongeluk. Die klas bespreek die gebeure wat in die prente uitgebeeld word. (Sit die prente Leerlinge verdeel

More information