TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Similar documents
Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

TOM NEWBY SCHOOL. SESSION: Mrs Pienaar

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

LAERSKOOL HELDERKRUIN

1 Eerste Termyn 2015

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Plekwaardes van heelgetalle *

TrumpetNet, 31 May 2007

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

Daniël en die Leeukuil

Die wind as bron van energie *

Johannes 6:1-15; /07/2014

Die wonder van water *

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

n Dieredrama: Kameelperd

Musiek: Toets jou kennis *

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

University Of Pretoria

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Digitale Produkte. Katalogus

Die boek Job en lyding

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Deuteronomium 8: /01/2014

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

OESFEES. Oktober 2016

Courses for March 2012

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Johannes 14: /08/2014

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Pragtige Koningin Ester

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

LAERSKOOL HELDERKRUIN

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

GRADE 10 / GRAAD 10 NOVEMBER 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN TOTAL / TOTAAL INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP PAPER 2 / VRAESTEL 2

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Speel met battery elektrisiteit *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

2016 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOTAS

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

LAERSKOOL HELDERKRUIN

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Wise Old Owl Educational Products. Afrikaans. Graad 4. Taal Werkkaarte & MEMORANDUMS

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Ons verklaar oorlog teen rommel *

Transcription:

1 TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION Subject Afrikaans Examiner Mrs L Brits Date 10 June 2016 Total marks 80 Session 2 Duration 2 Hours Grade 7 Moderator Mrs W Pienaar Special instructions/ Equipment This exam paper consists of three sections: Afdelig A Begripstoets 3333 Afdeling B Taalwerk 3333 Afdeling C Poësie 2222 You have to answer ALL three sections on the lined paper provided. This Exam has been compiled using notes and information contained in the Tom Newby School book. The marking memorandum has been compiled accordingly. While alternative responses will be given due acknowledgement, the official memorandum will be considered a priority document to ensure uniformity of marking. Up to 10% of the total mark allocation may be deducted for spelling and grammatical errors, except in the case of Language papers, where deductions are made according to a memorandum. Time allocation on this examination includes provision for concession. AFDELING A: BEGRIPSTOETS TOTAAL : 30 Lees die vrae oor die leesstuk Dit gons weer landwyd oor skoonheidstitels en lees daarna die leesstuk. Beantwoord die vrae in volledige sinne. Trek n lyn na elke antwoord. GEEN ENGELS. Vrae: (Onthou VOLLEDIGE sinne) 1. Hoeveel mense se opinies het hulle gevra oor skoonheidstitels? Hoeveel seuns en hoeveel meisies. (3) 2. In tabelvorm: a) Lys die name van die mense wat hul opinies gegee het en stipuleer of hulle positief of negatief oor skoonheidskompetisies is. (3) b) Watter afleiding kan jy hieruit maak? (1) 3. Van watter dorp kom Anya Adendorf? (1) 4. Waar of onwaar (Indien onwaar, maak die stelling reg). a) Meisies in skoonheidskompetisies word vergelyk met karre. b) Meisies in skoonheidskompetisies is dom. c) Feministe hou nie van skoonheidskompetisies nie. (3)

2 5. In watter skool is Pieter Visser? Hoe oud is hy? (2) 6. Die stigma wat aan skoonheidskompetisies kleef, is aan die uitsterf. Beteken: (skryf net die letter). a) Skoonheidskompetisies gaan ophou. b) Mense is mal oor skoonheidskompetisies. c) Mense dink nie meer skoonheidskompetisies is so erg nie. (1) 7. Dink jy skoonheidskompetisies is n goeie of slegte ding? Gee n rede vir jou antwoord. (2) 8. Volgens Anya, waarna soek die beoordelaars in n skoonheidskompetisie? (2) 9. Volgens die mense in die artikel, lys twee voordele en twee nadele van skoonheidskompetisies. Skryf jou antwoord in tabelvorm. (4) 10. Waarom neem die meeste meisies aan skoonheidskompetisies deel, volgens Anriëtte? (4) 11. Voltooi die sin: meisies wat aan skooneidskompetisies deelneem, stel hulself bloot aan uitbuiting van die vrou want a) vrouens word net gesien as objekte. b) vrouens is mooi. c) vrouens is ambassadeurs vir Suid Afrika. (1) 12. Wat noem ons die groep mense tussen die ouderdom 13-19 jaar? (1) 13. Voltooi die sin: Die onlangse skouspelagtige Mej. SA Skoonheidskompetisie het nou weer die land se tonge los beteken almal het daaroor.. (1) 14. Wat dink jy sal n goeie prys vir die wenner van n skoonheids- Kompetisie wees? (1)

3 Dit gons weer landwyd oor skoonheidstitels Die onlangse skouspelagtige Me. SA-skoonheidskompetisie het nou weer die land se tonge los. Voorheen is skoonheidskompetisies sterk deur veral feministiese organisasies gekritiseer en in talle kringe is dit self as veeveilings bestempel. Jong Burger het met van sy lesers gesels om vas te stel wat hulle van skoonheidskompetisies dink. Anriëtte de Ridder (16) van Houtbaai meen te veel geld word aan die meeste skoonheidskompetisies bestee. Ek het geen probleem met skoonheidskompetisies nie, maar wens net mense heg meer waarde aan innerlike skoonheid, sê sy. Die meeste meisies neem deel vir geld, glorie, erkenning en om hul selfbeeld n hupstoot te gee. Pieter Visser (16) van Saldanha en n leerling aan die Hoërskool Jan van Riebeeck, meen meisies wat aan skoonheidskompetisies deelneem, stel hulself bloot aan uitbuiting van die vrou. Tog is die Mej. SA kompetisie n goeie ding, aangesien die wenner n ambassadeur vir ons land kan wees en n goeie beeld na die buiteland kan uitdra, sê hy. Eldridge Jonker (14) van Keimoes sê: Ek het nie n probleem met skoonheidskompetisies nie en ek dink ook nie te veel geld word daaraan bestee nie. Volgens Eldridge kan meisies deur deelname aan sulke wedstryde baie oor hulself leer. Die beste ding van n skoonheidskompetisie is dat dit die deelnemers meer selfvertroue gee, meen hy. Chrisjan Stimie (17) van Oranjezicht sê Enige man hou maar daarvan om na mooi meisies te kyk. Hy reken die stigma wat aan skoonheidskompetisies kleef, is aan die uitsterf. Meer mense begin besef dat die wenners nie net op grond van hul voorkoms gekies word nie. Tanya Vraagom (15) van Goedverwacht meen skoonheidskompetisies is n klug. Die geld wat daaraan bestee word, kan vir beter dinge aangewend word, soos om armoede in die land te bestry.

4 Ek glo ook nie dat ons skoonheidskoninginne as ambassadeurs nodig het nie omdat elkeen van ons n ambassadeur vir Suid Afrika is, sê sy. Anya Adendorff (18) van Oranjezicht sê: Daar is nog te veel skoonheidskompetisies waar deelnemers soos op n skaapveiling moet paradeer. Hoewel mense se siening van skoonheidskompetisies verander het, is daar nog baie ruimte vir verbetering. Mense moet besef dat skoonheid nie net aan die buitekant sit nie en dat dit nie net oor n mooi lyf gaan nie. Anya meen meisies wat deesdae aan skoonheidskomptisies deelneem, is nie dom nie. Die beoordelaars soek deesdae intelligente meisies met n sterk persoonlikheid. gons - buzz heg meer waarde add more uitsterf - extinction worth skoonheid - beauty hupstoot - boost voorkoms - appearance talle kringe many circles uitbuiting - exploitation klug - farce veeveilings cattle auctions beeld - image armoede - proverty vas te stel - determine selfvertroue self confidence verbetering - improvement AFDELING B: TAALWERK TOTAAL : 30 Gebruik die leesstuk Dit gons weer landwyd oor skoonheidstitels om die Taalvrae te beantwoord. Skryf slegs die antwoorde. 1. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe: a) skoonheidskompetisie b) skouspelagtige (2) 2. Verander die sin in die verlede tyd. (2) Die beste ding van n skoonheidskompetisie is dat dit die deelnemers meer selfvertroue gee. 3. Identifiseer die volgende sinsoorte: a) Ek is mal daarom die kroon te dra! b) Nee! Skoonheidskompetisies moet dadelik verban word! (2) 4. Soek n word uit die leesstuk wat dieselfde beteken as: a) eerste plek b) slim (2)

5 5. Skryf jou antwoord in tabelvorm. trop skape geld Jong Burger wen vinnig sê opgewonde Keimoes uitdra Gebruik die woorde in die blok en identifiseer: a) n soortnaam (1) b) n eienaam (1) c) n versamelnaam (1) d) n abstrakte selfstandige naamwoord. (1) 6. Verander die sin na die toekomende tyd. (2) Vandag is skoonheidskompetisies sterk deur veral feministiese organisasies gekritiseer en in talle sirkels is dit selfs as veeveilings bestempel. 7. Dui aan of die volgende lettergrepe oop of geslote is: a) O ran je zicht b) be oor de laars (2) 8. Identifiseer twee woorde met diftonge uit die leesstuk (bv. braai) (2) 9. Lees die volgende paragraaf. Vul die korrekte trappe vanvergelyking in: My ma is a) (mooi). Sy is b) (mooi) as my vriend se ma. By ons skool hou hulle n Meneer en Mejuffrou Tom Newby. Dit is altyd lekker om te sien wie wen. Die graad sewes doen altyd die c) (goed) in die kompetisie. My suster sê sy gaan eendag aan die Mejuffrou SA kompetisie deelneem. Om n model te wees moet jy d) (lank) as ander meisies wees. My sussie is kort! (4) 10. Gee die meervoude vir: a) vrou b) meisie (2)

6 11. Verander die volgende sinne in die ontkennende vorm: a) Almal gaan na die Mej. SA kompetisie op TV kyk. (1) b) Het Anriëtte n probleem met skoonheidskompetisies? (1) 12. Verander die volgende stelsin in n vraagsin: Skoonheidskompetisies is n klug. (1) 13. Skryf die volgende getalle in woorde: a) 17 (1) b) 15 (1) 14. Gee n woord, uit die leesstuk, met die teenoorgestelde betekenis vir: a) slim (1)

7 AFDELING C : POËSIE TOTAAL : 20 Lees die gedig Dertien en beantwoord die vrae wat volg. Vrae: (Jy hoef nie in volledige sinne te antwoord nie) 1. Identifiseer die rympatroon in die gedig. Gee n rede vir jou antwoord. (2) 2. Watter woord rym met spel? (1) 3. Hoeveel kinders is in die gesin, in die gedig? Hoe oud is hulle? (3) 4. Wat is die 13 jarige se boodskap aan die wêreld? (1) 5. Kwoteer een reël, uit die gedig, om te wys dat die ma en pa skaam is? (1) 6. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? (1) 7. Gee n sinoniem, uit die gedig, vir: a) proe b) nie reguit nie (2) 8. In die gedig maak die digter gebruik van sleng-taal. Gee twee voorbeelde van sleng-taal. (2) 9. Hoeveel reëls het die gedig? (1) 10. Wat is die titel van die gedig? (1) 11. Waar of onwaar: (Indien onwaar, maak die stelling reg). a) n Bejaarde is tussen die ouderdom 13 19 jaar. (1) b) Die karakter in die gedig is nie in die A-Span nie. (1) 12. Gee die antonieme van die volgende: a) vrae b) regverdig c) fluister (3)

8 Op 13 smaak die lewe soms soos suiker maar net vir hulle wat jy massive kan impress want as jy doodgewoon nes ek maar daar is behoort jy outomaties tot die res Op 13 is die lewe erg frustrerend dis daarom dat ons altyd vrae vra die antwoorde bly generasiegapings het jy al gesien hoe bloos my pa en ma? Gewoonlik is dit sterre wat die shine vang die a-span-brigade soos jy weet en ek wat elke oefening kom span maak word met n VOLGENDE WEEK! Gerieflik gou vergeet Op 13 is die lewe onregverdig op 13 word daar meestal drooggemaak my strategie verander feitlik daagliks my boodskap aan die wêreld: sien my net raak! My suster in matriek skree gewoonlik: get out! my preprimêre boetie wil net speel my varsitybroer loop skeep-skeef skuins en mompel dat tienerparanoia hom verveel En julle wat so lekker sit en grinnik geamuseerd deur Graad Sewes se spel vergeet nie dat jul almal daarvan deel is burokraties vasgevang in die bestel!

9 Vrae: (Jy hoef nie in volledige sinne te antwoord nie) 1. Identifiseer die rympatroon in die gedig. Gee n rede vir jou antwoord. (2) 2. Watter woord rym met spel? (1) 3. Hoeveel kinders is in die gesin, in die gedig? Hoe oud is hulle? (3) 4. Wat is die 13 jarige se boodskap aan die wêreld? (1) 5. Kwoteer een reël, uit die gedig, om te wys dat die ma en pa skaam is? (1) 6. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? (1) 7. Gee n sinoniem, uit die gedig, vir: c) proe d) nie reguit nie (2) 8. In die gedig maak die digter gebruik van sleng-taal. Gee twee voorbeelde van sleng-taal. (2) 9. Hoeveel reëls het die gedig? (1) 10. Wat is die titel van die gedig? (1) 11. Waar of onwaar: (Indien onwaar, maak die stelling reg). c) n Bejaarde is tussen die ouderdom 13 19 jaar. (1) d) Die karakter in die gedig is nie in die A-Span nie. (1) 12. Gee die antonieme van die volgende: d) vrae e) regverdig f) fluister (3)