Tropiese siklone * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 2 5 TROPIESE SIKLONE. 1.

Size: px
Start display at page:

Download "Tropiese siklone * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 2 5 TROPIESE SIKLONE. 1."

Transcription

1 OpenStax-CNX module: m Tropiese siklone * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License SOSIALE WETENSKAPPE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 2 5 TROPIESE SIKLONE 1. Tropiese Siklone Die voorkoms en ontstaan van tropiese siklone * Version 1.1: Jun 3, :56 am

2 OpenStax-CNX module: m Figure 1 Geen weerverskynsel is meer skrikwekkend en vernietigend as `n tropiese storm nie. In Amerika word dit orkane genoem, in Asië tifone, in Suid-Afrika tropiese siklone en in Australië Willie-willies. Kenmerke van tropiese siklone Hulle ontwikkel oor die warm, tropiese oseane naby die ewenaar. Die warm, tropiese seewater verhit die lug wat daarop rus tot temperature van ±27 C. Die hoë verdamping maak die lug ook baie vogtig. Die hoofkenmerk van die tropiese oostewinde is dus dat hulle warm en vogtig is. Dit veroorsaak dat die lug oor die oseane vinnig opstyg en `n intense laagdruk ontstaan. Die konveksiestrome begin in `n spiraal draai en die spoed daarvan neem toe. Verdere styging, kondensasie en die vorming van cumulus en cumulonimbuswolke ontstaan. Die wenteling van die aarde om sy eie as laat die wolkmassas sirkel om `n reusagtige, wentelende storm te vorm. In die middel van hierdie sikloonsentrum is daar `n oog van kalm, wolklose weer wat sowat km breed kan wees. Lugdruklesings hier is onder hpa. Direk om die oog woed stormwinde van km/h. Stormweer kan tot 200 km vanaf die oog voorkom en kan vir `n paar uur of selfs dae lank duur. Hulle beweeg stadig vorentoe (15 20 km/h) en begin afneem in geweld sodra dit landoppervlak of koeler water bereik. Geweldige verwoesting, stortreën en vloedgolwe kom egter vir etlike dae aan kusgebiede van lande voor. Siklone het voorheen as gevolg van hulle wispelturigheid vrouename gekry om hulle uit te ken. Deesdae kan `n mansnaam ook gebruik word, soos die hewige tropiese sikloon Hugo wat in 1989 die ooskus van Amerika getref het.

3 OpenStax-CNX module: m Dit word op `n weerkaart aangedui deur ronde isobare wat naby mekaar geleë is om die oog. Die oog word ook met die simbool Figure 2 voorgestel. Figure 3 Sinoptiese weerkaart 1.2 Die uitwerking (gevolge) van tropiese siklone op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite Dit gebeur nie dikwels dat Suid-Afrika die volle geweld van `n tropiese sikloon ervaar nie. Wanneer dit wel voorkom, saai dit net soveel verwoesting as in ander wêrelddele. Die grootste sikloon wat die kus van Suid-Afrika nog getref het, was die tropiese sikloon Demoina. Op 25 Januarie 1984 het Demoina naby Maputo na die binneland geswaai. Die volgende twee dae het dit

4 OpenStax-CNX module: m hewige storms, sterk winde en baie reën oor Suid-Afrika veroorsaak. Soveel soos 540 mm is in 24 uur aangeteken. Riviere in Noord-Natal het oorstroom. Dorpies naby riviere is heeltemal vernietig, brûe het weggespoel en gewasse langs die riviere is verwoes. Skade aan suikerplantasies is beraam op R Minstens 200 mense het gesterf. Reddingspogings is belemmer omdat meeste brûe en paaie weggespoel het. Stormsterkwinde het dit gevaarlik gemaak om helikopters te gebruik. Daar is selfs lyke en krokodille see-in gespoel. Siektes wat deur die water versprei is en hongersnood het die sterftesyfers verder laat styg. 6 Aktiwiteit 1: 7 Om oor die uitwerking van tropiese siklone navorsing te doen 8 [LU 2.1] Maak `n lys van alle gevolge van tropiese siklone nadat jy meegaande inligting oor Demoina gelees het. Gaan soek ook in koerante en ander bronne na artikels oor tropiese siklone en vul jou lys aan. Hoekom veroorsaak tropiese siklone meer vloedskade, maar rig betreklik min stormwindskade aan gebiede aan? Wat word met die oog van `n tropiese sikloon bedoel? 1.3 Hoekom sommige mense `n hoër risiko as ander is In die ontwikkelde dele van die wêreld rig tropiese siklone ook baie skade aan, maar dit is gewoonlik nie so rampspoedig nie. Kommunikasiestelsels is goed ontwikkeld en `n baie hoë persentasie van die bevolking word bewus gemaak van die naderende gevaar. Hulle kan dus betyds voorsorg tref of die area verlaat. Ook is die konstruksie van hul huise en ander geboue van so `n aard dat dit meestal die storms kan weerstaan. In die ontwikkelende areas van die wêreld kan `n tropiese sikloon egter geweldige skade veroorsaak. Eerstens is die areas gewoonlik baie dig bevolk en geweldige lewensverliese kan ondervind word omdat meeste van die mense ook in die minder goeie of gevaarliker areas woonagtig is. Tweedens is hul huise ook van `n swak konstruksie en word erg beskadig en selfs vernietig tydens so `n storm. Derdens het die areas ook nie `n goeie infrastruktuur wat die uitwerking van so `n ramp kan beperk of verminder nie. Gesondheidsorg en nooddienste kan nie vinnig genoeg by die mense uitkom nie. 'n Groot gedeelte van die sterftes wat voorkom, geskied eerder na die storm as daartydens. 9 Aktiwiteit 2: 10 Om die gevolge van siklone op menselewens te bekyk 11 [LU 2.1, 2.3] 1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering Hoewel wetenskaplikes oor `n groot hoeveelheid kennis omtrent tropiese siklone beskik, kan daar eintlik baie min gedoen word om die skade te voorkom wat daardeur aangerig word. Tog is daar dinge wat gedoen kan word om die skade ietwat te verminder: Vroeë waarskuwingstelsels van satelliete, radar en data van weerstasies word gebruik om die nadering van `n tropiese sikloon te voorspel. Wolkbesaaiing, `n proses wat die energie van die sikloon versprei en die windsnelheid verlaag, is redelik suksesvol. Beperking van die skade wat dit aanrig. Dit is sekerlik die beste manier om `n storm te hanteer. Tipiese voorsorgmaatreëls sluit die volgende in Hortjies, vensters en deure word toegespyker. Alle los voorwerpe word weggepak of aan swaar meubels en bome vasgebind sodat dit nie kan wegwaai nie. Rondvlieënde voorwerpe rig gewoonlik baie skade aan en kan mense se dood veroorsaak. Sandsakke word opgestapel in gebiede waar oorstromings verwag word om die grootste impak van die oorstroming te stuit. Ontruiming van mense en hulle besittings uit die area.

5 OpenStax-CNX module: m Aktiwiteit 3: 13 Om planne te beraam om mense in `n rampgebied te help 14 [LU 2.3] 1. Jy is die leier van `n noodleningspan wat deur die Rooikruis na `n tropiese sikloon-rampgebied gestuur word. Beraam `n plan om die mense wat geraak is te help. Watter maatreëls sal jy eerste tref? Hoeveel tyd sal jou reddingsoperasie in beslag neem? 2. Watter voorsorgmaatreëls kan getref word om die uitwerking van tropiese siklone tot die minimum te beperk? Bestudeer die Amerikaanse Weerburo se sikloon-waarskuwingsplakkaat hiernaas om jou te help met jou antwoorde.

6 OpenStax-CNX module: m Figure 4

7 OpenStax-CNX module: m Assessering Leeruitkomstes(LUs) LU 2 AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder: 2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identiseer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. Table 1

Die wind as bron van energie *

Die wind as bron van energie * OpenStax-CNX module: m20986 1 Die wind as bron van energie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Die wonder van water *

Die wonder van water * OpenStax-CNX module: m21133 1 Die wonder van water * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) * OpenStax-CNX module: m39203 Elektriese stroombane: Weerstand (Graad * Free High School Science Texts Project Based on Electric Circuits: Resistance (Grade by Free High School Science Texts Project This

More information

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2: OpenStax-CNX module: m24741 1 Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer OpenStax-CNX module: m20785 1 Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative

More information

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER OpenStax-CNX module: m21096 1 Die atmosfeer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE

More information

Droogtes. Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 5 5 DROOGTES

Droogtes. Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 5 5 DROOGTES OpenStax-CNX module: m24421 1 Droogtes Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad

More information

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * OpenStax-CNX module: m25751 1 Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSORIËNTERING

More information

Musiek: Toets jou kennis *

Musiek: Toets jou kennis * OpenStax-CNX module: m26022 1 Musiek: Toets jou kennis * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 KUNS EN KULTUUR Graad 4

More information

Speel met battery elektrisiteit *

Speel met battery elektrisiteit * OpenStax-CNX module: m24199 1 Speel met battery elektrisiteit * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad

More information

Wat is elektrisiteit? *

Wat is elektrisiteit? * OpenStax-CNX module: m24760 1 Wat is elektrisiteit? * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS

More information

Wat is vaskulêre demensie?

Wat is vaskulêre demensie? PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is vaskulêre demensie? Hierdie inligtingsblad sit n paar oorsake en simptome uiteen van vaskulêre demensie en gee n paar voorstelle oor hoe om die risiko daarvan om die toestand

More information

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal Die WET van SAAI en MAAI Lukas 6:46 46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê

More information

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: IRONEL LOTTER Identiteitsnommer 630407 0028 08 9 wie handel dryf as AVANTGARDE KENNELS Grootfontein WILLOWMORE Tel: 044 956 1011 Sel: 084 516 8317 Epos: ironel@vodamail.co.za

More information

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25941 1 Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Rigting en kontoerlyne *

Rigting en kontoerlyne * OpenStax-CNX module: m24472 1 Rigting en kontoerlyne * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

More information

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD? JEUGLES Battle Wie kan gered word? 1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: Die doel van die battles is dat n span of meer as een moet wen. Daar moet ook n prys sak lekkers vir die wenspan wees. As jy die battle

More information

Aardbewings * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 3 5 AARDBEWINGS

Aardbewings * Siyavula Uploaders. 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 NATUURGEVARE 4 Module 3 5 AARDBEWINGS OpenStax-CNX module: m24419 1 Aardbewings * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

More information

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 Marks: 30 JUNE 2016 EXAMINATIONS Time: 1 hour NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS 1. Write your name, surname and class in the spaces

More information

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika * OpenStax-CNX module: m24217 1 MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE

More information

Daniël en die Leeukuil

Daniël en die Leeukuil Bybel vir Kinders bied aan Daniël en die Leeukuil Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING OpenStax-CNX module: m27843 1 HERWINNING Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN JUNIE EKSAMEN 2016 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFBAKENING: 7 JUNIE 2016 Afdeling A: Begripstoets Afdeling B: Taalstruktuur Woordsoorte (Werkkaarte is in kwartaal 1 lêer en kwartaal 2

More information

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag Classwork Klaswerk Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5 Monday Maandag 1. Draw a picture using tens and units and write the number name for 79. Teken 'n prentjie deur tiene en ene te gebruik, en skryf die

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 31 July 5 Aug 017 31 July 5 Aug 017 TIME: HOURS TYD: URE 01 OUTEURSREG VOORBEHOU,

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mr. J Ellis Date 10 November 2016 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special instructions/

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3 Centre Number Candidate Number Candidate Name International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION,

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA UNIVERSITY OF PRETORIA Departement Bedryfs- en Sisteemingenieurswese Department of Industrial and Systems Engineering INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

More information

Plekwaardes van heelgetalle *

Plekwaardes van heelgetalle * OpenStax-CNX module: m30621 1 Plekwaardes van heelgetalle * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 4

More information

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding * OpenStax-CNX module: m39158 1 Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding * Free High School Science Texts Project Based on Atomic combinations: Electronegativity and ionic bonding by Free

More information

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS - 2007 GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE - 2007 1 QUESTION/ VRAAG 1 John can dig the garden in 30 minutes while Jack takes 20 minutes. How long should it take if they work together?

More information

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m31862 1 Afronding * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie

More information

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE OpenStax-CNX module: m26630 1 GESONDE KOS * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS

More information

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING Elektrotegniek 143 Electrotechniques 143 Tydsduur: Duration Eksaminatore: Prof H C Reader Prof J B de Swardt Mnr AD le Roux 1.5 h 1 Beantwoord al die vrae.

More information

Hoe om brood te bak *

Hoe om brood te bak * OpenStax-CNX module: m24183 1 Hoe om brood te bak * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 6 3 BAK

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 8 AND 9 GRADE 8 EN 9 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

TrumpetNet, 31 May 2007

TrumpetNet, 31 May 2007 Subject: Seminar: Dreams & Visions. ----- Original Message ----- From: Trumpet Call To: Trumpet Call Network Sent: Thursday, May 31, 2007 3:20 PM Subject: Seminar: Dreams & Visions. Hearing God through

More information

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting * OpenStax-CNX module: m25236 1 Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE

More information

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING OpenStax-CNX module: m20927 1 Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9

More information

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) * OpenStax-CNX module: m39725 1 Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings Graad 10 * Free High School Science Texts Project This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the

More information

Wat Onskadelike Hookahs kan Doen

Wat Onskadelike Hookahs kan Doen Wat Onskadelike Hookahs kan Doen Dit is bewys dat die rook van hubbly bubblies kan lei tot... Kanker Longskade Hartsiektes Tuberkulose Herpes Vroeë dood Vrae wat dikwels gevra word oor hookahs V- Is die

More information

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016. Alle regte voorbehou. Deur: Helen by www.crystalsandcrochet.com Deel 3 VS terme reg deur gebruik. Afkortings St, ste Steek, steke Kb Kortbeen Vierslb

More information

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100 EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 100 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE

More information

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties

Appendix 12. General Correspondence with Interested and Affected Parties Appendix 12 General Correspondence with Interested and Affected Parties Suite E4 First Floor 68 High Street WORCESTER 6850 PO Box 250 WORCESTER 6849 Tel/Fax: (023) 347-0336 E-pos: Erf233Touws@BolandEnviro.co.za

More information

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY by Leon Ian Ie Grange Submitted in partial fulfilment of the requirements for the degree M.Eng. (Technology Management) in the Faculty

More information

Energie as 'n bron van hitte *

Energie as 'n bron van hitte * OpenStax-CNX module: m21135 1 Energie as 'n bron van hitte * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE

More information

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek! 1 Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy 1 14. Lekker soek! 2 Lees die tr- woorde hardop en skryf dit dan in jou werkboek! traan trap tref trek treur tril

More information

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

Ondersoek twee-dimensionele vorms * OpenStax-CNX module: m30779 1 Ondersoek twee-dimensionele vorms * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 30 July 3 Aug 2018 30 Julie 3 Aug 2018 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie Skepping Skepping uit niks Adam en Eva Evolusie

More information

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS WTW 218 - CALCULUS EKSAMEN / EXAM PUNTE MARKS 2013-06-13 TYD / TIME:

More information

IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN IS 2015/16 SE DROOGTE DIE ERGSTE NOG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het op 13 Januarie n verklaring uitgereik en aangedui dat die kalenderjaar van 2015 die jaar met die laagste

More information

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees *

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees * OpenStax-CNX module: m30772 1 Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE

More information

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Visuele Kuns: 'n Dieremasker * OpenStax-CNX module: m25097 1 Visuele Kuns: 'n Dieremasker * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2

More information

Die ekologiese sisteem *

Die ekologiese sisteem * OpenStax-CNX module: m20879 1 Die ekologiese sisteem * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad

More information

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 Copyright reserved UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323 November 2003 External Examiner: Dr E Terblanche Time: 2h30 Internal Examiners: P.R.

More information

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module m26960 1 Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories

More information

Die verhaal van die ruimtewedloop *

Die verhaal van die ruimtewedloop * OpenStax-CNX module: m25438 1 Die verhaal van die ruimtewedloop * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 GESKIEDENIS

More information

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21 Votum: Psalm 8 Seëngroet: Vriende ek groet julle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, wat jou liefhet en aanvaar, net soos jy

More information

Wat is fronto-temporale temporale demensie

Wat is fronto-temporale temporale demensie PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is fronto-temporale temporale demensie Hierdie blad verskaf algemene inligting oor een van die meer rare vorms van demensie, nl. fronto-temporale demensie. Dit gee n opsomming

More information

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Dan 1:1-7 en 21 Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël Augustus 2012 Ps-vooraf Ps 47: 1, 2 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

More information

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde GRADES 6 AND 7 GRADE 6 EN 7 31 July 5 Aug 2017 31 July 5 Aug 2017 TIME: 2 HOURS TYD: 2 URE 2012 OUTEURSREG

More information

Courses for March 2012

Courses for March 2012 Courses for March 2012 Beginners Lightroom 3 Course In this beginners course we will look at the importance of Lightroom as a powerful workflow tool. Explore catalogs and demystify the Library and Develop

More information

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe 1 Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe Vraag 1: Verbind die woorde aan die linkerkant met die korrekte beskrywings aan die regterkant: (5) Vaardighede Swakheid Sterk eienskap Persoonlikheid

More information

Die boek Job en lyding

Die boek Job en lyding Die boek Job en lyding Repentance is not a discrete external act; it is the turning round of the whole life in faith in Christ. Sinclair Ferguson Die boek Job en lyding Wat leer die boek van Job vir ons

More information

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus *

Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus * OpenStax-CNX module: m25203 1 Die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

More information

Die rol van tegnologiese ontwikkeling in die oplossing van omgewingsprobleme *

Die rol van tegnologiese ontwikkeling in die oplossing van omgewingsprobleme * OpenStax-CNX module: m25506 1 Die rol van tegnologiese ontwikkeling in die oplossing van omgewingsprobleme * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 11- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

More information

Deuteronomium 8: /01/2014

Deuteronomium 8: /01/2014 Deuteronomium 8:1-20 26/01/2014 Een van die mees gevreesde siektes van ons tyd is Alzheimer... Dis is n siekte wat jou brein aantas en maak dat jy naderhand glad nie meer kan onthou nie. Dit begin stadig

More information

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

More information

Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016

Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016 1 Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Gratis Fliekaand, Vrydag, 28 Julie 2016, in die Jeugsaal, bring sop en komberse en kom geniet die aand saam met ons! Ons gaan die fliek

More information

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit? OpenStax-CNX module: m23724 1 Advertensies * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m30249 1 Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere

More information

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed Johannes 10:1-10 03/08/2014 Ek hoor nou die dag van mense wat na ander dorp toe getrek het. Hulle was baie ryk maar wou nie hê dat die mense in die nuwe dorp moet weet dat hulle ryk is nie. Hulle het n

More information

OpenStax-CNX module: m 'n Uitstappie * Siyavula Uploaders. Die volgende is slegs `n speletjie en verbeeldingsvlug.

OpenStax-CNX module: m 'n Uitstappie * Siyavula Uploaders. Die volgende is slegs `n speletjie en verbeeldingsvlug. OpenStax-CNX module: m26206 1 'n Uitstappie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

More information

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. Jeremia 24:1-3 Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing. April 2012 Ps-vooraf Ps 5:1,2,3 (sittende) Ontmoetingsdiens. Votum. Ons

More information

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Dissipline en positiewe leerderdeelname 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha Daaglikse siening oor dissipline? Formele strukture om dissipline te hanteer: Gedragskode/ Merietestelsel HOËRSKOOL GERRIT MARITZ

More information

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11) OpenStx-CNX module: m988 Trigonometrie: Trig identiteite (Grd ) Free High School Science Texts Project Bsed on Trigonometry: Trig identities (Grde ) by Free High School Science Texts Project This work

More information

LAERSKOOL HELDERKRUIN

LAERSKOOL HELDERKRUIN LAERSKOOL HELDERKRUIN NOVEMBER EKSAMEN 2015 (AFBAKENINGS) - GRAAD 4 AFRIKAANS Kwartaal 3 - Hoofwerkwoorde, hulpwerkwoorde en deelwoorde - Selfstandige naamwoorde - eienaam / soortnaam (telbaar en ontelbaar,

More information

Inkomstestaat en balansstaat *

Inkomstestaat en balansstaat * OpenStax-CNX module: m31781 1 Inkomstestaat en balansstaat * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories Ontmoeting 26 Teks: Rigters 6-8 Hulpmiddels: Foto-album of digitale foto s Kleurprente of inkleurprente van Gideon Bordspeletjie n Kers vir elke kind Kleefband Hebreërs 13:5-6 as n woordstrook vir die

More information

E-Klas handleiding Studente

E-Klas handleiding Studente E-Klas handleiding Studente Dickenson laan 1180 Waverley Pretoria 0083 Tel: 012 332 3227 Kopiereg voorbehou Inhoudsopgawe 1 Wat is e-klas?... 1 2 Teken aan op e-klas... 1 2.1 Wagwoordverandering... 2 3

More information

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE. (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE (Association incorporated under Section 21) Registration number: 2002/031756/08 Handleiding vir registrasie van studente en personeel - Papercut BEKNOPTE HANDLEIDING

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar Special

More information

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel 1 DIE KONING IS OP PAD n Kersspel Dramatis personae in volgorde van verskyning Mattatias ) vriende en kamerade van Josef, in hulle vroeë twintigs Natan ) Josef, ongeveer 22 jaar Tamar, Maria se jonger

More information

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO 1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO Subject Afrikaans additionele Taal Examiner Mrs M Gough Leesbegrip en taalwerk Date 8 June 2017 Total marks 45 Session 1 Duration 2 ure Grade 5 Moderator Mrs. W Pienaar

More information

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN Inligting oor die vlag: Vergroot die vlag net so groot julle wil. Onthou net om die verhouding reg te hou. Kort sy 10 cm 20 cm 40 cm 60 cm Lang sy 15 cm 30 cm 60 cm 90 cm Rooi

More information

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Jan Steyn Sondag 24 April 2016 Tema: Ons skemas oor God en God se genade Teks: 2 Konings 5:1-14 Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik: Die eerste ding wat ons opval as ons na Naäman se lewe kyk,

More information

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) iversity of Pretoria etd Giesing, I (2003) User perceptions related to identification through biometrics within electronic business By Ilse Giesing 2003 Submitted

More information

Johannes 6:1-15; /07/2014

Johannes 6:1-15; /07/2014 Johannes 6:1-15; 22-36 20/07/2014 Ek begin vanoggend n reeks oor Jesus se, Ek is, uitsprake in die Johannes evange-lie. Dit gebeur nogal dikwels dat mense vir hulleself n Here skep waarvan hulle hou As

More information

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk education Department: Education GAUTENG PROVINCE Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS HT Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. GOO JOHANNESBURG

More information

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL SPORTVERSLAG Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL Netbal Die derde kwartaal was weer propvol hoogtepunte. Ons netbalspelers het week na week uitmuntend gepresteer met pragtige uitslae.

More information

OESFEES. Oktober 2016

OESFEES. Oktober 2016 1 OESFEES Oktober 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Die teeskinkbeurt-lys vir 2017 sal ge-epos word aan die kleingroepleiers, bevestig asb dat die teeskinkdatums vir julle groep gepas sal wees. Voorstelle vir aanbiedings,

More information

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13 Metafoor: Google die natuurverskynsel: The meeting of the waters waar die Rio Negro en Rio Solimoes

More information

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by https://www.retirementfundweb.co.za/.

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by https://www.retirementfundweb.co.za/. Alles met die druk van n knoppie Het jy geweet dat jy, op enige tyd en op enige plek, op die Sanlam Aftreefondsweb kan sien hoeveel jou aftreefondsbelegging werd is? As n lid van die Universiteit Stellenbosch

More information

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: 1 Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps 121-2 : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens: Intreelied: Ps 122-1: 1 Votum Seen Lofsang: Lied 203: 1,2 Geloofsbelydenis:

More information

Johannes 14: /08/2014

Johannes 14: /08/2014 Johannes 14:1-14 24/08/2014 Is daar iemand van julle wat al die fliek, Guess Who's Coming to Dinner, gesien het? Dis n ou fliek wat in 1967 gemaak toe apartheid ook in Amerika, nog baie erg was... Die

More information