Vir die Wêreldkonferensie van Sewendedag-Adventiste opgestel in die kantoor van die Ellen G. White Estate. deur W.H. Böhme in Afrikaans vertaal

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

TrumpetNet, 31 May 2007

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

Pragtige Koningin Ester

*17-23 Februarie. Die trefkrag van tiendebetaling

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die wind as bron van energie *

Johannes 6:1-15; /07/2014

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Die wonder van water *

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Voorstel aan die Kerkraad in opdrag van die Kerkraad rakende Engelse Dienste Aangewysde ouderlinge en Register van besoekers in die erediens

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Wat is vaskulêre demensie?

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

God stuur Sy seun, Jesus Christus, na die aarde om Sy wil aan die mens bekend te maak. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

*24 Februarie - 2 Maart

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

OESFEES. Oktober 2016

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Johannes 14: /08/2014

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

God se beloftes in voorbidding

Speel met battery elektrisiteit *

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Die boek Job en lyding

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Plekwaardes van heelgetalle *

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Wat is elektrisiteit? *

Deuteronomium 8: /01/2014

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

JESUS, EK GEE GRAAG AAN U!

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Desember 2015 No: 28 van 2015

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Gebed. Die Asem van die Siel

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Luk 10:33 Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, Luk 10:34 en na hom gegaan,

Hoërskool Swartland GODSDIENS BELEID ALDUS AANVAAR EN GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Hoërskool Roodepoort

Hoe kom ek op die webwerf? Besoek die Sanlam Aftreefondsweb by

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

PROVINCIAL GAZETTE / PROVINSIALE KOERANT, 04 JUNE 2010 / 04 JUNIE [NO. 33 OF 2010] PROVINCIAL NOTICE MUNICIPAL DEMARCATION BOARD DELIMITATION O

Handleiding vir Klein Groep Leiers

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Nuusbrief Junie / Julie 2017

Inkomstestaat en balansstaat *

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Musiek: Toets jou kennis *

Gebedshandleiding. n Gits vir Mammas wat verlang om effektiewe gebede vir hul kinders en hulle skole wil intree

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

te trou, het hy oorgegaan en met n sondaar getrou, n afgodedienaar, aanbid van afgode. Hy het met Isébel getrou. En sy was nie n gelowige nie.

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Transcription:

DIE HERE SE TIENDE

DIE HERE SE TIENDE Soos dit in die Bybel en in die geskrifte van Ellen G. White geleer word tesame met wenke oor berekening van die tiende Vir die Wêreldkonferensie van Sewendedag-Adventiste opgestel in die kantoor van die Ellen G. White Estate deur W.H. Böhme in Afrikaans vertaal ISBN 0 86987 184 6 ISBN 0 86987 193 8 (Engels) Uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Uniekonferensie van Sewendedag-Adventiste Selbornelaan 110, Bloemfontein, O.V.S. en gedruk deur Sentinel-Uitgewery, Rosmeadlaan 67, Kenilworth, Kaapstad, 7700 Aanhalings uit Die Bybel 1953-Uitgawe met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2

Afkortings wat in verwysings gebruik word: AA Brief CSW DA Ev GW KEA MS MYP R & H RRA Acts of the Apostles Ellen G. White Counsels on Sabbath School Work Desire of Ages Evangelism Gospel Workers Koning van die Eeue, Die Ellen G. White-Manuskrip Messages to Young People Review and Herald Raad oor Rentmeesterskap 1SM Selected Messages, Deel 1 1T Testimonies, Deel 1 (2T ens., vir Dele 2 9) TM Testimonies to Ministers YI Youth s Instructor 1 / 10 9 / 10 3

Inhoud Inleiding Die Bybelse Beginsel van Tiendeheffing Die Tiendestelsel Die Verpligting Waarvoor die Tiende Gebruik Word Terugbesorging van die Tiende Onderrig in die Tiendestelsel Oorvloedige Seëninge Spesiale Aanbevelings Aangaande die Tiende Voorstelle oor Tiendeberekening 4

Inleiding In 1859, toe Sabbathoudende Adventiste op die Bybelse beginsels van die tiendestelsel begin bou het, is n vaste finansiële grondslag gelê vir wat later n wêreldwye Kerk geword het. Dit is toe Stelselmatige Welwillendheid genoem reeds voordat die beweging enige georganiseerde gemeentes of konferensies gehad het, nog voordat hy selfs sy naam Sewendedag-Adventis gekies het. Sewentien jaar lank het kerklidmate hierdie plan van stelselmatige welwillendheid gevolg met min of geen verandering nie. Toe het daar duideliker lig gekom wat tot die gevolgtrekking gelei het dat die inkomste, nie eiendomsbesit nie, die basis is waarop die Here se gedeelte bereken moet word. Dit het ook duidelik geword dat hierdie geld aan die onderhoud van die bediening toegewy moet word. Dienooreenkomstig het die Wêreldkonferensie in sitting op 19 September 1876 besluit: Dat die evangelie nie die geldelike verpligting van Gods volk teenoor die saak van waarheid enigsins verminder as wat dit in voorafgaande eeue was nie; en ons glo dat God regverdiglik n tiende van ons inkomste vereis. (Review and Herald, 5 Oktober 1876.) Sedertdien is dit die beleid en gebruik van die Sewendedag- Adventistekerk. Die boodskappe van Ellen G. White onderskryf die tiendestelsel ten volle en het die voordele hiervan in kerklike finansies uitgewys: Daar is baie name op ons Kerkboeke; en as almal sonder versuim aan God n eerlike tiende sou betaal, wat Sy deel is, sou daar geen gebrek aan middele ;in die skatkis wees nie. R&H, 19 Februarie 1889 (RRA, bl. 95). Maar die voordele is nie net geldelik nie. Groot geestelike seëninge word die deel van diegene wat die tiende nie as n belasting beskou nie, maar as n erkenning van God se besitreg van die wêreld en Sy welwillendheid teenoor Sy kinders: Die spesiale stelsel van tiendeheffing is gegrond op n beginsel wat net so ewigdurend as die wet van God is. Die tiendestelsel was n seën vir die Jode, anders sou God dit nie aan hulle gegee het nie. So sal dit ook n seën wees vir hulle wat dit tot die einde toe beoefen. 3T, bl. 404, 405. Die Bybeltekse wat die seëninge en verantwoordelikhede van die tiendestelsel leer, word in hierdie pamflet aangehaal. In nog n afdeling word n aantal vrae oor die tiende beantwoord geheel en al uit die geskrifte van Ellen G. White. Laastens is daar ook afdelings oor tiendeberekening sowel as aanbevelings oor uitsonderlike gevalle. Hierdie traktaat is in die kantoor van die Ellen G. White-Publikasies voorberei. Dit is nie n volledige studie van Ellen White se geskrifte oor die onderwerp nie, maar dit bied wel n veelomvattende beskouiing aangaande wat sy hieroor geskryf het. Diegene wat graag breedvoerig hieroor wil nalees, of wat die sinsverband wil verstaan van die aanhalings wat gebruik word, kan die volgende raadpleeg: Raad oor Rentmeesterskap, bl. 65-108; Testimonies for the Church, deel 9, bl. 245-256; Testimonies to Ministers, bl. 305-308; Testimonies for the Church, deel 3, bl. 381-413. Die Wêreldkonferensie en die Ellen G. White-Publikasies. 5

Die Bybelse Beginsel van Tiendeheffing In die Ou Testament 1. Want hierdie Melgisedek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; aan wie Abraham ook n tiende deel van alles gegee het. Hebreërs 7:1, 2 (Vergelyk Genesis 14:17-20). 2. En Jakob het n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek, en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die Here my God wees. En hierdie klip wat ek as gedenkstreen opgerig het, sal n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan. Genesis 28:20-22. 3. Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here; dit is heilig aan die HERE. - Levitikus 27:30. 4. En Kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.- Numeri 18:21. 5. Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe... Deuteronomium 8:18. 6. Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon. Psalm 24:1. 7.... Want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. Psalm 50:10,11. 8. Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste. Speuke 3:9. 9. Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die Here van die leërskare. Haggai 2:8. 10. Mag n mens God beroof? Want julle beroof My,en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Maleagi 3:8. 11. Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle n oorvloedige seën sal uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die Here van die leërskare. Verse 10, 11. 6

Die Bybelse Beginsel van Tiendeheffing (vervolg) In die Nuwe Testament 1. Wee julle, skrifgeleerders en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle na: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Mattheüs 23:23. 2. Want dit is soos n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besitings toevertrou. - Mattheüs 25:14. 3. Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie? 1 Korinthiërs 9:7. 4. As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit n groot saak as ons julle stoflike goed maai?... Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. 1 Korinthiërs 9:11-14. 5. Want die Skrif sê: Jy mag n os wat graan dors, nie muilband nie; en, Die arbeider is sy loon werd. 1 Tim. 5:18. 7

Die Tiendestelsel Aan wie behoort ons sowel as ons besittings regmatiglik? Ons behoort aan God; ons is Sy seuns en dogters deur skepping en ook deur die gawe van Sy eniggebore Seun vir ons saligheid... Die verstand, die hart, die wil, die liefde behoort aan God; die geld wat ons hanteer is die Here s n. Elke goeie ding wat ons ontvang en geniet, is die gevolg van Goddelike milddadigheid. R&H, 8 Desember 1896 (RRA, bl. 72). Hoeveel skuld jy aan my Heer? Luk. 16:5. Dit is onmoontlik om te bereken. Alles wat ons besit, is van God afkomstig. Hy plaas sy hand op ons besittings en sê: Ek is die regmatige Besitter van die heelal; hierdie dinge behoort aan My. Wy die tiendes en offergawes aan My. Wanneer jy hierdie bepaalde goedere bring as n teken van jou lojaliteit en jou onderwerping aan My soewereiniteit sal My seëninge jou besittings vermeerder en jy sal oorvloediglik besit. 9T, 245. Watter Goddelike gawe van oortreflike waarde plaas ons onder liefdevolle verpligting om die besitreg van God te erken? So het God aan ons die hemel se kosbaarste skat gegee toe Hy Jesus aan ons geskenk het. Saam met Hom is alle dinge aan ons gegee om ryklik te geniet. Die opbrengste van die aarde, die oorvloedige oeste, die skatte van goud en silwer is Sy gawes. Huise en grond, kos en klere het Hy in die besit van die mens geplaas. Hy vra ons om Hom as die Gewer van alle dinge te erken; daarom sê Hy: van al julle besittings het Ek n tiende vir Myself uitgehou, behalwe skenkings en offergawes, wat na My skathuis gebring moet word. God het hierdie voorsiening gemaak vir die vooruitgang van die evangeliewerk. R&H, 4 Februarie 1902 (RRA, 65). Ek praat van die tiendestelsel; maar hoe skamel lyk dit nie in my oë nie! Hoe klein die berekening! Hoe vergeefs om tyd, geld en liefde met matematiese reëls te meet teen n liefde en opoffering wat mateloos en onberekenbaar is! Tiendes vir Christus! O, skamele, skandelike vergelding vir wat so baie gekos het! 4T, 119, 120 (RRA, 76). Hoe het die tiendestelsel van die vroegste tye reeds sy oorsprong in Bybelse geskiedenis? Die tiendestelsel reik terug tot voor die dae van Moses. Van mense so ver in die verlede as die tyd van Adam is daar verwag om vir godsdienstige doeleindes gawes aan God te gee voordat die definitiewe stelsel aan Moses opgedra is. Deur aan Gods vereistes te voldoen, het hulle deur hul offergawes waardering getoon vir Sy genade en seëninge teenoor hulle. Hierdie gebruik is deur die daaropvolgende geslagte voortgesit ook deur Abraham, wat sy tiende aan Melgisedek, die priester van die Allerhoogste God, gegee het. Hierdie beginsel het ook in die dae van Job bestaan. By Bet-el het Jakob, n banneling en brandarm, alleen in die nag gaan lê, met n klip as kussing, en aan God belowe: Van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan. 3T, 393 (RRA, 69). Die stelsel van die heffing van tiendes is deur God ingestel, en dit is sedert die vroegste tye nagekom. KEA, 629 (DA, 617). 8

Hoe word daar getoon dat die tiendestelsel vanaf Nuwe Testamentiese tye op Christene van toepassing is? God het een tiende van alle vermeerdering as Sy eie geëis (vir die priesterlike bediening van die tempel), en om die tiende deel te weerhou word deur Hom as rowery beskou. Dit was na hierdie plan vir die onderhoud van die evangeliedienaars wat Paulus verwys het toe hy gesê het: So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. Later, toe hy aan Timotheüs geskryf het, het hy gesê: Die arbeider is sy loon werd. 1 Tim. 5:18 AA, 335, 336 (RRA, 70, 71). Wat is die gedeelte van ons eiendom of wins wat God bepaald opeis? Die Here het bepaal: Die tiende van al julle besittings is Myne; julle gawes en offergawes moet na die skatkis gebring word ter uitbreiding van My saak, om die lewende prediker uit te stuur om die Skrif te open aan diegene wat in duisternis sit. YI, 26 Augustus 1897 (MYP, 308). Die bedrag wat vereis word, het God as een tiende van die wins bepaal. 3T, 394. Soos Abraham moet ons ook n tiende betaal op alles wat ons besit en ontvang. n Getroue tiende is die Here se deel. Om dit te weerhou, is om God te beroof. (RRA, 66, 67). Terwyl daar toegegee word dat God n tiende vereis, hoe behoort die gewete en oordeel gebruik te word in die berekening en betaling daarvan? God het die plan van stelselmatigheid in welwillendheid daargestel tot die beswil van die mens wat geneig is om selfsugtig te wees en om sy hart vir vrygewige dade te sluit. Die Here vereis gawes wat op gemelde tye gegee moet word, so beplan dat dit n gewoonte sal word en welwillendheid as n Christelike plig beskou sal word. Die hart wat deur n enkele gawe geopen word, moet nie tyd hê om koud en selfsugtig te word en te sluit voordat die volgende geskenk gegee word nie. Die stroom moet voortdurend vloei en sodoende die kanaal deur dade van welwillendheid oophou. Sover dit die bedrag betref wat vereis word, het God n tiende van die wins daargestel. Dit word aan die mense se gewete en welwillendheid oorgelaat, wie se oordeel in hierdie tiendestelsel moet geld. En hoewel dit aan die gewete oorgelaat is, is n plan duidelik genoeg vir almal nagelaat. Niemand word verplig nie. 3T, 393, 394. Wanneer daar bereken word wat die saak van die Here toekom, maak seker om liewer meer as wat u plig vereis, as te min te gee. Oorweeg aan wie die offergawe gegee word. Hierdie herinnering sal begeerlikheid op die vlug jaag. 4T, 485. Die Israeliete is geleer om n tweede tiende te gee. Wat was die doel van hierdie tiende? Om die samekoms van die volk vir godsdiensoefening aan te moedig, asook om vir die armes te voorsien, is n tweede tiende van al die wins vereis.... Hierdie tiende sou n fonds voorsien vir gebruik in liefdadigheid en gasvryheid. R&H, 17 September 1889. 9

Hoe word daar getoon dat so n eenvoudige en billike plan soos die tiende n aanklank by almal behoort te hê? Gods plan van tiendebetaling is pragtig in sy eenvoud en regverdigheid. Almal kan dit in geloofsvertroue en met moed aanneem, want sy oorsprong is Goddelik. Eenvoud en bruikbaarheid is hierin saamgevat en dit vereis geen hoë geleerdheid om te verstaan of uit te voer nie. 3T, 388 (RRA, 73). Volgens die Bybelstelsel van tiendes en offergawes sal die bedrae wat deur verskillende persone betaal word, natuurlik baie verskil, aangesien dit met inkomste verband hou. Vir die arm man sal die tiende betreklik min wees, en sy gawes ooreenkomstig sy vermoë.... As die persoon aan wie God n groot kapitaal toevertrou het, God liefhet en vrees, sal dit vir hom geen las wees om ooreenkomstig die vereistes van God die aanspraak van n verligte gewete na te kom nie. Die rykes sal versoek word om selfsug en eiebaat bot te vier en van God Sy eie terug te hou. R&H, 16 Mei 1893 (RRA, 73, 74; 3T, 388-389). - - - om te voldoen aan die vereistes van n verligte gewete ooreenkomstig die aansprake van God. 10

Die Verpligting Het die tiendestelsel van die Ou Testament verbygegaan of is dit vandag nog van toepassing? Dit [met verwysing na die gewoonte van Abraham en Jakob om tiendes te betaal] was die algemene gebruik van patriarge en profete voordat die Jode as nasie tot stand gekom het. Maar toe Israel n aparte volk geword het, het die Here hulle n besliste opdrag in hierdie verband gegee: Al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here; dit is heilig aan die Here. Hierdie wet sou nie verbygaan saam met die verordeninge en offerandes wat Christus versinnebeeld het nie. So lank God n volk op aarde het, sal Sy aansprake op hulle dieselfde bly. R&H, 16 Mei 1882 (RRA, 67). Op dieselfde wyse [soos die spesifieke gedeelte van tyd, die Sabbat, opsygesit is vir godsdienstige aanbidding] is n tiende van ons inkomste heilig aan die Here. Die Nuwe Testament herhaal nie die tiendewet, soos ook nie die Sabbatsgebod nie; die geldigheid van albei word as vanselfsprekend aanvaar, en hul diep geestelike betekenis verduidelik. R&H, 16 Mei 1882 (RRA, 66). n Tiende van al ons opbrengs behoort aan die Here. Hy het dit vir Homself voorbehou, om vir godsdienstige doeleindes gebruik te word. Dit is heilig, Niks minder word in enige bedeling deur Hom aangeneem nie. R&H, 16 Mei 1882 (RRA, 67). Watter vermaning word gerig aan diegene wat weier om die tiende na die Here se skatkis te bring en wat dit vir hulself gebruik? Sal u van God Sy eie terughou? Sal u die gelddeel wat die Here as Syne eis, van die skatkis wegkeer? Indien wel, beroof u God, en elke rand sal teen u in die boeke van die hemel opgeskryf word. R&H, 23 Desember 1890 (RRA, 86). Ek verstaan u verkondig ook dat ons nie tiendes moet betaal nie. My broeder, trek die skoene van u voete af, want die plek waarop u staan, is heilige grond. Die Here het gespreek in verband met die betaal van tiendes. Hy het gesê: Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees.... TM, 60 (RRA, 83). Dit is n ernstige saak om die Here se besittings te verduister, om God te beroof; want sodoende word die begrip verdraai en die hart verhard. R&H, 22 Januarie 1895 (RRA, 86). Om God te beroof, is die grootste misdaad waaraan die mens skuldig kan wees, en tog is hierdie n diepwortelende sonde en wyd versprei. R&H, 13 Oktober 1896 (RRA, 86). Hoe word ons verplig om getroue rekenskap van ons rentmeesterskap te gee? Alle dinge behoort aan die Here. Die mens kan Sy aansprake ignoreer. Terwyl Hy oorvloediglik Sy seëninge op hulle uitstort kan hulle Sy gawes vir eie selfsugtige 11

bevrediging aanwend, maar hulle sal verantwoording van hul rentmeesterskap moet doen. n Rentmeester identifiseer hom met sy heer. Hy aanvaar die verantwoordelikhede van n rentmeester, en hy moet namens sy heer optree, en handel soos sy heer sou doen, indien hy self sou bestuur. Sy heer se belange moet sy eie word. 9T, 246. Wie ook al die deel vir sy eie gebruik aanwend wat God vir Homself afgesonder het, bewys dat hy n ontroue rentmeester is. Hy sal nie net verloor wat hy van God teruggehou het nie, maar ook wat as sy eie aan hom toevertrou is. R&H, 4 Februarie 1902 (RRA, 88). Is tiendeheffing net n kerklike finansiële plan of is dit n Goddelike instelling? Dit is nie n versoek van die mens nie; dit is een van God se instellings waardeur Sy werk ondersteun en in die wêreld uitgedra kan word. God help ons om ons te bekeer. Keer terug na My, sê Hy, en Ek sal na julle terugkeer. Diegene wat die begeerte koester om hul plig te doen, het duidelike riglyne in hierdie hoofstuk (Mal. 3). Niemand kan homself verontskuldig deur nie sy tiendes en offergawes aan die Here te betaal nie. TM, 307. $ 12

Waarvoor die Tiende Gebruik Word Wat is die hoofdoel waarvoor die tiende gebruik moet word? Dit [die tiende] moet uitsluitlik vir die onderhoud van die evangeliebediening gebruik word. R&H, 9 Mei 1893 (RRA, 81). Maar n groot fout word begaan wanneer die tiende afgewend word van die doel waarvoor dit bestem is die onderhoud van die bediening. 9T, 249 (RRA, 102). Die tiende moet vir een doel gebruik word om die evangeliedienaars te onderhou wat die Here aangestel het om Sy werk te doen. Dit moet gebruik word om diegene te onderhou wat die woorde van lewe aan die mense rig en die las van Gods kudde dra. MS 82, 1904. God se evangeliedienaars is Sy herders, deur Hom aangestel om die kudde te voed. Die tiende is Sy voorsiening vir hulle onderhoud en Hy bepaal dat dit vir hierdie doel heilig gehou word. MS 139, 1898. Sommige redeneer dat die tiende vir skole gebruik kan word. Nog ander redeneer dat kolporteurs uit die tiende onderhou behoort te word. Maar n groot fout word begaan wanneer die tiende afgewend word van die doel waarvoor dit bestem is die onderhoud van die bediening. 9T, 248, 249 (RRA, 102). Watter gespesialiseerde bediening word ingesluit by diegene wat deur die tiende onderhou moet word? Ons konferensies moet sorg dat die skole van onderwysers voorsien is, wat die Bybel deeglik onderrig en n diepe Christelike ondervinding het. Die beste evangeliedienaars moet in die skole gebruik word, en hierdie onderwysers se salarisse moet uit die tiende betaal word. MS 139, 1898. Volgens die lig wat duidelik gegee is, moet diegene wat in ons skole dien en die Woord van God doseer, deur die Skrifte te verduidelik en die leerlinge in die dinge van God op te lei, deur tiendegeld onderhou word. Hierdie raad is lank gelede gegee, maar onlangs is dit keer op keer herhaal. 6T, 215 (RRA, 103). Watter beginsel vir tiendeverspreiding moet in die onderhoud van n wêreldwye werk gevolg word? Hierdie taak om al die tiendes getrou in te bring sodat daar spys in die huis van God kan wees, sou werkers vir velde tuis sowel as in die buiteland voorsien. - R&H, 19 Februarie 1889 (RRA, 39). Ons sal al hoe meer moet besef dat die gelde wat in die vorm van die tiendes en gawes van ons mense by ons konferensies uitkom, aangewend moet word vir die onderhoud van die werk nie net in die Amerikaanse stede nie, maar ook in die buiteland. Laat die gelde wat so ywerig versamel is, onselfsugtig versprei word. 13

Diegene wat die behoefte van die sendingvelde besef, sal nie versoek word om die tiende vir onnodige dinge te gebruik nie. - MS 11, 1908. In die tiende, saam met geskenke en offergawes, het God vir die werk oorvloedig voorsiening gemaak. Sy plan is dat die evangeliewerk ten volle onderhou sal word. Hy eis die tiende as Sy eie, en dit moet altyd as n heilige reserwe beskou word en in die skatkis gestort word tot voordeel van Sy saak, die vooruitgang van die werk, om sendelinge na verre streke tot aan die uiterste van die aarde te stuur. R&H, 8 Desember 1896 (CS, 71). Waar daar n groot verskil tussen die tiende-inkomste van konferensies is, hoe kan die deel-met-mekaar-beginsel, tot n ewerediger verspreiding van middele lei? As u meer middele het as wat u benodig om u evangeliedienaars op n billike, oorvloedige, en Christelike wyse te besoldig, is daar ander plekke waar u kan help, waar daar min sowel as arm mense is, en waar die tiende beperk is. Stuur die Here se geld aan hulle. Herhaalde male is daar aan my getoon dat dit gedoen moet word. Brief 81, 1897. Is dit raadaam vir konferensies om gelde onoordeelkundig op te gaar, of om dit in behoeftige velde te bestee? In sommige konferensies was die mening dat dit aanbevelingswaardig is om gelde op te gaar, en om n groot surplus in die skatkis te toon. Maar God word nie hierin verheerlik nie. Dit sou beter gewees het as die geld wat so versamel is, wyslik bestee is aan vlytige, doeltreffende werkers in behoeftige gebiede. GW, 456, 457. Wat is sommige van die Kerk se behoeftes waarvoor die tiende nie gebruik mag word nie? 1. Nie vir herstelwerk aan kerkgeboue en gemeentelike onkoste nie: Diegene wat in bevel staan van ons kerkgeboue moet van die middele voorsien word wat nodig is om hierdie geboue in n goeie toestand te hou. Maar hierdie geld moet nie uit die tiende kom nie. MS 82, 1904. Daar is aan my getoon dat dit verkeerd is om die tiende te gebruik vir die betaal van gewone kerkonkoste. Hierin is daar van korrekte metodes afgewyk. Dit sou baie beter wees om goedkoper aan te trek, selfverwenning teen te werk en selfverloëning toe te pas, om hierdie onkoste die hoof te bied. Deur dit te doen, sal u n skoon gewete hê. Maar u beroof God elke keer as u u hande in die skatkis steek om geld vir die lopende onkoste van die gemeente uit te haal. Special Testimony to Battle Creek Church, bl. 6, 7 (Augustus 1896) (RRA, 103). 2. Nie vir skole of kolporteurdoeleindes nie: n Baie duidelike, besliste boodskap is aan my vir ons mense gegee. Ek is aangesê om hulle te vertel dat hulle n fout begaan deur die tiende te gebruik vir verskeie sake wat, hoewel goed op sigself, nie die doel is waarvoor die Here gesê het die tiende aangewend behoort te word nie. Diegene wat die tiende so gebruik, wyk van die Here se reëlings af. God sal van al hierdie dinge die Regter wees. Sommige redeneer dat die tiende vir skole gebruik kan word. Nog ander redeneer dat kolporteurs uit die tiende onderhou behoort te word. Maar n groot fout word begaan wanneer die tiende afgewend word van die doel waarvoor dit bestem is die onderhoud van die bediening. - 9T, 248, 249 (RRA, 102). 14

3. Nie vir die armes nie: Die tiende word vir n spesiale gebruik opsygesit. Dit moet nie as n fonds vir die armes beskou word nie. Dit moet spesiaal gewy word aan die onderhoud van diegene wat Gods boodskap na die wêreld neem; en moet nie van hierdie doel afgewend word nie. R&H Supplement, 1 Desember 1896 (RRA, 103). 4. Nie vir die opleiding van studente in ons skole nie: Nou in verband met die opleiding van studente in ons skole. Dit is n goeie idee; dit sal gedoen moet word; maar mag God verhoed dat in plaas van selfopoffering en selfverloëning aan die dag te lê om hierdie werk te doen, ons van die Here se deel sou aftrek wat spesifiek afgesonder is om die evangeliedienaars in aktiewe diens in die veld te onderhou, en om hulle aan die werk te [hou] wat alreeds vir die werk afgesonder is.... Al hierdie dinge moet gedoen word, soos u voorstel, om die studente te help om hul opleiding te kry, maar ek vra u: Sal ons nie almal onselfsugtig optree en n fonds stig waaruit ons by sulke geleenthede kan trek nie?... Hierdie geld mag egter nie uit die tiende geneem word nie, maar uit n afsonderlike fonds wat met dié doel gestig is Brief 40, 1897. Watter voorsiening moet daar gemaak word vir werkers en hul gades wanneer hulle bejaard is en hul gesondheid agteruitgaan? Bepaalde voorsiening moet gemaak word vir die sorg van evangeliedienaars en ander getroue werkers van God wat deur blootstelling en oorwerk in Sy saak siek geword het en wat rus en herstelling nodig het, of diegene wat deur ouderdom en swak gesondheid nie meer die las en die hitte van die dag kan dra nie.... Dit is nie minder as regverdig nie om voorsiening te maak vir die behoeftes van hierdie getroue arbeiders sowel as die behoeftes van diegene wat van hulle afhanklik is. 7T, 290. Evangeliedienaars wat hulle werk getrou gedoen het, moet nie vergeet of verwaarloos word wanneer hulle swak gesondheid het nie. Ons konferensies moet nie die behoeftes ignoreer van hulle wat die laste van die werk gedra het nie. 1SM, 33. Wanneer n man tot die bediening toetree, moet hy genoeg uit die tiende betaal word om sy gesin te onderhou. Hy moenie voel dat hy n bedelaar is nie.... Baie werkers het in die graf neergedaal.... Gedurende hul dienstydperk het hulle n dubbele diens verrig. Hulle het so n sielelas gekoester dat hulle nie van oorwerk afgelos wou word nie. Die swaar laste wat hulle gedra het, het hul lewens verkort. Die weduwees van hierdie evangeliedienaars moet nooit vergeet word nie, maar behoort, indien nodig, uit die tiende betaal te word. MS 82, 1904. Met watter gelde moet ander vertakkinge van kerklike werk onderhou word? Die tiende behoort aan die Here, en diegene wat daarmee peuter, sal gestraf word deur hul hemelse skat te verbeur, tensy hulle tot inkeer kom. Laat die werk nie langer aan bande gelê word omdat die tiende in verskillende kanale afgekeer is, anders as die waarin God gesê het dit moet gaan nie. Voorsiening moet vir hierdie ander vertakkinge van die werk gemaak word. Dit moet onderhou word, maar nie uit die tiende nie. God het nie verander nie; die tiende moet nog gebruik word vir die onderhoud van die bediening. 9T, 247-250 (RRA, 102, 103). Laat elkeen gereeld sy inkomste, wat alles as n seën van God kom, in oënskou neem en sy tiende opsy sit as spesiale fonds, wat heilig aan die Here is. Hierdie bedrag behoort onder geen omstandighede vir enige ander doel aangewend te word 15

nie; dit moet uitsluitlik vir die onderhoud van die evangeliebediening gebruik word. Nadat die tiendes opsy gesit is, laat skenkings en offergawes bereken word, namate sy voorspoed is. R&H, 9 Mei 1893 (RRA, 81). 16

Terugbesorging van Die Tiende Wat is die korrekte bestemming van die tiendes en offergawes van lidmate? Hy [God] eis die tiende as Sy eie, en dit moet altyd as n heilige reserwe beskou word en in die skatkis gestort word tot voordeel van Sy saak.... R&H, 8 Desember 1896 (RRA, 71). Dit [tiende en offergawes] moet in Sy skatkis gestort word en vir Sy diens heilig gehou word soos Hy beveel het. - 9T, 247, 248. Is dit ooit veilig vir enige persoon om sy tiende na eie oordeel te gebruik of aan te wend? Die deel wat God vir Homself voorbehou het, moet vir geen ander doel aangewend word as wat Hy gespesifiseer het nie. Laat geeneen die vrymoedigheid hê om die tiende terug te hou en na goeddunke te gebruik nie. Mense mag dit nie vir hulleself in n noodgeval gebruik, of aanwend soos hulle gerade ag nie, selfs nie in wat hulle as die Here se werk beskou nie. 9T, 247 (RRA, 101). God verlang van Sy rentmeesters om nougeset te wees in die uitvoering van Goddelike reëlings. Hulle moet nie ekwivalente vir die Here se planne bedink deur liefdadigheid te verrig, of die een of ander geskenke of offergawe te gee, wanneer en hoe hulle, as menslike instrumente, dit ook al mag goedvind nie. Dit is baie swak beleid vir mense om Gods planne te probeer verbeter, en klaarkommetodes in die plek daarvan te stel, deur n gemiddelde uit te werk van hulle goeie impulse by hierdie of daardie geleentheid en dit teenoor Gods vereistes te laat opweeg. God doen n beroep op almal om hul invloed vir Sy eie reëlings te laat geld. Hy het Sy plan bekend gemaak; en almal wat met Hom wil saamwerk, moet hierdie plan uitvoer in plaas daarvan om die vermetelheid te openbaar om dit te probeer verbeter. n Baie duidelike, besliste boodskap is aan my vir ons mense gegee. Ek is aangesê om hulle te vertel dat hulle n fout begaan deur die tiende te gebruik vir verskeie sake wat, hoewel goed op sigself, nie die doel is waarvoor die Here gesê het die tiende aangewend behoort te word nie. Diegene wat die tiende so gebruik, wyk van die Here se reëlings af. God sal van al hierdie dinge die Regter wees. - 9T, 248 (RRA, 101, 102). In watter ernstige lig moet elkeen die versoeking sien om sy tiende terug te hou, te leen of af te wend? Dit wat volgens die Skrif opsy gesit is en aan die Here behoort, maak die inkomste van die evangelie uit en behoort nie meer aan ons nie. Dit is niks anders nie as heiligskennis vir iemand om uit die skatkis van God te neem om homself, of andere in hul tydelike sake te bevoordeel. 9T, 246, 247. Laat diegene wat agtelosig en onverskillig geword het, en hul tiendes en offergawes terughou, onthou dat hulle die weg versper, sodat die waarheid nie na verre streke kan versprei word nie. Aan my is opgedra om n beroep op die volk van God te doen om hul eer terug te koop deur aan God n getroue tiende te betaal. MS 44, 1905 (RRA, 96). Hoe vergelyk ons verpligting teenoor ons kinders met ons plig teenoor God? 17

Sommige het gevoel dat hulle onder heilige verpligting teenoor hul kinders staan. Hulle moet aan elkeen n gedeelte gee, maar voel dan onbekwaam om geld in die hande te kry om God se saak te ondersteun. Hulle maak die verskoning dat hulle n verpligting teenoor hul kinders het. Dit mag so wees, maar hulle eerste plig is teenoor God.... Laat niemand sy eise instel en sodoende u daartoe bring om God te beroof nie. Moenie dat u kinders u offergawe van Gods altaar vir hulle eie voordeel steel nie. - 1T, 220, 221. Wanneer ons ons verpligting moet nakom om Gods saak te ondersteun, wat word van ons verwag? As die lidmate van n gemeente spaarsaamheid en selfverloëning in kleredrag beoefen sowel as in al hulle uitgawes soos God dit vereis, sal daar geen gebrek aan geld wees nie. Dit tiende sal toeneem en daar sal voldoende skenkings wees vir gemeentelike uitgawes. - MS 139, 1898. Ons moenie wat van ons inkomste oorbly, nadat al ons werklike of denkbeeldige behoeftes bevredig is, aan Hom toewy nie. Voordat enigiets gebruik word, moet ons die deel opsy sit wat Hy as Sy eie gespesifiseer het. Baie mense sal al hulle minder belangrike vereistes nakom en rekenings vereffen, en net die laaste skraapsels, indien enige, vir God laat. Indien daar niks oor is nie, moet Sy saak maar vir n meer geleë tyd wag. R&H, 4 Februarie 1902 (RRA, 81). As iemand ontevrede is oor die wyse waarop die werk gedoen word, hoe moet hy te werk gaan ten opsigte van tiendeheffing? Sommige was ontevrede en het gesê: Ek sal nie meer my tiende betaal nie, want ek het nie meer vertroue in die wyse waarop sake in die hart van die werk hanteer word nie. Maar sal jy God beroof omdat jy dink dat die bestuur van die werk nie reg is nie? Bring u klagtes, duidelik en openlik, in die regte gees, na die betrokke persone. Stuur u versoeke in dat dinge reggestel en in orde gebring word; maar moet u nie van die werk van God onttrek, en ontrou wees, omdat andere nie reg handel nie. GW, 227 (Dieselfde gedagte in 9T, 249 en RRA, 93). U wat u middele van die werk van die Here terughou, lees die boek Maleagi en kyk wat daarin staan oor die tiendes en die offergawes. Kan u nie sien dat dit onder geen omstandighede raadsaam is om u tiende en offergawes terug te hou omdat u nie met u broeders se dade saamstem nie? Die tiendes en offergawes is nie die eiendom van enige mens nie, maar moet aangewend word vir n sekere werk van God. Onwaardige evangeliedienaars mag van die geld ontvang wat so inkom, maar durf enige persoon hierom van die skatkis terughou en sodoende die vloek van God trotseer? Ek durf nie. Ek gee my tiendes blymoediglik en vryelik en sê soos Dawid: Uit u hand het ons dit aan U gegee. - Special Testimonies, Reeks A, No. 1, An Appeal to Our Ministers and Conference Committees, bl. 27 (10 Augustus 1890). As iemand sy plig versuim het in sy tiendeberekening, wat moet hy doen? Wat van u rentmeesterskap? Het u gedurende die afgelope jaar die God van tiendes en offergawes beroof? Kyk na u propvol skure, na u kelders waarin die goeie dinge geberg is wat God aan u geskenk het, en vra uself af of u aan die Gewer terugbesorg het wat Hom toekom. As u die Here beroof het, doen vergoeding. Bring die verlede sover moontlik in die reine, en vra dan die Heiland om u te vergewe. Sal u nie aan die Here Sy deel terugbesorg voordat hierdie jaar met sy las van gedenkskrifte die ewigheid ingaan nie? R&H, 23 Desember 1902 (RRA, 97, 98). Daar is manne wat God geseën het, wat Hy toets om te sien wat hul reaksie teenoor Hom sal wees vir al Sy goedheid. Hulle het hul tiendes en offergawes teruggehou totdat hulle skuld aan die Here God van die leërskare so groot geword het dat hulle 18

bleek word by die gedagte om aan die Here Sy eie te gee n eerlike tiende. Haas u, Broeders, terwyl u nou die geleentheid het om eerlik teenoor God te wees; moenie uitstel nie. General Conference Daily Bulletin, 28 Februarie 1893 (RRA, 97). Gebed is nie bedoel om enige verandering in God teweeg te bring nie; dit bring ons in harmonie met God. Dit neem nie die plek van plig in nie. Gebed, hoe dikwels en gretig dit ook al gedoen word, sal nooit deur God in die plek van Sy tiende aangeneem word nie. Gebed sal nie ons skuld aan God vereffen nie. - MYP, 284 (RRA, 99). Laat die verwaarloosde tiendes nou ingebring word. Laat julle die nuwe jaar begin as eerlike manne in hulle ooreenkoms met God. Laat diegene wat hul tiende teruggehou het, dit instuur voordat 1896 verby is, sodat hulle met God reg kan wees en moet nooit, nooit weer waag om deur God vervloek te wees nie. Presidente van ons konferensies, doen julle plig; moenie jul eie woorde spreek nie, maar net: So sê die Here. Ouderlinge van gemeentes, doen u plig. Arbei van huis tot huis sodat die kudde van God nie in hierdie saak wat so n seën en so n vloek behels, mag kortskiet nie. TM, 306. Dit sal nie lank wees voor die genadedeur sluit nie. Hoe sal u die verslag van u ontroue optrede verduur, as u die Here nie nou getrou dien nie? Binnekort sal n oproep om vereffening van skulde gedoen word, en u sal gevra word: Hoeveel skuld u aan my Heer? As u geweier het om eerlik teenoor God te wees, smeek ek u om aan u gebrek te dink, en indien moontlik vergoeding te doen. As dit nie gedoen kan word nie, bid God in nederige berou om u om Christus ontwil u groot skuld te vergewe. Begin nou om soos n Christen op te tree. Maak geen verskoning vir u gebrek om aan die Here Sy eie te gee nie. Nou, terwyl die genade se soete stem nog klink, terwyl dit nog vandag is, as u Sy stem hoor, verhard u harte nie. R&H Supplement, 1 Desember 1896 (RRA, 99, 100). Omdat die evangeliedienaar uit die tiende onderhou word, verminder dit sy verantwoordelikheid om n tiende van sy inkomste terug te gee? Die predikant moet, deur voorskrif en voorbeeld, die mense leer om die tiende as heilig te beskou. Hy moet nie meen dat hy dit kan behou en volgens sy eie oordeel aanwend, omdat hy n predikant is nie. Dit is nie syne nie. Dit staan hom nie vry om vir homself te gebruik wat hy dink hom toekom nie. Hy moet nie sy invloed laat geld vir enige planne om die tiendes en offergawes, wat aan God gewy is, van hul regmatige gebruik af te wend nie. Dit moet in Sy skathuis geplaas en heilig behou word vir Sy diens, soos deur Hom beveel is. - 9T, 247, 248 (RRA, 101). 19

Onderrig in die Tiendestelsel Watter verantwoordelikheid rus daar op predikante om nuwe lidmate oor die tiendeverpligting in te lig? Dit is deel van die predikant se werk om nuwe lidmate wat die waarheid deur sy pogings aanneem, te leer dat die tiende na die skathuis gebring moet word as n erkenning van hul afhanklikheid van God. Die nuwe bekeerlinge moet ten volle ingelig word oor hul plig om aan die Here Sy eie terug te gee. Die opdrag om tiende te betaal, is so duidelik dat daar nie n greintjie verskoning vir die veronagsaming daarvan is nie. Hy wat nalaat om hierdie onderrig te gee, laat n baie belangrike deel van sy werk na. - GW, 370. Watter verlies kan dit tot gevolg hê as predikante nie hierin getrou is nie? n Werker behoort nooit n gedeelte van sy werk ongedaan te laat omdat dit nie so aangenaam is om te verrig nie, met die mening dat die voglende predikant dit vir hom sal doen. Wanneer dit die geval is en die volgende predikant God se aansprake op Sy volk aan hulle voorhou, sal sommige terugdeins en sê: Die predikant wat die waarheid aan ons gebring het, het nie hiervan melding gemaak nie. Dan neem hulle aanstoot. Sommige weier om die tiendestelsel aan te neem; hulle draai weg en wandel nie meer saam met diegene wat die waarheid liefhet nie. As ander sake onder hul aandag gebring word, antwoord hulle: Dit is nie aan ons geleer nie, en hulle aarsel om voorwaarts te gaan. Hoeveel beter sou dit nie gewees het nie as die eerste boodskapper van waarheid getrou en deeglik die bekeerlinge in alle noodsaaklike dinge onderrig het, selfs al sou daar minder tot die Kerk toegevoeg gewees het onder sy arbeid. God sal meer verheerlik word as ses deeglik tot die waarheid bekeer is as om sestig belydendes te hê maar wat nie waarlik bekeerd is nie. -, GW, 369, 370. Watter verantwoordelikheid dra konferensieleiers om die volk in tiendeheffing te onderrig? As die presidente en ander werkers in ons konferensies die aard van die misdaad om God te beroof aan ons mense sou voorhou, en as hulle n egte gees van toewyding en n las vir die werk het, sal God hul arbeid n seën vir die mense maak en vrugte sal op hul arbeid gesien word. Predikante het grootliks nagelaat om pligsgetrou met die gemeentes te arbei.... 5T, 374, 375. Watter kwalifikasies en verantwoordelikheid moet in gedagte gehou word met die keuse van kerklike ampsdraers? Dit is die plig van die ouderlinge en ander kerklike ampsdraers om mense in hierdie belangrike saak [terugbring van tiendes en offergawes] te onderrig, en dinge reg te stel. As medewerkers saam met God, moet kerklike ampsdraers kerngesond wees oor hierdie duidelik geopenbaarde saak. Die predikante self moet daarmee streng wees om die bevele van Gods Woord tot in die fynste besonderheid uit te voer. Diegene wat belangrike poste in die Kerk beklee, moet nie agterlosig wees nie, maar hulle moet toesien dat die lidmate getrou is in die nakoming van hierdie plig.... Laat die ouderlinge en kerklike ampsdraers die voorskrif van die Heilige Woord volg, en by die lidmate aandring op die noodsaaklikheid daarvan om geloftes, tiendes en offergawes getrou te betaal. - R&H, 17 Desember 1889 (RRA, 106, 107). Laat die Kerk leraars of ouderlinge aanstel wat die Here Jesus innig liefhet, en laat hierdie manne sorg dat ampsdraers gekies word wat getrou sal toesien dat die tiendes ingevorder word. As die predikante openbaar dat hulle nie teen hul verpligtinge opgewasse is nie, as hulle in gebreke bly om voor die gemeente die 20

belangrikheid daarvan te beklemtoon om Gods eiendom aan Hom terug te besorg, as hulle nie toesien dat die ampsdraers onder hulle getrou is nie en sorg dat die tiende ingebring word nie, verkeer hulle in groot gevaar. Hulle verwaarloos n saak wat die gemeente tot seën of vloek kan strek. Hulle moet van hul verantwoordelikheid onthef word, en ander manne moet getoets en beproef word..... R&H Supplement, 1 Desember 1896 (RRA, 106). Hoe moet predikante en kerklike ampsdraers te werk gaan om die sonde van nie-tiendebetaling uit te wys? Wanneer persone verklaar dat hulle nie tiende sal betaal nie omdat die geld nie gebruik word soos hulle reken dit gebruik moet word nie, moet die ouderlinge van die gemeente of die predikant met die sondaars simpatiseer? Moet hy die vyand in sy werk help? Of sal hy, as n wyse man, toegerus met kennis, te werk gaan om die sonde te bestraf en sodoende die struikelblok uit die weg te ruim? Maar, broeders, moenie ontrou in julle deel wees nie. Staan in julle plek. Moenie deur julle pligsversuim ons geldelike probleme vermeerder nie. - Special Testimonies, Reeks A, No. 1, An Appeal to Our Ministers and Conference Committees, bl. 27 (10 Augustus 1890). Dit moet aan die jong en tere verstand voorgehou word dat God voortdurend Sy seëning aan Sy afhanklike kinders skenk, in die sonskyn en buie wat die plantegroei laat floreer en die aarde wat sy rykdomme tot diens van die mens skenk.... Daar was n groot versuim aan die kant van ouers deur nie die belange van hul kinders op te wek vir die werkinge van Gods saak nie. In baie gesinne skyn dit asof die kinders buite rekening gelaat word asof hulle onverantwoordelike skepsels is. Sommige ouers beroof God selfs van Sy regmatige aanspraak op tiendes en offergawes sodat hulle rykdom vir hul kinders kan versamel, terwyl hulle buite rekening laat dat hulle n deur van versoeking vir hul geliefdes ooplaat wat gewoonlik hul ondergang beteken. Hulle ontneem hul kinders die noodsaaklikheid van persoonlike inspanning sowel as n aansporing tot edele prestasie. CSW, 140. 21

Oorvloedige Seëninge Wat is een van die voorwaardes waarop God die vensters van die hemel oopmaak? Haas u, my Broeders en Susters, om getrou na God die tiende te bring, en om Hom ook n vrywillige dankoffer te bring. Daar is baie wat nie geseën sal word totdat hulle vergoeding gedoen het vir die tiende wat hulle teruggehou het nie. God wag op u om die verlede vry te koop. - R&H, 10 Desember 1901 (RRA, 87). Watter seëninge sou volg as die hebsugtige gees van ons menslike natuur bedwing en beheers word? Baie wat voorgee om Christene te wees, voorsien oorvloedig vir hulself, in al hul gewaande behoeftes, terwyl hulle geen ag slaan op die behoeftes van Gods saak nie. Hulle het dit voordelig geag om God te beroof deur alles, of n selfsugtige deel, van Sy gawes vir hulself te hou. Maar hulle ervaar teenspoed in plaas van voorspoed. Hulle handelwyse bring die onttrekking van genade en seëninge mee. Deur hul selfsugtige, inhalige gees, het mense baie verloor. As hulle Gods vereistes vrylik en volkome erken het, sou Sy seëning geopenbaar geword het deur die produktiwiteit van die aarde te vermeerder. Die oeste sou groter gewees het. Daar sou oorvloedige voorsiening in die behoeftes van almal gewees het. Hoe meer ons gee, hoe meer sal ons ontvang. - R&H, 8 Desember 1896 (RRA, 90). Watter geestelike verlies gaan gepaard met die wêreldse gebruike in geldsake? Wanneer ons oneerlik teenoor ons medemens of God optree, verag ons die outoriteit van God en ignoreer die feit dat Christus ons met Sy eie lewe gekoop het. Die wêreld beroof God grootskaals. Hoe meer skatte Hy aan die mense skenk, hoe meer volkome beskou hul dit as hulle eiendom om te gebruik soos dit hulle sal behaag. Maar sal die belydende volgelinge van Christus die gebruike van die wêreld navolg? Sal ons gemoedsrus, ons verhouding tot God en gemeenskap met ons broeders verbeur omdat ons in gebreke bly om die deeltjie aan Sy saak toe te wy wat Hy as Sy besitting geëis het? - R&H, 17 Desember 1889 (RRA, 78). Watter verhewe doelstellings word bereik deur die tiendestelsel? Groot dinge word deur hierdie stelsel vermag. As almal dit sou aanneem, sou elkeen n waaksame en getroue rentmeester vir God wees; daar sou geen gebrek aan middele wees vir die groot werk om die laaste waarskuwingsboodskap oor die aarde te laat weerklink nie. As almal hierdie stelsel aanneem, sal die skatkis vol en die bydraers niks armer wees nie. Deur elke belegging sal hulle meer volkome aan die saak van die teenswoordige waarheid geheg raak. Hulle sal dan n goeie fondament vir die toekoms lê sodat hulle die ewige lewe kan verwerf. 3T, 388, 389 (RRA, 73). Wanneer geestelike herlewing onder lidmate begin werk, hoe word die vraagstuk van getrouheid in tiendeheffing n geskilpunt? Besliste vooruitgang in geestelikheid, godsvrug, liefde en aktiwiteit het gekom as gevolg van die spesiale dienste in die... gemeente. Preke is gelewer oor watter sonde dit is om God van tiendes en die offergawes te beroof.... Baie het bely dat hulle jare lank nie tiendes betaal het nie; en ons weet dat God nie diegene kan seën wat Hom beroof nie, en dat die Kerk moet ly as gevolg van die sondes van sy indiwiduele lidmate. Daar is baie name op ons Kerkboeke; en as almal sonder versuim aan God n eerlike tiende sou betaal, wat Sy deel is, sou daar 22

geen gebrek aan middele in die skatkis wees nie.... R&H,19 Februarie 1889 (RRA, 95). Hoe vergelyk die waarde van 9 / 10 saam met die seën van God, met 10 / 10 sonder Sy goedkeuring? Baie het die Israeliete se lot bejammer omdat hulle verplig is om stelselmatig te gee, afgesien van hulle ruimhartige jaarlikse offergawes. n Alwyse God het geweet watter stelsel van vrygewigheid die beste by Sy voorsienigheid sou pas en het Sy volk daaromtrent opdragte gegee. Dit is nog altyd bewys dat nege-tiendes meer werd is as tien-tiendes. 3T, 546 (RRA, 68). 23

Spesiale Aanbevelings Aangaande die Tiende Studente se Tiende In 1936 het die Wêreldkonferensiebestuursraad n aanbeveling aanvaar oor tiendeheffing in ons kosskole; n aanbeveling wat vandag nog gevolg word. Dit word erken dat die beginsel van tiendeheffing die gebruiklike, sterk en billike grondslag is vir die onderhoud van die Kerk se evangeliebediening en dat die jeug in ons kolleges en hoërskole aangemoedig moet word om konsensieuse tiendeheffers te wees van hul verdienstes in studentearbeid binne en buite die skool. Die beleid beveel aan dat alle studente aangemoedig word om op hul verdienstes tiende te betaal terwyl hulle op skool is, deur die gemeente waar die skool geleë is, aan die plaaslike konferensie, en dat hulle hul lidmaatskap laat oorplaas na die skool gemeente tydens hul bywoning. Tiende en Offergawes aan Sendingvelde Elke herfs trek die Wêreldkonferensie n begroting op en sonder dan fondse af vir oorsese sendingvelde terwyl daar getrag word om dit op n billike grondslag te doen en die behoeftes van die onderskeie sendingvelde in oënskou te neem. Terselfdertyd voel baie getroue en konsensieuse Sewendedag-Adventiste dat n besondere las op hul rus vir bepaalde oorsese projekte en word beïnvloed om bydraes te maak aan projekte waarin hulle persoonlik belangstel. As hierdie gebruik algemeen sou word, kan dit die sukses ernstig bedreig van n gevestigde plan om die tiende en offergawes deur die gebruiklike kanale aan te stuur om in die jaarlikse wêreldbegroting ingesluit te word. In die Handboek van die Sewendedag-Adventistekerk, in n afdeling oor die insameling van geld, word melding gemaak van geldinsameling vir spesiale ondernemings deur buitelandse werkers. 4. Buitelandse werkers wat hulle tuisgemeentes besoek of deur briefwisseling met die tuisland in aanraking is, word versoek om geld te kollekteer alleenlik vir ondernemings wat by die begroting van toekennings ingesluit is, en om met gemeentes en konferensies saam te werk in die insameling van geld ter voldoening van die toekennings waarvan ons wêreldsendingwerk afhang. Alle sodanige gelde moet deur die gebruiklike kanale gehanteer word. Handboek vir die Sewendedag-Adventistekerk (Hersien 1971) bl. 200. Leiers van buitelandse divisies het die behoefte aan samewerking met die algemene genootskaplike plan van wêreldfinansiering uitgespreek deur te sê: As (buitelandse) leiers betreur ons enige afwykings van die gebruiklike wyse waarop geld ingesamel word, en ons bevestig die begeerte om in volkome ooreenstemming met die gebruiklike genootskaplike plan saam te werk om al die behoeftes tuis en in die buiteland na te kan kom. General Conference Working Policy (1968). 24

Voorstelle oor Tiendeberekening Die volgende voorstelle oor tiendeberekening is aangepas uit die traktaat, In Account With God, deur O. A. Blake, wat jare lank as ondertesourier van die Wêreldkonferensie gedien het. Sommige mag vra, Hoe moet ek my tiende betaal? Is dit nie n ingewikkelde matematiese berekening nie? Hoe moet ek my inkomste uitreken? Wat word presies met die opbrings bedoel? Om hierdie vrae te beantwoord, moet ons oplet hoe verskillende persone hul inkomste bereken en vasstel wat hulle presiese verpligting teenoor die Here is deur Sy tiende aan Hom terug te gee. Die Salaristrekker Ons begin met die salaristrekker. Die persoon wat n vasgestelde weeklikse, maandelikse of jaarlikse salaris ontvang, behoort dit nie moeilik te vind om die tiende uit te werk nie. Wanneer hy sy salaris ontvang, moet hy heel eerste n tiende van die volle bedrag vir die Here opsysit. Die nege-tiendes is vir sy persoonlike uitgawes soos voedsel, huur, klere, vakansiekostes, inkomstebelasting en offergawes. Sommige het gevra of die inkomstebelasting afgetrek moet word voordat die tiende bereken word. Inkomstebelasting is in werklikheid nog n persoonlike utigawe wat aan die regering betaal word. Daar is verskeie uitgawes wat die indiwidu aan die regering betaal posgeld, grondbelasting, staats- en provinsiale belastings, omsetbelasting en ook ander. Die Wêreldkonferensiebestuursraad het tydens die Herfsitting van 1943 hierdie probleem bestudeer en die volgende aanbevelings gemaak: Ons raai al ons gelowiges aan dat ons na ons beste wete, by die beginsel bly waarop hierdie genootskap die werk vanaf die vroegste tye gedoen het, en nie moet toelaat dat inkomstebelasting of enige ander belasting daardie deel van die salaris raak waarop God aanspraak maak nie. Dit beteken dat die tiende op die volle salaris en verdienste uitgewerk moet word voordat enige belastingaftrekking of betaling gemaak is. As n persoon beleggings in huise of in enige ander soort trust, jaargelde of effekte het, moet hy sy tiende gee op die inkomste wat hy hieruit ontvang. As enige van die bogenoemde beleggings verkoop word en n kapitaalwins tot gevolg het, moet tiende op dié inkomste gegee word. Tiende moet ook gegee word op kontantgeskenke wat ontvang word. Baie gelowiges bereken die waarde van alle geskenke wat ontvang word, wat normaalweg deur die ontvanger vir eie gebruik aangekoop sou word en gee tiende op hulle billike kontantwaarde. 25