Aardbewings * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 3 5 AARDBEWINGS

Size: px
Start display at page:

Download "Aardbewings * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 3 5 AARDBEWINGS"

Transcription

1 OpenStax-CNX module: m Aardbewings * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 3 5 AARDBEWINGS 1. Die voorkoms en ontstaan van aardbewings Een wetenskaplike wat self `n sterk aardbewing ervaar het, het op `n keer vertel dit het vir hom gevoel of die hele wêreld `n mat geword het wat `n slag of wat goed geskud en toe weer neergegooi is. Die mense, die geboue, die berge - alles en almal was niks meer as stoes in daardie mat nie, het hy gesê. [uit Huisgenoot se Jongspan, 21 Mei 1987] Jy moet onthou dat die aardkors opgebou is uit groot plat rotsplate. Hulle is kilometers dik en dryf bo-op die dik, warm massa magma van die mantel. Hierdie bewegings is baie stadig en `n mens kan dit nie voel nie. Die rotslae van die aardkors wat nader aan die mantel lê, is warmer en buig maklik. Nader na die oppervlak van die aarde is die gesteentes kouer en dus harder. Waar die aardplate mekaar ontmoet, bots hulle of skuur hulle teen mekaar. Wat ook al die rede vir die bewegings in die rotse is, sal hulle nie net buig of plooi nie. Hulle breek letterlik af soos wanneer jy `n stukkie hout in twee sal breek. Die aardkors kan vir `n tyd lank die spanning en druk weerstaan wat deur die bewegings binne-in uitgeoefen word. Skielik kan dit nie verder plooi nie en breek af. `n Verskuiwing van rotslae vind plaas en mense ervaar dit as `n aardbewing. `n Verskuiwingslyn word gevorm wat selfs bo-op die aardoppervlakte gesien kan word. Aardbewings duur slegs `n paar minute en naskokke kom ook nog vir `n tydjie daarna voor. Die bekende San Andreas-verskuiwingslyn loop dwarsdeur San Francisco in die Amerikaanse staat Kalifornië. Miljoene mense woon hier en is bewus van die gevare. In guur 5 word aangetoon hoe die reuse rotsblokke baie stadig by mekaar verby skuif (5 7 cm per jaar). As die kante aan mekaar vashaak (spanning word te hoog), skuif die rotse skielik en breek af. Die gevolg `n aardbewing het voorgekom. Die San Andreasverskuiwingslyn * Version 1.1: Jun 3, :02 am

2 OpenStax-CNX module: m Figure 1 `n Seismograaf word gebruik om die sterkte van `n aardbewing te meet

3 OpenStax-CNX module: m Figure Aktiwiteit 1: 5.2 Om `n model van `n aardbewing te bou 5.3 [LU 2.1, 2.3] 1. Maak `n model van `n aardbewing: Werk in groepe. Kry twee ewe dik houtplanke en plaas hulle langs mekaar. Maak boublokke van karton wat bakstene, huise of geboue voorstel. Plaas die boublokke oor die verskuiwingslyn (daar waar die twee houtplanke aanmekaar raak). Trek nou die planke weg van mekaar of in teenoorgestelde rigtings.

4 OpenStax-CNX module: m Figure 3 2. Verduidelik wat presies met die blokke gebeur? 3. Wat word die verskillende stukke (die twee houtplanke) waaruit die aardkors opgebou is, genoem? 4. Wat dink jy kan gedoen word om geboue meer bestand teen aardbewegings te maak. Hou `n groepbespreking en doen dan verslag aan die klas. 6 Waar kom die meeste aardbewings dan voor? Aardbewings kom veral voor op die rand van die aardplate daar waar die aardplate stadig na of van mekaar beweeg. Die bewegings veroorsaak dan aardbewings in die lande bo die rand van die plate. Lande wat in die middel van die plate lê, word nie ernstig deur aardbewings bedreig nie. Suid-Afrika lê in die middel van `n aardplaat en sal dus nie sommer `n groot aardbewing beleef nie. Nogtans is roeringe in die aardkors se mantel ook hier aanwesig. Dink maar aan die Bolandse aardbewings by Ceres in 1969, wat baie skade aangerig het, asook die aardbewings by Stilfontein in Maart In die volgende leereenheid oor vulkane sal jy op die kaart sien dat aardbewings en vulkane op dieselfde plekke voorkom.

5 OpenStax-CNX module: m Aktiwiteit 2: 6.2 Om op `n wêreldkaart die areas aan te dui waar aardbewings voorkom 6.3 [LU 2.1] Teken die wêreldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur dit dan rooi in. 2. Die uitwerking (gevolge) van aardbewings op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite Lees die meegaande tydskrifartikel sorgvuldig deur. Jy loop so ewe rustig in `n straat in jou stad of dorp en skielik begin die grond om jou golf soos `n dam waarin `n klip gegooi is. `n Vreeslike dreuning, byna soos `n weeklaag, styg van die aarde uit op. Om jou tuimel die geboue soos kaarthuise inmekaar, en voor jou bars die teerstrate oop soos lang repe sagte, geskeurde karton. Spoorlyne buig en skeur, brûe stort ineen, damwalle breek. Mense en motors val in die grootste skeure. Dit gaan weer toe, en hulle verdwyn vir altyd. Oral stort bakstene, betonblokke, balke en pilare neer op mense, wat heen en weer skarrel en skuilplek soek wat daar nie is nie. Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word. Water stroom uit gebarste pype. Vensters se ruite het verbrokkel tot vlymskerp skerwe tussen die rommel om die ellende nog erger te maak. Alleraakligste natuurramp! Verskrikking soos die mens hom van die vroegste tye af ken. `n Aardbewing! Huisgenoot, Jongspan, 21 Mei `n Aardbewing soos dié is `n baie ernstige ramp, maar gelukkig is almal nie so intens nie. Daar is omtrent elke 30 sekondes `n trilling in die aardkors, maar slegs 500 per jaar word regtig gevoel. Gelukkig is dit slegs `n paar wat af en toe baie skade aanrig en duisende lewens eis. 6.4 Aktiwiteit 3: 6.5 Om die gevolge van aardbewings te bespreek 6.6 [LU 2.1, 2.2] 1. Lees die tydskrifartikel sorgvuldig deur. Bespreek in groepe die gevolge wat aardbewings het op: a) Die mens b) Die natuur 2. Versamel foto's, prentjies en uitknipsels van aardbewings. Bring dit na jou klaskamer en hou `n bespreking. Vul jou aantekeninge daarmee aan. 3. Lees die volgende paragraaf oor Tsoenami's. Versamel kaarte, foto's en ekstra inligting oor die uiters vernietigende tsoenami wat op 26 Desember 2004 in Suid-Asië voorgekom het. Skryf `n volledige verslag daaroor. Tsoenami nog `n gevolg van aardbewings! As die rotslae op die oseaanvloer skielik beweeg, word die oorliggende seewater ook beïnvloed en `n golf ontstaan in die see wat teen 800 km per uur kan beweeg. Sodra die golf die vlakker baaie van kusgebiede nader, dam dit hoër op en kan tussen meter hoog wees. Dit rig baie ernstige verwoesting aan omdat hawens en dorpe langs die kus oorstroom en verwoes kan word. 3. Hoekom sommige mense `n hoër risiko as ander is As jy kyk na die wêreldkaart (guur 8 op p. 34) waarop die aardplate aangedui word, sal jy sien dat van die digsbevolkte areas van die wêreld op van hierdie verskuiwingslyne voorkom. Geweldige lewensverlies kan dus voorkom, indien `n aardbewing sou voorkom In ontwikkelde lande soos Europa, die VSA en Japan kan `n aardbewing nog redelik hanteer word en verliese kan geminimaliseer word. Geboue, paaie en brûe word spesiaal ontwerp en gebou om aardbewings te kan trotseer. Hierdie lande se infrastruktuur is uiters goed ontwikkel en daar bestaan doeltreende gesondheidsorg- en mediese dienste wat onmiddellik beskikbaar is in noodtoestande.

6 OpenStax-CNX module: m In die ontwikkelende dele van die wêreld is dit egter `n ander storie. Baie lewens word geëis en omtrent alle konstruksies word vernietig. Geboue is op die goedkoopste manier gebou en verkrummel eenvoudig onder die krag van n aardbewing. Duisende word dakloos, honger en beseer gelaat. Die infrastruktuur is van so `n aard dat hulp nie betyds by die mense kan uitkom nie. Lyke begin ontbind en die drinkwater word besoedel. Dit veroorsaak weer siektes wat die dodetal verhoog. 6.7 Aktiwiteit 4: 6.8 Om die redes te bespreek waarom mense in gebiede woon waar aardbewings voorkom 6.9 [LU 2.2] 1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar aardbewings is? Dink goed hieroor na en gee dan jou eie opinie. 2. Waar sal jy wegkruip as `n aardbewing jou omgewing tref? 4. Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering Kan aardbewings voorspel word? Ongelukkig is dit nie honderd persent moontlik nie. Tog word intense studies van die aardkors gedoen en sensitiewe instrumente verklik die kleinste beweging wat in die aardkors voorkom. Wetenskaplikes gebruik spesiale metodes en toerusting, byvoorbeeld seismograwe, om aardbewings te bestudeer en te probeer voorspel. Seismograwe kan enige beweging van die aardkors waarneem. Indien voorskokke voorkom, kan wetenskaplikes bewus word van aktiwiteite in die aardkors en waarskuwings kan betyds uitgereik word. Sekere satelliete is ook in staat om bewegings van die aardkors waar te neem en sodoende kan waarskuwings ook uitgereik word. Ander onwetenskaplike metodes van waarskuwing kan ook nuttig wees om moontlike aardbewings te voorspel, byvoorbeeld: die verandering in die watervlak van ondergrondse bronne, soos dié van `n waterput; die skielike vreemde gedrag van diere. Die moontlike suksesvolle voorspelling van aardbewings help dat waarskuwings gegee kan word sodat ontruiming betyds kan geskied. Sodoende word lewensverliese beperk. Of almal na die waarskuwings luister, is natuurlik `n ope vraag. Onthou net alle aardbewings kan nie voorspel word nie, want dit gebeur te vinnig sonder enige voorskokke of voortekens Aktiwiteit 5: 6.11 Om `n lys van noodmaatreëls in geval van `n aardbewing op te stel 6.12 [LU 2.3] Verbeel jou jy bly in `n area waar daar baie aardbewings voorkom (`n swak plek in die aardkors). Stel `n lys met noodmaatreëls op wat gedoen kan word voor, tydens en na `n aardbewing voorgekom het. Teken `n wêreldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur dit dan rooi in. 7 Assessering

7 OpenStax-CNX module: m Leeruitkomstes(LUs) LU 2 AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder: 2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identiseer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. Table 1 8 Memorandum Aktiwiteit 1: 1. Bou `n model. Die onderwyser moet sorg vir twee ewe dik houtplanke en 7-9 boublokke wat uit karton gemaak word. Volg die aanwysings soos uiteengesit in Leereenheid 4, bladsy 5, om die eksperiment uit te voer. 1. Sodra die planke weg van mekaar af, in teenoorgestelde rigtings, getrek word, begin die boublokke ook skuif. As die beweging van die planke verder aanhou, tuimel die boublokke inmekaar. 2. Die twee houtplanke verteenwoordig twee verskillende aardkorsplate, waaruit die aardkors opgebou is. 4. Sien uitknipsel oor aardbewings en ontwerp van geboue en voeg hier in as die memo asseblief. Leerders kan ook hul eie opinie gee. (Sien saamgestuurde nota vir antwoord.) Aktiwiteit 2: Laat leerders die wêreldkaart afteken. Die onderwyser kan ook `n buitelynkaart van die wêreld aan leerders voorsien. Leerders dui in rooi aan waar aardbewingsareas in die wêreld voorkom. Aktiwiteit 3: 1. a) Die mens: Baie mense sterf of word ernstig beseer. Miljoene rande se skade word aangerig. Geboue stort ineen of groot skade word aangerig. Teerstrate buig en skeur oop. Spoorlyne buig en ruk uitmekaar. Brûe stort ineen. Damwalle breek. Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word. Kragonderbrekings dompel die area in duisternis. Water stroom uit gebarste pype en veroorsaak oorstromings en `n tekort aan vars water. Rioolpype breek af en veroorsaak besoedeling wat weer gesondheidsgevare inhou.

8 OpenStax-CNX module: m Telefoonverbindings word verbreek. Bergpasse word versper as gevolg van rotsstortings. Die land se ekonomie kry `n groot terugslag. Internasionale hulp word benodig vir heropbou. 1. b) Die natuur: Rivierlope se vloeipatroon verander as gevolg van die verskuiwing. Die natuurlike omgewing word dus ook sodoende verander. Bogrond teen berghange skud los en skuif teen helling af. Mense en geboue word hierdeur verswelg. Die natuurlike plantegroei word sodoende vernietig en kan baie jare neem om te herstel. Intussen veroorsaak die afwesigheid van plante teen die kaal hellings weer erosie. Oorstromings rig verwoesting aan in laagliggende gebiede, indien `n aardbewing onder die see voorkom en `n tsoenami veroorsaak. Leerders bring foto's, prentjies en uitknipsels oor aardbewings na die klaskamer. Bespreek dit en vul aantekeninge aan. 3. Tsoenami's Die Suid-Asië tsoenami van 26 Desember Studente versamel inligting hieroor Sien webblad Aktiwiteit 4: 1. Hoekom bly mense in dié areas? Aardbewings is nie `n alledaagse verskynsel nie. `n Sekere area word dalk een keer in `n leeftyd deur `n aardbewing getref en mense vat dus die kans en hoop dat dit nie met hulle sal gebeur nie; Baie van die gevaarlike areas is ook die tuiste van groot industriële en nansiële sentrums. Daar is baie werk en moontlike welvaart vir mense daar. Finansiële implikasies speel dus `n belangrike rol; Tradisioneel woon geslagte al lank daar (veral in ontwikkelende lande ) en hulle verskuif nie maklik nie. 2. Wat om te doen tydens `n aardbewing. Daar is baie raad en wyshede hieroor: Beweeg so gou as moontlik uit die gebou. As jy in `n hoë gebou bly, beweeg so gou as moontlik na die boonste vlak, sodat die gebou nie op jou insak nie. Bly weg uit die hysers van hoë geboue. Jy kan daarin vasgekeer word. Skuil onder `n sterk betonbalk, indien beskikbaar of onder sterk, stewige meubels soos tafels. Beweeg so vinnig moontlik na `n oop stuk veld waar vallende voorwerpe minimaal is. Aktiwiteit 5: 1. Noodmaatreëls voor `n aardbewing Luister daagliks na die radio en televisie. Indien trillings in die aardkors voorkom, sal daar onmiddellik waarskuwings uitgesaai word. Sorg altyd vir `n gepakte rugsak met skoon klere, `n kombers of warm kledingstuk.

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Tropiese siklone * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 2 5 TROPIESE SIKLONE. 1.

Tropiese siklone * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 2 5 TROPIESE SIKLONE. 1. OpenStax-CNX module: m24418 1 Tropiese siklone * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE 2 Graad 7

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika * OpenStax-CNX module: m24217 1 MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Ondersoek twee-dimensionele vorms * OpenStax-CNX module: m30779 1 Ondersoek twee-dimensionele vorms * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE OpenStax-CNX module: m26630 1 GESONDE KOS * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m30249 1 Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere

More information

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) * OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

More information

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100 EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 100 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Droogtes. Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 5 5 DROOGTES

Droogtes. Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 5 5 DROOGTES OpenStax-CNX module: m24421 1 Droogtes Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

Ons verklaar oorlog teen rommel *

Ons verklaar oorlog teen rommel * OpenStax-CNX module: m26223 1 Ons verklaar oorlog teen rommel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS EERSTE

More information

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING OpenStax-CNX module: m20927 1 Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Rigting en kontoerlyne *

Rigting en kontoerlyne * OpenStax-CNX module: m24472 1 Rigting en kontoerlyne * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Energie as 'n bron van hitte *

Energie as 'n bron van hitte * OpenStax-CNX module: m21135 1 Energie as 'n bron van hitte * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Visuele Kuns: 'n Dieremasker * OpenStax-CNX module: m25097 1 Visuele Kuns: 'n Dieremasker * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Hoe om brood te bak *

Hoe om brood te bak * OpenStax-CNX module: m24183 1 Hoe om brood te bak * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 6 3 BAK

More information

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding * OpenStax-CNX module: m39158 1 Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding * Free High School Science Texts Project Based on Atomic combinations: Electronegativity and ionic bonding by Free

More information

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m31862 1 Afronding * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie

More information

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel 1 P a g e (Kliek op een van die inhouds opgawe items om daarna te spring) INHOUDS OPGAWE Handleiding vir die... 1 gebruik van... 1 SAEF Registrasies

More information

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk education Department: Education GAUTENG PROVINCE Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS HT Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. GOO JOHANNESBURG

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

Die ekologiese sisteem *

Die ekologiese sisteem * OpenStax-CNX module: m20879 1 Die ekologiese sisteem * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

19. Dit is in ons bloed Genesis 4 19. Dit is in ons bloed Genesis 4 Tema Jaloesie wat ons kwaad laat voel, asook sondige dade bring ons op n slegte plek n plek waar God ons moet help en Hy doen dit! Agtergrond en interpretasie Lees weer

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my. Ontmoeting 33 Teks: 1 Samuel 17 Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou! Hulpmiddels:

More information

E-Klas handleiding Studente

E-Klas handleiding Studente E-Klas handleiding Studente Dickenson laan 1180 Waverley Pretoria 0083 Tel: 012 332 3227 Kopiereg voorbehou Inhoudsopgawe 1 Wat is e-klas?... 1 2 Teken aan op e-klas... 1 2.1 Wagwoordverandering... 2 3

More information

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting * OpenStax-CNX module: m25236 1 Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE

More information

Getalle - waar kom hulle vandaan?

Getalle - waar kom hulle vandaan? OpenStax-CNX module: m31941 1 Getalle - waar kom hulle vandaan? Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad

More information

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module m26960 1 Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

Inkomstestaat en balansstaat *

Inkomstestaat en balansstaat * OpenStax-CNX module: m31781 1 Inkomstestaat en balansstaat * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

Die badkamer en kombuis *

Die badkamer en kombuis * OpenStax-CNX module: m26171 1 Die badkamer en kombuis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit? OpenStax-CNX module: m23724 1 Advertensies * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

More information

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus *

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus * OpenStax-CNX module: m25203 1 Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

More information

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 1 1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23 Tema Josef is ʼn pa of ouer wat hoor wanneer God sy gesin lei. Agtergrond Die verhaal begin met sterrekykers wat weet dat Jesus n baie besondere nuwe koning is.

More information

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110 UNIVERSITY OF PRETORIA UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Copright reserved Kopiereg voorbehou Department of Mechanical and Aeronautical Engineering Departement Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese Graphical

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees *

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees * OpenStax-CNX module: m30772 1 Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE

More information

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning 4 Operasies Op Data 4.1 Foundations of Computer Science Cengage Learning Doelwitte: Nadat hierdie hoofstuk bestudeer is sal jy kan: Lys die 3 kategorieë van operasies wat op data uitgevoer word. Voer unêre

More information

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

sodat jy as leier vertroud is daarmee. Niks is onmoontlik nie. Teks: 2 Konings 6 (en 2-13) Elisa het baie uitsonderlike ervarings gehad. Lees as voorbereiding noukeurig deur die verhale sodat jy as leier vertroud is daarmee. Hulpmiddels: Diep

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN NOVEMBER EKSAMEN 2015 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFRIKAANS Kwartaal 3 - Hoofwerkwoorde, hulpwerkwoorde en deelwoorde - Selfstandige naamwoorde - eienaam / soortnaam (telbaar en ontelbaar,

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET As dit nie vir n biddende vrou was, wat dikwels die Geestelike oorlog om my kop vir my veg nie, sou ek al n paar maal in my lewe REUSE foute gemaak het, wat nie

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis Benodig: - 5 mense - 4 met jeans met wit hemp (die idee is dat die persoon nie die mense met die wit hemde die kruise sien neersit

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING FAKULTEIT INGENIEURSWESE FAULTY OF ENGINEERING Elektriese Aandryfstelsels 324 Electrical Drives Systems 324 Tutoriaal 11 Tutorial 11 15/16 Mei 2014 15/16 May 2014 Tydsduur: Duration: 2.5h Totaal: Total:

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Les 10 *November 26 Desember 2 Die Gramskap van Elíhu SABBATMIDDAG Lees vir hierdie week se studie: Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10. Geheueteks: Want soos die hemel

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

serie- en parallelskakeling *

serie- en parallelskakeling * OpenStax-CNX module: m31701 1 serie- en parallelskakeling * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 TEGNOLOGIE Graad 8 ELEKTRISITEIT

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information