WAT IS GESKIEDENIS? Daar is tw ee moontlike antw oorde.

Similar documents
Elektriese stroombane: Weerstand (Graad 11) *

Maak 'n waterwiel * Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 STELSELS EN BEHEER: WATER 4 Module 8 5 MAAK `N WATERWIEL 6 Opdrag 1: 7 8 Opdrag 2:

Die wonder van water *

Om veld- en atletiekbaantegnieke aan te leer *

1. PRAISE EN WORSHIP 2. BATTLES: 3. DIE LEUENS VAN SATAN 4. WIE KAN DAN GERED WORD?

Speel met battery elektrisiteit *

Wat is elektrisiteit? *

Plekwaardes van heelgetalle *

Daniël en die Leeukuil

Die wind as bron van energie *

Om die werking van steenkool-aangedrewe kragstasies as sisteme te kan demonstreer

VERANTWOORDELIKHEID Vir elke aksie van onverantwoordelikheid moet iemand verantwoordelik my rekening betaal. Die WET van SAAI en MAAI

Sterk Persoonlike- en Swak Persoonlike Eienskappe

Personeelontwikkeling Akademiese personeel Januarie 2018 BA, BTh, NGOS KWALITEITSVERSEKERING

TrumpetNet, 31 May 2007

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Die atmosfeer * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 5 3 DIE AARDE EN DIE HEELAL 4 Module 25 5 DIE ATMOSFEER

GRADE 7 - FINAL ROUND QUESTIONS GRAAD 7 - FINALE RONDTE VRAE

MAINTENANCE TECHNOLOGY TRANSFER IN THE SOUTH AFRICAN AVIATION INDUSTRY

HERWINNING. Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 2 3 BOME 4 Module 5 5 HERWINNING 6 HERWINNING

PRIMARY SCHOOL GRADE 4 MATHEMATICS FORMAL ASSESSMENT TASK (FAT) 3. 3 JUNE 2016 EXAMINATIONS NAME & SURNAME GRADE 4 INSTRUCTIONS

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Musiek: Toets jou kennis *

Wat is vaskulêre demensie?

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/3, 0556/3

INGENIEURSTATISTIEK BES 210 ENGINEERING STATISTICS BES 210

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING. Volpunte: Full marks: Instruksies / Instructions

Die Entrepreneur * Siyavula Uploaders

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel3 Kreatiewe Skryfwerk

Whispers from the Past Kopiereg: Helen Shrimpton, 2016.

EKURHULENI NOORD DISTRIK NOVEMBER EKSAMEN TEGNOLOGIE GRAAD 8 AFDELING MOONTLIKE PUNT PUNTE BEHAAL GEMODEREERDE PUNT A 30 B 50 C 20 TOTAAL 100

Troeteldiere - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Troeteldiere 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

MIV/VIGS: Die gevreesde siekte van Afrika *

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA / UNIVERSITY OF PRETORIA DEPT WISKUNDE EN TOEGEPASTE WISKUNDE DEPT OF MATHEMATICS AND APPLIED MATHEMATICS

Classwork Klaswerk. Classwork Lesson 5 Klaswerkles 5. Monday Maandag

OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

GESONDE KOS * Siyavula Uploaders. 1 LEWENSVAARDIGHEDE 2 Graad 1 3 EK IS GESOND! 4 Module 5 5 GESONDE KOS 6 VOEDSELPIRAMIDE

UNIVERSITY OF PRETORIA Department of Mechanical and Aeronautical Engineering MACHINE DESIGN MOW323

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION

Handleiding vir die gebruik van SAEF Registrasie Stelsel

Dissipline en positiewe leerderdeelname. 23 Januarie 2016 SAOU Martin Botha

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS AUGUSTUS 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Visuele Kuns: 'n Dieremasker *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Familiediens Diens Dank en Deel:Eksodus 16: 1 5; 13-21

Sondag, 10 Februarie 2013 Leraar: Ds Attie Steyn Tema: The meeting of the waters Skriflesing: Rom 15:1-13

Ondersoek twee-dimensionele vorms *

SPORTVERSLAG. Derde Kwartaal 2017 LAERSKOOL DE HOOP PRIMARY SCHOOL

4 Operasies Op Data 4.1. Foundations of Computer Science Cengage Learning

Graphical Communication MGC 110 Grafiese Kommunikasie MGC 110

Afronding * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Ontmoet vir Bonnie en Tommie 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Wat is fronto-temporale temporale demensie

User perceptions related to identification through biometrics within electronic business

Johannes 6:1-15; /07/2014

Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie

Kragte en wrywing * Siyavula Uploaders. 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 ENERGIE, KRAGTE EN MASJIENE 4 Module 19 5 KRAGTE EN WRYWING

2017/08/15 DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN N SKOOLBESTUURSPAN DIE OPTIMALE SAMESTELLING EN BENUTTING VAN SKOOLBESTUUR

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Die boek Job en lyding

Courses for March 2012

Hoe om brood te bak *

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Hoërskool Roodepoort

Department of Mathematics and Applied Mathematics Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde

Atoomkombinasies: elektronegatiwiteit en ioniese binding *

Trigonometrie: Die trig funksies vir enige hoek en toepassings (Graad 10) *

OESFEES. Oktober 2016

E-Klas handleiding Studente

Inkomstestaat en balansstaat *

Die verhaal van die ruimtewedloop *

Getalle - waar kom hulle vandaan?

Digitale Produkte. Katalogus

HOOFSTUK 3 KURRIKULERING

Dierestories - 04 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dierestories 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

10. God gebruik gewone mense soos Moses, Gideon en Timoteus ~ Johan Smith 11. Dissipels dien, dissipels doen! ~ Stephan Joubert 12.

Ontwikkel 'n besigheidsplan en begroting *

Inligtingkunde/Information Science INL 220

en dit in oorvloed Oorvloed beteken tog nie min/bietjie nie. Oorvloed

*November 26 Desember 2. Job 13:28,Job 28:28,Job 32:1 5,Job 34:10 15,Eség. 28:12 17,Job 1 2:10.

Dan 1:1-7 en 21. Fokus: vers 1-2 en 21 Die inleiding tot die boek Daniël

Hoe groet die kinders mekaar? Luister na die sinne en sê hulle dan. Kyk na die prente van die kinders. Hulle kom van oral in ons land.

LAERSKOOL HELDERKRUIN

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

2Kon 5:9-14 Drie lesse wat die HERE vir ons gee tydens Naäman se bekering en genesing.

God is altyd by jou. Dawid en Goliat. Ontmoeting 33. Welkom. Wyding. Woord. is ek nie bang nie. Hy lei my deur die donker tye en Hy versorg my.

SPELERS MET GESTREMDHEDE PLAYERS WITH DISSABILITIES

sodat jy as leier vertroud is daarmee.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VA..~ SUID-AFRIKA rls _,S ( TR&.\J"SVA..<\LSE PROVINSIALE AFDELING) PATRICK MABL~A BALEK~ EN 21

Advertensies * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 7 3 Module 15 4 ADVERTENSIES. 1. WAT laat ons besluit?

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees *

VINGERPOPPIES OM DIE KERSVERHAAL UIT TE BEELD

19. Dit is in ons bloed Genesis 4

LAERSKOOL HELDERKRUIN

Die ekologiese sisteem *

Rigting en kontoerlyne *

Trigonometrie: Trig identiteite (Graad 11)

FAKULTEIT INGENIEURSWESE FACULTY OF ENGINEERING

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Naam: Die vlooie pla my baie. Ek krap hulle een vir een af. Soek die vlooie op bladsy Lekker soek!

Setting: PAASFEESHERDENKING: Luister na die Kruis: TONEEL: Luister na die kruis

Transcription:

Jy gaan in die volgende paar jaar meer leer van die verlede. Jy gaan daaroor lees, jy gaan daaroor skryf en daaroor dink! Indien jy die verlede wil verstaan, moet jy die volgende drie vaardighede baie goed kan gebruik: LEES, SKRYF en DINK. Die webwerf se oefeninge gaan jou juis help om die drie vaardighede verder te ontwikkel. SLEUTEL

2 Daar is tw ee moontlike antw oorde. WAT IS GESKIEDENIS? * In die eerste plek w ord die term gebruik om te verduidelik dat tyd verby is -- dit is dan die verlede. Ek het gister krieket gespeel. * Ons praat van Die vakansie w as baie aangenaam, maar is nou deel van ons verlede, of Gedurende die Steentydperk het mense rotstekeninge gemaak of My oupa w as n matroos in die oorlog gew ees. Baie belangrik: Geskiedenis is dit wat plaasgevind het, d.w.s. dit is alles wat gebeur het voor die oomblik wat ons hier lees. Voor Nou! Die woord GESKIEDENIS verduidelik die tyd wat verby is die VERLEDE. Ek het gister krieket gespeel. GESKIEDENIS is dus iets wat alreeds plaasgevind het. Alles wat gebeur het voor hierdie oomblik. Die historiese gebeurtenisse, Nagwag van Rembrandt en die Oceanos het plaasgevind EN ek KAN niks daaraan doen of verander nie al hou ek nie eers daarvan nie. Ons kan dit ook nie weer laat plaasvind nie. MAAR die manier oor hoe ONS daarna kyk en daaroor praat, kan verander. Dit kan veroorsaak dat ons die verlede verskillend gaan INTERPRETEER. Geskiedkundiges beweer dat Geskiedenis uit die volgende drie dinge bestaan:

3 1. Geskiedenis is n groot /omvattende vak. Alles wat tot nou toe gebeur het, is deel daarvan. 2. Tweedens IS geskiedenis n boeiende vak. Ons stel almal belang in mense. Geskiedenis vertel ons van sommige van die interessante mense van die verlede. Ook jou eie geskiedenis is deel daarvan. 3. Derdens is dit so dat geskiedenis n belangrike vak is. Die bestudering van geskiedenis is om deur middel van n vergelyking tussen die hede en die verlede ontdekkingswerk te doen. Ons kan op dié manier uitvind waar die mens vandaan kom en wat langs die pad met hom gebeur het. Indien ons kan verstaan waarvandaan ons kom, kan ons miskien makliker sien in watter rigting ons moet beweeg. n Studie van die verlede kan ons dus help om die toekoms te verstaan. GOEIE DEFINISIE VAN WAT GESKIDENIS IS: Dit is die aktiewe ondersoek, interpretasie, verslaggewing en beoordeling van dit wat in die verlede met die mense gebeur het.

4 Pedagogiek Hoe om GESKIEDENIS te hanteer In geskiedenis IS dit krities dat jy nie net n klomp feite moet leer nie!!!! MAAR dat jy die vermoë ontwikkel om histories te dink en om self die inhoude so te verpak dat jy inhoude beter sal kan verstaan. Kennis vermeerder teen n ontstellende spoed. Leerlinge moet daarom die vaardighede aanleer wat hulle sal help om massas data te kan beoordeel, asook verder hul vaardighede inspan om bronne kreatief en krities, asook hul geïntegreerde denke te gebruik om data te assimileer, sorteer en inligtingspatrone te skep. Wanneer verstaan jy regtig... * As jy nuwe voorbeelde en getuienisse kan vind * Veralgemening * Pas en gebruik nuwe kennis in n nuwe situasie * Interpreteer en verskaf betekenis * Bekyk n probleem vanaf verskillende standpunte * Bied n onderwerp aan vanuit nuwe kante * Toon empatie Dit is n paradoks in ons onderwysstelsel dat n leerling n A-simbool kan behaal MAAR nie n beginsel, konsep, of n idee kan verstaan nie. A person who understands something is capable of going beyond the information given. Jerome Bruner

5 The frameworks of meaning almost work like Velcro facts can go back and re-attach. And the facts become more memorable because they have a purpose and a context. Carol Ann Tomlinson Die nuutste navorsing oor die brein toon duidelik aan dat om die inhoude te organiseer in konseptuele raamwerke, baie groter oordrag verseker. Volgens How people learn (National Research Council, 2000), is een van die belangrikste kernfaktore waarmee beginners van eksperts onderskei kan word, die vermoë om gedeeltes van inhoude rondom BIG IDEAS te organiseer. Hierdie vermoë laat toe dat leerlinge baie meer inligting kan herroep, maar ook baie beter nuwe kennis op die korrekte plek in jou brein kan plaas. GESKIEDENIS is definitief nie net n memorisering van n klomp feite, datums en name nie. As dít geskiedenis was, sou jy net Wikipedia daarvoor kon inspan, MAAR geskiedenis is meer as dit, want dit moet jou leer om krities te dink, navorsing te laat doen en om akademiese argumente te kan hanteer.

6 Die studie van geskiedenis maak gebruik van n verskeidenheid van spesifieke vaardighede. Om die verlede beter te verstaan, gebruik ons n paar spesiale lense, soos kleurlense, om spesifieke aspekte te belig. Die vak GESKIEDENIS word bestudeer met behulp van n verskeidenheid van prosesse, vaardighede en konsepte, wat toelaat dat die studente n breër en dieper begrip van mense, plekke en situasies kan ontwikkel. Die toepassing van sulke konsepte in historiese kennis laat toe dat individue krities kan dink. Om bekwaamheid in nuwe en ander historiese vaardighede te bereik, moet die fasiliteerders toesien dat die onderstaande op n deurlopende basis verstaan en toegepas word: 1. Moet die konteks van die inhoud verstaan en ken. 2. Moet die bronne waarmee gewerk word, verstaan. 3. Moet verstaan dat billike/eerlike vrae gevra moet word en dat dit nie partydige vrae is nie. 4. Die relevantheid van die vrae is altyd baie belangrik.

7 Om beter te beplan sodat ons die inhoude beter kan verstaan, word wêreldwyd gepoog om die kennisstruktuur van die vak GESKIEDENIS meer effektief te orden. Ons gebruik daarom van hierdie beplanning om die verlede makliker en selfs meer aangenaam te maak. GESKIEDENIS se drie LEERUITKOMSTE HISTORIESE ONDERSOEK Kennis en begrip kan slegs bestaan/geskep word indien die gebeure van die verlede deeglik en effektief nagevors word. HISTORIESE INTERPRETASIE Indien daar korrek en effektief tydens die ondersoek van bronne gesoek en beoordeel word, kan die gebeure verstaanbaar gemaak word. HISTORIESE KENNIS + BEGRIP Sonder Kennis is daar geen Begrip nie. 1. Kommunikeer alle inligting 2. Vra historiese vrae 3. Skryf inligting korrek neer wat d.m.v. navorsing bekom is 4. Maak afleidings vanaf/vanuit historiese bronne 5. Bewus wees van meer as een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die korrekte historiese taal en konsepte 9. Plaas verhaal en artefakte/ verhaal/ gebeurtenis in volgorde 10. Verskaf redes waarom n historiese gebeurtenis plaasgevind het 11. Onderskei tussen verskille in verskillende tydperke

8 Differensiasie Ons almal beskik oor verskillende vermoëns en belangstellings, daarom moet onderrig so beplan word dat hierdie behoeftes van die leerders op n deurlopende basis aangespreek word. Om bostaande te laat plaasvind makliker en meer effektief te laat plaasvind gebruik ons die taksonomie van BLOOM. RS Bloom het in 1956 die voortou geneem in die proses van formulering van n klassifikasie van opvoedkundige aktiwiteite en doelstellings. Drie domeine van opvoedkundige aktiwiteite is deur hom en sy span geïdentifiseer, nl.: KOGNITIEF Sluit kennis en die ontwikkeling van intellektuele gesindhede en vaardighede in AFFEKTIEF Waardes, moreel en emosies PSIGOMOTORIES Fisiese ontwikkeling, fyn en groot motoriese vaardighede Bloom en sy span het n hiërargie van opvoedkundige doelstellings geformuleer, maar ook die kognitiewe doelstellings in onderafdelings verdeel wat wissel van die eenvoudigste optrede tot en met die ingewikkeldste. Die taksonomie (hiërargie] van Bloom is n direkte produk van sy tyd. Gedurende die vyftigerjare was die Behavioristiese siening van Skinner n baie belangrike denkrigting in die wêreld. Die denkrigting het geglo dat niks geleer kan word as dit nie fisies waargeneem kan word nie. Daarom is Bloom se werk, op die gedrag, afgestem. In n poging om progressiewe leer hieraan te skakel, is die 8 vlakke van Bloom verwerk na 4. Dit is net meer hanteerbaar. Elkeen van die vier vlakke word duidelik omskryf. Die vier vlakke impliseer dat daar van vlak 1 na vlak 4 beweeg sal word.

SOEK, NOEM, LEER BESKRYF EN DRA OOR VERDUIDELIK EIE OORDEEL 9 Vlakke : Lesaanbieding en Assessering 1. Leerder kry n spesifieke opdrag om uit te voer. 2. Leerder soek spesifieke voorbeelde in getuienisse/bronne. 3. Leerder soek meer as een voorbeeld. 4. Dit wat die leerder vind, moet dan mondelings/skriftelik verslag oor gedoen word. 1. Leerder moet dit wat gevind word, presies beskryf. 2. Alle gevraagde detail moet weergegee word. 3. Die aksie kan skriftelik/mondelings of beeldend wees. 1. Leerder moet die gebeurtenis in die korrekte konteks plaas. 2. Relevante oorsake en gevolge moet gegee word. 3. Skriftelik/mondeling kan gebruik word. 1. Onderskei tussen feite en menings. 2. Spreek n oordeel uit. 3. Verskaf redes vir jou antwoord. Die oorspronklike taksonomie is die afgelope 20 jaar aangepas by die onderrig van Geskiedenis en verdeel in VIER verskillende vlakke. Die vier vlakke is: 1. SOEK, NOEM EN LEER 2. BESKRYF EN DRA OOR 3. VERDUIDELIK 4. EIE OORDEEL Alle beginsels wat deur Bloom ontwikkel is, pas daarby aan.

10 HISTORIESE LEERLYN Doelstellings bepaal wat leerlinge moet leer en verstaan, MAAR dit skryf nie presies voor wat n enkele leerling op n bepaalde oomblik in sy skoolloopbaan moet ken en kan doen nie. Die leerplan of kurrikulum omskryf die doelstellings, asook die endterme wat leerlinge vir die vak Geskiedenis moet bereik. Die Onderwysdepartement bepaal die doelstellings wat leerlinge per jaar [leerjaar] moet bereik. MAAR niemand help jou om die inhoude makliker vir jou te maak nie. Die doelstellings van die Onderwysdepartement MOET onderverdeel word in tussenstappe Dit is n LEERLYN. n LEERLYN is n konstruktiewe en logiese opeenvolging van aktiwiteite. 1. n Leerlyn bou JOU begrip en konsepte op deur die volgorde van die leerlyn te volg. Jou leerprosesse word dus deurlopend geanaliseer. 2. n Leerlyn word gebruik om jou van n makliker vlak na meer ingewikkelder vlakke te laat beweeg om sodoende beter begrip van die verlede te ontwikkel. 3. n Leerlyn is n beredeneerde opbou van doelstellings, vaardighede en inhoud na spesifieke einddoele.

11 4. n Leerlyn moet so ontwikkel word om samehang en kontinuïteit deur al die verskillende leerjare te verskaf. 5. n Leerlyn verskaf wat jy presies moet behandel; in n groep of as n individu. 6. Dit bepaal en/of dui aan watter werk/vaardigheid jy moet kan hanteer alvorens die volgende stap gevolg kan word. 7. Leerlinge se vlak kan baie verskil, asook skole kan met mekaar verskil.

12 8. Onderwysers/fasiliteerders moet die vaardighede op die wyse aanbied. 9. Die leerlyn sal invloed hê op die ordening van tyd, kompleksiteit, temas, konsepte, onderwerpe, die leerlingontwikkeling, didaktiese beplanning en n kombinasie van al die genoemde aspekte. 10. Om met die leerlyn te werk, is veral n baie goeie wyse om verskillende vlakke / leerjare vorm te gee MAAR n leerlyn is skakels soos n ketting aanmekaar. 11. Die verskillende vaardighede/aksies van die leerlyn kan in afsonderlike lesse plaasvind. 12. Die leerlyn help die onderwyser/fasiliteerder om die leerlinge se leerproses te ondersteun.

13 13. Die leerlyn moet voldoen aan die volgende beginsels: * Spesifiek: die doel is baie duidelik * Meetbaar: die aksie moet gemeet kan word en betroubaar geobserveer kan word * Aanvaarbaar: die leerlinge moet dit verstaan * Realisties: die doel moet (75% tot 80%) haalbaar wees * Tydgebonde: dit het passende tydsperspektief ingebou Hierdie GESKIEDENIS Leerlyn verskaf rigting aan JOU om die vak Geskiedenis makliker en beter te bestudeer. JUNIOR LEERLYN 1. Bekom inligting vanuit historiese bronne wat deur die onderwyser verskaf word [prente, foto s, artefakte, mense] SENIOR LEERLYN 5. Kan bladsyverwysings gebruik

14 VAARDIGHEDE Klaskameraksie oefening Klaskameraksie assessering Media Fasiliteerders en kinders Basis van die Filosofiese benadering 1. Inisieer selfgerigte leer * Stel uitdagings wat verbind is met/gebou is op lewenswerklike situasies * Stel die leeruitkomste duidelik aan die leerlinge 2. Stel n verskeidenheid kreatiewe uitdagings * Stel en fasiliteer n verskeidenheid van oplossings vir dieselfde probleem * Verfyn die moontlike oplossings waar nodig 3. Verdiep begrip * Gebruik scaffolding-tegnieke om op die verskillende leeraksies te reflekteer * Verbreed begrip na lewenswerklike konsepte sodat nuwe kennis geskep kan word 4. Stel die leerling bloot aan nuwe kennis, konsepte en begrippe * Ondersoek nodige kennisbronne om die uitdaging op te los * Skep geleenthede om die probleem/uitdaging te analiseer en om die kennis te scaffold * Soek eie oplossings vir die uitdaging 5. Moniteer die leervlakke * Gebruik formatiewe assessering [klein gestruktureerde aktiwiteite om vordering te toon] * Gereelde gestruktureerde terugvoering aan die leerling en fasiliteerder 6. Pas kennis toe en evalueer dit dan * Gereelde formele opdragte en toetse * Uitgebreide toepassings word gebruik