Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

Die wind as bron van energie *

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Die wonder van water *

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

TrumpetNet, 31 May 2007

Johannes 6:1-15; /07/2014

Speel met battery elektrisiteit *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Pragtige Koningin Ester

OESFEES. Oktober 2016

Johannes 14: /08/2014

MATTEUS 18:3-5. Ook: Ps 113 : 2 Psalm 119 : 51 Ps 138 : 3 Sb 4-1 (1): 5 Sb 11-3 (16): 3

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Wat is vaskulêre demensie?

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Plekwaardes van heelgetalle *

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

Die krag van tuiskoms. Rick Bornman

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Wat is elektrisiteit? *

Musiek: Toets jou kennis *

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

*17 23 Januarie. Spr. 8:1 21, Matt. 16:26, Spr. 8:22 31, Gen. 1:31, Spr. 8:32 36, Spr. 9:1 18.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

God se beloftes in voorbidding

JESAJA 1:27 NGB 20. Votum en seën. Psalm 99 : 1, 3, 5. Gebed. Skriflesing: Jesaja 1:21-31 (AV 1983/91) Belydenis: NGB 20

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Deuteronomium 8: /01/2014

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

slaap. En hulle het gesê: Wel, ons sal Hy vaar goed as hy slaap.

Die Here sorg vir alles, ek sal niks nodig hê nie. Vooraf sang Ps : 1,2,3 Ps 125-2; 1,2,3 (Gebruik mel. van Sb 18-6) Toetreediens:

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Die Naam van God se verheerlikte Seun JESUS????:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Gereformeerde Kerk Bellville 1 Mei 2016 Aand

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Sing vooraf staande: Psalm 17:1, 4 (p. 66)

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Preek Jan Steyn 7 Oktober Teks: 2 Samuel Tema: Dawid as kind van God en Dawid as ouer.

MET ADDISON BEVERE Ontmoet die Heilige Gees.indd /12/15 1:22:34 PM

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Gereformeerde Kerk Bellville 25 Junie 2017 Oggend

Digitale Produkte. Katalogus

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

Courses for March 2012

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Deel een. Menslike pyn en hoe God daarby betrokke is

-~~DER. ASSESSOR: ~mr. W.F. KRUGEL ADV. P. FICK. ADV. w. H.~~EKO~f. ADV. A. CHA.S~<\LSON ADV. G. BIZ OS ADV. K. TIP ADV. Z.M. YACOOB ADV. G.J. ~grcl!

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die ekologiese sisteem *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

SONDAG 20 JULIE 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID AANDDIENS

Pastoor Hannes Struwig Opstandingskrag Bedieninge Omgee gemeente Groblersdal

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

HOOFSTUK 2 Geloof 1. Sondeskuld en vergifnis

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

Jeremia 24:4-10. Deur sy profetiese-woord is die HERE aan die werk in die wêreld en in die kerk... in oordeel maar ook in verlossing.

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

SONDAG 30 Des 2001 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Transcription:

1 Die Skepping: Gebruik met sorg! Julie 2016

2 KLEINGROEPE: NUUS Gratis Fliekaand, Vrydag, 28 Julie 2016, in die Jeugsaal, bring sop en komberse en kom geniet die aand saam met ons! Ons gaan die fliek A walk to remember kyk. Ontbyt en Spreker, dagboek solank Saterdag, 27 Augustus 2016, Hein Kruger gaan met ons gesels oor Bybelse riglyne vir jou geldsake. Nooi asb julle familie en vriende om hierdie geselligheid saam met ons te kom bywoon. Gemeentekamp moontlik in Septembermaand, hou die afkondigings dop! Baie dankie vir elke Kleingroep wat reeds tee geskink het, julle is staatmakers. Baie dankie aan Ds. Louis Lemmer vir hierdie maand se Bybelstudies. Gebed Bid vir ons leraars. Bid vir ons gemeente. Bid vir ons kleingroepe.

3 DIE SKEPPING: GEBRUIK MET SORG! WEEK 1 VOETE OP DIE AARDE, MAAR KOP IN DIE HEMEL? GEBED: Dank die Here vir hierdie geleentheid om saam te wees en vra vir Sy leiding. NIE VAN KAAS MAAR DIE WELSTAND VAN ONS KAAS IS AFHANKLIK VAN HOM Ons almal ken mos die maan! Dit is daardie helder ding in die lug, waarop die Neil Armstrong in 1969 die grootste sprong in die menslike geskiedenis gegee het! Maar wanneer laas het jy n bietjie oor die maan gedink? Die maan is n soliede objek wat waarskynlik gevorm is uit die rommel nadat n groot meteoriet die aarde ongeveer vier en n halwe biljoen jaar terug getref het. Die maan is ongeveer 3 480 km in deursnit (27% van die aarde) en weeg ongeveer 1/81 van die aarde se gewig. Hy is ongeveer een lig sekonde van die aarde af, maar hierdie afstand is nie konstant nie. Dit wissel tussen 357 000 km en 407 000 km. Die maan en die aarde het n groot invloed op mekaar. Die aantrekkingskrag van die aarde het die maan laat ophou spin om sy eie as. Ons sien dus altyd feitlik dieselfde gesig van die maan. Ongeveer 60% van die maan se oppervlak kan oor n tydperk van die aarde af gesien word. Die maan is stadigaan besig om die aarde te rem. Dit beteken dat ons dae vandag langer is as in die verre verlede. (Nou verstaan ek sommer baie dinge!) Die maan is die grootste bepalende faktor van die getye in die see. Die maan stabiliseer ook die aarde se draai om sy eie as, wat n stabiliserende invloed op ons seisoene het, anders sou ons seisoene baie meer ekstreem en onvoorspelbaar gewees het. Sonder ons maan, sou lewe op aarde soos ons dit vandag ken, nie moontlik gewees het nie! Maar die maan is maar net een van n lang reeks toevallighede wat ons bestaan moontlik maak. Wanneer ons die kosmos begin verken, of selfs net op aarde begin rondkyk, kom ons agter dat hier iets meer as net toeval aan die werk moet wees! HOEKOM DAN? As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U n plek gegee het, 5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? Psalm 8:4,5 Hierdie maand kyk ons na die Natuur. Die eerste vraag wat ons onsself sekerlik moet vra is:

4 Hoekom? Hoekom sal ons wil aandag gee aan die natuur? Die natuur is mos eintlik iets wat nie so belangrik is nie! Ja, ons het dit tydelik nodig om goed uit te kry om van te lewe, en ja dit kan mooi wees, veral as ons dink dat God dit gemaak het. Maar dit is tydelik en beperk. Ons moet tog sekerlik in die kerk met belangriker geestelike goed besig wees? Is dit nie belangriker om ons toe te lê op dinge soos evangelisasie werk, dissipelskap en geestelike groei of selfs dalk nog naasteliefde en morele waardes nie? Dit is immers dinge met ewigheidswaarde! LEES: PSALM 24:1,2 BESPREEK: 1. Na hierdie kleingroepsbyeenkoms gaan jy huis toe net om daar iemand te vind wat jou vertel dat jou huis en erf nie meer joune is nie! Hoe sou jy voel en reageer? 2. Dink julle God se eiendom, die kunswerk wat hy gevorm het, is vir hom belangrik? 3. Dink julle dit moet vir ons belangrik wees? LEES: GENESIS 1:26 28 Die stelling is al gemaak dat hierdie teks gedeelte een van die grootste oorsake is vir die gemors waarin ons planeet haarself bevind. Daar word gesê dat Christene en daarmee saam die Westerse samelewing hierdie teks as uitgangspunt gebruik het om die planeet te domineer, uit te buit en uiteindelik te vernietig. Lynne White het in 1967 die uitspraak gemaak, dat dit beter vir die aarde sou gewees het, as hierdie teks uit die Bybel uit gehaal sou word. BESPREEK: 4. Wat sê hierdie teks vir julle oor die mens se posisie op aarde? Stem julle saam met White? Ons het nou al gesien dat God die heelal gemaak het, en dat die hele skepping aan hom behoort. Dit is sy eiendom, waarvan hy n deel aan ons toevertrou het as sy verteenwoordigers. Ons rol is nie om die aarde uit te buit en te vernietig nie, maar om terwyl ons self leef en groei, ook sy verteenwoordigers en bestuurders te wees, tot voordeel van sy skepping. Blaai nou na PSALM 104. As julle n bietjie tyd wil spaar kan julle net verse 10 tot 24 lees, lees andersins die hele Psalm. Terwyl julle dit lees, wil ek hê dat julle moet sien en beleef hoe die mens ineengeweef is met die natuur. Ons is deel van hierdie aarde! Ons liggame is 70% water, en die res is alles minerale en stowwe wat ons uit die omgewing opgeneem het. Ons is nie net (mede-) verantwoordelik vir die aarde nie, ons is deel van die aarde! LEES PSALM 104 BESPREEK: 5. Modern humanity does not experience itself as a part of nature but as an outside force destined to dominate and conquer it. Humans even talk of a battle with nature, forgetting that, if they won the battle, they would find themselves on the losing side. Ernst Schumacher

5 HEMEL TOE! Maar ons gaan dan hemel toe! Ons weet mos almal die aarde is bloot tydelik, onvolmaak, deur die sonde opgemors, sonder hoop en gaan vernietig word, ons is hemelburgers! Dit maak die aarde regtig onbelangrik en tydelik! Dit is dus beter om op die hemel te fokus! Net een probleem... dit is nie wat die Bybel sê nie! Ons het al almal gehoor van die Nuwe Jerusalem. Waar gaan hierdie Jerusalem wees? In die hemel? LEES: OPENBARING 21:1-4 6. Waar gaan God woon? Ons kan nou betrokke raak by geweldige redenasies oor óf ons in die hemel gaan wees óf op die aarde. Ons kan nou ook begin stry oor die nuwe en die ou aarde. Ek dink nie nou is die gepaste tyd om dit te doen nie, en ons sal waarskynlik in elk geval tot die insig kom dat ons burgers van God se koninkryk gaan wees en nie vasgepen in net die hemel of net die aarde nie. Wat egter nou belangrik is om raak te sien, is die feit dat God nie klaar is met die aarde nie! God het nie opgegee op sy skepping nie, selfs al is dit diepgrondig deur die sonde geraak! God is nie van plan om slegs die mens te verlos en van die ou mens n nuwe mense te maak nie, hy is ook van plan om die aarde te verlos en n nuwe aarde te maak. (Ons kom in die volgende studie terug na God se verlossingsplan vir die aarde.) Ons is ook nie klaar met die aarde nie! Dit sou dus dwaas wees om nou al jou rug op hierdie aarde te draai! PRAKTIES Dit het tyd geword om prakties in te spring en verantwoordelikheid te neem vir die welstand van ons planeet! Ons moet almal natuurbewaarders word! Vir die volgende vyf weke kyk ons na vyf areas waar ons almal prakties n verskil kan maak: 1. BY DIE HUIS Elektrisiteitsverbruik: - gebruik energiebesparende gloeilampe - stel jou geiser effens kouer (somer) en installeer n tydskakelaar - installeer n songeiser dit werk! - skakel onnodige ligte en verwarmers af Herwin - papier dit is maklik! - hergebruik wat jy kan Lewenstyl - her-bedink jou impak en leef met groter omsigtigheid BESPREEK: 7. Wat is die eerste ding wat jy vandag kan doen as jy by die huis kom om só prakties meer verantwoordelik met die aarde om te gaan? Deel idees met mekaar!

6 GEBED 1. Dank die Here vir hierdie wonderlike huis die aarde - wat hy vir ons gegee het! 2. Kom ons vra die Here om vandag net ons persoonlik aan te raak, rondom ons eie soms dwase en gulsige gebruik van sy skepping. 3. Bid vir dié wat in die plakkerskampe en krotbuurte van hierdie aarde bly, en nie toegang het tot die basiese dienste wat ons as vanselfsprekend aanvaar nie. GEHEUEVERS U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep. Psalm 104:24 WEEK 2 GEBED: N NUWE AARDE Dank die Here vir hierdie geleentheid om saam te wees en vra vir Sy leiding. DIE APPEL VAL VêR VAN DIE BOOM AF Een van die kenmerkende klanke van die bosveld is die Sonbesie. Wanneer die dag warm begin word trek hy met n oorverdowende geroep weg. Eintlik is dit net die mannetjies wat roep, hy doen dit om die wyfies nader te lok. Elke soort Sonbesie (daar is 140 in Suidelike Afrika) het ook sy eie unieke roep, sodat die wyfies nie dalk verward raak nie! n Sonbesie is een van die min insekte wat, soos soogdiere, in staat is om sy eie liggaamstemperatuur deur middel van interne liggaamsfunksies te handhaaf. Dit gee hom die voordeel dat hy in minder as ideale omgewingstemperature normaal kan funksioneer. Sonbesies voed van die sap van bome en struike. Hulle het n stewige boor apparaat, waarmee hulle in die stamme kan intap, om hulle kos by te kom. En pasop, dit maak nogal `n effektiewe wapen ook! Soos met meeste insekte is dit egter n geval van, die appel val vêr van die boom af! Die volwassene lê haar eiers op die plant, gewoonlik in n skeur. Die kleintjies wat uitbroei lyk egter heel anders as ma en pa! Hulle val op die grond, en begin in die grond in te grawe, waar hulle dan op die wortels van die plant voed. Hier kan hulle vir n jaar of twee tot tien en 17 jaar is al opgeteken bly! Wanneer hulle gereed is, kruip hulle uit die grond uit, vervel, en in n heeltemal nuwe gedaante begin hulle dan te adverteer, om die volgende geslag te begin. Metamorfose - die verskynsel waar die volwasse stadium heeltemal anders as die onvolwassene lyk - is algemeen in die diereryk. Daar is selfs talle voorbeelde van insekte wat deur tot vier verskillende verskyningsvorme gaan in hulle leeftyd. Die vorme kan uiteenlopend wees. Dink maar aan die wurm en die skoenlapper, dieselfde organisme, maar totaal anders in vorm, karakter, voeding en gedrag. God is ook besig om ons te verander! Miskien maak hy van n wurm, n skoenlapper!

DINK HIEROOR! Ons sien die verlossing wat God vir ons moontlik maak baie keer as n geestelike saak. Verlossing het met jou siel te doen en nie veel met die materiële of liggaamlike nie. Daarmee saam gaan die gedagte dat dit wat aards is eintlik sleg is, tydelik is en vernietig gaan word deur God om tog net ontslae te raak daarvan. Deur die eeue het baie mense wat geestelik wou wees hulle dan ook van die liggaamlike en aardse probeer afsny. Sommige het in kloosters gaan bly, sommige het hulle liggame gemartel, ander fokus weer op meditasie, gebed, die mistieke of filosofie. Ander redeneer weer dat, as die materiële dan nie belangrik is nie en bloot tydelik, dit ook nie saak maak hoe jy dit hanteer nie. Daarom sê hulle kan jy op die liggaamlike vlak jou maar willekeurig oorgee aan alles wat aards is, want dit maak eenvoudig nie saak nie, die geestelike word nie daardeur geraak nie. Sulke persone gee hulle liggame dan maklik oor aan dwelms, vrye seks, drank en enige vorm van aardse hedonisme. BESPREEK: 1. Is dit wat materieel is waardeloos? Is dit bloot tydelik en gaan God dit vernietig om ontslae te raak daarvan. Gaan ons oorgaan in n bloot geestelike bestaan? LEES: ROMEINE 8:18 25 Die Griekse woord wat Paulus hier gebruik (v.20), is die woord kosmos. Die hele kosmos, m.a.w. alles wat deur God gemaak is, elke plant, dier, planeet en ster wat ons nog nie eers ontdek het nie. Alles sien uit na bevryding van die las van sonde. Alles is tydelik! Alles is fundamenteel deur die sondeval aangeraak. Selfs die grootste ster, wat miskien n duisend maal of meer groter as ons son is, is in sy wese tydelik en beperk. Ons dink maklik dat die sonde deur Adam en Eva ontwerp is. Dat dit bloot iets menslik en aards is. Maar voor hulle, het die Satan reeds tot n val gekom, en is selfs die hemel deur sonde geraak. Sonde raak die hele skepping fundamenteel. Maar net so, behels God se bevryding n fundamentele bevryding van die hele skepping nie net die mens nie! En hierdie bevryding behels vrymaak van verganklikheid en die herstel van vryheid om God se skeppingsdoel te kan uitleef. Wanneer God werk, speel hy nie! Die Skepper van die heelal doen nie n halwe werk in n klein hoekie van sy skepping nie! Hy verlos nie net die mens en laat die res aan die plesier en vernietiging van die Satan oor nie! Hy werk fundamenteel, diep grondig en finaal! LEES: JOHANNES 3:16 17 Die woord wêreld is weereens die Griekse woord kosmos. LEES: KOLOSSENSE 1:15 20 BESPREEK 2. Gaan God die wêreld (kosmos) veroordeel / vernietig? 3. Johannes 3:16 is sekerlik dié mees bekende teks in die Nuwe Testament! Dink julle mense wat dit bloot op n mensgerigte vlak gebruik verstaan die volle implikasies van hierdie teks? Die dualisme tussen geestelike dinge wat waardevol en ewig is, versus die materiële dinge, wat tydelik en waardeloos of selfs sleg is, is n valse gedagte wat uit die Griekse filosofie kom. Dit het ongelukkig selfs op die Bybel sy merk gelos deur bv. die wyse waarop taal gebruik word, omdat die Griekse filosofie n sterk invloed gehad het in die Nuwe Testamentiese tyd. Selfs vandag, duisende jare later, word ons kultuur en moderne denkrigtings daardeur beïnvloed. 7

8 As n mens egter na die teologie van die Bybel gaan kyk, is dit duidelik dat dit onmoontlik is om hierdie valse onderskeid tussen die geestelike en materiële te handhaaf. N ANDER WERKLIKHEID Die vraag ontstaan dan nou, hoe hierdie nuwe werklikheid gaan lyk. Gaan dit iets heeltemal anders en heeltemal nuut wees, of gaan dit presies dieselfde wees as vandag net sonder die sonde en die dood? Die werklikheid is dat ons nie verseker weet nie! Die Bybel gee slegs enkele wysers, maar geen volledige verduideliking nie. LEES: OPENBARING 21:1-5 Kenners sê vir ons dat die beeldspraak in hierdie teks nie oor die fisiese see gaan nie, maar oor die see as simbool van skeiding. Die Jode het baie negatief oor die see geoordeel, as simbool vir dit wat boos is en wat skeiding bring. Hierdie negatiewe elemente gaan nie meer daar wees nie. BESPREEK: 4. Wat kan julle aflei uit hierdie gedeelte oor die toekoms van die hemel en die aarde? Die woorde nuwe hemel en nuwe aarde het n tweeledige betekenis. Eerstens dui dit op n breuk. Dit is nie meer dieselfde nie, dit is nuut. Dit is met ander woorde anders. Maar tweedens dui dit ook op kontinuïteit. Dit is steeds die hemel en die aarde, die wese gaan aan. Daar is miskien n teks in die Bybel wat dit meer verstaanbaar maak. Dit is die gedeelte in I Korintiërs 15 wat oor ons nuwe liggame praat. Ons weet dat ons n verheerlikte liggaam gaan hê. Waarskynlik dieselfde tipe liggaam wat Jesus na sy opstanding uit die dood gehad het. Paulus gebruik die beeld van n saad wat in die grond val en daar sterwe, maar wat weer n plant voortbring. Dit is dus dieselfde, maar ook anders! Hy gebruik ook die beeld van n verganklike liggaam wat met die onverganklike beklee word, so asof dit n kleed aantrek oor die oue wat dan die sterflikheid en verganklikheid wegneem. In die Heidelbergse Kategismus vind ons die volgende verklaring: Vraag 57: Watter troos gee die opstanding van die vlees aan jou? Antwoord: Dat nie alleen my siel ná hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof, opgeneem sal word nie, maar ook hierdie selfde liggaam van my, deur die krag van Christus opgewek, met my siel verenig en aan die heerlike liggaam van Christus gelykvormig sal word. BESPREEK 5. Baie gelowiges loop met die beeld in hulle koppe rond dat hulle na hul dood in n engel of iets dergeliks gaan verander. Wat sou julle aan n vriend sê wat hierdie beeld in gedagte het? PRAKTIES ONS EIE OMGEWING

Maak n verskil in ons eie gemeenskap en omgewing. Wees n kampvegter om te sorg dat ons eie omgewing skoon, netjies en gesond is. Identifiseer bronne van besoedeling en dring aan dat dit stopgesit word. Hoe dikwels sien ons nie dat mense ry en gemors by n venster uitgooi nie. By ons sport byeenkomste lyk die velde en paviljoene soos ashope, wanneer almal huis toe is. Hoe dikwels sien n mens nie dat bome onnodiglik afgekap word, natuurlike areas besoedel of vernietig word nie? Plant ons die regte plante? Is ons bewus dat inheemse plante wat in ons tuine, parke en publieke areas geplant word, ruimte skep vir ander organismes om te kan leef? Daarenteen is uitheemse plante dikwels onbenutbaar en dit verdring ons inheemse plante en diere. Weet jy wat uitheems is by jou werk of in jou tuin? GEBED 1. Bid vir ons jeug. 2. Bid vir mekaar. Deel twee-twee op en bid vir mekaar se persoonlike versoeke. 9 GEHEUE VERS Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op aarde en in die hemel met Homself versoen Kolossense 1:20b WEEK 3 GEBED: NATUURBEWARING OP MY VOORSTOEP? Dank die Here vir hierdie geleentheid om saam te wees en vra vir Sy leiding. EEN LIGGAAM, BAIE LEDE Vandag dink ons oor n gemeenskap wat die waardes wat ons vind in 1 Korintiërs 12:12 (wat ons laasmaand bestudeer het) regtig verstaan en leef! Hulle weet wat dit beteken om werklik as een liggaam te funksioneer! Hulle leef as eenliggaam met baie lede. Elkeen het sy plek en talente, weet wat sy roeping is en leef met oorgawe tot voordeel van die groep. Dit is die termiete. Die meeste van ons ken termiete as vliëende miere, maar hulle is nie familie van die miere nie. Termiete is die goggas wat ná `n goeie reënbui in die somer, so teen skemer die lug in hulle duisende vul. Dit is die voornemende konings en koninginne wat hulle paringsvlug waarneem, op pad om n nuwe kolonie te stig. Ons is almal skrikkerig dat hulle dalk ons huise en ons grasperke kan op vreet. Termiete is die diere met die oudste bekende sosiale sisteem. Elke individu het n spesifieke rol en is daarby aangepas. Die koningin lê honderde eiers per dag, en word versorg deur werkers wat hulle hele lewe selfloos aan haar en aan die kolonie toewy. Die soldate beskerm die kolonie teen indringers en staan wag as die wand van hulle termiet hoop beskadig word, totdat die werkers dit herstel het.

Lank voor die mens begin boer het, het sommige termiet spesies reeds plase sampioene onder die grond in hulle groenhuise gekweek as kos vir die kolonie. Want sien, hulle kan nie die gras verteer wat hulle aandra nes toe nie, maar gebruik dit as n medium vir die fungi om op te groei. Lank voor die mens mosterdgas en kloorgas ontwerp het om oorlog mee te maak, het die termiet soldate reeds die aanvallende miere en erdvarke met chemiese stowwe bespuit om hulle weg te dryf. Elke termiet het die ander nodig om te oorleef. Die kolonie is eintlik een organisme. n Alleen termiet, is n dooie termiet! Hier is geen selfsug of individualisme nie! Die mens het betreklik onlangs maar eers geleer om in gemeenskappe saam te leef. En steeds sukkel ons om in vrede en eenheid te funksioneer. Diep binne elkeen van ons is daar die neiging om ons eie belange voorop te stel ten koste van ander en selfs ons planeet. Ons sal moet leer dat ons deel is van n groter geheel. Ons sal moet leer om in n gesindheid van Jesus se liefde mekaar te dien. MENS EN NATUUR Gewoonlik wanneer ons oor die natuur praat, dink ons aan bome, berge en bokke. Ons dink aan wildreservate, die wildtuin en wintermaande. Maar die natuur gaan oor baie meer as dit! Ons het tydens week een se studie uit Psalm 104 agter gekom hoe integraal ons deel van die natuur is! Ons is deel van God se skepping en staan nie los, of geïsoleerd daarvan nie! Natuurbewaring is ook mensbewaring! LEES: LEVITIKUS 25:8-23 Voltooi die volgende sinne vanuit die bogenoemde teks. Elke spasie verteenwoordig n woord: 1. die sewende jaar moet die...... n rustyd hê, n Sabbatsjaar tot... van die... 2. die grond sal... oeste lewer, en julle sal... hê om te eet, sodat julle sonder... in die land kan woon. 3. geen grond mag... verkoop word nie, want die... behoort aan... Reeds hier in die antieke geskiedenis, gee God aanwysings oor hoe verantwoordelik met die natuur omgegaan moet word. Daar moet rus wees vir die hele land. Dit sluit mens, dier, plante en grond in. Hy vestig ook die belangrikheid van ekonomiese regverdigheid rondom die gebruik van die aarde en bevestig dat die aarde aan God behoort nie aan die mens nie. God het vir ons n tuiste geskep, n woning wat instaat is om in al ons behoeftes te voorsien. Hierdie woning is egter diepgrondig deur die sonde aangetas. LEES: GENESIS 3:17 19 BESPREEK 4. Sommige mense dink die natuur is fundamenteel goed. Wat sal julle reaksie op so `n siening wees? 10

11 5. Waar in die natuur sien ons vandag nog die resultate van die sonde? Wat is die invloed daarvan op mense? Maar ten spyte van die diepgrondigheid van die verval van die skepping, is die aarde steeds ons tuiste. God het ook nie opgegee op ons nie, en sorg steeds vir ons! LEES: MATTEUS 6:25 27 6. Dink julle God is nog instaat om vir ons te sorg, ten spyte van die skade wat daar al aan die skepping aangebring is? 7. Dink julle God sal in die toekoms nog vir die mensdom kan sorg, selfs al gaan ons onverpoos voort om die natuur te vernietig? Die versorging van God se skepping kan maklik n verskoning word om eksklusief op die bewaring van ongeskonde natuurgebiede te fokus. Alhoewel hierdie gebiede geweldig belangrik is, en daar meriete in die bewaring van hierdie areas met hulle inwoners is, moet ons nooit vergeet dat ons verantwoordelikheid moet neem vir die hele aarde nie. Dit sluit ook die minder aangename gedeeltes, en die plekke wat deur die mens gebruik, misbruik en vernietig is. Vir mense om te kan eet, klere aantrek, in `n huis te bly, vervoer na hulle werk te hê of medisyne te hê wanneer hulle siek is, vra bronne. Hierdie bronne vind ons in die natuur. Maar hierdie bronne is beperk! Ons moet met verantwoordelikheid en regverdigheid daarmee omgaan. Ongelukkig is die mensdom nie goed hiermee nie! En ongelukkig is dit gewoonlik die armes en die swakkes wat die prys hiervoor betaal! LEES: JAKOBUS 2:15, 16 BESPREEK: 8. Hierdie teks vra meer as net om vir iemand wat by jou voordeur aanklop n sny brood te gee! Dit beteken ook dat ons moet sorg dat n persoon se lewensomgewing hom instaat stel om te kan oorleef. Dit vra met ander woorde ook vir ekologiese geregtigheid! Navorsing toon dat die rykste vyfde van die wêreld se bevolking sowat 83% van die wêreld se jaarlikse inkomste verdien. Die armste vyfde van die wêreldbevolking verdien maar 1.4% van die jaarlikse inkomste. Ons kyk maklik na plakkerskampe en kritiseer mense wat daar woon oor hoe hulle hulle omgewing vernietig. Die feite is dat n middelklas Suid Afrikaner soos ons n baie groter negatiewe impak op ons omgewing het as die plakkerskamp inwoner. Ons steek net die skade beter weg, deur die meeste daarvan vêr van ons huise af te laat plaasvind. PRAKTIES ANDER GEMEENSKAPPE Ons leef grootliks geïsoleerd van die grootste impak van ons eie lewenstyl op hierdie planeet! Ons vullis word weg gery, maar daar is mense wat op die stortingshope werk en leef. Ons gebruik elektrisiteit in oorvloed om ons moderne hulpmiddels aan die gang te hou, en ander het die suurreën wat op hulle koppe val.

12 Ons meubels word gemaak van hout wat uit bosse in Afrika en die Amasone gekap word, daar waar die laaste sjimpansees en jaguars deur die houtkappers gestroop word. Ons moet leer om eenvoudiger te leef! WEEK 4 GEBED: GROOT GIF Dank die Here vir hierdie geleentheid om saam te wees en vra vir Sy leiding. GROOT GIF IN KLEIN PAKKIES Die Gifbol (Boophane disticha), of seeroogblom soos hy soms ook bekendstaan, is n onopvallende kruid wat algemeen in ons grasvelde voorkom. Hierdie plant het n groot bol wat gewoonlik so twee derdes bokant die grond uitsteek en sy lang swaardagtige blare vorm n pragtige waaier. Die groot ronde speldekussing agtige blom is voorwaar n pragstuk! Die Gifbol is een van ons giftigste inheemse plante in Suider Afrika en bevat tenminste 11 verskillende gifstowwe. Talle mense is al dood weens die gif. Die San (Boesmans) het die sap van die bol gebruik as n pyl gif, vandaar die Engelse naam Bushman poison bulb. Maar die skubbe word wel ook medisinaal gebruik, veral vir pynverligting op wonde. In die Oos-Kaap is daar n tweeduisend jare oue San mummy gevind, wat met die Gifbol se skubbe bedek is om dit te bewaar. Wetenskaplikes is opnuut besig om die waarde van plante soos die Gifbol te ontdek. In hierdie plante is daar soms mediese en tegnologiese wonderwerke opgesluit wat net ontdek moet word. Wie weet, miskien word die wondermiddel vir kanker, VIGS of TB hier onder ons voete ontdek? Dit is jammer dat graslande, waar plante soos die Gifbol groei, die gunsteling plekke is vir die mens om sy aktiwiteite te beoefen. Hier word daar maklik n nuwe land omgeploeg, n Quadbaan gemaak of n sekuriteitsontwikkeling gebou. Deur die mens se ongebreidelde en (on-) volhoubare ontwikkeling, is ons besig om die natuur te vernietig, die skepping te verarm en ons eie toekoms te bedreig. Ons verkwansel dikwels ons erfdeel op die altaar van voorspoed, gulsigheid en gemak. Pasop vir die Gifbol, hy lyk mooi, maar as jy hom verkeerd hanteer kan hy vir jou skade veroorsaak! KOM ONS DINK Christene is nie die enigste mense wat die wonder van God se skepping beleef nie! Min mense is onaangeraak deur die wonder daarvan. En jy moet regtig dapper wees om te beweer dat daar geen hoër mag hier aan die werk is nie! Deur die loop van die mensdom se geskiedenis was daar dan ook baie alternatiewe gedagtes rondom die skepping, wat deur filosowe, wetenskaplikes en godsdienstige groeperinge voorgehou is oor die skepping. Ongelukkig word ons vandag nog dikwels aan verkeerde gedagtes blootgestel, wat ons kan verwar in ons eie denke rondom die skepping en die Skepper. Vandag kyk ons vlugtig na enkele van hierdie gedagtes, en hoekom ons nie daarmee kan saamstem nie. NIE-CHRISTELIKE SIENINGS 1. God is alles en alles is God.

Hierdie siening vind ons in Boedhisme en ander primitiewe gelowe. Vandag word hierdie gedagte weer deur die verskillende vertakkinge van die New Age tipe gelowe gepopulariseer, en ons sien dit baie algemeen in die media, in films en populêre filosofie en gespreksprogramme. BESPREKING: Hoekom dink julle is hierdie siening nie aanvaarbaar vir ons as Christene nie? LEES: Kolossense 1:11-17 Daar is n definitiewe skeiding tussen Skepper en skepping. Alhoewel God alomteenwoordig is, maak dit nie dat alles God is nie. God is baie meer as net sy skepping! 13 2. Die natuur is heeltemal voldoende om God aan jou bekend te maak. Jy het nie ander openbaring nodig nie, alleen noukeurige waarneming van die natuur. BESPREKING: Hoekom dink julle is hierdie siening nie aanvaarbaar vir ons as Christene nie? LEES: Psalm 19 Alhoewel ons baie van die Skepper in sy skepping kan leer, is hierdie vorm van openbaring baie beperk. Eerstens is God veel meer as sy Skepping. Tweedens moet ons deeglik in ag neem dat die skepping fundamenteel beperk is en diepgrondig deur die sonde gekorrupteer is. Sonde het tot in die DNA van lewende wesens ingekruip! 3. God het die heelal geskep en homself daarna daarvan onttrek. Dit word dus vergelyk met iemand wat `n wekker opgewen het, en daarna die wekker gelos het, om op sy eie aan te gaan. BESPREKING: Hoekom dink julle is hierdie siening nie aanvaarbaar vir ons as Christene nie? LEES: Johannes 3:16 17, Jakobus 5:16-18 God werk vandag nog aktief in hierdie wêreld en bly in beheer. Daar is geen groter bewys daarvoor as Jesus self nie. 4. God is n gees en dit wat geestelik is, is goed en is deur God geskep. Dit wat aards of materie is, is sleg en kom van die duiwel af. BESPREKING: Hoekom dink julle is hierdie siening nie aanvaarbaar vir ons as gelowiges nie? LEES: Genesis 1:31 Alles behoort aan die Here en is die werk van sy hande, of dit nou geestelik of materieel is.

14 PRAKTIES BY ONS WERK Hier is waarskynlik een van die plekke waar ons die grootste inpakte kan hê op ons omgewing: positief of negatief. Besighede en organisasies het dikwels groot inpak deur die besluite wat hulle neem en wyse waarop hulle funksioneer. Elkeen van ons kan en moet ons invloed gebruik om ons besighede groter verantwoordelik te laat neem. Ons kan nie meer bekostig dat wins, of hoe ook al anders ons sukses definieer, die grootste of enigste oorweging is in ons besluitneming nie. Ons besighede moet n ekologiese gewete begin aankweek. Vrae wat ons moet vra: 1. Wat is die direkte ekologiese prys van hierdie keuse? 2. Waar mors ons onnodiglik? 3. Hoe kan ons die impak wat ons op die natuur het verklein? 4. Is dit regtig nodig? GEBED 1. Bid vir die mense wat op die rand van ons samelewing staan, vir die armes, vir vlugtelinge en vir siekes. Bid dat ons wat n verskil kan maak in hulle lewens, bereid sal wees om dit te doen. 2. Bid vir die wat nog soekend is na die Here. Bid dat hulle hom sal ontmoet, deur sy skepping en deur sy Woord. GEHEUE VERS Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Genesis 1:31