Die heiligheid van seks

Similar documents
Daniël en die Leeukuil

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Pragtige Koningin Ester

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Johannes 6:1-15; /07/2014

Die wind as bron van energie *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

OESFEES. Oktober 2016

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Johannes 14: /08/2014

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Die wonder van water *

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Deuteronomium 8: /01/2014

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Plekwaardes van heelgetalle *

Die boek Job en lyding

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

Wat is vaskulêre demensie?

Speel met battery elektrisiteit *

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

Wat is elektrisiteit? *

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Kom luister en dink saam! Kom luister en dink. Bybelse vroomheid...2. Die plek van die seksuele opvoeding van die jong kind II (slot) 3

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

In die woordeboek van Kittel word die basiese betekenis van die woord soos volg aangegee as:

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

God se beloftes in voorbidding

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

Musiek: Toets jou kennis *

DESPERAATHEDE 1. Desperaathede

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Dit is wanneer mense van dieselfde geslag met mekaar gemeenskap het. Kyk na die volgende uitsprake in die Skrif:

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die Hemele.

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

LAERSKOOL HELDERKRUIN

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

Handleiding vir Klein Groep Leiers

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Die Wese van Effektiewe Gebed

Buite Die Laer Uitgaan

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS


Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Jeremia 24:1-3. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Courses for March 2012

, Laat ons bly staan, net n oomblik, terwyl ons ons hoofde buig.

Gaan Uit Haar Uit, My Volk! Deel 3

Gebed. Die Asem van die Siel

2 Ek is die Here jou God. Dit is Ek wat jou bevry het uit Egipte waar jy n slaaf was.

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Transcription:

978-1-77000-120-6_New.indd 1 2011/06/28 08:34:43 AM

E e n Die heiligheid van seks Die huweliksdaad is daardie mooi en intieme verhouding wat op n ongeëwenaarde en unieke wyse deur n man en sy vrou in die privaatheid van hulle liefde gedeel word, en dit is heilig. In die ware sin van die woord het God hulle vir en in daardie verhouding geskep. n Bewys dat dit n heilige ervaring is, vind ons in God se eerste bevel aan die mens: Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit (Gen. 1:28). Hierdie opdrag is gegee voordat die sonde in die wêreld gekom het. Die liefdespel en voortplanting is daargestel toe die mens nog in sy oor spronklike toestand van onskuld was. Die sterk en mooi seksuele drang wat n man en vrou na mekaar het, is onteenseglik deel van hierdie opdrag van God. Natuurlik het Adam en Eva daardie drang in die paradys ervaar, soos God dit bedoel het, en al het ons nie geskrewe bewys daarvoor nie, is dit seker ongetwyfeld waar dat Adam en Eva in die liefdespel betrokke was voordat die sonde in die wêreld gekom het (Gen. 2:25). Die gedagte dat God ons geslagsorgane geskep het om vir ons vreugde te bring, kom as n verrassing vir baie mense. Maar dr. Henry Brandt, n Christensielkundige, sê vir ons: God het alle dele van die menslike liggaam geskep. Hy het nie sommige dele goed en ander dele sleg geskape nie. Hy het hulle almal goed gemaak, want toe Hy sy skep pingswerk

18 Die huweliksdaad voltooi het, het Hy daarna gekyk en gesê: Dit is alles baie goed (Gen. 1:31). En dit het ook gebeur voor dat die sonde in die wêreld gekom het en die volmaaktheid van die paradys geskaad het. Na 40 jaar van berading aan honderde getroudes oor die mees intieme aspekte van hulle huwelikslewe is ons oortuig daarvan dat baie van hulle die foutiewe idee het dat daar iets verkeerds en vuil is in die huweliksdaad. Hierdie toe stand kan moontlik spruit uit die feit dat baie Chris tenleiers onwil lig was om openlik oor hierdie dinge te praat, om sodoende n vraag teken oor die skoonheid van hierdie noodsaaklike deel van die getroude lewe te plaas. Maar ons weet tog dat die Woord van God alle kreukels kan uitstryk uit die mens se verwronge idees. Om hierdie vals opvatting te weerlê, kan ons daarop let dat al drie Persone in die Goddelike Drie-eenheid hierdie verhouding in die Bybel onderskryf. Ons het reeds aangetoon dat God die Vader sy stempel van ineenstemming daarop afgedruk het in Genesis 1:28. Elkeen wat al n Christelike hu we liksbevestiging bygewoon het, is heel waarskynlik daar herinner aan die feit dat Jesus Christus n bruilof uitgekies het om sy eerste wonderwerk te verrig. Dit word baie algemeen ver tolk as sy Goddelike teken van goedkeuring. Saam hiermee lees ons in Matteus 19:5 (MVB) dat Christus baie duidelik sê: Hulle is nie meer twee nie, maar een liggaam. Die hu welikseremonie is nie op sigself die handeling wat n man en vrou werklik in die oë van God in die heilige hu weliksverbintenis verenig nie; dit gee slegs aan hulle die open bare toestemming om alleen na n baie romantiese oord te gaan om daar die een vlees -ver houding te ervaar wat hulle werklik as man en vrou verenig. God die Heilige Gees swyg ook nie oor hierdie onder werp nie, want ook Hy onderskryf hierdie heilige ervaring op baie plekke in die Bybel. In die hoofstukke wat volg, sal ons op die meeste hiervan let, maar ons haal onmiddellik hier n teks aan om sy goedkeuring aan te dui. In Hebreërs 13:4 (1953-vertaling) het die Heili ge Gees die skrywer geïnspireer om te skryf: Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet. Hier die gedeelte is duidelik, en dui aan dat daar niks verkeerds

Die heiligheid van seks 19 moet wees in die huweliksdaad tussen man en vrou nie. Wie dit anders sien, verstaan nie die Bybel nie. Die outeur kon slegs gesê het: Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees, wat genoegsaam sou wees, maar net om seker te maak, vul hy dit aan met n ander sin:... en die bed onbesmet. Dit moet onbesmet bly omdat dit n heilige ervaring is. Onbewustelik was ek nog altyd ongeneë om die woord koïtus te gebruik om die begrip liefdespel uit te druk, al het ek geweet dat dit n baie akkurate term kan wees. Maar dit het verander toe ek ontdek dat die Bybel se woord vir bed in Hebreërs 13:4 koite is (spreek uit kóy-tay). Hierdie woord beteken saamkom om die manlike sperm te plant. 1 Koite kom van die stamwoord koimao wat beteken om te slaap. 2 Alhoewel die woord koïtus van die Latynse woord coitio afstam, het die Griekse woord koite dieselfde betekenis as die verhouding wat n egpaar ervaar in die bed wat hulle saam bewoon. Met hierdie betekenis as agtergrond kan Hebreërs 13:4 dan soos volg vertaal word: Laat koïtus in die huwelik eerbaar en onbesmet wees. Die man en vrou wat koïtus beoefen, benut die Godgegewe voorreg om n nuwe lewe te skep, n ander mens, as gevolg van die betoning van hulle liefde aan mekaar. Dit is meer as voortplanting My eerste ervaring van seksberading was n totale mislukking. Toe ek nog n jong teologiese student was, het n mede-sokkerspeler my op n dag geroep toe ons van die veld afstap om te gaan stort. Ek kon sien dat hierdie frisgeboude jong man bekommerd is. Albei van ons was reeds ongeveer n jaar lank getroud, maar hy het nie vir my gelukkig gelyk nie. Hy was altyd n baie aangename en opgewekte persoon, maar na n paar maande van getroude lewe het hy gespanne en prikkelbaar geword. Uiteindelik het hy sommer sy probleem reguit gestel: Hoe lank dink jy behoort ek selibaat in my huwelik te bly? Sy jong vroutjie het skynbaar geglo dat seks net daar is vir die voortplanting van die menslike geslag. En omdat hulle besluit het om eers te wag tot na die voltooiing van sy studies voordat hulle kinders sal hê, was hy n baie gefrustreerde

20 Die huweliksdaad bruidegom. Hy het ernstig gevra: Tim, is daar êrens n plek in die Bybel waar daar staan dat seks daar is om geniet te word? Ongelukkig was ek toe nog te oningelig om hom te antwoord. Ek was geseën met n bruid wat nie sulke opvattings gehad het nie, en het daarom nog nooit aan so n probleem gedink nie. Na hierdie ervaring het ek probeer om n aantal Bybeltekste te versamel om vas te stel wat die Bybel ons omtrent hierdie sake leer. Ek het baie teksverse gekry wat iets sê van die liefdespel tussen getroudes. Sommige praat net van voortplanting, maar daar is baie ander wat bewys dat God die huweliksdaad bedoel het om genot aan man en vrou te verskaf. Inderdaad, as ons die waarheid goed begryp, het God deur hierdie gawe die grootste bron van die huweliksvreugde sedert Adam en Eva aan die mens gegee, net soos Hy dit bedoel het. Ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar. Wanneer n paartjie se seksuele liefde onbevredigend is, veroorsaak dit baie stres in hulle verhouding. Mans wat onbelangstellend en vroue wat onwillig is, verhoog spanning in die huis en hierdie spanning word gewoonlik gevolg deur onvriendelike en selfsugtige optrede wat verwoestend kan wees vir n huwelik. In baie gevalle lei n onvervullende sekslewe tot ontrouheid of egskeiding. Omtrent vyf jaar na die eerste uitgawe van die boek het ek n eensame vrou in haar 40 s by ons Sondagaanddiens opgemerk. Ek was nie verbaas dat sy vir my gewag het toe die diens verby was nie. Sy het gedink dat ons nog nie ontmoet het nie en haar aan my voorgestel. Dit was die voormalige vrou van my atleetvriend waarvan ek vroeër vertel het. In die 20 jaar van hulle huwelik het sy vier seuns in die wêreld gebring. Hulle het min van hulle pa te sien gekry aangesien hy van haar geskei het. Klaarblyklik het die dag gekom toe hy nie meer haar selfopgelegde weerhouding of selibaatskap kon hanteer nie, en hy het aangetrokke geraak tot iemand wat meer reaksie toon op sy seksuele behoeftes. Terwyl sy besluit om sy gesin te verlaat nie goedgekeur kan word nie, is ek seker, wetend hoe toegewyd die man aan Christus was, dat dit nie sou gebeur het as sy vrou nie so n onbybelse gesindheid teen-

Die heiligheid van seks 21 oor die sekslewe in die huwelik gehad het nie. Soos ons in latere hoofstukke sal agterkom, is die belangrikste orgaan wat elkeen van die huweliksmaats na die huweliksbed bring die brein. Dit beheer alle ander organe. Wat leer die Bybel ons van seks? Omdat die Bybel duidelik en herhaaldelik die misbruik van seks veroordeel, en dit egbreuk en hoerery noem, het baie mense dit verkeerdelik geïnterpreteer dat God alle seks veroordeel. Sommige doen dit omdat hulle dit ewe onskuldig glo, terwyl ander dit doen om hulle eie immoraliteit te regver dig. Die teendeel is egter waar. Die Bybel praat altyd goedkeurend van hierdie verhouding, mits dit beperk bly tot ge troude pare. Die enigste verbod in die Bybel ten opsigte van seks geld vir buite-egtelike en voorhuwelikse gemeenskap. Sul ke gedrag keur die Bybel ondubbelsinnig af. God is die Skepper van seks. Hy het nie die menslike be geertes laat onstaan om die mens te pynig nie, maar eerder om vreugde en vervulling te bring. Dit verstaan ons as ons be gryp hoe dit alles tot stand gekom het. Adam was onver vuld in die Tuin van Eden. Al het hy in die wêreld se mooi ste tuin gebly, omring van mak diere van elke soort, het hy geen maat van sy eie soort gehad nie. Toe het God Adam se rib bebeen geneem en n nuwe skepping gemaak, naamlik die vrou. Sy was in elke opsig net soos die man, behalwe dat haar voortplantingsorgane verskil van die man s n. Hulle was nie teenoorgesteldes van me kaar nie, maar eerder aanvullend tot mekaar. Watter soort God sou dit gewees het wat sy hoogste skepsels toerus vir n sekere aktiwiteit, aan hulle die toepaslike drange gee om dit aan die gang te sit, en dit dan verbied? So n God is dan seker nie die liefdevolle God wat ons in die Bybel leer ken nie. In Romeine 8:32 lees ons: God het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? Wanneer ons objektief daarna kyk, dan sien ons dat seks aan ons gegee is ook vir vreugde en genot in die huwelik. Verdere bewys dat God die liefdespel tussen huweliksmaats

22 Die huweliksdaad goed keur, vind ons in die pragtige verhaal van hoe dit alles tot stand gekom het. Net die mens is na die beeld van God geskape (Gen. 1:27). Dit alleen maak die mens die unieke wese wat hy is. Die volgende vers sê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde (Gen. 1:28, NLV). Daarop het God sy persoonlike kommentaar uitgespreek ten op sigte van sy ganse skepping: Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed (Gen. 1:31). Genesis 2 gee vir ons meer be sonderhede aangaande God se skepping van Adam en Eva, klaar blyklik om hulle formeel aan mekaar voor te stel en om aan hulle die opdrag te gee om vrug baar te wees. Hier sien ons dat God self vir Eva na Adam gebring het (v. 22). Hulle on skuld word pragtig met die volgende woorde beskryf: Hul le twee, die mens en sy vrou, was kaal maar hulle was nie skaam nie (v. 25). Adam en Eva het hier geen ver leentheid of skaamte geken nie. Hiervoor was daar drie redes: Hulle is aan mekaar deur n heilige en regverdige God voor ge stel wat hulle beveel het om mekaar ten volle lief te hê. Hul le gedagtes het geen skuldgevoel geken nie, want geen ver bod ten opsigte van die huweliksdaad was tot dusver gegee nie; en geen ander mense was naby om hulle mees intieme ver houdings gade te slaan nie. Interessant genoeg is die beste liefdespel in die wêreld nie beperk tot mooi mense of dié met perfekte liggame nie. Dit is op sy beste as twee gesonde minnaars, wat meer daarop ingestel is om in hulle maat se behoeftes te voldoen as om hulle eie behoeftes te bevredig, die huweliksbed nader sonder skuldgevoelens. Dit is hoekom kuisheid die beste voorbereiding is vir die huwelik en hoekom getrouheid in die verhouding so verrykend is. God se plan is dat een man en een vrou die ekstase van die ervaring net met mekaar deel. Adam het sy vrou geken Ons kry nog meer getuienis aangaande die seën van God op hierdie heilige verbintenis in die bekoorlike uitdrukking wat gebruik word om die huweliksdaad tussen Adam en Eva in Genesis 4:1 (MVB) te beskryf: Nou het die mens (Adam) sy vrou Eva intiem geken, en sy het swanger geword. Kan daar

Die heiligheid van seks 23 n mooier manier wees om die verhewe, intieme ver smelting van verstand, hart, emosies en liggaam in n hart stogtelike, opwellende klimaks wat twee mense in n golf van onskuldige ontspanning omvou en hul liefde ten volle ontplooi, te beskryf? Hierdie ervaring is n gesamentlike ken of kennis van mekaar se heiligste, persoonlikste en intiemste ervarings. En dit alles is deur God vir elkeen se gesamentlike seën en genot geskenk. Daar is sommige wat glo dat enigiets wat geestelik aanvaarbaar vir God is, nie genotvol kan wees nie. Ons het in on langse jare heelwat sukses behaal deur egpare aan te raai om gereeld saam te bid. In die boek How To Be Happy Though Married 3 word n besondere effektiewe metode van wat ons kan noem n gespreksgebed beskrywe. Ons beveel dit aan om dat dit soveel moontlikhede bied en daarby so prakties is. Deur die jare het baie egpare dit gebruik en baie baat daardeur gevind. n Jong vroutjie wat baie openhartig en emosioneel was en wat erken het dat dit hulle verhouding verander het, het by geleentheid gesê: Die belangrikste rede waarom ek nie gretig was om saam met my man te bid voordat ons bed toe gaan nie, was dat ek bang was dit sou ons gemeenskap in die wiele ry. Maar ek was verbaas om te vind dat ons so na aan mekaar was nadat ons saam gebid het, dat dit eintlik die regte atmosfeer geskep het vir ons liefdespel. Haar ondervinding is nie uitsonderlik nie. Trouens, ons weet van geen rede waarom n egpaar nie voor en na gemeenskap saam kan bid nie. Ons weet egter ook dat die meeste egpare so ontspanne na gemeenskap is dat hulle net een ding wil doen en dit is slaap die slaap van tevredenheid. n Verruklike minnaar Sommige mense kan geskok word, maar ons wil graag daarop wys dat die Bybel reguit oor die liefde praat. Die Hooglied van Salomo is weens sy openhartigheid in hierdie verband berug (Hoogl. 2:3-17, 4:1-7). Spreuke waarsku teen die onsedelike vrou ( n prostituut) maar by wyse van kontras daag hy die man uit om hom te

24 Die huweliksdaad verheug oor die vrou van sy jeug. Hoe? Deur te sê: Laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees (Spr. 5:18-19, 1953-vertaling). Dit is duidelik dat in hierdie verruklike liefdespel n man hom sal verheug, en dat dit vir hom sprankelende genot sal bring. Die ver band waarin dit voorkom, dui daarop dat dit n ervaring is wat ge not vir albei partye behoort te bring. Dit dui ook daarop dat gemeenskap en alles wat daarmee saamgaan nie net bedoel is vir die voortplanting van die geslag nie, maar ook vir die loutere genot van albei partye. As ons dit reg verstaan en ek dink dit is wel die geval, dan behoort dit nie n haastige daad of n ervaring wat jy maar moet verduur of uithou te wees nie. Deskundiges van vandag beveel aan dat die voorspel lank en innig moet wees voordat die huweliksdaad vir albei n bevredigende ervaring sal wees. Hiermee vind ons geen fout nie. Ons wil egter daarop wys dat Salomo dieselfde raad meer as 3 000 jaar gelede gegee het. Alle Bybelgedeeltes moet bestudeer word in die lig van hulle verband en doelstellings, anders kan daar verdraaiings in hul betekenis kom. Die bogenoemde konsep is duidelik genoeg soos wat ons dit aangedui het, maar dit word nog kragtiger as ons die opset verstaan waarin dit ingebed is. Die geïnspireerde woorde van Spreuke 1-9 bevat die on der wysing van Salomo, die wêreld se slimste man, aan sy seun. Hy onderrig hom sodat hy in staat kan wees om die geweldige sterk seksdrang in hom te kan hanteer en so te verhoed dat hy dit misbruik. Salomo wil hê dat sy seun lewenslank die wettige gebruik van daardie drang sal geniet deur dit tot die huweliksdaad te beperk. Omdat die hele gedeelte oor die wysheid handel, is dit duidelik dat genotvolle, bevredigende huweliksliefde die pad van die wysheid is. Buite-egtelike liefde word aangedui as die pad van dwaasheid. Daardie pad bring korttermynplesier maar eindig in vernietiging (hartseer, skuld, droefheid). Ons sal ons plig verwaarloos as ons nie die inhoud van Spreuke 5:21 beklemtoon nie: n Mens se lewe lê oop voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy. Hierdie teks sluit die seksdaad in. God aanskou die intieme dade van elke egpaar en keur dit goed. Sy oordeel reserveer Hy vir dié wat sy plan

skend deur buite-egtelike seks te beoefen. Speel in die Ou Testament Die heiligheid van seks 25 Dit is seker vir ons moeilik om te glo dat die heilige manne in die Ou Testament goeie minnaars was. Maar hulle was. Dit is seker onwaarskynlik dat ons n preek sal hoor wat gaan oor Isak se verhouding met sy vrou Rebekka, soos opgeteken in Genesis 26:6-11. Hierdie man wat n ereplek gekry het in God se ererol van gelowiges in Hebreërs 11, is deur koning Abimelek gesien terwyl hy met sy vrou gespeel het (geliefkoos het). Aan ons word nie meegedeel hoe ver hy met sy liefkosing gegaan het nie, maar hy was oënskynlik intiem genoeg met haar sodat die koning kon afl ei dat sy sy vrou was en nie sy suster nie, soos wat Isak vantevore valslik voorgegee het. Isak het fouteer, nie deur met sy vrou te speel nie, maar omdat hy sy liefkosing nie tot die privaatheid van hulle slaapkamer be perk het nie. Die feit dat hy gesien is toe hy besig was met sy liefkosing, dui daarop dat dit in daardie dae algemeen toelaatbaar vir mans en vroue was om met mekaar te speel. So het God dit beplan dat dit moet wees. Die gebooie en bepalings wat God deur Moses aan die kinders van Israel gegee het, bring vir ons verdere insigte ten opsigte van God se goedkeuring van die huweliksdaad. Hy het bepaal dat n man vir n volle jaar na sy huwelik vir militêre diens en alle besigheidsverantwoordelikhede vrygestel moes wees (Deut. 24:5). Die doel hiervan was dat hierdie twee persone mekaar moes leer ken terwyl hulle seksuele drange op hul sterkste was, en dit onder omstandighede wat die geleentheid vir eksperimentering en genot gebied het. Natuurlik was dit ook bedoel dat die man die geleentheid gegun moes word om voort te plant voordat hy moontlik op die slagveld te sterwe kom. Voorbehoedmiddels was gedurende daardie tyd nog nie in gebruik nie, en omdat die getroude paar so n lang tyd bymekaar kon deurbring, is dit te verstane waarom kinders gewoonlik so vroeg in hul getroude lewe gebore word. n Ander teks dui ook aan hoe goed God die seksdrang in die mens wat Hy geskape het, verstaan. In 1 Korintiërs 7:9

26 Die huweliksdaad (MVB) staan daar: Dit is beter om te trou as om van seksuele begeerte te brand. Hoekom? Omdat daar net een toelaatbare en God gewilde metode is waarop die natuurlike drang wat deur God in die mens geskep is, bevredig mag word, en dit is die hu weliksdaad. God het dit so bepaal dat die man en vrou ge heel en al vir hulle seksuele bevrediging van mekaar afhanklik is. Die Nuwe Testament en seks Die Bybel bevat die beste handleiding vir menslike gedrag wat ooit geskryf is. Dit dek alle aspekte van tussenmenslike verhoudings, insluitend seksuele liefde. Voorbeelde hiervan het ons reeds gegee, maar een van die mees voortrefl ike Skrifgedeeltes volg nou. Om dit ten volle te verstaan, haal ons aan uit 1 Korintiërs 7:2-5: Weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man. Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie. Hierdie gedeelte sal later in die boek vollediger verduidelik word. Maar by hierdie geleentheid wil ons die vier groot be ginsels ten opsigte van die liefdespel soos dit in hierdie Skrifgedeelte voorkom, weergee. 1. Sowel die man as die vrou het seksuele behoeftes wat in die huwelik bevredig moet word. 2. Wanneer iemand trou, offer hy die beheer van sy lig gaam op aan sy lewensmaat. 3. Nie een van die twee huweliksmaats mag weier om die seksuele behoefte van die ander een te bevredig nie.

4. God keur die huweliksdaad goed. Die heiligheid van seks 27 Op n dag het n jong ma van drie kinders na my gekom om te vra dat ek haar na n psigiater sal verwys. Op my vraag waarom sy een benodig, het sy geantwoord dat haar man glo dat sy een of ander diepgewortelde psigologiese probleem met seks het. Sy het nog nooit n orgasme tydens gemeenskap gehad nie, kan nie ontspan wanneer sy geliefkoos word nie, en sy voel sommer oor alles skuldig. Op my vraag wanneer sy vir die eerste keer skuldig gevoel het oor seks, het sy geantwoord dat sy voor haar huwelik baie intieme liefkosing toegelaat het. Dit het haar laat voel dat sy haar Christelike beginsels en haar ouers se waarskuwings oorboord gegooi het. Uiteindelik het sy gesê: Ons hele verhouding van vier jaar het daaruit bestaan dat Tom voortdurend probeer het om my te verlei en ek voortdurend teëgestribbel het. Ek het te veel toegelaat en ek is verbaas dat ons nie oor die tou getrap het nie. Nadat ons getroud is, het dit vir my gevoel dit is nog maar steeds soos voor die troue. Waarom het God in elk geval hierdie seksbesigheid in die huwelik ingebring? Hierdie jong vroutjie het nie n reeks sielkundige toetse en jare lange terapie nodig gehad nie. Al wat sy nodig gehad het, was dat sy haar voorhuwelikse sondes moes bely en daarna moes leer wat huweliksliefde beteken. Nadat God haar sondes vergewe het, het sy gou besef dat haar opvatting van die hu weliksdaad totaal foutief was. Nadat sy Bybelstudie en na leeswerk oor die onderwerp gedoen het, en haar leraar haar verseker het dat liefdespel en gemeenskap n pragtige deel van God se plan vir getroudes is, het sy n nuwe vrou geword. Haar man, wat altyd maar n lou Christen was, het my een Sondag ná n erediens ingewag en gesê: Ek weet nie wat jy vir my vrou gesê het nie, maar dit het ons huwelik totaal ver ander. Sy eie geestelike groei het merkwaardig voor uitgegaan net omdat n vrou besef het dat God dit so beplan het dat liefde en gemeenskap n genotvolle ervaring vir twee getroudes moet wees. Het jy miskien al gewonder waarom seks elke dag van alle kante uitgebuit word? Die meeste van die boeke wat blitsverkopers is, fl ieks wat groot skares lok en tydskrifte loop oor

28 Die huweliksdaad van seks, en niemand sal wil ontken dat seks die populêrste in ternasionale sport is nie. Die manie om dit te vertel soos dit is, het alles in die openbaar gebring wat in alle mense se dert Adam en Eva se gedagtes was. Natuurlik het God nie bedoel dat seks so goedkoop, verdraaid en so openlik uitgestal moet wees soos ons dit vandag sien nie. Want dit is die resultaat van die mens se sondige natuur wat al die mooi dinge wat God aan die mens gegee het probeer vernietig. God het bedoel dat die huweliksdaad die heer likste en mees verhewe ervaring moet wees wat tussen twee persone kan plaasvind. Alhoewel Geesvervulde mense nie n obsessie ten opsigte van seks het en hulle gedagtes nie met skewe voorstellings daar van besoedel nie, en ook nie heeldag daaroor loop en praat nie, geniet en waardeer hulle dit tog op n meer per manente basis as enige ander groep. Ons het tot hierdie slotsom gekom nie net deur met honderde persone onderhoude te voer nie of deur vele briewe en vrae wat aan ons gerig is gedurende meer as 40 jaar in die bediening nie, of deur die meer as 800 seminare oor die gesinslewe wat ons gelei het nie, maar ook weens die feit dat God ons so ge skape het om gesamentlike vreugde en genot uit die hu weliksdaad te put. Dit het Hy aan ons deur sy Woord dui delik gemaak.