n Dieredrama: Kameelperd

Similar documents
1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Daniël en die Leeukuil

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Split by PDF Splitter 7 Diere-avonture _ASG_6_LB_AFR TXT.indb /07/25 3:34 AM

MEMO TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION. Name: Surname: Class: Afdeling A: Leesbegrip [30]

Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

n Ware verhaal Luister- en leestyd: n Storie oor vriendskap Jock van die Bosveld

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION MEMO

TrumpetNet, 31 May 2007

Musiek: Toets jou kennis *

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

Die waarde van die aarde

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Die wonder van water *

Die wind as bron van energie *

Johannes 6:1-15; /07/2014

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

Pragtige Koningin Ester

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Courses for March 2012

Plekwaardes van heelgetalle *

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

DIE KONING IS OP PAD n Kersspel

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Johannes 14: /08/2014

1. God praat, Josef hoor Matteus 2:1-23

OESFEES. Oktober 2016

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

Deuteronomium 8: /01/2014

Maria salf Jesus se voete

DIE 3 REUSE WAT DAWID LAAT STRUIKEL HET

Wat is vaskulêre demensie?

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

EK KAN LEES DEUR E. TISMEER, Departementale Instruktriese vir Kindertuin-Metodes in die Kaapprovinsie L. B. HOSKING,

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Speel met battery elektrisiteit *

Die badkamer en kombuis *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Wat is elektrisiteit? *

Is my child reading? Lees my kind? Drive your imagination. l Babies may become quiet as you start to. l As children begin to read aloud for themselves

Jan Steyn Sondag 24 April Tema: Ons skemas oor God en God se genade. Teks: 2 Konings 5:1-14. Inleiding: Naaman was suksesvol en belangrik:

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

Kersfees * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 5 3 KOM ONS VIER FEES 4 Module 20 5 KERSFEES 6 KERSFEES

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Daar is net een fotograaf op hierdie voertuig. Luitenant Schoeman, kom verby(?). ^ 0:51 EERSTE PERSOON: Enigiemand wat my kan help, wat is die ingang

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Taalstrukture en -konvensies

University Of Pretoria

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

Vandag wil ek julle vertel van my gunsteling wegkruipplek. Ek het altyd bo in die kas gaan wegkruip. (Aanbieders kan hul eie stories

Maar hoe kon u mnr Nanabhai volgens u weergawe op die. 18de en 19de ondervra, sonder om kennis te dra van die feit

MODULE 2 LEWENSFASE 1

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Wise Old Owl Educational Products. Afrikaans. Graad 4. Taal Werkkaarte & MEMORANDUMS

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Hoe lief het ek u woning, Heer. Ek wil U in u tempel eer. Ek smag na U met sterk verlange. Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet

LEIERSKAP 1 LEIERSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) #76-993?

Oefentyd: Pret met taal

Uitgawe 2 April 2011 Kontak ons by of

BEWYS SY WOORD. 2 Ek is inderdaad dankbaar vir die voorreg om weer vandag. 3 Nou ek s is terug, het teruggekom, die familie na Tucson

PROJEK 2018 JESUS VIR JAPAN

Steek jou Jordaan oor: Neem in besit wat God jou alreeds gegee het. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

MODULE 2 LEWENSFASE 3

Drive your imagination. Story power at your library. Die mag van stories by jou biblioteek. Story Power. 12 April Join us

Is Egipte in die Hemel? Shama Ministries Page 1

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Die ekologiese sisteem *

Transcription:

3 n Dieredrama: Kameelperd en Renoster Luister- en praat: Twee gedigte Pre-luister: Noem n paar wilde diere wat jy al gesien het. Tydens luister: Luister na die twee gedigte oor wilde diere. Kameelperd tolerant versreël strofe Kameelperd is stil en lankmoedig en sag en groot is sy oë wat die wêreld betrag. Hy staan altyd wydsbeen om water te drink, en buig dan sy nek na die poel wat so blink. Luister en praat observe legs astride bend slim Sy lang, slanke nek kan nie veel verder rek sowaar, as dit kon, sou ons dink jy is gek! So hoog op sy bene staan hy en kou kameeldoringblare en bossies vol dou. Tracy Going (vertaal deur Carine Janse van Rensburg) (Uit: Afrika-diere: Rympies en resepte, Penguin Books, 2010) Post-luister: Vrae 1. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? 2. Hoeveel versreëls is daar in elke strofe? 3. Wat rym met: a) sag c) rek b) drink d) kou 4. Klap jou hande vier keer in elke versreël om die ritme van die gedig te voel. Kameelperd is stil en lankmoedig en sag en groot is sy oë wat die wêreld betrag. 5. Wydsbeen beteken: a) Met sy bene teenmekaar. b) Met sy bene uitmekaar. stretch crazy chew dew 28 Kwartaal 1 Week 5 en 6

Luister en praat versreël strofe Renoster, oppas! Renoster, oppas! Jou pragtige horing is jou las. Jy is n eienaardige dier rond, styf en gespier. Grys, groot soos n reus Maar vir die horing op jou neus sit die wilddief en wag; hulle wil jou jag. burden strange muscled giant horn poacher Post-luister: Vrae (Deur die skrywer) 1. Hoeveel strofes is daar in hierdie gedig? 2. Hoeveel versreëls is daar in elke strofe? 3. Is die rymskema paarrym (aabb) of kruisrym (abab)? 4. Watter woorde rym met: a) oppas c) reus b) dier d) wag 5. Wat pas nie? n Renoster a) is groot en grys, b) is styf en gespier, c) is klein en bruin, d) het n pragtige horing. Luister en praat: n Gesprek oor n drama Het jy al n drama gelees of n opvoering daarvan gesien? Vertel jou maats daarvan, want jy gaan nou n drama lees. Lesreeks 3: n Lesreeks Dieredrama: 1: Ubuntu: Kameelperd Doen iets en vir Renoster ander 29

Lees en kyk Lees en kyk: n Drama: Hoe Kameelperd sy lang nek gekry het Pre-lees: Probeer voorspel hoe kameelperd sy lang nek gekry het. Tydens lees: Verdeel in groepe van vier en lees die drama hardop. Elke leerder kry n rol, bv. verteller. Die karakters is: Kameelperd, Renoster en Dokter. VERTELLER: Lank, lank gelede was Kameelperd se nek en bene nog so kort soos die ander diere s n. Hy het baie soos Eland en Koedoe gelyk. Al die diere was gelukkig, maar toe kom daar droogte in die bos waar al die diere bly. Daar was min kos en water rondom die watergate. Kameelperd loop toe sy vriend, Renoster, raak. KAMEELPERD: Ag ja, my ou maat, die lewe is maar swaar. Die kos is min. RENOSTER: Ja, Kameelperd, al die diere eet die gras op. Daar s min kos oor. Wat sal ons doen? KAMEELPERD: Sien jy daardie hoë bome? Hulle het sappige blare. RENOSTER: Dis waar. Maar ons kan nie daar bykom nie. Wat help dit? KAMEELPERD: Ons moet iets doen om dit by te kom. Kom ons gaan dokter toe en vra hom om te help. Hy s baie slim. Kom! RENOSTER: Wag! Ek drink net gou water, dan kan ons gaan. VERTELLER: Die twee begin aanstap. Uiteindelik, nadat hulle lank en ver gestap het, kom hulle by die dokter se huis aan. Hulle vertel vir hom wat hulle probleem is. DOKTER: Dis maklik om julle probleem op te los. Kom môre terug, dan gee ek vir julle towermedisyne om te drink. Ná n rukkie sal julle nekke en bene begin langer word só lank dat julle maklik by die hoogste bome kan bykom. Stop! Moenie verder lees nie! Voorspel wat verder gaan gebeur. VERTELLER: Die dokter begin dadelik met sy towerbrousel. Opgewonde stap Kameelperd en Renoster weer heelpad terug na die modderige watergat toe. 30 Kwartaal 1 Week 5 en 6

Deel 2 VERTELLER: DOKTER: KAMEELPERD: VERTELLER: KAMEELPERD: VERTELLER: Vroeg die volgende oggend staan Kameelperd alleen voor die dokter se deur. Renoster het n nuwe kolletjie groen gras ontdek. Hy was so opgewonde, hy wou nie saamkom nie. O, jy is alleen hier, Kameelperd? Dan gee ek maar al die towermedisyne vir jou. Dis jammer van ou Renoster! Hy sal maar net moet gras eet, nie blare nie! Dankie, Dokter! Baie, baie dankie. Hy vat die medisyne, stap weg en sluk alles met een slag in. Na n rukkie begin hy voel iets gebeur My bene en nek voel snaaks. Hulle rek! Hulle word langer en langer My kop raak al hoe verder van my pote af! Ek ek kan dit nie glo nie. Die towermedisyne het gewerk! Kameelperd lyk skielik anders. Sy kop is hoog in die lug. Hy kyk af en sien sy lang bene en sy lang, lang nek. Hy glimlag tevrede en begin rustig aan die hoë boom se blaartjies knibbel. (Vertaal en verwerk uit: When Hippo was hairy and other tales from Africa, Bok Books International, 1988) Lees en kyk Post-lees: Bestudeer die woordeskat en maak sinne daarmee oor die storie. droogte: drought; wanneer dit n lang tyd nie gereën het nie knibbel: nibble; met klein happies eet of peusel modderige watergat: muddy waterhole; drinkplek met modder rek: stretch; langer word renoster: rhinoceros; n groot, grys dier met n horing op sy neus sappige blare: juicy leaves; groen blare met baie sap tevrede: satisfied; gelukkig, nie ontevrede nie towerbrousel: magic potion; die towermedisyne wat die dokter self aanmaak en wat diere kan toor Lesreeks 3: n Dieredrama: Kameelperd en Renoster 31

Lees en kyk Post-lees (vervolg): Hoe goed verstaan jy die drama? 1. Wie is die karakters in die drama op bl. 30 31? 2. Waar speel dit af? (plek) 3. Voltooi die blokkiesraaisel oor die woordeskat in die drama. Leidrade 1 2 3 4 K M R B 5 D R 6 G 8 B N N 7 9 D R E Dwars: 1. n Wilde dier met n lang nek. 5. Die man wat vir Kameelperd die towermedisyne gegee het. 6. Die groen goed op die grond wat die renoster eet. 8. n Dier het vier hiervan en hy loop daarmee. 9. Wanneer dit n lang ruk nie gereën het nie, is daar dr. Af: 2. Kameelperd het dit gedrink en toe het sy nek (en sy bene) langer geword. 3. n Groot, grys dier met n horing op sy neus. 4. Die groen goed aan bome wat n kameelperd eet. 7. n Kameelperd s n is baie lank. 32 Kwartaal 1 Week 5 en 6

Luister en praat Luister en praat: Vertel n storie Jy gaan n storie vir punte aan jou onderwyser vertel. Jy kan jou eie storie oor diere kies of jy kan die storie van hoe Kameelperd sy lang nek gekry het, vertel. Dit gaan 10 punte tel. (Totaal: 10) Woordeskat en woordeboekgebruikk Kyk na die woordeboekinskrywings in Nuwe Woordeboek sonder grense. Beantwoord die vrae. 1. Wat is die meervoud van kameelperd? 2. Wat is die Engelse woord vir n kameelperd? 3. Watter woord kom ná kameelperd? 4. Wat is die verkleinwoord van dié woord? 5. Voltooi die definisie van dié woord: n is n vertrek. Onthou! Le op ou ui spraak en liggaams aal. Maak seker da die s orie in eressan vertel: maak oogkontak, gebruik gebare en praat duidelik. Wissel ou empo af (praa soms s adig, dan weer vinniger). Taalstrukture en -konvensies kameelperd naamwoord (kameelperde, kameelperdjie) n Kameelperd is n geel dier met bruin kolle, lang bene en n baie lang nek. Die kameelperd [giraffe] is so lank, hy vreet al die boonste blare in die boom. kamer naamwoord (kamers, kamertjie) n Kamer is n vertrek in n gebou wat kleiner is as n saal. Het jy al jou kamer [room] netjies gemaak? n Kameel Het jy geweet? n Kameelperd is nie n kameel nie. n Kameelperd is nie n perd nie. n Kameelperd het n lang nek. n Kameel het n boggel op sy rug. n Perd het nie so n lang nek nie, en nie sulke lang bene nie. (Deur die skrywer) n Kameelperd Lesreeks 3: n Dieredrama: Kameelperd en Renoster 33

Taalstrukture en -konvensies Taal in konteks A B C Gee die meervoude van die woorde tussen hakies (oop en geslote lettergrepe). 1. Alle (kameelperd) het lang (nek). 2. n Kameelperd het nie twee (been) nie, maar vier. Hy het ook nie twee (kop) nie, maar net een kop. 3. Daar is baie (boom) en baie (watergat) in die wildtuin. 4. Baie (renoster) in die wildtuin word gejag vir hul (horing). 5. Al die (kameelperd) hou baie van die groen (blaar) aan die hoë (tak). Leer die voornaamwoorde wat na die kameelperd verwys. Doen die oefening oor die renoster. Onthou! Woorde met kort klanke, soos kop, nek, tak, kry n pp of kk in die meervoud, bv. koppe, nekke, takke (geslote lettergrepe). Woorde met lang klanke, soos been, boom, blaar, word met een e, o of a in die meervoud gespel, bv. bene, bome, blare (oop lettergrepe). Ek het n lang nek. Dit is my nek. Jy het n lang nek. Dit is jou nek. Sy (vroulik) het n lang nek. Dit is haar nek. Hy (manlik) het n lang nek. Dit is sy nek. 1. Ek het twee horings op my neus. Dis horings. 2. Jy het twee horings op jou neus. Dis horings. 3. Sy het twee horings op haar neus. Dis horings. 4. Hy het twee horings op sy neus. Dis horings. Skryf die sinne in die verlede tyd. 1. Kameelperd se nek en bene is eers kort. 2. Daar is n droogte en die kos is min. 3. Kameelperd en Renoster vra hulp by die dokter. 4. Net Kameelperd drink die medisyne. 5. Sy bene en sy nek word daarna langer en langer. 34 Kwartaal 1 Week 1 en 2

Taalstrukture en -konvensies D E Voeg om te op die regte plek in in die volgende sinne (infinitief). Voorbeeld: Renoster hou daarvan gras eet. (om te) Antwoord: Renoster hou daarvan om gras te eet. 1. Kameelperd hou daarvan blare eet. (om te) 2. Al die diere hou daarvan in die bos woon. (om te) 3. Die diere hou daarvan water drink. (om te) Beantwoord al die vrae in die ontkennende vorm. Leer hoe om die ontkennende vorm te gebruik. iemand word niemand nie êrens word nêrens nie al ooit word nog nooit nie iets word niks nie Onthou die tweede NIE, bv. Niemand het n kameelperd gesien nie. 1. Het jy al ooit n kameelperd met n kort nek gesien? Nee, 2. Sit daar iets op die renoster se horing? Nee, 3. Is daar êrens n voël op die kameelperd se rug? Nee, 4. Het iemand n renoster gesien? Nee, F G Gee antonieme van die vetgedrukte woorde. 1. Lank gelede was Kameelperd se nek en bene lank, maar vandag is hulle baie kort. 2. Toe daar n droogte was, was daar baie water en die diere was gelukkig. 3. Vandag eet Kameelperd die blare in die laagste bome en Renoster eet steeds die gras hoog op die grond. Gee sinonieme vir die woorde in vet druk. slim raad pragtigste maats Renoster en Kameelperd is 1. vriende. Hulle besluit om die dokter se 2. advies te vra. Die dokter is baie 3. intelligent en net Kameelperd luister na hom. Vandag kan Kameelperd blare vreet in die hoogste, 4. mooiste bome. Lesreeks 3: n Dieredrama: Kameelperd en Renoster 35

Lees en kyk Lees en kyk: Soeklees As n mens soeklees, soek jy so gou moontlik die regte antwoord jy lees nie alles nie en jy lees nie hardop nie. Lees die vrae en soek gou die antwoorde. 1. Hoe lank is n kameelperd? 2. Wat eet n kameelperd? 3. Hoe vinnig hardloop n kameelperd? 4. Hoeveel weeg n kameelperd? 5. Waar woon n kameelperd graag? Het jy geweet? Al is n kameelperd se nek so lank, het dit ook net sewe werwels (vertebrae) net soveel as wat n mens het. Feite oor die kameelperd Gewig Hoeveel weeg n kameelperd? Hoogte Hoe lank is n kameelperd? Snelheid (spoed) Hoe vinnig hardloop hy? Hoe lank leef hy? Eetgewoontes Wat eet n kameelperd? Woonplek ± 1 500 kilogram (kg) ± 550 sentimeter (cm) ± 50 kilometer per uur (km/h) 28 jaar Blare en takkies van hoë bome In die oop grasvlaktes, nie in digte bosse nie. 36 Kwartaal 1 Het jy geweet? Die langste kameelperd wat ooit gemeet is, was 6,09 meter hoog. Dit was in die Chester-dieretuin in Kenia, Sentraal-Afrika. Week 5 en 6

Skryf en aanbied Skryf en aanbied: n Dialoog Jy gaan n dialoog van een bladsy lank tussen Kameelperd en Renoster skryf vir n punt uit 10. Beplanning/Pre-skryf Lees Kameelperd se sinne en besluit wat Renoster moet antwoord. Brei die dialoog uit. Beplan eers jou dialoog. Besluit op gepaste woorde en uitdrukkings. KAMEELPERD: RENOSTER: KAMEELPERD: RENOSTER (kyk op): KAMEELPERD: RENOSTER: KAMEELPERD: RENOSTER: Renoster, is jy ook honger? Sien jy die blare aan die bome daar bo? Ek het n plan. Kom ons gaan dokter toe en vra sy raad. Skryf n konsep Onthou, die vorm van n dialoog is soos die vorm van n drama. Moenie aanhalingstekens gebruik nie. Die name van die karakters kom langs die kantlyn met n dubbelpunt na die karakter se naam. Enige ekstra inligting kom tussen hakies ná die naam. Laat n reël oop na elke spreker se woorde. Gebruik natuurlike taal, soos mense (diere in dié geval) met mekaar praat. Plaas n komma voor of na die naam van die persoon met wie gepraat word. Gebruik leestekens (soos uitroeptekens en vraagtekens) om gevoel oor te dra. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied Redigeer jou dialoog en skryf dit netjies oor. Proeflees jou finale weergawe vir aanbieding. (Totaal: 10) Lesreeks 3: n Dieredrama: Kameelperd en Renoster 37

Lees en kyk Lees en kyk: Pretlees van onder na bo (Deur die skrywer) Leer die idiome. Taalstrukture en -konvensies As n mens hoog in die takke is, het jy te veel gedrink en is jy dronk. As n mens deur jou nek praat, praat jy onsin (rubbish) of nonsens. As jou kop deur is, het jy iets reggekry/geslaag. 38 Kwartaal 1 Week 5 en 6

Taalstrukture en -konvensies Hersiening: Wat ken jy nou? A B C Verbeter die spelling van die woorde in vet druk (remediëring). n Kameel perd het baie lang beene, daarom kan hy die blaare aan die hoe take van doring boome maklik bykom en eet. Skryf die sinne in die verlede tyd. 1. Daar is min kos vir die diere om te eet. 2. Kameelperd en Renoster soek hulp by die dokter. 3. Die dokter gee die volgende dag vir Kameelperd medisyne. 4. Renoster bly by die watergat en vreet gras. 5. Kameelperd se bene en nek rek en word lank. Pas die betekenisse in kolom B by die regte idioom in kolom A. A Idioom 1. Jou kop is deur. 2. Jy is hoog in die takke. 3. Jy praat deur jou nek. B Betekenis a) Jy het te veel gedrink. b) Jy praat onsin. c) Jy het iets reggekry. D E F Voeg om te op die regte plek in die sin in (infinitief). 1. Die dokter hou daarvan (die diere help). (om te) 2. Kameelperd geniet dit (die medisyne drink). (om te) Beantwoord die vrae in die ontkennende vorm. 1. Het dit êrens in die bos gereën? Nee, 2. Het die diere iets om te eet? Nee, 3. Het Renoster na iemand geluister? Nee, Gee die antonieme van die woorde in vet druk (teenoorgestelde betekenis). 1. baie kos 2. sy nek word korter 3. Almal is ongelukkig. Lesreeks 3: n Dieredrama: Kameelperd en Renosterer 39